Theewaterskloof Gazette 12 Feb 2013

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 12 February 2013 | Tel. 028 214 1294 ANNETTE THERON Die wrede aanval op een van Bredasdorp se tienermeisies gaan moontlik leiers in verskillende sfere van die gemeenskap bymekaarbring om saam ’n oplossing vir van die dorp se misdaadprobleme en -oorsake te vind. Die burgemeester van die Kaap Agulhas-munisipaliteit, James Mitchell, het gesê die gemeenskap besef iets sal nou gedoen moet word, en verskeie organisasies het hom reeds genader om nuwe projekte te inisieer. Volgens hom sal hulle binnekort begin beraadslaag, maar hy beklemtoon die sukses van enige inisiatief sal lê by volharding, “want wat gewoonlik gebeur is dat almal ’n maand later vergeet van die insident”. Skerp reaksie is ontlok toe Anene Booysen (17), wat in 2010 die Emile Weder-skool verlaat het en nie gr. 7 voltooi het nie, Saterdag 2 Februarie dood is. Haar wrede verkragting, na bewering deur vyf mans, en die manier waarop sy vermink en vir dood agtergelaat is, het nie net in Bredasdorp nie, maar wêreldwyd opslae gemaak. Afgesien van inwoners se uitroepe soos “genoeg is genoeg” en “dis tyd dat mense wakker skrik”, het gemeenskapsleiers ook redes probeer identifiseer wat ’n gunstige omgewing vir só ’n daad help skep het. Volgens kol. Maree Louw van die Bredasdorp-polisie skerp hulle hul besoeke aan gelisensieerde persele waar drank verkoop word op om vas te stel of hulle aan alle wetlike vereistes voldoen. Anene is tussen 03:00 en 04:00 aangeval kort ná sy ’n kuierplek verlaat het. ’n Munisipale verordening bepaal egter tavernes mag nie ná 02:00 sake doen nie. Anene was ook jonger as 18, die wettige ouderdom waarop ’n mens alkohol mag koop. Mitchell meen die eienaar van die kuierplek waar Anene voor haar dood was, se lisensie kan nou in gedrang kom. Die eienaar kon nie op sy selfoon vir kommentaar bereik word nie. Ook Louw het gesê mense moet saamstaan en projekte aanpak om dié soort misdaad te verhoed. “Ons moet weer die reputasie van die dorp herstel en dit kan slegs gebeur as ons in vennootskap met leiers soos kerkleiers en die munisipaliteit saam projekte aanpak om die wortel van sosiale probleme aan te spreek.” Lincoln de Bruyn, burgemeester van die Overberg-distriksmunisipaliteit, glo ’n kultuur moet weer gevestig word waarin mense mekaar se kinders se belange op die hart dra. “Ons moet mekaar ondersteun, ons moet omgee vir mekaar en kyk na mekaar.” Vir Zubeida Atson, Anene se laerskool-onderwyseres, is dit die plig van ouers om rekenskap te gee van hul kinders se bewegings en wie hulle kinders se vriende is. “Die dwelmen smokkelhuise moet uitgeroei word.” Ds. Bernard Leuvenink van die VG Kerk het saamgestem en gesê die grootste krisis is die toename in dwelmmisbruik en die kinders wat op straat is. “Die kerk sal ’n groot rol moet speel by bewusmaking en ons praat reeds met ons gemeentes oor oplossings.”

GENOEG IS GENOEG!

Sowat 1 000 roubeklaers en mense wat hul misnoeë oor seksuele misdrywe te kenne wou gee, het Saterdag Anene Booysen se begrafnis by die VG Kerk in Bredasdorp bygewoon. FOTO: VERSKAF staande veldtogte en proOrton King, groep-uitgramme vir bewusmaking voerende direkteur van oor menseregte, dwelms, Agri Mega op die dorp, het dwelm- en alkoholmisbruik die nasionale en plaaslike asook vroueregte. “Ons het regerings en howe gevra ’n departement van mensliom ’n voorbeeld te stel met ke ontwikkeling wat veral ’n geen verdraagsaamheidfokus op geweld teen vroue beleid teenoor gewelddadien kinders.” ge individue, bendes en Volgens onderburgedwelmhandelaars. “Ons is meester Dirk Jantjies bied eensgesind met die naasbedie kerke in die gemeenskap staandes van Anene, ’n verskillende jeugaktiwiteislagoffer van onaanvaarbate aan, en glo hy die plaaslire geweldsmisdaad. Ons ke regering het ’n verantwil ’n verskil maak en sien woordelikheid om ontspanwat in belang van toekomningsgeriewe te skep. Die stige geslagte, die vrug van ’n volwasse demokratiese Hierdie is die laaste foto wat van Anene raad oorweeg tans die idengemeenskap sal dra. Dit is geneem is. Haar vriend Alfonso Windvogel tifisering van grond en nuwreedaardige en onverant- loop hier langs haar in Swellendamstraat we projekte vir dié doel. woordelike dade soos dié in Bredasdorp. FOTO: CHESWIN SUMMERS “Die munisipaliteit het onlangs ’n ooreenkoms met Asriller-tragedie van verlede naweek in Bredasdorp wat dreig om die drome la aangegaan wat lei tot indiensneming van van ons nasie te verkrummel,” het King gesê. jong mense.” Helen la Moela, LP vir die distrik wie se porVolgens burgemeester Mitchell is daar be-

tefeulje op vroue en kinders fokus, het Vrydag by Anene se ma besoek afgelê en gesê daar moet beter ontspanningsgeriewe vir kinders na-ure wees. “’n Buurtwag moet toesien dat kinders veilig tuiskom.” Lede van die gemeenskap het ’n memorandum aan die polisie en departement van maatskaplike ontwikkeling gerig waarin hulle vra dat na die grondoorsake van die geweldskultuur gekyk moet word. Seksuele misdrywe in Bredasdorp was verlede jaar die meeste nog (60 voorvalle volgens polisie-statistiek) sedert 2005 (61 voorvalle). * Anene het voor haar dood een van die vyf mans wat haar aangeval het geïdentifiseer. Sy was so erg vermink dat die twee polisiebeamptes wat na die toneel ontplooi is, asook die ondersoekbeampte, berading moes kry. Volgens mediaberigte moes mediese personeel ook berading ontvang. Drie van die vermeende aanvallers, van wie een glo iemand is saam met wie sy grootgeword het, is reeds in hegtenis geneem en het onder groot belangstelling van inwoners in die hof verskyn. Sien nog berigte en foto’s op bl. 4 en 5.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.