Theewaterskloof Gazette 16 Aug 2012

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 2 • Tuesday 14 August 2012 | Tel. 028 214 1294

W aterskouspel Waterskouspel

Die Botrivier-strandmeer is voller as ooit. Die hele bruggie is onder water en die rivier loop reg rondom die Middelvlei-landgoed. Die see en strandmeer se water beweeg al hoe nader aan mekaar en die kanse is goed dat groot branders kan oorspoel van die see af in die lagune. Hier is honderde watervoëls wat die vol strandmeer geniet en die relings van die bruggie as uitsigpunt gebruik. FOTO: VERSKAF

Aangepaste garskwotas vang boere onkant ANNETTE THERON Boere in die Overberg is warm onder die kraag omdat hulle glo te laat oor die garskwotas vir vanjaar se oes ingelig is. Boere is 17 Julie per SMS deur die Garsbedryfkomitee (GBK) ingelig van die garskwotas wat op sekere garskultivars ingestel is. Leon Groenewald, voorsitter van die GBK, het by navraag gesê dat die groot probleem binne die beperkte garskwotas ontstaan het omdat daar te min SSG 564 aangeplant is en te veel Erika. “SSG 564 het ’n tekort van 9 000 ton en derhalwe ’n surplus op Erika tot gevolg gehad. Hiermee saam het Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) beplan om gars met dieselfde brou eienskappe as SSG 564 in te voer, in plaas van

om plaaslike gars te gebruik.” Hy sê die moutgars-kontraktering het Vrydag 27 Julie geëindig, om te bepaal wat die potensiële oes is in vergelyking met die mandaat wat SAB verskaf het. “Ná ek daarvan in kennis gestel is deur die agent (Unigrain) wat die kontraktering met individuele produsente behartig het, het ek my geskeduleerde vergadering Vrydagoggend met SAB gehad ten opsigte van kultivarbeperking en moontlike surplusse. SAB het dadelik die nodige reëlings getref met betrokke besluitnemers om die situasie met die relevante inligting aan te spreek. Ek en SAB is dit eens dat die goeie produksiejaar en die potensiaal van nuwe kultivars wat bymekaar kom, nie die bedryf enige skade moet berokken nie en derhalwe die uitdagings binne die gegewe voorgestelde behoeftes aan te

spreek.” Hy het bygevoeg SAB het hom Donderdag ingelig hulle sal die tekort op SSG 564 aanvul met Erika en ten opsigte van die moontlike surplus ’n ekstra 9 700 ton Nemesia inneem. “Hierdie gebaar ondersteun SAB se standpunt om hul sowel as die produsente se behoeftes verantwoordelik in belang van die hele bedryf aan te spreek. Jaarliks verklaar SAB sy aankoopbehoefte en die GBK konsolideer dit met die langtermyn gemiddelde opbrengste. Met laasgenoemde inligting was die verwagte oes binne die mandaat van SAB. “Die GBK is egter nie by magte om beperkings te plaas op enige kultivar-aanplantings nie, anders as om net relevante inligting ten opsigte van scenarios beskikbaar te stel. “Noudat dit bekend is dat SAB beperkings plaas op kultivars as sodanig en nie meer ’n

mandaat gee wat betref die totale tonnemaat nie, sal die inligting spoedig gekommunikeer word met die produsente,” verduidelik Groenewald voorts. Maar die boere is nie gelukkig nie. “As mens met die media praat, word jy geviktimiseer. Ek kry al klaar skewe kyke in die dorp,” sê een boer van Caledon. Hy sê egter hulle is keelvol vir die chaos in die GBV. “Ons het derduisende rande spandeer en dis nie asof mens nou minder kan spandeer omdat ek nie al my gars gaan verkoop kry nie.”

Lees verder op bl. 3.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.