Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier
Year 2 • Tuesday 18 December 2012 | Tel. 028 214 1294
Kerspret tussen boeke Die Caledon-biblioteek se vakansieprogram is goed ondersteun deur plaaslike kinders. Hulle het Maandag Kersversierings gemaak en Dinsdag die Kersboom versier. Die Gazette-span wens hul lesers ’n geseënde Kersfees en voorspoedige 2013 toe. FOTO: CAROL MANGIAGALLI
Wat ’n propvol jaar! ANNETTE THERON
’n Jaar van uiterstes, is hoe 2012 in die Theewaterskloof beskryf kan word. Die goeie nuus het groot finansiële inspuitings vir die streek beteken, en die slegte nuus grootskaalse ontwrigting. Hier is ’n terugblik op ’n paar van die gebeure wat vir lank onthou sal word: • In Februarie het dit in Caledon gegons oor ’n rits nuwe ontwikkelinge. Prestige Clothing in die nywerheidsgebied is deur die Foschini-groep oorgeneem, daar is oplaas begin met die teer van die Hemel-en-Aarde-pad en die Harry Viljoengroep het begin bou aan die inkopiesentrum wat na verwagting in Maart 2013 voltooi sal wees. Shaws-pas is ook in April vir verkeer gesluit en sal na verwagting in Januarie 2013 heropen. • ’n Hoogtepunt vir die plaaslike ekonomie en toerisme was die Absa Cape Epic-bergfietswedren in Maart met 1 200 plaaslike en internasionale deelnemers wat hier kom meeding het. • Op die landboufront was boere in November
en Desember in hul noppies met die ongekende rekord-oes. • Laekostebehuisingsprojekte se wiele het beginrolendieTheewaterskloof-munisipaliteithet aangekondig dat 220 huise in Caledon en 226 huise in Botrivier in Maart 2013 voltooi sal word. Dan was daar die verliese: • ’n Brand in Tesselaarsdal het in Februarie sowat R600 000 se skade aangerig, maar het gelukkig geen lewens geëis nie. • In Maart het ’n seisoen van gewelddadige betogings begin toe skares in Villiersdorp amok gemaak het oor swak dienslewering en duisende rande se skade aan geboue aangerig het. Op 19 Maart was daar verdere protesaksie in Grabouw oor ongelukkigheid onder ouers by die Umyezo Wama Apile-skool oor vol klaskamers. Dit het gelei tot ’n nuwe, tydelike skoolgebou wat die volgende kwartaal in gebruik geneem is. Mei is gekenmerk deur diensleweringsbetogings in Botrivier, waar inwoners vir behuising en geteerde strate gevra het deur paaie te versper en verkeer te ontwrig. Ook in Caledon het inwoners van Sitesaviwa
’n memorandum aan die munisipaliteit oorhandig met ’n versoek vir 500 huise. In November was dit weer loongeskille in Villiersdorp wat plaaswerkers laat betoog het. Volgens die Villiersdorp-sakekamer het die skade van dié protesaksie ’n paar miljoen rand beloop. Die jaar het ook sy kwota misdaad en tragiese lewensverlies opgelewer: • In Junie het die dood van drie kinders, toe die houthut waarin hulle gewoon het afgebrand het, die gemeenskap van Grabouw geruk, maar op ’n plaas buite Caledon het die 16-jarige Liam Klein in Augustus ’n held geraak toe hy sy ouers se lewens gered het toe ’n gewapende rower verskeie skote op die gesin gevuur het. • In Botrivier was inwoners raadop in Mei weens al die koperdiefstal, maar ’n buurtwag is op die been gebring en diefstal het afgeneem. • ’nVlaaginbrakehetdieCaledon-polisieinJulie op hul tone gehou, maar hulle het op 29 Augustus drie verdagtes in hegtenis geneem wat verbind is met die huisbrake. En in September is veiligheid in Caledon opgeskerp ná die vlaag inbrake en die aanval op die Klein-gesin.
• Ná die jaarlikse bekendmaking van die nasionale misdaadstatistieke, het die Caledon-polisie hul kommer uitgespreek oor dwelmverwante misdaad in die gebied. En dan was daar ’n goeie skeut politiek: • Afgesien van betogings oor dienslewering, onderwys en lone, was die Victoria-saal ’n tameletjie en inwoners en die munisipaliteit het in April koppe bly stamp oor die ligging van die nuwe saal. • In Augustus was boere warm onder die kraag omdat hulle glo te laat in kennis gestel is van nuwe garskwotas. SAB het egter die garskwotas aangepas. • Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, sê voorts ’n hoogtepunt is die HAN-TWK-projek, in vennootskap met die HAN-universiteit in Nederland, waarin studente dienste lewer wat aansluit by die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan. Die munisipaliteit het ook ’n blog aan sy webblad gekoppel om kommunikasie met inwoners op te skerp. Gaan na http://www.canblog.co.za/twk/.
Market Day Sat: 5 Jan 2013 | 10 – 2pm
028 214 5100 | www.thecaledon.co.za