Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier
Year 3 • Tuesday 19 February 2013 | Tel. 028 214 1294
Vroue verenig in verset Die vroue-personeel van Spar in Caledon het almal Vrydag swart gedra ter ondersteuning van die landwye beroep op Suid-Afrikaners om swart te dra vir bewusmaking van verkragting. Die oorgrote meerderheid van dié vroue was dit eens dat die doodstraf weer ingestel moet word. “Swart Vrydag”, soos dit wyd genoem is, is ’n uitvloeisel van die afgryse waarmee Suid-Afrikaners Anene Booysen se wrede verkragting en moord ontvang het. Daarna is Audrey Green op 10 Februarie in Kraaifontein vermoor en Jo-Ann van Schalkwyk van Atlantis se kop op 12 Februarie vergruis met ’n klip. FOTO: ANNETTE THERON
Vandale skend begraafplase
ANNETTE THERON
Geliefdes wat opgegrawe word om veras en na ’n “beter rusplek” verskuif te word, is die besluit waartoe desperate inwoners van Caledon gedryf word weens die grafskending en vandalisme by die Uitsig-begraafplaas. Volgens Esné Coetzee van die NG Moedergemeente het minstens vier inwoners hul geliefdes, wat jare reeds daar begrawe lê, laat uithaal en veras om hulle dan na die gedenkmuur by die NG Moedergemeente te verskuif. Maretha Swart, ’n inwoner, sê die toestand van die begraafplaas is haglik. Vir haar is dit ’n hartseersaak dat selfs die herinneringsmuur by die ingang gevandaliseer is. Familielede van haar het as daaruit verwyder om ook in die muur by die NG Moedergemeente te plaas. Swart sê kinders gebruik die begraafplaas as ’n speelpark met hul honde, en selfs grafte met marmerblaaie is beskadig. “My pa se grafsteen is omgegooi,” sê sy hartseer. “En die grafsteen
is so swaar, dit moes met geweld omgegooi word. “Asekkyknaanderbegraafplase,soosBredasdorp s’n – daar is mense wat aangestel word om permanent na die area om te sien. Dit is geen plesier om na hierdie begraafplaas te gaan en te sien hoe verwaarloos dit is nie.” Sy het ook haar kommer uitgespreek oor die ou grafte in die Caledon-begraafplaas oorkant die toetsstasie. “Al word dit nie meer so baie besoek nie, kan dit nie net ten minste skoon gehou word nie? Mens kan nie die grafte sien nie, want dis so toegegroei met onkruid.” Sy sê sy kan nie waag om ’n blompot op haar pa se graf neer te sit nie, want dit word gesteel. “Die herinneringsmuur is nou ’n wit olifant. Ek sê nie moenie weer as daarin plaas nie, maar probeer ten minste die struktuur verfraai.” Elbie Swart van Caledon sê sy is bitter ongelukkig oor die toestand van die begraafplaas in Uitsig. “Mense betaal ontsettend baie geld vir grafstene en dan word dit deur vandale geskend. ’n Begraafplaas is ’n rusplek, dis nie ’n kuierplek nie. Hoekom kan die dooies nie met rus gelaat
word nie? Die herinneringsmuur moet afgebreek word, want mense sit daar met papsakke.” Sy sê dit is nie meer veilig om na die begraafplaas te gaan nie. Nog ’n inwoner van Caledon, wat onlangs haar pa aan die dood moes afstaan, sê sy wens was om begrawe te word. “Maar ons kon hom nie in die Gebreekte grafstene in Uitsig-begraafplaas ter ruste lê nie, want dit is nie vir my ma veilig om sy graf te besoek nie.” Hy is noodgedwonge veras. LambertdeWet,voorsittervandieNGMoedergemeente se eiendomskomitee, het by navraag gesê die laat-oes is verantwoordelik vir die huidige toestand van die Caledon-begraafplaas. “Die begraafplaas was skoon, maar die onkruid het met die groot reën opgekom en daar is iemand aangestel om dit te doen, maar as gevolg van oes-
verpligtinge kon dit nog nie gedoen word nie. Die onkruid is egter verwyder en die mure is ook afgewit.” De Wet sê vandalisme by die Caledon-begraafplaas is ’n probleem. “Ons sit gebreekte stene op hul plek neer en herstel waar moontlik, maar dit is die verantwoordelikheid van die grafeienaar om na die graf om te sien.” Uitsig-begraafplaas. Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het by navraag gesê die wetstoepassers doen gereeld inspeksie in die begraafplaas. “Dit wil voorkom asof die grootste probleem na ure, veral snags en oor naweke, voorkom.” Hy versoek inwoners om enige onwettige bedrywighede by begraafplase aan die dorpskantoor te rapporteer. Bel die munisipaliteit by 028 214 3300 indien u voorvalle by die begraafplaas wil aanmeld.