Theewaterskloof gazette 24 02 2015

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

DK’s • • • • •

Karavaan Tente Bakkie Seile Trailer Tente Wa Seile Lappa Seile

Tente & Seile

Impala str.6 , CALEDON Keenan : 061 19894 61 Sydney : 082 33999 35 X1PR7QC5-LG240215

www.bolandgazette.co.za

Year 5 • Tuesday 24 February 2015 | Tel. 028 214 1294

Polisie, perde verras Bredasdorp­kleuters

Polisielede en hulle perde van die berede eenheid het Donderdag die kleuters van twee Bredasdorpse kleuterskole kom verras saam met die sigbare polisiëring-eenheid van die SAPD op die dorp. Hier kom die viervoetige sterre en hulle ridders by die Babbel en Krabbelskool aan. FOTO: ORA LAUBSCHER

Skote klap in jaagtog ’n Egpaar van Villiersdorp was Vrydagmiddag byna in ’n trompop botsing met ’n vlugtende rower betrokke. Skote het ook om hulle geklap ná ’n gewapende rooftog by ’n bank in Grabouw, wat in ’n jaagtog met polisie ontaard het. “My man het my by die hospitaal kom oplaai in Somerset-Wes,” vertel Lea Bosman. “En ons het doodnormaal gery en die volgende oomblik kom ’n Mercedes van voor op ons afgejaag.” Lea sê haar man, André, het half op haar skoot geval toe die skote begin klap. “Ons het in die straat voor Grabouw se skool ingery en gesien die karre kom agter ons aangejaag. Ons motor se kantruite is almal uitgeskiet en André het ’n skrapie aan sy kop

gehad, ons vermoed van die glasstukke.” Sy sê daar was totale chaos in die hoofstraat. “Ons het nie gestop nie; ek wounetbydiehuiskom.Onshetegter buite die dorp gestop en die ruite uitgekap en toe huis toe gery.” Lea sê dit het so vinnig gebeur dat mens nie regtig besef het wat aangaan nie. “Dit was die rower se kar wat op ons afgejaag het. As André nie uitgeswaai het nie was ons in ’n trompop botsing betrokke, maar gelukkig het die straat twee bane en kon hy uitswaai. Die uitswaai en die skote, alles het gelyktydig gebeur.” Volgens kapt. Gerrit Botes van die Caledon-polisie is die polisie vóór die voorval in kennis gestel van ’n moontlike rooftog wat in Grabouw sou plaasvind. Lede van die polisie se intervensie-eenheid is in siviele drag

OFFICIAL SPONSORS OF THE XTERRA SA

2014 2014 2010 2013

ontplooi en het twee verdagte voertuie, ’n silwer Mercedes-Benz en ’n blou Mazda met drie verdagtes in elke voertuig, dopgehou. Om 12:50 het dié twee voertuie voor Standard Bank in Grabouw stilgehou waar hulle die bank dopgehou het. Daar het ’n man uit die bank gekom wat sopas geld getrek het. Die verdagtes het die geld by hom gegryp en in hul voertuie gespring. Botes sê die intervensie-eenheid het daarin geslaag om twee van die verdagtes in die blou Mazda op die toneel in hegtenis te neem. “Die silwer Mercedes-Benz het weggejaag en is agterna gesit deur lede van die intervensie-eenheid. Die insittendes van die Mercedes-Benz het op die polisie begin skiet en die polisie het teruggeskiet. Die voertuig het in Ou Kaapse Weg tot stilstand gekom. Drie verdagtes het uitgespring

Isuzu KB 250 SO F/side Chev Sonic 1.3D Opel Corsa 1.4 Essentia Chev Utility 1.3D Sport

en na ’n nabye kerk gevlug waar hulle deurdieinvertensie-eenheidinhegtenis geneem is.” Twee van die verdagtes is in die jaagtog gewond en is na die Helderberg-hospitaal in Somerset-Wes geneem. Een van die verdagtes is reeds ontslaan en is in polisie-aanhouding. Die ander verdagte, wat meer ernstig gewond is, is oorgeplaas na die Tygerberg-hospitaal waar hy tans onder polisiebewaking behandeling ontvang. Tydens die heen-en-weer-skietery, is een polisiebeampte ook lig gewond. Die bedrag van R67 300 wat gegryp is, is teruggevind in die MercedesBenzendaarisookbeslaggelêoptwee vuurwapens. Vier verdagtes het gister in die Grabouw-hof verskyn op aanklag van gewapende roof. Volgens Botes sal die verdagtes vir verdere ondersoek aangehou word.

R 227 995.00 R 182 995.00 R 111 995.00 R 158 995.00

DEMO

ANNETTE THERON

2014 2014 2014 2015 2014

Die koeëlmerke teen die muur van Grabouw se aanbiddingsentrum waar die rowers in die kerk se pakkamer ingehardloop het en toe deur die polisie in hegtenis geneem is.

Chev Cruze 1.4T LS Opel Corsa 1.4 Turbo Enjoy KB 250 Base + Towbar & polly Chev Captiva 2.4 LT Utility Base 1.4 A/C

ROLA GM CALEDON | 028 214 3560 |gminfo@rolagrp.co.za | www.rolagm.co.za

R 189 995.00 R 178 995.00 R 191 995.00 R 325 995.00 R 144 995.00

Terms & conditions: Excludes on the road fees 000000-LG240215


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Theewaterskloof gazette 24 02 2015 by Boland Gazette - Issuu