Theewaterskloof Gazette 26 Mar 2013

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 26 March 2013 | Tel. 028 214 1294

Ovies bring boodskap van liefde vir Paastyd

Nuwe handelsure Die Theewaterskloof se nu­ we drankhandelsure is, in breë trekke: Binneverbruik (drank wat op die perseel gedrink word) ) Plekke waar drank in resi­ densiële areas bedien word, soos gastehuise, mag van 09:00 af tot nie later nie as 23:00 handel dryf. ) Hotelle mag van 09:00 tot 02:00 drank bedien en casi­ no’s 24 uur per dag. ) Plekke in plaaslike buurt­ sakesentrums (gemengde areas wat sonerings vir sa­ ke­ of gemeenskapgebruik insluit) se handelsure is van 09:00 tot 23:00, of van 09:00 tot 24:00, afhangend van die tipe handelaar. Drankwinkels en gespesiali­ seerde wynwinkels mag handel dryf van 09:00 tot 19:00, met Sondae uitge­ sluit. ) In algemene sakesen­ trums mag handeldrywing van 09:00 tot 02:00 plaas­ vind. ) In nywerheidsareas mag kuierplekke van 09:00 tot 02:00 die volgende dag han­ del dryf. ) In landbou­ en landelike areas mag daar van 09:00

tot 02:00 die volgende dag handelgedryf word. Wyn­ plase en wynwinkels mag van 09:00 tot 23:00 handel dryf. ) In kleinhoewe­areas is ure van 09:00 tot 24:00. ) Ander ad hoc­liggings, soos voertuie en mobiele ondernemings, wat vir toe­ risme­, vermaaklikheids­ of ontspanningsdoeleindes gebruik word, waar goed­ keuring volgens TWK se verordening op spesiale ge­ leenthede verkry is, mag handel dryf van 09:00 tot 22:00. Buiteverbruik (waar drank gekoop en weggeneem word) ) In algemene sakesen­ trums mag drank van 09:00 tot 19:00 verkoop word, met Sondae uitgesluit. ) In nywerheidsareas is handelsure ook van 09:00 tot 19:00, met Sondag uitge­ sluit. ) In landbou­ en landelike areas mag drank van 09:00 tot 19:00 verkoop word. * Eienaars word aangeraai om die volledige verordeninge te bekom om die ure wat op hulle spesifiek van toepassing sal wees, te bepaal.

Sekere privaatskole is reeds met vakansie maar Klein Ovies sal Donderdag, soos talle ander skole in die streek, sluit met ’n Paasboodskap deur een van die onderwysers, Luan Els. Els sê dit wat op die banier staan is hul fokus vir die jaar by Klein-Ovies. “Ovies is lief vir Jesus”. Hy sê wanneer jy Jesus eerste plaas, val al die ander dinge in plek. Dié groepie leerlinge is (agter van links) Lana de Kock, Liza Fourie, Christoff Fourie, Natalie Bester en Tian Rabie; (agter) Matthew Fisher, Stanique Fortuin, Ilne Benjamin, Lila Smal, Christina van Niekerk, Danel Badenhorst, Waldo van Zyl, Nicola Coetzee en Jannie Fourie. FOTO: VERSKAF

Sake in duister oor drankure

ANNETTE THERON

Ten spyte daarvan dat drankhandelaars oor minder as ’n week nuwe handelsure moet nakom, bestaan daar blykbaar grootskaalse verwarring by hulle oor hoe die verordening wat dié nuwe ure bepaal, hulle gaan raak. Volgens wetgewing wat verlede jaar reeds deur die Wes-Kaapse regering gepubliseer is, sal drankhandelsure vanaf 1 April vanjaar deur plaaslike munisipaliteite bepaal word en nie meer deur die Wes-Kaapse Drankraad nie. Alle munisipaliteite in die provinsie is aan die wet onderhewig en moes hul nuwe ure in ’n verordening omskryf wat volgende week van krag sal word. Plaaslike handelaars sê egter hulle weet nie wat die ure is wat in die Theewaterskloof se verordening vervat is nie, hoe dit verskil van hul huidige handelsure nie, en hoe dit hul sakebedrywighede gaan raak nie. Jacques van Wyk, eienaar van The Barn Restaurant in Caledon, sê hy het geen kennisgewing van die nuwe ure ontvang nie. Hoewel

hy nie verlede week tydens sy onderhoud met die Gazette geweet het of sy restaurant voortaan op Sondae drank sal mag verkoop nie, het dié moontlikheid hom bekommerd gehad. “Vir ons wat besigheid aanbetref, sal ek dit moet oorweeg om Sondae toe te maak.” Hy meen die gevolge van korter handelsure vir kroeë en restaurante lyk nie rooskleurig nie. “Die ouens wat die wet maak dink nie ordentlik na oor die saak nie – ons sal personeel moet verminder, want besigheid gaan verminder.” Brandon Smook, verkoopsbestuurder by Wildekrans in Botrivier, sê hulle is tans Sondae oop vanaf 11:00 tot 15:00 en hulle is nog nie in kennis gestel wat die nuwe handelsure is nie. “Op die oomblik is ons die enigste wynplaas in Botrivier wat op Sondae oop is en mense wil graag naweke op uitstappies gaan om die omgewing te verken. Die nuwe wet gaan teen ons werk as ons Sondae moet toe wees.” Volgens die ure wat die Gazette van die munisipaliteit ontvang het, sal wynplase wel op Sondae wyn mag verkoop (sien handelsure in meegaande blok). Frans Steyn, mede-eienaar van Mandi’s Li-

qour, sê wat hom bekommer is dat niemand hulle ingelig het oor die nuwe handelsure nie, “nie die polisie nie, nie die munisipaliteit nie”. “Nêrens is ons ingeroep om te sê watter impak die drankwet op ons besigheid gaan hê nie. Ons – wat die grootste rolspelers in die bedryf is – word nie geken in die saak nie. Ons word nie op hoogte gehou nie en dit wil voorkom asof daar vir ons ’n verrassing beplan word.” Hy sê hulle wag dat die ure binnekort aangekondig gaan word. Steyn meen verkorte ure gaan ’n groot impak op besigheid hê. “Veral Vrydagaande wanneer mense vanuit die Kaap hier stop om petrol by Caltex in te gooi en dan vinnig by ons inloer vir hulle drankverkope, gaan ons beslis ’n groot gedeelte van Vrydagaand-besigheid verloor.” Die Gazette het die munisipaliteit uitgevra oor wanneer die verordening deur die raad goedgekeur is en hoe handelaars van die nuwe ure in kennis gestel is of sal word. Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het reageer deur te sê die raad het die verordening verlede week goedgekeur. Hy het nie teen druktyd reageer oor of daar voorheen ’n konsep-verorde-

YOUR DREAM CAR IS WAITING

ning vir openbare insae beskikbaar was, of oor die kennisgewings aan handelaars nie. “Hierdie wetgewing is opgestel in reaksie op die behoeftes van die gasvryheidsbedryf in die Wes-Kaap, met inagneming van die maatskaplike probleme wat deur die misbruik van alkohol veroorsaak word,” het Cronjé gesê. “Hierdie beleidsdokument bevat ’n nuwe benadering tot dranklisensiëring vir die WesKaap. Dit het ten doel om beleid te skep wat kommersiële ondernemings en entrepreneurskap fasiliteer en die gemeenskap teen enige negatiewe gevolge wat uit die misbruik van alkohol voortspruit, te beskerm.” Ao. George Fritz van die Caledon-polisie het gesê: “Tans mag drankwinkels handel dryf vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 08:00 tot 20:00. Die nuwe ure wat deur die raad vasgemaak is, is vanaf 09:00 tot 19:00 op buiteverbruik-lisensies (soos drankwinkels, waar mense drank koop om dit elders te gebruik). Fritz versoek die samewerking van geregistreerde lisensiehouers om by die nuwe bepaalde handelsure te hou. “As jy nie by die handelsure bly nie, sal jy beboet word. Die boete van R1 500 sal dieselfde wees as voorheen.”

COMMERCIAL 2011 CHEVROLET CORSA UTILITY 1.4 CLUB, 42 000KM, SILVER 2011 CHEVROLET CORSA UTILITY 1.4 SPORT, 17 900KM, ATOMIC SILVER, CANOPY 2010 CHEVROLET CORSA 1.7 DTi, 120 000KM, WHITE, CANOPY 2011 TOYOTA HILUX 2.5 D-4D 4X4 D/C, 70 000KM, WHITE, CANOPY, TOWBAR, 16” MAGS 2012 CHEVROLET UTILITY 1.4i CLUB, 17 000KM, SILVER

R119 995* R137 995* R109 995* R269 995* R129 995*

PASSENGER

R166 900

*

On-the-Road and Registration Fees Included.

Power Steering | Air Conditioner | CD Frontloader/MP3/Aux Input On-Board Computer | ABS with EBD Airbags – Driver, Passenger & Front Seat Side Passenger Airbag Deactivation Switch | ISOFIX Child Seat Anchorage 3 Year/60 000km Service Plan 5 Year/120 000km Warranty & Roadside Assistance ONLY 2 AVAILABLE (WHITE & SILVER)

CHEVROLET TRAILBLAZER 2.8 LTZ 4X2 AT

R395 000

On-the-Road and Registration Fees Included.

7 Seats with Lie-flat Function | Power: 132kW Torque: 440Nm | Bluetooth® | Steering Wheel Controls On Board Computer | ABS with EBD | Traction Control Hill Start Assist | Hill Descent Control Airbags – Driver, Passenger & Curtain 5 Year/90 000km Service Plan 5 Year/120 000km Warranty & Roadside Assistance

ROLA GM CALEDON 028 214 3560 • gminfo@rolagrp.co.za • www.rolagm.co.za

SERVE WITH INTEGRITY. DIEN MET INTEGRITEIT.

2012 CHEVROLET CRUZE 1.6 LS, 26 000KM, WHITE 2007 HYUNDAI TUCSON 2.0 GLS, 124 000KM, GOLD 2012 CHEVROLET SONIC 1.4 LS, 9 000KM, WHITE 2009 CHEVROLET CRUZE 1.8 LT A/T, 60 000KM, WHITE, R40 000 BELOW RETAIL 2013 CHEVROLET TRAILBLAZER 2.8 LTZ 4X2 A/T, 9 000KM, BLUE, TOWBAR 2013 CHEVROLET CRUZE 2.0 D LS M/T 4DR SEDAN, 5 000KM, WHITE 2010 CHEVROLET CRUZE 1.6, 58 000KM, GREY 2010 TOYOTA COROLLA 1.6 PROFESSIONAL 6 SPEED 110 000KM, WHITE, R18 000 BEHIND BOOK VALUE

R169 995* R129 995* R139 995* R139 995* R379 995* R229 995* R134 995* R149 995*

JACQUES 082 899 0762 • ADAM 082 337 0295 DEON 079 049 8211 Offer valid until 1 April 2013. All offers subject to finance approval. Terms and Conditions Apply. Model shown may differ. Errors & Omissions Excepted

62223 ADMAKERS.COM

CHEVROLET SONIC 1.6 LS SEDAN


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.