Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier
Year 2 • Tuesday 24 July 2012 | Tel. 028 214 1294
Ovies ‘Stormloop’
STORMERS BESOEK KLEIN OVIES: Die Stormers het Vrydag in Caledon kom kuier. Agter is Jean de Villiers, Stormers en Springbokkaptein, en voor staan Chanél Bosman, Ilne Benjamin, Lize Burger, Gregan King en Nadine Fick. FOTO: MARIUS KOEKEMOER
Stuit die keesbewind! ANNETTE THERON “Dit stink nie gewoonlik so in ons huis nie,” verduidelik Wilfred Fisher en beduie na ’n yslike hoop bobbejaanmis in die hoek van sy kombuis in Myddleton. “Ons is raadop met die bobbejane,” sê sy vrou Christene. ’n Bobbejaan het Vrydagoggend (20 Julie) by dié egpaar se huis toegeslaan nadat die dier die kombuisvenster stukkend geslaan het om toegang tot die huis te kry. Die Fishers was in die dorp ten tyde van die voorval – die jongste in ’n reeks konfrontasies met bobbejane. Die bobbejaan het die macaronien-kaas wat op die stoof gestaan het, opgeëet en die bak stukkend gegooi. Gebreekte eiers en pampoenblertse teen die kombuismuur, asook ’n sny brood in die sitkamer, wys hy moes regdeur die huis gestap het. Fisher sê hy kan ook nie meer tuin-
maak nie, want die bobbejane vreet al sy beet en pampoene op. Die Fishers is nie die enigste wat kla oor die trop van 54 bobbejane in Myddleton nie. Nicky Bushby, ook ’n inwoner van Myddleton, sê twee bobbejane het ’n rukkie gelede by haar badkamervenster ingeklim en in die kombuis in die vullisdrom gekrap op soek na kos. Daar was ’n bak rys op die tafel en hulle het dit net daar gesit en eet. “Ons het hulle probeer verwilder, maar hulle het ons net sit en kyk totdat hulle klaar geëet.” Sy sê daar is vrugtebome op haar erf, maar geen oes om van te praat nie, omdat die bobbejane alles opvreet. “Die bobbejane is ’n probleem. ’n Mens moet permanent die vensters toehou, anders kom hulle in. Daar het op ’n slag meer as 20 bobbejane deur die erf geloop,” vertel Bushby. Bokkie Appel het Vrydag tydens ’n telefoononderhoud met die Gazette vertel dat daar op daardie oom-
Wilfred Fisher beduie na die gat in sy kombuisvenster. FOTO: ANNETTE THERON blik sowat 30 bobbejane onder die bome in haar tuin skuiling teen die reën kom soek het. “Ek moet die deure toehou, want die kleintjies wil heeltyd inkom.” Selfs haar buurvrou se buiteligte is deur moedswillige bobbejane afgeruk. “Hulle maak vuil sover hulle loop en hulle stink. Ek was nooit vantevore bang vir die bobbejane
nie, maar ek is nou. Deesdae is veral die groter bobbejane so astrant.” Tierck Hoekstra, areabestuurder van CapeNature in die Overberg, sê Cape Nature tree in’n raadgewende rol vir munisipaliteite op om toe te sien dat wetgewing nagekom word. “Wetgewing vereis die beskerming van diere en dat daar binne die betrokke proklamasies opgetree word. In dorpe kan nie sommer op bobbejane geskiet word nie. ’n Boer kan egter wel binne die beperkinge van die jagseisoen ’n bobbejaan van kant maak.” Hy sê mense moet nooit bobbejane vaskeer nie, want dan sal die diere hulleself wil verdedig. Sou ’n mens ’n bobbejaan in jou huis kry, moet jy nie tussen hom en ’n oop deur wees nie. Moenie dreigend optree nie, want hy sal homself wil verdedig. Probeer eerder wegkom. Hoekstra raai inwoners aan om hul vullis beter te bestuur. In Hermanus is inwoners byvoorbeeld
verplig om bobbejaanveilige vullisdromme te gebruik. Hy beveel aan dat mense nie kos op sigbare plekke moet los nie. Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, sê hulle hanteer die bobbejaanprobleem in samewerking met Cape Nature. “Dit blyk een van die hoofredes waarom van die bobbejane die verskillende persele besoek, is rommel en die vullisblikke. As die afval bestuur word en die deksels van vullisdromme met draad of rek vasgemaak word sodat die bobbejane nie by die vullis kan kom nie, sal dit ’n teenvoeter vir die bobbejane wees en sal hulle moontlik nie weer so ’n perseel besoek nie.” Cronjé sê die munisipaliteit wag op die uitreik van ’n CapeNaturepermit vir die plaas van vanghokke. “Vanghokke kan moontlik die probleem wegvat, maar daar is geen waarborg nie. Mense moet hul vullis bestuur.”
Market Day Sat: 4 Aug | 10 – 2pm
028 214 5100 | www.thecaledon.co.za