Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier
Year 4 • Tuesday 5 August 2014 | Tel. 028 214 1294
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Kollege steun Pantoffel veldtog Boland Kollege in Caledon se personeel het almal Vrydag met pantoffels en groen t-hemde Wimpy se Reach for your slippers-veldtog ondersteun. Hulle het gesê hulle ondersteun dié inisiatief omdat dit vir ’n goeie doel is en ook sommer vir die pret en lekkerte daarvan. Brokkie en foto’s op bl. 3. FOTO: ANNETTE THERON
Ovies breëbors oor Cornel se goud
ANNETTE THERON
Dit gons in Caledon oor die goue medalje wat Cornel Fredericks Donderdag 31 Julie by die Statebondspele gewen het. HyiseenvanSuid-Afrikasenuutsteatletiekhelde, en het die medalje vir die 400 m-hekkies in Glasgow in ’n tyd van 48.50 gewen. Fredericks is ’n oud-Ovie en het in 2007 hier gematrikuleer. Maureen Coleman, Cornel se ma, was in haar onderhoud met die Gazette nog effe hees geskree, maar sê Cornel het baie hard gewerk vir hierdie prestasie. Sy sê hy het Saterdag in ’n TV-onderhoud gesê: “I stand tall, I train hard and I give it all.” Sy sê hy het baie terugslae beleef maar dit het hom nooit ondergekry nie. “Hy het sterk gestaan en die beloning was Donderdagaand se oorwinning. Hy verdien dit, want hy het verskriklik hard gewerk. Sy dissipline het hom gehelp en uiteindelik het hy bereik wat hy wou.” Eddie Labuschagne, skoolhoof van HoërskoolOverberg,hetgistergesêCornel Fredericks en Victor Hogan, die diskus-atleet wat Suid-Afrika by die Statebondspele verteenwoordig het, is albei oudleerders van Ovies. “Ons is so trots op daardie twee manne, ons hemde raak te klein en ons staan vol bors en ondersteun hulle.” Hy sê Cornel en Victor was albei by die Afrikaspele in 2012. Labuschagne meen daar is min skole wat kan sê hulle het twee sulke
Cornel Fredericks en ’n aanhanger, Loré de Wet, by ’n atletiekbyeenkoms in Suid-Korea. uitmuntende atlete op een slag opgelewer. “Hoe kan ’n gr. 7-leerder in die Overberg na ’n ander skool as Ovies kyk met sulke puik prestasies?” Louis Kriel, sportorganiseerder by Hoërskool Overberg, sê hulle is baie trots op Cornel se prestasie. “Hy het deur sy hoërskoolloopbaan baie aanbiedinge van ander groter skole gehad, maar het altyd gesê hy bly ’n Ovie tot matriek.” Kriel sê almal was Donderdagaand voor hul TVstelle vasgenael, want die skool het afgekondig wanneer die wedloop sou plaasvind. Die wag was toe geensins verniet nie!
Sonica Louw, die adjunkhoof by Hoërskool Overberg, het gesê die skool bars van trots oor hul oudleerder se prestasie. Sy prestasies aan Ovies was as volg: In 2006 by die SA Skolebyeenkoms in Sasolburg het hy ’n goue medalje verower in die 400 m-hekkies en ’n brons in die 110 m-hekkies. In 2006 by die ASA Jeugtoernooi in Pretoria verower hy ’n goue medalje in die 400 m-hekkies en ’n brons in die 110 m-hekkies. By die COSASSA Spele in Namibië verower hy ’n goue medalje in die 400 m-hekkies en ’n brons in die 110 m-hekkies. Hy is ook aangewys as die beste baanatleet van die byeenkoms. By die Suidelike Afrika-spele in Madagaskar in 2006 verower hy ook ’n goue medalje in die 400 m-hekkies. By die Wêreld Jeug Skolespele in Griekeland in 2006 verower hy goud in die 400 m-hekkies en brons in die 110 m-hekkies en by die vyfde Wêreld Jeugspele in die Tsjeggiese Republiek in 2007 verower Cornel vyfde plek in die 400 m-hekkies. Hoewel Fredericks nie teen druktyd vir kommentaar bereik kon word waar hy tans in Italië is nie, het sy ma gesê hy het gesêhyhetnoubereikwaarvoorhysohard gewerk het. “Hy het vir ons bedank vir al ons ondersteuning. Ons het ’n baie sterk band, ek kan voel hy mis my.” Sy sê hy soek gewoonlik haar oor wanneer hy net wil kind wees. “Daar oorkant is hy die professionele atleet, maar soms soek hy net vir my sodat ek vir hom kan aanmoedig.”
En Facebook gons . . . Nadat die Gazette Vrydag die berig op Facebook gedeel het, het kommentaar vinnig begin instroom, ook per e-pos: . Dit word al meer en meer duidelik dat die grootte van jou skool nie meer saak maak nie, maar eerder die grootte van jou hart! Daar het Cornel Fredericks dit weer bewys! Welgedaan Cornel en Victor. Julle is duidelike voorbeelde van wat vermag kan word met toewyding en deursettingsvermoë! Geluk aan alle Ovies! Trots! – Jansie Smith . Ek is so ’n trotse Ovie-ouer, het ’n traan gepik toe hy goud wen. Die mooiste van Cornel is sy nederigheid, of dit nou langs die rugbyveld is om sy boetie te ondersteun en of dit by ’n internasionale atletiekbyeenkoms is, hy’s altyd nederig. – Getha Meyer . Cornel is ’n yster van begin tot die einde. Ovies in sy bloed en DNA. – Ryan Ross . Cornel baie dankie dat jy Caledon, die Overberg, Bo-
land en Suid-Afrika se naam hoog gehou het met jou oorwinningindie400m-hekkies. Dit was die moeite werd om my keel hees te skree vir daai goue medalje. – Granville Sass . Gaan ons raad iets doen om hom te vereer? Ek twyfel. – Piet Rust . Al ons Caledoners is trots op Cornel. – Willem Badenhorst . Like they always say, you can run but you can’t hide that you are from Caledon. Viva Cornel. – Ian Martin . Trotse Ovies uit Amerika, Kansas, Hansie Smal en Frans du Plessis, jy maak ons verby trots! Go go! – Hansie Smal . Super super trots !! TWK as julle ooit dink aan straatnaamveranderinge – hier’s dieeerstekandidaatvir’nnuwe straatnaam ! Ek hoop hy kry ’n helde-ontvangs. – Manie Theron