Theewaterskloof Gazette 8 Junie 2012

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 2 • Tuesday 5 June 2012 | Tel. 028 214 1294

Nog optrede? James Pheiffer (46, links) voorsitter van die Botrivier Civic Association, en Lukas Letswela (18, regs), wat vir hom getolk het. Pheiffer het gister die inwoners van Botrivier gevra of hulle weer op Maandag wil betoog en of hulle wil voortgaan met onderhandelinge met die Theewaterskloof-munisipaliteit. Daar is besluit dat almal sal gaan werk en dat daar verder onderhandel sou word. Sien bladsy 3 vir meer. Foto: Annette Theron

Tears as animals put down ANNETTE THERON Tears were shed when over 100 animals were put down last week in a bid to curb overpopulation and neglect amid a climate of struggling budgets. A total of 122 dogs and cats were put down across the Theewaterskloof municipal area last week. The municipality arranged the euthanasia, with the support of Caledon Animal Welfare and Swellendam SPCA, after starting to enforce a new bylaw – passed in January – limiting households to two dogs and four cats each. A licensed SPCA inspector put the animals down in a mobile SPCA clinic on Monday and Tuesday last week. Most of the animals were from Caledon, followed by a number from Tesselaarsdal, a few from Myddleton and two from Bot River. Overpopulation is a massive problem in the Theewaterskloof region – “particularly roaming stray dogs and cats” – says Alet du Plessis, vice chairperson of the Caledon Animal Welfare Society and an inspector appointed under the Animal Protection Act by

the local magistrate’s office. After the municipality began implementing the new bylaw, residents were given the option of handing over their unwanted pets to be put down. Most owners did, says Du Plessis. “In only a few cases did Law Enforcement officers visit houses where there were too many animals, and with the consent of the owners brought the animals to the designated areas.” She says the operation was heartbreaking but necessary. “Some animals were sick, old or neglected, but most were just unwanted… The implementation of the bylaw, together with the SPCA clean-up, is bringing new awareness to our area. You have to take responsibility for your pets.” Stiffie Cronjé, spokesperson for the Theewaterskloof Municipality, says many residents simply cannot afford to look after their animals. “This results in stray dogs causing damage and attacking people and sheep.” Du Plessis is confident the operation made a difference in straining pet populations, particularly in poorer areas. “Ideally it should be followed up with intensive sterilisation clinics,” she says, adding that an Envirovet

newsletter suggests that at least 70% of all animals in any geographical area be sterilised within a six-month period to create a “population plateau”that is maintained with regular follow-up sterilisation. Funding is a big problem, however; the Caledon branch of Animal Welfare was nearly forced to close its doors in December last year due to financial pressure. This year its coffers took a further knock when it bought a bakkie. “Currently the volunteers use their own vehicles to transport animals. We had to decide whether to use the funds for spay clinics or a bakkie,” Du Plessis says. The small annual allowance from the municipality, together with the money generated by the Animal Welfare shop and collection tins, will be used to sterilise animals and cover running costs. Overberg Animal Hospital does help the society by sterilising animals at a reduced rate, but it can only sterilise a few animals each month “Unfortunately it won’t be enough to keep the pet population down. In a perfect world where finances aren’t a problem, I believe we would have to do another clean-up in six months’ time, followed up by spay cli-

nics every two months where we spay up to 30 animals at a time.“And if we can get the Kannaland Bylaw incorporated into our municipal area, I believe we will see a big difference.” This bylaw stipulates that no unsterilised females may be allowed on a residential property unless the owner has a breeding permit. It has been implemented with success in the West Coast, Swellendam, Hermanus, Karoo and several other municipal areas, and is now being considered by the Theewaterskloof Municipality. “Failure to sterilise a bitch can lead to a heavy fine or imprisonment,” says Du Plessis. “The aim is to curb backyard breeding, which leads to overpopulation and unwanted, neglected and abused animals.” Cronjé says bylaws regarding the licensing of dogs are also being reviewed and structured by the municipality. He says no informal breeding for economic gain is allowed. “Persons who commercially breed dogs will need to apply for a licence at the municipality.” . Should you be able to assist Animal Welfare, please phone 078 109 8372.


2

Theewaterskloof Gazette

General - Algemeen

7 Junie , Caledon VLV vergader om 15:00 in Caledon Wes-kerksaal. , Alkoholiste Anoniem vergadering om 19:00. NG-gemeente Napier se saal. Navrae Willie 082 332 8454.

8 Junie , Greyton Primêr Feesdans by Greyton Primer skoolsaal van 8 tot laat. Hul 30ste bestaansjaar. “Five Starts Dance Band with Dr G Davis music lecturer UWC. Navrae: 028 254 9943.

8 en 9 Junie , Berea Moraviese Primêre skool bied aan Mallemeule op Genadendal Sportgronde. Stalletjies kan bespreek word by die skool @ R100. Navrae F. Beukes (Prinsipaal) 028-251 8195.

9 Junie , Greyton Primêr Sportdag: Atlantics vs Caledon te Hermanus

13 Junie , Caledon Gesondheid en Welsyn Komitee hou komiteeverkiesing om 19:00 te Vleiview-saal. Kom word deel van ons span. Almal is welkom. Vir meer besonderhede bel Carli Loubser 072 738 4646 of Maeve Le Roux 072 530 5902.

16 Junie , Jeugdag – verskeie departemente en plaaslike organisasies in Genadendal hou ‘n gemeenskapsdag. Die plek waar die funksie sal plaasvind sal later aangekondig word.

WAT IS BASAAR SONDER PANNEKOEK? Die Proteadienssentrum se basaar is weereens goed ondersteun. Die pannekoektafel het altesaam 1 400 pannekoeke bedien, maar darem nie alles op een slag nie. Dinsdag se 800 was vooruitbestel en Vrydag is daar nog 600 verkoop. Aan die bak is Jossie van der Westhuizen en Barendine Hickman. Foto: Annette Theron

Polisie nooi u uit Die Caledon-polisie nooi alle lede van die publiek om met verskillende afdelings van die polisie te ontmoet. Vrae kan aan die betrokke departement- en afdelingshoof gestel word. Op 7 Junie om 19:00 word lede van die publiek na die Vleiview-saal genooi. Kevin Abrahams sal beskikbaar wees om vrae te antwoord in die Kromco-saal in Botrivier op 14 Junie om 19:00 en op 21 Junie sal a.o. Hennie Engelbrecht plaasaangeleenthede bespreek by Rhodeproefplaas om 19:00.

) Annette Scholtz van Caledon is besig met fondsinsameling vir kanker. Kaartjies is beskikbaar teen R20 elk en die gelukkige wenner kan ’n Wireless Internet Installasie ter waarde van R2 000 wen. Die prys word deur B360 Wireless Internet Solutions geborg. Skakel Annette by 076 017 7299 vir inligting. Die trekking vind die laaste week van Junie plaas. ) Die Unisa-bus sal weer op 6 Junie in Caledon besoek aflê voor die Caledon-biblioteek. ) ’n Nuwe Caledon gesondheid- en welsynskomitee word 13 Junie om 19:00 in die Vleiview-saal verkies. Die doel van so ’n komitee is om die algehele gesondheid en welsyn van ’n betrokke gemeenskap sowel as die omliggende areas te bevorder deur skakeling met die relevante owerhede asook deur gemeenskapsbetrokkenheid. Vir besonderhede bel Carli Loubser by 072 738 4646 of Maeve le Roux by 072 530 5902. ) Die Caledon-dieresorgwinkel in Donkinstraat is dringend op soek na donasies, veral tweedehandse kombuisware, beddegoed, gordyne, honde-leibande en baba-items. Alles word net so in die gemeenskap teruggeploeg om weerlose diere te help. Dit maak nie saak of sekere items gehawend of verbleik is nie, iemand sal dit wel kan gebruik. As vervoer ’n probleem is, sal Dieresorg dit by jou kom haal. Bel hulle by 078 109 8372.

Tuesday 5 June 2012

DELECTABLE: A brand new bakery – Bakkery de Ontmoeting – opened in Strydom Street, Genadendal, just over a month ago. Proud owner Nathalie Steenhof (right, seen with waitress Olia Brits) says the new venture is settled at the home of her grandmother, a building infused with over 100 years of history. The team at Bakkery de Ontmoeting bake fresh bread five days a week – excluding Sundays and Mondays – and locals and visitors alike are already popping in to sample the delicious treats on offer at the establishment. PHOTO: ANNETTE THERON

Dieresorg bedank almal vir hul ondersteuning – veral die diere is dankbaar. ) Villiersdorp Cellars’ next monthly Slowmarket will be held on Saturday 9 June from 09:00 till 14:00 on the grass-area in front of Kelkiewyn Restaurant, Villiersdorp (weather permitting), otherwise in the Tractor Museum. Fresh vegetables, seasonal fruit, honey, baked bread, pannekoek, flowers, olives, cheese, roosterkoek, jams and many other products will be on offer. Handmade clothes and many other art products will also be on sale. Come and enjoy a fun-filled morning with wonderful food, wine and company. Phone Caren on 028 840 1120 or email kelkiewyn@vilko.co.za if you would like to obtain a stall. ) Die Caledon-biblioteek nooi alle matrieks uit om op 3 Julie om 14:00 na ’n praatjie by die biblioteek te kom luister. Joseph Amansure, die hoof van menslike hulpbronne by Theewaterskloof-munisipaliteit, gaan praat oor beroepe in die munisipaliteit en die kuns van onderhoudvoering. ) NG-gemeente, Caledon-Wes is volgende jaar 40 jaar oud. Ter viering van hierdie mylpaal, wil hulle graag hul eie resepteboek uitgee. Stuur jou gunsteling resep na ngcalwes@overnet.co.za. Beter nog, skryf dit neer met ’n boereraat of twee en foto van jou keuse en neem dit na Hilga de Waal by die kerkkantoor. Die afsnydatum is 20 Mei. Bel Hilga by 028 212 1973 vir verdere besonderhede. Kontak die Theewaterskloof Gazette se nuusredakteur, Annette Theron, by 028 214 1294 met nuusgebeure of e-pos haar by kontreinuus@com2000.co.za.

Regstelling In die Gazette van 29 Mei 2012, in die artikel “Begroot vir diens,” word verkeerdelik vermeld dat die Theewaterskloof munisipale begroting vir publieke “insae en voorstelle” aan die dorpskantore voorsien is. Let daarop dat die begroting finaal, ná publieke insette, goedgekeur is en dat die publiek nie verder insette en voorstelle kan maak nie. Die begroting vir 2012/2013 is nou gereed vir implementering.


Tuesday 5 June 2012

News - Nuus

‘Politiek vuur nie protes nie’ ANNETTE THERON Die Botrivier Civic Association is nie ’n frontorganisasie vir die ANC óf DA nie en die protesoptrede wat verlede week in dié dorp gehou is, was nie polities gemotiveer nie. Anthony Appel, komiteelid van die Botrivier Civic Association, het ná die protesaksie in ’n onderhoud met die Gazette gesê hoewel daar lede van albei partye aan die organisasie behoort, is dit minder as ’n maand gelede gestig bloot omdat inwoners ontevrede is met dienslewering. Die komitee is onder voorsitterskap van James Pheiffer (interim-sameroeper), Appel (adviseur), John Oliver (onder-sameroeper), Jan Adams, Virgil Swarts, Bongiwe Mkwibiso, Louis Swart en Moses Absalom as komiteelede. Bestuursposisies moet nog amptelik bevestig word en volgens Appel is die proses aan die gang. Appel beweer “99,9% van Botrivier se inwoners het besluit om nie verlede Maandag te gaan werk nie,” hoewel berig is sowat 800 ontevrede inwoners het protesteer en ander inwoners verhoed om te gaan werk deur paaie met klippe en brandende vullis te versper. Appel sê daar is tydens gemeen-

skapsvergaderings op 23 en 27 Mei, wat volgens hom deur sowat 580 mense bygewoon is, asook ’n dringende vergadering by die Botrivier-sportgronde op Sondag 27 Mei wat deur 1 344 mense bygewoon is, eenparig besluit om vir een dag nie te gaan werk nie ten einde hul misnoeë uit te druk. Hy sê ook kennisgewings oor die beplande wegbly-aksie is aan almal in Botrivier versprei. Gerald McCann, voorsitter van die plaaslike buurtwag, sê egter dat hulle nie amptelik in kennis gestel is nie en verskeie inwoners van 5de, 6de en 7delaan, met wie die Gazette gepraat het, was ook nie daarvan bewus nie. Appel sê lede van die gemeenskap het onder meer gevra vir behuising, ’n gemeenskapsaal en die teer van strate, “want 95% van die strate in Botrivier is vir 75 jaar al stofpaaie. Dan het ons ook probleme met waterpype wat 12 tot 15 keer per week breek.” Hy sê dié probleem kom veral in Uitbreiding 2 en 3 en ou Botrivier voor. “Ons het drie jaar gelede gevra vir ’n effektiewe waterpypleiding, maar toe installeer die munisipaliteit ’n water reservoir en voorafbetaalde watermeters.” Dan is daar volgens Appel tussen

400 en 500 plakkershutte in New France met slegs tien waterkrane en vyf toilette. “Die inwoners wil graag elektrisiteit en ’n bevredigende water- en rioolstelsel hê, en ek dink nie dis onbillik nie, want hulle maak tans van die bos gebruik.” Appel sê voorts hulle het Donderdag 24 Mei gevra vir toestemming van die Theewaterskloof-munisipalitiet vir ’n optog, “maar dis botweg geweier”. Hy betreur die voorval waarin een van die inwoners van Botrivier, Arthur Louw, twee van sy vingers verloor het toe die polisie traangas geskiet het. Appel is self Maandagoggend in hegtenis geneem vir openbare geweld en aanranding en sê hy het Dinsdagoggend in die Caledon-landdroshof verskyn, maar die saak is teruggetrek. Die nasionale departement van samewerkende regering, Mpho Mogale, TWK se uitvoerende burgemeesterskomitee en die Botrivier Civic Association het intussen gister vergader om die kwelpunte te bespreek. Volgens Appel soek hulle antwoorde en sperdatums vir hul versoeke en eise, maar sal hulle die onderhandelinge eerbiedig en vir die gemeenskap vra vir ’n mandaat vir die pad vorentoe.

KINDERS GAAN GROEN: 5 Junie is Wêreldomgewingsdag en die doel van dié dag is om mense bewus te maak van die noodsaaklikheid daarvan dat die omgewing en die natuurlike hulpbronne met sorg te hanteer en te bewaar. Die leerlinge van die Uitsig Tafelronde crèche en Caledon ACVV, almal in hulle mooiste groen uitrustings, het besluit om deur die strate van Uitsig te stap ter bewusmaking. Hulle het ook plakkate gedra wat kindermishandeling en geweld teen kinders aanspreek Foto: Annette Theron

• Permanente Versorging van siek, verswakte en gestremde persone • Aflosversorging, dagsorg en Herstel- en vakansieversorging • Enkel- en deelkamers • Goed opgeleide personeel • Mededingende Tariewe

Tel: 028 384 0884 • Sel: 079 319 1755 Hoofweg 42, De Kelders Gansbaai, 7220

completehomecare@vodamail.co.za www.huisbreda.co.za

Theewaterskloof Gazette

3

‘Swak dienslewering rookskerm vir protes’ ANNETTE THERON Die burgemeester het gesê “hulle kan Botrivier maar afbrand” en hulle wyksraadslid, Pearl Stanfliedt, het gesê hulle is “’n klomp dom donners”. Dit was die woorde van James Pheiffer, voorsitter van die Botrivier Civic Assosiasie – die spreker tydens ’n publieke vergadering gister by die Botrivier-sportgronde. Die vergadering is deur sowat 300 mense bygewoon. Stanfliedt sê sy is “verstom dat sulke leuens uit die lug gegryp word”. Die burgemeester ontken voorts dat hy gesê het hulle kan Botrivier afbrand. Die burgemeester sê wel daar is nie fondse in die begroting beskikbaar om goed wat afgebreek en beskadig word, te herbou of te herskep nie. Dié vergadering is gehou ná verlede Maandag se protes in Botrivier waartydens skade aan die munisipale gebou, voertuie en smousstaanplekke aangerig is. Straatnaamborde en verkeerstekens is deur betogers afgeruk en een van die rioollyne is vermoedelik met opset verstop. Lt. Cyril Coetzee, mediawoordvoerder van die Caledon-polisie, sê die organiseerders van die protes beweer dat ’n persoon drie of vier skote in die lug gevuur het om die protesteerders uitmekaar te jaag. “Daar is geen amptelike klag gelê nie, so daar is nie ’n saak om te ondersoek nie,” sê hy. Die protes in Botrivier was minstens die vyfde een in die laaste drie maande binne die Theewaterskloof-gebied. Hoewel die TWK-munisipaliteit nie wil bespiegel oor gerugte oor die motiewe agter die

vlaag protesoptogte wat die gebied sedert Maart teister nie, sê Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder, dat “dit onder die naam van ‘swak dienslewering’ gedoen word, maar dit is nie werklik die geval dat swak dienste gelewer word nie.” Die munisipaliteit kon nog nie die omvang van die skade in al die dorpe bepaal nie, omdat hulle nog wag vir kwotasies. Inwoners van Botrivier was verlede week woedend omdat hulle verhoed is om verlede Maandag te gaan werk en nie in kennis gestel is van die wegbly-aksie wat met die protesaksie gepaard gegaan het nie. Anthony Appel, komiteelid van die Botrivier Civic Association, het egter gesê dat die oorgrote meerderheid van Botrivier se inwoners eenparig besluit het om op Maandag 21 Mei te staak om hulle misnoeë te kenne te gee, omdat dié griewe al vir jare broei. Oor verdere protesaksie het Appel gesê geen protesaksie is tans in die vooruitsig nie. Inwoners het wel Sondag besluit om nié gister (4 Junie) nog ’n keer te betoog nie, hoewel dié moontlikheid bestaan het. Mpho Mogale van die nasionale departement van samewerkende regering het gister met die uitvoerende burgemeesterskomitee en lede van die Botrivier Civic Association vergader om verder te onderhandel. Cronjé het teen druktyd gister gesê daar sou om 14:00 met beswaarmakers onderhandel word. Hy het gesê van hul eise is onrealisties en onbekostigbaar en dat daar eers ná die onderhandelings bepaal kan word aan watter van die eise voldoen kan word.


4

Letters - Briewe

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 5 June 2012

Sick and tired of cable calamities

You can help Last week 122 animals were put down due to overpopulation in our area. The Theewaterskloof Municipality and Animal Welfare are implementing tighter controls to curb this problem, but they need the assistance of the public. If you haven’t already, please see to it that your animal is sterilised, and help stop backyard breeding. People need to comply with the bylaw allowing two dogs and four cats per property, and give careful consideration to whether they have the financial resources to care for another pet. Animal Welfare relies heavily on donations, and they are now in particular need of blankets, dog collars and old kennels. In fact, they can sell just about anything you don’t want any more from their shop in Donkin Street. All funds generated are used to help pet owners in poor areas. See the front page for a contact number for Animal Welfare.

I am still waiting for answers to all my questions with regards to the “illegal” scrap dealers who are still driving around Bot River. According to sources there are no illegal dealers in the village; those who do ride around merely collect “recycled plastic and cardboard”, which does not require a secondhand goods licence. I informed a policeman of a white bakkie driving around with recycled plastic, cardboard and copper wire. I was informed that feedback would be given – but I am still waiting for it! The debacle regarding the theft of Telkom cable continues. On 25 June more cable was stolen in Karee Street. I informed the local authorities and was greeted with very little enthusiasm. I offered my services to Telkom

to assist with the safeguarding, and have not had the courtesy of a reply. Why does one feel like a pleb when talking to the authorities? It is a feeling of absolute intimidation and insult when you try – as if you do not know what you are talking about. Together with the local service delivery protests looming again, it seems to be a blue day in our exquisite village. I am lucky enough to be communicating via email again, and I certainly hope it lasts. Let us stand together and be the “Botriverians” we usually pride ourselves on being.

CINDY BONTHUYS, Bot River This letter will be forwarded to the police for their response. –Ed

Dankie aan die Venster vir jul eerlikheid Hiermee wil ek graag die personeel van die Venster Restaurant op Caledon opreg bedank vir julle eerlikheid en bedagsaamheid nadat ek my kredietkaart by die restaurant gelaat het tydens die skole sportdag op Saterdag 19

Mei. Hulle het die kaart vir my veilig bewaar tot ek dit op Maandagmiddag kon gaan optel. Dit word opreg waardeer.

A. COETZEE, Villiersdorp

Begeerlikheid Pastoor Gert Visser Ons lees in 1 Joh 2:15–16 dat ons nie die dinge van die wêreld moet liefhê nie en drie begeerlikhede word uitgewys nl. wellus(begeerlikheid van die vlees), materialisme(begeerlikheid van die oë) en hoogmoed(grootsheid van die lewe). Deur die eeue heen was dit juis hierdie drie dinge wat baie mense die verderf ingelei het. Ongelukkig is hierdie dinge aan die orde van die dag in ons mooi land – nou meer as ooit tevore. Jesus Christus het gewaarsku dat hierdie afvallighede in die laaste dae sal toeneem. Die geweldige toename in bedrog en dergelike dinge is deel van die baie tekens dat dinge besig is om na ’n einde te kom. In 1 Joh 2:17 waarsku die Woord ons dat die wêreld met sy begeerlikheid verby gaan en dat slegs hulle wat die wil van die Vader doen sal vir ewig bly. Die kinders van God moet in hierdie tyd meer waaksaam wees as ooit tevore, want Satan weet sy tyd raak min en sal selfs probeer om die regverdiges te verlei met wellus, materialisme en hoogmoed. Matt 24:24 “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” Kom ons begeer die dinge van die Here sodat ons nie in die strik van die vyand val nie. God soek manne en vroue wat in hierdie tyd ’n voorbeeld kan stel wat betref morele standaarde en integriteit. Seënwense vir u vir die week.

BUSHY DOEN CALEDON ‘N GUNS: Sommige mense mag hom dalk as ’n bedelaar sien, maar Fanie Breedt – oftewel Bushy – bewys die dorp in werklikheid ’n guns. Dié 64- jarige inwoner stel vir baie jongmense ’n voorbeeld waar hy gereeld met sy trollies deur Caledon se strate stap en afvalprodukte van aluminium en yster versamel. Hy verruil dit dan by skroothandelaars op die dorp. Bushy sê groter artikels word deur sy seun van Kaapstad by hom opgelaai, wat dit dan namens Bushy daar inruil. FOTO: JAPIE ROUX

Rubriek

Wat van ’n blik verf oor die Hansie­skandaal? LEI DE GRIFFIER Vrydag was dit tien jaar dat Hansie Cronjé dood is. Die vragvliegtuig waarmee hy na George onderweg was, het in die Suid-Kaapse berge verongeluk. Tyding van Hansie se skokdood het Suid-Afrikaners soos ’n skoot koue water in die gesig getref. Nie een was onaangeraak nie, ook nie die handjievol wat Hansie tot vandag nog vir die wedstrydknoeiery veroordeel nie. Nuus van Hansie se dood het ’n ganse volk in rou gedompel. Die voormalige Proteakrieketkaptein het op 1 Junie 2002 gesterf; op ’n wyse wat inpas by die beeld van ’n tragiese held. Vrydag het talle oor Hansie gepraat. Die beeld wat meeste onthou het was die van ’n huilende, gevalle jongman wat met groot

moeite en aan die hand van powere agendas openbaar verguis is. Daar was dié wat die energieke Hansie onthou het. Op ’n dag het Merv Hughes, eksentrieke Australiese snelbouler van enkele jare gelede, hom in Hansie se kanonkolf vasgeloop. Hansie het Merv vir die een ses na die ander geslaan. Uiteindelik, ná nog ’n sloegtrekhou vir ses, loop Merv tot by Hansie, los hy ’n allemintige wind en sê hy: “Try hit that for a six mate”. Hansie en die Ausie-veldwerkers het op die veld neergesak en gelag dat trane by hulle oë uitrol. Die twee gesigte van Hansie: huilend en laggend. Vroeg in sy kapteinskap was Hansie energiek met ’n ligte streep in sy persoonlikheid. Die unieke eise van Suid-Afrikaanse kriekettransformasie het sy tol

geëis en Hansie het meer en meer morbied geword. Teen die einde het hy nie meer die kapteinskap of die sport geniet nie. Twee jaar voor die skandaal wou hy as kaptein bedank. Ali Bacher het hom anders oortuig. In retrospeksie moes Hansie hom aan Bacher afgesmeer en die tuig neergelê het. Die skandaal sou nie gebeur het nie. Bacher sou nie die geleentheid gehad het om die eerste krieketbaas te wees om sy rug op Hansie te draai en aan te dring dat die jongman lewenslank uit die spel geskors word nie. Hansie het erg fouteer, maar soos Fanie de Villiers Vrydag gesê het, was Hansie se lewe een van 90% sukses en 10% foute. Bitter min kan met so ’n “balansstaat” spog. Die pos van krieketkaptein van

die Proteas kan maklik met dié van ’n uitvoerende direkteur van ’n reuse-maatskappy vergelyk word. Laasgenoemde kom net daar weens lewenservaring wat dikwels oor jare, selfs dekades, opgebou word. Van ’n krieketkaptein wat weens die aard van die spel jonk is, word dieselfde lewensvolwassenheid verwag. Dat Hansie se jeug en die omvattendheid van sy taak om die land tot glorie te lei, krieket te verenig en regstellende aksie te bestuur, so selde bespreek word, is verstommend. Dit het van Hansie ’n “suur” en morbiede mens gemaak. Toe die Indiese bedrieërs hom getakel het was Hansie se weerstand en gemoedstoestand daarmee heen. Hy kon waarskynlik nie meer tussen reg en verkeerd

onderskei nie. Toe volg die openbare vernedering. Tans word geskorste krieketbaas Gerald Majola se diaboliese bonusse ondersoek. Bacher word ook genoem. Waar Hansie vir ’n veel kleiner sonde en baie minder geld openbaar verneder is, word dié twee here se doen en late agter slot en grendel aangehoor. Hansie se val het gebeur in ’n tyd wat dit mode was om die sondes van wittes aan die groot klok te hang. Hansie was ’n ideale “geleentheid” om ’n jong wit man openbaar te stereotipeer en te verneder. Ek wens ek kon ’n blik verf vat en oor die Hansie-skandaal verf. Dit is genadiglik onnodig, want daar waar Hansie nou woon, is hy in vrede.


Tuesday 5 June 2012

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

5

BELANGRIKE KENNISGEWING

VERVAL OF HERNUWING VAN LUPO ARTIKEL 4(6) STRUKTUURPLANNE

Martie Koegelenberg, regs voor, en belanghebbendes tydens ’n vergadering om behuising behoeftes aan te spreek. Foto: Erieka Roux

Grond vir bekostigbare behuising word bekyk ERIEKA ROUX EN ANNETTE THERON Daar is moontlik lig aan die einde van die tonnel vir behoeftige inwoners wat hul eie huise wil oprig. Dít is die boodskap wat uitgestuur is tydens ’n vergadering tussen ’n groep inwoners van Caledon, wat belê is deur raadslid Martie Koegelenberg van wyk vier, en ook bygewoon is deur dorpsbestuurder Tania Rossouw. Die vergadering Donderdag 31 Mei is aangevra deur Lourens van Wyk wat daagliks met sy vrugte en groente voor Spar op Voortrekkerplein smous, maar weens die hoë petrolprys ’n moeilike bestaan maak. Van Wyk moet daagliks heen en weer ry vanaf die plaas Boontjieskraal, waar hy ’n huis huur. Rossouw en Koegelenberg het bekend gemaak dat die moontlikheid bestaan van grond waar behoeftige mense hul eie huise kan oprig, maar dat die beskikbaarstel daarvan ’n lang proses sal wees, soos in die geval van enige ander ontwikkeling. “Die groep se grootste behoefte is om ’n eie huis, hetsy ’n wendy of enige ander vorm, te kan oprig op die dorp,” het Van Wyk gesê. Een van die ander mense wat die vergadering bygewoon het en nie die inkomste het om ’n huis op die dorp te koop nie, het gesê haar huur is onlangs met R800 per maand

verhoog en dat ook sy dringend alternatiewe behuising moet bekom. Beide Koegelenberg en Rossouw het gesê hulle het begrip vir die duur lewenskoste van vandag, maar het ook beklemtoon dat dit belangrik is dat mense hul name op die waglys plaas wat by die dorpsbestuurder se kantoor op Caledon beskikbaar is. Van Wyk het na afloop van die vergadering sy tevredenheid met die verloop daarvan uitgespreek. Volgens hom sal ’n opvolgvergadering gereël word. Stiffie Cronjé, mediaverteenwoordiger van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het bevestig dat die vergadering gereël is nadat ’n brief van Van Wyk ontvang is. Die vergadering, wat ten doel gehad het om bekostigbare behuisingsmoontlikhede op Caledon te bespreek en die groep oor huidige beplanning in te lig, sal volgens hom opgevolg word met een waar die behuisingsbeampte inligting oor registrasies en aansoeke aan die groep sal deurgee. Cronjé het ook gesê dat Theewaterskloof daarna streef om ’n diens aan almal te lewer en dat geen groep uitgesonder of uitgelaat sal word nie – om sodoende gelyke geleenthede vir almal te skep. “Bekostigbare behuising is vir almal ’n ernstige saak en dit is duidelik gestel dat dit vir die Theewaterskloof-munisipaliteit ’n uiterste hoë prioriteit is,” aldus Cronjé

Volgens die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning is op 5 Julie 2002, in terme van Provinsiale Kennisgewing Nr. 213 van 2002, die geldigheidsperiode van alle struktuurplanne, goedgekeur in terme van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985), vir ’n verdere 10 jaar verleng. Hierdie tydperk verstryk op 5 Julie 2012 wat beteken dat al die struktuurplanne wat deur bogenoemde kennisgewing geraak word op die datum sal verval. Munisipaliteite is genader op 14 Oktober by wyse van Omsendskrywe C14 van 2011 en weer op 2 Februarie 2012 by wyse van Omsendskrywe C3 van 2012 om aan te dui of enige van hierdie struktuurplanne vir ’n verdere tydperk verleng moet word. In reaksie op bogenoemde uitnodigings oorweeg die Departement tans die verlenging van die geldigheidsperiode van die volgende struktuurplanne: Munisipaliteit

Struktuurplanne

Alle Munisipaliteite

Algemene Struktuurplan

Saldanhabaai Munisipaliteit

Langebaan Struktuurplan St Helena Struktuurplan Paternoster Struktuurplan Vredenburg - Saldanha & Omgewing Struktuurplan

Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit

Breederivier Sub-Streeks Struktuurplan Dwarsrivier Vallei Sub-Streek Struktuurplan

Langeberg

Montagu Struktuurplan Robertson Struktuurplan

Breedevallei

Brandwacht en Omgewing Plaaslike Struktuurplan Brandvlei/Kwaggaskloof Struktuurplan

Drakenstein

Wellington Stedelike Struktuurplan Noorder Paarl Struktuurplan Dal Josafat

Stellenbosch

Franschoek Kylemore Stellenbosch SSK Stellenbosch Dorp Johannesdal Plaaslike Struktuurplan Groendal Webersvallei

Kannaland

Calitzdorp Stedelike Struktuurplan

Hessequa

Suid-Kaap Substreek Struktuurplan Laer Breederivier Substreek Ontwikkelingsraamwerk

Mosselbaai

Hartenbos Stedelike Struktuurplan

George

George (SSK Blokplanne) Pacaltsdorp Regsgebied Struktuurplan Sub-Streek Struktuurplan: Kusgebied van Outeniqua tot Humansdorp Wilderness Plaaslike Struktuurplan Uniondale Kleurling Gebied Hoekwil/Tousranten

Knysna

Heidevallei Plaaslike Struktuurplan

Bitou

Plettenbergbaai

Belanghebbendes word hiermee genooi om kommentaar te lewer op die voorgestelde verlenging van die geldigheidsperiode van die genoemde struktuurplanne. Die Departement sal die “kennisgewing en kommentaar” prosedure volg soos voorsien in Artikel 4(3) van die Wet op Administratiewe Geregtigheid, 2000 (Wet 3 van 2000) en alle insette sal in berekening gebring word. Kopieë van die relevante Stedelike en Streek Struktuurplanne is beskikbaar vir besigtiging by die onderskeie munisipaliteite. Enige kommentaar oor die voorgestelde verlenging van die geldigheidsperiode van die genoemde struktuurplanne moet skriftelik besorg word aan Kobus Munro (Kobus.Munro@pgwc.gov.za) of aan Privaatsaak X9086, Cape Town 8000. Navrae kan gerig word aan Kobus Munro by 021 483-0764. Die kommentaar moet die Departement bereik teen nie later nie as 29 Junie 2012. Human Communications C94688A


6

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

In the green groove Efforts to improve eco-friendliness and efficiency have again rewarded Caledon Casino, Hotel & Spa. The Heritage Environmental Management Company has now given the hotel and casino resort gold heritage status for the second year in a row. According to Paul Campbell, the resort’s director of operations and complex general manager, the Caledon has a number of initiatives in place to support its “green” programme, including recycling; the installation of energy-saving lighting; the procure-

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Hermanus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

12 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel 021-696 0676. PA D S TA L / R E S TA U RANT, DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028214 1475.

FOREVER MEMORIES. Kontak Sharon Burger vir alle foto-albums en scrapbooking toebehore. Tel. 028-212 2631/083 293 5301.

DOORS now open in UK / London. No exp req. Call now to book your space. Contact 031576 0376 / 031-576 0377. LUTEA PARFUUM146 geure om te bemark! Uitstekende kommissie! Skakel 083 655 0445/ madrigrobbelaar@gmail. com/www.luteaperfume. co.za.

ment of environmentally friendly materials, services, chemicals and products; the installation of heat pumps and solar water heaters; clean-up initiatives to remove oil leaks from the parking lot; the demarcation of no-idle zones in the parking lot to reduce carbon emissions from car exhausts; and the recycling of mineral water for the gardens and grounds. “It is also pleasing to see the willingness of our employees to support our endeavours to go adopt greener working practices,” says Campbell.

G O O D U S E D CLOTHING AND SHOES. For bulk buyers only. Contact 028-254 9540 / 074 253 2526.

ARGITEKTONIESE BOUPLANNE: Gericke Argitektoniese Dienste. Nuwe wonings, A a n b o u i n g s , Ve r a n d e rings ens. Skakel 028-388 0322 / 082 453 8554 gad@axxess.co.za. AUTO ELECTRICALDIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Agentskap vir Virizest daytime running headlight control systems. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. D I E N S VA N N A A I MASJIENE by Caledon Stoffeerders, Laingstraat 14 op Vrydag 8 Junie 2012. Navrae 028-212 2088/083 306 6280. FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998 of 028-212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange.

Tuesday 5 June 2012

KLINIEK SE DIENS BEKYK: Die departement van gesondheid is deurentyd besig om te kyk hoe hulle hul dienste kan verbeter. Verlede week het twee werkers, Tamsyn Carelse en Kerwan Williams, elke pasiënt ondervra oor die behandeling wat hulle by die kliniek ontvang, of hulle gereeld en betyds hul medikasie ontvang en of hulle lank wag om geholpe te raak. Oor die algemeen het die oorgrote meerderheid gesê hulle ondervind nie probleme nie en dat goeie diens deur die bekwame personeel gebied word. Daar was egter ook dié wat van mening was dat hulle lank moes wag vir behandeling. Jan Mouers (49) antwoord die vrae van Tamsyn Carelse (links) terwyl Kerwane Williams vir Titus Arizan (62) help. FOTO: DARRYL PLAATJIES

SPAN VAN DRAAD omheinings. Teer van opritte of klein oppervlaktes. Betonmure. Skakel Willie 072 482 4517 / 023 347 6639.

K R A G G E R E E D S K A P. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

CALEDON: AGRI LAAN Eenmanwoonstel R1500, Kantoor R1500, Motorhuis / Stoor R450, Kantoor / Kafee spasie R800. Skakel Kobus 082 871 6936. CALEDON:PRAGTIGE RUIM sentraal geleë ongemeubileerde 2 slaapkamer woonstel met i.g.k. Geen troeteldiere of kinders. Dadelik beskikbaar. R2800 p.m. Pragtige 1 slaapkamer ongemeubileerde, goed geleë tuinwoonstel, met i.g.k. R2400 p.m. Skakel 028212 2135 /083 286 8775. STORAGE. Secure and dry units from R299 pm. Best prices. Transport available. Call Servaas 082 439 9704.

TO LET: 320m² Office space at 8 Haw Street, Caledon. Call Xpert Property Administration 028-313 0132/082 870 5704.


Tuesday 5 June 2012

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

Klein Ovies is aanlyn Klein Ovies se rekenaarsentrum is verlede Dinsdag geopen. Marius Koekemoer het gesê tegnologie moet deel wees van Ovies se ontwikkeling en dat daar verwag word dat onderwysers hulself ook tegnologies ontwikkel. Hy het gesê die nuwe rekenaarsentrum gaan ’n groot rol in leerlinge se opvoeding teweeg bring en dat die opvoedkundige programme onderrig ondersteun.

Hein Vivier en Alda Viviers en Lizette Swart het verlede Dinsdagaand die opening van klein Ovies se rekenaarsentrum bygewoon. Hulle was dit almal eens dat dié sentrum ’n groot aanwins vir die skool is. Lizette het vertel dat Kayla-Mari, haar dogter in gr. 1, nie uitgepraat kan raak oor al die nuwe dinge wat hulle nou by juffrou Leana Els leer nie.

OVIES SE BOLAND-SPELERS: Dié rugbyspelers van Hoërskool Ovies is in verskillende Boland-spanne opgeneem. Van links is Clarence van Wyk – o.16; Grant Khomo en Kyle Ess – o.18 Boland Akademie A-span; Kobus van Dyk – o.18 Boland Akademie B-span; Angelo Simons – o.18 Boland Akademie A-span; en Francois Esterhuyzen – o.18 Boland Cravenweek.

Marius Koekemoer, skoolhoof, Suzette Viljoen, oudvoorsitter van die beheerliggaam en Leana Els, die rekenaar spesialis van klein Ovies, tydens die amptelike opening van die rekenaarsentrum verlede Dinsdag. Foto’s: Annette Theron

HOKKIE-TROTS: Baie geluk aan John Briers en Jezreël Daniels van Hoerskool Bredasdorp, wat gekies is vir die o.16 Shiraz Boland Seunshokkiespan wat vanaf 10 tot 13 Julie aan ’n toernooi in Hartleyvale (Pinelands) gaan deelneem.

NETBAL: Leurika Damon van Hoërskool Ovies is in die Wes-Kaap o.17 netbalspan opgeneem. Sy gaan van 23 tot 29 Junie 2012 aan die SA Skoletoernooi in Boksburg deelneem.

HEADING: Frederick Scholtz van Kosie de Wet Primêr in Villiersdorp het Boland by die Wes Kaap atletiek byeenkoms verteenwoordig.

7


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 2 • Dinsdag 5 Junie 2012 | Tel. 028 214 1294

Genaal skop 2de ronde goed af Die span van Genadendal het die tweede liga-ronde op 26 Mei ook met ’n oorwinning teen Rawsonville afgeskop. Met ses gereelde eerstespanspelers wat op die krukkelys is, kon die Genalers met hul diepte steeds die oorwinning gesmaak. Die Genalers het eerste punte aangeteken toe Björn Africa (slot) oor geduik het vir ’n drie in die hoekie. Die drie is nie verdoel nie, maar twee minute daarna kon Elrico Adolf met ’n strafskop om sy span 8-0 voor te laat loop. In die 25ste minuut het Elroy Klaase (nr. 8) ook agter die pale gaan kuier en dié keer was Adolf in die kol met die doelskop. Die rustydtelling 15–0. In die tweede helfte het Klaase sy tweede

drie van die dag gedruk en Adolf slaag weer met die doelskop. Met nog 15 minute speeltyd oor het Reginald du Plessis die tuisspan se vierde en bonuspuntdrie aangeteken en het die Genalers voorgeloop met 27–0. Rawsonville moet lof kry dat hulle nooit gaan lê het nie en in die laaste 12 minute drie drieë aangeteken en vir ’n spannende gesorg. Genadendal beklee steeds die topposisie in die liga, maar met nog agt wedstryde oor in die kompetisie kan daar nog baie dinge gebeur. Genaal se B-span het hul wedstryd gewen met 18–3 en die C-span het hul wedstryd met 9–8 gewen. Met al drie spanne wat gewen het kon die ondersteuners weer met ’n glimlag huis toe gaan.

Die A-span van Safcol.

Safcol goed op koers Safcol United RVK het Saterdag 26 Mei die tweede ronde in die Presidentsliga (Platteland) goed afgeskop met ’n wegwedstryd-sege oor Villiersdorp RVK. Albei klubs het die eerste ronde goed afgesluit met oorwinnings en dit was duidelik dat die twee spanne hoogs gemotiveerd opgedaag het vir dié wedstryd. In die eerste ronde het Safcol Villiersdorp met slegs een punt gewen en die verwagting onder die ondersteuners was dat hierdie ook ’n naelbytstryd sou wees. Die C-span se wedstryd het presies aan die verwagting voldoen met slegs ’n ses punte verskil in die eindtelling. Die B-span se wedstryd het egter die teendeel bewys met Cheslo Claassen, Wilber Pietersen, Morné Bantam en Lewellen Theunessin wat agter die doellyn gaan kuier het en daardeur vir die B-span ’n bonuspuntoorwinning verseker. Die A-span-wedstryd het ook opwindend begin met die losskakel van Safcol, Granville Davids, wat reeds in die derde minuut ’n skepdoel tussen die pale deur gejaag het. Vil-

liersdorp het egter agt minute daarna hul eerste drie gaan druk maar die doelskop verbrou. In die 21ste minuut het Granville weer ’n strafskop oorgeskop en onmiddellik daarna het Villiersdorp bewys hulle is ook in staat om ’n skepdoel tussen die pale te jaag. Villiersdorp het egter in die 30ste minuut weer ’n strafskop afgestaan en Safcol kon weereens staat maak op hul bestendige losskakel. Net voor rustyd het Chalton Theunissen die eerste drie vir Safcol gedruk. Die rustydtelling was 11–16. Kort ná die tweede helfte begin het, het Safcol se stewige stut Angus Scholtz gaan druk met Granville wat ook die tweede drie verdoel het. Villiersdorp het met ’n goeie terugvegpoging gaan druk, maar die doelskop weereens verbrou. Voor die skeidsregter die eindfluitjie kon blaas, het Davids sy pragvertoning afgerond met ’n strafskop. Die eindtelling 26–16 Safcol se C- en B-spanne lê tans in eerste posisie op die Presidentsliga Platteland se punteleer en die A-span 3de. Safcol C-span wen 06–12 en hul B-span wen 35–6.

SPORTDAG: Laerskool Bredasdorp het op Saterdag 26 Mei aan Laerskool Swellendam se buurskole-sportdag deelgeneem. Twee honderd en veertig van Laerskool Bredasdorp se leerlinge het dié dag altesaam 37 netbalwedstryde en 18 rugbywedstryde gespeel. Hier is Arend Blom en sy spanmaats van die o.8A-rugbyspan op die aanval teen Laerskool Montagu.

DIÉ TJOKKERS RANK HOOG: Laerskool Bredasdorp se o.13 A-rugbyspan is hier in aksie teen Laerskool Swellendam. Hulle het Saterdag 26 Mei aan Laerskool Swellendam se buurskole-sportdag deelgeneem. Almal het die dag baie geniet.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.