4 minute read
Met kontrole en veldproewe word kwaliteit gehandhaaf
Afrikelp® het oor die laaste drie dekades gegroei tot een van die toonaangewende maatskappye wat vloeibare biostimulante vir die landbousektor uit kelp vervaardig.
”Ons mikpunt is om ’n betroubare waardeskakel in die landbousektor te wees, omdat ons produkte van goeie kwaliteit aan boere verskaf wat hulle produktiwiteit verbeter. Om seker te maak ons lewer gehalteprodukte aan produsente, het ons ’n unieke standaardiseringsproses ontwikkel. Elke versending is aan hierdie omvattende proses van gehaltekontrole onderhewig. Omdat ons produk uit kelp vervaardig word, ’n natuurlike produk, is standaardisering noodsaaklik om voortdurend ons belofte van gehalte na te kom,” sê Salo Minnaar, kommersiële direkteur by Afrikelp.
Afrikelp se unieke, vloeibare seewierkonsentraat is ’n natuurlike plantbiostimulant wat ouksien bevat, ’n planthormoon afkomstig van die bruin kelp, Ecklonia maxima. Ter wille van voortgesette kwaliteit word die konsentraat nie net by Afrikelp se laboratorium in Kaapstad getoets nie, maar ook by eksterne en internasionale laboratoriums.
“Ons gehaltebeheer gaan selfs verder as die chemiese ontledings in die laboratorium. Om die biologiese aktiwiteit en prestasie op die plaas te verseker, doen ons ook bio-standaardtoetse. Met hierdie tweeledige biologiese toetsprosedure sorg Afrikelp dat die aktiewe bestanddele in die regte hoeveelhede in die produk teenwoordig is en dat dit in die vervaardigingsproses behoue bly.
“Hoewel hierdie laboratoriumtoetse kontroleer dat dit wat op die etiket staan, wel in die houer is wat op die plaas afgelewer word, is dit net so belangrik dat ons die produk op die plaas onder kommersiële produksietoestande evalueer. Daarom plant ons landboukundiges verskeie gewasproewe oor meervoudige seisoene op verskeie lokaliteite en in ’n verskeidenheid klimaat- en grondtoestande.
“Met die proewe kan ons die produsent reg adviseer en akkurate aanbevelings van dosering- en toedieningstydstip maak, sodat die boer optimaal voordeel trek uit sy ekonomiese belegging. Die veldproewe sluit interne en eksterne statistiese proewe in, asook kommersiële en demonstrasie proewe,” sê Salo.
“Die proewe is ’n uitstekende manier om ons produk te evalueer, maar ook om insig te kry in die boer se behoeftes, gewasbeplanning en praktyke. Ons baseer ons evalueringsprogramme op sekere sleutelgewasse en neem die behoeftes van ons verspreiders ook in ag. “Om proewe op verskillende plase en verskillende streke onder SuidAfrikaanse toestande te plant bied baie voordele. Hoe meer lokaliteite ons kan benut, hoe meer betroubaar is die inligting daaruit en hoe beter is die aanbevelings wat ons uiteindelik maak.” Volgens Salo bied die proewe op plase die geleentheid aan produsente om toegepaste navorsing, asook die produkte en praktyke op hul eie grond, te toets.
Goeie verhoudinge en voortdurende gesprekke met boere lewer konstruktiewe terugvoering en hou voordeel in vir die produsent wat die produkte gebruik. Salo Minnaar (links) bespreek die gebruik van Afrikelp op avokado-saailinge met Zander Ernst van Allesbeste in Tzaneen.
Foto: Magda du Toit.
BASF-OPLOSSINGS VIR SITRUS
Verwag top kwaliteit vir die uitvoermark met BASF- oplossings vir sitrus
Treevix® is ’n innoverende onkruidbestuuroplossing vir die beheer van moeilik beheerbare breëblaaronkruide in sitrusboorde, insluitend sekere ALS, triasien en glifosaat weerstandige biotipe onkruide. Met Treevix® word ’n dramatiese verbetering in sitrusboord onkruidbeheer teweeggebring deur die kragtige blaaraktiwiteit en uitstekende sistemiese werking in onkruide. Die werking is aansienlik vinniger as huidige oplossings in die sitrus bedryf. Doeltreffende onkruidbeheer verminder onkruidsaadproduksie wat gevolglik verlaagde onkruiddruk in toekomstige seisoene meebring. Treevix® is ’n ideale komponent in ’n breëblaaronkruid-weerstandbestuurprogram vir sitrusboorde.
Cabrio® is die staatmaker wat sitrusswartvlek (Guignardia citricarpa) beheer betref en gemoedsrus verseker wanneer vrugte vir uitvoer bestem is. Cabrio® vorm deel van ’n reeks BASFprodukte wat aan die vereistes voldoen om ’n AgCelence® - oplossing genoem te kan word. Hierdie kriteria behels verhoogde plantgroeidoeltreffendheid en plantstresverdraagsaamheid, verlengde vrugdrag van ouer bome sowel as meer eenvormige vruggroottes wat optimale uitpak verseker. Cabrio® is ’n beproefde oplossing en word gebruik deur talle uitvoer sitrus- produsente op verskeie sitrusvarieteite
Broadband® is ’n toppresterende biologiese insekdoder vir die beheer van valskodlingmot in sitrus, wat jou die beste kwaliteit vrugte vir die uitvoermark verseker. Broadband® se insluiting in ’n valskodlingmot-beheerprogram verseker gemoedsrus wanneer vrugte vir die uitvoermark bestem is. Die hoë konsentrasie Beauveria bassiana spore in Broadband® beloop ’n minimum van 4 x 109 lewenskragtige spore per mℓ en is aktief op alle fases van die inseklewenssiklus − eiers, larwes, onvolwassenes en volwassenes wat in die blaredak teenwoordig mag wees tydens bespuiting. Broadband® is ideaal vir insekweerstandbestuurprogramme aangesien geen weerstand opgebou word nie. Broadband® sal ook witvlieg en rooidopluis beheer indien teenwoordig tydens die valskodlingmotbespuiting in die seisoen. Die gerieflike vloeibare formulasie is uniek en kan vir 20 maande by 4 °C gestoor word. Die vloeibare formulasie maak giet en meng makliker as droë formulasies. Met geen MRL beperkings, kan Broadband® gedurende enige groeistadium van die gewas toegedien word en is ’n ideale oplossing vir gebruik in ’n GPB (Geïntegreerde Plaagbestuurprogram) vir valskodlingmot.
Hunter® 24 SC is ’n insekdoder met ’n besonderse wyse van werking. Hierdie hoogs-effektiewe oplossing beheer blaaspootjies met maagaktiwiteit. Geen bekende kruisweerstand is aangemeld teen ander insekdoders nie, dus is dit ideeal om in ’n weerstandbestuurprogram te gebruik. Die nawerking op larwes, nimfe en volwasse blaaspootjies verseker langdurige beheer. Hunter® 24 SC is uiters reënvas na toediening, word in minder as ’n uur geabsorbeer en versprei deur die blare (translaminêr) sodat blaaspootjies wat nie direk blootgestel is nie, bv. aan die onderkant van die blaar, ook beheer word. ’n Gerieflike blaarbespuiting of lokaastoediening opsie is beskikbaar vir toediening voor blomblaarval, sodat vrugte optimaal beskerm word en die risiko vir residue in vrugte beperk word. Hunter® 24 SC moet gedurende die seisoen as deel van ’n geïntegreerde blaaspootjiebeheerprogram gebruik word.
BASF verseker kwaliteit produkte wat deeglik getoets is en tegnies ondersteun word.
Lees altyd die etiket en volg gebruiksaanwysings getrou. Vir navrae besoek ons webwerf vir u naaste kontakpersoon