3 minute read
Moderne fasiliteite vir Argo in Suid-Afrika
Argo Tractors is een van die maatskapye in landboumeganisasie met Landini en McCormick as twee van die bekendste en gerespekteerde handelsmerke.
Argo Tractors is een van die maatskappye in landboumeganisasie met Landini en McCormick as twee van die bekendste en gerespekteerde handelsmerke in landboumeganisasie wêreldwyd. Met stewige ankers in die gespesialiseerde wingerd-, boord- en groentebedrywe, sowel as in rygewasse, stap die maatskappye ’n blink toekoms saam met produsente tegemoet.
Tydens ’n sooispit-geleentheid in Pomona, Kempton Park, het Argo aangekondig dat hulle ’n splinter nuwe fasiliteit in Suid-Afrika gaan bou.
Tydens die geleentheid het Simeone Morra, Direkteur Korporatiewe Besigheid van ARGO Tractors in Italië, gesê “dat die besluit om in hierdie fasiliteit te investeer uit hul globale visie spruit wat inhou dat hulle uitstekende kliëntediens aan al hul strategiese markte, insluitend Suid-Afrika, wil lewer.”
Die maatskappy beplan om in April 1922 die nuwe fasiliteit wat ook die nuwe hoofkantoor sal wees, te betrek.
“Hierdie nuwe aanleg sal ook die tuiste wees van ons gevorderde opleidingsentrum wat ons plaaslike handelaars in Suid-Afrika gaan ondersteun en vanwaar ons ook spesiale geleenthede vir ons kliënte sal aanbied. Hierdie ’n vooraanstaande operasionele fasiliteit is ontwerp om ons hoë-werkverrigtingprodukte die beste ten toon te stel,” het Godfried Heydenrych, Besturende Direkteur van Argo Industrial gesê.
Volgens Heydenrych is die gebou is spesiaal ontwerp en gebou om die groeiende behoeftes van Argo se kliënte aan te spreek. Hy meen verder dat die ligging in Pomona, Kempton
Park, asook die 6 400 m² gebou ’n beduidende verbetering op die huidige fasiliteite is. “Die gebou is so ontwerp dat dit maksimum lig kan benut en ook die lugdruk binne die gebou sal stof bekamp. Beide hierdie eienskappe sal uiteindelik bydra tot verminderde energieverbruik."
Die diensarea sal met 9 diensstasies spog waar trekkers aanmekaar gesit sal word wat verskepingskoste aansienlik sal verminder. Die versterkte vloere sal die swaar masjinerie met gemak kan hanteer. Verder sal daar ’n toegesegde wasarea en stoor wees. Die implemente en ander toerusting sal op ’n netjies geplaveide gedeelte van die terrein ten toon gestel word. In die 700 m² vertoonlokaal sal die nuutste moderne trekkers en ander implemente van beide Landini en McCormick ten toon gestel word. "Ons is daartoe verbind om wêreldgehalte trekkers, implemente en diens aan ons kliënte te lewer,” sê Heydenrych. "Die nuwe fasiliteit sal ons personeel en handelaars nie net ondersteun in hul verkoopsaksiess nie, maar ook met kliëntediens en na-verkoopdiens."
Die hele maatskappy, insluitend die administratiewe, bemarkings, verkope, en onderdele, opleiding en ander ondersteunende dienste sal na die nuwe fasiliteite skuif en sal die markte in Angola, Botswana, die DRC, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe ondersteun.
“Ons personeel en die omgewing staan sentraal in ons besigheid en hierdie fokus word bevestig deur ons verbintenis om die werksplek so veilig en gemaklik as moontlik vir ons personeel in te rig,” het Heydenrych bygevoeg.
Sedert die terugkeer van Landini na Suid-Afrika in 1994, het Argo Industrial hul produkaanbieding uitgebrei en bied vandag Landini en McCormick trekkers, Maschio Gaspardo en Morra implemente asook Sigma 4 voorlaaiers. “Die groei in ons besigheid en markaandeel het die investering in hierdie fasiliteit genoodsaak en ons weet dat hierdie belegging op sy beurt weer verdere groei in die besigheid in Suid-Afrika sal bring,” het Simeone Morra afgesluit.
Sedert die terugkeer van Landini na Suid-Afrika het hulle, hul produkaanbieding uitgebrei en bied vandag Landini en McCormick trekkers.
Spray smarter this season
Gain insight into the efficiency of your entire tractor fleet, with cutting edge GPS Technology that takes the guess work out of wine, fruit and nut production.