6 minute read
Dikvoet in koolgewasse… wat nou?
Vir enige koolgewasboer is die ontdekking van dikvoet-siekte se simptome en kenners se bevestiging daarvan uiters teleurstellende nuus oor die verwoesting wat dit kan veroorsaak.
Francois Barnard
INTELISEED SAADSPESIALIS
Hierdie ontdekking hoef nie noodwendig die einde van koolgewasse op die plaas te beteken nie. Met noukeurige bestuur en die nodige kultivars kan die boer steeds suksesvol produkte aan sy kliënte lewer. Uit die staanspoor moet die produsent aanvaar dat dikvoet deel van sy risiko’s gaan wees solank hy koolgewasse plant. Die siekte sal volgens seisoene meer of minder raak, maar nie verdwyn nie.
Dikvoet se ontdekking en uitwerking
Die eerste verwysing na dikvoet was in die 13de eeu in Europa. In die laat 18de eeu vernietig dikvoet ‘n groot kool-aanplanting buite die stad St Petersburg, Rusland. Die Russiese wetenskaplike, Mikhail Woronin, identifiseer die siekte in 1875 as die organisme Plasmodiophorous en gee dit die naam Plasmodiophora Brassicae. Die siekte het na 176 lande versprei.
Die swam affekteer hoofsaaklik brokkoli, brusselsspruite, kool, blomkool, rape, radys en mosterd. In 2010 het die wêreld 28,23 miljoen ha mosterd vir plantolie geplant, wat die derde grootste plantaardige oliebron in die wêreld is. In 2003 het die wêreldgebruik van koolgewasgroente op die volgende oppervlaktes gestaan: • brokkoli 155 000 ha, • Brussels 17 000 ha, • kopkool 1 262 000 ha en • blomkool 362 000 ha.
Die omvangryke aanplantings gee ‘n aanduiding dat ditvoet ‘n verwoestende siekte vir voedselsekuriteit is indien dit nie reg bestuur word nie. Daar is tans 13 stamme wat geïdentifiseer, waarvan sekeres in kombinasies in lande voorkom.
Die siekte, beweging en beheer
Die siekte is ‘n oerswam wat deur die beweging van gronddeeltjies versprei word, oor die grense van plase, streke en provinsies. Die spoor beland in die grond en wanneer ‘n gasheer beskikbaar is, water teenwoordig is, die grondtemperatuur bo 20-24 ºC en die pH laer as 6,5 is, ontkiem die spoor en produseer soöspore.
NA BLADSY 20
Dikvoet-simptome op brokkoli.
Energy management using Innovative Technology
UNLEASH THE GREEN REVOLUTION!
World Focus Agri products act as an organic growth stimulant throughout the plants life cycle.
ORGANIC GROWTH STIMULANT
ORGANIC LEAF NUTRITION
MICRONIZED LIME GYPSUM
LAND CORRECTORS
World Focus Agri concentrates on developing and producing organic as well as biologic growth stimulants and enhancers via root and leaf applicants. Our ambitions, change the conventional view of plant protection to plant health via its biology.
Dikvoet in koolgewasse … wat nou?
VANAF BLADSY 19
Die parasitiese soöspore swem deur die vogtige grond en dring die gasheerplant se wortels deur wonde of wortelhare binne. Hier vorm dit ‘n plasmodium deur die herverdeling van baie amebe-tipe selle. Hierdie spore kan weer die oorspronklike gasheer besmet of dit kan ander gasheerplante in die omgewing aanval.
Die sekondêre soöspore versprei meganies of deur watererosie en vorm sekondêre plasmodium wat die gasheer se hormone aantas, wat die sel-swelling op die wortels veroorsaak. Die selle verander na wortel-galle, waarin die spore rustend oorwinter wanneer die galle verrot.
Simptome op die land
Een van die eerste simptome van ‘n land wat dikvoet het, is dat dele wat nie versuipkolle is nie, omtrent 3 tot 4 ure na sonop verwelk, wanneer die plant se transpirasievlakke sy water-opname oortref. As die plante uitgetrek word, vertoon die wortels abnormale verswelling en die galle wat daar sit belemmer die opname van voedingstowwe en water.
Ander simptome sluit in die vergeling, verdwerging en verwelking van plante, verlaagde produksie en kwaliteit (houvermoë), voortydige afsterwing en jong, wit galle op die wortels wat ferm is. (Britte het dit vingers-en-tone-siekte genoem.)
Dikvoet het ‘n lang lys gashere en indien ‘n gasheerplant per ongeluk gesaai word, kanselleer dit die vorige jare se gasheer-voorkoming en die proses begin weer by jaar 0 van 20 jaar.
In 1987 besluit ‘n plantteler, Peter Tjeertes (Syngenta), om te begin teel aan ‘n breëspektrumweerstand teen die belangrikste spesies van dikvoet op koolgewasse. In 1995 behaal sy span ‘n deurbraak en na wêreldwye proewe bevestig Syngenta die weerstand en doen in 2003 aansoek vir patentering op die gene. Gedurende 10-11 September 2004 word dit amptelik aan die publiek bekend gestel tydens ‘n Brassica-konferensie in die stad Krakow, Pole. Drie afvaardigings van die RSA het die konferensie bygewoon en twee van die persone is tans deel van die Inteliseed-span.
In 2008 begin Syngenta met proefnemings in Suid-Afrika en bevind sedertdien dat die weerstand baie goed staan teen die plaaslike dikvoet-spesies.
‘n Ander oplossing is die gebruik van chemiese gewasoplossing om grond te berook. Hierdie produkte is baie doeltreffend maar ook ‘n baie duur oplossing. Een probleem wat met beroking ontstaan is dat die berookte land dadelik ná
research top genetics high yield
high quality seed and seed care solutions
we supply your farm with high-quality maize, vegetable, oil (sunflower, canola,soybean), wheat cover crops, dry beans, and pasture agri-seeds
Dikvoet-simptome op die wortels van blomkool.
beroking skoon is van dikvoet vir ‘n periode wat geen persoon kan voorspel nie.
Die kanse is goed dat voertuie, diere of mense die siekte binne 6 tot 12 maande weer na die land toe gaan versprei en omdat koolgewasse ‘n gewas met lae waarde is, regverdig dit nie die koste/risiko om die siekte só te beheer nie.
Die koolgewas-produsent se gewasproduksiestelsels
Die koolgewas-produsent behoort eerstens sy plaas teen dikvoet-besmetting te beskerm deur voete en verkeer van bronne buite die boerdery deur sy plaas en landerye te beperk. Tweedens, wanneer dikvoet wel op die landerye gevind word, moet die produsent klem lê op die volgende aspekte: • Gewasrotasie om gashere vir die siekte te beperk. • Beheer onkruide tussen gewasse, sodat daar nie gashere op die lande kan groei nie en maak gebruik van dekgewasse. • Bestuur die grondstatus deur te fokus op pH >7, beperk oorbenatting van lande of gebruik drupbesproeiing, vermy die produksie van brassicas wanneer die grondtemperatuur >20 °C is. • Maak van chemiese beheerprodukte gebruik wat kostedoeltreffend is, wanneer die teikengebied groter is as 100 m2 is.
Daarbenewens kan produsente gebruik maak van weerstandbiedende kultivars van Syngenta Vegetable Seeds. Saam met die genoemde beheermaatreëls, haal hierdie kultivars die risiko uit die verbouing van blomkool, brokkoli, kopkool en Brusselse spruite in besmette grond.
Dikvoet-simptome op die wortels van brokkoli.
Twee blomkoolkultivars se genetiese weerstand teen dikvoet.
AFRIKELP® BIOSTIMULANTE
Bevorder groei, kwaliteit en obrengs. Waar land en water ontmoet … daar lê ’n oseaan van voordele.
Afrikelp® het met die natuur kragte saamgespan om vir jou ’n natuurlike oplossing vir verbeterde landbouprestasie te bring. Ons vloeibare seewierekstrak is wetenskaplik ontwikkel om noodsaaklike komponente te behou wat opbrengs en gewaskwaliteit verbeter en weerstand bied teen omgewingstresfaktore. Bou ’n vennootskap met ’n maatskappy wat die voordele van die oseaan benut tot die voordeel van jou boerdery.
Bou ’n vennootskap met Afrikelp.
Mengbaarheid: Afrikelp is mengbaar met ’n wye verskeidenheid ander landbouprodukte. Grond: Verbeter die groeikragtigheid van saailinge deur middel van direkte aanwending by die wortels. Volhoubaarheid: Ons vloeibare seewierekstrakte word geproduseer van seewier wat op ‘n volhoubare wyse geoes is, vir die wedersydse voordeel van die oseaan en jou boerdery. Groei: Afrikelp se unieke samestelling van natuurlike biostimulante, hoofsaaklik ouksien, stimuleer die groei van wortels, spruite en vrugte. Plant: Kan direk aangewend word op die blare van plante deur middel van blaarsproei. Dinamies: Verbeter die dinamiese biochemiese prosesse in die plant vir optimale plantselontwikkeling. Kelp: Die unieke Suid-Afrikaanse kelp, Ecklonia maxima, ryk in ouksien, sinchroniseer en bevorder gewasproduksie.
Het jy al die krag van die natuur aangewend?
Gesels met ons vir meer inligting. +27 21 551 3556
www.afrikelp.com
Elim is ’n eksklusiewe verspreider van Afrikelp-produkte. Kontak jou naaste verkoopsverteenwoordiger by 012 252 4455