Vegetables & Fruit September/October 2021

Page 19

BRASSICA

Dikvoet in koolgewasse… wat nou? Vir enige koolgewasboer is die ontdekking van dikvoet-siekte se simptome en kenners se bevestiging daarvan uiters teleurstellende nuus oor die verwoesting wat dit kan veroorsaak. Francois Barnard INTELISEED SAADSPESIALIS

H

ierdie ontdekking hoef nie noodwendig die einde van koolgewasse op die plaas te beteken nie. Met nou­ keurige bestuur en die nodige kultivars kan die boer steeds suksesvol produkte aan sy kliënte lewer. Uit die staanspoor moet die produsent aanvaar dat dikvoet deel van sy risiko’s gaan wees solank hy koolgewasse plant. Die siekte sal volgens seisoene meer of minder raak, maar nie verdwyn nie.

Dikvoet se ontdekking en uitwerking Die eerste verwysing na dikvoet was in die 13de eeu in Europa. In die laat 18de eeu vernietig dikvoet ‘n groot kool-aanplanting buite die stad St Petersburg, Rusland. Die Russiese wetenskaplike, Mikhail Woronin, identifiseer die siekte in 1875 as die organisme Plasmodiophorous en gee dit die naam Plasmodiophora Brassicae. Die siekte het na 176 lande versprei. Die swam affekteer hoofsaaklik brokkoli, brusselsspruite, kool, blomkool, rape, radys en mosterd. In 2010 het die wêreld 28,23 miljoen ha mosterd vir plantolie geplant, wat die derde grootste plantaardige oliebron in die wêreld is. In 2003 het die wêreldgebruik van koolgewasgroente op die volgende oppervlaktes gestaan: • brokkoli 155 000 ha, • Brussels 17 000 ha, • kopkool 1 262 000 ha en • blomkool 362 000 ha.

Dikvoet-simptome op brokkoli.

Energy management using Innovative Technology

UNLEASH THE GREEN REVOLUTION! World Focus Agri products act as an organic growth stimulant throughout the plants life cycle.

ORGANIC GROWTH STIMULANT

Die omvangryke aanplantings gee ‘n aanduiding dat ditvoet ‘n verwoestende siekte vir voedselsekuriteit is indien dit nie reg bestuur word nie. Daar is tans 13 stamme wat geïdentifiseer, waarvan sekeres in kombinasies in lande voorkom.

ORGANIC LEAF NUTRITION

Die siekte, beweging en beheer Die siekte is ‘n oerswam wat deur die beweging van gronddeeltjies versprei word, oor die grense van plase, streke en provinsies. Die spoor beland in die grond en wanneer ‘n gasheer beskikbaar is, water teenwoordig is, die grondtemperatuur bo 20-24 ºC en die pH laer as 6,5 is, ontkiem die spoor en produseer soöspore. NA BLADSY 20

GROENTE & VRUGTE

SEP • OKT 2021

19

MICRONIZED LIME GYPSUM LAND CORRECTORS

World Focus Agri concentrates on developing and producing organic as well as biologic growth stimulants and enhancers via root and leaf applicants. Our ambitions, change the conventional view of plant protection to plant health via its biology.

Contact us www.worldfocusagri.co.za

082 452 8983 l 083 417 4369 at@worldfocusagri.co.za Address: 9 Silver Crescent, Delmas, 2210


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.