ALGEMEEN
Met kontrole en veldproewe word kwaliteit gehandhaaf Afrikelp® het oor die laaste drie dekades gegroei tot een van die toonaangewende maatskappye wat vloeibare biostimulante vir die landbousektor uit kelp vervaardig.
”O
ns mikpunt is om ’n betroubare waardeskakel in die landbousektor te wees, omdat ons produkte van goeie kwaliteit aan boere verskaf wat hulle produktiwiteit verbeter. Om seker te maak ons lewer gehalteprodukte aan produsente, het ons ’n unieke standaardiseringsproses ontwikkel. Elke versending is aan hierdie omvattende proses van gehaltekontrole onderhewig. Omdat ons produk uit kelp vervaardig word, ’n natuurlike produk, is standaardisering noodsaaklik om voortdurend ons belofte van gehalte na te kom,” sê Salo Minnaar, kommersiële direkteur by Afrikelp. Afrikelp se unieke, vloeibare seewierkonsentraat is ’n na tuu r like plantbiostimulant wat ouksien bevat, ’n planthormoon afkomstig van die bruin kelp, Ecklonia maxima. Ter wille van voortgesette kwaliteit word die konsentraat nie net by Afrikelp se laboratorium in Kaapstad getoets nie, maar ook by eksterne en internasionale laboratoriums. “Ons gehaltebeheer gaan selfs verder as die chemiese ont ledings in die laboratorium. Om die biologiese aktiwiteit en prestasie op die plaas te verseker, doen ons ook bio-standaardtoetse. Met hierdie tweeledige biologiese toetsprosedure sorg
Afrikelp dat die aktiewe bestanddele in die regte hoeveelhede in die produk teenwoordig is en dat dit in die vervaardigings proses behoue bly. “Hoewel hierdie laboratoriumtoetse kontroleer dat dit wat op die etiket staan, wel in die houer is wat op die plaas afgelewer word, is dit net so belangrik dat ons die produk op die plaas onder kommersiële produksietoestande evalueer. Daarom plant ons landboukundiges verskeie gewasproewe oor meervoudige seisoene op verskeie lokaliteite en in ’n verskeidenheid klimaat- en grondtoestande. “Met die proewe kan ons die produsent reg adviseer en akkurate aanbevelings van dosering- en toedieningstydstip maak, sodat die boer optimaal voordeel trek uit sy ekonomiese belegging. Die veldproewe sluit interne en eksterne statistiese proewe in, asook kommersiële en demonstrasie proewe,” sê Salo. “Die proewe is ’n uitstekende manier om ons produk te evalueer, maar ook om insig te kry in die boer se behoeftes, gewasbeplanning en praktyke. Ons baseer ons evaluerings programme op sekere sleutelgewasse en neem die behoeftes van ons verspreiders ook in ag. “Om proewe op verskillende plase en verskillende streke onder SuidAfrikaanse toestande te plant bied baie voordele. Hoe meer lokaliteite ons kan benut, hoe meer betroubaar is die inligting daaruit en hoe beter is die aanbevelings wat ons uiteindelik maak.” Volgens Salo bied die proewe op plase die geleentheid aan produsen te om toegepaste navorsing, asook die produkte en praktyke op hul eie grond, te toets.
Goeie verhoudinge en voortdurende ge sprekke met boere lewer konstruktiewe terugvoering en hou voordeel in vir die produsent wat die produkte gebruik. Salo Minnaar (links) bespreek die gebruik van Afrikelp op avokado-saailinge met Zander Ernst van Allesbeste in Tzaneen. Foto: Magda du Toit.
GROENTE & VRUGTE | SEPTEMBER • OKTOBER 2021
23