Vegetables & Fruit November/December 2021

Page 25

NETTE

Verbouing van gewasse in hidroponiese stelsels Die verbouing van gewasse in hidroponiese stelsels is nie ‘n nuwe tendens in Suid-Afrika of die res van die wêreld nie. Dit het oorspronklik ontwikkel tydens die antieke wêreld en het deur die jare tot verskeie vorms en stelsels ontwikkel, met een deurlopende kenmerk – die plante binne die stelsel word deur ‘n wateroplossing van voedingselemente gevoed en groei altyd in ‘n medium of daarsonder.

H

idroponiese stelsels kom in alle gevalle onder besker­ ming voor, hetsy onder skadunette of plastiekstrukture. Die verbouing van groente in hierdie stelsels hou verskeie voordele in omdat elke aspek van die plant se groei, bestuur kan word. Dit maak egter die verbouing uiters arbeidsintensief en goeie deurlopende bestuur word vereis. Groentegewasse wat in hidroponiese stelsels verbou word, is gewoonlik van hoogstaande gehalte en premie-pryse kan beding word. Omdat die verbouing grootliks beskerm word, kan die omgewing se uitwerking beperk word en is die plante oor die algemeen nie so blootgestel aan stremming nie. Dit kan ook aanleiding gee tot ‘n verlenging van die produksieseisoen. Die insetkoste van beskermde produksie is hoër as by ooplandproduksie en daarom word produksieteikens gestel, wat deurlopend behaal moet word. Produsente wat hulle gewasse onder beskerming kweek, poog om die opbrengs per oppervlak tot ‘n maksimum te verhoog, eerder as om op groter oppervlaktes te plant. Met die skerp styging in insetkoste kan hierdie praktyke ook in die oop­land toegepas word. Indien die produsent op dieselfde oppervlak met dieselfde insetkoste hoër opbrengste kan behaal, maak dit die onderneming winsgewender. Verskillende strukture en stelsels kan vir verbouing onder beskerming gebruik word en dit is raadsaam om eers deeglike navorsing te doen voordat op ‘n spesifieke stelsels besluit word. Aspekte wat in ag geneem moet word sluit in die soort gewas, die ligging en klimaat van die gebied. Strukture wat in een gebied doeltreffend is, het nie noodwendig dieselfde resultate in ‘n ander gebied nie. Die ontwerp van ‘n plastiektonnel is byvoorbeeld baie belangrik ten opsigte van ventilasie. Indien ventilasie onvol­ doende is kan dit onproduktiewe plante tot gevolg hê, asook ‘n temperatuurverhoging wat tot ver bo die optimale tempe­ ratuur van die gewas kan gaan. Balans is baie belangrik, veral indien die produsieseisoen verleng wil word. Produsente wil graag hitte behou, veral in die koeler tye, en gevolglik word minder ventilasie toegepas. Dit kan lei tot verlaagde CO2 vlakke, hoër relatiewe humiditeit en selfs die uitbreek van verskeie siektes, wat groot verliese tot gevolg kan hê. Die soort plastiek of skadunet wat vir die struktuur gebruik gaan word moet die gewas wat geplant gaan word in ag neem. Rissies kan byvoorbeeld in hoër persentasie skadu groei as tamaties. Rissies onder hoër skadu-persentasie neig

GROENTE & VRUGTE   | NOVEMBER • DESEMBER 2021

Basiese nethuisstruktuur.

om groter blare te maak om lig te onderskep, terwyl tamaties geneig is om hulle internodes te rek en dus te vinnig groei, wat meer oplei en arbeid vereis. Indien die produsent verskeie gewasse onder een struktuur wil verbou, moet ‘n goue middeweg gevind word. Die gebruik van skuifbare nette of skerms raak gewilder en dit kan die uitstraling op baie warm dae verminder en in meer bewolkte dae geskuif word. Die koste-implikasies is wel groot, maar vir die produsent wat sy kosteberekening en potensiële inkomste bereken kan dit die moeite werd wees. Soos genoem het elke gewas sy eie optimale omstandighede om ‘n maksimum opbrengs te lewer. Die klimaat binne die struktuur moet so goed as moontlik beheer word om die stremming op die gewas tot ‘n minimum te beperk. Met die verbetering van tegnologie kan al hoe meer faktore binne die strukture beheer word. Al hierdie beheermaatreëls kom egter teen ‘n prys – dit is raadsaam om dus eers elke voordelige effek teenoor die koste op te weeg. Indien die gewasse reg bestuur word kan ‘n eenvoudiger nethuisstruktuur winsgewender wees as ‘n plastiektonnel. Die stelling “gee die plant wat hy nodig het, wanneer hy dit nodig het”, klink dalk eenvoudig, maar dit is hierdie stelling NA BLADSY 26

25


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.