Kommuniek April 2013

Page 1

April 2013

`n handelsmerk van

GWK brei fasiliteite op Prieska dramaties uit Rietrivier Landbou Ekspo lok weer talle besoekers Graanmark vertoon sterk, pryse beur opwaarts



Inhoud 2 Redaksioneel Dis heerlik om deel te wees van vooruitgang! 3 Geestelike akker Lewende water van genade. 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel GWK brei sy fasiliteite by Prieska-depot dramaties uit.

36 Kleinhandel GWK vereer topverskaffers. 44 GWK NUUS - Manne geniet GWK Graan se gholfdag op Douglas. - Ons personeel is great! GWK se BOP-kandidate vir 2012 vereer. - Bemarkingskantoor in Oos-Kaap amptelik geopen. 48 KOLLIG GWK groet `n groot gees ná meer as vier dekades. 50 KOMMUNIEK KIEKIES Onvergeetlike gesigte.

Silosakdepot bars uit sy nate.

54 RUGBYPRAATJIES Griekwas gesels Nuwe kaptein gebore om vir Griekwas uit te draf.

14 Wat aandeelhouers moet weet Dís nuus in die GWK-groep.

55 DIE SKOPSKOEN Kwaste kry momentum . . .

16 Ekpo’s Rietrivier Landbou Ekspo lok weer talle besoekers.

56 Vir die jongspan Pret op die plaas.

22 Graan Graanmark vertoon sterk, pryse beur opwaarts.

58 VROUE Leefstyl Lei jou verbeelding om jou stresvlakke te verlaag.

26 Spesialisprodukte Inflasie: Wingerd winsgewend.

60 VLV Fokus 80ste Sirkelkonferensie in Kimberley aangebied.

28 Presisieboerdery Intydse skedulering `n moet vir besproeiingsprodusente. 32 Presisieboerdery Groot getal produsente woon GWKgroentoer by. 34 Presisieboerdery GWK bied insiggewende werksessie by Marydale aan.

10 Prieska-depot uitgebrei

22 Graanmark vertoon sterk

50 Wenkiekie

62 Gesondheid Sitrus . . . sit die huppel só terug in jou trippel! 63 Resep Gebakte lemoenpoeding met fluweelsagte vla. 64 Agterblad Koos verlang na sy ma . . .

58 Lei jou verbeelding . . .


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

M

y pa, die wysste mens wat ek ken, het ons as kinders geleer dat ons altyd die beste moet wees wat ons kan. Met `n gesonde hoeveelheid druk (en `n gesonde hoeveelheid teenkanting teen skoolwerk van ons kant) het hy die beginsel by sy kinders gevestig dat `n mens slegs waarlik gelukkig kan wees wanneer jy voortdurend daarna streef om jou volle potensiaal te bereik. Dít is my verwysingsraamwerk en ook een van die redes waarom ek soveel bevrediging uit my werk by GWK put. Want dié maatskappy se strewe na innovering val lynreg in by die beginsels waarvolgens ek grootgemaak is. Ek kry tot in my maag lekker as ek hoor

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies Carien Grobler 082 802 3628 / carieng@gwk.co.za

van nuwe ontwikkelings, soos die ses nuwe silobuise wat op Prieska gebou word en die silosakdepot op Jan Kempdorp wat uit sy nate bars. Dit is heerlik om deel te wees van vooruitgang! In hierdie uitgawe kuier ons by die Rietrivier Landbou Ekspo op Modderrivier waar `n groot getal besoekers weer hierdie jaar aangedoen het. Ons het ook goeie nuus vir ons graanprodusente, want graanpryse beur met die ter perse gaan van hierdie uitgawe steeds opwaarts. Ons geniet saam met ons produsente die groentoer wat onlangs tussen Kimberley en Douglas aangebied is en maak `n draai naby Marydale, waar GWK Presisieboerdery `n suksesvolle mini-werkswinkel aangebied het.

Tot volgende keer.

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

En dan moet ons afskeid neem van mnr. Ben Keet, wat ná meer as vier dekades by GWK die tuig neerlê. Kommuniek salueer jou, Ben! Ons fotokompetisie het vandeesmaand uitsonderlike foto’s opgelewer en die kontantpryse gaan inderdaad aan waardige wenners. In die vroue-afdeling kuier ons by die VLV se 80ste sirkelkonferensie in Kimberley, leer ken ons die gesondheidsvoordele van sitrus en maak ons `n gebakte lemoenpoeding . . . voordat ons by Piet aansluit, waar Koos na sy ma verlang . . .

VOORBLADFOTO Draai van die seisoen. Foto: Bertie Theron

depositphotos

Dis heerlik om deel te wees van vooruitgang!


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Lewende water van genade Jy is dus nie meer slaaf nie, maar is nie, maar dat ons `n Here aanbid kind. En as kind het God jou sy erfge- wie se goedheid geen perke ken nie. naam gemaak. Galasiërs 4:7 Dat ons `n God dien wat ons keer op keer onvoorwaardelik in sy arms toeTydens die vroeë 1500’s was die vou. kerk se voortbestaan op `n mespunt. Moet nooit toelaat dat enigiemand Talle het probeer om God se gevan jou `n skuldslaaf maak nie. nade onder die skuld van sonde toe In tye van twyfel kan jy maar die te gooi. Here op sy Woord neem wanneer Hy Onder geweldige druk van verskilsê dat sy bloed jou van álle skuld vrylende bronne, besluit één man om gewas het. die dwalende kerk te red. Christus se koms het van sondaars, Op 31 Oktober 1516 gaan timmer soos ek en jy, hemelse erfgename geMaarten Luther die 95 stellings op die maak! kerk in Wittenberg, Duitsland, vas. Niemand se sonde is te groot vir Daarmee stuur hy God se onsinkbare God se genade nie en niemand is genadeboot weer op koers. te ver weggedryf vir sy reddingsdade En daarmee sê hy vir die wêreld dat nie. Ook nie jy nie! ons God nie `n God-van-sondeskuld Gaan staan vandag onder die wa-

terval van God se vloeiende goedheid en voel hoe Hy elke stukkie skuldgevoel van jou skouers afwas en nuwe lewe in jou lewe laat vloei. Gaan dan en gaan leef met verligting en dankbare vreugde. Here-van-Genade, dankie dat U elke stukkie skuldlas eenvoudig van my af wegwas. Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


Veilingskalender en Veilingspryse 9 April 11 April 16 April 18 April

Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Hertzogville-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Nguni-veiling, Douglas

23 April 25 April 30 April

Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Boshof-veiling, Griekwastad-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley

Foto: Tania Fourie

Veilingspryse vir lewendehawe - Maart 2013 25/02 - 01/03

04/03 - 08/03

11/03 - 15/03

18/03 - 22/03

25/03 - 28/03

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R9.50

Slagosse

R9.50

Slagosse

R10.00

Slagosse

R9.50

Slagosse

R9.50

Slagkoeie

R9.50

Slagkoeie

R9.20

Slagkoeie

R9.80

Slagkoeie

R9.50

Slagkoeie

R9.50

Maer beeste

R8.00

Maer beeste

R8.00

Maer beeste

R8.00

Maer beeste

R8.00

Maer beeste

R8.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.80

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.00

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R19.00

Slaglammers

R19.00

Slaglammers

R18.80

Slaglammers

R18.50

Slaglammers

R18.50

Stoorlammers

R18.50

Stoorlammers

R18.00

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R18.00

Stoorlammers

R18.00

Kruislammers

R18.00

Kruislammers

R17.00

Kruislammers

R17.80

Kruislammers

R17.00

Kruislammers

R17.00

R12.00

Slagooie

R11.80

Slagooie

R11.80

Slagooie

R11.50

Slagooie

R12.00

Slagooie

Maer ooie

R11.00

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R11.00

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R10.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R22.00

Klein bokkies

R20.00

Klein bokkies

R20.00

Jong bokke

R19.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R21.00

Jong bokke

R19.00

Jong bokke

R19.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R16.00

Bokooie

R18.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R17.00

4


Damme en reënval Huidige stand van damme % Vol 95 94 96 108

120

Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam

79 34 39

40

Hartsrivier Rietrivier

Spitskopdam Kalkfonteindam

68 55

Modderrivier

Krugersdriftdam Bloemhofdam

51 42

100 80

60 20

Werklik

Langtermyn

Rietrivier

Vaalharts

0 Barkly-Wes

Vaalrivier

Reënval 25 Februarie - 22 Maart 2013

Douglas

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam Boegoebergdam

Oranjerivier

Hopetown

Dam

Prieska

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal

Douglas Lunenburg 50 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Februarie - 22 Maart 2013

25 Februarie - 22 Maart 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Max

Min Langtermyn

Max Langtermyn

Prieska Green Valley Nuts

Min

Min Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Barkly-Wes Ulco 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Februarie - 22 Maart 2013

25 Februarie - 22 Maart 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Rietrivier

Hopetown Lilydale

50 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Februarie- 22 Februarie 2013 Max

Max Langtermyn

Min

25 Februarie - 22 Maart 2013 Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

Maandelikse voorspelling: April 2013 140 120 100 80 60

40 20 0

Inligting verkry van GFCSA

5

Min Langtermyn


Landbouwenke Mielies

Vroeë mielies begin oesgereed

word en kan gestroop word. Met nismarkgrane soos Simbaen Waxymielies moet seker

gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.

Pekanneute

Die laaste besproeiings van

die groeiseisoen word in April gedoen voordat die boom sy rusfase ingaan. Besproeiing kan weer in Augustus hervat word. Een tot twee besproeiings kan egter deur die winter

gedoen word sodat die grond nie totaal uitdroog nie. Maak boordvloer skoon om die oesproses te vergemaklik. Grondmonsters en voorbereiding kan van nou af gedoen word vir nuwe aanplantings.

Grondbone

Die eerste grondboon-aanplan-

aansienlik. tings word nou geoes. Haal uit Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te wanneer peule 70-75% ryp is. Baie nat toestande bevorder die droog. `n Conditioner kan `n voorkoms van Schlerotinia wat paar uur ná die uithaler gebruik reuse oesverliese kan meebring. word om die oortollige sand af te Peule en stingels verbruin en skud. verrot en blare sterf af (sien foto). Dit bespoedig die plukproses en Oorweeg om vroeër te oes indien verminder slytasie op die plukker Schlerotinia vermeerder. se onderdele. Indien strawwe ryp voorkom en Peule kan ongeveer drie dae na plante afsterf, moet dit binne uithaal gepluk word, afhangend enkele dae opgetrek word om van vog en weerstoestande. Vog oesverliese te voorkom. moet met lewering tussen 12 en Verminder besproeiing voor 16% wees. Te nat peule verleng oestyd, maar moenie water die droogproses aansienlik. wegvat nie. Te droë grond Verseker goeie deurlugting indien bemoeilik die uithaalproses die oes in sakke gelewer word. 6

Schlerotinia (peule en stingels verbruin).


Aartappels Hou streng by die

`n weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.

spuitprogram om swamsiektes te voorkom. Monitor plantluise op

Uie en saaduie

Uie kan nog tot einde

April geplant word. Plant ongeveer 4kg saad per hektaar. Plantdiepte:1015mm `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plantproses en verseker `n beter stand en egalige opkoms. Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom. Spuit onkruiddoder direk

nĂĄ plant en was in met 15-20mm water. Bedek beddings met koringstrooi om windskade te beperk. Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Plant teen 1 000 sakkies per hektaar (ongeveer 130-140 000 bolle/ha). Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip. Totale N:P:K-behoefte is 120N:70P:120K.

Lusern en weiding

April en Mei is die beste

tyd om lusern te vestig. Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees. Behandel saad met lusernpak-entstof om stikstofbinding te verbeter. Gee lae hoeveelheid superfosfaat met plant (200 kg/ha).

Meerjarige, gematigde

grasse soos kropaargras, langswenkgras, kanariesaad en reddingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot Mei geplant word. Plant teen 20-25kg/ha en besproei Âą25-30mm per week.

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

7


Direksie en Bestuur

Direksie

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Mattheus Maree

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Johan Klopper Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan

Sekretariaat, Regsdienste en Risikobestuur Freek Meyer 083 644 0022

Saad, Gewasproduksie en Opkomende Boere Jozua Haarhoff 082 808 8579

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Graanprodukte Elmarie Jacobs 082 906 2383

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Hoofbestuur

8


Missie en Visie

Bestaansrede

Om as agri-besigheid volhoubare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende belanghebbendes.

Visie

Om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.

Missie

Ons genereer markgerigte besigheidsoplossings in agrien voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur: � innovasie; � dinamiese leierskap; � energieke uitvoering en � eienaarskap gerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.

Waardesisteem

Ons optrede word gerig deur: � spanwerk; � integriteit; � menswaardigheid; � deursigtigheid; � toegewydheid; � verantwoordbaarheid; � aanpasbaarheid en � kliëntegerigtheid.

GWK Besproeiing . . . innovering deur spesialiste

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za 9


Die werksaamhede by die Prieska-depot waar ses nuwe silobuise opgerig word. Foto’s: Bertie Theron.

Carien Grobler

Aktueel

GWK brei sy fasiliteite by Prieska-depot dramaties uit

A

uur kan hanteer d.m.v. twee 200t/uur s deel van GWK se strewe om bakkieshysers wat die graan in die buise landbou voortdurend te inno- gooi. Die stelsel sal aan die bestaande veer, is onlangs met die oprig- silo gekoppel wees vir uitlaai. ting van ses nuwe silobuise by die Pries- Elke buis sal die kapasiteit hê om ka-depot begin. 5 000t graan te stoor, wat die PriesSó sê mnr. Carl du Toit (Uitvoerende ka-depot se kapasiteit na 108 000t opstoot. Bestuurder: Graanfasiliteite). Du Toit verduidelik dat die nuwe ontwikkeling Om die ses buise te bou, is ongeveer bestaan uit ses silobuise, twee 22m-af- 3 300 pakkies sement, 4 100t klip, laaihoppers wat elk 200t graan per 2 900t sand, 680 000l water en 10

290km staal nodig. Die deursnee van elke buis is 15,24m en die hoogte ongeveer 40m. Die raadgewende ingenieur vir die projek is Eko Design, Renniks Construction is die siviele kontrakteur, CA du Toit ingelyf is die elektriese ingenieur en die bourekenaar is Havinga Olivier BK. Volgens Du Toit is die beplande datum vir die voltooiing van die projek 15 November 2013.


Agter die skerms . . . Die bouwerk vir die nuwe silobuise is reeds volstoom aan die gang, maar wat het agter die skerms gebeur voordat die eerste sooi gespit is? Kommuniek het by mnr. Pieter Fourie van Eko Design aangeklop om meer oor hierdie interessante projek uit te vind. “Die eerste stap was om `n professionele span saam te stel wat tydens die beplanningsproses as GWK se agent kon optree,” sê Fourie. “Hierdie span se eerste taak was om saam met GWK se bedryfspersoneel verskillende alternatiewe te ondersoek wat geprys moes word om te bepaal of die projek betalend sou wees. Die alternatiewe is vervolgens aan GWK se Direksie voorgelê wat die finale besluit geneem het. Die projek het hierna op tender uitgegaan, waarna die tenders toegeken is.” Fourie noem dat die innamekapasiteit van 400t/uur die vlak van dienslewering aan produsente aansienlik sal verbeter. Die buise sal ook oor deurlugtingsisteme met temperatuurmonitering volgens die jongste tegnologie beskik. “Dit is interessant om uit te lig dat die ontwerp van só `n aard is dat die fondasie gedoen word uit massabeton wat kostebesparend is. Twee van die buise dien as ondersteuningstrukture waaraan die werkshuis of innametoring gekoppel word.” Fourie verduidelik dat `n vol silo aan spanning in die ring self onderworpe is wat `n maksimum waarde van 5,6t/m2 op grondvlak bereik. Die staal word hiervolgens bereken, want die beton self kan nie hierdie trekkragte hanteer nie. Omdat die ringspanning na bo afneem, word die staal ook met die hoogte verminder. Die deurligtingspype word tipies aan statiese druk`n Sy-aansig van die bouwerk. kragte van 100kPa onderwerp. “Betonsilo’s is baie meer stabiel as minder in die graan wat daarin gegolfde sinksilo’s en temperatuurgestoor word. skommelings deur die dag is ook Die projek op Prieska sal sonder

twyfel waarde toevoeg tot produsente se graan en weerspieël GWK se fokus om landbou te innoveer.” 11


Aktueel

Kobus Beetge Bedryfshoof: Graanverkryging, Barkly-Wes & Hartsvallei

Silosakdepot bars uit sy nate

V

deur produsente wat graan lewer. oor 2010 is slegs grondbone Die lewerings by die depot het dan ook sedert die nuwe uitbreidings aanen lusern in GWK se depot sienlik toegeneem. Waar daar tydens op Jan Kempdorp hanteer. die eerste seisoen ongeveer 2 200t GWK het toe besluit om die nodige mielies en 2 900t koring gehanteer toerusting aan te skaf om ook koris, het dit intussen gegroei na 9 947t ing, mielies en hawer te hanteer. `n Depot wat graan in silosakke hanteer mielies en 10 089t koring in 2012. Die gebied wat deur die depot is ontwikkel, aangesien dit heelwat minder kapitaal sou verg as om per- gediens word, is hoofsaaklik Bullhill, manente strukture op te rig. GWK het Hartsvallei en Jan Kempdorp. Waar produsente in die Hartswatertot op hede sowat R4,3 miljoen aan die toerusting en opgradering van die en Magogong-gebied boer, maak dit dus nie sin om koring en mielies by depot spandeer. Jan Kempdorp te lewer nie. Daar is weggespring met `n verHierdie produsente lewer dan die skuifbare aflaaiput (hopper), `n betrokke gewas op GWK se folio bakkieshyser, trekkers met oorlaai(leweringsnommer) by een van Senwaens en sakvulmasjiene. wes se silos. Die verskuifbare aflaaiput met `n Die hantering van graan is egter nie aflaaikapasiteit van ongeveer 60 die enigste funksie van die depot op tot 70t/uur, het egter beperkings Jan Kempdorp nie. Lusern-, koring-, ingehou. Om hierdie beperkings te gars- en grondboonhooi word ook by oorkom, het GWK nog `n aflaaiput die depot ontvang. gebou. Daar is dus nou twee aflaaiLusern wat ingeneem word, wissel punte wat die inname-tempo na ongeveer 120t/uur verhoog. Hierdie op- van klein baaltjies tot HDP-bale (high graderings word baie positief ervaar density) vir die uitvoermark. Heelwat

`n Gedeelte van GWK se silosakdepot op Jan Kempdorp. 12

hooi word dan ook by die depot gemaal en as lusernmeel verkoop. Die groei van die depot kan egter nie net toegeskryf word aan die feit dat toerusting opgegradeer is nie. Die depot se sukses is uitsluitlik te danke aan die kliĂŤntediens en bydrae van elke personeellid wat hier werksaam is. Die depot se werksure word byvoorbeeld tydens oestye verleng en GWK se depot op Jan Kempdorp is dikwels die enigste fasiliteit in Vaalharts wat graan op Saterdae (en indien nodig op Sondae) ontvang. Die depot vervul ook `n belangrike administratiewe funksie. Groot hoeveelhede graan en lusern in die Vaalharts-gebied word dikwels direk vanaf die produsent na `n koper versend (of dit word in die geval van koring of mielies in `n derde party se silo gelewer). Die innames van hierdie lewerings op GWK se stelsel word deur die personeel by die depot op Jan Kempdorp hanteer.


GWK . . . ons innoveer landbou GWK se aandeelhouers is passievol oor die bewerking van landbougrond. Ons fokus is om in elke aspek van hul boerdery betrokke te wees en waarde toe te voeg. Só beywer GWK homself om generasies van suksesvolle landbouers deel van die landbou te hou én voorsien ons kos en ander produkte aan die wêreld.

generasies van lanbouers deel van landbou innoveer landbou _00064 _000904

_000574

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Ons Besigheid Wat aandeelhouers moet weet

Dís nuus in die GWK-groep

W

attoir op Groblershoop bedryf. Ten einde die waarde van die GWK-handelsmerk ten volle te benut, is besluit om die naam van LAW Holdings na GWK Vleis te verander. � Die koringmeule-projek op Mod� GWK het `n Memorandum van derrivier vorder goed en na ververstandhouding met FABCOS wagting sal die koringmeule teen onderteken in terme waarvan Desember 2014 voltooi wees. FABCOS voorkeur sal geniet om Die pasta- en beskuitjie-aanlegte, as SEB-vennoot by GWK-kapiwat deel vorm van die koringtaalprojekte, wat nie deel van meule-projek, behoort na verGWK se kernbesigheid is nie, bewagting teen September 2014 trokke te raak. FABCOS is `n voltooi te wees. assosiasie van swart kleinhan� Innovasie is `n belangrike eledelaars en produsente met uitgement van GWK se missie en dit is Mnr. Johan van Dyk breide belange in kleinhandel en dus belangrik dat ons op hoogte vervaardiging. bly van die jongste tegnologiese van die gemeenskappe waarin hy � Wysigings aan die GWK-kredietontwikkelings om GWK se mefunksioneer en is trots daarop om beleid is op die onlangse Direkdedingende voordele uit te brei. `n bydrae tot ons gemeenskappe sievergadering goedgekeur. Die `n Goeie voorbeeld hiervan is die te maak. GWK het die afgelope wysigings is gemaak met die bebesluit om `n Delta-laseroog by nege maande reeds meer as R8,5 hoeftes van GWK se kliënte in ons grondboon-aanleg op Dougmiljoen in ons gemeenskappe gedagte. Van die opwindendste las te installeer. Hierdie tegnolobelê. Hierdie beleggings word innovasies sluit in `n wentelkregies gevorderde toerusting sal die nie gesien as `n korporatiewe diet-produk vir produsente, soeffektiwiteit in die sorteerproses verpligting nie, maar eerder as wel as langtermyn veefinansievan grondbone aansienlik ver`n toonbeeld van GWK se toering. Die kredietbestuurder in elke hoog met `n gevolglike bespagewyde langtermyn verbintenis streek sal aandeelhouers kontak ring in koste. tot ons bure, vennote, kliënte en sodra die nuwe produkte geïmwerknemers. plementeer is. GWK-groete, � GWK besit `n 100% belang in � GWK besef die belangrikheid Johan van Dyk LAW Holdings wat `n skaapabelkom by hierdie aflewering van ons rubriek waarmee GWK graag die jongste inligting uit die maatskappy aan ons aandeelhouers deurgee.

14


Adverteer HIER

. . . en maak seker die landbougemeenskap neem kennis van jou besigheid. Kontak Tania Fourie by 053 298 8200 of TaniaF@gwk.co.za vir navrae.


Mnr. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel) saam met Lianie en Jay. Foto’s: Tania Fourie.

Me. Chantelle Nieuwenhuizen (Bemarker: Korporatiewe Bemarking), Lianie May en me. Tania Fourie (Bemarker: Advertensies). Foto: Verskaf. 16


Ekspo’s Carien Grobler

Rietrivier Landbou Ekspo lok weer talle besoekers

D

ie Rietrivier Landbou Ekspo in samewerking met GWK het vanjaar oudergewoonte groot getalle besoekers gelok. Die ekspo is vanjaar by GWK se fasiliteite op Modderrivier aangebied. Die Ekspo het afgeskop met `n manne-ontbyt vroeg die Vrydagoggend waartydens die internasionale

eiendomspesialis Trevor Gaw en pastoor Flip KĂźhn van die Bikers Church opgetree het. Daarna het die manne met `n bus vertrek op `n besigtigingstoer van watervoorsiening en verskeie aanplantings. Landbousprekers het by die besoekpunte opgetree. Verskeie kunstenaars het besoekers in die biertent vermaak waarna Lianie en Jay die dag op `n

hoogtepunt afgesluit het met `n opskop in die skuur. Saterdagoggend vroeg was daar weer bedrywigheid op die ekspoterrein waar Lizz Meiring die dames tydens `n damesoggend toegespreek het oor die lewenslesse wat sy al in haar loopbaan geleer het. Die dames het geskaterlag en selfs `n paar mans het hulle by hierdie geleentheid aangesluit.

Lianie en Jay. 17


Die manne-ontbyt waartydens die internasionale eiendomspesialis Trevor Gaw en pastoor Flip Kßhn van die Bikers Church opgetree het. Foto’s: Tania Fourie. 18


GWK Meganisasie se uitstalling van John Deere-toerusting tydens die ekspo. 19


Mnre. Pieter Mรถller (seremoniemeester), Niekie du Plooy (organiseerder van die ekspo) en Nico Jacobs (Voorsitter: Rietrivier Landbou) vertrek op `n besigtigingstoer. 20


Me. Susan Drinkrow (Senior Adminklerk: Oliesade), Lizz Meiring en me. Gerda Meades van die Landzicht Wynkelder op Jacobsdal.


depositphotos

22


Graan

Herman Grobler Bestuurder: Graanaankope van GWK

Graanmark vertoon sterk, pryse beur opwaarts

S

Broodkoring gemiddelde pryse edert die vorige artikel op R 3,460 20 Februarie 2013 het die R 3,436 R 3,440 R 3,428 R 3,427 graanmark sterk vertoon met R 3,420 graanpryse wat opwaarts gebeur R 3,400 R 3,380 R 3,368 R 3,365 het. Plaaslike weersomstandighede R 3,350 R 3,350 R 3,350 R 3,360 R 3,345 wat steeds ongunstig was, sowel as R 3,340 `n swakker geldeenheid, was hoofR 3,320 saaklik die drywers gewees. R 3,300 Met die skryf van hierdie artikel op R 3,280 Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13 22 Maart 2013 was die stand van Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bem Plan gemiddeld sake as volg: Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat die Grafiek 1. koringmark sedert November 2012 opwaarts verhandel het, maar weer Durum gemiddelde pryse vandeesmaand effens teruggesak R 3,500 R 3,436 R 3,428 R 3,427 het. Produsente se gemiddelde prys R 3,400 het effens afwaarts beweeg. R 3,300 Hoewel nog sowat 6% van die R 3,200 2012-Durumoes geprys moet word, R 3,067 R 3,059 R 3,052 R 3,100 toon Grafiek 2 dat die produsente R 3,000 se gemiddelde Safex-pryse effens opwaarts neig in vergelyking met R 2,900 verlede maand. R 2,800 Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13 Grafiek 3 toon duidelik hoe proSafex-gemiddeld Produsente gemiddeld dusente hoĂŤr prysvlakke op Maart 2013-geelmielies kon benut en `n beter gemiddelde prys Grafiek 2. as die huidige gemiddelde Maat 2013-Safex-prysvlak kon realiseer. Maart mielies 2013 gemiddelde pryse R 2,669 Die Mei 2013-geelmielies se geR 2,700 R 2,650 R 2,610 middelde Safex-prysvlak staan op R 2,600 die oomblik net effens bo die geR 2,550 R 2,481 middelde prys wat produsente op R 2,500 R 2,436 R 2,450 R 2,408 dieselfde kontrak kon realiseer R 2,381 R 2,400 (sien Grafiek 4). R 2,350 Uit Grafiek 5 is dit duidelik dat R 2,300 R 2,250 GWK produsente se gemiddelde R 2,200 prysvasstellings van die 2013 JuDes. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13 lie-geelmieliekontrak steeds effens Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld beter vaar as die gemiddelde prys van dieselfde Safex verhandelde Grafiek 3. 23


kontrak. Mei mielies 2013 gemiddelde pryse Produsente kon vandeesmaand hul R 2,271 R 2,233 R 2,202 R 2,194 R 2,192 R 2,180 R 2,500 gemiddelde Safex-prysvasstellingsR 2,000 vlak bestuur om op 20 Maart 2013 R 1,500 hoĂŤr te eindig as die gemiddelde R 1,000 R 500 Safex-vlak waarteen die Desember RRR2013-koringkontrak op die oomDes. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13 blik verhandel (sien Grafiek 6). Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 30/4) Grafiek 7 toon die onderskeie produkte/gewasse wat GWK-produsen- Grafiek 4. te produseer en die verloop van die prysvasstelling van elke betrokke Julie mielies 2013 gemiddelde pryse gewas. R 2,236 R 2,291 R 2,500 R 2,186 R 2,200 R 2,185 R 2,200 Die mielies wat in 2012 geoes is, R 2,000 R 1,500 is bykans alles geprys. So ook die R 1,000 koring en in `n mindere mate die R 500 Durum wat in 2012 geoes is. PrysRRRvasstellings vir die komende mielieDes. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13 oes het aansienlik toegeneem en Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 31/6) sommige produsente durf reeds die daaropvolgende wintergewasse se Grafiek 5. prysvasstelling op huidige vlakke Durum / gars / koring 2013 gemiddelde pryse aan. GWK Graan vertrou dat u hierdie R 4,000 R 3,546 R 3,515 R 3,511 R 3,491 R 3,432 R 3,458 R 3,500 maandelikse artikels insiggewend R 3,000 vind. Ons verwelkom enige terugR 2,500 voer hieroor. Kontak ons gerus op R 2,000 053 298 8491.

R-

R-

R 1,500 R 1,000

R 500

R-

R-

R-

Des. '12 & Jan. '13

Safex-gemiddeld

R-

Feb. '13

Produsente gemiddeld

Mrt. '13

Bemarkingsplan (beskikbaar 25/11)

Grafiek 6.

100.00%

98.0%

Persentasie geprys per produk per maand 98.8% 98.6%

94.2%

90.00%

99.9%

99.7% 94.3%

85.8%

82.1%

80.00%

73.4%

70.00% 54.8%

60.00% 50.00%

41.5%

40.00% 30.00% 20.00% 10.00%

4.4%

3.8%

1.5%

0.00% Des. '12 & Jan. '13 Mielies 2012

Grafiek 7. 24

Koring 2012

Feb.. '13 Durum 2012

Alle tipes Mielies 2013

Mrt. '13 Durum/Koring/Gars 2013



Druiweprodusente kan dit nié bekostig om nié te meganiseer nie.

Spesialisprodukte Johan Fourie Bedryfshoof: Pekanneuten Wingerdproduksie

Inflasie: wingerd winsgewend

D

Die wêreld se wynproduksie vir 2012 ie wynbedryf veg al `n geruime word op ongeveer 24,820 liter geraam tyd vir sy plek langs die Oran- – die laagste vlak in 14 jaar. Dit is dus je- en Vaalriviere. Net soos met duidelik dat die wêreld se wynvoorraad weer `n keerpunt bereik het. Wat met enige ander kommoditeit, beweeg die wynbedryf in siklusse. Die neiging in die wynpryse gaan gebeur bly egter onseverlede was siklusse van ongeveer sewe ker, maar alle aanduidings lyk positief jaar. Die vorige sewe maer jare moes vir die produsent. rondom 2007 na vet jare verander het, Volgens die South African Wine Informaar dit was nie die geval nie. Een van mation and Systems (SAWIS), se wêrelddie grootste oorsake hiervan, is die wê- oorsig vir 2011 is in 2008/2009 tot reldresessie. 2010/2011 subsidies aan produsente Grafiek 1 toon dat die wêreld se wyn- in die Europese Unie (EU) betaal om 175 000ha wingerd uit te haal en nie verbruik seder 2007 skerp afgeneem het. As die gemiddelde groei van 2000 weer te vestig nie. Die totale gevestigde hektare in Suid-Afrika was teen tot 2007 vir 2013 geprojekteer word, moes wêreldverbruik nou op ongeveer 2011 ongeveer 100 568ha. Die hektare aangeplant in Suid-Afrika het sedert 26 miljoen liter gestaan het. Die ver2006 afgeneem. Die totale wingerdbruik word egter tussen 26,570 en oppervlak in die wêreld het van 2005 24,940 miljoen liter voorspel. 26

tot 2010 met ongeveer 379 000ha afgeneem. Minder hektare beteken nie noodwendig `n drastiese afname in produksie nie, aangesien swak wingerde eerste verwyder word. Dit het egter `n sloerende gevolg en die verminderde hektare sal mettertyd in die wêreldvoorraad weerspieël word. Wingerd en inflasie Een van die grootste uitdagings van wingerd is om die aanvanklike vestigingskoste te dra. Afhangend van die opleistelsel, kultivar, spasiëring en ander veranderlikes kan wingerdvestiging van R80 000 tot R140 000/ha beloop. Die langtermyn-projeksies van wingerd word gewoonlik met reële koste gedoen. Die koste word dan konstant gehou oor die lewensduur van wingerd.


Stygende langtermyn-koste verander egter die prentjie aansienlik. Nietemin styg alle koste nie noodwendig met inflasie nie. Vir die doel van hierdie artikel word inflasie vir die styging van die wynprys, sowel as die ander koste van wingerverbouing gebruik. Inflasie word op 5,7% bereken. Uit Grafiek 2 is dit duidelik dat die gelykbreekjaar afkom van jaar 11/12 na jaar 8/9. Die grootste koste by wingerd is die eerste jaar se vestigingskoste. Die vestigingskoste bly dus `n aanvanklike, onveranderlike koste. Inflasie veroorsaak dat die inkomste se groei groter is as die van uitgawes, waarvan die grootste hoeveelheid die aanvanklike vestigingskoste is. Dus verhoog die inkomstegedeelte van die wingerd meer teenoor die uitgawes aangesien die hoë aanvanklike koste reeds in jaar een aan gegaan is. Hierdie konsep is van toepassing op die meeste permanente gewasse waarvan die aanvanklike insetkoste hoog is. Verder kan druiweprodusente dit nié bekostig om nié te meganiseer nie. Arbeid vorm `n groot deel van die koste wat aan die produksie van wyndruiwe verbonde is (ongeveer 41% volgens VinPro). Die meeste van die handaksies kan egter in `n groot mate gemeganiseer word. Die opleistelsel speel nietemin `n groot rol. Oeskoste vorm ook `n groot deel van die koste. Met die minimum loonverhoging van ongeveer 50% beteken

Wêreld verbruik Wêreldverbruik 25000

24490

24500

24290

24270 24000 23739 23500

23660

23767

23630

23589

23000 22857 22686

22656

22500

22000

21500 2000

2001

2002

2003

2004

2005

* Raming

2006

2007

2008

2009*

2010*

Miljoen liter

Grafiek 1. dit dat die totale koste van druiweverbouing met ongeveer 20,5% styg. Die wynbedryf gaan hierdie styging moeilik absorbeer en produsent word dus gedwing om te meganiseer. Op Colombar kan een arbeider ongeveer 700kg druiwe per dag sny. Met die nuwe minimum loon is die oeskoste dus R150/t. Teen `n opbrengs van 30t/ha is die oeskoste R4 500/ha. Kontrakteurs se tarief vir `n oesmasjien is tussen R1 800 en R2 200 per uur (droë koste). As die opleistelsel en terrein reg is, kan een hektaar per uur gestroop word. Die koste beloop dus tussen R60 en R73,33/t – meer as 50% goedkoper. Waar kultivars soos Chenin Blanc wat moeilik oes ter sprake kom, raak die masjienoes-opsie nog meer aanloklik.

Ter afsluiting Die stand van sake vir wyndruiwe wêreldwyd dui daarop dat `n gunstige tydperk vir wyn voorlê. `n R100/t verhoging in die produsenteprys beteken `n verhoging van 20% in die winsgewendheid van druiwe teen `n 30t/haopbrengs en `n wynprys-verhoging van 13c per liter. Dit is `n verhoging van ongeveer 4% in die Suid-Afrikaanse verkoopsprys van wyn. Wingerd kan 90% gemeganiseer word, wat dit kompeterend maak teen ander gewasse. Inflasie veroorsaak winsgewendheid in wyndryfverbouing (`n voordeel van permanente gewasse). Al hierdie faktore in ag geneem, lyk die kans goed dat wingerd weer sy regmatige plek langs die rivieroewer kan inneem.

Invloed van inflasie op wingerdvestiging (kummulatiewe balans/ha) R 1,000,000.00 R 800,000.00

R 600,000.00 R 400,000.00

R 200,000.00 R 0.00

JAAR 25

JAAR 24

JAAR 23

Grafiek 2.

KUMMULATIEWE BALANS SONDER INFLASIE

JAAR 22

KUMMULATIEWE BALANS MET 5.7% INFLASIE

JAAR 21

-R 400,000.00

JAAR 20

JAAR 19

JAAR 18

JAAR 17

JAAR 16

JAAR 15

JAAR 14

JAAR 13

JAAR 12

JAAR 11

JAAR 10

JAAR 9

JAAR 8

JAAR 7

JAAR 6

JAAR 5

JAAR 4

JAAR 3

JAAR 2

JAAR 1

-R 200,000.00


28


Presisieboerdery

JC Vorster GWK Besproeiingskedulering, Oos-streek

Intydse skedulering `n moet vir besproeiingsprodusente

M

Bertie Theron

et die landbousektor as die grootste waterverbruiker, word al hoe meer druk op produsente geplaas om water meer doeltreffend te benut. Binne die GWK-gebied is besproeiing een van die belangrikste komponente vir die verbouing van verskillende gewasse. Met die huidige insetkoste is deeglike beplanning nodig om te verseker dat

die produsent winsgewend boer. Die jongste skeduleringstegnologie stel produsente in staat om uurlikse voglesings van elke spilpunt te ontvang. Hierdie gedetailleerde inligting vergemaklik die bestuur en besluitneming oor hoeveel en wanneer om te besproei. Voordat effektiewe skedulering kan plaasvind, moet die spilpunt tegnies korrek ontwerp wees. Spilpunte waarvan die spuitpakkette Figuur 1. Die NDVI-beeld toon proverkeerd is, kan verkeerde lesings gee bleme met die spuitpakket en druk.

Figuur 2. Ondoeltreffende besproeiing. Let op hoe die ondergrond al hoe droĂŤr word. Profiel trek droog weens ondoeltreffende besproeiing. 29


oor hoeveel water werklik toegedien word, veral as die meetpunt juis op so `n swak sone is. NDVI-beelde is `n handige hulpmiddel om pakketprobleme te identifiseer (Figuur 1) en om te verseker dat die meetpunte op die regte plekke is. Sodra die pakketprobleme reggestel is, kan ander faktore met `n invloed op skedulering ondersoek word.

Dit is belangrik om die regte hoeveelheid water vir die grondsoort te besproei om versuiping of verdroging te voorkom. Wortelontwikkeling: Dit is baie belangrik om vas te stel tot op watter diepte daar wortelontwikkeling is, anders kan oorbesproeiing maklik binne die wortelsone voorkom. Anaërobiese toestande kan ook geskep word en loging van sekere voedingstowwe kan baie maklik Faktore met `n invloed: plaasvind. Klimaat: Weersomstandighede bepaal Wanneer die plant `n vlak wortelstelwanneer en hoeveel water toegedien sel in sandgrond met `n klein waterhoumoet word. vermoë het, moet dit meer dikwels met In Januarie 2013 is baie hoë tempekort intervalle tussen toedienings berature gemeet. Om dit in perspektief te sproei word. plaas, word `n voorbeeld hiervan geDie diepte van die wortels sal beslis `n bruik: Met `n dag- en nagtemperatuur invloed hê op die hoeveelheid water van onderskeidelik 39/18°C kan die wat effektief toegedien kan word. Die AVA (atmosferiese verdampingsaanteenoorgestelde geld vir kleigrond. vraag) tot soveel as 13mm/dag bereik. Stelselvermoë: Die besproeiingstelsel se Om dan `n plant se gebruik per dag te daaglikse toediening moet kan voldoen bereken, word die AVA met die gewas- aan die plant se piek of maksimum wafaktor in sy huidige groeistadium geterbehoefte in die spesifieke weersommaal, bv. 13 x 0,9 = 11,7mm/dag. standighede. Die korrekte weerdata en weervoorToediening kan met `n reënmeter gespelling is dus baie belangrik om die meet word en hiermee kan die toedieregte hoeveelheid te besproei. ningseweredigheid ook bepaal word. Grond: Grondsoorte se tekstuur (sand-, Figuur 2 is `n goeie voorbeeld van onslik- en klei-inhoud) beïnvloed `n land doeltreffende besproeiing. se infiltrasietempo, waterhouvermoë en Gewas: Die plant se vermoë om water dreinering. te onttrek, sowel as die groeistadium Die gronddiepte bepaal die volume of van die plant, het `n invloed op die wabergingsvermoë van beskikbare water. terbehoefte en watertoediening.

Figuur 3. Voorbeeld van gewasfaktore-grafiek.

Gewasfaktore word saam met die AVA gebruik, soos vroeër genoem, om die plant se behoefte te bepaal. Figuur 3 is `n voorbeeld van só `n behoeftebepaling. Verdigting: Die grond se chemiese sowel as die fisiese toestand sal die mate van verdigting beïnvloed. Wortelontwikkeling kan baie negatief beïnvloed word deur verdigting. As die helling van die land te groot en die lande verdig is, kan probleme weens afloop ervaar word. Figuur 4 toon `n tipiese verdigtingsprobleem. Die invloed van skedulering Bestuur: Die gebruik van `n intydse besproeiingskeduleringstelsel verhoog die effektiwiteit van die besproeiingsprdusent se waterbestuur. Dit stel die produsent in staat om beter te beplan, bv. om water te bestel in die geval van `n kanaalstelsel en beter beheer te hê, soos om intyds op `n wisselende klimaat en gewasfaktore (onderen oorbesproeiing) te reageer. Bemesting: Met kunsmispryse wat `n groot deel van die insetkoste uitmaak, is dit fataal om kunsmis weens oorbesproeiing te loog. Water- en elektrisiteitskoste: Die koste van water en elektrisiteit sal van plek tot plek varieer. `n Foutiewe besproeiing van net 60mm per seisoen (3,75mm per week oor 16 weke) in die Rietrivier-omgewing sal ongeveer R169,80/ha kos. Die besparing per hektaar vir water en elektrisiteit is dus meer as dubbel wat die skedulering sal kos. Besproeiingskedulering beïnvloed die effektiwiteit van die meeste insette. Dit is daarom belangrik dat baie meer aandag aan hierdie faset van die boerdery gegee moet word.

Geen beweging van water ná 300mm nie.

Figuur 4. Voorbeeld van `n skeduleringsgrafiek wat verdigting aantoon.



Die dag se bedrywighede het gefokus op verskeie fasette van boerdery, naamlik bewerkingspraktyke, wisselbou, diepplaas van kunsmis, mielies by verskillende stande (ekonomie daarvan) en grondboonverbouing.

Presisieboerdery

Dup Haarhoff (Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing)

Groot getal produsente woon GWK-groentoer by

G

WK se Presisieboerderyspan het onlangs `n groentoer op Tambile van mnr. Kolver Mülke tussen Kimberley en Douglas aangebied. Tydens die toer is ook besoek afgelê by die plase van mnre. Willem en Hein Mülke, Gerhard Bruwer en Gerhard en Barend Cilliers. Dit was `n gesig om meer as 70 bakkies in `n stoet tussen die plase te sien ry! Produsente so ver as Vaalharts, Barkly-Wes, Luckhoff, Hopetown, Rietrivier en Prieska het dié suksesvolle 32

dag bygewoon. Die uitruil van kennis tussen produsente het verder tot die sukses van die dag bygedra. Die dag se bedrywighede het gefokus op verskeie fasette van boerdery, naamlik bewerkingspraktyke, wisselbou, diepplaas van kunsmis, mielies by verskillende stande (ekonomie daarvan), grondboonverbouing ensovoorts. Die meerderheid van die plase wat besoek is, het rooi Kalahari-sandgronde. Hierdie grondsoorte kom

wyd in die ooste van GWK se bedieningsgebied voor. Weens die deeltjiegrootte-verspreiding en chemiese samestelling van hierdie gronde is dit geneig om vinnig ná bewerkings te verdig. Bewerkingspraktyke moet dus noukeurig gekies word. Baie sukses is met hamerkopskare behaal (die effektiwiteit van bewerking onder heersende toestande in die gronde is hoër met hamerkoppe). Sommige van die praktyke wat tydens die groentoer bespreek is, sal in die toekoms `n groot impak op


optimale produksie hê, veral omdat die tekens van riviersisteme wat onder druk is weens minder as normale reënval, nou sigbaar word. Met hierdie lae reënval neem die gehalte van besproeiingswater af. Dít kan `n groot invloed op volhoubare produksie hê as die regte produksiepraktyke nie gevolg word nie. Soute sal uit die gronde geloog moet word om dit volhoubaar te maak vir produksie. Die belangrikste element vir die verbouing van gewasse is suurstof. Daarsonder is die opname van voeding onder druk en is siektes geneig om te ontwikkel. Waterbestuur moet geoptimaliseer word deur grondprofiele beter te benut en sodoende optimale wortelontwikkeling te verseker. Tydens die groentoer is `n uitstekende voorbeeld van goeie wortelontwikkeling by mnr. Kolver Mülke gesien. Dit het produsente laat besef dat primêre bewerkingspraktyke nie agterweë gelaat moet word nie. Waar produsente striptill gebruik het, was daar volgens hulle `n afname van 50-60mm in watertoediening. Dit gebeur waarskynlik vanweë die meer effektiewe infiltrasie van water onder laasgenoemde praktyke. Produsente het genoem dat hulle hierdie jaar heelwat minder vir blaarsiektes gespuit het. Hulle het ook daarop gewys dat dit van kritiese belang is om scouting te doen voordat besluite oor bespuitings geneem word. Hierdie benadering stem ooreen met wat dr. Goddy Prinsloo van die Landboukundige Navorsingsraad (LNR) aanbeveel. Heelwat minder blaarsiektes was hierdie jaar sigbaar. Die variasie van plantestand by mielies mag moontlik in die toekoms as reddingstou dien indien waterdruk kom. Somme moet egter nog gemaak word om te bepaal of die laer insette en opbrengste die beste ekonomiese sin maak. Dit wil egter voorkom of

Die uitruil van kennis tussen produsente het tot die sukses van die dag bygedra. daar iets daarin steek as water en/ of grondpotensiaal beperkend is. Deur chemiese kaarte te gebruik kon produsente bemestingspyle aanpas. Dit het weer duidelik na vore gekom dat `n mens wetenskaplik na grondchemie moet kyk om optimaal en effektief te bemes. Produsente kan die landboukundiges in hul omgewing vir raad in hierdie verband nader.

Tydens die groentoer is die gebruik van groeireguleerders op grondbone aan produsente gewys. Hierdie navorsing is nog in die beginstadium en resultate sal eers oor `n paar jaar beskikbaar wees. Die dag is afgesluit met `n gesellige vleisbraai op die plaas Blaauwkrantz van mnr. Gerhard Cilliers. GWK Presisieboerdery bedank graag elke produsent vir sy teenwoordigheid. Ons maak gou weer so!


GWK het onlangs `n insiggewende werksessie by Marydale aangebied.

Presisieboerdery Dirk Laubsher GWK Landboukundige

GWK bied insiggewende werksessie by Marydale aan

G

lende katoenkultivars wat by WilkotWK het onlangs `n inforboerdery geplant is. mele werksessie by Groen- Mnr. Johan Maree het kortliks die weide- en Wilkot-boerdery praktyke verduidelik wat met die naby Marydale aangebied. proewe gevolg is, waarna mnr. Nico Die doel van die dag was om `n in- Swart (Katoenlandboukundige van formele werksessie vir die produsen- GWK) elke kultivar se eienskappe uitgewys en bespreek het. `n Interessante van die omgewing aan te bied waartydens hulle by mekaar kon leer te oefening is gedoen toe mnr. Dup en belangrike inligting aan die proHaarhoff (Uitvoerende Bestuurder: dusente deurgegee is sodat hulle in Presisieboerdery en Produksienavorstaat is om die regte bestuursbesluite sing) die wortelontwikkeling van die te neem. verskillende kultivars deur middel van Die dag is afgeskop by die verskilprofielgate uitgewys het. 34

Die volgende stop was by `n mielieland van mnre. Bernie en Christo Groenewald waar die effektiwiteit van bewerking die besprekingspunt was. Wortelontwikkeling is `n direkte uitvloeisel van bewerking. Haarhoff het dit deur middel van `n profielgat aan produsente uitgewys. Toe die Noord-Kaapse son ongenadig begin brand, is die groep na die Oranje Akademie se skoolsaal waar mnr. JG Horn (Landbou-ekonoom) deur middel van `n ekonomiese model die winsgewendheid van verskil-


lende gewasse uitgewys het. Produsente kon met verskillende wisselbouprogramme eksperimenteer om sodoende meer insig te verkry oor aanplantings vir die volgende seisoen. Mnr. Wimpie Grobler (Bedryfshoof: Graanaankope, Prieska) het `n insiggewende oorsig oor neigings in die graanmark gegee. Mnr. Wilber Rudman van GWK se katoenpluismeule op Modderrivier, het hierna die jongste neigings in katoenbemarking bespreek. Mnr. André Prins (Bestuurder: Navorsing en Tegniese Dienste van Sidi Parani) was laaste aan die woord en het in aanloop tot die koringseisoen die belangrikste beginsels en jongste neigings in koringbemesting bespreek. Ons bedank graag vir mes. Ciska Groenewald en Angelique Maree wat reggestaan het met eeten drinkgoed, asook die produsente wat hul grond vir die dag beskikbaar gestel het. Dan ook `n woord van dank aan die Oranje

Akademie vir die gebruik van die saal en GWK se personeel wat hul kennis oorgedra het. Ons sien daarna uit om in Junie ons volgende werksessie aan te bied waartydens die huidige katoen- en mielieseisoen in oënskou geneem sal word. Mnr. Hannes Hatting (Bedryfshoof: Presisieboerdery, Kimberley) sal by dié geleentheid sy kennis oor die voeding van koring op rooi Kalahari-sandgronde met produsente deel. “Ek glo dat die katoenproewe by Wilkot-boerdery bepalend gaan wees oor watter variëteite in die toekoms in die NoordKaap geplant sal word,” het mnr. Mattheus Maree (GWK Direkteur) ná afloop van die werksessie gesê. “Die Kandia BRF lyk baie belowend. As produsente is ons dankbaar vir die insiggewende landboukundige insette in ons gebied en sien ons uit na nog betekenisvolle werksessies, spesifiek met die oog op bewerkingspraktyke in sandgronde.”

Mnr. Dup Haarhoff wys wortelontwikkeling deur middel van profielgate uit.


Mnre. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel van GWK), Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK), David Steytler (Besturende Direkteur van JF Paints) en me. Mariska Cornelissen van JF Paints. JF Paints is as GWK se plantinum verskaffer vir 2012 aangewys.

Kleinhandel Carien Grobler

GWK vereer topverskaffers

G

WK het sy topverskaffers vir 2012 tydens `n glansgeleentheid by GWK op Douglas aangewys. JF Paints het met die toekenning as platinum verskaffer weggestap. Die brons verskaffer vir 2012 was Engen Petroleum, terwyl MacSteel Trading en Valley Irrigation of SA onderskeidelik as die silwer en goue verskaffers vir 2012 aangewys is. Altesaam 100 verskaffers is uit 550 verskaffers benoem. Uit die benoemings is 20 finaliste aangewys.

Die kriteria het onder meer ingesluit: Betrokkenheid by promosies, besoeke van verteenwoordigers, betrokkenheid by uitstallings, tydige lewering van bestellings, volledigheid van gelewerde bestellings, administrasie, korrektheid van bestellings, kwaliteit aflewering van bestellings, terugneem en uitbestuur van verouderde voorraad, eise-administrasie en bydrae tot die sukses van GWK. “Goeie werk van vennote soos ons verskaffers het daartoe bygedra dat GWK die enigste groep met LandMark-winkels is wie se winkels in die topdrie van

elke kategorie van LandMark se jaarlikse kompetisie vir die winkel van die jaar geëindig het. Dit is ook hieraan te danke dat GWK LandMark op Prieska as die beste mediumgrootte LandMarkwinkel aangewys is,” sê mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur: GWK). Van Dyk het GWK se verskaffers bedank vir hul rol in die sukses van GWK as maatskappy. “GWK se vennote maak hom suksesvol. Dit is te danke aan die bydrae van verskillende vennote dat `n verskil in moderne landbou gemaak kan word.”


Mnre. Mark du Plessis, Cobus Myburgh van Valley Irrigation, Johan van Dyk en Gert van der Werff van Valley Irrigation.

Mnre. Mark du Plessis, Albert Theron van Cape Gate, Johan van Dyk en Tony Shalovsky van Macsteel Trading.

Mnre. Mark du Plessis, Eric Nel van Engen, Johan van Dyk en Herman Visser van Engen.


Betaalde promosie

Laat die maatskappy wat die toerusting bou, ook jou finansiering hanteer John Deere, wat in 1837 gestig is, is een van Amerika se oudste en mees gerespekteerde korporasies en het sy reputasie wêreldwyd oor die afgelope 175 jaar opgebou. Vandag word John Deere erken as die grootste vervaardiger van landboutoerusting ter wêreld, met meer as 100 vervaardigingsfasiliteite en 18 bemarkingstakke wêreldwyd. John Deere Financial is een van die maatskappy se belangrike besighede wat eenstop finansiële oplossings aan klante bied. 38

John Deere doen reeds die afgelope 50 jaar in Suid-Afrika besigheid en het in November 2009 ook na Sub-SaharaAfrika uitgebrei wat beteken dat ondersteuning nou aan klante en agentskappe in 48 lande gebied word. Afrika is `n kernmark vir John Deere, wat daarop gefokus is om die potensiaal vir meganisasie in Sub-Sahara-Afrika te ontsluit. `n Gebrek aan toegang tot finansiering is egter `n groot struikelblok in die ontsluiting van landboupotensiaal in Afrika. John Deere Financial is

daarop gemik om hierdie struikelblok te oorkom. John Deere se agentskap-infrastruktuur in Afrika is in sleutelgebiede geleë om sodoende so bereikbaar as moontlik vir ons klante te wees. Wie beter om met jou finansiering te vertrou as die maatskappy wat die toerusting gebou het? John Deere word in nege fokuslande in Afrika verteenwoordig, met tien hoofagentskappe in Suid-Afrika. John Deere Financial ken die toerusting, hoe dit gebruik


word en wat dit vir jou voortbestaan beteken. “Dit is belangrik dat ons klante verstaan dat ons nie bloot finansiering bied nie, maar dat ons kreatief en buigbaar is om by `n klant se behoeftes en kontantvloei aan te pas,” sê Jacques Taylor, Besturende Direkteur van John Deere Financial Sub-Sahara Afrika. “Klante kan ons buigbare terugbetaalopsies, mededingende koerse (prima minus 2%*) en `n vinnige en maklike aansoekproses benut.” By John Deere Financial is ons doelwit om klante te help om in die toekomstige sukses van hul besighede te belê deur die volledige reeks

finansieringsopsies vir John Deere-toerusting aan te bied. Dit sluit huurkoop, bruikhuur en huuropsies in. John Deere is verbind tot die mense wat die grond bewerk en is vasbeslote om `n verskil te maak in die lewens van die landbouers in Sub-SaharaAfrika, ongeag die grootte van sy of haar besigheid. John Deere wil meer as net `n handelsmerk in Afrika wees.

Navrae kan gerig word aan: Verkoopsbestuurder George Wheeler 071 670 1303 Rae Gerwel (ABSA) 082 457 2280 GWK Meganisasie Heelgoederebemarkers Tinus Oosthuizen 082 804 0430 André Botha 071 680 2796 Adriaan Steyn 082 888 3863 *Terme en voorwaardes geld. Koers slegs op Suid-Afrika van toepassing. Koerse in ander Afrikalande varieer. Geadverteerde koerse en betalings mag varieer om veranderinge in belasting en valutakoste te weerspieël. Aanbiedings kan ter enige tyd onttrek word.

GWK Meganisasie . . . is uniek GWK Meganisasie bestaan uit vier afdelings: Heelgoedere: `n Diensgedrewe John Deere-handelaar verkoop nuwe en tweedehandse trekkers, stropers, spuite, implemente en AMS-toerusting. Die besigheid verkoop ook diverse toerusting (onder meer Rovic en Falcon) om aan produsente se behoeftes te voldoen. Onderdele: Ons voorsien enige John Deere- en ander onderdele aan ons werkswinkels sowel as GWK se kliënte. “Bearing & Belting”: Die produkreeks by ons handelaars in die GWKbedieningsgebied sluit “bearings”, v-bande en elektriese motors in. Werkswinkel: Herstelwerk word by ons werkswinkels vir die hele GWKbedieningsgebied gedoen waar kundige personeel die mees gevorderde tegnologie gebruik om kliëntetevredenheid te verseker.

John Deere se nuwe 6M-reeks trekkers word in Augustus by GWK verwag.

innoveer landbou

GWK Meganisasie bied as John Deere-handelaar `n unieke diens aan ons kliënte in die Noord-Kaap. Ons fokus op kliëntetevredenheid en om voortdurend aan al ons kliënte se behoeftes te voldoen. Ons kundige personeel staan gereed om u met enige meganiese-probleem by te staan.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Betaalde promosie

Hou koers met PANNAR PANNAR SAAD is in 1958 in Greytown, KwaZulu-Natal, gestig en is diep in die Suid-Afrikaanse landbou gewortel. PANNAR se produkte is sinoniem opbrengsprestasie. Deur die integrasie van topprodukte en innoverende gewasvoorsorg en -nasorg bied PANNAR ʼn volledige risikobestuurspakket aan gewasprodusente. PANNAR streef om waarde tot u boerdery deur ons uitgebreide raadgewende diens toe te voeg. Dit word onder die PANAGRI™ praktiese boerdery oplossings en die PANACEA™ omvattende saad- en plantbeskermingsinisiatiewe gedoen. Die PANAGRI™ navorsing fokus om al die dissiplines wat ʼn sleutelrol in progressiewe gewasproduksie speel, soos bemestingspraktyke, kultivarseleksie, optimale plantpopulasie, wisselbou, bewerking en gebruik van landbouchemikalieë te optimiseer. Laasgenoemde sluit die navorsing onder die PANACEA™ vaandel in waar PANNAR saadbehandelingsprogramme vir optimale ontkieming, plantestand en saailingbeskerming ontwikkel asook die eersteklasadvies vir die identifikasie en beheer van siektes, peste en plae wat soms by gewasse voorkom. Die YIELDBOOST™ swam- en insekdoderspuitprogramme (spesifiek chemiese stronkboorderbeheer op konvensionele en glifosaat-tolerante basters) bied beheermaatreëls teen sodanige voorkoms en uitbrake. By die YieldBoost™ insekdoderstrategie word op die “nie-Bt-basters" gefokus deur 'n pro-aktiewe stronkboorder insekdoder-spuitprogram om basterpotensiaal te maksimaliseer. Die program is tot konvensionele en glifosaatbestande basters beperk. Met hierdie inisiatief staan basters soos PAN 6126 hul man baie goed teenoor die Bt- en BR-reeks basters. Ten opsigte van insetkoste maak die program ook ekonomies baie sin. Meer inligting oor die swam- en insekdoderspuitprogramme is by PANNAR se verteenwoordigers beskikbaar. Nuwe produkte vir selfs beter resultate: PANNAR se uitnemende produkte gee die voorsprong. PANNAR se ultravinnige geelbasterpakket is ʼn leier in die bedryf. Mieliebasters: PAN 3Q-240: Die ultravinnige geelbaster lewer baie goeie prestasie onder hoëpotensiaal besproeiingstoestande.

40

Soos PAN 6126 kompeteer dit baie goed met die Bt- en BR-basters indien effektiewe chemiese beheer van stronkboorders toegepas word. Vir meer inligting oor PANNAR se stronkboorderbeheer inisiatief gesels gerus met een van PANNAR se verteenwoordigers. BG 3292, BG 3492B, BG 3592R en BG 3792BR: Die volledige ultravinnige reeks Biogene geelbasters lewer goeie prestasie in PANNAR se meerjarige resultate vir die afgelope drie jaar onder besproeiing. Hulle beskik oor baie goeie stabiliteit en goeie staanvermoë. Die basters is agronomies goed gebalanseerd en vertoon goeie toleransie teen Roes en Diplodia Kopvrot. Die Biogene™ basters is die resultaat van ʼn gesamentlike poging van Pioneer Hi-Bred en PANNAR. Die basters word eksklusief deur PANNAR SAAD (Edms.) Bpk. versprei. Besproeiingskoring: Die koringpakket beskik oor twee uitstekende lente tipe kultivars PAN 3471 en PAN 3478 wat spesifiek vir verbouing onder besproeiing ontwikkel is. Die afgelope seisoen is die kultivars die eer-

ste keer onder kommersiële toestande verbou en het uitmuntende opbrengste gelewer. ʼn Besliste keuse vir die besproeiingsboer. PANNAR SAAD is verbind om die uitdaging vir landbou om miljarde meer mense in die komende dekades in Afrika en elders in die wêreld te voed met verbeterde kultivars en kundigheid te ondersteun. Kontakbesonderhede: Andries Zandberg Landboukundige 082 809 4372





GWK Nuus MANNE GENIET GRAAN SE GHOLFDAG OP DOUGLAS

Mnr. Bertus Botes (Graanverhandelaar ), me. Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking) en mnr. Dewald Burger (Bedryfshoof: Graanverkryging, Modderrivier).

Mnre. Hannes Bruwer en Urbanus Fourie (produsente van Hopetown), Steven Storey (Bedryfshoof: Graanverkryging, Hopetown) en Attie Scholtz (produsent van Douglas). 44


Bo: Mnre. Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte), Okkie Vermeulen en Tielman van der Walt (produsente van Hopetown) geniet die dag saam. Regs: Mnr. Joke van Bergen op die setperk.

Mnre. Kurt Loots, Steven Storey, Hannes Bruwer, Attie Scholtz, Ederich Prinsloo en Urbanus Fourie geniet `n welverdiende blaaskans. 45


ONS PERSONEEL IS GREAT! 2012 SE BOP-KANDIDATE VEREER

G

WK het onlangs die kandidate vereer wat in 2012 die Bestuursopleidingsprogram (BOP) aan die Universiteit van die Vrystaat suksesvol voltooi het. Altesaam 14 werknemers van GWK het diplomas vir dié kursus ontvang. Bo, voor links na regs: mnre. Willie Pretorius (Bedryfshoof: Graanverkryging, Luckhoff), Leon Henery (Groep IT-Bestuurder), Sarel Badenhorst (Bedryfshoof: Administrasie Logistiek, Sidi Parani), Frank Pain (Produksiebestuurder: Vloeibaar, Sidi Parani) en Jaques Fourie (Korporatiewe Rekenmeester). Middel, links na regs: mes. Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking), Santie Peens (Areabestuurder: Sidi Parani), Anita Grové (Adminbestuurder: Westra), Alice Kemp (Bestuurder: Finansiering Insette); Rudi Kemp (Bedryfshoof: Sentrale Bedinging Meganisasie) Elsabe Buys (Heelgoedere Koördineerder) en Bennie Badenhorst (Bemarkingsbestuurder: Sidi Parani. Agter, links na regs: me. Zarhoda Jacobs (Landbou-ekonoom) en Diederick Engelbrecht (Veevoere en Lusern: FloTank). Links: Mnr. Bennie Badenhorst is GWK se toppresteerder in die Bestuursopleidingsprogram vir 2012.

46


BEMARKINGSKANTOOR IN OOS-KAAP AMPTELIK GEOPEN

G

WK se bemarkingskantoor in die Oos-Kaap is onlangs ampetelik geopen. Dié kantoor is in Cradock gesetel om spesifiek die Visriviervallei te bedien, maar doen ook sake in die groter Oos-Kaap. Die kantoor fokus op die verkryging en bemarking van graan, terwyl finansiering en insetverskaffing ook deel is van die besigheid. Kredietfasiliteite word volgens die terme en voorwaardes van GWK Finansiering aangebied. Regs: Mnr. Johan Fourie (Bedryfshoof: Pekanneut- en Wingerdproduksie) en me. Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking) by die opening. Inlas: Mnr. Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte) spreek die gaste toe.

Jou finansiële toekoms begin hier. Hoe gouer jy in jou toekoms begin belê, hoe gouer sal jy die vrugte daarvan kan geniet. En hoe groter sal die beloning wees. Ek kan jou help met: • Finansiële ontleding • Aftreevoorsorg • Voorsiening vir jou kinders se opvoeding • Beleggings

• Persoonlike dekking • Werknemersvoordele

Sanlam CI1002RS0237BPA

Begin met dit waarvoor jy hoop.

Maryke van Niekerk

Anelle Bester

Finansiële Adviseur 053 830 1306 079 529 5658 maryke@sanlam4u.co.za

Hennie Faber

Brigitte Lombard

Frans Fouche

Finansiële Adviseur 053 573 0011 072 551 7196 anelleb@sanlam4u.co.za

Finansiële Adviseur 053 298 2017 082 922 6676 henniefaber@sanlam4u.co.za

Finansiële Adviseur 053 353 1166 082 818 5798 brigitte@sanlam4u.co.za

Finansiële Adviseur 053 861 1053 082 456 0472 fransfouche@sanlam4u.co.za

www.sanlam.co.za

GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE


Ná 43 jaar by GWK lê mnr. Ben Keet vanjaar die tuig neer. Foto: Tania Fourie.

Kollig

Tania Fourie

GWK groet `n groot gees ná meer as vier dekades Ná 43 jaar by GWK, lê mnr. Ben Keet (Bedryfshoof: Silo en jarelange silo-operateur op Douglas) vanjaar die tuig neer. Kommuniek het by Keet gaan kuier wat ons op `n nostalgiese reis deur sy vier dekades by GWK geneem het.

gestel is. Ben het hom uitstekend van sy taak gekwyt en is in 1970 permanent by GWK aangestel. Hy vertel met `n vonkel in sy oë hoe hy by die meule begin werk het. Daarna is hy na die lusernstore verskuif waar hy bale op die vragmotors gelaai het. Hy het ook in strooptyd gehelp om koring te sak en het selfs koringsakke op sy kop gedra om dit in die store te verpak. Hierna het Keet by die aartappelstore eet was `n nat agter die ore 16- begin werk. Hy verduidelik trots dat hy jarige toe hy in 1969 by GWK die inspekteur se handlanger was en begin het. Hy en tien ander oor die ander werkers moes toesig hou manne moes `n jaar lank werk, waarna terwyl hulle aartappels in die koelstore die bekwaamste een permanent aansorteer.

K

In 1983 is die nuus bekendgemaak dat silo’s gebou sou word. Dit het groot opwinding veroorsaak en Ben was een van die eerste mense wat by die nuutgeboude silo’s begin werk het. Aanvanklik het hy buite en om die silo’s gewerk. “Ons was twee manne daar. Hulle moes tussen ons kies wie die gesogte werk sou kry om binne die silo’s te werk en die stelsel sou beheer. Ek is toe vir die werk gekies.” Daar was net ses silo’s aan elke kant teenoor die agt buise wat nou aan weerskante staan. In 1984 is die eerste seisoen se koring in die silo’s gegooi. Daardie jaar het Ben as operateur by


daarna is `n werkswinkel en die Meganisasiegebou daar opgerig. Hy vertel opgewonde hoe hulle met Kerstyd `n bees geslag het en vir elke werknemer `n pakkie met vleis, polonie en `n R50noot opgemaak het. “Dit was nou ons krismis-boks.” Keet raak ernstig wanneer hy oor sy aftrede uitgevra word. “Op die 25ste April word ek 60. Ek weet nie wat hulle met my gaan maak nie, want hulle sal my by die hek moet uitsit!” Sy gesig verkreukel weer in `n glimlag toe hy vertel hoe hy dit geniet om by GWK te werk. “Ek hou baie daarvan by GWK, ek werk hard hier.” Hy gaan beslis nie stilsit ná sy aftrede nie, daarvoor is hy nog heeltemal te jonk van gees. Hy verduidelik hoe hy los werkies sal doen om besig te bly. “Die idee dat ek nie meer by GWK gaan werk nie, is vir my hartseer. Dis mos maar `n moeilike ding. “Ek kan maar net vir die Here dankie sê dat Hy my gedra het tot waar ek vandag is.” Me. Marisca Nel (Bedryfshoof: Produkhantering op Douglas), vertel dat sy altyd Keet se vriendelike glimlag sal onthou. Ons verloor `n groot gees by die silo’s en gaan vir Ben baie mis!” “Ben is beslis die vriendelikste mens op die produkte-terrein,” sê mnr. Jaco Voges (Produkte Depotbestuurder: Douglas). “Hy groet sy kollegas en kliënte altyd op dieselfde manier: met `n groot glimlag!”

Voges vertel dat Ben gerespekteer word deur almal wat hom ken. “Van die tydelike werkers tot die ‘hopper spietkops’ (studente) groet hom altyd met `n môre, middag of naand oom Ben. Dit sê baie van sy karakter.” Ben het ook dieselfde respek vir sy medewerkers as vir die mense wat oor hom aangestel is. “Hy is sy kollegas se steunpilaar en spreekbuis.” Volgens Voges is Keet altyd bereid om te help. “Selfs al beteken dit hy moet nagskof of naweke werk. Sy gesindheid teenoor GWK is van só `n aard dat hy altyd soggens eerste daar is om oop te sluit en saans daar is om toe te sluit. Hy is `n ware GWKaner!” Voges vertel dat Keet die eerste oorblywende lid is van die span werkers wat by die nuwe silokompleks begin werk het. “Dit maak hom die grootste kenner van die silokompleks op Douglas en daarom het Ben oor die jare heen deel gevorm van verskeie depotbestuurders se opleiding. Ben se leiding en gesindheid sal werklik gemis word, maar soos ek Ben ken, sal hy vir ons kom kuier en sommer raad gee waar hy kan!” Mnr. Carl du Toit (Uitvoerende Bestuurder: Graanfasiliteite) raak bewoë wanneer hy oor Ben se aftrede gesels. “Ben het nie `n gelyke wat ondervinding en kennis betref nie,” se hy. “Ben het kom werk, al was hy hoe siek. Sy werk was sy verantwoordelikheid. Almal het by hom geleer. Ons verloor `n voorslag by die silo’s.”

Ian van Straaten

die silo’s begin werk. “Daar was so `n groot bord met baie knoppies wat die silo ‘ge-operate’ het. Daar was nog nie die stelsel met die rekenaar wat ons nou het nie, maar toe hulle die nuwe stelsel kom insit, het ek hom geleer. In al die jare wat ek by GWK werk, het ek nog nie een fout met daardie stelsel begaan nie.” Keet sê dit verg uithouvermoë en geduld om by die silo’s te werk. “`n Mens moet maar leer om kalm te bly in die oesseisoen, want as die spanning hoog loop, raak almal gou ongeduldig.” Keet vertel dat hy in sy tyd by GWK baie mense leer ken het. “Dit het my lewe ryker gemaak. Ek het veral baie mense binne GWK leer ken toe die stelsel by die silo ingesit is. Baie het by my kom sit om te leer hoe om met die stelsel te werk.” Hy onthou hoe mnr. Carl du Toit (Uitvoerende Bestuurder: Graanfasiliteite) `n halwe dag by hom kom sit het en later daar weg is met die woorde: “Nee wat Ben, jy moet liewer dié werk doen.” Keet vertel dat heelwat verander het sedert hy by GWK begin het. “Gradering is aanvanklik met die hand gedoen, maar `n groter gradeerkamer is later gebou en in 1980 het ons masjiene gekry om die gradeerwerk te doen.” Hy onthou ook hoe daar eers twee lusernstore was waar die fabriek en Meganiasiegebou nou is. Die een lusernstoor het afgebrand en


Ons mense

Kiekies Tema vir April Onvergeetlike gesigte! Soms vang `n mens `n gesig op kamera vas wat jou lewe lank by jou bly.

Tema vir Mei

Herfs NĂĄ `n ongenaakbare warm somer in die Noord-Kaap wag `n koue winter weer op ons. Intussen vermaak die natuur ons met die pragtige herfstonele wat hom oral afspeel.

Tema vir Junie

Winter In die koue speel die mooiste gesigte hom soms af. Terwyl ons bibber van die koue, is dit tyd om te soek na tonele en gebeurtenisse wat aan hierdie seisoen sy bekoring gee.

Maandelikse pryse 1ste R500 kontant 2de R300 kontant 3de R200 kontant Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za

50

Wenner Willie Higgs van Groot Brakrivier


Tweede

James Wright van Hartswater

Derde

Wiann Bester

van Hartswater

51


Kiekies vervolg REËLS

Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Die foto moet deur die deelnemer self geneem wees. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. Deelnemers se naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Klein Anja Coen van Douglas vermaak haar ma!

Klein Michael Bold van Prieska se onvergeetlike gesiggie nadat hy in `n nat akker geval het en hom in die sinkbad moes afspoel! 52



PJ Vermeulen, Griekwas se kaptein vir die Vodacombeker.

GWK is die hoofborg van die GWK Griekwas

Griekwas gesels Tania Fourie

Nuwe kaptein gebore om vir Griekwas uit te draf

P

J Vermeulen, die nuwe kaptein van Griekwas se Vodacombekerspan, is as’t ware gebore om vir Griekwas uit te draf. Sy pa, Myburgh Vermeulen en oom, André Vermeulen, het op hul dag ook vir Griekwas gespeel en daarom is dié 26-jarige ekstra trots om deel van Griekwas te wees. PJ is oorspronklik van Kimberley en het in 2005 aan die Hoërskool Noord-Kaap gematrikuleer. “Dit is baie lekker om vir Griekwas te speel,” vertel hy. Wat dit besonders maak, 54

is die plattelandse mense wat deel is van Griekwas. Almal is so plat op die aarde. Dís my soort mense.” PJ meen dat Griekwas uniek is hierdie seisoen omdat die meeste van die span se spelers by die unie gebly het. Vorige jare het heelwat spelers weggegaan, maar hierdie jaar het amper almal gebly. “Ons het hard gewerk in die afseisoen en ons fokus daarop om die finaal van die Vodacombeker te haal. Ek is seker dat ons dit weer kan doen en daarna gaan ons alles gee vir die Curriebeker!”

Griekwas se vasgestelde wedstryde vir Vodacombeker 5 April vs. Ford Pumas, Kimberley, 15h00 12 April vs. MTN Lions, JHB 20 April vs. Leopards, Kimberley, 15h00 27 vs. Falcons, George Gaan na www.griquasrugby.co.za vir meer inligting.


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Kwaste kry momentum . . .

D

agsê vrinne! Reeds in die eerste vyf weke van die Super 15 is daar genoeg verrassings om enige rugby-geesdriftige te laat regop sit. Die Curriebeker-kampioen val toe sommer in sy eerste wedstryd op Loftus vas en daarna maak die beseringspook ook `n draai in die Stormerkamp wat die Kapenaars aan die begin laat sukkel. Net daarna ruk hulle hulself egter skitterend reg om die wa weer terug op spoed te kry met twee puik oorwinnings waar veral die Brumbie-sege die soetse was. Nog vier maande van rugby wat voorlê, so oom Jake moet maar eers halt roep met sy spoggerige onderhoude. Soos die Bulls, speel die Stormers eers die groot hônne voor die kleintjies. Dis nou tyd vir diep grawe Stormers, sonder jul yster Etzebeth. Die Bulls skop hul S15 met `n droombegin af en lei die Suid Afrikaanse liga `n paar weke lank totdat hulle een

Saterdagoggend die sukkelende Crusaders op die verkeerde voet raakloop en daar droog die planne toe op. Ludeke se snaakse spankeuses daarna help nie veel om die Bulspan terug op vorm te kry nie en nog nederlae volg wat die manne van Loftus `n trappie terugsit. Sterkte manne. Jul lang toer is amper verby. Met die Sharks se tjank wat sommer vroeg deur die Brumbies afgetrap word, kom hulle terug as die span wat ons almal ken en wys waartoe hulle in staat is. Ek sê weer: Dié Shark-span kan hierdie jaar die beker vat. Hulle het net `n kopprobleem en indien hulle daaroor kan kom, verwoes hulle enige span in hulle pad, tuis of weg. Is dit nie ongelooflik om te sien ná vyf jaar is die wiel aan die draai vir die Cheetah’s nie? Drie oorwinnings in `n ry oorsee. Of dit nou teen blinde skole was of hier en daar `n gelukkie met `n onderskep drie of twee, wat maak dit saak? In die verlede was die wit tor-

nado aan die ontvangkant hiervan en nou die uitdeler. Skitterend Cheetah’s! Julle klim die punteleer mooi en op dié manier gaan ons weer `n vol stadion in Bloemfontein sien. Die Kings se veggees en groot hart het almal verbaas en hul eerste twee wedstryde was net `n lus om te aanskou. Nou is dit egter tyd om te toer en dis hier waar hulle tot op die vetderm getoets gaan word. Hier kort jy diepte en daarna nog diepte veral as drie van jou staatmakers nie kan saamtoer nie. Sterkte, is al wat Oom Gemsbok vir dié manne kan sê. Aan die Vodacom-kant is dit die GWK Griekwas wat stadig begin en daarna pragtig momentum begin kry. Saam met die Blou Bulle lê die Griekwas mooi in die saal met `n paar nuwelinge wat sterk deurkom. Hou so aan Kwaste! Geniet die rugby! Groetnis Oom Gemsbok 55


Pret op die plaas Vir die jongspan

Sudoku op die plaas Elke ry, elke kolom en elkeen van die vier groter vierkante moet een van elke dier daarin hĂŞ.

Skryf die syfer van die dier wat in daardie ry, kolom en vierkant kort in die sirkel.

3

2

3

4

1

3

4

2

1

56

4

1

1

2

2

3

4



Leefstyl Carien Grobler

Lei jou verbeelding om jou stresvlakke te verlaag As `n mens kan siek word van bekommernis, kan jy jouself ook gesond verbeel! `n Mens kan jou verbeelding gebruik om jou aandag van stresvolle situasies na meer aangename dinge af te lei en `n meer gesonde siel en liggaam hĂŞ.

hierdie stelling saam. Die brein verwerk alles wat met `n mens gebeur in beelde. Wanneer ons herinneringe uit die verlede oproep of dink aan iets wat nog moet gebeur, dink ons selde in terme van woorde, maar eerder in terme van prentjies, reuke, smake en klank. Hierdie natuurlike vermoĂŤ van die brein kan verskeie voordele inhou as dit reg aangewend word. Begeleide verbeelding is `n kragtige ie siel dink altyd in prentjies, tegniek waardeur `n mens jou verhet die wysgeer Aristoteles beelding begelei om `n spesifieke gesĂŞ. Kenners van begeleide uitkoms, soos stresverligting, te bereik. verbeelding of guided imagery stem met Hoewel dit met visualisering verband

D

58

hou, word dit dikwels daarmee verwar. Visualisering behels slegs die visuele, terwyl begeleide verbeelding al die sintuie betrek. Om dit te verduidelik, gebruik dr. Martin Rossman, medestigter van die Academy for Guided Imagery in Los Angeles en skrywer van die boek Guided Imagery for Self-Healing, die voorbeeld van `n suurlemoen. Stel jou voor jy hou `n sappige, geel suurlemoen in jou hand. Verbeel jou jy sny die suurlemoen in die helfte en druk die sap in `n glas uit, bring die glas na jou lippe en neem `n groot sluk.


depositphotos

Hou die suurlemoensap `n rukkie lank in jou mond terwyl jy die skerp, suur smaak proe en sluk dit dan af. Die feit dat jy waarskynlik gekwyl, jou lippe op `n plooi getrek of jou gesig vertrek het, is volgens Rossman direk toe te skryf aan die verbeelding se vermoë om die liggaam te beïnvloed. “Ons gebruik hierdie vermoë te dikwels negatief pleks van positief. Dink egter daaroor na: As jy jouself siek kan bekommer, waarom kan jy jouself nie gesond verbeel nie? Deur ons op `n dieper vlak van ons sintuie en emosies bewus te maak, word die outonomiese senuweestelsel, die sentrale punt diep in die brein wat alle basiese liggaamsfunksies reguleer, geaktiveer.” Die afgelope 30 jaar het verskeie studies reeds die voordele wat begeleide verbeelding vir die liggaam kan hê, bevestig. Navorsing het bewys dat slegs tien minute van begeleide verbeelding `n mens se bloeddruk, asook cholesterol- en suikervlakke in die bloed kan verlaag. Behalwe dié gesondheidsvoordele is begeleide verbeelding ook baie effektief om stres te verlig aangesien dit tot gevolg het dat die brein stowwe in die bloed vrystel wat as die liggaam se natuurlike kalmeermiddels optree en `n mens se hartklop verstadig, maar ook bloeddruk en angstigheid verlaag. Die drie beginsels Begeleide verbeelding kan as `n soort meditasie gesien word,” sê dr. Belleruth Naparstek, `n psigoterapeut, voorloper op die gebied van begeleide verbeelding en outeur van die boek Staying Well With Guided Imagery. Volgens dr Belleruth berus begeleide verbeelding op drie beginsels: Die verbintenis tussen die brein en die liggaam “Vir die liggaam kan beelde wat in die brein geskep word feitlik net so werklik voorkom as eksterne gebeure,” sê Naparstek. “Hy verstaan nie die verskil nie. Sy verduidelik verder dat `n spesifieke beeld veral `n groot invloed op die liggaam het wanneer dit sensoriese

herinneringe oproep en daar `n sterk emosionele band betrokke is. “Hierdie sensoriese beelde is die taal van die liggaam – die enigste taal wat hy verstaan, onmiddellik en sonder om dit te bevraagteken.” Die veranderde toestand “In die veranderde toestand wat ons liggame binnegaan wanneer ons begeleide verbeelding toepas, is ons beter tot vinnige en intense heling en groei in staat,” sê Naparstek. “Ons is selfs meer intuïtief en kreatief. Die aktiwiteit van ons breingolwe verander en ons kan dinge doen wat ons nie normaalweg sou kon nie, soos om `n gevoel van angs met `n gevoel van kalmte, veiligheid en optimisme te vervang. Sy verduidelik dat `n mens soms ook onbewustelik die veranderde toestand binnegaan, soos wanneer jy by jou afrit op die hoofweg verbyry. “Die veranderde toestand is `n staat van ontspanne fokus waartydens `n mens se aandag op een ding gefokus is. Dit veroorsaak `n verlaagde bewustheid van ander dinge wat om ons gebeur en ons normaalweg sou oplet.” Die lokus van beheer “Wanneer ons in beheer voel, kan dít op sigself ons help om beter te voel en te presteer,” meen Naparstek. “`n Gevoel van beheer word verbind met groter optimisme, `n beter selfbeeld en die vermoë om pyn en stres te hanteer. “Omdat begeleide verbeelding `n aktiwiteit is wat jy self beheer en jý kan besluit wanneer, waar en hoe om dit te gebruik, het dit die gesonde effek om `n mens te laat voel dat jy in beheer is. “Wanneer `n mens al hierdie dinge kombineer, het jy `n tegniek wat `n veranderde toestand genereer waartydens die brein gelei word na sensoriese beelde wat die liggaam as werklik ervaar. Dit word gedoen presies waar en wanneer die gebruiker wil en dit is waarom dit so effektief is.” Verlaag jou stresvlakke `n Verandering van omgewing doen

wonders om stres te verlig, maar ongelukkig is dit nie altyd moontlik nie. Hoewel `n mens nie elke keer wanneer jy stres ervaar jou tas kan pak en met vakansie vertrek nie, kan begeleide verbeelding nuttig aangewend word om stres te verlig. Die beginsel van die gebruik van begeleide verbeelding om stres te verlig, is gegrond in die feit dat `n mens deur jou verbeelding in staat is om `n stresvolle omgewing vir `n meer ontspanne omgewing te verruil. Hoe meer intens `n mens hierdie ontspanne omgewing visualiseer en met jou sintuie waarneem, hoe groter sal die effek daarvan op jou stresvlakke wees. Hoewel dit vergesog klink, het studies, gewys dat mense wat hulself `n ontspanne omgewing voorstel se stresvlakke merkwaardig daal. Jy het dus genoeg rede om jouself gereeld op `n mini-vakansie te neem deur jou verbeelding te begelei terwyl jy al die beelde, reuke, klanke en sensasies van `n ontspanne omgewing oproep. Maak jou oë toe en kies die omgewing waarin jy kan ontspan, maar wat jou ook veilig, vreedsaam, rustig en gelukkig laat voel. Stel jouself die prentjie so duidelik as moontlik voor. Onthou ook om die res van jou sintuie te gebruik. As jy langs die strand stap, voel die warmte van die son op jou skouers, ruik die sout in die lug, hoor die geluid van die seemeeue, proe die soutsmaak van die water en voel die growwe tekstuur van die sand tussen jou vingers. As jy in die bos gaan stap, sien hoe die son se laaste strale oor die waterstroompie val, proe die vars water op jou tong, ruik die dennebome en klam blare, hoor die voëltjies kwetter, voel die koel water op jou kaal voete. Die moontlikhede is eindeloos en jy kan telkens jou verbeelding begelei na `n beeld wat jou ontspanne en gemaklik laat voel. Laat die beeld dan stadig verdof terwyl jy na die werklikheid terugkeer. Jy sal verfris en kalm voel en weer kans sien vir die take wat op jou wag. 59


Amoré Bekker van RSG (gasspreker) en mev. Linzetta Smit (Sirkelpresident).

VLV Fokus Carien Grobler

80ste Sirkelkonferensie in Kimberley aangebied

D

ie 80ste sirkelkonferensie vir Kimberley en distrik is onlangs in Kimberley by die Horse Shoe Inn aangebied en Kimberley-Wes het as die gasvroue opgetree. Die dames is welkom geheet met baie treffende tafelversierings en bruikbare geskenke wat kleurvol op die tafels gepryk het. Die konferensie is geopen deur ds. Sanet Nel, met die tema “My 60

droom, my inspirasie” wat sy met `n kleurvolle skoenlapper-kunswerk uitgebeeld het. Mev. Linzetta Smit (Sirkelpresident) het die dames welkom geheet en die vertroue uitgespreek dat elke dame die geleentheid waardevol sou vind en die samesyn sou geniet. Sy verwelkom spesiaal die gasspreker, Amoré Bekker van RSG. Mev. Cora Beresford, `n 83-jarige aktiewe lid van die Kimberley-tak, het die vredeskers aangesteek.

Hierna het Bekker `n hartseer ervaring met die konferensie gedeel. Haar geliefde is drie jaar gelede onverwags oorlede en met haar praatjie het sy haar droom en inspirasie op `n hartroerende wyse met die dames gedeel. Die hand- en kunswerk was oudergewoonte van hoogstaande gehalte en die Douglas-tak verower die trofee vir die meeste punte op konferensie met Hartswater in die tweede plek.


`n Waarskuwing is egter aan hierdie twee takke gerig dat die uitslae beslis volgende jaar gaan verander! NĂĄ die presidentsrede is die finansiĂŤle verslag en die vorige notule aanvaar. Elke sameroeper het hierna die geleentheid gehad om `n kers aan te steek en daarna iemand aan die woord te stel, wat baie interessante aanbiedings gelewer het. Tydens `n geselligheid die aand het Theresa de Wit, `n plaaslike mezzosopraan, die gaste met haar pragtige stem vermaak en het mnr. Gerhard Henning (Handelsbestuurder: Kimberley) `n heildronk op die sirkel se verjaardag ingestel. Mev. Kittie Potgieter is tydens die konferensie tot sirkelpresident verMev. Kittie Potgieter (nuutverkose Sirkelpresident) en mev. Linzetta Smit (uittrekies en sal die plek inneem van Smit, wat na Hartenbos verhuis het. dende Sirkelpresident).

Mnr. en mev. Willie en Bea Olivier beoefen reeds 48 jaar lank volkspele en het `n interessante praatjie en demonstrasie tydens die konferensie gelewer. 61


Gesondheid Carien Grobler

Sitrus . . . sit die huppel só terug in jou trippel! Prettige pomelo’s Pomelo’s is `n uitstekende bron van vitamien C en is belangrik vir die gesondheid van die immuunstelsel. Die vitamien C-inhoud van pomelo’s help om die duur van algemene verkoues te verkort en kan ook die simptome verlig. Pomelo’s is ook ryk aan likopeen, `n fitonutriënt wat kan help om gewasse te voorkom. Likopeen het die hoogste kapasiteit van

enige fitonutriënt en kan die liggaam help om karsinogeniese vrye radikale te beveg en ook die risiko van prostaatkanker in mans verminder. In `n studie waartydens manspasiënte groen tee en likopeenryke voedsel geeet het, het die risiko vir prostaatkanker met soveel as 86% gedaal. Die pektienvlakke in pomelos kan ook help om die cholesterolvlakke in die bloed verlaag.

Sitrusvrugte is gelaai met vitamien C, wat noodsaaklik is vir `n gesonde immuunstelsel. Met die winter wat al hoe nader kom, is dit nou die tyd om sitrus deel te maak van jou dieet. Lemoen, jou lekker ding! Navorsing wys dat lemoene fitonutriënte bevat wat voordelig is vir die gesondheid van die menslike liggaam. Hierdie oranje vrugte het ook antiinflammatoriese eienskappe en kan die simptome van hipertensie verlig. Die vitamien C in lemoene is `n antioksidant wat die liggaam teen karsinogeniese vrye radikale beskerm. Vitamien C kan ook die simptome van inflammatoriese toestande soos osteoartritis, rumatoïede artritis en asma verlig en kan die risiko verlaag van noodlottige gevalle wat met kardiovaskulêre siektes, kanker en beroerte verbind word. `n Enkele lemoen bevat 60 flavonoïede en 170 verskillende fitonutriënte wat die risiko van bloedklonte kan verlaag en ook antiinflamatoriese en anti-tumoreienskappe besit. 62

Sappige suurlemoene Suurlemoene is propvol sitroensuur en bevat verskeie kankerwerende verbindings. Die flavonoïede in suurlemoene kan help om die verdeling van kankerselle te vertraag en het ook antibiotiese eienskappe. Suurlemoene is

ook ’n natuurlike diuretikum wat swelling en inflamasie kan verminder. Vanweë die hoë suurinhoud, is die suurlemoene ook ideaal vir mense wat aan urienweginfeksies ly en kan dit help om skadelike bakterieë uit die liggaam te spoel.


Resep

Gebakte lemoenpoeding met fluweelsagte vla Resep 2 eiers ½ koppie suiker ¼ koppie koekmeel 1 koppie melk ¾ koppie lemoensap 1 eetlepel suurlemoensap Gerasperde skil van een lemoen 2 eetlepels gesmelte botter

Metode � Klits die eiergele en vou die suiker in.

� Voeg die meel en melk by. � Voeg die lemoensap, suurlemoensap, lemoenskil en gesmelte botter by. � Klits die eierwitte tot styf en vou in die mengsel. � Gooi die mengsel in `n gesmeerde oondbak. Bak 30 tot 45 minute lank teen 180°C tot goudbruin. � Bedien met vla of roomys.

63


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Koos verlang na sy ma . . .

E

nie. My kop begin draai en ek kry k kry Koos op De Aar. Ons is moed vir wat voorlê. Koos het die presies na dieselfde plek op hele kroeg se aandag en verkondig pad. Twee jaar militêre diens- luid wat hy van die weermag dink. plig. As die korporaal hom nie persoonKoos is `n rowwe diamant uit Kim- lik kom roep nie, sal hy sy gat nie berley se wêreld. Die soort wat jou roer nie. Selfs ek begin nou vir kort voor lank in die moeilikheid Koos ondersteun. het. Altyd besig met iets. Koos vertel die een storie na die Op skool altyd agter in die bus ander. Twee persone in uniform gesit en skelm in die toilette sluit intussen by ons aan. Van range gerook. `n Regte grootbek en vrek weet ons niks. bang vir vroumense. Koos reël dadelik `n dop vir die Hoewel twee teenpole, verstaan twee speed cops. “Wat drink julle ons mekaar. my ooms? Gooi kroegman, kan jy Hier staan ons nou op De Aar se nie sien hoe die son die manne gestasie vir die trein en wag. brand het nie!” “Kom ons gaan maak `n dop,” Nog manne in uniform kom die beveel Koos. “Ek het nie tyd om vir vertrek binne. Die twee speed cops weermagtreine te wag nie. Jy sal sê hulle kan nie lank sit nie, die nog sien hoe m*** ek vandag `n trein gaan binnekort vertrek. Ek korporaal.” wink `n baie koppige Koos toilet Die bekende Bar op De Aar is net se kant toe. Net betyds besluit ons oorkant die straat. Koos het feitlik om pad te gee. niks by hom nie. Hy gooi sy toksak Die kondukteur blaas op sy fluioor sy skouer en begin loop. tjie en die trein wil vertrek. Ons Drink is nie een van my sterk punte duik sommer by die eerste komparnie, maar `n ou biertjie voor die tement in. Die hele trein is vol retrein kom, sal seker nie skade doen krute en dit gaan lekker. nie. Ons het skaars gesit of die twee Koos beduie wild aan die kroegspeed cops sluit by ons aan. Koos man om vir ons elkeen `n dubvan alle mense is heel verskrik en bel brandewyn en Coke te skink. Ek begin links en regs salueer. skrik effens vir die gevaarlike dop, `n Helse lawaai bars skielik los. maar laat hom begaan. Bevele word links en regs geskreeu. Kort voor lank is die kroegman en Die meeste manne is reeds gekuiKoos groot pêlle. Koos weet van al- er en die speed cops kry die wind les. Wil nog die ou sien wat hom van voor. iets kan vertel. Koos haal `n bottel Vodka uit sy Die dubbels begin later voor my toksak. In die haas om weg te kom, ophoop, maar ou Kola laat nie op het hy vergeet om mix te koop. hom wag nie. Geen probleem. Ons vat hom som`n Benoudheid pak my beet dat mer skoon. ons die trein kan verpas. Koos raak Die weermagpersoneel sien gou dop vir dop slimmer en wil nie loop hulle gaan niks met ons regkry nie. 64

Oral kom nog bottels te voorskyn. Dit dreun op die trein. Niemand gee meer om of die trein ry of staan nie. Môre is nog `n dag. Baie vroeg die volgende oggend is ons op Bloemfontein-stasie. Die manne se koppe baie seer. Dit wemel op die perron van manne in uniform. Nou is dit `n ander storie. Bevele word geskreeu. Niemand praat vanoggend teë nie. Koos wil nog kla oor sy toksak wat soek is, toe hy `n helse kopklap kry. Eindelik is almal op die parkeerterrein aangetree. Seker maklik `n 100 en net een Bedford om ons te vervoer. Die bevel is hard en duidelik dat daar net een keer gery gaan word en dat almal moet klim. “Onmoontlik,” brom Koos hier langs my. “Op die bevel ‘klim’ sal julle almal op wees,” hoor ons. Ons probeer `n hele paar keer tevergeefs. Elke keer moet daar van voor af aangetree word. Dit gaan maklik `n uur lank so aan. Koos praat in tale. Sonder ons medewete word iemand tussen ons geplaas om weg te hardloop. Op die volgende bevel “klim” breek hy weg en vat die pad. `n Geweer kom te voorskyn en `n blank word afgevuur. Die weghardloper slaan soos `n os neer. “Hy is dood!” skreeu Koos benoud! Die volgende bevel was nie nodig nie. Die wat nie kon opkom nie, het soos vinke aan die kante gehang. Die parkeerterrein lê gesaai van ons besittings. Ek en Koos is amper heel voor. Ons word byna doodgedruk en kan skaars asemhaal. En toe hoor ek Koos sê: “Vanaand bel ek my ma!”


GWK Graan . . .

innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

Ig Pretorius 082 906 1672 HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innov eer lan dbo u De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za 65


GWK Versekering . . . gewaarborgde gemoedsrus Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773 Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

GWK Versekering bied gemoedsrus aan vennote met omvattende risikobestuur oplossings. Ons fokus op lewensdekking, korttermyn versekering, oesversekering én wild- en kudde-versekering. Kontak ons gerus vir meer inligting oor bekostigbare oplossings teen jou wild- en kudde-risiko, wat insluit vangs-, transito,- veld-, boma-, kwarantyn-, trofeedekking-, groenjag-, saad-, embrio- en veilingspakkete.

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.