Julie 2015
`n handelsmerk van
Mense sak op NK-dorp toe vir GWK Streekspanne-rugbytoernooi
GWK se Landzicht-wyne spog met `n splinternuwe voorkoms
Nuwe verpakking baie gewild: Ons pap is beter as jou ma s’n!
Grondbone `n uitstekende wisselbou-gewas, meen GWK-produsent
JULIE 2015
OP DIE VOORGROND
ONS BESIGHEID
24
7 6
Redaksioneel
7
Geestelike akker
8
Damme en temperature
24 Inligtingstegnologie GWK Inligtingstegnologie bied nuwe, omvattende oplossings.
10 Agrikalender 12 Landbouwenke VOORBLAD
LANDBOUSAKE
28
14 14 Aktueel Mense sak op NK-dorp toe vir GWK Streekspanne-rugbytoernooi.
28 Presisieboerdery Infiltrasie van water steeds `n uitdaging by sekere gronde.
18 Aktueel GWK se Landzicht-wyne spog met `n splinternuwe voorkoms.
35 Vleis Skaap: Só lyk die perfekte karkas vir die mark.
22 Ons besigheid Ons pap is beter as jou ma s’n! 26 Spesialisprodukte Grondbone is `n uitstekende wisselbougewas, meen produsent.
JULIE 2015
WEES INGELIG
VROUE
38 38 Ontmoet ons spesialiste Voerkraalbestuurder op De Aar is baie passievol oor sy beroep. 40 Kliëntefokus - Mense in poste wat kliënte raak. - Eerste Connect Champ leef GWK-kliëntedienskultuur uit.
ONTSPAN
54 44 Vir die jongspan Kies die regte fragment. 54 Agterblad Tienie vang my ná 30 jaar!
4
48 48 Leefstyl Getroud met sy ma – wat nou? 50 Gesondheid Ontspan in `n oogwink. 52 Resep Grondboontjiebotter-broodjie.
tuur s e B n e e i s k e Dir Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Frans Lubbe
Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid
Hoofbestuur Besturende Direkteur Pieter Spies Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen
Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111 Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579 Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383 Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778 Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656
Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Risikobestuur John Bell 076 430 5615
Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103 Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821
Finansies en Stelsels en Finansiële Landbou Advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844
Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710
Vleis Alex Cilliers 082 808 3063
Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849
Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531
Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545
Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121
Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190
Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178
KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163
5
Redaksioneel `n Oos-Vrystater ken van koud kry, maar die Noord-Kaapse koue het `n ander manier. Hy kom sit in jou bene en weier om te wyk. Selfs my ma se warm koffie en boerbeskuit raak nie sommer van hom ontslae nie . . . Die koue was egter vergete vir die groep rugbyspelers wat onlangs op Hopetown aan GWK se Streekspanne-rugbytoernooi deelgeneem het. Soos elke jaar het die opwinding op hierdie toernooi hoog geloop en verdien diĂŠ Noord-Kaapse dorp `n klop op die skouer vir die sukses waarmee hulle `n toernooi van hierdie omvang aangebied het. Ons kuier vandeesmaand by GWK se Landzicht-wynkelder waar die wyne met `n splinternuwe, vars voorkoms spog. Hierdie vernuwing het ten doel om nuwe markte vir die kelder se produkte te ontgin. Ons doen ook aan by Midlands Veterinary Wholesalers (MVW), `n volfiliaal van GWK wat kompeterende
pryse in die dieregesondheidsmark bied. Dan maak ons pap saam met Westra, wat groot sukses behaal met die uitrol van `n nuwe reeks meelverpakkings. Hierdie pap is selfs beter as jou ma s’n! Ons kyk na die nuwe, omvattende oplossings wat die besigheid vir Inligtingstegnologie aan klante bied en kom meer te wete oor die IT Techdae wat GWK op 8 September by die GWK Kimberley-kantoor sal aanbied, en weer op 10 September by die GWK Douglas-kantoor. Mnre. Gerhard Bruwer (produsent) en Pierre Ferreira van GWK gesels oor die voordele van grondboontjies as wisselbougewas en ons kyk saam
met die span van Presisieboerdery na die uitdagings wat die effektiewe infiltrasie van water op sekere gronde inhou. Ons leer ken een van die spesialiste in GWK se vleisbesigheid en kyk omvattend na die kenmerke van `n skaapkarkas wat vir die mark geskik is. Dan is die dames aan die beurt en ons kuier lekker saam oor die liefde, gesondheid en `n gebakte broodjie voordat Piet ons laat skater!
Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)
Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za
Hoofkantoor GWK Bpk.
Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628
Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers.
Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420
E-pos: carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730
VOORBLADFOTO Gerhard Steenkamp
Vind ons aanlyn deur die QR-kodes hiernaas met `n slimfoon te skandeer. iPhone-gebruikers kan die QRReadertoepassing aflaai. Android-gebruikers kan die QR Droid Code Scannertoepassing aflaai.
6
Lekker lees!
ler
Carien Grob
Redakteur
De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za Kommuniek
depositphotos
Geestelike akker God is ALMAGTIG Interskole, 23 Mei, 1998. Grey Kollege teen Paarl Boys High. Twintig minute voor die einde van die hoofwedstryd blaas die skeidsregter die fluitjie. Hy dui aan dat die twee spanne moet skrum. Willem Meyer, Grey se haker, sak net te laat in die skrum en toe dit opbreek, gly sy arms van die twee voorrye langs hom se rûe af. Met verwilderde oë het Willem op die gras gelê terwyl hy besef het dat hy geen van sy ledemate kan beweeg nie. Hy was meteens verlam. Die jolige skare op die paviljoen was meteens stil terwyl hulle geskok toegekyk het hoe die noodhulpspan Willem versigtig in die agterkant van die ambulans intel. Toe die deure agter hom toegemaak word, het vier jaar se rugby in `n oogwink voor Willem verbygeflits. Willem het sy hoërskoolloopbaan aan Grey Kollege in Bloemfontein begin. Vir hom en sy vriende was dit `n droom om eendag vir Grey se eerste rugbyspan uit te draf. In sy matriekjaar is hierdie droom bewaarheid toe Willem vir die span gekies is. Sy droom het egter nie lank gehou nie. Weens `n lastige skouerbesering wat hy tydens die proewe opgedoen het, het die fisioterapeut hom meegedeel
dat hy die span se toer na Dubai sou moes misloop. Teleurgesteld het Willem daardie aand op sy knieë gegaan terwyl hy met God gesels oor sy besering en sy begeerte om die Dubai-toer mee te maak. In sy stiltetyd het hy ervaar hoe God hom na die belofte in Psalm 112:7 lei: “Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here.” Willem het aan die belofte vasgehou en ná intensiewe fisioterapie het sy skouerbesering só vinnig genees dat hy wel saam met die span aan die wêreldskole-toernooi in Dubai kon gaan deelneem. Die res van daardie jaar het Willem homself elke keer voor `n wedstryd aan Psalm 112 herinner en deur God se genade het hy nie een wedstryd weens `n besering misgeloop nie. Terwyl die noodpersoneel hom by die hospitaal se noodeenheid instoot, kon Willem die spanning op sy pa se gesig lees. Dit was duidelik dat hy ernstig beseer was. Weer het Willem sy oë gesluit om homself aan die woorde van Psalm 112:7 te herinner. Die dokters het Willem dadelik in traksie geplaas. Terwyl hy na die dak gestaar het, het die ortopeed in die kamer langsaan die nuus aan Willem se pa en Grey se skoolhoof meegedeel: “Willem se spinale koord is baie ernstig beseer. Ek is jammer,
maar hy sal voortaan `n kwadrupleeg wees.” Die dokters het egter nie rekening gehou met die ALMAGTIGE God wat ons aanbid nie! Terwyl niemand die moed gehad om die nuus aan Willem oor te dra nie, het hy ook geen negatiwiteit rondom hom toegelaat nie. By hom was daar geen twyfel dat God hom sou genees nie. God het Willem se geloof en vertroue in Hom raakgesien. Hy het hom aangeraak en ses maande later het Willem wonderbaarlik begin herstel. Hoewel hy van voor af moes leer loop, het niks hom ontmoedig om ten volle te herstel en selfs die gewig op te tel wat hy ná die ongeluk verloor het nie. Vandag, meer as `n dekade later, is Willem getroud en suksesvol in sy werk. Wanneer `n mens na hom kyk, sal jy nooit glo dat hy eens op die rugbyveld in die Paarl met `n gebreekte nek inmekaargesak het nie! Vader God, dankie vir u ALMAG en dat U veel groter is as enige hindernis wat oor my pad mag kom. Lei my asseblief om net soos Willem in moeilike situasies altyd aan U woord vas te hou. Ek vra vir dit in die Naam van Jesus Christus. Amen. Benescke Janse van Rensburg Uit Ontdek God in die stories van mense, uitgegee deur Lux Verbi. 7
Damme en temperature Huidige stand van damme Riviersisteem
Dam
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol
Oranjerivier
Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam
Vaalrivier
Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam
71 63 20 25
Hartsrivier
Spitskopdam
71
Rietrivier
Kalkfonteindam
16
Modderrivier
Krugersdriftdam
60
81 77 100
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 22 Mei tot 24 Junie 2015 Prieska Green Valley Nuts
Douglas Lunenburg 30 25 20 15 10 5 0
40 30 20 10 0
Hopetown Lilydale
Barkly-Wes Ulco
30
40
20
30 20
10
10
0
0
Maandelikse voorspelling Julie 2015
Rietrivier 30 25 20 15 10 5 0
Maksimum
Maksimum langtermy
8
Minimum
Minimum langtermyn
GWK Meganisasie Werkswinkel en Onderdele DOUGLAS Onderdele: Johan Buys : 053 298 8306 Werkswinkel: Chris Lewis: 053 298 8408
Spesiale aanbieding vir Julie en Augustus. Inhuis diens korting beskikbaar vir John Deere trekkers, Ingesluit ‘n gratis evaluering van u trekker.
PRIESKA Onderdele: Neil Havenga : 053 353 115 Werkswinkel: Kobus Dames: 053 353 1151 HOPETOWN Onderdele: Petrus van Niekerk: 053 298 8255 Werkswinkel: Pieter van Schalkwyk: 053 298 8255 LUCKHOFF Onderdele: Gawie Jonker: 053 206 0071 Werkswinkel: Booi Teise: 053 206 0071 MODDERRIVIER Onderdele John Kirsten: 053 581 0037 Werkswinkel Cobus van Schalkwyk: 053 581 0037 Barkley Wes: Onderdele: Renier Oosthuizen: 053 531 0503 Werkswinkel: Jaco Strumpher: 053 531 0503
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Veilingskalender en Veilingspryse 13 Augustus 14 Augustus 13 Augustus
Staak boerdery, AP Truter Diamant Dorper, Kimberley Fitches Corner Springbokvlakte-veeveiling Humansdorp-veiling Mopthupi Trading, Douglas Somerset-Oos-veiling Swellendam-veiling Schyff Beefmaster Riversdal-veiling Willowmore/Uniondale-veiling Mielieboere Bonsmara
18 Augustus 20 Augustus 21 Augustus 25 Augustus 27 Augustus 27 Augustus 29 Augustus
GeeJee Bonsmara Dikdoorns Bonsmara Makghale Boerdery Totale uitverkoping van uitstaande Angus-kudde Paterson-veiling Nasionale Sussexveiling Hayfield Bonsmara Jansenville-veiling Karstens Boerdery Herold Slagveeveiling Fitches Corner-veiling
conrad borman
22 Julie 22 Julie 25 Julie 28 Julie 29 Julie 30 Julie 30 Julie 4 Augustus 4 Augustus 5 Augustus 11 Augustus 13 Augustus
Veilingspryse vir lewendehawe – Junie 2015 15/06 - 19/06
08/06 - 12/06
22/06 - 26/06
29/06 - 03/07
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R16.00
Slagosse
R16.00
Slagosse
R16.20
Slagosse
R15.20
Slagkoeie
R13.75
Slagkoeie
R14.00
Slagkoeie
R13.40
Slagkoeie
R13.00
Maer beeste
R11.00
Maer beeste
R11.00
Maer beeste
R10.50
Maer beeste
R12.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R20.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R20.50
Ligte kalwers (180-200kg)
R19.60
Ligte kalwers (180-200kg)
R21.50
Swaar kalwers (201-250kg)
R19.50
Swaar kalwers (201-250kg)
R20.50
Swaar kalwers (201-250kg)
R19.20
Swaar kalwers (201-250kg)
R21.00
Swaar kalwers (250kg +)
R17.80
Swaar kalwers (250kg +)
R19.00
Swaar kalwers (250kg +)
R17.00
Swaar kalwers (250kg +)
R19.00
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R25.00
Slaglammers
R26.00
Slaglammers
R25.00
Slaglammers
R26.00
Stoorlammers
R24.50
Stoorlammers
R24.00
Stoorlammers
R25.50
Stoorlammers
R27.00
Kruislammers
R23.00
Kruislammers
R24.00
Kruislammers
R24.00
Kruislammers
R22.00
Slagooie
R17.00
Slagooie
R17.00
Slagooie
R17.30
Slagooie
R20.00
Maer ooie
R16.00
Maer ooie
R16.00
Maer ooie
R14.50
Maer ooie
R18.00
Klein bokkies
R26.40
Klein bokkies
R26.40
Klein bokkies
R26.50
Klein bokkies
R32.00
Jong bokke
R24.00
Jong bokke
R24.00
Jong bokke
R24.50
Jong bokke
R28.00
Bokooie
R17.00
Bokooie
R17.00
Bokooie
R17.80
Bokooie
R19.00
10
Vaalrivier- en Prieska Diensstasies GWK Westra-promosie Koop 5 kg Top White mieliemeel teen
R 30,25
en kry 1 kg Westra stampmielies gratis.
Promosie geldig vanaf 25 Junie 2015 tot 31 Julie 2015
Promosie geldig terwyl voorraad hou. www.gwk.co.za
innoveer landbou
Landbouwenke Koring
Pekanneute
� Koring-planttyd is amper verby en slegs kort groeiers kan van middel tot einde Julie geplant word. � Met laat aanplantings kan plantdigtheid tot 120-130 kg saad/ha aangepas word. � Bring duisendkorrelmassa in berekening aangesien dit `n aansienlike verskil kan maak. `n DKM van 37 het `n saadtelling van 27 000 sade/kg teenoor `n DKM van 44 met `n saadtelling van 22 000 sade/kg. � By `n plantdigtheid van 120 kg/ha sal die saad met die laer DKM d.w.s 37, `n stand van 600 000 plante/ha meer hê as `n lot van 44 DKM. � `n Te hoë plantestand verhoog die risiko vir omval en dit lei tot `n hoër persentasie sifsels en `n laer persentasie vetkorrels.
� Pekanneute moet steeds in die winter besproei word, maar die waterbehoefte is heelwat laer. � Twee goeie besproeiings tydens die winter behoort voldoende te wees. � Snoei van pekanneute word in Julie en Augustus gedoen. � Nuwe bome word ook in dié twee maande geplant. � Gate moet minstens 1 m diep wees of 20 cm dieper as die penwortel. `n Gedeelte van die los grond moet onder in die gat teruggeplaas word voor plant. Die afgesteekte penwortel moet in los grond wees om vertikale wortelontwikkeling te bevorder. � Goed verrotte kompos en 0,5kg van `n sinkbevattende bemestingstof (22% Zn) kan met die grond vermeng word en in die gat geplaas word. � Struktuurvorming van jong bome jonger as vyf jaar word gedoen en leierloot word gestimuleer om so sterk en so hoog as moontlik te groei. � Sylote moenie dikker as twee derdes van hoofstam by plek van aanhegting wees nie. � Die gewenste hoek met hoofstam moet kleiner as 90° en groter as 30° wees. � Verwyder een derde van loot net bokant `n ogie wat na buite weg van die boom wys. � Vryf leierloot se ogies af (behalwe die boonste ogie) om opwaartse groei te stimuleer.
Uie en saaduie � Ligte topbemesting (stikstof) kan toegedien word indien nodig. Volg `n bemestingsprogram en waak teen te veel stikstof op saaduie. � Uie benodig gemiddeld 150 N, 90 P en 80-140 K/ha. � Blaarvoedings met mikroelemente soos boor, molibdeen sink en koper kan vanaf nou tot vroegsomer toegedien word. � Onkruidbeheer is belangrik en moet begin word terwyl onkruide nog klein is. � Spuit sistemiese swamdoders veral op saaduie om siektes te beheer voordat dit sigbaar word. 12
� Volwasse bome word ligter gesnoei aangesien die struktuur reeds gevorm is. Verwyder oortollige klein sylote en dooie takke.
Gars � Gars is in die saailingstadium en moet net lig besproei word totdat die plante goed gevestig is. � Op `n katoen-wisselboustelsel en waar baie mieliereste net voor plant op die land teenwoordig was, moet `n hoër stikstofpeil toegedien word (ongeveer 2030 kg meer, afhangend van die grondtekstuur). Dit moet verkieslik verdeel word om sodoende `n stikstofnegatiewe periode teen te werk. Op baie sanderige gronde word ± 20 N meer aanbeveel weens loging. � `n Verdeelde stikstoftoediening van 100 N met plant, 20-40 N op ses weke ná opkoms (30 N vir Puma, maar 40-60 N vir Cocktail) met melk- tot sagte deegstadium.
Lusern � Nuut gevestigde aanplantings moet veral op swaarder gronde oordeelkundig besproei word. Om wortelontwikkeling te optimaliseer, moet die profiel nie te nat wees nie. � Ouer aanplantings kan swaarder besproei word, veral lae dormansie kultivars wat meer aktief is in die winter. � Vestiging van lusern in die winter word nie aanbeveel nie weens baie koue toestande wat ontkieming en opkoms erg kan vertraag. Saailinge kan dan ook makliker versuip indien te veel besproei word.
GWK Finansiering . . .
innoverende finansieringsoplossings Douglas Kobie Greyvensteyn Uitvoerende Bestuurder Douglas Johannes Celliers Admin Douglas Cobus Horn Bemarkingskantore Douglas Alice Kemp Tradisionele gebiede
Ons bied unieke, innoverende finansieringsoplossings vir volhoubare groei wat ons klante se verwagtings keer op keer oortref. Kontak u naaste kredietkantoor en kyk hoe ons `n verskil in u boerdery kan maak!
Douglas Paul Greyvensteyn Veilings en Vleisbedrywe Douglas Robert Twigge Kredietbestuurder Douglas Rita Page Krediet kontroleer Douglas Li-Mari Botha Kopers & Nie-Lede
Vaalharts Andre Pretorius Perseel 320 Tel: 053 456 0293 Hopetown Christoff Koekemoer IndustriĂŤleweg Tel: 053 203 0865 Kimberley Fred Louw Kaapstadweg Tel: 053 831 2796 Luckhoff/Hopetown Karen Kruger Voortrekkerstraat Tel: 053 206 0071 Modderrivier Chris van Wyk Stasiestraat Tel: 053 581 0112 Mooirivier Warren Daines 19 Alexander Terrace Tel: 033 263 2768 Prieska Koos Slabbert Loots Boulevard Tel: 053 353 1151 Cradock James Louw Frere Straat 83 Tel: 087 820 4606 Noordwes Bernhard van Zyl Westra kantore (Christiana) Tel: 053 441 2231
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Die aksie en opwinding het vanjaar hoog geloop op GWK se Streekspanne-rugbytoernooi. 14
Foto’s: Tania Fourie
Aktueel
Carien Grobler
Mense sak op NK-dorp toe vir GWK streekspanne-rugbytoernooi
H
onderde mense het onlangs op die dorp Hopetown toegesak. Altesaam 340 rugbyspelers, sowel as hul spanbestuurslede en ouers was daar byeen vir die derde GWK Streekspanne-rugbytoernooi. Dié toernooi word jaarliks in samewerking met die Griekwa Hoërskole-rugbyvereniging aangebied. GWK het die besluit geneem om die toernooi jaarliks op `n ander dorp aan te bied om aan meer NoordKaapse dorpe die geleentheid te gee om die ekonomiese voordeel van die besoekers te benut. Dit is deel van GWK se herinvestering op die platteland. Tydens die toernooi vir O/15- en O/17-spelers neem agt spanne in elke ouderdomsgroep deel. GWK se doelwit met die toernooi is om `n platform vir deelname vir ons aandeelhouers se kinders te skep. Dit is ook `n talent-pyplyn vir volgende jaar se O/16- en O/18-spanne. Tydens die oorhandiging van die spantruie het mnr. Pieter Spies (Besturende Direkteur van GWK) benadruk hoe belangrik die fokus op die jeug vir GWK is. Baie geluk aan O/15 Kimberley A en O/17 Suid-Vrystaat wat vanjaar as wenners uit die stryd getree het! Sowat 3 500 etes word tydens die toernooi aan honger rugbyspelers en hul spanbestuur bedien. Die koste van hierdie etes beloop R230 000 – `n goeie inkomste vir die dorp.
Voor en middel: Die kapteins van die onderskeie spanne. Agter: Me. Nolene Cronje en mnr. Hennie Stander (Monsanto), mnre. Johan Jonker en Polla Steenkamp (onder-voorsitter van Griekwa Skole-rugby), Pieter Spies (Besturende Direkteur van GWK), Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK), Danie Slabbert (voorsitter van Griekwa Skole-rugby) en Ben Cronje (Monsanto). Elkeen van die spelers het met hul aankoms `n volledige uitrusting ontvang wat rugbykouse, `n rugbybroek, opwarmingshemp, rugbytrui, sweetpakbroek en `n warm sweetpaktop insluit. “Die spelers dra hierdie klere met trots,” sê mnr. Eddie Lightfoot, sportorganiseerder van die Hoërskool Hopetown. Ouers van die skool is genader om elke dag die spelers se klere te was, wat beteken dat 680 rugbykouse, 340 rugbytruie en 340 rugbybroeke elke dag skoon aan die spelers terugbesorg is. Mnr. Tienie Smit, skoolhoof van die Hoërskool Hopetown, beklemtoon die waarde wat die toernooi vir die gemeenskap, en veral vir die skool, ingehou het. “Die skool en sy fasili-
teite en borge het blootstelling en bemarkingswaarde gekry, terwyl Hopetown baie besoekers en sodoende besigheid gekry het. Die gemeenskap het ook die geleentheid gekry om goeie rugby te kyk”. Lightfoot meen die manier waarop die dorp die groot stormloop van besoekers hanteer het, is `n bewys dat `n plattelandse dorp wel `n toernooi van hierdie omvang suksesvol kan aanbied en groot getalle besoekers kan akkommodeer. Vir die doel van die toernooi het verskeie “pop-up”gastehuise oopgemaak om die gaste tydens hul verblyf in Hopetown te akkommodeer. “Die mense kan nie uitgepraat raak oor die gasvryheid van ons dorp se inwoners nie.” 15
Die wenspanne van vanjaar se toernooi
O/15 Kimberley A.
O/17 Suid-Vrystaat. 16
GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. GRAAN AANKOPEBESTUURDER Ig Pretorius 082 906 1672 BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676
GWK Graan vestig gerus stelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graan hanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhan teringsfasiliteite is toonaan gewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK graan is dit die pro dusent wat saakmaak!
LUCKHOFF Thys Ellis 082 888 6295 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 NOORD-WES Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705 OOS-KAAP Eben Vermeulen 082 881 1926 OOS-VRYSTAAT Esperansza van der Walt 082 805 9911
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Kimberley
Noord-Kaap
Douglas
Prieska
Jacobsdal
Hopetown
Ons besigheid Leana Coetzee
GWK se Landzicht-wyne spog met `n splinternuwe voorkoms
A
fgesien van verskeie nasionale toekennings wat GWK se Landzicht-wynkelder onlangs ingepalm het, spog die kelder se wyne binnekort ook met `n splinternuwe, vars voorkoms. Volgens mnr. Hein Janse van Rensburg (Wingerdboukundige) is die besluit vir hierdie voorkomsverandering geneem om nuwe markte te ontgin. “Landzicht-wyne was nog altyd `n nis-produk, maar met die nuwe etikette is ons gerat om ons volume bottelverkope te verdubbel,” sê Janse van Rensburg. Hy sê ook dat die Noord-Kaap `n unieke gebied is – “ongenaakbaar, maar tog vrygewig” – en dat die nuwe reeks etikette `n 18
identiteit aan die wyne gee wat van hul herkoms spreek. Mnr. Ian Sieg (Bestuurder: Wyn) meen dat verandering nodig is. “Lojale verbruikers wat Landzicht se gehalte ken en vertrou sal aanhou om die handelsmerk te ondersteun en die etikette sal nuwe kopers trek,” sê hy. “Dit is vir Landzicht belangrik om kreatief en modern te wees. Daarom pas ons deurlopend aan by die wynliefhebber se behoeftes.” Hy sê ook dat die verbruiker trots moet wees om te assosieer met `n elegante wyn van hoë gehalte. Volgens Sieg weerspieël die nuwe voorkoms wat presies Landzicht-wyne anders maak.
“Die publiek sal daarby aanklank vind.” Die Noord-Kaapse kalkgronde en water vanuit die Oranjerivier dra by tot die gehalte van die druiwe wat vir die maak van die wyne gebruik word. Janse van Rensburg sluit hierby aan en noem dat die uitgestrekte area vir verbouing hul toelaat om aan te hou eksperimenteer tot daardie perfekte balans gevind word. Die terugvoer oor die mees onlangse eksperiment, die nuwe etikette, was tot dusver baie positief en Landzicht is opgewonde om die projek af te handel. Die etikette is reeds op verskeie bottels aangebring en behoort teen die einde van 2015 gefinaliseer te wees.
depositphotos
Ons besigheid Leana Coetzee
MVW bied kompeterende pryse
M
idlands Veterinary Wholesalers (MVW), `n groothandelaar wat daarin spesialiseer om produkte aan veeartse en ander kleinhandelaars oor Suid-Afrika heen te verskaf, is in 1993 gestig en het beduidend gegroei oor die afgelope 22 jaar. MVW het in Junie 2013 `n volfiliaal van GWK geword en gevolglik het MVW die voorkeurverskaffer van dieregesondheidsprodukte aan GWK se handelstakke geword. Mev. Lizelle Schutte (Bestuurder: MVW) sê dat dié besigheid se missie is om eties en met integriteit binne die dieregesondheid-mark op te tree, goeie diens en raad te verskaf en steeds kompeterende pryse te kan 20
bied. “Ons doelwit is om die “one-stop-veterinary-shop”-model wat MVW in KwaZulu-Natal ontwikkel het, suksesvol uit te brei tot op nasionale vlak, terwyl ons steeds ons huidige klantebasis bedien met die uitstekende klantediens wat hulle verwag en vereis.” MVW het verspreidingsentrums in Mooirivier, KwaZulu-Natal, asook in Johannesburg. Hulle hanteer die nasionale verspreiding van dieregesondheidsprodukte soos inentingsprodukte, ontwurmingsprodukte, veeartsenydienste en ander kleinhandel-dienste regoor Suid-Afrika. Tegniese diens en bystand maak deel uit van die naverkoopdiens wat
MVW bied. Schutte noem ook dat MVW se personeel goed opgelei is en baie kundigheid het oor die produkreekse in die veld van dieregesondheid. Die personeel is altyd vriendelik en daar is altyd voltydse aptekers by alle take beskikbaar om bystand te bied met enige tegniese navrae. MVW bied aan klante `n wye produkreeks, bekostigbare pryse, produkkennis en -beskikbaarheid, tegniese ondersteuning, wildfokus, betroubare diens en `n betroubare reputasie. Besoek gerus MVW se webwerf by www.mvwsa.com of skakel die hoofkantoor by 033 263 2770 vir enige navrae.
6 009706 930 141
22
grafika: reinard louw
Ons besigheid Leana Coetzee
Ons pap is beter as jou ma s’n!
U
it `n dinkskrum tussen drie personeellede van Westra, mnre. Eddie Ueckermann (Uitvoerende Bestuurder: Westra), Paul Watkins (Bemarkingsbestuurder: Westra) en Trompie Brynard (Fabrieksbestuurder: Westra op Christiana), is `n idee gebore wat die begin was van `n baie suksesvolle projek. Westra, `n filiaal van GWK, het die oogmerk gehad om `n produk te lewer wat by GWK se handelstakke beskikbaar is. Braaipap-meel, en veral growwe braaipap-meel, is `n produk wat relatief skaars is en hulle het dadelik die gaping in die mark hiervoor raakgesien. Om egter `n produk te lewer wat uniek en treffend is, moes besluit word op `n verpakking waarby die publiek dadelik sou aanklank vind, sê Ueckermann. Daarom het hulle besluit om die verpakking te ontwerp volgens die meelsakke waarin meel jare gelede verpak is, maar met `n humoristiese aanslag. “Die oomblik wat ons oor die konsep besluit het, het die idees begin vloei,” sê Watkins. Hulle het onmiddellik besluit om vir elke meel `n naam te
gee wat op die graad van grofheid gegrond is. Die projek het ook die potensiaal getoon om in die gemeenskap te belê deur werkers betrokke te maak by die vervaardiging van die meelsakke. Die eerste reeks 100% Braaipap het in Junie op die rakke in GWK se handelstakke en vulstasies op Kimberley, Modderrivier, Douglas en Prieska verskyn. Brynard noem dat hy nie woorde het om die terugvoer oor hierdie produk te beskryf nie. Hoewel die reeks slegs `n proeflopie was, is reeds 3,5 ton meel verkoop. Vir `n mark waarin normaalweg sowat een ton van hierdie meel per maand verkoop word, is dit `n uitsonderlike prestasie. Die hele span skryf die prestasie grootliks toe aan die verpakking en verwys ook telkens na die samewerking en kreatiewe idees wat hulle van GWK se grafiese ontwerper, mnr. Reinard Louw, met hierdie projek kry. Hoewel die produk op die oomblik nog eksklusief by GWK se handelstakke en vulstasies beskikbaar is, het inligting hieroor versprei en is bestellings van so ver as Johannesburg, Potchefstroom, Bloemfontein en Kaapstad reeds ontvang. Navrae
het ook ingestroom oor wanneer die volgende reeks verskyn, omdat verskeie dames al beplan aan die gordyne, dekens en skinkbordlappies wat hulle met die meelsakke wil maak. Die sakkies is blykbaar ook ideaal om as biltongsakkies te gebruik. Vanweë die gewildheid van die produk word beplan om 100% Braaipap stelselmatig wyer beskikbaar te stel en dus sal dit ook, op aanvraag, in Julie in Suidwes-handelstakke beskikbaar gemaak word. Elke sakkie 100% Braaipap is ook 100% uniek en outentiek, wat dit inderwaarheid `n versamelstuk maak. `n Resep vir `n braaidis verskyn op die rugkant van die sakkies om die verbruiker “`n smaak van die mense van ons streek te gee,” sê Ueckermann. Elke sakkie is handgemaak en deel van `n eenmalige reeks ontwerpe wat maandeliks verander word. Die ontwerpe is gegrond op humor, die geskiedenis en herkoms – ontwerpe wat waarlik met die hart van die verbruiker praat. Die 100% Braaipap-meel is beskikbaar in Rof en Grof met semels, Bitter Grof, Lekker Grof en Geelmeel. Die volgende reeks sal deur die loop van Julie beskikbaar wees. 23
depositphotos
Inligtingstegnologie Leana Coetzee
GWK Inligtingstegnologie bied nuwe, omvattende oplossings
G
WK Inligtingstegnologie (IT) is verantwoordelik dat GWK se interne prosesse seepglad verloop – van die programmering van stelsels, tot die herstel van personeel se rekenaars. Dié besigheid verskaf egter nou ook `n verskeidenheid oplossings aan GWK-aandeelhouers en ander eksterne kliënte. Hierdie innoverende stap is geneem 24
om aan produsente `n eenstopdiens te lewer wat die hele spektrum van IT-dienste dek. Meer inligting oor hierdie dienste sal beskikbaar wees by die IT Tech-dae wat GWK op 8 September by GWK se kantoor op Kimberley en weer op 10 September by die GWK Douglas-kantoor sal aanbied. Hierdie twee dae word aangebied om GWK-produsente en -kliënte, asook ander instansies in die omge-
wing, in te lig oor die jongste inligtingstegnologie-dienste en -toerusting wat by GWK beskikbaar is. By die GWK IT Tech-dae sal GWK se eie inligtingstegnologie-span en ander verskaffers van GWK IT regstaan om inligting oor die produkte en dienste, asook die gehalte daarvan, met besoekers te deel. GWK nooi alle aandeelhouers, produsente en instansies in die omgewing uit om een van die twee dae by
VSAT-pakkette Spoed Databondel Subskripsie x 24 Telefoonlyne
VSC53
VSC105
VSC210
VSC420
Af 512 KBPS / Op 128 KBPS
Af 1 MBPS / Op 256KBPS
Af 2 MBPS / Op 384 KBPS
Af 4 MBPS / Op 512 KBPS
3 GIG R 397.86 p/m R 192.66 (Maks x 1)
5 GIG R 466.26 p/m R 192.66 (Maks x 2)
10 GIG R 751.26 p/m R 192.66 (Maks x 3)
20 GIG R 1 275.66 p/m R 192.66 (Maks x 4)
te woon. Een van die dienste wat nou aan GWK se aandeelhouers beskikbaar is, is die VSAT-aanbieding. Hierdie stelsel sal produsente op verafgeleë plase sonder toegang tot internet of telefoonlyne, in staat stel om met behulp van `n satelliet-internetdiens toegang daartoe te kry. Hierdie satellietstelsel is nie afhanklik van vastelyn-verbindings nie en is beskikbaar in vier verskillende pakkette, elk met `n ander kostestruktuur (Figuur 1, 2 en 3). Elke kliënt kan dus `n pakket kies wat aan sy spesifieke behoeftes voldoen. Die VSAT-stelsel sluit nie versterking van selfoonontvangs in nie, hoewel versterkers by GWK IT beskikbaar is. VSAT-stelsels word aangepas by die kliënt se behoeftes en kan vir slegs basiese internettoegang gebruik word, of selfs vir `n kantoor-opset waar verskeie apparate op `n netwerk gekoppel word. Omdat hierdie diens eksklusief aan GWK-aandeelhouers beskikbaar gestel word, het GWK IT kompeterende pryse beding met Nucom en Vodacom en kan die diens dus bekostigbaar aan aandeelhouers gebied word. Die installasie van die VSAT-stelsels word ook gratis gedoen. Bykomende dienste wat GWK IT aan aandeelhouers en ander eksterne kliënte bied, is die verskaffing en installasie van selfoon- en data-seinversterkers. GWK IT spesialiseer ook in hardeware-verkope en bied aan kliënte die geleentheid om enige IT-toerusting teen mededingende pryse aan te koop. Beskikbare handelsmerke sluit in Acer, HP, Samsung
Top up-bondels
Prys
1 GIG
R 354.54
3 GIG
R 867.54
5 GIG
R 1 494.54
10 GIG
R 2 862.54
Oproepkoste
Per minuut
Telkom
R 0.30
Neotel
R 0.30
Sellulêr
R 0.60
Zone 1 INT
R 0.60
Tabel 1, 2 en 3. en Dell, maar kliënte kan ook toerusting van enige ander handelsmerke hier bestel. Langtermynverhoudings met verskaffers plaas GWK IT in `n posisie om goeie pryse te beding en toegang te hê tot enige IT-hardeware wat kliënte moontlik wil bestel. Om hierdie dienste te gebruik, word bestellings by GWK IT geplaas, waarna `n kwotasie uitgereik word. Internetbetalings of bestelnommers word van nie-aandeelhouers aanvaar, terwyl aandeelhouers aankope op hul GWK-rekeninge kan doen. Die omvattende diens wat GWK IT aan kliënte bied, begin by die op-
somming en ontwerp van die kliënt se behoefte, die hantering van enige installasies en eindig by die belofte van uitstekende naverkoopdiens. As die kliënt dit so verkies, kan `n diensooreenkoms ook opgestel word wat die onderhoud van alle geïnstalleerde toerusting insluit. Vir die installasie en diens van toerusting wat ver van GWK se hoofkantoor op Douglas geleë is, word `n proses gevolg om `n bevoegde kontrakteur daarvoor aan te stel. Só word hierdie diens verder as GWK se primêre bedieningsgebied uitgebrei en kan al hoe meer klante hierdeur bevoordeel word. 25
Mnr. Gerhard Bruwer, produsent van GWK, beklemtoon die Redvale-kultivar se sukses. Bruwer is GWK reeds `n tyd lank met grondboonproewe behulpsaam.
Spesialisprodukte
Pierre Ferreira Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling en Evaluasie
Grondbone is `n uitstekende wisselbougewas, meen produsent
G
WK Saad is nou die derde jaar besig met die evaluasie van oorsese grondboonkultivars in Suid-Afrika. Kultivars vanuit Australië en Amerika word op die oomblik geëvalueer. Statistiese proewe word geplant by El26
lisras (Limpopo), Douglas (NoordKaap) en Viljoenskroon (Vrystaat) om die effektiwiteit van die kultivars in hierdie gebiede te toets. GWK het in die afgelope seisoen drie hektaar van die Australiese kultivar Redvale aangeplant, en in Februarie `n bekendstellingsdag aange-
bied waartydens produsente die geleentheid gehad het om na die aanplanting te kom kyk. Die dag is verder verryk deur die insette van Dr. Graeme Wright, `n grondboonteler van The Peanut Company of Australia. Produsente was veral beïndruk met die donkergroen blare, goeie
nodulering en sterk ankers van hierdie kultivar. Die gewig van die plant en peule is ook vergelyk met die van `n plaaslike kontrole en dit was duidelik dat die Redvale plant heelwat swaarder is. `n Oesskatting is laat in die seisoen gedoen en na beraming is `n 5.5 ton pitmassa per hektaar verwag. Die seisoen is egter gekenmerk deur ryp wat vroeër as ander jare voorgekom het. Die kultivar Redvale is defintief baie gevoelig vir ryp met die gevolg dat oesverliese voorgekom het. GWK beplan egter om steeds voort te gaan met Redvale vanweë die potensiaal van die kultivar. Produsente wat die kultivar aanplant sal dit egter eerste moet uithaal (vroeg April) om die risiko van ryp te vermy. Dit sal ook die geleentheid skep om te bepaal wat die invloed van peulaalwurm op die gehalte is wanneer dit vroeër uitgehaal word. Laasgenoemde is veral van belang as in ag geneem word dat die lewensiklus vanaf volwasse tot eierstadium in slegs sewe dae geskied. Verder word verwag dat peulverliese met oes minimaal sal wees vanweë die sterk ankers van die kultivar.
Opbrengs (ton/ha) 2.5 3.0 3.5 4.0 4.5 5.0 5.5 Totale produksiekoste Gelykbreekopbrengs/ha Gelykbreekprys R/ton Netto kontant- en kredietvloei
Hierdie stelling word ondersteun as gevolg van die feit dat Redvale uitstekend vaar in die GWK-proewe by Ellisras (Limpopo-provinsie) omdat die plante reeds oesgereed is wanneer die blare en stingels nog groen is. Die Redvale-kultivar het `n doppersentasie van 77.5% behaal. `n Nuwe Australiese kultivar wat vanjaar ook in die proewe ingesluit is, bereik `n dop-persentasie van tot 83%. Hierdie kultivar is ook nie so gevoelig vir ryp nie en sal ook in nou rywydtes aangeplant kan word wat verdere rede tot opgewondenheid is. Mnr. Gerhard Bruwer, produsent van GWK, beklemtoon die Redvale-kultivar se sukses, maar noem ook dat dit belangrik is dat dit uitgehaal word voor ryp omdat dit baie sensitief is. Dit is ook `n uitstekende gewas vir wisselbou – tot `n halfton meer koring per hektaar word gelewer ná grondbone. Dit versprei die boerdery se risiko en is ekonomies dus die moeite werd. GWK beplan verder om ook drie hektaar van `n Spaanse kultivar afkomstig vanuit die staat Texas vanjaar aan te plant. Hierdie kultivar sinkroniseer die drag rondom die
Prys/ ton R 8 440 -4,365 -145 4,075 8,295 12,515 16,735 20,955
R 8 640 -3,865 455 4,775 9,095 13,415 17,735 22,055
R 8 740 -3,615 755 5,125 9,495 13,865 18,235 22,605
hoofstam en het `n mooi gladde pit. Dit is ook `n hoë olien-kultivar wat dit nog meer geskik maak vir die uitvoermark. Die kultivar sal ook in beddings (nou rywydtes) aangeplant kan word. Die grootste persentasie van die pitgroottes is in die 50/60 en 60/70 klas wat dit uiters geskik maak vir die uitvoermark. Goeie data kon vanjaar ingesamel word vir gevoeligheid teenoor ryp. Hierdie kultivar se stam bly groen en die plante het mooi as `n geheel uit die grond gekom met al die vroeë en laat proewe. Die afgelope drie jaar het GWK se navorsingspan goeie data versamel met die kultivar-navorsingsprogram. Belowende kultivars, waarvan daar genoeg moedersaad is om in te voer, is reeds geïdentifiseer. Verder toon die data dat daar ook nog belowende kultivars is wat in vanjaar se proewe ingesluit is, maar op die oomblik nog in eksperimentele fase oorsee is. GWK sal voortgaan om grondboonkultivars in te voer en te toets. `n Verskil in ton per hektaar het `n groot invloed op die winsgewendheid van die gewas soos uit Tabel 1 gesien kan word.
R 8 940 -3,115 1,355 5,825 10,295 14,765 19,235 23,705
R 9 140 -2,615 1,955 6,525 11,095 15,665 20,235 24,805
R 9 440 -1,865 2,855 7,575 12,295 17,015 21,735 26,455 R 25,465
2.85 6,366 11,196
Tabel 1. Sensitiwiteitsanalise met `n vroeë grondboonaanplanting – inligting verkry van GWK Finansiële Landbou Advies. 27
28
conrad borman
Presisieboerdery Armand van Eck Landboukundige
Infiltrasie van water steeds `n uitdaging by sommige gronde
D
ie effektiewe infiltrasie van water onder besproeiingstoestande bly `n uitdaging by sekere grondsoorte in die GWKgebied. Tydens `n droër as normale somerseisoen (soos ons hierdie jaar beleef het), kom probleem-spilpunte se tekortkominge sterk na vore. In sekere gebiede is infiltrasieprobleme oorkom deur oor te skakel na minimum-bewerking om sodoende die reste van die vorige oes (koring) te benut om dit te verbeter. Hierdie infiltrasieprobleem word hoofsaaklik veroorsaak deur hoë slikinhoude, asook soutakkumulasie in die bogrond, wat `n kors tot gevolg het. As genoegsame infiltrasie nie plaasvind om opgeboude soute (vroeg in die seisoen) in die bogrond te verplaas nie, kan die oormaat soute die plant se groei strem en word opbrengs so ingeboet. Hierdie neiging is veral op die buitekante van die groter spilpunte waargeneem. Soute bou oor tyd in gronde op. Met die hedendaagse waterskeduleringstegnieke word minimum water oorbesproei. Soute mag oor tyd weens min tot geen loging in die bogrond opbou. In droë seisoene dra reën nie by tot die uitwas van soute nie en so vind
Gewas
Teikenwaarde (mS/m) vir 100% opbrengs
Uie
120
Aartappels
170
Mielies
170
Lusern
200
Grondbone
320
Sonneblom
480
Sojabone
500
Durum
570
Koring
600
Katoen
770
Gars
800
Figuur 1. EG-drempelwaardes (grond) van verskillende gewasse. Ayers, R.S. & Westcott, D.W., 1985. Water quality for agriculture. FAO Irrigation and Drainage Paper No. 29. FAO, Rome. soutakkumulasie in die bogrond plaas. Hierdie soute is grootliks afkomstig uit die moerdergesteentes van die gebied, asook sekere riviersisteme wat baie soute bevat. Dit is belangrik om te weet wat die soute in die grond behels. Basiese katione soos Na+, K+, Ca²+, Mg²+ is soute en dra by tot die elektriese geleiding (EG) van die grond. `n Versadigde pasta-ekstrak word gebruik om die konsentrasie van
soute in die grondoplossing in mS/m (millisiemens per meter) te bepaal. Drempelwaardes in gronde vir verskillende gewasse kan in Figuur 1 waargeneem word. Toedieningstempo oorskry die infiltrasietempo Die infiltrasievermoë van `n grond word deur verskeie faktore beïnvloed, onder meer klei- en slikinhoud, soute in die bogrond, organiese materiaal, 29
ensovoorts. As die infiltrasietempo van `n grond oorskry word, sal water onder die spilpunt begin opdam en tydens `n besproeiing uitloop. Hierdie effek sal toeneem soos die grootte van `n spilpunt toeneem as die toediening dieselfde bly, omrede dieselfde hoeveelheid water in `n korter tyd aan die buitekante toegedien word. Sien die meegaande voorbeeld van `n satellietbeeld wat op `n mielieland geneem is. Infiltrasieprobleme het in die afgelope seisoen op die buitenste toring en oorhang voorgekom. In Figuur 4 is die druppelgrootte nie fyn genoeg of die benattingsfront aan die buitekant van die spilpunt nie groot genoeg nie. Dit is duidelik dat die buitekant van die spilpunt baie swakker vertoon as die res van die spilpunt volgens die indeks. Die impak van groot druppels aan die kant van die spilpunt veroorsaak dat die agregate in die grond se struktuur vernietig word. As die benattingsfront klein is, sal die groot hoeveelhede water in `n kort tyd oorbesproeiing veroorsaak en afloop sal dus plaasvind. Soute akkumuleer dus in die bogrond en word nie uitgewas nie. Die gevolg is dat geen water infiltreer nie weens die kors wat vorm. Sien Foto 1 van die swak kolle teenoor die beter kolle op die buitekant weens soute wat akkumuleer deurdat water afloop en nie infiltreer nie. In die foto word die kors duidelik uitgewys wat vorm weens die soutakkumulasie in die bogrond. Kunsmisstowwe dra by tot die soutindeks van grond. Figuur 2 verduidelik hoe verskillende kunsmisverbindings in die grond `n bydrae kan lewer tot `n verhoging in die soutindeks. Infiltrasieprobleme se invloed op gronde `n Groot oorweging om infiltrasieprobleme te oorkom, is om oor te beweeg na minimumbewerking om sodoende reste te bewaar en infiltra30
Slik+ Klei-inhoud (%) 10
Finale infiltrasietempo (mm uur-1) 100
10-15
80
15-20
45
20-25
28
25-30
18
30-35
15
>35
10
Figuur 3. Aanduiding van infiltrasietempo’s van verskillende slik + klei %. Swak
Goed Figuur 4. Satellietbeeld op mielies. sie te verbeter. Kaliumvlakke in die grond moet opgebou wees na bonormale vlakke alvorens na minimum-bewerking oorgeskakel word. Dit verseker die verspreiding van kalium binne die wortelsone. In gronde met `n baie fyn tekstuur, tipies slikgronde, beweeg kalium wat op die grondoppervlak toegedien is baie min. Dit kan dan ook minder beskikbaar wees aan die plant, veral onder droĂŤr toestande. Die mees aanvaarbare manier om kaliumbeskikbaarheid te verhoog, is om genoegsame hoeveelhede in die
grond toe te dien (plantwortels moet dit ook kan bereik). Deeglike vermenging met die grond is ook beter as om slegs produkte op die oppervlak toe te dien. Kalium in die band toegedien is ook meer toeganklik vir mielies as dieselfde hoeveelheid wat breedwerpig toegedien is (Better Crops/Vol. 82). Ongelukkig kan nie alle kalium (in sommige gevalle) vir die verwagte opbrengsmikpunt gebandplaas word sonder om soutbrand-risiko’s te loop nie. Hierdie direkte voordeel van kalium in die band word grootliks verklaar
deur die feit dat groot hoeveelhede kalium deur diffusie en wortelkontak opgeneem word (ongeveer 80% van opname). Vloeibare kunsmis het egter ook `n plek. Vanweë die homogene verspreiding van voedingselemente in die oplossing, die egalige verspreiding van voeding saam met besproeiingswater oor die hele land en die superiore inbeweeg saam met besproeiingswater, is die direkte agronomiese voordeel van vloeibare kunsmis onbetwisbaar. Hierdie inbeweeg saam met die water in die grond sal beter plaasvind op `n grond nader aan veldkapasiteit (natter grond) as in `n droë grond. In die voorbeeld van die mielies soos hierbo is monsters geneem in die goeie sowel as die slegte dele. `n Ammoniumasetaat-ontleding is gedoen om die neiging van die verskillende elemente uit te wys. Let op hoe die kalium in die kors opgebou het (404 mg/kg en 844 mg/kg) en heelwat minder is in die wortelsone (105 mg/kg en 124 mg/ kg). Die kors is dan ook baie droog, wat minimum wortelaktiwiteit tot gevolg het (Figuur 5). In hierdie spesifieke geval was die oormaat kalium die gevolg van kaliumvoeding wat opgelos is in water en toe deur die spilpunt toegedien is. Maak dus seker dat loging wel deur die boonste lagie grond plaasvind as
Foto 1. hierdie praktyk toegepas word. Die plant ly as’t ware honger en dors weens water wat nie deur die kors kan infiltreer nie. Verbetering van infiltrasie � Kyk na druppelgrootte en waterverspreiding (effektiwiteit van die spilpunt). � Vergroot die benattingsfront van die stelsel. � `Wet rip’ vroeër – en meer as
� � � �
een keer – en gee swaar water daarna. Plant weerstandbiedende gewasse soos gars en katoen as soutprobleme voorkom. Lusern is `n goeie wisselbou vir deurlugting en verbetering van grondstruktuur. Koring doen goed (gars nog beter) omdat dit meer souttollerant is as mielies. As vol koring geplant word, kan
Versadigde waterpasta-ekstrak Labno.
EG mS m-1
L7 Goed kors M176 L7 Goed 10-20 M177 L7 Swak kors M178 L7 Swak 10-20 M179 L9 Goed kors M180 L9 Goed 10-20 M181 L9 Swak kors M182 L9 Swak 10-20 M183 Teikenwaardes mielies Teikenwaardes koring
317 133 448 162 203 143 361 127 < 350 < 600
Monsterno.
K me l-1
mg l-1
me l-1
Ca mg l-1
Mg me l-1 mg l-1
Na me l-1 mg l-1
1.772 0.068 9.025 0.131 2.128 0.117 1.895 0.120
69.1 2.6 352.0 5.1 83.0 4.6 73.9 4.7
20.040 9.741 15.025 8.297 6.301 4.752 10.593 4.528
400.8 194.8 300.5 165.9 126.0 95.0 211.9 90.6
5.648 2.794 6.583 2.850 4.791 4.345 6.654 3.905
1.037 0.949 1.586 1.268 0.853 1.467 1.753 2.546
67.8 33.5 79.0 34.2 57.5 52.1 79.9 46.9
23.8 21.8 36.5 29.2 19.6 33.8 40.3 58.6
NAV(SAR)
Ca:Mg
Ca%
0.3 0.4 0.5 0.5 0.4 0.7 0.6 1.2 <3 <3
3.5 3.5 2.3 2.9 1.3 1.1 1.6 1.2 >1.0 >1.0
70 72 47 66 45 44 51 41 >15
Figuur 5. Versadigde waterpasta-ekstrak van goeie en swak dele onder die spilpunt. 31
vol mielies nie geplant word nie. Rus een sirkel en gebruik sy water om logingsfraksie na te kom. � Organiese materiaal inwerk / “strip till” / ”no-till”. � Pasop vir ligte besproeiings. � Doen variërende regstellings soos aanbeveel. Opsomming Dit is belangrik om nie die infiltrasietempo van `n grond te oorskry nie. Swak waterinfiltrasie bring ander probleme na vore soos soutakkumulasie en die opbou van voedingstowwe in die kors. Deeglike opbou en die vermenging Foto. 2. van voedingstowwe in die bogrond is noodsaaklik alvorens oorgeskakel word na `n minimum bewerkingstelsel om reste beter te benut.
Misstof Relatiewe soutindeks Bronne Natriumnitraat 100 � Potassium Availability and Uptake, Better Crops/Vol. 82 (1998, Ammoniumsulfaat 53.7 No. 3) Ammoniumnitraat 49.3 � Potassium Placement and Tillage Kalium Magnesium Sulfaat 32.5 System Effects on Corn Response Kaliumchloried 31.9 following Long-Term No Till - Tony J. Vyn and Ken J. Janovicek Ureum 26.7 � Effect of water quality on irrigaKaliumnitraat 20.1 tion farming along the lower Vaal Kaliumsulfaat 14.1 River: The influence on soils and Ammoniak 9.4 crops: CC du Preez et al. UOFS. Diammoniumfosfaat 7.5 WRC report 740/1/00. (2000) � Nutrient Management for Top Monoammoniumfosfaat 6.7 Profit, Modern Corn and Soybean Superfosfaat 6.4 Production – p. 164 � Bemestings Handleiding MVSA � Liquid Fertilizer Manual, 1982. National Fertilizer Solutions Asso- Figuur 2. Relatiewe soutindeks van chemiese kunsmismateriale in vergelyking met natriumnitraat. ciation, Illinois, USA.
Ammoniumasetaat Monsterno.
Labno.
L7 Goed kors L7 Goed 10-20 L7 Swak kors L7 Swak 10-20
M176 M177 M178 M179
K cmol kg-1 1.035 0.269 2.165 0.318
Figuur 5. Ammonium-asetaatonleding. 32
mg kg-1 404 105 844 124
Ca cmol kg-1 mg kg-1 16.201 3240 16.497 3299 14.659 2932 15.932 3186
Mg cmol kg-1 mg kg-1 2.747 332 2.727 330 2.806 340 2.857 346
Na cmol kg-1 mg kg-1 0.090 21 0.116 27 0.116 27 0.149 34
34
tania fourie
Vleis
Jo-Mari Bredenkamp Landbou-ekonoom
Skaap: Só lyk die perfekte karkas vir die vleismark
S
Produsente Visuele evaluasie, korrekte han-
35 000
30 000
Skape 1000de
25 000
20 000
15 000
10 000 1970 1972 1974 1976 1978 1980 1982 1984 1986 1988 1990 1992 1994 1996 1998 2000 2002 2004 2006 2008 2010 2012 2014
kaapvleis word oor die land heen geproduseer, maar skaapboerderye is veral gekonsentreer in die droër dele van die land, naamlik die Noord-Kaap, OosKaap, Wes-Kaap, Vrystaat en Mpumalanga. In Suid-Afrika is daar ongeveer 8 000 kommersiële – en 5 800 kommunale skaapboerderye. In 2012 was die beraamde aantal skape in Suid-Afrika 21.1 miljoen. Skaapprodusente word deur verskeie organisasies verteenwoordig, maar die twee mees prominente organisasies is die Dorper Sheep Breeders Society of South Africa en Merino SA (Agriculture Forestry and Fisheries of South Africa). GWK Vleis bedryf twee skaapabattoirs en voerkrale te Groblershoop en De Aar. Die fasiliteite is goedgekeur vir uitvoer en lewer gehalte-handelsmerke eksklusief aan kettinggroepe. Die Food Lover’s Market, Free Range Karoo Lamb, Fresh by Nature Lamb, Woolworths Free Range en Makro Natural Karoo Lamb handelsmerke word slegs deur GWK Vleis verskaf en is getuienis van die voedselveiligheids- en produkstandaarde wat gehandhaaf word. Alle fasiliteite word onafhanklik geoudit in terme van voedselveiligheid en produkgehalte.
Jaar
Grafiek 1. teringsvermoë en klassifikasie is noodsaaklike vaardighede waaroor skaapprodusente moet beskik. Hierdie vaardighede verskaf terugvoer wat van kardinale belang is by die vordering van die dier, om kwale waar te neem en voermetodes aan te pas. Met die kombinasie van regte hantering, gereelde inweeg en opnames kan die produsent sy skape so bestuur om opbrengste te maksimaliseer. Produsente moet altyd bewus wees van die natuurlike aspekte. As die omgewing bydra tot die dier se opti-
male groei en ontwikkeling, sal die vleis sappiger, vetter en smaakliker wees. Boonop sal die vleis, in verhouding met die bene en afval, heelwat meer wees. Skape kan enige tyd na ses maande geslag word, maar die meer wenslike ouderdom is tussen ses tot twaalf maande. Dit is tot groot voordeel vir die produsent om goed ingelig te wees oor die prosesse wat in die abattoirs uitgevoer word. Dit sal die produsent help om te verseker dat die skaap voldoen aan voorvereistes en ook vir 35
eie winsmaksimering. Die produsent moet ook bewus wees van wat die mark verkies en hierdie inligting sal blyk uit verkope en aanvraag by abattoirs. Abattoirs Die klassifikasie-sisteem help baie by die verkoop van die produk omrede verbruikers verskillende voorkeure het. Dit laat die verbruiker toe om vleis te kies gebaseer op sagtheid, vetheid en smaakvolheid. Jong karkasse is sagter, maar minder smaakvol, waar ouer karkasse meer smaak het, maar nie so sag is nie. Die volgende ouderdomsklasse is bekend by skaap: lamsvleis wat jonger as `n jaar is; jaaroud skaapvleis wat tussen een jaar en twee jaar is; skaapvleis ouer as twee jaar. Vanweë die sterker smaak van skaapvleis, verkies meeste verbruikers gewoonlik lamsvleis. In die geval van lewendehawe, word die ouderdom bepaal volgens die dier se tande (voorste snytande). By die karkas word die ouderdom bepaal deur die teenwoordigheid of afwesigheid van die groeiplaat. Die groeiplaat is nog kraakbeenagtig in die onvolwasse stadium en in die volwasse stadium is die groeiplaat verbeen (geossifiseer). `n Lamskarkas het ook twee gebreekte gewrigte op die skenkels aan die voorkant en die ribbes wissel van vorm met `n rooi skynsel op die blootgestelde oppervlaktes. By `n volwasse karkas is die ribbes wyd, plat en het die kleur van gevorderde been. Die graderingstandaarde vir lamsen skaapvleis bestaan al jare lank en die grade dui die gehalte, smaaklikheid- en eetbaarheidseienskappe van die vleis aan. Die tabel regs verduidelik hierdie graderingstandaarde, byvoorbeeld: Klas A2/A3 wat beteken dit is lamsvleis met `n maer tot medium vetlaag. Die vetheidsgraad verwys na die eksterne vet aan die karkas en die meeste lammers word as 2, 3 vetgraad bemark. Prysdiskriminasie word 36
Aspekte
Eenheid
Lam
kg
45
Gemiddeld lewendige gewig
Ouderdom Uitslagpersentasie
maande %(Karkas/lewendig)
Karkasgewig
8-12 50
kg
23
Maer
%
55
Vet
%
28
Been
%
17
Karkas-samestelling:
Tabel 1. Die aspekte van `n goeie gehalte lam. op grade 1, 4, 5 en 6 geplaas in die kommoditeitsmark omrede 4’s, 5’s en 6’e te vet en swaar is, terwyl graad 1’s weer onvoldoende vetdekking en gehalte het. Soms kan die vet aan die karkas van `n baie jong lam donkergeel vertoon, as gevolg van die ras se vermoë om die geel karoteen om te skep in kleurlose vitamien A en/of die dier het `n groot hoeveelheid groenvoer verteer. Dit is ook nie ongewoon vir ouer skape se karkasse om geel vet te vertoon nie. In die Tabel 3 word die bouvorm en beskadigingsklasse opgesom. Die beskadigde dele word met `n B (boud), L (lende) of F (voorkwart) aangedui en dit word dan beskryf op `n skaal van 1 tot 3. Die karkasse van diere wat aan geweldige stres voor verslagting blootgestel is, sal `n duidelike donkerrooi kleur vertoon en die vleis sal taai wees. Hierdie karkasse wat simptome van stres wys maak glad nie die produk oneetbaar nie maar kan op die oog af nie smaaklik lyk nie en dit kan ook verwar word met meer ernstige siektetoestande. Alle lamskarkasse moet verkoel wees en op `n lae temperatuur (-2° tot 2°C) gehou word totdat dit gesny en benut word. Moenie die lamskarkasse laat vries
Ouderdom
Klas
0 Tand (Lam)
A
1-2 Tand
AB
3-6 Tand
B
Meer as 6 Tand
C
Vetheid
Klas
Geen vet
0
Baie maer
1
Maer
2
Medium
3
Vet
4
Matig oorvet
5
Uitermate oorvet
6
Tabel 2. Graderingstandaarde vir lams- en skaapvleis. voor `n dag na die slagting nie want dit kan veroorsaak dat die vleis taai raak. Lamskarkasse wat vir 24 tot 48 uur verkoel is, kan dan liefs in kleinhandel-snitte gesny word. Verbruiker (mark) Die verkope van lams- en skaapvleis verteenwoordig omtrent 22% van die rooivleisverkope in die kleinhandel. In volume verteenwoordig lams- en skaapvleis omtrent 15% van die rooi-
Bouvorm
Klas
Baie plat
1
Plat
2
Medium
3
Rond
4
Baie rond
5 Klas
Gering
1
Matig
2
Erg
3 Geslag
Tekens van laat kastrasie by AB-, B- of C-ouderdomsklasse, word geĂŻdentifiseer by die karkas van `n ram of hamel.
Tabel 3. Bouvorm en beskadigingsklasse. normale skaapproduk moet ligpienk tot rooi wees. Die spierweefsel (vleis) van ouer skape sal meestal donkerder van kleur wees.
AB
AB
B
B
C
C
Ontbeende en nie-ontbeende vleis `n Gespierde, swaar karkas sal meer kleinhandel-snitte lewer. Enige abnormaliteite soos kneusing of absesse moet verwyder word, wat ook die vleisinhoud verminder. Dis belangrik om te weet dat die mark bestaan uit baie verskillende voorsieners en verbruikers, elk met hulle eie behoeftes en voorkeure. Die produsent wil wins maksimeer, abattoirs wil voldoen aan die markvraag en meer winsgewend sake doen. Die verbruiker wil tevrede wees en is bereid om die premie te betaal en weer terug te kom vir dieselfde gehalte produk.
(pers -rollermerk) (persAAAAAA roller
merk) Baie dier: dier: 0 Tand 0 Tand Baiejong jong (groen ABAB-rollermerk) (groen ABAB roller merk) Jong 1 - 21 Tand Jongdier:dier: - 2 Tand (ligte BBB rollermerk) (ligtebruin bruin BBB roller mark) Ouer dier: 3 - 63 Tand Ouer dier: - 6 Tand (rooi (rooiCCC-rollermerk) CCC roller merk) Ou > 6> Tand6 Tand Oudier: dier:
Tabel 4. Die merk vir klassifikasie-eienskappe op die karkas. 37
Sagtheid
A
A
Die tabel onder verduidelik die merk vir klassifikasie-eienskappe op die karkas. In die geval van `n skaapkarkas met `n vetstert, word daar `n dubbelafdruk van die merk gemaak. Die hoeveelheid vleis wat verbruikers van `n karkas kan verwag hang van verskeie faktore, soos die vetheid van die karkas en die hoeveelheid vet wat oorbly aan die kleinhandel-snitte, af. `n Vetter karkas sal minder vleis lewer.
Smaakvolheid
Beskadiging
Karkas-ouderdom
vleis wat in die kleinhandel verkoop word. Die grootste aantrekkingskrag vir verbruikers is `n alternatief tot beesvleis. Die kleinhandel beskou lamsen skaapvleis as `n onontbeerlike deel van hul rooivleisaanbieding. Die prysstygings wat in die afgelope drie jaar in veral lamsvleis ondervind is, het gelei tot `n afname in aanvraag. Verbruikers beweeg eerder na beesvleis en veral hoender as die verbruikersprys te hoog styg. Die wisselvalligheid in die beskikbaarheid van lam en skaap, sowel as die volatiele prysbewegings, dra verder daartoe by dat verbruikers slegs met spesiale geleenthede lam koop. Weens die prys relatief tot bees en hoender word lamsvleis amper uitsluitlik deur die hoĂŤr LSM-verbruikersgroepe gekoop. Die feit dat lamsvleis ook nie tradisioneel verwerk word vir byvoorbeeld maalvleis of die kitskosbedryf nie, dra verder tot die beperkte mark vir lam en skaap by. Die vraag na lamsvleis is elasties, wat beteken die vraag is baie sensitief teenoor prysveranderinge. Weens die beperkte volume wat verkoop word in vergelyking met beesvleis, is die kleinhandel geneig om prysverhogings onmiddellik deur te gee aan die verbruiker, terwyl beesvleis in `n mate teen prysverhogings gebuffer word in die kleinhandel om die volume van verkope te handhaaf. Lamsvleis het ook `n beduidende betekenis in die viering van baie godsdienste en dien ook as `n stapelproteĂŻen in veral die Midde-Oosterse kulture. Die kleure van maervleis en vet is belangrike eienskappe van `n normale, gesonde produk. Enige siekte of onnatuurlike toestande sal die kleur, wat as normaal beskou word, verander. Die vet van enige dier is van suiwer wit tot `n romerige geel. Pienk en rooierige vet beteken heel waarskynlik die dier was koorsig of baie opgewonde voor slagting. Die kleur van die spierweefsel vir die
Ontmoet ons spesialiste Tania Fourie
Voerkraalbestuurder op De Aar is baie passievol oor sy beroep
G
WK Vleis se abattoir op De Aar het die hoogste skaap-slagkapasiteit in Suid-Afrika wat aan die grootste gehaltegedrewe organisasies vleis verskaf. Die voerkraal by die abattoir speel `n belangrike rol in die produksielyn van die abattoir. Mnr. André van der Walt (Voerkraalbestuurder) het ons meer oor die werking van die voerkraal vertel. “Die Voerkraalbestuurder se werk sluit in om elkeen van die diere goed af te rond sodat die voerkraal `n wins toon,” sê hy. “Aangesien al ons diere uit verskillende omgewings kom, moet elkeen van die diere verskillend hanteer word. Dit maak dit soms moeilik, want die diere moet dan verskillend aangepas word.” Van der Walt het aan die Hoër Landbouskool Marlow gematrikuleer en daarna aan die Universiteit van die Vrystaat landbou (diereproduksie) gestudeer en ook sy honneursgraad in landboubestuur voltooi. “Omdat ek diereproduksie gestudeer het, het ek `n liefde vir die vee ontwikkel. Ek leer baie by GWK en leer die diere goed ken.” “GWK Vleis het die afgelope paar jaar uitgebrei en ontwikkel en daarin geslaag om unieke produkte en vleis vir die eindverbruiker op die rak te hê.” Wat die toekomsplanne vir die voerkraal betref, is Van der Walt opgewonde oor die feit dat die voerkraal ten volle geoutomatiseer gaan word, wat dan die hele voerproses makliker sal maak en sal lei tot `n meer effektiewe werks38
Mnr. André van der Walt (Voerkraalbestuurder). omgewing en produktiwiteit. Volgens Van der Walt wil hulle ook meer intens daarop fokus om die beste gehalte wol te lewer. “Dit is belangrik vir
die voerkraal om goeie gehalte wol te lewer en die regte soort wol bymekaar te kry omdat verskillende produsente wol lewer.”
Kliënte-fokus
In hierdie afdeling van Kommuniek leer ken ons mense in poste wat kliënte direk raak.
Mnr. Johan Deetlefs.
Mnr. Paul Greyvensteyn.
Me. Brenda Masuret.
Mnr. Johan Deetlefs is onlangs bevorder tot Takbestuurder: Handel op Luckhoff. Deetlefs het in 2010 as kassiere by GWK se handelstak op Luckhoff begin werk. Volgens sy seniors het hy homself onderskei as iemand vir wie klantediens nooit onderhandelbaar is nie en was hy gou geliefd onder die tak se klante. Vroeg vanjaar het hy drie maande as takbestuurder afgelos en homself bekwaam bewys om hierdie posisie te vul. Ná sy onlangse aanstelling is hy nou verantwoordelik vir die handelswinkel, die rybaan, OK Grocer en die administratiewe afdeling.
Mnr. Paul Greyvensteyn sal voortaan spesifiek daarop fokus om die Veilings- en Vleisbesighede se kredietfasiliteite te hanteer. Dit sluit die skaapabattoir op Groblershoop, sowel as die beesabattoir op Jan Kempdorp se debiteure in. Veilings se debiteure is in die verlede aan die naaste tak en die kliënt se kredietbetuurder toegeken, maar vanweë die groot uitbreiding van die Veilingsbesigheid is hierdie rol aan Greyvensteyn toegeken. Die totale boek wat hy sal bestuur beloop R102 miljoen vir die abattoirs en R47 miljoen vir die veilings.
Brenda Masuret is verlede jaar aangestel as Klerk Admin in die verhuringsafdeling van GWK Eiendomme. Die verhuringsafdeling het baie gegroei en `n behoefte het ontstaan vir nog `n Bemarkingsadviseur: Verhurings. Masuret se positiewe gesindheid teenoor haar werk was `n groot rede vir haar bevordering. Sy noem haar werksplek haar “happy place”. Haar rede hiervoor is haar kollegas, haar kantoor, haar uitsig oor die veld en windpompe en sy is baie trots op GWK en die handelsmerk!
40
Eerste leef GWK-kliëntedienskultuur uit!
E
lke lid van die GWK-span moet saamwerk om ons kliënte gewoond te maak aan uitsonderlike diens en daardeur `n omgewing skep waarin mense GWK altyd eerste sal kies. Dit is mnr. Gavin Dry, GWK se eerste Connect Champ, se filosofie oor kliëntediens. Gavin (Bemarkingsbestuurder van die Direkte Insette-besigheid in die Oos-Kaap) is tydens `n geselligheid van GWK se Uitvoerende Bestuur op Cradock as Connect Champ vir Junie 2015 aangewys. Hy ontvang R2 000 prysgeld en word hiermee ook deel van die Connect Squad. GWK het Connect onlangs geïmplementeer om `n doelgerigte fokus op uitsonderlike kliëntediens aan produsente en ander kliënte van GWK verder uit te bou. Metings word deurlopend gedoen om hoogstaande kliëntediens te verseker. Die Connect Champ word maandeliks aangewys en is `n individu wat GWK se kliëntediens-kultuur daagliks in sy of haar werk uitleef. Die Connect Squad word saamgestel uit 11 maandelikse wenners in `n finansiële
Mnr. Gavin Dry. jaar. Hulle word GWK se kliëntediensambassadeurs wat aan die einde van die betrokke finansiële jaar op `n road show gaan om hul ervaring met GWK se personeel te deel en kliëntediens daardeur verder te bevorder. Enigeen kan `n personeellid van GWK vir die maandelikse Connect Champ nomineer. Mev. Wilna Richter (Kliëntediensbestuurder) sê meer as tien kliënte wat
gebel is om kliëntediensvlakke te meet, het spontaan gesê Gavin lewer uitstekende diens sonder dat hulle oor hom uitgevra is. Sy het in haar loopbaan nog nie so iets ervaar nie. Mnr. Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Direkte Insette) sê dat die terugvoer wat tydens die opnames van kliënte ontvang is, boekdele spreek oor die diens wat Gavin lewer. “Gavin fokus daarop om saam met sy kollegas kliënte se probleme vinnig op te los en hy neem eienaarskap van kliënte-intimiteit,” sê hy. Hy beklemtoon ook dat Gavin GWK op alle terreine bemark om GWK se markaandeel in die Oos-Kaap te vergroot. Kliënte sien hom as `n vennoot in hul besigheid. Gavin sê behalwe dat dit hom motiveer om verder uitstekende kliëntediens te lewer, is dit vir hom `n reuse voorreg om hierdie toekenning te ontvang. “Elke persoon is sy eie brand,” sê Gavin. “Kliëntediens is `n ingesteldheid wat van binne moet kom. GWK het `n uitstekende platform daarvoor geskep en met die regte leierskap kan enigiemand hierdie gesindheid uitleef.”
Besigheidsure: Ma - Vr: 07:00 - 19:00 Sa: 08:00 - 17:00 So: 08:00 - 14:00 Openbare vakansiedae: 08:00 - 14:00 Tel: 053 298 4203 Faks: 053 298 1955 E-pos: douglas1@retail.spar.co.za
Besigheidsure: Ma - Vr: 07:00 - 19:00 Sa: 08:00 - 17:00 So: Gesluit Openbare vakansiedae: 08:00 - 14:00
Pret op die plaas Vir die jongspan
Kies die regte fragment wat die gat in elke eier sal vul
44
Beskikbaar by GWK handelstakke
Trusted Worldwide
Permanent and portable electric fencing systems for safe, cost effective livestock control, efficient pasture management and more profitable farming.
oranjelandgoed, prieska pekankwekery GEFOKUS OP HOË GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOË VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED
KULTIVARS BESKIKBAAR: WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO
KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 082 330 2934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM
GWK Kontrakteurs . . . innoverende oplossings Wilber Rudman Bestuurder: GWK Katoen Sel: 082 881 2281 E-pos: wilberr@gwk.co.za
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Leefstyl
Carien Grobler
Getroud met sy ma – wat nou? Jy voel al lus om hom met jou koffiebeker te gooi, want sy ma is net so deel van julle huwelik as jy! Wanneer `n vrou egter met `n man getroud is, wil sy nie tweede viool speel nie – en gewis nie teenoor haar skoonma nie . . .
T
oe ek my man vyf jaar gelede ontmoet het, het hy saam met sy ma in `n pragtige huis gewoon. Hoewel ek dit vreemd gevind het dat `n man van 35 nog by sy ma bly, het ek gedink dit is bloot om geriefshalwe – sy het vir hom gekook en sy wasgoed gedoen, vertel Megan (38). “Ek was so naïef om te dink dat hy ná die troue nie meer so `n nou band 48
met sy ma sou hê nie, omdat ek die huishoudelike take sou oorneem. “Toe ons ná die wittebrood terugkeer, het ek mettertyd begin wonder waarin ek myself begewe het. Sy ma het onaangekondig by ons huis begin opdaag om sy wasgoed te doen en selfs soms kruideniers saamgebring en in my kombuis kos gemaak. “Hy vra haar raad oor alles en kan haar niks weier nie. Sy koop vir hom klere en vou sy onderklere op, maar
hy is 40 jaar oud!” Die meeste vroue sien dit in `n positiewe lig wanneer `n potensiële lewensmaat met deernis en respek van sy ma praat. Sulke mans het dikwels meer begrip vir die vroulike spesie. `n Onlangse studie aan die Universiteit van Arizona in Amerika het getoon dat “mama`s boys” oor beter kommunikasievaardighede beskik en ook meer empatie het as mans
depositphotos
wat hulle van hul ma se rokspante losgemaak het. Nietemin is `n man wat voortdurend sy ma se kookkuns ophemel en in die motor spring wanneer sy ook al haar vingers klap, geneig om vroue ongemaklik te maak.
eers ná die troue hoe heg die band tussen hul mans en skoonma`s is. “Dit is moeilik om objektief te wees wanneer `n mens verlief is. Voor die troue is almal hoflik met mekaar en probeer om mekaar te beïndruk om aanvaar te word. Vas aan haar rokspante “Dit is eers wanneer `n paartjie hul `n Seun wat as volwassene nog eie huwelikspad begin loop en dinge aan sy ma se rokspante vasklou, is op hul eie manier begin doen, dat die oorsaak van `n ouer wat al haar die probleme kop uitsteek.” energie aan haar kind bestee en so- Joke voeg by dat die skoonma dikdoende `n ongesonde band vorm. wels die meisie intrek en haar warm Só sê Joke Nicol, huweliksberader en tuis laat voel. van Pretoria. “Sy word in die ‘bubble` ingetrek en “Die kind vorm nie sy eie identiteit haar oë gaan eers later oop vir die nie, omdat hy te naby aan sy ma leef. inmenging.” As volwassene sukkel hy dan om die naelstring te knip en het hy `n meer Knip die naelstring intieme verhouding met sy ma as wat “Bloed is dikker as water,” sê Philip. met enigiemand anders moontlik is.” “As jy sy ma kritiseer, sal hy onmiddelSy verduidelik dat sulke ma`s hul lik oorgaan tot selfverdediging. Prokinders tipies oorbeskerm en te veel beer daarom om eers die situasie met na hul seuns se behoeftes opleef, liefde aan te spreek en oplossings sodat `n nuwe verhouding nie kan aan te bied wat vir almal sal werk.” wen nie. Volgens Joke verkeer die skoondog“In die meeste gevalle is dit die ma ter in `n moeiliker situasie as wat sy wat haar daarvan weerhou om die besef. emosionele naelstring te knip, sodat “Sy veg teen sisteme wat baie sterker dit vir die kind haas onmoontlik is is as sy. Solank die man nie verstaan om dit te doen. Só `n kind hou dan dat sy ma te veel in die persoonlike aan om diep verskuldig en verbonde spasie van sy huwelik is nie, sal dit teenoor sy ma te voel. As hy wel sou aanhou haak. Die vrou moet dus losbreek, is dit baie pynlik en in som- haar bes doen om dit aan hom oor mige gevalle is diepgaande terapie te dra sodat hy iets daarvan verstaan. nodig om dit te verwerk.” “Belig die probleem: dat jy Bogenoemde bring mee dat die man inmenging beleef en dat jou moeilik dieper in nuwe verhoudings skoonma te veel insae in jul betrokke raak – sy ma staan dan tus- lewe het en dat jy uitsen hom en sy lewensmaat. Volgens geskakel voel. Maak dit Joke kom die man dit dikwels nie eers egter duidelik dat jy dit agter nie, omdat hy hieraan gewoond nie teen sy ma as mens is. bedoel nie.” Philip du Toit, huweliksberader en lewensafrigter van Somerset-Wes, sluit Volg hierdie stappe hierby aan. om jou man te help “Hy was gewoond om te spring as sy om die naelstring te ma hom iets vra, maar besef nie dat sny: hy nou in sy eie huishouding sy vrou � Speel vir dieselfde eerste moet stel nie. Dit is vir hom onspan. Jy en jou man bekende terrein – hy sit in die middel is `n eenheid en moet tussen sy vrou en sy ma en weet nie saam besluite neem oor hoe om dit te hanteer nie.” aktiwiteite vir die gesin. As Volgens Philip besef vroue dikwels hy altyd julle program só be-
�
�
�
�
plan dat dit sy ma ook insluit, laat hom weet dat dit jou hinder. Dra egter die boodskap oor sonder om hom aan te val of te kritiseer. Sê byvoorbeeld: “Ek het die behoefte om soms alleen saam met jou uit te gaan. Jou ma kan weer volgende keer saamkom.” Wees bereid om soms `n opoffering te maak. Om tyd met mekaar se families deur te bring, is deel van die huwelik. As dit hom gelukkig maak om soms sy ma uit te vat vir ete, gaan saam sonder om te kla. Byt jou tong. Weerhou jouself daarvan om sy ma se negatiewe eienskappe aan hom uit te wys. Jy sal ook nie daarvan hou as hy jou ouers beledig nie. Moenie kompeteer nie. `n Kompetisie met jou skoonma is slegs `n mors van energie. Dit is jou man se plig om vir haar duidelike grense te stel sodat sy nie in jul huwelik kan inmeng nie. Behou jou waardigheid. As jou skoonma haar raad ongevraagd aanbied, vermy `n woordewisseling. Bedank haar vir haar raad en sê dan hoflik dat jy die situasie self sal hanteer.
49
Gesondheid
Ontspan in `n oogwink . . . Wanneer jy besig raak by die werk het jy waarskynlik nie veel tyd om op te staan en `n bietjie te ontspan nie. As jy vir lang periodes in een posisie sit, verstadig jou sirkulasie, wat beteken dat jou spiere nie genoeg suurstof kry nie. Dit het dikwels spierspasma tot gevolg wat baie pynlik kan wees. Haal asem � Trek jou asem diep in totdat jou maag soos `n ballon uitswel. Blaas dan stadig uit. Herhaal hierdie oefening minstens een minuut lank. Maak jou oë toe en probeer om elke keer dieper een stadiger in te asem. Moenie jou asem ophou nie, maar asem aanhoudend in en uit. � Trek jou asem een sekonde lank deur jou neus in en blaas dan een sekonde lank deur jou neus uit. Herhaal hierdie oefening deur elke keer `n sekonde by die tyd te voeg tot by tien sekondes. Strek � Trek jou skouers en probeer om jou skouers te raak. Behou hierdie posisie vyf sekondes lank en ontspan dan. Herhaal die oefening totdat jou skouers ontspanne voel. � Skud jou gewrigte vir 30 sekondes. � Trek al jou spiere saam. Bal jou vuiste, trek jou gesig en maak jou oë toe. Hou hierdie posisie vir `n paar sekondes en ontspan dan. Hou daarmee aan totdat jy ontspanne voel. � Trek jou asem diep in en maak jou oë toe. Asem uit en laat sak 50
� �
�
�
�
� �
jou ken op jou bors terwyl jy jou skouers en nek laat ontspan. Trek jou asem weer diep in en rol jou nek na die linkerkant, dan na agter en weer tot op jou bors. Doen dit stadig terwyl jy diep asemhaal. Herhaal die oefening twee keer en verander dan die rigting waarin jy jou kop draai. Sit jou regterhand plat teen jou regteroor. Druk met jou kop teen jou hand na die regterkant. Herhaal die oefening drie keer en doen dan dieselfde aan die ander kant. Strek jou arms reguit langs jou uit terwyl jy op jou stoel sit. Maak jou hande oop sodat jou vingers na bo wys. Rol jou skouers in klein sirkels na voor en dan na agter. Sit regop sonder dat jou rug die agterkant van jou stoel raak. Trek jou asem in en blaas uit terwyl jy jou regteroor na jou regterskouer laat beweeg sonder om jou skouer op te lig. Asem `n paar keer in en uit en herhaal die oefening aan die ander kant. Sit regop met jou voete teen mekaar. Lig jou hakke so ver as wat jy kan van die grond af. Hou die posisie twee sekondes lank en herhaal die oefening tien keer.
Ontspan jou oë � Vryf jou handpalms teen mekaar totdat hulle warm voel (sowat 15 sekondes is lank genoeg). Plaas dan jou warm handpalms op jou toe oë. Moenie jou hande teen jou oë druk nie, maar laat jou warm palms saggies aan jou oë raak. Rus jou elmboë op jou lessenaar en sit een minuut lank in die posisie. � Laat jou oë rol oor al die kante van voorwerpe in jou kantoor soos `n muurholosie, skilderye en die deur se kosyn. Laat jou oë aanhoudend beweeg en twee minute hiermee vol. � Sit `n bakkie met warm water en `n bakkie met koue water voor jou. Die warm water moenie so warm wees dat dit jou brand nie en die koue water moet yskoud wees. Sit `n waslap in elke bakkie. Hou die waslap in die warm water 30 sekondes lank teen jou oë. Doen dan dieselfde met die waslap in die koue water. Herhaal twee minute lank en droog jou oë met `n handdoek af.
Resep
Grondboontjiebotter-broodjie Resep
2 k gesifte meel ¾ k grondboontjiebotter ½ k suiker 1 eier, goed geklits 2 t bakpoeier ¾ tot 1 k melk 1 t sout
Metode
� Sif die droë bestanddele en die suiker saam. � Werk die grondboontjiebotter met `n vurk in. � Voeg die eier by en meng dit verder met `n vurk. � Voeg die melk by, meng dit goed en gooi dit in `n gesmeerde broodpannetjie. � Bak dit 50 tot 60 minute lank in `n matige oond by 180ºC.
52
Kontak ons: Tri-Star Beesvoerkraal, Hartswater: 053 474 0499 Meat to Market: Albert Grundling 053 456 1004 Groblershoop Skaapabattoir: Kobus Buys 054 833 0041 Groblershoop Skaapvoerkraal: Anel Kitching 071 017 0182 De Aar Skaapabattoir: Johan Hanekom 053 631 0843 De Aar Skaapvoerkraal: AndrĂŠ van der Walt 082 379 3936
www.gwk.co.za
Agterblad Uit Piet se pen
Tienie vang my ná 30 jaar!
T
erwyl ek worstel om `n storie klaar te skryf, lui die telefoon. Dit is net na 18:00 in die aand. Nogal op `n Vrydag. Die man klink baie streng en formeel. Hy stel homself voor as Griesel van SARS. Ek vra weer om seker te maak ek het reg gehoor. “Ja, meneer u het reg gehoor.” Sonja kyk geamuseerd vanwaar sy sit en lees toe sy hoor ek praat van SARS. Griesel maak geselsies rondom die boerdery. Nogal vreemd komende van iemand van SARS. Hy wil ook weet of dit ek is wat `n storie oor SARS geskryf het. Hulle is op die oomblik besig om alle inligting en stories na te gaan wat in die pers oor SARS geskryf word. Kan ek hom dalk `n bietjie inlig rondom my storie wat in Kommuniek verskyn het? Hy wil ook weer doodseker maak of hý met die regte persoon praat. “Praat hy nou met die skrywer van Piet se pen?” Dadelik is ek op my hoede. Duisende goed flits deur my kop. Ek moet nou vinnig dink. Ek wil eers sê ek ken nie die man nie. Die storie van Petrus en die hoenderhaan wat drie maal gekraai het, laat my weer dink. Stotterend bieg ek dat hy by die regte persoon is. Baie formeel word my besonderhede gevra. Volle name en fisiese adres? Is ek getroud en hoeveel kinders het ek? Ek antwoord so volledig as moontlik. Ja, hy wil ook weet of my belastingsake in orde is. My senuwees lol effe omdat ek nie weet wat volgende kom nie. Griesel bly formeel en wil 54
nou ook my vrou se ID-nommer weet. Verlig dat die aandag nou van my wegbeweeg, gee ek haar nommer sommer uit my kop. Sy loer my skeef aan – steeds agterdogtig oor die tydgleuf van die oproep. Griesel se stemtoon het nou effe verander. `n Bietjie meer astrant. “Meneer u besef seker dat u oor `n staatsinstelling geskryf het? Besef u die implikasies van u wanvoorstelling en die gevolge wat dit moontlik vir u kan inhou?” Die hof, boete en selfs tronkstraf flits deur my kop. Ek kyk benoud in my vrou se rigting. Begin met `n lang verduideliking dat dit maar net `n storie is en dat dit glad nie my bedoeling was om enige aanstoot te gee nie. Griesel is doodstil aan die anderkant en laat my begaan. Ná `n rukkie antwoord hy kort en saaklik: “Die Staatsdiens is die laaste plek waaroor grappies in die nuwe Suid-Afrika, gemaak word. Vele aspirant-grapmakers het al in groot moeilikheid beland.” Voordat ek verder kan verduidelik, kom hy met `n nuwe wysheid: “U is natuurlik daarvan bewus dat ons u van haatspraak en vernedering kan aankla. Ons personeel word daagliks deur die publiek uitgedaag en moet maar die vernedering hanteer wat na hulle kant toe kom.” Hoe meer ek probeer verduidelik, hoe meer ernstig word Griesel. My verstand werk oortyd. Hulp uit enige oord sal nou welkom wees. Moet hy nie dalk vir Carien by Kommuniek bel nie. Sal Neil kan help? Wat van Pieter Spies? Vergeet liewer van Hennie Coetzee,
hy sal my in die tronk wil sien! Ek oorweeg my opsies. Tyd vir lank dink is daar nie. Nee, hier sal ek self moet deur . . . Waar Griesel aan al sy vrae kom weet ek nie. Klink of hy van `n lysie af werk. Net wanneer ek dink hy is tevrede, kom hy met `n nuwe vraag. Sonja het intussen haar boek neergesit en volg die vraag-en-antwoord-sessie intens vanaf die bank. “Net `n laaste paar vrae meneer,” vervolg Griesel. Ek sug van verligting. “Hoekom klink u so senuweeagtig? Is u dalk skuldig? Nee, nee meneer glad nie skuldig nie, net effe onkant gevang deur die oproep,” antwoord ek. “Hoekom hakkel u so en neem dit so lank voordat u antwoord?” (Wat ek dink sal ek liewer nie skryf nie.) “Is u bereid om voor SARS se tugkomitee te verskyn?” Hy peper my met die vrae. Skielik is daar `n harde lag aan die anderkant. Ene Griesel vra verder: “Onthou jy 30 jaar gelede toe jy my vliegtuigkaartjie in Port Elizabeth weggesteek het? Ek kry nou nog nagmerries daaroor. Ja, jou blikskottel ek het geweet my dag gaan kom. Jy het seker nie gedink ek sal jou 30 jaar later terugkry nie.” Hoewel baie verlig kan ek steeds nie die stem eien nie. Die kaartjie wegsteek kan ek nog goed onthou. Toe skielik weet ek! Tienie Neethling van Langberg het my lekker gevang. Maritha het my gered het van `n verskyning voor die tugkomitee. Intussen krul Sonja van die lag. Sy was van die begin af agterdogtig oor die sogenaamde oproep van SARS op `n Vrydagaand . . .