Maart 2015
`n handelsmerk van
Water word nie volhoubaar bestuur nie, waarsku verslag
Top garsprodusent positief oor landbou in Suid-Afrika
GWK se aanleg op Modderrivier eersdaags in produksie
S贸 kan peulaalwurm produsente `n rat voor die o毛 draai
GWK Versekering . . .
Welvaartbestuur deur spesialiste Behalwe welvaartbestuur, lewensversekering en verskeie ander gehalte-produkte en -dienste, bied GWK Versekering nou ook ’n bekostigbare begrafnisskema. GWK se makelaars staan gereed om hierdie puik produk aan ons produsente te verskaf. Skakel vandag nog jou makelaar vir meer besonderhede.
Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474 Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201
GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige www.gwk.co.za reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-
innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,
APRIL 2015
OP DIE VOORGROND
AKTUEEL
38
7 6
Redaksioneel
7
Geestelike akker
8
Damme en temperature
38 GWK Kliëntefokus - Nuwe depotbestuurder vir Modder- en Rietrivier aangestel.
10 Agrikalender 12 Landbouwenke
VOORBLAD
LANDBOUSAKE
14
20
14 Aktueel Water word nie volhoubaar bestuur nie, waarsku verslag.
20 Spesialisprodukte Gehalte van uiterste belang vir volhoubare pekandproduksie.
16 Aktueel Top garsprodusent positief oor landbou in Suid-Afrika.
28 Presisieboerdery - Groentoer `n reuse sukses - Kundigheid beïndruk produsente.
18 Graan GWK se aanleg op Modderrivier eersdaags in produksie. 24 Presisieboerdery Só kan peulaalwurm produsente `n rat voor die oë draai.
30 Lewendehawe Dodelike bestuursmetodes van probleemdiere kos meer.
APRIL 2015
WEES INGELIG
VROUE
32 32 Meganisasie John Deere 9570 RT nou by GWK Meganisasie beskikbaar.
46 46 Leefstyl DĂs wat jou troeteldier van jou sĂŞ! 48 Gesondheid Ontrimpel jou gees en bly jonk. 49 Resep Wildspastei vir pure lekkerkry!
ONTSPAN
40 40 Kompetisie Kommuniek gee R4 595 se Snappy Chef-kookware weg aan een gelukkige leser. 42 Vir die jongspan Watter perde lyk dieselfe? 50 Agterblad Veldskoen de Lange wys water.
4
tuur s e B n e e i s k e Dir Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Frans Lubbe
Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid
Hoofbestuur Besturende Direkteur Pieter Spies Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen
Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178 Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111 Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579 Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383 Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778 Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656 Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103 Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821 Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710
Uitvoerende Bestuur Sekretariaat John Bell 076 430 5615 Finansies en Stelsels en Finansiële Landbou Advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844
Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849 Menslike Kapitaal Chopper Theart 082 806 9995 Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545
Vleis Alex Cilliers 082 808 3063
Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190
Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531
Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163
Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121
Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547
5
Redaksioneel
Vandeesmaand kom hierdie kwessie in ons hoofartikel onder die loep en ons kyk na hoe owerhede sal moet ingryp om die volhoubare beskikbaarheid van water te verseker. Ons maak kennis met mnr. Gerhard Krause wat onlangs as SAB Maltings se top-garsprodusent vir medium kontrakte in die GWK-gebied aangewys is en kuier by hom op die plaas waar hy vertel hoe hy sy boerdery benader. Dan doen ons aan by GWK se aanleg op Modderrivier waar eg NoordKaapse produkte een van die dae vervaardig sal word. Ons kyk na die belang van gehalte in die volhoubaarheid van pekanproduksie en kom meer te wete oor hoe peulaalwurm produsente `n rat
voor die oë kan draai. Ons ry saam op die suksesvolle Groentoer wat die span van GWK Presisieboerdery onlangs aangebied het en doen ook aan op Luckhoff, waar GWK se spesialiste prosudente met hul kundigheid beïndruk het. Ons plaas probleemdiere onder die soeklig en kom tot die slotsom dat dodelike bestuursmetodes in die langtermyn meer kos. GWK Meganisasie het ons hierdie maand verstom met die pragtige stuk masjienerie wat hulle nou invoer. Die nuwe John Deere 9570 RT gespoorde trekker se kombinasie van nuwe tegnologie, krag, effektiwiteit en gemak maak verhoogde produktiwiteit werklik moontlik. Dan is die dames aan die beurt en
ons leer hoe om ons gees te ontrimpel en jonk te bly. Ons maak `n heerlike wildspastei wat sal sorg vir groot lekkerkry en kom te wete waarom ons spesifieke troeteldiere aanhou. My twee platgesig-vierbeenkinders se geaardhede is beslis `n verlengstuk van my persoonlikheid! Oudergewoonte kry Piet die laaste woord in en hierdie keer kom Veldskoen de Lange water wys!
Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)
Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730
Kontak ons
Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za VOORBLADFOTO Gerhard Steenkamp 6
Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za
Lekker lees!
ler
Carien Grob
Redakteur
Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. Kontak ons ook gerus oor enige interessante gebeure in ons aandeelhouer se lanbouomgewing. E-pos: carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730
depositphotos
Oor slegs 15 jaar sal ons nie genoeg water hê om aan die wêreld se vraag te voorsien nie. “Gaan ons dan elke aand varkie-aand hou, Mamma?” vra my oudste wat luister hoe ek hierdie ontstellende nuus vir sy pa vertel. Ek moes glimlag, maar die groter prentjie oor die wêreld se watergebruik is alles behalwe lagwekkend.
Geestelike akker God is my BESKERMER
Onder die dooie voël het drie springlewendige voëltjies gepiep. Nadat `n brand ’n natuurreservaat in Die liefdevolle ma-voëltjie was duideAmerika getref het, het ’n groep bilik bewus van die gevaar van die aankomende vuur. oloë teen die berg uitgestap om die aanvanklike skade wat die vuur aanSy het die kleintjies tot aan die voet gerig het, te bepaal. van die boom verskuiwe, omdat die Tydens die staptog het een van die stygende rook hulle sou versmoor. bioloë verbaas na `n verkoolde voël Hoewel sy eerder na veiligheid kon vlieg, het sy gekies om haar kleintjie met uitgestrekte vlerke aan die voet van een van die boomstompe gewys. te beskerm. Dit was veral vreemd omdat voëls ge- Toe die vuur al warmer word, het sy woonlik tydens ’n brand dadelik weg- haar vlerke om die voëltjies gesprei. Sy het verkool sodat haar kleintjies vlieg. Toe die bioloog egter die voël met sy onder haar vlerke kon bly leef. stapstok van die boomstomp, het nog Net soos hierdie voëltjie haar kleintjies beskerm het, beskerm God ons `n groter verrassing op hom gewag.
ook daagliks. Luister na die woorde in Psalm 91: “Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil” (1953-hersiening). God is ons BESKERMER – altyd en in elke situasie. Benescke Janse van Rensburg Uit Ontdek God in die stories van mense, uitgegee deur Lux Verbi. 7
Damme en temperature Huidige stand van damme Riviersisteem
Dam
Oranjerivier
Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam
Vaalrivier
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol
60.0
109 89 91
Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam
80 66 25 29
Hartsrivier
Spitskopdam
81
Rietrivier
Kalkfonteindam
18
Modderrivier
Krugersdriftdam
57
50.0 40.0
30.0 20.0
10.0 0.0 Douglas
Prieska
Hopetown
Barkly-Wes
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 25 Februarie tot 24 Maart 2015 Douglas Lunenburg
Prieska Green Valley Nuts
40
40
30
30
20
20
10
10
0
0
Hopetown Lilydale
Barkley-Wes Ulco
40
40
30
30
20
20
10
10
0
0
Maandelikse voorspelling April 2015
Rietrivier 40 30 20 10 0
Maksimum
Maksimum langtermy
8
Minimum
Minimum langtermyn
Rietrivier
Vaalharts
Veilingskalender en Veilingspryse 11 April 11 April 14 April 16 April 16 April
Wimpie Faber-veiling Boshof-wildveiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Karoo Nguniklub-veiling, Graaff-Reinet Bonrino Bonsmara en Wilgefontein Merino-veiling, De Wetsdorp Welbeplan-plase Hereford-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Kleinpoort-slagveeveiling Agri Herold-slagveeveiling
Fauresmith-veiling Wildebeestkuil & gasverkopers Kataloguswildveiling, Graaff-Reinet Fitches Corner-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Griekwastad-veiling Humansdorp-veiling Boshof-wildveiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Swellendam-veiling
gerhard steenkamp
20 April 21 April 21 April 23 April
24 April 24 April 24 April 25 April 28 April 29 April 29 April 2 Mei 5 Mei 5 Mei
Veilingspryse vir lewendehawe – Maart 2015 16/03 - 20/03
9/03 - 13/03
23/03 - 27/03
30/03 - 3/04
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R15.00
Slagosse
R16.00
Slagosse
R16.30
Slagosse
R16.30
Slagkoeie
R12.00
Slagkoeie
R12.50
Slagkoeie
R12.50
Slagkoeie
R13.20
Maer beeste
R11.00
Maer beeste
R11.50
Maer beeste
R11.00
Maer beeste
R11.25
Ligte kalwers (180-200kg)
R20.50
Ligte kalwers (180-200kg)
R19.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R18.50
Ligte kalwers (180-200kg)
R20.00
Swaar kalwers (201-250kg)
R18.50
Swaar kalwers (201-250kg)
R18.50
Swaar kalwers (201-250kg)
R18.20
Swaar kalwers (201-250kg)
R19.45
Swaar kalwers (250kg +)
R18.00
Swaar kalwers (250kg +)
R18.00
Swaar kalwers (250kg +)
R17.30
Swaar kalwers (250kg +)
R18.20
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R22.70
Slaglammers
R22.00
Slaglammers
R22.00
Slaglammers
R22.00
Stoorlammers
R23.00
Stoorlammers
R23.00
Stoorlammers
R23.20
Stoorlammers
R22.30
Kruislammers
R23.00
Kruislammers
R20.00
Kruislammers
R20.20
Kruislammers
R20.20
Slagooie
R16.50
Slagooie
R16.50
Slagooie
R16.00
Slagooie
R16.00
Maer ooie
R15.00
Maer ooie
R14.00
Maer ooie
R15.20
Maer ooie
R15.20
Klein bokkies
R24.00
Klein bokkies
R24.00
Klein bokkies
R24.00
Klein bokkies
R22.50
Jong bokke
R24.50
Jong bokke
R24.00
Jong bokke
R24.00
Jong bokke
R23.00
Bokooie
R16.00
Bokooie
R16.00
Bokooie
R16.00
Bokooie
R16.00
10
Landbouwenke Uie en saaduie
Mielies
Vroeë mielies begin oesgereed word en kan gestroop word.
Met nismarkgrane soos Simbaen Waxymielies moet seker
gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.
Aartappels Hou streng by die spuitprogram om swamsiektes te voorkom. Monitor plantluise op `n
weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.
Uie kan nog tot einde April
Pekanneute
Die laaste besproeiings van
gedoen word sodat die grond die groeiseisoen word in April nie totaal uitdroog nie. Maak boordvloer skoon om die gedoen voordat die boom sy oesproses te vergemaklik. rusfase ingaan. Besproeiing Grondmonsters en voorbereikan weer in Augustus hervat ding kan van nou af gedoen word. Een tot twee besproeiings word vir nuwe aanplantings. kan egter deur die winter
Grondbone Die eerste grondboon-aanplan-
tings word nou geoes. Haal uit wanneer peule 70-75% ryp is. Baie nat toestande bevorder die voorkoms van Schlerotinia wat reuse oesverliese kan meebring. Peule en stingels verbruin en verrot en blare sterf af. Oorweeg om vroeër te oes as Schlerotinia vermeerder. Indien strawwe ryp voorkom en plante afsterf, moet dit binne enkele dae opgetrek word om oesverliese te voorkom. Verminder besproeiing voor oestyd, maar moenie water wegvat nie. Te droë grond bemoeilik die uithaalproses 12
geplant word. Plant ongeveer 4kg saad per hektaar. Plantdiepte:1015mm `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plant-proses en verseker `n beter stand en egalige opkoms. Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom. Spuit onkruiddoder direk ná plant en was in met 15-20mm water. Bedek beddings met koringstrooi om windskade te beperk. Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Plant teen 1 000 sakkies per hektaar (ongeveer 130-140 000 bolle/ha). Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip. Totale N:P:K-behoefte is 120N:70P:120K.
Lusern en weiding aansienlik.
Gebruik uithalers wat peule van
die grond af lig om in die ry te droog. `n Conditioner kan `n paar uur ná die uithaler gebruik word om die oortollige sand af te skud. Dit bespoedig die plukproses en verminder slytasie op die plukker se onderdele. Peule kan ongeveer drie dae na uithaal gepluk word, afhangend van vog en weerstoestande. Vog moet met lewering tussen 12 en 16% wees. Te nat peule verleng die droogproses aansienlik. Verseker goeie deurlugting indien die oes in sakke gelewer word.
April en Mei is die beste tyd om
lusern te vestig. Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees. Behandel saad met lusernpakentstof om stikstofbinding te verbeter. Gee lae hoeveelheid superfosfaat met plant (200 kg/ ha). Meerjarige, gematigde grasse soos kropaargras, langswenkgras, kanariesaad en red-dingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot Mei geplant word. Plant teen 20-25kg/ha en besproei ±25-30mm per week. Saamgestel deur GWK Presisieboerdery
depositphotos 14
Aktueel
Carien Grobler
Verslag waarsku dat water nie volhoubaar bestuur word nie
W
ater is die kern van volhoubare ontwikkeling. Dit dra by tot voedselen energie-sekuriteit en beïnvloed daagliks die lewens van miljarde mense wêreldwyd. Só lui die onlangse verslag van UNESCO, die Verenigde Nasies (VN) se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie, in sy World Water Development Report, waarin dié organisasie waarsku dat die wêreld binne slegs 15 jaar `n tekort van 40% aan water sal hê. UNESCO benadruk in dié verslag dat hoewel die toegang tot water vir huishoudelike gebruik onontbeerlik is vir mense se gesondheid en sosiale waardigheid, toegang tot water vir produksie soos in die landbou noodsaaklik is om werkgeleenthede te skep sodat mense `n inkomste kan verdien en tot ekonomiese produktiwiteit kan bydra. “Die investering in verbeterde waterbestuursdienste kan help om armoede te verminder en ekonomiese groei volhoubaar te maak.” Luidens die verslag word die wêreldwye groei in die vraag na water onder meer deur bevolkingsgroei en verstedeliking veroorsaak. “Oor die afgelope eeu is die ontwikkeling van waterbronne grootliks gedryf deur die eise van `n groeiende wêreldbevolking vir voedsel, vesel en energie. `n Sterk inkomstegroei en stygende lewenstandaarde van `n
groeiende middelklas het ook tot `n skerp styging in watergebruik gelei.” Hierdie watergebruik is nie volhoubaar nie, veral in gebiede waar waterbronne skaars is en waar dit swak bestuur en gereguleer word. Die verslag noem verder dat veranderende verbruikerspatrone, soos groeiende vleisverbruik, die bou van groter huise en die gebruik van meer motors en ander toerusting wat energie verbruik, tipies ook tot verhoogde watergebruik lei. “Die vraag na water sal na verwagting in alle sektore van produksie styg. Teen 2030 word geprojekteer dat die wêreld `n tekort aan 40% water sal hê as ons voortgaan om water teen die huidige tempo te verbruik.” Luidens die verslag bestaan geen liniêre verhouding tussen bevolkingsgroei en die toenemende vraag na water nie. “Die tempo en vraag na water groei twee keer so vinnig as die bevolking. Die wêreldbevolking groei met sowat 80 miljoen mense per jaar. Na raming sal hierdie syfer teen die jaar 2050 ongeveer 9.1 miljard wees, met 2.4 mense wat in Sub-Sahara Afrika bly. Hierdie gebied het die mees ongelyksoortige verspreiding van water ter wêreld.” Die gebruik van water vir die landbou en energie kan verder die probleem van waterskaarsheid aanhelp. “Die gebruik van varswater vir energieproduksie (wat op die oomblik sowat 15% van die wêreld se water-
bronne raak) sal na verwagting teen 2035 tot 20% styg. Die landbousektor is reeds die grootste gebruiker van waterbronne en wêreldwyd word sowat 70% van varswater hiervoor aangewend. Praktyke soos effektiewe besproeiingstegnieke kan `n drastiese impak op die vraag na water hê.” Die outeurs van die verslag waarsku verder dat ondergrondse waterbronne ook toenemend uitgeput raak en dat 20% hiervan wêreldwyd reeds uitgeput is. “Water is `n noodsaaklike inset in produksie-aktiwiteite en die beskikbaarheid daarvan moet deur owerhede en besluitnemers in toepaslike sektore in ag geneem word. As dit nie gebeur nie, sal hul investering in hierdie sektore in gevaar gestel word.” Die outeurs stel `n geïntegreerde benadering voor waar alle sektore wat water vir produksie gebruik, dit saam bestuur. “Investering in die volhoubaarheid van ons waterbronne is noodsaaklik om `n bekostigbare watervoorraad te verseker. Dit is nodig dat ons die fokus verskuif na beleggings in hoe water en die omgewing in die algemeen gewaardeer, bestuur en gebruik word. “Die kern van die volhoubare bestuur van ons varswaterbronne lê in die balans tussen die voorraad en vraag op `n wyse wat waterbeskikbaarheid in die toekoms verseker.” Hou Kommuniek en ons Facebookblad dop vir `n voortsetting oor die watergesprek. 15
Aktueel Tania Fourie
Top garsprodusent positief oor landbou in Suid-Afrika
S
AB Maltings het onlangs die top-garsprodusente vir die 2014-seisoen tydens `n glansgeleentheid in Kimberley vereer. Mnr. Thinus van Schoor (Algemene Bestuurder van SAB Maltings) het tydens dié geleentheid gesê dat dit positief is hoe die bedryf die afgelope seisoen onder moeilike omstandighede hande gevat het. “Slegte weersomstandighede het vereis dat ons moes saamstaan. Dit gee my hoop.” Hy het GWK uitgesonder as `n landboumaatskappy wat baie moeite gedoen het om gars tydens die oestyd in te neem. Mnr. Gerhard Krause is as die topgarsprodusent in die GWK-gebied 16
vir medium kontrakte aangewys. H.S. Human-boerdery van Douglas is as die wenner vir groot kontrakte in die GWK-gebied aangewys. Die kriteria vir die beoordeling was as volg: gehalte (60%), opbrengs (20%) en volhoubare landbou en inisiatief (20% - Better barley, better beer). Kommuniek het by Krause op die plaas gaan kuier om oor sy boerdery en suksesse te gesels. Krause het sy rekenmeestersgraad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi waarna hy en sy vrou, Lizette, sewe jaar lank in Engeland gaan woon het. In hierdie tyd is hul twee seuns, Hanru en Jannes, gebore. In 2009 het hulle na Suid-Afrika teruggekeer en in die Jacobsdal-
omgewing begin boer. “Ek werk steeds as rekenmeester, maar fokus die afgelope tyd meestal op my boerdery.” Hy vertel dat die boerdery hom daagliks uitdaag. “Geen dag is dieselfde nie en ek geniet dit om nie elke dag `n spesifieke roetine te volg nie.” Hy sê hy het sy passie vir die boerdery grootliks by sy ouers geërf. Hulle is self ook produsente en Krause boer steeds saam met sy pa. Oor die Suid-Afrikaanse landbou sê Krause dit help nie om moed te verloor of negatief te raak nie. “`n Mens kan oor baie dinge negatief raak, maar jy moet net aanhou doen wat jy doen en daar sal vir jou gesorg word. Elders in die wêreld is
depositphotos
Mnr. Gerhard en mev. Lizette Krause en hul seuns Hanru en Jannes op hul plaas naby Jacobsdal. Krause is onlangs as SAB Maltings se top garsprodusent vir medium-kontrakte in die GWK-gebied aangewys. ook negatiewe dinge en elke plek verskil in daardie opsig. Ek glo `n mens moet net jou beste gee en positief bly. Dit help nie om jou te kwel oor sake waaroor jy nie beheer het nie en daarom moet jy eerder konsentreer op die dinge waarop jy wel `n invloed het.” Oor sy aanwysing as garsprodusent van die jaar vir medium kontrakte sê Krause hy het nie `n wenresep vir sy sukses nie. “Ek en my pa doen wat ons nog altyd gedoen het. Ons volg SAB se riglyne en mnr. Frikkie Lubbe (landboukundige van SAB), bied ook
vir ons baie ondersteuning. Die feit dat hul voortdurend die kultivars verbeter, speel ook `n rol. Ek dink een van die redes vir die goeie oes was te danke aan ons goeie weerstoestande. Ons het nie die erge reën en koue gehad soos van die produsente in die Vaalharts-omgewing nie.” Krause se benadering tot boerdery is eenvoudig. Hy probeer presies wees in alles wat hy doen. “Ons kyk na die behoefte van die plant en hou die weer fyn dop.” Hy sê hy besef dat `n mens nie oor alles kan beheer hê nie, maar kun-
digheid maak `n groot verskil en daarom gebruik hulle ook GWK se landboukundige dienste. “`n Mens moet jouself met kundige mense omring wat tot jou sukses kan bydra.” Krause skryf `n groot deel van sy sukses toe aan die ondersteuning van sy familie. “Dis nie net ek nie, dis ons almal in die wedloop. Ek kry ondersteuning van my vrou sowel as my ouers. Ons is lief vir wat ons doen en ek glo as `n mens gelukkig is in wat jy doen, sal jy `n sukses daarvan maak. Dit bly `n groot voorreg om te kan doen wat ek doen.”
Die meulegebou van GWK se koringmeule- en beskuitjie- en pasta-aanleg op Modderrivier is feitlik voltooi. Eg Noord-Kaapse produkte sal hier vervaardig word.
Ons Besigheid
GWK-aanleg op Modderrivier begin eersdaags met produksie
G
WK se koringmeule- en beskuitjie- en pasta-aanleg op Modderrivier sal binnekort in produksie wees. Die meulegebou is feitlik voltooi en eg Noord-Kaapse produkte sal hier vervaardig word. “Die doel van die ontwikkeling is om meer waarde vir GWK se aandeelhouers te ontsluit,” sê mnr. Eddie Ueckermann (Uitvoerende 18
Bestuurder: Westra). “Geen ander groot voedselverskaffer produseer al die onverwerkte materiaal en verwerk dit na `n finale produk wat in die mark beskikbaar gestel word nie.” Die regte strategiese vennote in Westra se bemarkingskanaal word met sorg geïdentifiseer en geëvalueer om te verseker dat optimale waarde vir GWK se aandeelhouers ontsluit word.
Om waarde te verseker is hoëgehalte, gekwalifiseerde en ervare SEB-kandidate aangestel. “Ons het die regte mense vir die hoogs gespesialiseerde posisie – van ambagslui en meulenaars tot aankoper – aangestel,” sê Ueckerman. Mnr. Eugene Champion (Projekbestuurder) sê die installasie van toerusting vorder goed en die span is opgewonde om na die produksiefase oor te gaan.
tania fourie 20
Spesialisprodukte Johan Fourie Bestuurder: Pekanneute
Gehalte van uitsterste belang vir volhoubare pekanproduksie
N
á afloop van die tweede Suid-Afrikanse Pekanneutkonferensie is dit selfs meer duidelik dat die fokus vir volhoubare pekanneut-produksie op gehalte moet wees. Hierdie stelling is egter tweeledig. Eerstens moet de produk wat by die plaashek uitgaan so naby as moontlik aan uitvoerstandaard wees. Tweedens moet verseker word dat Suid-Afrika se uitvoerstandaard geen gelyke moet hê nie. Dr. Bruce Wood van die Amerikaanse departement van landbou se landbou-navorsingsdiens (ARS) het `n lywige lesing gelewer rakende die aspekte wat neutgehalte en –grootte beïnvloed. Wanneer hierdie aspekte onder die loep kom, is dit eerstens belangrik om te verstaan wat `n goeie gehalte neut is.
Die breë beskrywing hiervan is as volg: Nie-beskadigde, ekstragroot na oorgroot neute wat goed gevul is met min dowwe neute en geen insek-beskadiging. Die fokus is dus op grootte en kernpersentasie. Die oorgroot (OS) en ekstra groot (XL) maak ongeveer 80% van die pekanneut-oes uit. Bygesê lewer die gebied waaruit GWK pekanneute aankoop baie groot neute op. `n Aantal faktore beïnvloed die grootte van die neut. Die eerste hiervan is kultivar. Die genetika van die neut speel `n belangrike rol in die neut se grootte. `n Goeie voorbeeld hiervan is die 2014-oes. Choctaw se gemiddelde OS% was 76% (die laagte vir die seisoen was 64% en die hoogste 97%). Wichita se gemiddelde OS% was 42% (die laagste vir die seisoen was 11% en die hoogste 85%). Choctaw, Mohawk en Mahaan is tra-
Groottes Oor Groot of “Oversize” Ekstra Groot of “Extra Large” Groot of “large” Medium Klein of “small” Gekraak of beskadig
Deursnee > 22 mm 20 - 22 mm 18.5 - 20 mm 17 - 18.5 mm 16 - 17 mm Alle groottes
disioneel groot neute. Wichita, Pawnee en Ukalinga is oorgroot na ekstra groot en Western en Navaho is medium- na ekstra groot neute. Die streek waarin die kultivar verbou word, het ook `n groot invloed. Om dit te illustreer, kan ons na Wichita se prestasie in die verskillende gebiede kyk (Grafiek 2). Die presiese oorsaak van die groter neute in verskillende gebiede is debatteerbaar. Verskeie aspekte dra hiertoe by, naamlik grondsoorte, die klimaat, hoogte bo seevlak, breedtegraad, dagligure en die oorwegende bestuurspraktyke wat in die onderskeie gebiede toegepas word. Landboukundige aspekte wat `n rol speel is voedingstatus, waterstatus, ligbestuur en oeslading. In die literatuur word herhaaldelik daarna verwys dat enige vorm van stres op die boom tydens die neutvergrotingsfase
Aantal neute per 1 kg <120 121-140 141-170 171-210 210-265
Gram per neut >8.3 8.3-7.1 7.1-5.8 5.8-4.7 4.7-3.7
Tabel 1. Klassifikasie van neutgrootte. 21
neutgrootte nadelig kan beïnvloed. Water is een van hierdie kritiese asGEKRAAK, 2% pekte. Namate droogtestres verhoog, M, 3% S, 1% word die neute kleiner. Die neutvorm is ook meer geneig om ronder te raak met kleiner neute L, 13% (veral by Choctaw) wat nie gewens is in die Chinese mark nie. Dr. William Reid, Amerikaanse naOS, 45% vorsings- en uitbreidingspesialis, het die navorsing van droogtestres op pekanneute nagevors (Foto’s 1 tot 5). Bemesting, veral kalium, speel ook `n XL, 34% belangrike rol in die neutvergrotingsfase. Die boom se voeding moet in balans wees om stres te voorkom. Dit kom daarop neer dat die voeding vir die boom geredelik beskikbaar moet wees en dat die boom nie hard moet werk om die nodige te onttrek nie. Blaarvoeding is baie effektief om Grafiek 1 (bo). Die grootte-verdeling van neute wat GWK in 2014 ontvang het. hierdie probleem aan te spreek. Foto 1 tot 5 (links onder en onder). Die invloed van droogtestres op verskillenDit is belangrik om gereeld grondde neutkultivars. Die pyle dui toenemende doogtestres aan. en blaarmonsters te neem om te verseker dat tekorte aangespreek of voorkom word. Neutdrag speel ook `n groot rol in die grootte van die neut. Die neiging is dat `n groter neutdrag kleiner neute oplewer en andersom. In Amerika word die tegniek van nut thinning toegepas om neute minder te maak en sodoende die grootte en die kern van die neute te verbeter. Die rede hiervoor is hoofsaaklik dat die vraagpunt met `n verhoogde drag te groot raak en die boom gehalte inboet om die neute te laat groei. Die boom lewer dis kleiner neute op of vul nie die neute volledig nie om vir die groter drag te kompenseer. Sommige kultivars, soos Mohawk, se kern word so laag dat dit nie uitvoerbaar is nie. Wichita se neute
Kanza
Lakota
Maramec
Chetopa
Major
22
word weer baie kleiner, maar boet nie noodwendig kerninhoud in nie. Die kerninhoud van die neut word bepaal deurdat die neut uitgedop word en die kern van die doppe geskei word. Die persentasie neutkern wat vir menslike gebruik geskik is, word dan as `n persentasie van die totale gewig uitgedruk. In Engels word die term Sound Kernel Recovery (SKR) gebruik, wat neerkom op die kern van die neut wat bruikbaar is om te eet. Suid-Afrika se algemene uitvoerstandaard na China is om pekanneute met `n kern van bo 55% te verkoop. Dit is weereens belangrik om te onthou dat die gemiddelde kerninhoud van elke kultivar verskil en dat dieselfde faktore as met neutgrootte die neutvul beïnvloed. Ukalinga en Shoshoni het `n baie dikker, harder dop as ander neute, wat beteken dat die kerninhoud nie sommer meer as 54% is as die neut nie van hoek tot kant gevul word nie. Ander kultivars soos Wichita vul meer maklik tot 60% kern vanweë die dunner dop en die neut se geneigdheid
% OS Wichita
ne
de
O
ra nj e
riv i
er
80% 70% 60% 50% 40% 30% 20% 10% 0%
Be
om homself baie goed te vul. Nog `n interessante verskynsel by kerninhoud is dat Wichita meer geneig is om grootte as inhoud in te boet, terwyl Choctaw eerder kern as grootte inboet. In die Chinese mark waar kultivars bo 55% kern moet wees, word die kerninhoud as sodanig nie so presies bereken nie. Die vereiste vir hierdie mark is dat die neut goed gevul moet wees. `n Wichita-neut met `n kerninhoud van 55% is dus nie noodwendig geskik vir hierdie mark nie. Die rede hiervoor is dat `n Wichita met 55% kern nie heeltemal gevul is nie, wat dui op probleme in die vorming van die kerninhoud (fase twee in die neut se ontwikkeling). Vir `n Barton-neut van 55%-57% gevul is, is die neut weer goed gevul en aanvaarbaar vir die mark. Waar sekere kultivars se kern tussen 52% en 58% in `n besending wissel, sal die neute met `n lae kern nie vir uitvoer geskik wees nie en moet dit uitgehaal word. Foto 6 wys Choctaw in die 2014seisoen. Die gemiddelde kerninhoud was 55%, maar neute met `n kern van 58% en 37% is ook gevind. Die foto dui die kern van gevul na medium-gevul aan. Die eerste drie neute van links na regs, is aanvaarbaar vir die Chinese mark. Die vierde neut is `n grensgeval en die vier laaste neute is nie geskik vir uitvoer nie. Die manier waarop die Chinese die neut oopbreek is effens anders as wat ons die neut kraak en uitdop. Neute vyf en ses in Foto 6 sal nie aanvaarbaar wees as dit in die lengte beknip word nie, maar as die neut uitgedop sou word en net na die heel halwe gekyk word, kan dit aanvaarbaar voorkom vir die kraakmark.
Grafiek 2. Wichita se prestasie in die verskillende gebiede. Hierdie neut is dus nie heeltemal verlore nie en kan nog vir die kraakmark aangewend word. Neute sewe en agt met `n kerninhoud van 37% is nie heeltemal dowwe neute nie, maar is selfs nie vir die kraakmark aanvaarbaar nie en is dus van geen waarde nie. Boerdery-praktyke het `n geweldige groot invloed op neutgehalte. In die huidige era van tegnologie is baie hulpmiddels vir produsente beskikbaar om presisieboerdery toe te pas en optimale gehalte te verseker. GWK se spesialiste kan produsente ook help om te verseker dat boerdery-praktyke optimaal bestuur en sodoende verseker word dat die neute groot en goed gevul is. Dit is ook belangrik om daarop te let dat pekanneut-boerdery nie `n â&#x20AC;&#x153;land-boerderyâ&#x20AC;? is nie. As 100 bome op `n hektaar staan, beslaan een boom 1% van die boord. As een boom dus nie presteer soos dit moet nie, moet dit reggestel word. Die regstelling beteken dan `n 1%-
verhoging in die opbrengs. Die fokus moet van `n boordboerdery na `n boom-boerdery verander word. Mense moet voortdurend deur die bome stap en individueel aan die bome aandag gee. Enige probleme moet dadelik gerapporteer en reggestel word voordat dit `n verlies aan inkomste veroorsaak. Die neute wat aan GWK gelewer word, moet so naby as moontlik aan uitvoerstandaard wees om die maksimum inkomste te genereer. `n Ekstragroot neut kan nie `n oorgroot neut gemaak word nie, dit moet in die boord gebeur! Die GWK-span sal alles in ons vermoĂŤ doen om produsente by te staan en te verseker dat neute gelewer word wat vir die uitvoermark geskik is. Ons strewe is om die neute wat aan GWK gelewer word, die voorkeur-neute in die mark te maak. GWK se langtermyn-visie en fokus op gehalte maak dit lonend om deel te wees van ons besigheid.
Foto 6. Choctaw in die 2014-seisoen. 23
gerhard steenkamp 24
Presisieboerdery
Dr. Sonia Steenkamp LNR-Instituut vir Graangewasse
Só kan peulaalwurm produsente `n rat voor die oë draai
P
eulaalwurm is die eerste keer in 1987 op grondboonpeule ontdek. Van daar af is peulaalwurm nog nooit op enige ander plek behalwe Suid Afrika gerapporteer nie. Die potensiaal vir jaarlikse peulaalwurm-skade op grondboonaanplantings word vererger omdat peulaalwurm ook deur besmette saad oorgedra word en oral in die grondboonproduksie-gebied voorkom. Vandag is peulaalwurm `n groot probleem en word as een van die belangrikste ekonomiese plae op grondbone beskou. Hierdie taai Afrika-aalwurm is in staat om die grondboonprodusent, asook die hele grondboonbedryf, elke seisoen `n hele paar rand uit die sak te jaag.
Figuur 1. Hierdie “blakend gesonde” grondbone is met planttyd met 7 000 peulaalwurms per plant geïnfekteer.
stel probleme vir die produsent, want lande wat met peulaalwurm besmet is, toon nie die kenmerkende vergeelde, verlepte of verpotte plante van lande wat met ander wortelvoedende aalwurms besmet is nie. Só vang peulaalwurm die Selfs plante met hoë vlakke van produsent onkant peulaalwurm-besmetting soos die in Peulaalwurm vang die meeste Figuur 1, lyk gewoonlik lowergroen produsente onkant omdat hy hom en blakend gesond. heeltemal anders gedra as die ander Produsente merk dus geen onraad plantparasitiese aalwurms. Waar an- nie en kom eers met oestyd agter dat der aalwurms reeds met plant uitbroei die peule afbreek en in die grond agen amok maak, wag peulaalwurm sy terbly as hulle die grondbone begin kans af totdat die grondboon ankers lig. Grondboon-besendings wat wel begin stoot. van sulke lande afgehaal kan word, Hulle vreet ook nie primêr soos word dikwels afgegradeer. die ander aalwurms aan die plant se wortels nie, maar val eerder die Dít is wat peulaalwurm doen peule aan. Hierdie gedrag veroorPeulaalwurm dring normaalweg by saak natuurlik weer `n heel ander die aanhegtingspunt tussen die peul
en die anker in. Selle op daardie aanhegtingspunt waar die aalwurm indring, word dan dermate beskadig dat die hele aanhegtingspunt verswak. Sodra die peule gelig word, breek dit by die aanhegtingspunt af en bly in die grond agter. As `n mens so `n afgebreekte peul van naderby beskou kan jy die bruin verkleurde, beskadigde weefsel duidelik sien (Figuur 2). In erg besmette lande kan 40 tot 60% van die oes só verloor word. Die grootste probleem is egter nie net die verlaging in die oes nie, maar dat peulaalwurm ook die persentasie ongesond, gevlek en vuil pitte (OGV%) in `n besending kan verhoog. Soos wat die peulaalwurm die peul deur die aanhegtingspunt indring, 25
beskadig dit ook die dop soos wat hulle al vretende tot in die pit aanbeweeg. Skade aan die dop self veroorsaak dat die dop deurlaatbaar raak vir water, wat weer veroorsaak dat die pitte binne in so `n beskadigde dop ontkiem voordat geoes kan word. Peulaalwurm vreet ook aan die testa van die saad. Soos wat die peulaalwurm aan die testa vreet, verkleur dit die saadhuid sodat dit onooglik lyk (Figuur 3). Saadhuide van besmette saad vryf maklik af en vertoon `n kenmerkende geel kleur op die pit self en onderaan die testa. Die aalwurm veroorsaak ook dat die chemiese komponente wat veronderstel is om te verhinder dat die saad te vroeg ontkiem, uitlek. Dít veroorsaak verder dat die pitte vinniger ontkiem (Figuur 4). Plantjies van saad wat veels te vroeg ontkiem het, kan maklik gesien word as `n mens ná `n oes deur `n grondboonland loop. Uitgeloopte en verkleurde pitte is natuurlik faktore wat `n besending se OGV% beduidend kan opstoot. `n Verhoging in die OGV% lei uiteraard direk na `n afgradering van die besending, asook `n verlaagde inkomste. Die ekonomiese verliese wat deur hierdie aalwurm per seisoen gely word, hang af van die prys wat elke klas grondbone op daardie tydstip kan haal. Omdat hierdie aalwurm dikwels veroorsaak dat besendings tot persen diversgraad toe afgegradeer kan word, kan die verskil tussen die prys van keurgraad en die prys van pers- en diversgraad geneem word as die ekonomiese verlies per ton grondbone wat die peulaalwurm op daardie tydstip vir die produsent kan teweegbring.
Figuur 2. Die heel eerste simptome van peulaalwurm-besmetting kom voor aan die aanhegtingspunt van die peul aan die anker waar die weefsel bruin verkleur is.
Figuur 3. Pitte aan die linkerkant is met peulaalwurm geïnfekteer en is verkleur as gevolg daarvan. Die pitte regs is onbesmet.
hierdie aalwurm se bevolkingsvlakke onder die skade-drempelwaarde te bring en te hou nie. Peulaalwurm kan nie chemies beheer word nie omdat hulle eers begin vermeerder sodra die grondbone anker stoot. Die fase van die grondboonplant val juis in die weerhoudingstydperk waar aalwurmdoders nie toegedien kan word nie omdat dit die risiko van residu in die grondboonbesending aan die einde van die seisoen verhoog. Wisselbou is ook nie suksesvol nie. Gelukkig beskadig peulaalwurm nie ander gewasse nie, maar hulle kan in die afwesigheid van grondbone in klein getalle op al die gewasse wat Beheer in `n grondboon-wisselboustelsel Dit is baie moeilik om peulaalwurm geplant word, oorleef. te beheer en die beheermaatreëls wat Hulle oorleef selfs op onkruide wel in plek is, is nie voldoende om wat algemeen in grondboonlande 26
voorkom. Die grootste gedeelte van die peulaalwurm-bevolking bly egter in onuitgebroeide eiers waar hulle beskerm is en broei eers uit as die produsent weer grondbone plant. Hulle het `n baie hoë voortplantingspotensiaal wat beteken dat 90% van die eiers wat deur die seisoen gelê word, sal uitbroei. Boonop het die peulaalwurm ook nog `n baie kort lewensiklus. Waar die ander aalwurms se lewensiklus vanaf uitbroei van die eier totdat die wyfie weer gereed is om eiers te lê, 25 dae en langer is, is die van peulaalwurm net sewe dae. Die hoë voortplantingspotensiaal en die kort lewensiklus veroorsaak dat die aalwurmbevolking binne `n kort tydjie tot skadelike vlakke kan vermeerder, selfs al is hulle net in klein getalle aan die begin van die seisoen
teenwoordig. Hoewel sommige biologiese middels goeie potensiaal toon, is biologiese beheer in die algemeen ook nie altyd suksesvol nie. Omdat middels wat biologiese beheer toepas uit lewende organismes bestaan, moet die organismes eers in die grond vestig voordat hulle iets aan die aalwurm kan doen. Ons omgewingstoestande in die grondboon-produksiegebied verleen homself nie altyd daartoe dat die organismes in die biologiese produk oorleef nie. Organismes wat wel peulaalwurms kan beheer is ook nog nie geïdentifiseer nie, omdat die peulaalwurm binne-in die saad self inbeweeg en só deur die saad omhul en beskerm word. Die enigste ander opsie is om grondboon-kultivars te plant wat natuurlike weerstand teen hierdie aalwurm het. Die slegte nuus is dat daar op die oomblik geen weerstandbiedende
Figuur 4. Sulke uitgeloopte plantjies is `n algemene gesig in `n land wat met peulaalwurm besmet is. kultivar op die mark bestaan nie. Die goeie nuus is dat die Nematologie-afdeling asook die Grondboon-teelafdeling van die Instituut van Graangewasse wel bronne geïdentifiseer wat weerstand teen
hierdie aalwurm het. Hierdie bronne van peulaalwurmweerstand moet nou in `n grondboon-teelprogram ingesluit word sodat `n weerstandbiedende kultivar op die mark geplaas kan word.
GWK lusern en veevoere . . . kundige advies deur spesialiste Bestuurder Fanus Linde Sel: 082 888 0016 Tel: 053 298 8457 fanusl@gwk.co.za Douglas Donnie Brits Sel: 082 805 2468 Tel: 053 298 8481 donnieb@gwk.co.za Jan-Kempdorp Douw Steyn Sel: 071 670 5883 Tel: 053 456 0139 douws@gwk.co.za Stellenbosch Lorraine Davison Sel: 082 806 5148 Tel: 021 180 4216 lorraineb@gwk.co.za Modderrivier / Rietrivier Albertus de Wet Sel: 082 803 0689 albertdw@gwk.co.za
www.gwk.co.za
Dr. Eduard Hoffman, Landbouweekblad se grondghoeroe, in `n profielgat.
Presisieboerdery
Groentoer `n reuse sukses
G
WK se Presisieboerderyspan het onlangs `n groentoer aangebied wat besoekers van so ver as Cradock en Skuinsdrift in Noordwes gelok het. Sowat 140 produsente het die geleentheid meegemaak. Mnr. Hennie Cloete het die dag afgeskop met terugvoer oor sy honneurs-projek. Die doel van sy projek is om te kyk hoe lyk die grondchemiese samestelling van rooi Kalahari-gronde op nuut ontwikkelde spilpunte voordat enige water, kunsmis of ameliorante toegedien is en hoe dit verander ná elke seisoen wat gewasse op die grond 28
verbou word. Die volgende is ná een seisoen bevind: � Die pH-van die grond neem toe. � K (mg/kg) neem af in die grond en ook in diepte in die profiel. � Na (mg/kg) in die grond neem heelwat toe ook in diepte in die profiel. � Elektriese geleiding (EG) in die gronde neem toe, m.a.w. die totale soute neem ook toe. � Monitering van die hulpbron (grond) op spesifieke punte is dus van kardinale belang en kan help met besluitnemingsprosesse soos bewerkingsaksies en toediening van die regte ameliorante op `n
meer volhoubare manier. Die gasspreker, dr. Eduard Hoffman van die Universiteit van Stellenbosch is hoof van die departement grondkunde en ook Landbouweekblad se grondghoeroe. Hoffman het die profielgate hanteer en `n lesing oor kalk en gips aangebied. Die belang van behoorlike primêre bewerking is weereens uitgelig en Hoffman het produsente gewaarsku om nie lukraak kalk op hoë pHgronde toe te dien nie. Gips is die regte roete om te volg, veral om infiltrasie in die gronde te verbeter. Die belang van suurstof in die
grondprofiel wanneer water bestuur word, is ook beklemtoon. Hoffman het ook oor versouting gepraat en genoem dat alle grond `n logingsfraksie het wat saam met behoorlike primêre bewerking nagekom moet word. Monitering en kennis van die hulpbron waarmee `n produsent werk is van kardinale belang. Me. Marcill Venter van die Universiteit van die Vrystaat het `n praatjie gelewer oor die tema Modellering van die ekonomiese wisselwerking vir besproeiingspyplyn-investerings vir beter energiebestuur. Stygende elektrisiteitskoste en die gevolglike styging in insetkoste bring mee dat deeglike aandag aan die ontwerp gegee moet word wanneer nuwe uitbreidings of oordoen van pyplyne beplan word. Wanneer `n mens reg begin, kan ek-
stra koste weens swak of verkeerde ontwerp betreffende pyplyngroottes, pakketgroottes, sirkelgroottes ensovoorts later vermy word. Navorsing waar `n sirkel van 30 ha met `n sirkel van 47 ha en `n pompafstand van 750 m vergelyk is, is die volgende gevind: � Die gelykbreek-wrywingspersentasie is laer as die norm van 1.5%. � Die interaksie tussen ontwerp en bestuur is meer belangrik by kleiner spilpunte. � Ruraflex was meer winsgewend as Landrate. � Die groter spilpunt was meer winsgewend as die kleiner spilpunt. � Kleiner kapasiteite was meer winsgewend, maar dit vereis meer intensiewe bestuur. (Marcill Venter, 2015)
Mnr. Nico Swart (Bedryfshoof: Katoenvergryging) het die besoek aan katoenlande gelei en gewys tot watter mate katoen ná haelskade herstel. Mnr. Pieter Franken het namens Sidi Parani hul nuwe produkreeks bekendgestel en produsente is genooi om na mielies te kyk wat met die verskillende kunsmis-produkte geplant is. Names die GWK-span bedank ons graag almal wat deel was van die dag en ook die produsente wat gehelp het om die dag `n sukses te maak: Mnre. Tiaan en Hein Mülke, Gerhard Cilliers (jnr.) en Gerhard Bruwer (Genade Boerdery). Dankie ook aan ons borge: GWK Graan, GWK Fasiliteite, GWK Saad, John Deere, Sidi Parani, Laeveld Agrochem (Pierre Nel), K2 Saad en Pioneer Saad (Henry du Toit).
Kundigheid beïndruk produsente
G
WK Presisieboerdery het onlangs in samewerking met die Proteïen Navorsingstigting (PNS) `n sojaboondag by Luckhoff aangebied. Mnr. Wessel van Wyk, landboukundige en navorser van die organisasie, was by dié geleentheid betrokke. Profielgate, sowel as GWK se sojaboonkultivar-aanplantings op mnre. Jaco van Niekerk en Gideon Joubert se plase is besoek. Aandag is veral gegee aan siektes soos Sclerotinia, wat `n gevaar vir die bedryf inhou. Rywydtes en plantbevolking van verskillende kultivars het ook onder die loep gekom. Produsente het die dag baie positief beleef en was beïndruk deur die kennis wat aan hulle oorgedra is.
Regs: Produsente by `n profielgat wat tydens die sojaboondag besoek is. 29
Die rooijakkals, ook bekend as die swartrug-jakkals, is ongewild onder veeprodusente weens die skade wat hierdie diere onder kleinvee aanrig. Fotoâ&#x20AC;&#x2122;s: Depositphotos
Lewendehawe
Dodelike bestuursmetodes van probleemdiere kos meer
P
robleemdiere laat veeprodusente daagliks met die hande in die hare. Skade wat hierdie diere aan veekuddes veroorsaak, maak die kleinveebedryf onaantreklik en kos jaarliks duisende rande. Statistiek van die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) wys dat die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf jaarliks meer as R2 miljard aan veediefstal, onwettige jag en probleemdierskade afstaan. Die Universiteit van die Vrystaat se Afrika grootroofdier-navorsingseen30
heid (ALPRU) het reeds in 2006 die jaarlikse skade weens probleemdiere op sowat R1.4 miljard bereken. Dr. Gerhard Verdoorn (Direkteur van die Griffon Gifinligtingsentum) waarsku dat randwaarde-bepalings nie noodwendig akkuraat is nie, maar skat dat tussen 22 en 26% van kleinvee deur probleemdiere gedood word. Die regering besef egter die erns van die saak, asook die groot invloed wat probleemdiere op die Suid-Afrikaanse ekonomie het. Minister Senzeni Zokwana van die departement landbou, bosbou en visserye, het in
November 2014 die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) toegespreek oor die ontwikkeling van norme en standaarde om probleemdiere te beheer. Jakkalsstreke Dit is belangrik dat produsente die verskillende jakkalssoorte van mekaar kan onderskei. Die bakoorjakkals, so genoem vanweĂŤ sy groot ore, is `n klein, skadelose dier wat insekte, knaagdiere en wilde vrugte vreet. Bakoorjakkalse hou geen bedreiging vir kleinvee in nie en moet daarom nie
geteiken word nie. Die rooijakkals, ook bekend as die swartrug-jakkals, is egter ongewild onder veeprodusente weens die skade wat hierdie roofdier onder kleinvee aanrig. Die jakkals is `n versigtige nagdier wat enige konfrontasie met mense sal vermy. In die dag rus hierdie diere in hoë, skaduagtige gebiede waar mense nie aktief is nie. Jakkalse leef in pare binne ingeperkte gebiede en is baie territoriaal, hoewel hulle soms om `n karkas sal saamdrom. Die rooijakkals se prooi bestaan hoofsaaklik uit insekte, rotte, reptiele, paddas, voëls en kleinvee. Roofdiere soos die rooijakkals is onontbeerlik in die ekostelsel en speel `n belangrike rol om `n gesonde balans in die natuur te handhaaf deur onder meer siek, swak en ouer diere te vang. Hulle help om die veld skoon te hou deur aan die karkasse van dooie diere te vreet. Oor die eeue heen het die mens se probeerslae om hierdie roofdier uit te wis nie hul getalle laat daal, die konflik met veeprodusente opgelos of die impak op die landbou verminder nie. Inteendeel lei hierdie probeerslae tot `n versteuring in die biodiversiteit in die omgewing. Die natuur se reaksie hierop veroorsaak die invloei van vreemde ongediertes wat tot groter veeverliese lei. Dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon Gifinligtingsentrum meen dat geweldige onkunde oor roofdiere bestaan. “Die verkeerde oplossings word dikwels aangewend om hierdie probleem te bekamp.” Die Roofdier Bestuursforum (PMF) se Beste praktyke vir die bestuur van predasie in Suid-Afrika is grootliks belyn met dit wat Zokwana aan die NRVP voorgelê het. Dit beskryf `n suksesvolle ongedierte-bestuursplan as een wat probleemdiere verantwoordelik bestuur. Die PMF stel voor dat voorkomende en regstellende metodes op `n geïntegreerde wyse toegepas word. Voorkomende, of nie-dodelike
Die bakoorjakkals. bestuursmetodes behels die afskrik van die, gewoonlik versigtige, jakkals. Afskrikmiddels soos klank, reuk, ligte, kudde-oppassers (honde, donkies, volstruise en alpakkas), krale, roofdierwerende heinings en beskermende halsbande word met verskillende vlakke van sukses gebruik. Klank, reuk en ligte moet daagliks rondgeskuif word om te verhinder dat die jakkals daaraan gewoond raak. Navorsing toon dat die gebruik van nie-dodelike bestuursmetodes meer koste-effektief is. Dr. Bool Smuts, direkteur van die Landmark Foundation, `n nie-winsgewende organisasie, was een van die navorsers en outeurs van `n navorsingsartikel wat in die Oryx-joernaal oor bewaringsake verskyn het. Oor die drie jaar van die studie is bevind dat nie-dodelike metodes van ongediertebestuur twee keer meer kostedoeltreffend is in die eerste jaar van implementering en meer as vyf keer in die daaropvolgende jaar. “Die belangrikheid van die studie het gewys dat nie-dodelike metodes wel ekonomies sin maak,” se Smuts. “In baie gevalle dra die manier van probleemdier-bestuur by tot die uitdagings wat veeprodusente ervaar.” Gewilde metodes vir jakkalsbeheer sluit die vang en uitroeiing deur opgeleide jag-honde, lokvalle, professionele nagjagters wat die roep-enskiet metode gebruik in. Die gebruik van aas met gif is onwettig, maar die gebruik van gifhalsbande is wel wettig.
“Gif-halsbande is een van die mees verkose metodes en is baie effektief om die probleemdier uit te skakel,” sê Verdoorn. “Slegs wettige beheermetodes moet gebruik word en dit moet rég gebruik word.” Die RPO beveel aan dat elke produsent `n volledige rekord van veeverliese byhou, asook statistiek soos die soort, geslag, ouderdom en die maaginhoud van ongediertes wat doodgemaak is. Dié inligting moet dan aan `n bewaringsinstansie gestuur word wat roofdierbestuur koördineer sodat dit statisties verwerk kan word. Die RPO, die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), die Suid-Afrikaanse Angora-kwekersvereniging (SAMGA) en Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) span almal saam om doeltreffende probleemdier-beheer toe te pas. Hulle vorm ook deel van die PMF. Die PMF kommunikeer met die publiek sodat die boodskap doeltreffend oorgedra word dat probleemdierbestuur deur veeprodusente op `n verantwoordelike, wetenskaplike en volhoubare manier toegepas moet word. Besoek die PMF se webtuiste (www. pmfsa.co.za) vir meer inligting oor probleemdier-bestuur. Produsente kan Verdoorn by 082 446 8946 kontak vir hulp met oorsaak-bepaling, probleem-identifikasie en die opstel van `n effektiewe probleemdier-bestuursplan. 31
Die nuwe John Deere 9570 RT gespoorde trekker wat nou by GWK Meganisasie beskikbaar is.
Meganisasie
John Deere 9570 RT nou by GWK Meganisasie beskikbaar
G
WK Meganisasie voer nou die nuwe John Deere 9570 RT gespoorde trekker in. Die kombinasie van nuwe tegnologie, krag, effektiwiteit en gemak van hierdie trekker maak verhoogde produktiwiteit werklik moontlik. Dit is ideaal vir groot graan bedrywighede waar moeilike landtoestande bestaan en voldoen ook aan die hoë werkverrigtingseise van die skrapermark. Die bron van die 9570 se krag is die 15L Cummins QSX15-enjin wat vir 570 perdekrag sorg. Die nuwe, verbeterde e18 PowerShift-ratkas, het nou `n outomatiese-stelling wat ontwerp is om die masjienvloei-effektiwiteit en operateur-produktiwiteit te verhoog. Hidroliese vloei is tot 115 gpm verhoog wat die trekker die kapasiteit gee om enige groot implement met gemak te hanteer. 32
Die gespoorde 9570 RT bied `n gemaklike rit oor rowwe landerye, hoërtraksie-vlakke op die meeste grondsoorte, en dus meer stabiliteit op hellings. Beweegbaarheid met spore is beter en `n nil-radius-draai is moontlik. Minimale ballast-aanpassing is nodig en dit is uiteraard nie nodig om banddruk te verander nie. Die nuwe CommandView™ III-kajuit, standaard op die 9570 RT, bied meer spasie en gemak as sy voorgangers. Die herontwerpte “CommandARM” met `n John Deere 4600 CommandCenter-skerm, maak dit makliker om die trekker se funksies en instellings te beheer. Die integrasie van die John Deere 9570 RT met die jongste tegnologiese oplossings saam met wêreldklas bystand vorm alles deel van John Deere se visie vir `n volledige oplossingspakket.
Kontak GWK Meganisasie vir navrae: George Wheeler Bestuurder: Verkope 071 670 1303 Duncan McCalman Bemarkingsadviseur: Heelgoedere 071 421 2758 Adriaan Steyn Bemarkingsadviseur: Heelgoedere (Modderrivier) 082 888 3863 André Botha Bemarkingsadviseur: Heelgoedere (Douglas) 071 680 2796 Johan Combrink Junior Heelgoederebemarker: Hopetown 071 440 4860
Die toekoms is hier . . .
John Deere Ams, jou sleutel tot produktiwiteit
John Deere AMS
www.gwk.co.za
innoveer landbou J o h a n Wo l v a a r d t Sel: 072 331 3807 J o h a n Wo l v @ g w k . c o . z a
Ons 2015 veilingsdatums is 7
Mei 2015 & 9de PRODUKSIEVEILING • 10 SEPTEMBER 2015 K IMBERL E Y G W K VE I L I NG S KOMPL E K S
Waar waarde tel
CAB 110 020 (links) is vir R100 000 en HIT 11-042 (regs) is vir R60 000 op ons September veiling 2014 verkoop. BORICA BONSMARAS DR NEELS & RIKA BOOYENS
082 924 9653
DWAALVLEI BONSMARAS BEN & SCHALK LIEBENBERG
082 856 9966
LEEHAN BONSMARAS JOHAN & COLLEEN JACOBS
0 8 2 5 5 3 110 8
EL TAURO BONSMARAS DR TERENCE & MICHELLE IʼONS
0 8 2 374 67 71
OPPIBERG BONSMARAS HENNIE & KAREN RETIEF
07 2 4 6 5 8 211
VAN NIEKERK BONSMARAS GERT & PIETER VAN NIEKERK
0 8 3 2 61 3 5 01
KliĂŤnte-fokus In hierdie afdeling van Kommuniek leer ken ons nuwe lede van die GWK-span wat aangestel word in poste wat ons kliĂŤnte direk raak, sowel as mense wat reeds deel is van die span en na sulke poste bevorder word. Nuwe Depotbestuurder op Modder- en Rietrivier Mnr. Otto von Molendorff is aangestel as Depotbestuurder: Modderrivier en Rietrivier. Hy is `n boorling van die Noord-Kaap en het in 2008 sy loopbaan by GWK begin. Hy het vinnig gevorder en is in Mei 2013 as Besdryfshoof: Silo op Douglas aangestel, waarna hy die pos op Modderrivier aanvaar het.
Die drukkersduiwel het egter in die Maart-uitgawe van Kommuniek toegeslaan en ons het verkeerdelik aangedui dat hy ook as Depotbestuurder op Hopetown aangestel is. Ons vra om verskoning vir enige ongerief. Mnr. Dirk Thomas is die bestuurder by die Trans Oranjedepot.
GWK Veilings innoverende veeverhandeling Hoofbestuurder: GWK Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen 053 298 8200 083 444 3411 wimvr@gwk.co.za Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings Willie Meyer 051 250 4077 071 680 4103 williem@gwk.co.za Bedryfshoof-Noord, Kimberley Deon Klopper 053 832 5227 082 802 8483 deonk@gwk.co.za
GWK Veilings doen aktief sake in die Vrystaat, Noord-, Oos-, en Wes-Kaap. Die besigheid fokus deurlopend daarop om die afsetgebied vir Suid-Afrikaanse produsente se vee te vergroot met ons groot- en kleinveeveilings, stoetveilings en wildveilings. Veeverkryging en die fasilitering van transaksies tussen produsente is ook deel van ons veeverhandelingsdiens. Kontak GWK Veilings vir innoverende veetransaksies.
Bedryfshoof-Suid, Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532/ 082 924 6096 jane@gwk.co.za Kimberley Schalk Erlank (Stoetvee) 082 558 6891 schalke@gwk.co.za lewendehawe@gwk.co.za Bloemfontein Willie Snyman (Stoetvee) Pr.Sci.Nat. 082 375 2524 jacusta@mweb.co.za Humansdorp Renier Zietsman (Afslaer) 082 491 5182 renierz@gwk.co.za Kimberley Koos Visagie (Afslaer) 053 832 5227 083 680 8929 koosv@gwk.co.za
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Kompetisie! Like en share GWK se blad op Facebook en jy ontvang onmiddellik `n inskrywing in ons maandelikse kompetisie!
Snappy Chef 20cm veerligte gietyster-braaipan ter waarde van R799
6-stuk Snappy Chef messestel ter waarde van R699
Snappy Chef eenplaat-induksiestoof ter waarde van R1199
Snappy Chef 35cm reghoekige lasagnebak van gietyster ter waarde van R1199
Die wenner sal `n stel kookware van Snappy Chef ter waarde van R4 595 ontvang. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
40
8-stuk Snappy Chef pottestel ter waarde van R699
Pret op die plaas Vir die jongspan
Watter perde lyk dieselfde?
42
Leefstyl
Carien Grobler
Dís wat jou troeteldier van jou sê! Ons almal het al skelm geglimlag wanneer ons opmerk hoe baie sommige troeteldiere na hul eienaars lyk. Terwyl jy swoeg om jou hond onder beheer te hou in die veearts se wagkamer, let jy skielik op dat die man wat oorkant jou sit op `n haar soos sy boelhond lyk!
D
it is nie blote toeval nie! sê dr. Nicholas Christenfeld, `n sielkundige aan die Universiteit van Kalifornië in San Diego, Amerika. Nicholas het navorsing oor hierdie verskynsel gedoen en bevind dat mense inderdaad in baie gevalle troeteldiere kies wat na hulle lyk. “Ons is taamlik egosentries oor die troeteldiere wat ons kies,” sê hy. “Mense hou daarvan om om te sien na iets wat fisieke ooreenkomste met hulle het.” Nicholas het sy teorie oorspronklik getoets deur mense en troeteldiere in `n park by mekaar te probeer plaas. 46
“Ek het geen moeite gehad om die korrekte troeteldiere by hul eienaars te plaas nie – die pragtige vrou by die Golden Retriever en die man in swart by die Rottweiler.” Hoewel sommige kenners meen dat dit `n stereotipiese benadering is, bewys Christenfeld se navorsing die teendeel – ten minste wat opreg geteelde honde betref. Vir hul studie het Christenfeld en sy kollega Michael Roy 45 honde en hul eienaars apart afgeneem. Altesaam 28 studente is toe gevra om die foto’s van die troeteldiere by die korrekte eienaar te plaas. Die studente kon in die meeste gevalle die
opreggeteelde honde by hul eienaars plaas. Hulle het egter gesukkel om honde met gemengde bloedlyne by hul eienaars te plaas. Die rede hiervoor is dat honde met gemengde bloedlyne dikwels op die ingewing van die oomblik aangeskaf word, sê Nicholas. “Opreggeteelde honde word egter vir spesifieke eienskappe gekies. Mense is van nature aangetrokke tot diere wat soos hulle lyk – en optree!” Prof. Stanley Coren, outeur van Why We Love the Dogs We Do, stem saam met Nicholas. Stanley het tydens `n studie bewys dat mense met sekere persoonlikheidstipes geneig is om troeteldie-
depositphotos
re te kies wat daarby aanpas. In sy boek groepeer Stanley honde in sewe kategorieë naamlik vriendelik, beskermend, onafhanklik, selfversekerd, konsekwent, gelykmatig en slim. “Selfversekerde mense is byvoorbeeld meer geneig om terriërs aan te hou. Histories het die meeste Amerikaanse presidente terriërs aangehou.” Stanley sê ons kies bewustelik of onbewustelik troeteldiere wat by ons pas. Dit geld egter nie vir katte nie. “Mense hou katte aan omdat hulle van die skoonheid van hierdie spesie hou. Ons katte lyk en is nie noodwendig soos ons nie. Eintlik is ek van mening dat katte ons kies en nie andersom nie. Hulle kom ons lewens binne wanneer hulle op jou voorstoep verskyn en eis om aangeneem te word. Miskien evalueer sulke katte ons persoonlikhede in die geheim en kies dan die regte familie!” Wat sê jy met jou troeteldier? Dit mag wees dat jy iets probeer sê met die troeteldier wat jy aanhou, sê dr Lynn Hoover, sielkundige en president van die Internasionale Vereniging vir Dieregedrag-adviseurs. Dit gebeur ook dat mense met introverte persoonlikhede onbewustelik `n hond soos `n golden retriever kies omdat hulle nie die sosiale vaardighede of selfvertroue het om ander mense te benader nie, maar weet dat die hond dit wel het, sê Lynn. “In ander gevalle kies afsydige mense weer honde met meer afsydige geaardhede, soos `n Afgaanse hond, omdat hulle self ook so is. `n Mens sou ook kon spekuleer dat mense wat koudbloedige troeteldiere aanhou nie daarvan hou om hul troeteldiere te vertroetel nie. “Dit is egter nie altyd waar nie,” meen Stanley. “Dit mag wees dat iemand wat reptiele aanhou bloot in reptiele belangstel. Mense kies ook soms `n soort troeteldier omdat hulle daarmee grootgeword het. Nietemin is daar in die meeste gevalle `n goeie rede waarom mense spesifieke troeteldiere kies.” Eienaars en troeteldiere mag glad
nie na mekaar lyk nie en op die oog af geen persoonlikheidskenmerke in gemeen hê nie, maar tog is die kameraadskap ooglopend. Winston Churchill is tydens sy bewind as eerste minister van Brittanje gereeld met `n boelhond vergelyk. Hy het egter `n sjokoladekleur poedel, Rufus, aangehou. Toe Rufus in 1947 doodgery is, is hy opgevolg deur Rufus II, ook `n poedel. “Dalk het die ware Churchill meer persoonlikheidskenmerke met `n poedel gedeel!” lag Lynn. Wie kies watter hond? Ons kies ons troeteldiere op grond van hul persoonlikhede en fisieke eienskappe wat ons aantreklik vind. Maar wat sê jou hond oor jou? Die Amerikaanse Kennelklub het `n lys saamgestel oor die persoonlikheidseienskappe van gewilde honde en hul eienaars:
fieke take. Die eienaars is dikwels mense met baie energie wat die buitelewe geniet en aan aktiwiteite soos voetslaan, fietsry, ski en bergklim deelneem. Labrador retrievers is opgeruimde, goedgeaarde familie-honde. Hul eienaars is in die algemeen saggeaarde gesinsmense met gesellige geaardhede wat ander mense se geselskap geniet. Golden retrievers toon sterk ooreenkomste met labradors wat hul temperament aanbetref. Hulle is vriendelike, opgeruimde en aktiewe honde wat uitstekend binne `n familie funksioneer. Eienaars van Golden retrievers is dikwels ook sosiale, oop en eerlike gesinsmense.
Beagles (speurhonde) is slim, nuuskierige en saggeaarde hondjies met `n sterk wil van hul eie. Worshonde is goeie troeteldiere Eienaars van beagles is dikwels ook vir klein kindertjies vanweë hul groot- nuuskierige mense met `n sterk wil te en vriendelike geaardhede. Hulle van hul eie. Hulle is lojaal teenoor kan egter effens hardkoppig en luihul vriende, gee `n koue skouer vir drugtig wees. Mense wat worshonde vyande, is baie spraaksaam en waaraanhou is dikwels ook hardkoppig en skynlik taamlik hardkoppig. ondeund en hou daarvan om dinge te bevraagteken. Poedels is hoogs intelligent en bekoorlik. Mense wat poedels aanYorkshire terriërs is slim en hou is dikwels besorg oor besonderwakker hondjies. In die algemeen hede, waardeer kuns en kultuur en hou meer vroue as mans hierdie ook die klassieke lyne en voorkoms hondjies aan, hoewel sommige mans van hul honde. ook hul kameraadskap geniet. Duitse herdershonde is beCocker spaniels is saggeaarde, skermend teenoor hul eienaars, baie spelerige honde en hul grootte maak intelligent en hoogs aanpasbaar. hulle die perfekte speelmaats vir Eienaars van Duitse herdershonde kleiner kindertjies. Mense wat spanis dikwels mense wat die buitelewe iels aanhou is dikwels saggeaarde geniet en `n metgesel verkies wat in gesinsmense met `n hartlike gesindenige omgewing kan funksioneer. heid teenoor mense sowel as diere. Hulle is ook besorg oor hul sekuriteit en maak op hul honde staat om hulle Boxers se eienaars is dikwels in te beskerm. staat om streng te wees met hierdie honde wat `n ferm hand nodig het. Pugs of mopshonde, word nooit Hulle geniet dit egter ook om met hul werklik volwasse nie. Mense met `n honde te speel en laf te wees. sin vir humor hou hierdie honde aan Border kollies het gewoonlik spesiwat graag hul mense vermaak! 47
Gesondheid
Ontrimpel jou gees en bly jonk! � Vergewe en vergeet. � Wees kreatief. Hoe wonderlik sou dit nie wees Om iemand te vergewe is ontgifStudies aan die Ithaca-kollege in as ons onbepaald kon jonk bly ting van die siel. Jy sal ook somNew York se navorsingsentrum vir nie. Helaas! Ons liggame is mer `n hele paar kilo’s ligter voel ouderdomsverskynsels, toon dat geprogrammeer om te verouder wanneer jy die wrokke waaraan `n kreatiewe stokperdjie help om en ongeag hoeveel wonderkure jy so swaar dra, van jou skouers `n mens se brein jonk te hou. jy probeer, kry die plooie die afgooi! Navorsers is baie opgeDie navorsing wys ook dat `n wonde oor die verskeie voordele mens meer kreatief kan raak omeen of ander tyd die oorhand. van persoonlike en sosiale weldat jy ouer word, nie ten spyte “As jy wil jonk bly, ontrimpel stand wat vergifnis inhou. daarvan nie. “`n Mens hou nie eerder jou gees as jou gesig,” “Dit verhoog nie net die potenop 16 of 20 op om breinselle te is die bekende tekenprentsiaal om mense met mekaar te genereer nie,” sê prof. John Krout kunstenaar Marty Bucella se herenig nie, maar bevry `n mens van die sentrum. “Mense van 100 ook van die aanhoudende woede jaar oud kan nuwe verbindings wyse raad. Hoewel jy nie meer en stres wat tot hartsiektes, hoë tussen hul breinselle genereer as soos `n twintigjarige lyk nie, bloeddruk en psigosomatiese hulle aan kreatiewe aktiwiteite is die stryd teen die ouderdom siektetoestande kan lei,” sê dr. deelneem.” nog lank nie verlore nie! Hier is Glen Mack Harnden, `n sielkunvyf dinge wat jy kan doen om dige van die Kansas-universiteit � Baai in die sonskyn. jou gees te ontrimpel: in Amerika. Britse wetenskaplikes het bevind � Kies opgeruimde vriende. Opgeruimde vriende vul mekaar met positiewe energie en brandstof om uitdagings aan te pak. Hulle verstaan die beginsel van gee en neem en suig jou nie aanhoudend leeg nie. Sulke vriende lag ook gereeld saam, wat goed is vir jou liggaam sowel as jou siel. Navorsing het bewys dat `n positiewe lewensuitkyk en die vermoë om die humor in alledaagse dinge raak te sien, `n mens se lewensverwagting kan verhoog. Sommige vriendskappe – soos goeie wyn – word met die tyd beter en bied aan jou `n waardevolle ondersteuningsnetwerk, terwyl ander jou energie onnodig steel. 48
dat `n gesonde hoeveelheid sonskyn dalk net die ding is om jou langer jonk te hou. Die wetenskaplikes van die King’s College in Londen het meer as 2000 vroue tussen die ouderdomme van 18 en 79 se telomere – die biologiese merkers van ouderdom in `n mens se DNS – bestudeer. Hulle het bevind dat vroue met hoë vlakke van vitamien D langer telomere het, wat `n teken is dat hulle biologies jonger en meer gesond is. Vitamien D word natuurlik deur die vel geproduseer wanneer dit met sonlig in aanraking kom.
� Omring jouself met bome. Navorsers aan die Tokyo Medical and Dental University in Japan het bevind dat voorstedelike senior burgers wat in strate met bome en naby groen parke woon waar hulle kan gaan stap, langer leef. Hulle is ook meer gesond omdat hulle oefen.
Resep
Wildspastei vir pure lekkerkry!
Resep
1 springbokblad of -boud 700 ml bruin asyn 2 lourierblare 500 ml rooiwyn 6 heel peperkorrels 5 heel naeltjies
sout en varsgemaalde swartpeper 15 ml sonneblomolie 1 ui, fyngekap 250 g repiespek, in klein blokkies gesny 2 velle blaardeeg 1 eier, geklits
Metode � Plaas die vleis in `n groot bak. Gooi 500 ml bruin asyn en die lourierblare bo-oor. � Plaas die bak in die yskas en laat marineer vir minstens drie dae. � Draai dit elke dag om. � Haal dan die vleis uit die marinade, spoel dit af en plaas in `n groot kastrol. � Voeg die rooiwyn, 200 ml bruin asyn en speserye by. � Geur met sout en peper. � Sit `n deksel op en bring tot kookpunt op die stoof. � Draai die hitte af sodat die vleis baie stadig kook. � As die sous te min word, kan jy nog water byvoeg. � Om vleis fyn te kook, duur lank (minstens ses tot agt uur). Dit sal dan `n draderige tekstuur hê en van die been afval. Verwyder die been. � Braai die uie en spek saam in die sonneblomolie. Voeg by die fyn vleis en geur met sout en peper, indien nodig. � Skep die vleis in `n oondbak, of maak individuele pasteie in klein oondbakkies. � Verhit die oond tot 200 °C. � Laat die vleis afkoel voor jy die deeg bo-op plaas en dit verf met die geklitste eier. � Maak deegversierings, soos blaartjies, bo-op die deeglaag. � Sny twee kepe bo-in die deeg sodat stoom kan ontsnap. � Bak 30 - 45 minute in die oond totdat die deeg gaar en mooi goudbruin is. 49
Agterblad Uit Piet se pen
Veldskoen de Lange wys water
J
are gelede is alle boorgate met stamperbore geboor, `n kuns wat vandag amper uitgesterf het. Ek onthou nou nog die opgewondenheid as die boor op pad plaas toe was. Voor daar geboor kon word, moes die gat eers afgesteek word. Hier word die manne van die muise geskei. Baie kan water wys, maar almal kry nie water nie. Mikstokke, waterbottels, fan belts, drade en selfs gewere word ingespan. Veldskoen de Lange van Namakwaland was `n bekende waterwyser. `n Eienaardige oubasie met veldskoene sonder sokkies. Sy bekende Namakwalandse uitdrukkings het mense laat skater van die lag. Hy het `n geweer gebruik om water te wys. In sy arsenaal was drie gewere. Al drie se lope afgesaag met die punt van die loop omtrent regoor sy oor. Die grootte van die geweer het die sterkte van die gat bepaal. Die .22 was vir `n skaap-watertjie, die .303 vir `n plaastuin en die haelgeweer vir manne wat lusern wou plant. Die patrone wat gebruik is, moes eers die vorige nag in die grond begrawe word. Dit is dan die volgende oggend met die omgewing se water afgespoel. Alles dinge om die proses aan te help. Die omie wou nooit aan huis kom nie. Nee, hy het sy tentjie opgeslaan en heelnag na die maan gesit en kyk. Volmaan was volgens hom die volmaakte tyd om water te wys. Aangesien volmaan te min gekom het, het sy besigheid daaronder gelei. Hiervoor het hy aanpassings aan sy ladings gedoen om die maan se invloed na te boots. Niemand het dit eintlik verstaan nie. Vyfuur in die oggend kon jy maar na50
der staan. Met jou keuse van geweer het hy aangetree. Voorwaarts mars en daar gaan hy. Heen en weer het hy gemarsjeer totdat `n skoot afgegaan het. Omstanders wat nie bekend was met hierdie metode nie, het dan vervaard dekking geslaan. Dan eers is almal gerus gestel dat dit die water onder die grond is wat die geweer outomaties laat afgaan het. Nou kon jy jou keuse uitoefen om die sterkte van die water te bepaal. Wanneer die haelgeweer gebruik is, was niemand in sig nie. Heeltemal te gevaarlik! Eers nadat die skoot afgegaan het, het almal versigtig nadergestaan. Sy hoed het as bewys op die grond gelê waar geboor moes word. Die ou man se oor was vol merke en sy hoed se rand vol gate. Seker van al die skote wat te naby afgegaan het, het `n buurman eendag opgemerk. Hoewel hierdie metode nie by almal byval gevind het nie, het hy min droë gate gewys. Ná so `n waterwys-episode het Pa die boor laat kom. Oom Peter Cilliers op Redlands het `n boor gehad. `n Regte Dreyer-boor wat ou Booi agter die soutlorrie gesleep het. Die boor is op die plaas afgehaak. Hiervandaan het ons hom met die trekker gesleep tot by die boorplek. Die boorman was ou Jors. `n Oorlogveteraan wat in Egipte tydens die tweede wêreldoorlog geveg het. Hy was `n agterryer wat saam met die geallieerde mag teen Duitsland en Italië geveg het. Elke dag moes water aangery word vir die boor. Gewoonlik het ek by ou Jors agtergebly tot Pa die volgende drom water gebring het. Die ou het op `n olie-konka gesit. Ek kon my verkyk aan
hoe handig ou Jors en sy handlanger die masjien hanteer. Dit was `n hele proses om die boor aan die gang te hou. Die enjin moes diesel kry, die boor water en die beitel moes elke nou en dan skerpgemaak word. Afhangend van die grondformasie kon so `n boordery dae aanhou. Ou Jors het lekker oorlogstories vertel. Name soos Kaïro, El Alamein, Rommel en Montgomery was deel van sy woordeskat. Volgens ou Jors was daar ook vroue in die oorlog. Ou Jors het eendag `n woord gebruik wat ek nog nie verstaan het nie. Toe ek pa daarna uitvra het hy my nie geantwoord nie. Ek is nie weer toegelaat om by ou Jors agter te bly nie. Vandag verstaan ek. Met elke skoonmaak van die gat word `n monster grond geneem om te kyk hoe die formasie verander. Die hopies is netjies in `n ry gepak. In ons wêreld dui klippies met groen en geel stukkies daarin aan dat die water naby is. Wanneer die wateraar raakgeboor word, moes die water eers geproe word voordat daar verder geboor word. Vandag lyk dinge heel anders. Die nuutste lugdrukbore kan `n hele paar gate op `n dag boor. Gewoonlik `n erge stofstreep. Net die enjin se dreuning verander wanneer deur die breuke in die grond geboor word. Die stof verdwyn onmiddellik sodra water raakgeboor word, die kompressor se enjin wil weghardloop en water spuit bo by die gat uit. `n Wonderlike gesig! Min dinge in die Karoo is so bevredigend as water wat raakgeboor word. En nee, as jy dit nog nie ervaar het nie, sal jy nie verstaan nie . . .
UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS
Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936
GWK Versekering . . .
Gemoedsrus oor jou bates Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773
• Bekostigbare oplossings teen wild- en kudde-risiko. • Maakpas-oplossings vir bateversekering. • Kortingterugbetalings ondanks aandeelhouer se eisegeskiedenis.
Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes/ Jan Kempdorp René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911
Ficksburg/ Mooirivier
Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659
GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat f okus o p welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
www.gwk.co.za
innoveer landbou