Kommuniek Februarie 2013

Page 1

Februarie 2013

`n handelsmerk van

S贸 lyk die die vooruitsigte vir die landbou in 2013 Klante kan nou aanlyn met GWK oor diens gesels Graanmark vertoon gemeng



Inhoud 2 Redaksioneel Twaalf blinknuwe maande wag om gelééf te word . . . 3 Geestelike akker Laat jou gawes jou anders maak . . . 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel Só lyk die vooruitsigte vir die landbou in 2013. 14 Ons besigheid Klante kan nou aanlyn met GWK oor diens gesels. 16 Wat aandeelhouers moet weet Dís nuus in die GWK-groep. 18 Graan Graanmark vertoon gemeng. 22 Graan Volatiele Safex doen sy reputasie gestand. 24 Presisieboerdery Blaarsiektes by grondbone – voorsorg is beter as nasorg.

26 Presisieboerdery Universiteit ondersoek aarskroei en kopvrot. 28 Saad Ontwikkeling van kultivars vir grondbone goed op dreef. 30 Versekering GWK se kredietversekering: Kommer is iets van die verlede.

10 Vooruitsigte vir landbou

34 GWK NUUS Nashua Mobile brei sy voetspoor na Prieska uit. Skool hou terrein skoon met nuwe vullisdromme. 36 ONS MENSE Ons kinders baljaar op die plaas!

16 Nuus in die GWK-groep

42 KOMMUNIEK KIEKIES Vakansie! 46 Vir die jongspan Pret op die plaas. 48 VROUE Leefstyl Leef die hele jaar lank met jou tone in die sand.

42 Wenkiekie

50 Gesondheid Smullekker avokado’s . . . 51 Resep Avokadohalwes met garnale. 52 Agterblad Nommer 81 aan die beurt . . .

48 Tone in die sand . . .


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

Twaalf blinknuwe maande wag om gelééf te word. . .

T

waalf blinknuwe maande lê voor ons en wag om gelééf te word. Twaalf vars beginne om ons dagtake met passie aan te pak en `n verskil te maak . . . al is dit net in een mens se lewe. Want `n mens was suksesvol as jy selfs net een mens gehelp het om makliker asem te haal. As jy die wêreld net `n klein bietjie beter agterlaat, deur `n kind aan te raak, `n boom te plant of `n sosiale probleem aan te spreek, het die digter Ralph Waldo Emerson gesê. Teen die tyd wat ons lesers die eerste uitgawe van Kommuniek vir 2013 in hul hande hou, sal een van hierdie jaar se nuwe beginne reeds verby wees. Des te meer `n goeie rede om

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029 Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

vandag die lewe met albei hande aan te gryp en bewustelik te leef! Ons skop die jaar af met `n vooruitskouing oor wat die landbou in 2013 vir ons gaan inhou. Dan kyk ons na GWK se nuwe Klante Kommentaarstelsel waarmee klante deurlopend enige kommentaar oor dienslewering onder GWK se aandag kan bring. In die rubriek “Wat aandeelhouers moet weet,” kommunikeer ons belangrike GWK-nuus aan ons aandeelhouers. Ons doen aan by GWK Graan vir `n oorsig oor GWK-produsente se prysings vir die afgelope maand en kuier by GWK Saad waar groot opgewondenheid oor nuwe grondboonkultivars heers. In Kommuniek Kiekies verlang ons

Lekker lees! Tot volgende keer.

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

vandeesmaand saam met ons lesers terug na die sorgvrye vakansiedae. En dan kan die dames naderskuif, want as jy weet hoe, kan jy die hele jaar met jou tone in die sand leef! Ons leer dat `n sesgang maaltyd in `n enkele avokadopeer skuil en maak `n gesonde avokado-dis wat sal help om die vakansievetjies af te skud. Oudergewoonte is Piet terug om die lagspiere te prikkel en hierdie keer deel ons sy gewaarwordinge terwyl hy by die Ontvanger sit en wag dat nommer 81 aan die beurt moet kom . . .

VOORBLADFOTO `n Dubbeldoel Switser op die plaas Witwater naby Griekwastad. Foto: Bertie Theron


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Laat jou gawes jou anders maak . . . menswees noukeurig uitgesoek en Hy weet presies wat die resep van jou lewe behoort te wees. Juis omdat Hy jou beter as jyself Ons almal wil graag betekenisvol ken, weet Hy hoeveel goddelike leef. `n Sinvolle lewe dra mos by tot gawes daar binne jou is, wat jou ons selfwaarde en selfvervulling. unieke sterk punte is en wat jou volle Die vraag is: Leef jy betekenisvol? potensiaal is. Kan jy met oortuiging sê dat jy `n Hy weet ook dat van jou drome dalk vervulde mens is omdat jy weet dat jy al mettertyd vervaag het omdat ander iewers op jou pad `n werklike verskil dinge jou lewe opgeeïs het of jy dalk maak? vertroue in jouself verloor het. Doen jy dit waarvoor jou Skepper jou En dan sê Hy vir jou: My kind, jy is hier op aarde geplaas het? soveel meer werd as wat jy dink. Die feit is: jou Vader – die Een wat Binne-in jou het ek wonderlike gawes elke detail van jou lewe gemaak het – geplaas waarmee jy my koninkryk kan weet ook watter gawes Hy binne jou bedien en waardeur jy groot betekegeplaas het. nis in jou lewe sal vind. Hy het die bestanddele van jou Kniel vandag voor jou Meester en Lê julle toe op die liefde. Bly egter ook entoesiasties oor die gawes van die Gees (1 Korintiërs 14:1).

vra Hom: Here, wat is die gawes wat ek kan beoefen en waardeur ek U kan verheerlik? Heilige Gees, ek wil `n diensbare en bruikbare instrument in u hande wees. Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


Veilingskalender en Veilingspryse 7 Februarie 12 Februarie 13 Februarie 14 Februarie 19 Februarie

Veldramveiling, Prieska Kimberley groot- en kleinveeveiling Tippie Dormehl, Barkly Oos Hertzogville-veiling Kimberley groot- en kleinveeveiling

20 Februarie 21 Februarie 26 Februarie 27 Februarie 28 Februarie

Kimberley aanteelveiling Griekwastad veiling Kimberley groot- en kleinveeveiling Douglas-veiling Boshof-veiling

Veilingspryse vir lewendehawe - Januarie 2013 07/01 - 10/01

14/01 - 18/01

21/01 - 25/01

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R13.00

Slagosse

R13.00

Slagosse

R11.00

Slagkoeie

R13.00

Slagkoeie

R13.00

Slagkoeie

R11.00

Maer beeste

R11.50

Maer beeste

R11.50

Maer beeste

R9.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Swaar kalwers (250kg +)

R16.50

Swaar kalwers (250kg +)

R15.80

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R19.00

Stoorlammers

R20.00

Stoorlammers

R20.00

Stoorlammers

R18.50

Kruislammers

R19.00

Kruislammers

R19.00

Kruislammers

R18.00

Slagooie

R14.50

Slagooie

R15.00

Slagooie

R14.00

Maer ooie

R14.00

Maer ooie

R23.00

Maer ooie

R13.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R20.00

Klein bokkies

R23.00

Jong bokke

R22.00

Jong bokke

R18.00

Jong bokke

R22.00

Bokooie

R18.00

Bokooie

R0

Bokooie

R18.00

4

Foto: Bertie Theron


Damme en reënval Huidige stand van damme

Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam

76 41 49

Hartsrivier

Spitskopdam

76

Rietrivier

Kalkfonteindam

63

Modderrivier

Krugersdriftdam

85

Reënval 25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

Werklik

Langtermyn

Vaalharts

Vaalrivier

180 160 140 120 100 80 60 40 20 0

96 97 98 113

Rietrivier

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam Boegoebergdam

Barkly-Wes

Oranjerivier

Hopetown

% Vol

Prieska

Dam

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal

Douglas Lunenburg

50 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013 Max

Max Langtermyn

Min

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013 Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Barkly-Wes Ulco

Prieska Green Valley Nuts 50 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Rietrivier

Min

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale 50 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

Maandelikse voorspelling Februarie 2013

Vaalharts Jan Kempdorp 50 40 30 20 10 0

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013 Max

Max Langtermyn

Min Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5


Landbouwenke Mielies Indien baie vogtige en

reëntoestande heers, moet voorkomend teen noordelike blaarskroei gespuit word. Dit kan veral op swaarder gronde voorkom. Heelwat aanplantings gaan in bestuiwing- en pitsetstadiums en moet geensins droogtestres ondervind nie. Gaan aanplantings gereeld deur vir bolwurm-vreetskade.

Stronkboorder is ook opgemerk en boor gewoonlik in die stam en basis van die pluime. Koppe kan ook later aangeval word. Bolwurm begin inkom by die pluimstadium en veral in die jong kopstadium. Motlokvalle kan uitgesit word om die motvlugte te monitor. Sodoende kan voorkomende bespuitings vroegtydig beplan word.

Aartappels Aartappels is in die jong,

Saad moet nie lank in die son lê

gevestigde stadium en laat voor plant nie. aanplantings word nog gedoen. Maak seker kultivars en Onthou dat uitgeloopte moere generasies word nie vermeng in opberging ook met virus en nie. aartappelmot besmet kan word. Plant eerder `n bietjie vlakker en Die beheer van opslag is krities erd op as om te diep te plant. om virusbesmetting te beperk. Hoe vinniger die plante opkom, Maak implemente skoon wanneer hoe beter. van een land na `n ander Wanneer plante opgeërd word beweeg word met plant. (± 20 cm hoog), moet waterstres Plant moere wat goed uitgeloop vermy word aangesien bruinskurf het – dit bespoedig die bevorder word as waterstres opkomproses. voorkom.

Droëbone Aanplantings behoort in die jong Hou by met skedulering en gevestigde tot blomstadium te wees. Pas onkruidbeheer versigtig toe om wortelskade te voorkom. Droëbone is gevoelig vir versuiptoestande. Besproei daarom oordeelkundig, veral op swaarder gronde. Mikro-elemente soos boor en molibdeen kan tydens die vroeë blom- en peulstadiums toegedien word. 6

maak seker plante ondervind nie droogtestres nie. Bone is gevoelig daarvoor tydens vroeë peulset. Monitor aanplantings vir bolwurm en luise en spuit vroegtydig. Spuit voorkomend vir swamsiektes soos bruinroes, donsige skimmel en poeieragtige meeldou, veral tydens vogtige, nat periodes.


Grondbone Doen opvolg aalwurm-

beheer, veral op grond met `n geskiedenis daarvan. Kalsiumtoedienings kan nog gedoen word om sekondêre peuldrag se pitkwaliteit te verbeter. Dit sal ook weerstand teen aalwurm verbeter. Voorkomende beheer van blaarsiektes soos blaarvlek is belangrik om `n goeie opbrengs, asook voldoende hooi te verseker. Die hooi het goeie voedingswaarde

en kan gebaal word.

Pas besproeiing aan

soos die waterbehoefte verhoog aangesien peulset nou plaasvind Wees versigtig om nie te oorbesproei nie, veral nou in die reënseisoen. Gee swaar water en laat toe om redelik goed af te droog. Dit help om blaarsiektes te beperk. Wees op die uitkyk vir bolwurm en blaaspootjies. Spuit vroegtydig as die investasie hoog is.

Pekanneute Die laaste sinkbemesting

vir die groeiseisoen word in Januarie toegedien. Gaan normaal voort met besproeiing en onkruidbeheer – dit is veral belangrik by jong

aanplantings. Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stamen basboorders, geelpekanplantluis en skurfsiekte.

Lusern en weiding Begin grondvoorbereiding vir lusern en meerjarige weidingsmengsels wat vanaf middel Maart geplant kan word. Neem grondmonsters om voedingstatus van die grond te bepaal. Moet verkieslik nie lusern met lusern opvolg nie. Die kieming en opkoms kan

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

benadeel word deur inhiberende stowwe wat lusern afskei. Weidings vir herfsaanplantings sluit in meerjarige raaigrasse, klawers, langswenkgras, hawer en stoelrog. Voersorghum-aanplantings kan einde Februarie uitgeploeg word.


Direksie en Bestuur

Direksie

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Mattheus Maree

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Johan Klopper Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan

Veevoere en Aanverwante Produkte Christo Beukman 082 906 2382

Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063

Saadproduksie, Chemikalieë en Gewasproduksie Cas Prinsloo 079 510 2710

Presisieboerdery, Produksienavorsing en Opkomende Boer Ontwikkeling Dup Haarhoff 083 646 1111

Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Sekretariaat en Risikobestuur Freek Meyer 083 644 0022

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Westra Kenne Louw 082 804 7545

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Chris Piek 083 629 8569

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Hoofbestuur

8


Missie en Visie

Bestaansrede: As besigheid in produsentebesit, tree GWK as verlengstuk van ons produsente se besighede op om volhoubare welvaart te skep vir deelnemende aandeelhouers en belanghebbendes. GWK beywer hom om generasies van suksesvolle produsente deel van landbou te hou.

Visie: Om`n volhoubare agri-besigheid van uitnemendheid te wees.

energieke uitvoering, en � gerugsteun deur eienaarskap en spesialisasie.

Missie: Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur:

Waardesisteem: � Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid, � sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeenskappe, � in vennootskap met ons personeel, en � met holistiese volhoubaarheid as oogmerk.

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,


10


Carien Grobler

Aktueel

Só lyk die vooruitsigte vir die landbou in 2013 Suid-Afrikaanse kommoditeitsmarkte het die afgelope seisoen skerp stygings ervaar. Kommuniek het by `n paar kenners gaan kers opsteek oor wat produsente in 2013 kan verwag wat graan, vleis, oliesade en katoen betref.

D

ie Suid-Afrikaanse kommoditeitsmark word deur internasionale markte gelei.” Só sê mnr. Pieter van Wyk (Bestuurder: Akkerbougewasse van AMT). AMT spesialiseer in die ontleding van markprysneigings vir agribesighede. “Die hoofsaak is dat ongunstige weersomstandighede veroorsaak het dat Amerika, asook ander uitvoerlande soos Argentinië en die Oekraïne, se graanvoorrade drasties afgeneem het en sterk stygings in kommoditeitspryse veroorsaak het. Die hoë reënval wat in Australië voorgekom het, het op sy beurt hierdie land se opbrengste negatief beïnvloed.” Met die knapheid in voorrade wat nou bestaan, is daar `n neiging om meer mielies te plant, aangesien die prys goed is. Amerika gaan waarskynlik rekord hoeveelhede mielies, koring en oliesade aanplant, wat `n opwaartse styging in pryse sal beperk, meen Van Wyk. “As `n mens na die Safex-Juliepryse

Wêreld mielieproduksie. Bron: US Grains Council. kyk, is dit reeds laer as die huidige prysvlakke. “Ons kan vanjaar groot mielieoeste verwag, afhangend van weers- en groeitoestande.” Volgens Van Wyk is beplande koring-aanplantings vir die nuwe seisoen die laagste in dekades. “Dit sal opwaartse druk op ons koringpryse uitoefen. Suid-Afrika is egter `n netto invoerland, wat beteken dat ons meer koring sal invoer as voorrade begin daal.” Die hoë graanpryse wat tans ervaar word, het ook hoe vleispryse tot gevolg, sê Dawid Snyman van Absa Agribusiness in Absa se Agricultural Outlook 2013. “Die grootte van kuddes in SuidAfrika en Amerika het afgeneem

weens die droogte en die getalle van vee wat gereed is vir slagting sal nog die volgende twee jaar laag bly, aangesien dit tyd neem om kuddegetalle te herbou.” Mielies “Die gevolg van die droogte in Amerika verlede jaar was `n skerp styging in prys weens paniek in die mark oor `n moontlike wêreldwye tekort aan mielies,” sê me. Karlien van Zyl (Bedryfshoof: Finansiële Landbou Adviesdienste van GWK). “Verder is `n afname in ethanolproduksie gesien en was die finale impak van die kleiner Amerikaanse oes in die wêreld-voedselvoorraad nie so groot soos aanvanklik verwag is nie.” 11


Volgens Van Zyl het mieliepryse gestabiliseer nadat die grootste paniek rondom voedselsekerheid oorgewaai het. “Die verwagting is nou dat die maksimum hektare wêreldwyd geplant sal word. “Wat die internasionale mark betref, is daar `n stryd tussen mielies en sojabone vir hektare, wat veroorsaak dat pryse weer in die korttermyn verhogings kan sien. “Die wêreldwye maksimum aanplantings sal pryse egter waarskynlik later in die jaar onder druk plaas.” Aangesien Amerika in hul somermaande begin plant, is die internasionale mark nog onseker wat die prys betref, sê Van Zyl. Die prys sal hoofsaaklik afhang van die wêreldwye vraag en aanbod, asook die weersomstandighede oor die volgende paar maande. “Binnelands is daar verwagtinge vir `n groot oes. Groot hoeveelhede mielies is landswyd aangeplant en goeie reën het in die bestuiwingstyd geval. Gevolglik sal Suid-Afrika waarskynlik `n surplus-oes lewer en dus weer naby aan of by uitvoerpariteit verhandel. Ons prys is dus weer van die internasionale mark afhanklik, maar sal ook deur die wisselkoers beïnvloed word. “Ekonome voorspel dat die Rand tot `n vlak van R9/R9,30 kan verswak, wat `n gunstige invloed op die mielieprys kan hê wanneer ons op uitvoerpariteit verhandel. Indien uitvoere deur die loop van die jaar optel, kan ons `n oplewing in pryse verwag.” Koring “Wêreld koringproduksie het sedert 2000 met 14% gegroei en kon selfs hoër gewees het as die afgelope seisoen normaal was,” sê Snyman. “Die lande wat die grootste groei in koringproduksie getoon het, is Rusland (25%), Indië (23%) en 12

China (18%). Amerika en Kanada se produksie het dieselfde gebly, maar Suid-Afrikaanse koringproduksie het met 30% gedaal.” Snyman skryf hierdie daling onder meer toe aan baie lae koringpryse en die swak gehalte van koring weens reën tydens die oesproses. “`n Ander faktor wat `n rol gespeel het, was die onlangse styging in die mielieprys. “Vanweë die hoër pryse en die feit dat mielies se gradering nie dermate beïnvloed word deur slegte weer tydens die oesproses nie, het produsente meer mielies geplant om die risiko te verlaag.” Volgens Snyman is wêreld koringproduksie en –voorrade op gemaklike vlakke, maar kan dit in die volgende seisoen verhoog as die weer toelaat dat koring tot optimale vlakke ontwikkel. “Koringpryse sal verdere opwaartse druk ervaar weens lae voorraadvlakke vir somergrane. “Die opwaartse druk kan effens verlig word deur goeie oeste van lande in die Suidelike Halfrond, maar `n La Niño-weerstelsel sal druk plaas op die ontwikkeling van oeste”. Snyman meen dat die laer koringproduksie die plaaslike industrie onder groot druk sal plaas aangesien graan op die internasionale

mark aangekoop sal moet word. “Daarom sal die prys na verwagting min of meer na invoerpariteit beweeg.” Oliesade (grondbone) “Die verwagting is dat Argentinië en Brasilië normale aanplantings sal doen, aangesien produsente wêreldwyd mielies en sojabone in rekord hoeveelhede sal aanplant,” sê Van Zyl. Indië het tydens aanplantings in 2012 `n droogte beleef en sal ongeveer 30% minder as normaalweg oes. “Dit laat China met `n tekort en sal veroorsaak dat hulle die surplus grondbone van Amerika af opkoop. Dit is egter `n oorreaksie en pryse sal waarskynlik van April tot Augustus styg tot $1 700, wat `n goeie riglynvlak is. “Die risiko is egter dat die resessiegevoel langer voortduur en pryse langer neem om te herstel. Veral Europa se verbruiksyfer het afgeneem. Hierteenoor verwag Amerika dat die daling in pryse positief sal wees vir die verkope van grondboontjiebotter, wat hul grootste verbruiker is.” Volgens van Zyl moet Suid-Afrika in die volgende jaar weer 10 000 tot 20 000t uitvoer om te verseker dat die binnelandse mark op


invoerpariteit verhandel. Suid-Afrika se uitvoerprys is die afgelope jaar $300 bo Runner-pryse. “Ons behoort dus uit te voer teen $1 800 CIF Rotterdam of $1 900 $2 000 CIF Japan van nou tot Junie 2013. Hierna kan pryse geleidelik styg tot $2 300 teen September. “Die mark, wat onlangs `n val van 30% beleef het, kan veroorsaak dat kopers sal wag om te kyk of pryse nie verder kan val nie. “Hierdie sentiment is nie net negatief nie, want laer pryse kan verbruik weer stimuleer. Die mark het ongunstig gereageer op die abnormaal hoë pryse van verlede jaar en `n prysvlak van tussen $1 500 en $2 000 sal verbruik herstel.”

Verbruik neem dus in Januarie en Februarie af. Na verwagting sal verbruikersbesteding in Maart en April weer optel en sal pryse herstel. “Verder word verwag dat die voorwinter lamseisoen baie goed sal wees, wat lampryse in Augustus onder druk kan plaas.” Wat `n mens egter nie uit die oog moet verloor nie, is dat die huidige ekonomiese toestande steeds `n negatiewe invloed op die vleisbedryf het aangesien die besteebare inkomste van verbruikers steeds onder druk is, meen van Zyl.

Die hoë styging in vleispryse op kleinhandelvlak in 2011 het nooit afgeplat nie en die voordeel van laer produsentepryse word nie aan die verbruiker deurgegee om verbruik te stimuleer nie. “In die langtermyn lyk die prentjie egter meer gunstig vir produsente. Met Suid-Afrika se groeiende bevolking sal die vraag na vleis waarskynlik in die toekoms aanhou groei. “Soos wat die middelklas in SuidAfrika se koopkrag toeneem, verwag ons ook om `n verdere skuif van plantproteïen na vleis te sien.”

Vleis “Die krisis in die mark weens Slenkdalkoors en droogte het homself redelik uitgespeel en ons kyk nou na `n meer stabiele mark in die langtermyn,” meen Van Zyl. “Vanweë die vroeë reën in die Noord-Kaap, kan ons verwag dat produsente van hul vee sal terughou en dus effens minder aanbied op veilings in die korttermyn.” Die groot rolspelers in die mark is hoender, vark, bees en in `n mindere mate skaap, hoewel dit `n groot mark binne die GWKbedieningsgebied uitmaak, sê sy. “Die vark- en hoenderindustrie was verlede jaar onder groot druk met stygende voerkoste en goedkoop invoere. Met die mielieprys wat redelik gestabiliseer het, sien ons `n positiewe neiging in hierdie markte, `n steeds groeiende vraag en pryse en marges wat meer positief word vir die produsent. Volgens van Zyl het die hoë mielieprys ook die speenkalfprys onderdruk, met voerkrale wat minder vir speenkalwers betaal. “Die slag- en speenkalfprys het die afgelope paar weke geval, wat `n verwagte neiging was ná moontlike oorspandering in die Feestyd. Foto: Bertie Theron 13


Ons Besigheid Carien Grobler

Klante kan nou aanlyn met GWK oor diens gesels

O

ns wil verstaan wat vir ons klante belangrik is en aan elkeen se behoeftes voldoen. S贸 s锚 mnr. Johan van Dyk, GWK se Besturende Direkteur. In die lig hiervan het GWK `n Klante Kommentaarstelsel aanlyn

beskikbaar gemaak en sodoende vir klante `n platform geskep om enige kommentaar rakende GWK se dienslewering onder ons aandag te bring. Die stelsel en werksvloei verseker tydige terugvoer en behoorlike afhandeling van versoeke binne ooreengekome tydraamwerke.

Die stelsel bied ook funksionaliteit aan personeel om kommentaar van enige eksterne rolspelers aan te meld. Die stelsel is direk vanaf GWK se webtuiste, www.gwk.co.za, beskikbaar waar `n klantediensknoppie toegang tot die stelsel bied.

Die tuisblad van GWK se webtuiste, www.gwk.co.za, waar klante op die klantediens-knoppie kan kliek om toegang tot die Klante Kommentaarstelsel te verkry. 14


Ons klante help ons om landbou te innoveer. Hierdie blad is daarom vir u geskep om insette in ons besigheid te lewer. Hier kan u voorstelle doen, kommertaar lewer, ons laat weet van enige kwessies wat ons aandag vereis of ons komplimenteer.

Navrae oor GWK se Klante Kommentaarstelsel Kontak gerus vir Leigh by 053 298 8203 of stuur `n e-pos na Leight@gwk. co.za

Links: Die tuisblad van die Klante Kommentaarstelsel waar klante die opsie het om op hierdie knoppie te kliek om voorstelle te doen, kommentaar te lewer, GWK te laat weet van enige kwessies wat aandag vereis of ons te komplimenteer.

Hier vul die klant sy/haar besonderhede in en kies dan tussen `n soort versoek, naamlik algemene kommentaar, kompliment, versoek of diens. Die onderwerk van die versoek, sowel as die besonderhede rakende die versoek word dan ingevul. Wanneer die klant die “stuur�-knoppie druk, word die versoek binne GWK na die betrokke personeellid gestuur wat dit dan op die gepaste wyse sal hanteer. 15


Wat aandeelhouers moet weet

Dís nuus in die GWK-groep

W

elkom by die eerste aflewering “Wat aandeelhouers moet weet”. In hierdie rubriek word belangrike, maar minder bekende nuus en gebeure in die GWK-groep aan aandeelhouers gekommunikeer: � Die koringmeule-projek op Modderrivier vorder baie goed. Die padverlegging tot die eindom is feitlik voltooi en die maaltoerusting vir die koringmeule is reeds bestel. Mnr. Johan van Dyk Onderhandelinge met verskaffers vir die pasta- en koekietoerusting op Douglas. Hierdie loodsprojek is op die oomblik aan die gang. het ten doel om `n volledige � Die agterstallige persentasie eenstop-besproeiingsdiens aan van die GWK-debiteureboek GWK se klante te lewer en kan het vir November 2012 jaarook na ander sentra uitgebrei op-jaar gedaal en GWK se word. debiteure is kerngesond. Dit is � Mnre. Llewellyn Brooks (Hoofbe`n uitsonderlike prestasie, veral stuurder: Spesialisprodukte) en gesien in die lig van `n industrie Andreas Snyman (Uitvoerende waar verskeie besighede onder Bestuurder: Oliesade) het Japan verhoogde agterstallige debiteure en China in Desember besoek gebuk gaan. om markte vir GWK-produsente � Die Direksie van die GWKse grondbone en pekanneute groep het kapitale spandering te ontsluit en te optimaliseer. goedgekeur vir die vestiging van Die oogmerk is om direk met `n spesialis-besproeiingswinkel kopers te onderhandel eerder 16

as om van `n uitvoeragent te gebruik. Sodoende word koste uit die waardeketting verwyder om `n beter transaksie vir GWKprodusente beding. � GWK het die Labora-eiendom in Kimberley bekom. Die eiendom is op die N12 langs die GWKhandelstak geleë. GWK huur tans `n wesenlike hoeveelheid kantooroppervlakte in Kimberley en `n finansiële analise het getoon dat dit meer kosteeffektief sal wees as GWK `n eie kantoorgebou oprig en die bestaande kantoorruimte wat in Kimberley gehuur word, daarin gekonsolideer word. � Die moontlikheid word op die oomblik ondersoek om addisionele kantoorgeboue langs die GWK-kantoorgebou op die eiendom in Kimberley op te rig, wat dan kommersieel verhuur kan word. As dit lewensvatbaar sou wees, word dit oorweeg om ook eksterne beleggers by die projek te betrek. GWK-groete, Johan van Dyk


GWK . . . ons innoveer landbou GWK se aandeelhouers is passievol oor die bewerking van landbougrond. Ons fokus is om in elke aspek van hul boerdery betrokke te wees en waarde toe te voeg. Só beywer GWK homself om generasies van suksesvolle landbouers deel van die landbou te hou én voorsien ons kos en ander produkte aan die wêreld.

kreatiewe oplossings innoveer landbou _00064 _000904

_000574

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


18


Graan

Herman Grobler Bestuurder: Graanaankope van GWK

Graanmark vertoon gemeng

D

ie graanmark het sedert die mees onlangse rapportering op 23 November 2012 gemeng vertoon. Die nabymaand Safex-koringkontrak het sterk gebly en op 29 November 2012 `n hoogtepunt van R 3 749/t bereik. Daarna het die prys met byna R350/t getuimel ná `n laagtepunt van R3 381/t op 10 Januarie 2013. Sederdien kon die koringmark kop optel en verhandel dit met die skryf van hierdie artikel op 18 Januarie 2013 op vlakke rondom R 3 500/t. Die Julie 2013 Safex-geelmieliekontrak het baie dieselfde gereageer en die positiewe momentum behou om op 26 November 2012 `n hoogtepunt van R 2 454/t te behaal. Daarna het hierdie kontrak, soos koring, teruggesak en op 11 Januarie 2013 `n laagtepunt van R 2 032/t behaal. Dit verteenwoordig `n prysbeweging van R 422/t in net meer as `n maand. Dit het ook, soos koring, sedertdien effens herstel en verhandel op die oomblik rondom R 2 100/t. Vooruitsigte vir graanpryse is steeds moeilik om te pyl omdat die seisonale “weermark”-verskynsel die plaaslike mark se rigting sal bepaal. Onsekerheid oor toenemend verswakkende internasionale produksietoestande, asook `n voortdurend verswakkende geldeenheid is die spreekwoor-

GEELMIELIES 2012/2013 Maart 2012 Mei 2012 Julie 2012 - Maart 2013

delike katte wat in ons graanmark se hoenderhok rondloop. Met die skryf van hierdie artikel was die stand van sake as volg: Geelmielies 2012/13 Seisoen Tydens die periode 23 November 2012 tot 18 Januarie 2013 het minimale prysvasstellings m.b.t. die 2012/2013-mielieoes plaasgevind, d.w.s. graan wat vanaf Maart 2012 geoes is. Gevolglik verminder die ongeprysde syfer van 3,09% in November 2012 tot 1,96%. Dit verteenwoordig slegs `n verandering van 1,13% en sal dus min invloed op die gerealiseerde gemiddelde prys meebring, soos wat in Tabel 1 gesien kan word. Tabel 1 toon ook die gemiddelde prysvlakke waarna ons vir die betrokke seisoen moet oplet. Maart en Mei 2012 prysvasstellings is reeds afgehandel. Die Julie 2012 gekontrakteerde geelmielies wat op die Julie 2012 Safex-geelmieliekontrak geprys word voor 1 Julie 2012 en verder op die September 2012 geprys is vanaf 1 Julie 2012, daarna op die Desember 2012 geprys word vanaf 1 September 2012 en tans op die Maart 2013 Safex-kontrak geprys word vanaf 1 Desember 2012, kon tot dusver `n gemiddeld van R 2 274/t realiseer. GWK se Bemarkingsplan kon daarin slaag om R 1 970/t te realiseer en tot

op hede kon produsente `n prys van R 2 119/t behaal. (Neem in ag dat die Julie GWK BPK* slegs op die Juliekontrak verhandel het en dat daar `n na-seisoen plan is wat ten doel het om die Julie BPK* aan te vul wanneer hierdie plan eersdaags afsluit.) Wintergewasse 2012/2013seisoen Tabel 2 toon die gemiddelde prysvlakke waarna ons vir die onlangse koringoes moet oplet. Prysvasstellings op broodkoring staan op die oomblik op 94,22% van die verwagte tonnemaat. Dit het met ongeveer 6,72% gestyg vanaf verledemaand se 87,50%. Gunstige prysvlakke het die afgelope tyd prysvasstellings aangemoedig. Tabel 2 toon dat produsente, uitgesluit die GWK BPK*, se gemiddelde Safexprys vir Desember 2012 gekontrakteerde koring op die oomblik op R 3 344/t staan in vergelyking met `n gemiddelde Safex-prys van R 3 428/t. Voor 1 Desember 2012 word 2012koring op die Desember 2012 Safexkoringkontrak geprys en ná 1 Desember 2012 word die prysvasstelling op die Maart 2013 Safex-koringkontrak gedoen. Durum-prysvasstellings staan op die oomblik op 82,10% met `n gemiddelde Safexprys van R 3 052/t. Soos koring word die Maart 2012 Safex-koringkontrak ná 1 Desember

% van verwagte oes geprys *

Safex gemiddelde prys

GWK bemarkingsplan prys

Produsente gemiddelde prys

100,00% 100,00% 98,04%

R 2,350 R 2,090 R 2,274

N.v.t. R 2,185.00 R 1,970.00

R 2,325 R 2,090 R 2,119

Tabel 1. 19


2012 gebruik. Die GWK BPK* kon `n finale Safex gemiddelde prys van R 3 350/t realiseer, soos aangedui in Tabel 2. Geelmielies 2013/14-seisoen Tabel 3 toon die gemiddelde Safexprysvlakke ten opsigte van die 2013/2014-geelmielieseisoen. Die 2013/2014-geelmielieoes is tot dusver 41,53% geprys. Dit verteenwoordig `n toename in prysvasstellings van 24,93% vanaf die vorige maand se 16,6%. Tabel 3 toon ook dat daar tot op hede 9,19% van die verwagte Maart 2013geelmielies geprys is teen `n Safex gemiddelde prys van R 2 669/t. Hierdie gemiddelde Safex-prys vir die Maart 2012 Safex-geelmieliekontrak is aansienlik hoër is as die huidige Maart 2012 Safex gemiddelde prys van R 2 481/t, oënskynlik omdat die meerderheid van die tonne geprys is toe Safex teen hoër vlakke verhandel het. Produsente met Mei 2013-mielies kon teen `n gemiddeld van R 2 281/t prys, terwyl die Mei 2013 Safex-gemiddeld

WINTERGEWASSE 2012/2013 Broodkoring Durum

op die oomblik op R 2 233/t staan. Dit verteenwoordig 36% van die verwagte Mei 2013-geelmielieoes wat tot nou toe geprys is teenoor die byna 20,13% van verlede maand. Produsente kon op die Julie 2013 Safex-geelmieliekontrak `n gemiddeld van R 2 236/t klop deur `n gemiddelde prys van R 2 291/t te behaal. Tot dusver is 29% van die Julie 2013geelmielies geprys teenoor 19% wat verlede maand gerapporteer is. Prysvasstelling wat met behulp van opsiestrategieë aangegaan is, dra ongeveer 15% tot die huidige totale prysvasstellings by. Die restant van 85% van die prysvasstellings is dus deur middel van termynkontrakte aangegaan. Die minimum gewaarborgde prysvlakke van die opsiestrategieë word gebruik in die bepaling van die gemiddelde Julie 2013 produsente behaalde Safexprys van R 2 291/t. Die produsente gemiddelde prys het met R7/t gedaal in die afgelope tydperk in vergeleke met die R2 298/t wat in Desember 2012 gerapporteer is.

Wintergewasse 2013/2014seisoen Tabel 4 toon die gemiddelde Safexprysvlakke ten opsigte van die 2013koring seisoen. Die gunstige prysvlakke het sommige produsente se belangstelling gewek en is daar die afgelope tydperk, vanaf 23 November 2012 tot 18 Januarie 2013, klein volumes koring geprys op die Desember 2013 Safex-koringkontrak. Slegs 1,52% van die verwagte wintergewas oes kon deur produsente geprys word teen `n Safex gemiddelde prys op die Desember 2013 Safexkoring kontrak van R 3 515/t. Die Desember 2013 Safex-koringkontrak staan op die oomblik op R3 546/t gemiddeld. Verhandelingsolumes op hierdie kontrak op Safex blyk die beperkende faktor te wees waarom daar nie meer tonne geprys is nie. *(BPK = bemarkingsplan kontrak). GWK Graan verwelkom enige terugvoer oor ons maandelikse artikel. Kontak ons gerus by 053 298 8444.

% van verwagte oes geprys *

Safex gemiddelde prys

GWK bemarkingsplan prys

Produsente gemiddelde prys **

94,22% 82,10%

R 3,428 R 3,428

Geen deelname Geen deelname

R 3,344 R 3,052

% van verwagte oes geprys *

Safex gemiddelde prys

GWK bemarkingsplan prys

Produsente gemiddelde prys **

N.v.t. Realiseer einde April '13 Realiseer einde Junie '13 GWK bemarkingsplan prys GWK

R 2,669 R 2,281 R 2,291 Produsente gemiddelde prys ** Produsente

bemarkingsplan N.v.t. prys Realiseer einde April '13 Nov. '13 Realiseer einde Junie

gemiddelde Rprys 2,669 ** R 2,281 R 3,515 2,291

Tabel 2.

Tabel 2.

GEELMIELIES 2013/2014 Maart 2013 9,19% R 2,481 Mei 2013 36,00% R 2,233 Julie 2013 29,00% R 2,236 van sluit buiteverkope Safex uit. * Verwagte oes bestaan uit alle verwagte graan aan GWK % verkoop, Tabel 3. verwagte gemiddelde ** Uitsluitlik produsenteprysings, bemarkingsplan tonne nie ingesluit. oes%geprys prys van * Safex GEELMIELIES 2013/2014 verwagte gemiddelde Maart 2013 R 2,481 oes9,19% geprys* prys Mei 2013 36,00% R 2,233 WINTERGEWASSE 2013/2014 Broodkoring 1,52% R 3,546 Julie 2013 29,00% 2,236 * Verwagte oes bestaan uit alle verwagte graan aan GWK verkoop, sluit buiteverkope uit. ** Uitsluitlik produsenteprysings, bemarkingsplan tonne nie ingesluit.

Tabel 4. 20


Nuut in 2013 uppe marketing A07883/GWK

WITMIELIES DKC78-27 DKC78-87B DKC78-83R DKC78-79BR DKC77-77BR GEELMIELIES DKC61-94BR

Vars uit die DEKALB -oond … ®

Met Monsanto se DEKALB®-kultivars kry jy nie halfgebakte resultate nie. Monsanto het hul DEKALB®-saadresep verder vervolmaak en jy kan nou hul nuwe kultivars op die proef stel. Dié kultivars bevat steeds dieselfde beproefde bestanddele – meerkoppigheid, goeie staanvermoë, siekteverdraagsaamheid en uitstekende opbrengs. Ons dink jy sal saamstem ... dié nuwe DEKALB®-kultivars kóók!

DEKALB® – Dis mos mielies!™ Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. Monsanto en DEKALB® is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

®


Graan

Handré van Heerden Graanverhandelaar van GWK

Volatiele Safex doen sy reputasie gestand

M

et die luukse van `n terugblik, is dit relatief maklik om selektief die mieliebulfaktore van einde November 2012 te identifiseer. Twee weke later was die bere in beheer en pryse op Julie 2013-geelmielies het binne `n maand met R400 gedaal. Dit is egter baie moeilik om midde-in die prysstorm wat daagliks woed, te bepaal watter faktore die oorhand geniet. Voeg boonop “rigtinggewende voorbladopskrifte” soos “ R3300/t wink vir SA mielieboere” soos op Lanbdou Weekblad se voorblad van 29 Augustus 2012 daarby en teenstrydighede loop soos sardientjies tydens die jaarlikse sardyn-stormloop. Hierdie artikel het ten doel om breedweg die verandering wat in enkele verhandelingsdae plaasgevind het, uit te lig. Alle Safex-pryse in die artikel is op Julie 2013-geelmielies van toepassing. Vroeg in Desember 2012 was die koring-oesproses by ons in volle swang. Koringpryse was goed (rondom R3 700) en produsente se prioriteit was om die oes van die land af te kry. Droeë weersomstandighede en lae grondvog het in die grootste dele van die mielieproduserende gebiede geheers, met slegs Mpumalanga en die Oos-Vrystaat wat in daardie stadium goeie neerslae ontvang het. Op 26 November 2012 verhandel die Julie 2013 geelmielieprys teen so hoog as R2 460 en vir `n geruime tyd blyk R2 400 op die tafel te wees. Uitvoerpariteitsvlakke lê op R2 519. 22

Gemoedere is rustig en Suid-Afrikaanse uitvoere verloop seepglad met 980 000t wat sedert Mei 2012 uitgevoer is. Die wêreldvoorraad vir mielies is op 17 jaar laagtepunte. Die oornat Argentinië is 54% geplant teenoor 70% dieselfde tyd in 2011. Argentinië se komende mielieoes word van 28mmt na 23mmt kleiner gemaak. Ethanolverbruik (wat min of meer 40% van Amerika se mielieproduksie verbruik) is volgens verwagtinge. Japan (as grootste mieliekoper in die wêreld) koop fluks Amerikaanse mielies. Die verslag van die Amerikaanse departement van landbou dui vroeg in Desember aan dat wêreld-eindvoorrade laer is op117.6mmt. Verwagtinge was hoër. Mielies se verbruik as veevoer staan op sterk vlakke. Rabobank noem hul vooruitskatting rakende wêreldmielies “Outlook 2013 – Rebalancing on a Tightrope”. Ontleders skat die Brasiliaanse mielieoes vir 2013 op 71,8mmt teenoor 73mmt die vorige seisoen. Suid-Korea koop fluks by Suid-Amerika mielies en Suid-Afrikaanse mielies raak al hoe meer kompeterend in hierdie mark. GWK-produsente reageer goed op R2 430-vlakke en net op 26 November 2012 word 4 000t geprys.

oor Suid-Amerikaanse mielies. Die Chicago-mielieprys val in drie weke met 65 Amerikaanse sent en dit verteenwoordig R222 in ons terme. Amerikaanse uitvoere raak teleurstellend en teen 13 Desember is die tempo die laagste in hul seisoen. In daardie week voer hulle slegs 51 600mt uit. Uitvoere van 431 000mt is weekliks nodig om hul uitvoerdoelwitte te behaal. Ethanolverbruik neem af. Japan kanselleer mielietenders by Amerika. Aanduidings vir die komende mielieaanplanting in Amerika dui op ongeveer 40 000 000ha wat die grootste aanplanting in 70 jaar sal wees. Die Brasiliaanse mielieoes is 94% geplant en die aanduiding is dat selfs die vorige seisoen se 73mmt oes oorskry kan word. Verhandelaars soek na nuwe nuus en in die afwesigheid van nuwe rigting word tegniese grafieke nader gegeryp. Die tegniese analis is van mening dat die prys alle beskikbare inligting op `n gegewe tydstip reflekteer. Die feit is egter dat markte nooit in ekwilibrium tussen tegnies en fundamenteel beweeg nie. Albei geniet met tye die oorhand. Koppel dit aan emosie en spekulasie en die gort is behoorlik gaar. Tegnies op Safex sien almal dat gapings rondom R2 120 lê. Vanweë goedkoper Suid-Amerikaanse mielies Die gety draai raak uitvoerpariteite Suid-Amerikaans Teen die eerste week van Desember en nie Amerikaans nie. So is uitvoer2012 begin die gety draai. Fondse be- pariteit in Suid-Afrika op 11 Januarie gin van hul posisies ontslae raak en 2013 op Safex R2 020 en die mark verkoopdruk op ons mark neem toe. sluit daardie Vrydag op R2 033 af. Amerikaanse mielies raak duur teenHoe meer die prys val, hoe meer


paniek tree in en hoe meer na nuwe nuus gesoek word, hoe meer tree onsekerheid in. In sulke omstandighede is die bere in hulle element.

kommoditeite is beskikbaar. Die aard van Safex leen hom egter tot uiterste prysvolatiliteit. Waar laat dit ons? Persentasie wins weeg myns insiens die swaarste raTen slotte kende prysbesluite. Dit is die tydbeNiemand kan m么re koerant lees nie, proefde resep. maar vandag se koerant is op die Vanselfsprekend wil `n onderneming tafel. Meer as voldoende inligting (hoe maksimale wins maak, maar teen `n teenstrydig ook al) rakende graangeweegde gemiddelde insetkoste van

rondom R15 000 laat dit die produsent met rondom 70 % wins teen 12t/ha teen Safex R2 400. Die besluit is dan eintlik maklik. Die krisis is wanneer prysvlakke op lae winsgewendheidsvlakke is. Niemand sal aanbeveel dat produsente 12t/ha op hierdie vlak moet vasmaak nie. Die argument van hierdie artikel is: Doen net iets.


Presisieboerdery

Loureine Salomon Landbounavorsingsraad (LNR)

Blaarsiektes by grondbone – voorsorg is beter as nasorg

M

et die huidige skommelinge in die weerstoestande, is dit belangrik vir grondboon-produsente om op die uitkyk te wees vir enige simptome van blaarsiektes wat dalk mag kop uitsteek. Die blaredak van die grondboonplant is die fabriek wat werk om die peule te vul. Dit is dus noodsaaklik dat die blare deur die hele groeiseisoen tot en met oestyd optimaal moet funksioneer. Tydens die oesproses bly die blare belangrik omdat dit krities bly vir hopies pak en selfs waar die gewas meganies hanteer word. Die hoeveelheid gesonde blare met oestyd het `n hoë korrelasie met die kwaliteit van grondbone wat gelewer word. Blaarsiektes is die groot skobbejak wat blaarverlies aanbetref. Simptome van blaarsiektes begin gewoonlik aan die binnekant van die blaredak en is nie altyd met die eerste oogopslag opmerkbaar nie. Dit is noodsaaklik om die plant oop te maak om sodoende te bepaal watter siektes teenwoordig is. Veral by besproeiingsaanplantings moet gewaak word teen oormatige besproeiing aangesien grondbone nie hou van nat “voete” nie. `n Blaredak wat nie voldoende afdroog nie is ook `n ideale broeiplek vir verskeie blaarsiektes. Elke blaarsiekte het sy unieke simptome wat hul maklik onder24

die opbrengs. Bortritus is `n groot sondebok in besproeiingslande en kan chemies beheer word. Die beste voorsorgmaatreëls hiervoor is behoorlike beheer oor hoeveel besproeiing skeidbaar maak. toegedien word, sowel as die aanDit sal grondboon-produsente baat passing van plantdigtheid om te om goeie en gereelde inspeksies verhinder dat daar nie te dig gete doen om vroegtydige beheer te plant word nie sodat goeie deurligverseker. ting van die plant verkry word. Vroeë blaarvlek kan uitgeken word Voorsorg is beter as nasorg. aan die ronde, donkerbruin letsel Vroegtydige waarneming van die wat aan die bokant van die blaar beginstadiums van enige blaarsiekvorm. Dit het `n kenmerkende geel te is noodsaaklik om goeie beheer rand rondom die letsel (Figuur 1). toe te pas. Laat blaarvlek word uitgeken aan Deur `n goeie wisselbouprogram sy donker bruin tot swart ronde let- te volg waar grondbone slegs elke sels wat aan die onderkant van die derde of vierde jaar op dieselfde blaar voorkom. Geen geel rand stuk grond verbou word, kan die kom rondom die letsel voor nie uitbreek van siektes ook vermin(Figuur 2). der word. Spatselvlek het `n webagtige voor- Goed geskeduleerde bespuitingskoms wat die indruk wek dat ink op programme dra baie daartoe by die blaar gespat is. Hierdie siekte om `n gehalte grondboonoes van het `n drastiese invloed op blaardie land af te haal. U plaaslike verlies (Figuur 3). chemiese verteenwoordiger kan Roes vorm oranje roes-puisies aan in hierdie verband van groot hulp die onderkant van die blaar. Die wees. Die geregistreerde middels geaffekteerde blaar sterf later maar werk in die algemeen goed en kan bly steeds aan die plant vasgeheg dus met vertroue gebruik word. (Figuur 4). Waak ook teen te digte planteBotritusskroei vorm letsels op die stande, asook swaar besproeiing. stamme wat swart vertoon. Swart Gee die grondboonplante kans om spore vorm op die letsels wat mak- af te droog voordat besproeiing lik versprei as die plant versteur weer toegedien word. word (Figuur 5). Grondbone is `n hoogs betalende Hierdie siekte veroorsaak dat gewas en deur korrekte bestuur en voedingstowwe nie van die blare na verbouing van die gewas, kan die die peule vervoer kan word nie en produsent uiteindelik al die pad het sodoende `n groot impak op bank toe glimlag.


Figuur 1.

Figuur 2.

Figuur 3.

Figuur 4.

Figuur 5. 25


Presisieboerdery Ilze Beukes Departement Plantpatologie Universiteit van Stellenbosch

Universiteit ondersoek aarskroei en kopvrot

K

ennis rakende die gasheerspesifisiteit van `n swam wat aarskroei van koring en kopvrot van mielies veroorsaak is uiters belangrik vir die effektiewe beheer van die siektes. Fusarium aarskroei (Figuur 1) sowel as Gibberella kopvrot (Figuur 2) word veroorsaak deur lede van die Fusarium Graminearum-spesiekompleks FGSC). Dit is egter nie duidelik watter lede van die kompleks koringare en mieliekoppe beïnvloed nie. Om hierdie inligting te bekom het die Wintergraan Trust onlangs `n projek van die departement plantpatologie aan die Universiteit van Stellenbosch befonds om: � `n Tegniek te ontwikkel vir die vinnige en akkurate identifikasie van FGSC-lede; � Die teenwoordigheid van FGSClede in Suid-Afrikaanse koring, veral dié in wisselboustelsels met mielies en sorghum, te bestudeer, en � Die gasheervoorkeur van FGSClede op graangewasse in SuidAfrika te bepaal.

Figuur 1.

Figuur 3. Verskeie graanproduserende gebiede in Suid-Afrika sal besoek word om koring- en mieliemonsters met onderskeidelik aarskroei- en kopvrotsimptome te versamel en daarna die verantwoordelike swam

GWK Presisieboerdery bied verskeie dienste

aan die produsent. Dit sluit `n verskeidenheid presisieboerderypakkette en besproeiingskedulering in. Inligting soos satellietbeelde van produsente se plase word in GWK se Graan Inligting Stelsel (GIS) gestoor. Die besigheid bied ook verskeie ander landboukundige dienste aan om ons produsente se oeste te optimaliseer. Kundigheid en `n netwerk van landbouwetenskaplikes oor die land heen, maak dié besigheid uniek in die industrie.

26

Figuur 2. te identifiseer (Figuur 3). In die Noord-Kaap het monsterinsameling reeds met die hulp van GWK begin. Koringare met tipiese aarskroeisimptome is van 15 koringlande in die Modderrivier-, Douglas- en Prieska-omgewing versamel. Dieselfde lande sal ook voor die 2013-stroopseisoen besoek word om mieliemonsters te versamel. Die inligting wat bekom word, kan duidelikheid oor die waarde van wisselbou skep en lei tot nuwe benaderings om verbeterde weerstand in kommersiële kultivars te verkry. Kontak vir Ilze by ibeukes@sun.ac.za of besoek http://academic.sun.ac.za/. plantpath/.

Kontak gerus die landboukundige in u omgewing vir meer inligting: Douglas Bertus Jacobs 082 800 1943

Kimberley Hannes Hatting 082 901 2747

Hopetown/ Luckhoff Armand van Eck 082 805 9922

Vaalharts/ Barkly-Wes Renier du Raan 072 145 5231



Saad

Pierre Ferreira Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling en Evaluasie

Ontwikkeling van kultivars vir grondbone goed op dreef

A

s innoverende landboubesigheid wat dit `n prioriteit maak om nuwe genetika aan produsente beskikbaar te stel, is verskeie grondboonproewe hierdie seisoen deur GWK aangeplant. Kontrakte is gesluit met die Australiese grondboonmaatskappy The Peanut Company of Australia en Canon Garth, `n Britse maatskappy, om genetika aan GWK beskikbaar te stel. Dit is uiters belangrik vir die 28

ontwikkeling van nuwe grondboonkultivars, aangesien die Landbounavorsingsraad voortaan nie meer nuwe kultivars gaan ontwikkel nie. Canon Garth verkry hul genetika van `n Amerikaanse grondboonteler, dr. Kim Moore, wat ook goed bevriend is met die Australiese teler dr. Graeme Wright. Albei maatskappye het reeds `n sterk vertrouensverhouding met GWK gevestig. In totaal is 34 oorsese grondboonkultivars in statistiese proewe met

drie herhalings aangeplant, soos aangedui in Tabel 1. Die huidige Suid-Afrikaanse kultivars is ook by die proewe ingesluit. Die kultivars word as “runners” geklassifiseer en almal is hoog in oleïn. Hoë oleïn-grondbone is baie gesog vanweë die gesonde olie wat dit bevat en dit het ook `n langer rakleeftyd. Volgens die oorsese telers word hoër opbrengste ook behaal met die “runner”-soort grondbone in vergelyking met die huidige Spaanse soorte. Die prestasie van die kultivars


Figuur 1. Klaar geplant. sal in `n artikel saamgevat word nadat al die data verwerk is. In Australië is die groeilengte van die ultra-vinnige kultivars 110 dae vanaf plant tot oes. Vir ons produsente beteken dit dat grondbone ná koring nog aangeplant sal kan word. Dit

sal tot groot voordeel van die bedryf wees. Die proewe word gereeld besoek sodat volledige data vir elke kultivar ingesamel kan word. Die sukses van hierdie proewe is uiters belangrik vir GWK en daarom is belê in die aankoop van `n

Lokaliteit

Maatskappy

Inskrywings

Rywydte

Soort proef

Douglas

Canon Garth

12

76cm

Volseisoen kultivars

Douglas

Peanut Company

10

76cm

Volseisoen kultivars

Douglas

Peanut Company

12

76cm

Ultra-vinnige kultivars

Orania

Canon Garth

12

90cm

Volseisoen kultivars

Orania

Peanut Company

10

90cm

Volseisoen kultivars

Orania

Peanut Company

12

90cm

Ultra-vinnige kultivars

Orania

GWK

15

90cm

Eie seleksies

Viljoenskroon

Peanut Company

10

91cm

Volseisoen kultivars

Viljoenskroon

Peanut Company

12

91cm

Ultra-vinnige kultivars

Tabel 1. Grondboonkultivar-proewe deur GWK aangeplant

stootplanter waarmee klein, statistiese persele aangeplant kan word. Die planter is aangekoop by mnr. Michris van Rensburg, `n produsent van Bultfontein. Van Rensburg is bekend vir patente wat ook gereeld in Landbouweekblad te siene is. Die planter is so aangepas dat verskillende plantestande geplant kan word. Die plate kan ook maklik geruil word om verskillende saadgroottes te akkommodeer terwyl die plantdiepte ook maklik verstelbaar is. GWK het ook `n grondboondopper by `n Amerikaanse maatskappy aangekoop wat spesifiek ontwerp is om klein monsters wat geoes is vanaf navorsingspersele, akkuraat te dop. Die dopper se siwwe is so ontwerp dat Spaanse, sowel as “runner”soort grondbone, gedop kan word sonder om die saad te beskadig. Dit sal die bepaling van elke kultivar se oesindeks en saadgrootte vergemaklik. GWK beplan ook om `n grondboonplukker aan te koop wat die oesproses sal vergemaklik. Die groeilengte (dae tot oes) van oorsese kultivars gaan baie belangrik wees om suksesvol in die GWKgebied aan te plant. Kultivars wat langer as die huidige kultivars neem om oesgereed te word, gaan minder geskik wees vir gewasrotasie onder besproeiing. Noukeurige rekord word gehou van die daaglikse temperatuur, reënval en besproeiing vir die opstel van `n groeimodel. Die tempo waarteen elke kultivar rank, word elke veertien dae met `n maatband gemeet. Dit gaan ook gebruik word om te bepaal wanneer elke kultivar oesgereed sal wees. Drs. Wright, Moore en personeel van Canon Garth beplan om die proewe te besoek, wat die navorsers van GWK baie sal baat. GWK is trots daarop dat hierdie projek ná baie harde werk sterk op dreef is en sien daarna uit om `n verskeidenheid van kultivars aan ons produsente te bied. 29


Versekering Willem Kruger GWK Versekering

GWK se kredietversekering: Kommer is iets van die verlede Mnr. Willem Kruger het homself onlangs by GWK Versekering aangesluit. Kruger, `n boorling van Boshof, het nĂĄ skool landbou-ekonomie en nagraads finansiĂŤle beplanning gestudeer. Hy was tot onlangs by lewensen kredietversekering by VKB in Bethlehem betrokke. Sy aanstelling by GWK was vir hom `n tuiskoms, sĂŞ Kruger. In hierdie artikel gee Kruger `n oorsig oor beleggingsbestuur, 30

Mnr. Willem Kruger

krediet-versekering en die voordele daaraan verbonde om by GWK verseker te wees.

Beleggingsbestuur Kontant, effekte, ekwiteit en eiendom is die vier bateklasse wat in `n beleggingsportefeulje geallokeer moet word. Die bateklasse het unieke eienskappe wat goed verstaan moet word om wyse keuses, eerder as slim keuses in `n batesamestelling te kan maak. Aktiewe en deurlopende beleggingsbestuur moet toegepas word vir `n goeie beleggingsopbrengs. Veranderinge in die ekonomiese siklus het `n invloed op die prestasie van bateklasse en dit is baie belang-


rik om aan te pas by hierdie veranderinge. Die prestasie van hierdie bateklasse verskil elke jaar en diversifisering verminder nie net die risiko op `n belegging nie, maar help om die voordeel te benut waar die beste groei verkry kan word.

Blootstelling aan die bateklasse in die regte verhouding sal bydra tot beter beleggingsgroei. Die balans van hierdie blootstelling moet voortdurend aangepas word soos wat ekonomiese faktore `n invloed het op die bateklasse. Kundigheid moet ingespan word

om die balans te vind tussen risiko van kapitaalverlies, maar ook kapitaalgroei wat beskikbaar is in die beleggingsmark. Hierdie kundigheid kan slegs verkry word deur deurlopende kennis van die ekonomie en leiding van spesialiste in die beleggingsbedryf.

Junie ‘01

Junie ‘02

Junie ‘03

Junie ‘04

Junie ‘05

Junie ‘06

Junie ‘07

Junie ‘08

Junie ‘09

Junie ‘10

Junie ‘11

Eiendom 31.8%

Aandele SA 10.5%

Eiendom 30.1%

Eiendom 52.8%

Aandele SA 43.2%

Eiendom 43.0%

Inflasie 11.6%

Eiendom 24.0%

Eiendom 24.1%

Aandele SA20.4%

Effekte 29.6% Aandele SA 12.5% Kontant 10.4% Inflasie SA 6.4% Aandele Int -3.1%

Aandele In 10.0% Kontant 9.8% Inflasie 9.2% Eiendom 7.4% Effekte 6.8%

Effekte 23.6% Kontant 12.8% Inflasie 6.4% Aandele SA -8.1% Aandele Int -27.5%

Aandele SA 29.4% Eiendom 15.9% Kontant 9.2% Effekte 5.1% Inflasie 5.0% Aandele Int 1.1%

Aandele SA 45.9% Effekte 19.0% Aandele Int16.0% Kontant 7.3% Inflasie 3.5%

Aandele Int 23.7% Eiendom 23.5% Kontant 6.8% Inflasie 4.8% Effekte 3.9%

Aandele SA 39.1% Aandele Int 23.8% Kontant 8.3% Effekte 7.5% Inflasie 6.4%

Kontant 10.6% Aandele SA -1.2% Effekte -1.7% Aandele Int -2.7% Eiendom -19.2%

Effekte 17.9% Kontant 11.5% Inflasie 7.2% Aandele SA -17.2% Aandele Int -30.8%

Aandele SA 19.4% Effekte 9.8% Aandele Int 8.6% Kontant 7.5% Inflasie 4.2%

Eiendom 17.5% Effekte 11.2% Aandele Int 10.0% Kontant 6.0% Inflasie 5.0%

Vyf jaar

Tien jaar

Eiendom

Eiendom 15.9%

Eiendom 20.4%

Aandele

Aandele SA10.4% Effekte 8.8% Kontant 8.8% Inflasie 6.9% Aandele Int -0.1%

Aandele SA16.2% Effekte 10.1% Kontant 9.0% Inflasie 6.3% Aandele Int 1.4%

Aandele Effekte Inflasie Kontant

Tabel 1. Nominale groei in bateklasse per jaar. Bron: Morningstar Kredietversekering Kommer oor uitstaande krediet is iets van die verlede. Danksy GWK se unieke kredietversekering, kan produsente nou hul volle aandag aan hul boerdery skenk. `n Beheerbare risikofaktor in landbou word moontlik gemaak deur die verskansing van uitstaande kredietfasiliteite by dood, tesame met addisionele voorsiening vir boedeldoeleindes. GWK verseker hiermee dat tydens die onvoorsiene traumatiese tydperk van afsterwe, u boerderybelange nie slegs beskerm word nie, maar ook ononderbroke voortgesit kan word. Hierdie toonaangewende produk is in samewerking met Liberty ontwikkel. Dit is gegrond op bekostigbaarheid, deursigtigheid en volhoubaarheid. Het u geweet? � Agt hartaanvalle vind elke uur in Suid-Afrika plaas. � Altesaam agt uit elke 100 mense gaan `n beroerte kry � Sowat 60% van hierdie agt gevalle is vroue en 25% is onder die ouderdom van 45. � Altesaam 10% van beroertepasiënte herstel volkome, terwyl 53% egter heeltemal

Maksimum intree-ouderdom

65

Dekking se staak-ouderdom

80

Bewysvrye limiet per fasiliteit

R7, 000 000

Maksimum dekking per fasiliteit

R10, 000 000

Uitsluitings

Standaard uitsluitings: 24 maande selfmoordklousule. Aktiewe deelname aan oorlog, betogings, opstande of terrorisme. Biologiese en chemiese oorlogvoering.

Wagperiode

Geen

Tariewe

afhanklik is van ander. � Een uit elke drie mense word met kanker gediagnoseer. � Die gemiddelde ouderdom van kritieke siekte in Suid-Afrika is 41 jaar. Die goeie nuus is dat moderne tegnologie en mediese vooruitgang verseker dat meer mense `n kritieke siekte gebeurtenis oorleef, maar met `n groot lewensaanpassing

By navraag GWK Versekering Willem Kruger 082 490 9680

en bykomende kostes. `n Direkte gevolg van kritieke siekte is die impak op die langtermyn kontinuïteit van die boerdery-aktiwiteit, asook die korttermyn effek tydens die herstelfase op die aflossing van fasiliteite. Die oplossing Die kritieke siekte-voordeel betaal `n belastingvrye enkelbedrag uit by 31


diagnose van `n spesifieke siekte, die stadium waarin dit is en die kategorieë waarvolgens dit ingedeel is. `n Omvattende kriteria vir sekere toestande wat nie spesifiek gedefinieer is nie, word ook toegepas. Die beoordeling van kritieke siekteeise is objektief, omdat definisies duidelik omskryf is en nie gebaseer is op beroep of vermoë om te werk nie. Die dinamika en onlangse verbeteringe in kritieke siekte-voordele in die versekeringsbedryf, het aanleiding gegee tot die volgende voorgestelde kriteria by die keuse van kritieke siekte-voordele: � Alleenstaande voordeel wat geen effek op ander voordele soos lewensdekking by eisstadium het nie, omdat toekomstige versekerbaarheid nie moontlik gaan wees weens die gesondheidstoestand nie. � Kritieke siekte-voordeel herstel weer ná eiswording vir nieverwante toekomstige eise op dieselfde vlak. � Allesomvattende voordeel wat 100% sal uitbetaal wanneer die kliënt `n 35% aantasting van die hele persoon het. Dit beteken al is die toestand nie een van die kategorieë nie, die kliënt `n 100% uitbetaling sal ontvang. � `n Gelykblywende premiepatroon verseker bekostigbaarheid van premies in die langtermyn. � `n Termyn van kritieke siektevoordeel is geldig op hele-lewens, en nie slegs tot die ouderdom van 65 nie. � Die mees omvattende opsie wat 100% (SCIDEP) uitbetaling van eiswaarde verseker, ongeag die graad, gebaseer op die vier grootste eisvoorvalle van kanker, beroerte, hartaanval en hartomleiding. � Dit is ook moontlik om hierdie voordeel tot u bestaande kredietversekeringskema toe te voeg. 32

Voordele van GWK langtermynversekering � Omvattende dienslewering omdat bestaande inligting reeds op die stelsel beskikbaar is. � Fokus op kontinuïteit van u land boubedryf tydens dood of traumatiese gebeurtenisse. � Kennis en begrip van behoeftes en verwagtinge met risikofaktore in die landbou-omgewing. � Premieverhaling direk teen u fasiliteit, wat likiditeit verbeter en kostebeheer vergemaklik. � Verseker dat die polisstruktuur binne wetlike konteks gestruktureer is ter beskerming van GWK en u as lid tydens eiswording. � Innoverende produkte wat beskikbaar is by verskeie versekeraars verseker objektiwiteit. Eienskappe waaraan u versekeringspolis gemeet kan word: Premie-groeipatroon Vrywillige groei en gelykblywend: Hoër aanvanklike premie, premiebesparing in die langtermyn. Verpligte opsies slegs vir korttermyn doelwitte. Aanvanklik laer premie, maar verpligte jaarlikse stygings kan premie onbekostigbaar maak in die langtermyn.

Strukturering Die aanvanklike rede en versekerbare belang tydens uitneem van polis kan bepalend wees tydens eiswording. Is die poliseienaar en begunstiging steeds in lyn met bestaande behoeftes? Kontinuïteit Wat gebeur met die entiteit of boerdery-aktiwiteit by u afsterwe? Is jou familie versorg in beplanning? Is u gedek teen siektes of ongelukke wat tot traumatiese gebeurtenisse kan lei in u boerderyvoortsetting? Is die aandeelhouers/lede verskans met afsterwe van ander betrokke partye? Belastingeffektiwiteit Is genoegsame voorsiening gemaak vir boedelbelasting in u beplanning? Wat is die effek op inkomstebelasting, BTW en kapitaalwinsbelasting? Om te verseker dat u bestaande versekeringsportefeulje, gemeet teen bostaande eienskappe, aan u bestaande behoeftes voldoen, nooi ek u vriendelik om van ons professionele dienste gebruik te maak. Kontak my gerus by 082 490 9680 of WillemK@gwk.co.za.

Gelykblywend 5% Verpligtend 10% Verpligtend Risikokurwe Grafiek 1. Premiepatrone is kardinaal vir langtermyn volhoubaarheid.



GWK Nuus NASHUA MOBILE BREI SY VOETSPOOR NA PRIESKA UIT

N

ashua Mobile het onlangs sy voetspoor vergroot deur `n tak in GWK LandMark op Prieska te open. Me. Meghan Innes-Grant sal die tak voltyds beman. Tydens die opening kon LandMarkklante aan `n kompetisie deelneem en aantreklike pryse van Nashua Mobile wen. Altesaam agt pryse is gewen deur klante wat R200 of meer by LandMark gespandeer het. Mnr. Dries Truter het met die eerste prys weggestap, terwyl mev. Julie van Tonder en mnr. Oupa Visagie onderskeidelik die tweede en derde pryse ontvang het. Die winkel kan besoek word vir nuwe kontrakte, opgraderings, selfoon-toebehore en lugtyd. Kontak Meghan by 053 004 Mnr. Oupa Visagie het die tweede prys gewen in die kompetisie wat tydens 0129 / 0533531151 x 218 of Nashua Mobile se opening op Prieska aangebied is. Hier is hy saam met me. Meghan Innes-Grant, wat die winkel nou voltyds beman. meghani@gwk.co.za.

Mnr. en mev. Kosie en Ria Vos van Vosburg in Nashua Mobile se tak op Prieska wat onlangs geopen is. 34


Mnr A. van Schalkwyk (Skoolopsigter), Me. Patty Adonis (Onderwyseres) en mnre. I.P. Brooker (Skoolhoof) en Charles Donald (Depotbestuurder: Modderrivier) saam met leerlinge van die Rietrivier Primêre skool in die Rietvale-woonbuurt by Richie by die vullisdromme wat Van Schalkwyk geverf en -monteer het.

SKOOL HOU TERREIN SKOON MET NUWE VULLISDROMME

D

ie Rietrivier Primêre skool in die Rietvale-woonbuurt by Richie het onlangs by GWK navraag gedoen oor leë dromme wat hulle vir asdromme wou gebruik. GWK het tien dromme aan die skool geskenk en dit ook by die skool gaan aflewer. Onder leiding van me. Patty Adonis, `n onderwyseres by die skool, is die dromme netjies geverf en is GWK se handelsmerk ook op die dromme aangebring om dankie te sê vir die skenking. Mnre. Charles Donald (Depotbestuurder: Modderrivier) en Niël Drinkrow (Bedryfshoof: Graansilo op Modderrivier) het die skool besoek nadat die dromme gemonteer is. 35


Ons mense

Twee besige bytjies nĂĄ die reĂŤn. Almi en JC Venter van Hanover geniet hulself gate uit in die water.

Klein JG Badenhorst van Prieska laat hom nie deur `n boklam koudsit nie! 36

HandrĂŠ en Mia van Heerden van Douglas geniet `n uitstappie op hul perd.


In ons mense kyk ons graag waarmee ons produsente en GWK se werknemers besig is. Vandeesmaand het ons gaan kyk hoe die kinders op die plaas baljaar. Ons het ook tydens die vakansie `n paar besoekers gehad wat die plaaslewe hier in ons bedieningsgebied geniet het.

HanrĂŠ Viviers van Barkly-Wes hou die beeste op die plaas Nerida de Beer van Bethlehem is dolgelukkig tussen die Kalkaar buite Barkly-Wes dop. mielies.

Daniel van Eck van Blackrock hou sy hoed vas waar hy by Christiaan Lubbe van Kimberley gee `n soentjie vir sy oupa Francois se weiding staan. wollerige maat.

Klein WihandrĂŠ Innes-Grant van Prieska leer sommer al vroeg om trekker te bestuur!

Klein Lodewyk Bruwer van Hopetown ry saam met pa Hannes op die plaas rond. 37


Salig! Altus Pienar van Jacobsdal het homself in `n boom Cronjé de Villiers van Hopetown en sy hondjie hou die tuisgemaak vir `n middagslapie op die plaas. skape dop.

Klein Lené Nel van Marydale hou baie van die mooi rooi trekker, al is haar beentjies nog `n bietjie kort!

Chanté Coetzer van Douglas laat haar nie deur `n bok afskrik nie.

Johny en Charmae Donald van Douglas baljaar tussen die bale.

Christiaan Beukman van Douglas se trekker en laaigraaf verskaf vir hom groot genot.

38


Klein Estian Viviers van Barkly-Wes het homself in die voer Sebastiaan Jonker van Potchefstroom kruip tussen die tuisgemaak. mielies weg.

Adverteer in . . . en maak seker die landbougemeenskap neem kennis van jou besigheid.

Kontak Carien Grobler by 072 215 1029 of carieng@gwk.co.za vir `n tariefkaart.

39


GWK Veilings bied aan . . .

AANTEELVEILING

DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013 - 11:00 Aanbod

500 250 250

GWK Veilingskompleks — Kimberley Koeie met Kalwers Dragtige Koeie/Verse Oop Verse

Navrae:

Schalk Erlank Hawie Bosman Ig Swiegers

082 558 6891 083 259 6100 082 821 5797

Afslaer:

Deon Klopper

082 802 8483

Stephan Meads Dirk Beukes Jan Buys

082 808 1280 082 375 1849 083 680 8929

Diere se gesondheid sertifikate en l ook ouderdom sa r aa kb ki bes wees

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is.

Dragtig heidstat us sal dag voo r veil deur vee ing ar tse gedoen word.

innoveer landbou

Veilings en Lewendehawe Kimberley Tel: 053 832 5227/8

www.gwk.co.za



Ons mense

Kiekies

Wenner Carl du Toit van Douglas.

Tema vir Maart

Skouer aan die wiel! Ná die vakansie is ons produsente weer werksaam op hul plase. Ons ontvang graag foto’s oor die bedrywighede op die plaas.

42

Tema vir April

Onvergeetlike gesigte! Soms vang `n mens `n gesig op kamera vas wat jou lewe lank by jou bly. Ons deel graag in ons lesers se onthou-oomblikke.

Maandelikse pryse 1ste R500 kontant 2de R300 kontant 3de R200 kontant Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za


Tweede

Wiann Bester van Hartswater

Derde

Rudolph Britz

van Ficksburg

43


Kiekies vervolg REËLS

Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Die foto moet deur die deelnemer self geneem wees. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. Deelnemers se naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Salig in die swembad. Anélmie Nel van Richie.

Plas in die plaasdam. Gerrie Britz van Ficksburg. 44



Pret op die plaas Vir die jongspan

Trek `n lyn van die dier na die geluid wat hy maak.

Bulk Snork Kekkel Kwaak Miaau Runnik Blaf

46


Rietrivier LANDBOU EKSPO

in samewerking met

15-16 Maart By GWK Modderrivier

r u u k s e i d n i p

o k s p O

y a J & e i n a i L 19:00 om t r a a 15 M

`n Plaaskuier soos lanklaas . . .

Gratis plaasontbyt, landbou- en 4X4-demonstrasies, voertuig- en ander uitstallers, pretpark vir die kinders, vermaak vir die hele gesin, potjiekoskompetisie, kuier in die biertuin, steakete in die restaurant, kosstalletjies en en kuier heeldag. innoveer landbou

Besoek www.gwk.co.za vir die volledige program. Skakel Marina by 083 396 7967 vir navrae oor die ekspo.


Leefstyl Carien Grobler

Leef die hele jaar lank met jou tone in die sand `n Mens laat dikwels die vakansiegevoel saam met `n leë bottel sonbrandroom by die see agter. As jy weet hoe, kan jy hierdie gevoeel heeljaar lank behou.

son op die strand, vind lafenis in die koel water en geniet die geselskap van familie en vriende. Terwyl die uitmergelende pas wat `n mens elke dag volhou uit jou gedagtes verdwyn, voel jy minder angstig en kan jy jouself oorgee aan die plesiertjies waarvoor jy so selde tyd het. et die sand tussen ons Só sê Alexandra Massey, tone en die gedagte aan lewensafrigter en skrywer van die `n sorgelose vakansie boek Life`s a beach: Keep that wat voorlê, voel `n mens ontspanne, holiday feeling all year round. gelukkig en tevrede . . . jou alle“Ons laat hierdie vakansiegevoel te daagse stres honderde kilometers ver. dikwels agter terwyl die angstigheid Ons slaap laat, baai in die warm van ons moderne lewens weer

M

48

begin oorneem. Kort voor lank voel die vakansie ver van jou verwyder en kom die bekende gevoel van onvergenoegdheid weer na vore.” `n Mens hoef egter nie by die see te wees om die vakansiegevoel te hê nie, sê Massey. “Jy kan dieselfde motorpaaiement, dieselfde bitsige kollegas en dieselfde vervelige roetine hê en steeds binne `n paar oomblikke ten volle ontspan en die vakansievreugde ervaar.” Stil, stiller, ‘die stilte’ . . . “Wanneer `n mens dieper kyk, besef


jy wat agter die vakansiegevoel sit,” sê Massey. “Ek noem dit ‘die stilte’. Dít is `n plek waar jy vry is van enige bekommernis en met jou diepste menswees herenig word. “Die bekende sielkundige Abraham Maslow het hierdie bevrydende ervaring beskryf as die gevoel van suiwer, positiewe geluk sonder enige twyfel en vrese . . . `n gevoel van volmaaktheid.” “`n Mens kan egter ‘die stilte’ ervaar ongeag die omgewing waarin `n mens jouself bevind,” meen Massey. “Dit kan `n gereelde ervaring word vir wanneer `n mens rus en vrede nodig het. Dit hang nie af van die dinge wat buite jou aan die gang is nie, want ‘die stilte’ is binne jou!”

Kry die vakansiegevoel As jou verlof en jou bankrekening in die rooi is, kan jy steeds die vakansiegevoel opsoek. Gebruik hierdie vier toegangspunte tot ‘die stilte’: Wees nóú teenwoordig. “Dit is die eenvoudigste vaardigheid om deur al ons lewensdrama te sny en ons dadelik gelukkig te laat voel.” Massey meen dat `n oorvloed gedagtes en emosionele drama `n mens daarvan weerhou om in die oomblik te leef. “Dit manifesteer as angstigheid, stres, druk, depressie, bekommernis en vrees.” Die eerste stap is om `n mens se

gedagtes na die huidige oomblik te bring. “Nie wat tien sekondes gelede gebeur het of wat jy oor tien minute gaan doen nie. Nou! Word bewus van hierdie oomblik. Vee die verlede en die toekoms skoon. Jy hoef nie jou oë toe te maak nie, maar kan dit doen terwyl jy hier lees.“ Sy verduidelik dat `n mens dikwels toelaat dat die grootste deel van jou lewe deur bekommernis oorheers word. “Ons bekommer ons oor dinge waaroor ons geen beheer het nie. As `n mens iets aanhoudend oordink sonder om enige verandering te maak, veroorsaak dit stres en vrees. vuurwerk is pas aangesteek en het in Wanneer jy met vakansie is, hou jy op die lug opgeskiet. Jy wag vir die met hierdie chroniese denke, ontspan knal . . .” en geniet elke oomblik.” Volgens Massey lê afwagting in die spasie tussen aktiwiteite. “Wanneer Verwonder jouself. `n mens in afwagting wag, is jy “As kind doen `n mens elke soos `n battery wat herlaai word. dag `n klomp dinge wat jou met Jy verdiep jou heeltemal in wat op verwondering en nuuskierigheid vul,” daardie oomblik gebeur.” sê Massey. Sy raai aan dat `n mens ophou “Namate `n mens grootword, baklei om voor te kom wanneer jy in verloor jy jou vermoë om met `n ry moet wag. “As jy geen beheer verwondering na die wereld te kyk.” het oor die ry waarin jy moet staan Wanneer `n mens met vakansie nie, benader dit soos wanneer jy met is, kry jy dit gedeeltelik terug. “Die vakansie is. sterre lyk so anders as by die huis. Dit is `n heel ander ervaring Die insekte is uniek en die plante is wanneer `n mens met vakansie op `n pragtig. Wanneer `n mens se brein bus of `n boot wag. Omdat jy ophou ophou om aan `n wedloop deel te dink aan die lys van dinge wat jy neem, word jy met verwondering vir moet doen, kan jy jouself toelaat om alles om jou gevul. net te wees. “`n Mens kan egter elke dag in “As `n mens dít in jou alledaagse die tuin gaan sit en jou aan alles lewe kan toepas, kan jy die vakansieverwonder. Kyk na alles om jou, voel gevoel terugkry en eindelose vreugde en ruik daaraan en laat jouself toe ervaar!” om ‘die stilte’ te geniet.” Wag in afwagting. `n Mens kan op twee maniere wag, meen Alexandra: “Maak gou, ek is haastig,” of “Ek wag in afwagting. Mense is geneig om wag as `n irritasie te beskou. Jy kan in elke ry of verkeersknoop mense se frustrasie sien. Om met afwagting te wag, is `n geskenk. Stel jouself voor jy kyk na `n vuurwerkvertoning. Die grootste 49


Gesondheid Carien Grobler

Smullekker avokado’s . . . vir `n sesgang maaltyd Avokado’s is deel van die bessiefamilie en word dus botanies as `n vrug geklassifiseer. Die bekende kosskrywer Gaylord Hauser meen dat hierdie enkele smullekker vrug die proteïen van vleis, die vet van botter (maar baie meer heilsaam), die vitamiene en minerale Hou jou hart gesond Avokado’s bevat mono- en polionversadigde vette, wat albei goed is vir die hart. Avokado’s bevat ook oleïensuur, `n mono-onversadigde vet wat kan help om cholesterolvlakke te verlaag. Navorsing wys dat mense wat gereeld avokado’s eet, laer cholesterolvlakke het as mense Hou die spysvertering aan die gang Avokadopere is ryk aan vesel, wat help om `n mens se spysvertering aan die gang te hou. Navorsing wys dat avokado’s meer vesel as die meeste algemene groente en vrugtesoorte bevat. Kenners beveel ook diëte hoog in vesel aan om kanker in die spysverteringskanaal te voorkom. Nóg `n pluspunt is dat `n dieet ryk aan vesel gewigsverlies kan aanhelp aangesien dit `n mens langer vol hou en die afbreek van koolhidrate verstadig, wat vinnige stygings in bloedsuikervlakke voorkom en keer dat `n mens lus word vir soetgoed. 50

van groen groente, die geur van neute gekombineer is. `n Sesgang maaltyd op sy eie! Avokado’s kan help om hartsiektes te voorkom, jou plooie onder beheer hou en jou selfs help om gewig te verloor. Dit is beslis `n paar goeie redes om guacamole in jou yskas aan te hou!

wat nie avokado’s by hul dieet insluit nie. Avokado’s is ook `n goeie bron van kalium, `n mineraal wat help om `n mens se bloed-druk te reguleer. Volgens die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) kan `n dieet ryk aan kalium help om die liggaam teen hoë bloeddruk, hartsiektes en beroerte te beskerm. Hou die plooie onder beheer Avokado’s is ryk aan vitamien E en is daarom die perfekte wapen teen die ouderdom. Vitamien E is vetoplosbaar en wanneer dit in die selmembraan opgeneem word, help dit om die sel voller te maak en plooie sodoende te keer.

Gewigsverlies Avokado’s word dikwels vermy wanneer mense gewig wil verloor, omdat hierdie vruggies relatief ryk is aan vet en kilojoules. Avokado’s is egter ook ryk aan vitamiene E en K, asook kalium. Dit is ook cholesterolvry en laag in natrium en suiker. Avokado’s kan ook `n kosbare hulpmiddel in `n effektiewe gewigsverliesprogram wees. Navorsing wys dat die monoonversadigde vette in avokado’s help om `n mens se metabolisme te versnel en jou ook vinniger vol laat voel.


Resep

Avokadohalwes met garnale Nadat ons die Feestyd weggelê het aan alles wat om die heupe kom sit, is dit tyd om weer `n gesonde leefstyl te vestig. `n Goeie begin is om avokado’s deel te maak van jou dieet, omdat die gesonde monoonversadigde vette in avokado’s kan help om jou aptyt te onderdruk.

Resep

Metode

1 koppie gaar garnale 2 eetlepels vars grasuie, gekap 1/3 koppie mayonnaise 1 eetlepel Worcestershiresous 1 eetlepel soetrissiesous sout na smaak 2 avokado’s, gehalveer en ontpit 1 eetlepel suurlemoensap roketslaai 1 teelepel paprika

� Meng die garnale, grasuie, mayonnaise en Worcestershiresous en soet rissiesous en voeg sout na smaak by. � Skep die garnaalmengsel in die avokadohalwes en besprinkel met suurlemoensap. � Bedien die avokado’s op roketslaaiblare wat met paprika besprinkel is. 51


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Nommer 81 aan die beurt . . .

A

s jy nog nie daar was nie, sal jy nie verstaan nie. My hart wou gaan staan toe die ouditeur my meedeel dat ek self moet gaan. SARS toe, van alle plekke! Daar is briewe geskryf, afskrifte gemaak, “gescan”, ge-epos en gebel, maar niks het SARS ooit bereik nie (of so sê hulle). SARS hou klaarblyklik nie van korrespondensie nie. Na `n tweede rondte, was SARS steeds stom. Dan is dit nou so en ek is op pad om my BTW van twee jaar gelede te probeer kry. Darem `n paar sakke mielies se geld. Ek laai Sonja af en belowe dat dit gou sal wees. My leêr is gepak met bewyse. Op pad binnetoe kry ek `n delwer van Barkly Wes. `n Wildvreemde man. Ons maak oogkontak en hy begin sommer praat. Die man is woedend. Hy is nou vir die tweede keer vandag op pad om bewyse te gaan haal. Sy taal laat veel te wense oor. Hy draai om en loop. Sy broek hang laag en by sy gatsak steek `n dubbelgevoude tjekboek uit. Sy swart Crocs het beter dae geken. Die ry staan reeds by die deur uit. Gelukkig beweeg ons vinnig. Die binnekant is netjies en herinner aan die vertreksaal van `n lughawe. Drie mense is besig om die mense te organiseer. Elkeen met sy rang. Op hulle truie staan onderskeidelik Tax payer Inquiries, Tax payer Assistant en Tax payer Co–ordinator. Later die dag sou my aanbeveling wees dat hulle “payer” na “prayer” verander. “Meneer, BTW-gevalle moet asseblief in die regterblok sit.” `n Kaartjie met `n nommer word oorhandig. “U nommer sal op die skerm verskyn 52

wanneer dit u beurt is.” My nommer is 81. Dit klink na wag. Binne heers `n gedempte atmosfeer. Begrafnisagtig. Niemand lag nie. Elkeen met sy bondeltjie bewyse styf onder die blad. Presies 20 toonbanke, tel ek. As jy nie kan lees nie, roep `n moeë stem jou nommer uit. Nommer 19 verskyn nou op die skerm. Links van my sit `n ma en seun by een van die toonbanke. Sulke lekker grotes (nie die toonbank nie). Hulle luister al kouende. Die amptenaar agter die lessenaar verduidelik dat die spoeg spat. Hul gesigsuitdrukkings sê alles. Reg voor my sit `n baie ongeduldige man. Hy dra `n sonbril. Sy pet sit agterstevoor en agter sy oor steek `n half gerookte sigaret uit. Die rooi NY-letters op die pet baie duidelik. Wonder of hy weet waar New York is. Elke vyf minute roep hy een van die assistente nader. Hy verstaan nie die nommer-besigheid nie. Dit is `n proses om hom op sy stoel te hou. Hy beur astrant in die toonbanke se rigting met elke navraag. Intussen verskyn die een nommer na die ander op die skerm. Ek probeer die volgorde van die nommers bepaal. Niks maak sin nie. Net wanneer hulle naby nommer 81 kom, is daar weer skielik `n 35 en `n 42. Nee wat, ek sal maar my beurt afwag. `n Uur is darem nog nie te lank nie. Hoogs verveeld begin ek deur my BTW-fakture blaai. `n Faktuur van Charl de Villiers vang my oog. De Meul Boerdery. `n Ruiltransaksie tussen my en hom. Isuzu-bakkie vir `n dubbelkajuit. `n Storie op sy eie (nee, niemand is verneuk nie). Sonder dat ek agterkom, verskyn my nommer op die bord. Ek skrik groot toe die begrafnisstem praat.

Voordat ek nog kan sit, wys die beampte my daarop dat hulle nie hier geld uitbetaal nie. Vandag moet ek kalm bly. My betoog getuig van onderdanigheid. “Meneer, maar dit kan mos nie waar wees dat SARS glad nie op u navrae gereageer het nie. Kom ek kyk op die rekenaar, dit sal beslis aangeteken wees.” Sy sien niks en roep later vir oom Kola om te help kyk. Die skerm word gefynkam. “Nee meneer, ons sien niks. Ons gaan u nou na `n ander toonbank verwys. Kan ek asseblief u kaartjie met die nommer kry? Ek moet `n aantekening daarop maak.” Weg is my kaartjie. Van alle dinge! Ek dop alles om. Pluk my broek se sakke uit. Niks, maar niks, kom te voorskyn nie. Die sweet tap my af. Die beampte wil niks weet van op `n papiertjie skryf nie. Die hele toonbank lê later vol van my faktuurbewyse. Iemand wat die chaos aanskou, tel my kaartjie op wat op die grond geval het. Uiteindelik is ek gereed vir `n herverwysing. “U moet asseblief in die voorste dwars blok gaan sit totdat ons u roep.” Ek hou my kaartjie styf vas. Hier wil ek nie oornag nie. Mense beweeg steeds in en uit. Glimlagte aan die skaars kant. Nommer 81 verskyn `n tweede keer op die skerm. Ek beweeg nader. Die vrou druk flink op die rekenaar en belowe dat my navraag met die nodige bewyse voor vieruur in Bloemfontein, by SARS, sal wees. Baie verlig ontvang ek `n verdere bewys vir toekomstige navrae. Ek stap met `n lied in my hart by die deur uit met nommer 156 wat intussen op die skerm verskyn het . . .


GWK Graan . . .

innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

Ig Pretorius 082 906 1672 HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


GWK Versekering . . . gewaarborgde gemoedsrus Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

GWK se versekering waarborg gemoedsrus oor die besittings wat vir jou en jou gesin belangrik is. Met ons kliëntgerigte fokus en innoverende benadering bied ons maakpas oplossings vir elke individu se versekeringsbehoeftes. Kontak ons ook gerus om jou met finansiële beplanning vir die toekoms by te staan.

Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.