Maart 2014
`n handelsmerk van
GWK Kleinhandel innoveer met opgradering van handelstakke
GWK se kantore in Kimberley voltooi en personeel ingetrek
GWK monitor nou mieliestronkboorder vir tweede seisoen
GWK wys verskaffer van die jaar aan op glansgeleentheid
UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS
Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936
Inhoud
2 Redaksioneel Inkopies is terapeuties . . . 3 Geestelike akker Jou spanmaats het jou nodig . . . 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke
28 Kleinhandel GWK wys verskaffer van die jaar aan op glansgeleentheid. 30 Ekspo’s Rietrivier Landbou Ekspo bied iets vir elke besoeker.
10 Diensstasies opgegradeer.
36 GWK NUUS - Produsent wen bootreis in Engen-promosie. - Droogtehulp kom uit Wes-Kaap aan.
8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE 10 Aktueel GWK Kleinhandel innoveer met opgradering van handelstakke.
38 Vir die jongspan Pret op die plaas.
15 Wat aandeelhouers moet weet Dís nuus in die GWK-groep.
40 VROUE Leefstyl Die koningin van drama . . .
16 Presisieboerdery GWK monitor stronkboorder.
42 Gesondheid Leef gesond vir jou hart se part!
20 Besproeiing Spuitpakket se toestand het `n invloed op kunsmistoediening.
43 Resep Crème brûlée met karamel.
26 Versekering Koop nou jou kaartjie na finansiële onafhanklikheid.
44 Agterblad Elvis wil weer rol . . .
16 Stronkboorder gemonitor.
20 Besproeiing . . .
40 Koningin van drama . . .
Redaksioneel
`n Vrou beskou die ervaring van koop as terapeuties . . . met elke item wat ons in die trollie laai, voel ons effens meer opgeruimd! Dit is daarom te verstane dat ek met kinderlike opgewondenheid die opgraderings by GWK se handelstakke dophou. Die deli by die Kimberley-tak is reeds oop vir sake en elkeen wat daar verbyry sonder om in te gaan, mis `n heerlike kos- en inkopie-ervaring! In hierdie uitgawe kyk ons hoe GWK Kleinhandel landbou innoveer met die opgradering van hul handelstakke, asook die kiosks en rybane by GWK se diensstasies. Dan doen ons aan by die span van Presisieboerdery, waar stronkboorder by mielies reeds vir die tweede sei-
soen gemonitor word. Ons kyk ook hoe die toestand van `n spuitpakket die kunsmistoediening op `n land kan beïnvloed. Die span van Versekering leer ons vandeesmaand hoe om `n kaartjie na finansiële vryheid te koop en ons kuier by die Magersfontein Gholflandgoed waar Kleinhandel onlangs GWK se verskaffer van die jaar vir 2013 aangewys het. Ons besoek ook die Rietrivier Landbou Ekspo wat in samewerking met GWK by GWK se fasiliteite op Modderrivier aangebied is. Ons is saam met mnr. Paul de Villiers van Douglas en sy vrou, Louise, opgewonde oor die bootvaart wat hulle losgeslaan het in die promosie wat Engen in samewerking met GWK
aangebied het. Dan doen ons aan op Modderrivier waar droogtehulpskenkings uit die Wes-Kaap vir produsente in die droogtegeteisterde Noord-Kaap aangekom het. Ons dames leer hierdie maand hoe om nie `n dramakoningin te wees nie, hoe om hul harte op te pas en `n Crème brûlée met karamel te maak. Oudergewoonte wag Piet op die agterblad met `n lekker storie wat die lagspiere prikkel. Hierdie keer is dit Elvis wat sorg vir die aksie, want hy wil alweer rol . . .
Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)
Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730
VOORBLADFOTO Bertie Theron
Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za 2
Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za
ler
Carien Grob
Redakteur
Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.
depositphotos
My ma kla al jare lank oor die frustrasie om saam met `n man winkels toe te gaan. My pa staan by die deur van die winkel en wag en as sy te lank neem na sy sin, gaan sit hy in die bakkie en blokkiesraaisels invul . . .
Geestelike akker “Versterk daarom daardie hande wat slap geword het en die knieë wat knak, en laat julle voete reguit vorentoe hardloop. Dan sal die beseerde voete nie ingee nie, maar eerder gesond word.” Hebreërs 12:12 onseker is oor sy liefde en skaam is oor ons eie sonde-swakheid. Juis Hoe meer ons dink dat ons uniek is, daarom het ons as gelowiges mekaar so nodig. hoe meer kom ons agter dat daar `n duisend ooreenkomste tussen ons as Ons kan bloot deur ons eie skanse te laat sak vir ander sê: “Dis okay. mense is. Dit maak nie saak hóé vol selfverEk verstaan. Ek weet hoe jy voel, troue iemand lyk nie, diep binne in want ek het ook al geloofskrisisse en hom/haar lê daar ook maar `n stukkie sondeskuld ervaar. Maar . . . ek is vrees, onsekerheid, twyfel en `n paar daar vir jou. Ek is daar om na jou te bondels wegsteek-bagasie. luister, jou moed in te praat of sommer Met kinders van God is dit niks annet vir jou te bid.” Dalk is daar mense in jou kring wat ders nie. Elkeen van ons ervaar – ongeag die diepte van ons geloof smag na begrip, na iemand wat sommer net bereid is om hul hart se roep – tye waarin ons ver van God voel, Jou spanmaats het jou nodig . . .
te hoor. En miskien is jý juis die een wat die wêreldse verskil aan jou spanmaat se lewe kan maak. Mag die Gees jou sensiteer om jou geloofsmaats se hande . . . en harte hoog te hou. Maak my hart oop vir ander se broosheid, Vader.
Milanie Vosloo
Uit Laat sy liefde jou lei, uitgegee deur Cum. 3
Veilingskalender en Veilingspryse Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Piet Els implemente-veiling, Kimberley Bob de Fousse-wildveiling, Boshof Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Cronje Dorpers, Kimberley
20 Maart 25 Maart 26 Maart 27 Maart
Speenkalf-veiling, Hertzogville Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Griekwastad-veiling Kruger Bonsmara bul- en aanteelveiling, Boshof
gerhard steenkamp
11 Maart 13 Maart 15 Maart 18 Maart 19 Maart
Veilingspryse vir lewendehawe - Februarie 2014 03/02 - 07/02
10/02 - 14/02
17/02 - 21/02
24/02 - 28/02
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R11.00
Slagosse
R11.00
Slagosse
R12.00
Slagosse
R11.80
Slagkoeie
R11.00
Slagkoeie
R11.00
Slagkoeie
R12.00
Slagkoeie
R12.00
Maer beeste
R 9.00
Maer beeste
R10.00
Maer beeste
R10.00
Maer beeste
R17.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R17.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R17.50
Ligte kalwers (180-200kg)
R17.80
Ligte kalwers (180-200kg)
R17.00
Swaar kalwers (201-250kg)
R16.50
Swaar kalwers (201-250kg)
R16.80
Swaar kalwers (201-250kg)
R16.80
Swaar kalwers (201-250kg)
R16.00
Swaar kalwers (250kg +)
R16.00
Swaar kalwers (250kg +)
R16.00
Swaar kalwers (250kg +)
R16.00
Swaar kalwers (250kg +)
R16.00
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R20.50
Slaglammers
R22.00
Slaglammers
R22.00
Slaglammers
R22.00
Stoorlammers
R20.00
Stoorlammers
R22.00
Stoorlammers
R21.00
Stoorlammers
R20.00
Kruislammers
R19.00
Kruislammers
R20.00
Kruislammers
R20.00
Kruislammers
R18.00 R13.00
Slagooie
R13.00
Slagooie
R14.00
Slagooie
R14.00
Slagooie
Maer ooie
R12.00
Maer ooie
R13.00
Maer ooie
R14.00
Maer ooie
R11.00
Klein bokkies
R20.00
Klein bokkies
R22.00
Klein bokkies
R21.00
Klein bokkies
R20.00
Jong bokke
R18.00
Jong bokke
R20.00
Jong bokke
R21.00
Jong bokke
R20.00
Bokooie
R14.00
Bokooie
R15.00
Bokooie
R15.00
Bokooie
R13.00
4
Damme en temperature
Huidige stand van damme % Vol
120
98 81 100
Spitskopdam
78
Rietrivier
Kalkfonteindam
26
Modderrivier
Krugersdriftdam
42
40 20
0
Werklik
Langtermyn
Vaalharts
Hartsrivier
60
Rietrivier
99 68 48 31
80
Douglas
Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam
Vaalrivier
100
Barkly-Wes
Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam
Oranjerivier
ReĂŤnval 25 Januarie - 24 Februarie 2014
Hopetown
Dam
Prieska
Riviersisteem
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval
Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Prieska Green Valley Nuts
Douglas Skaal 50 40 30 20 10 0
50 40 30 20 10 0
25 Januarie - 24 Februarie 2014
25 Januarie - 24 Februarie 2014 Max
Max Langtermyn
Min
Max
Min Langtermyn
Max Langtermyn
Min
Min Langtermyn
Rietrivier
Barkly-Wes Ulco 40 30 20 10 0
50 40 30 20 10 0
25 Januarie - 24 Februarie 2014 Max
Max Langtermyn
Min
25 Januarie - 24 Februarie 2014 Min Langtermyn
Max
Max Langtermyn
MAANDELIKSE VOORSPELLING
Min
Min Langtermyn
Mar-14
Maandelikse voorspelling Maart 2014
Hopetown Lilydale 50 40 30 20 10 0
Modderivier
25 Januarie - 24 Februarie 2014 Max
Max Langtermyn
Min
Min Langtermyn
Inligting verkry van GFCSA
5
Landbouwenke Mielies
Die waterbehoefte van vroeë
mielies neem af. Pas aan en stop water sodra vogtranslokasie in die pitte afgesny is (donker kleur naby kiemgedeelte van die pit). Gaan aanplantings deur vir rooi spinmyt en spuit in `n vroeë stadium om opbrengsverlies te
voorkom. Dié plaag vermeerder baie vinnig. Stronkboorder kan steeds skade doen by laat aanplantings en moet gemonitor en gespuit word. Bolwurm kan ook skade aan koppe aanrig deur veral aan die bopunt by die baard in te tonnel en te vreet.
Pekanneute
Gaan normaal voort met
besproeiing en onkruidbeheer, dis veral belangrik in jong aanplantings. Die boordvloer moet voor oestyd skoongemaak word om die oesproses te vergemaklik. Grondmonsters en grondvoorbereiding moet van nou af tot Junie gedoen word. Indien grondverskille soos tekstuur en kleur in `n boord
voorkom, moet die boord dienooreenkomstig onderverdeel en afsonderlike monsters van verskillende dele geneem word. Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stam- en basboorders, geelpekanplantluis en skurfsiekte. Rypwording van neute geskied vanaf April tot Julie en wissel na gelang van die gebied en kultivars.
Grondbone Grondbone is in die gevorderde peulstadium en besproeiing kan stelselmatig verminder word afhangende van klimaatstoestande. Kyk uit vir Schlerotiumvrot – wit swamdrade wat klein, ronde swart vrugliggame produseer waar stamme uit die grond kom. Ankers word beskadig en peule kan totaal vernietig word of swambesmet en verkleur voorkom. Die eerste tekens is enkel plante of kolle in die land wat verlep begin vertoon. Enkel takke of die hele plant begin afsterf. 6
Schlerotiumvrot kan voorkom
voorkom, veral op aanplantings onder nat toestande waar plante naby mielies of katoen. Spuit baie welig groei met min lugvloei, onmiddellik wanneer dit waargeneem word, aangesien groot asook waar baie plantreste te vlak in die wortelsone ingewerk is. blaarverlies kan voorkom. Indien dit aanwesig is, moet Laaste blaarvlekbespuiting kan besproeiing drasties verminder gedoen word om loof teen laat word om te verhinder dat dit blaarvlek te beskerm. verder versprei. In ernstige gevalle is dit raadsaam om vroeër as normaal te begin oes om verliese te beperk. Rooi spinmyt kan
Aartappels Om virusbesmetting te
voorkom is beheer van plantluise uiters belangrik. Installeer minstens twee moniteringspunte in elke aanplanting.
Weiding
Swenkgrasmengsel kan
van Maart tot Mei gevestig word. Wei 12 weke nĂĄ plantdatum of as totale weidingslengte Âą 20cm hoog is. Eerste beweiding moet lig wees (wei terug na Âą 15 cm). Dit sal veroorsaak dat polle begin stoel.
Lusern
Vestig nuwe lusernaan-
plantings vanaf einde Maart tot Mei. Die saadbed moet ferm wees: `n Mens moenie insak as hy oor die saadbed loop nie. Sit `n dis met roller oor voor plant. Plant in klam grond en rol vas sodat goeie saadkontak met die grond verkry word. Los grond bo die saad veroorsaak swak saad-grond-kontak wat tot swak opkoms en standprobleme kan lei.
Spuit wanneer
luisbevolkingsdruk begin toeneem. Operding kan ook gedoen word om groter drag te inisieer.
Onthou om voorsiening
te maak vir beskikbare weiding in die periode waar die mengsel dormant is. In die somer sal voersorghum `n goeie alternatief wees en middel winter (Junie en Julie) `n hawer- en stoelrogmengsel of eenjarige raaigras.
Plant vlak, nie dieper as 10mm nie.
Indien die pH te laag
(onder ses) is, moet landboukalk toegedien word. Dit verbeter ook die grondstruktuur, help om plantestand beter te vestig en langer te produseer. Onkruidbeheer is belangrik om lusern suksesvol te vestig. Vir gevestigde lusern, besproei swaar en laat redelik droog word voor volgende besproeiing.
Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.
7
Direksie en Bestuur Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee
JP du Plessis Wynand Human Johan Jacobs Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree
Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid
Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker
Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen
Hoofbestuur Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis
Uitvoerende bestuurspan Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849
Sekretariaat, Regsdienste en Risikobestuur Kleinhandel Johan du Plessis Freek Meyer 071 623 7286 083 644 0022
Saad, Gewasproduksie en Opkomende Boere Jozua Haarhoff 082 808 8579
Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111
Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178
Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545
Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531
Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063
Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121
Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383
Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844
Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547
Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163
Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630
Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656
Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710
Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778
Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103
Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995
Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190
8
Missie en Visie Bestaansrede
Om as agri-besigheid volhoubare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende belanghebbendes.
Visie
Om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.
Missie
Ons genereer markgerigte besigheidsoplossings in agrien voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur: � innovasie; � dinamiese leierskap; � energieke uitvoering en � eienaarskap gerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
Waardesisteem
Ons optrede word gerig deur: � spanwerk; � integriteit; � menswaardigheid; � deursigtigheid; � toegewydheid; � verantwoordbaarheid; � aanpasbaarheid en � kliëntegerigtheid.
De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
10
Aktueel
Carien Grobler
GWK Kleinhandel innoveer met opgradering van handelstakke
G
root opgewondenheid heers binne GWK Kleinhandel waar onlangs `n besproeiingswinkel met `n moderne aansig op Douglas geopen is. Klante se terugvoer oor hierdie besigheid is baie positief en motiveer die personeel om voortdurend na beter klantediens te streef. Die besproeiingswinkel is egter net die begin van `n projek waarvolgens verskeie dienspunte in GWK se kleinhandel-besigheid opgegradeer word. By die handelstak op Kimberley sal `n kwekery eersdaags sy deure oopmaak, terwyl klante in die deli kan smul aan GWK se eie vleis en wyn, asook verskeie ander produkte. “Ons brei ook ons buitelewe-afdeling uit op `n nuwe vlak wat in die winkel geïnstalleer word,” sê mnr. Gerhard Henning (Handelsbestuurder: Kimberley). “Hierdie vernuwing het ten doel om dit selfs lekkerder vir ons klante te maak om ons te besoek.” Volgens mnr. Ertjies van den Berg (Bestuurder: Diensstasies) is die diens-
Bo en inlas: Die deli in die handelstak op Kimberley sal onder meer Landzicht-wyn en GWK Vleis se produkte aanhou.
Links en regs: `n Grafiese voorstelling van die beplande opgradering vir die vooraansig van die handelstak op Kimberley. `n Deli met `n koffiewinkel sal voortaan uit hierdie tak bedryf word.
11
`n Grafiese voorstelling van die vooraansig van die kiosk by die diensstasie op Prieska. stasie op Prieska in die verlede aan `n derde party verhuur. “GWK het egter besluit om die bestuur en bedryf hiervan oor te neem. Om hierdie rede is die huur in Oktober 2013 opgeskort en het opgraderingswerk aan die kiosk begin.” Hy verduidelik dat die Vaalrivierdiensstasie op Douglas eerste opgegradeer is en dat alle verdere ontwikkeling by ander diensstasies op hierdie gevoel gegrond is. Soos op Douglas, maak die kiosk op Prieska voorsiening vir `n netjiese, ruim verkoopsarea, terwyl die kombuis verskeie wegneemetes sal aanbied en die personeel kantoorspasie sal hê. `n Vertrek word ook aangebou om die pompjoggies te akkommodeer. Die projek behels ook die opgradering van die rybane by al GWK se takke. Dít word in samewerking met Total gedoen. “GWK het in die proses ook drie tegnologies gevorderde brandstofpompe by die vulstasie op Prieska geïnstalleer, sê Van den Berg. “Klantediens is hier die fokus aangesien 12
voertuie op enige van die ses ryvlakke op die rybaan bedien kan word met enige van die vier brandstofprodukte wat aangebied word. Die hoëspoed-pompe wat vragmotors bedien, is verskuif en so geplaas dat die rybaan oor genoeg spasie vir ander voertuie beskik.” Volgens Van den Berg word die bestaande siersteengebou langs die afdak van die rybaan, sowel as die
Bo en inlas: Die opgradering van die diensstasie op Prieska is reeds aan die gang.
klipgebou met die grasdak verwyder om `n gevoel van spasie te skep. “Dít is alles deel van ons strewe om `n onvergeetlike koopervaring vir ons klante te skep!” Volgens mnr. Philip Le Roux (Handelsbestuurder: Douglas) word die produkreekse van die tak op Douglas in hierdie stadium hersien. Hou Kommuniek dop vir meer inligting hieroor.
SA Feed
Phosphates
Ons is fosfaat SA Feed Phosphates besef dat die begin van somer en die groen sappige weiding ‘n nuwe behoefte by jou diere skep. Voldoende fosfaataanvullings is nodig om jou diere se prestasie en produksie te verhoog en hulle in topkondisie te hou. Die reeks produkte wat ons bied is ontwikkel om enige produksie-eenheid in staat te stel om by verskillende produksie-omstandighede en -behoeftes aan te pas. Voer nou: • • • • •
Feedphos P21 Feedphos P12 Feedphos P6 Superphos P18 Aquafos
Vir verdere navrae, skakel ons gerus by 053 441-3300 of stuur ‘n e-pos na info@safp.co.za.
14
SAFP Somer 3_www.infoworks.biz
Ons produkte dra by tot jou kudde se reproduksie-doeltreffendheid.
depositphotos
Ons Besigheid
Wat aandeelhouers moet weet
Dís nuus in die GWK-groep
W
te konsolideer in `n gebou wat onderskeie direksies voorgelê het, deur GWK besit word. Die kanis besluit dat `n samesmelting van elkom by hierdie maand se aflewering van ons gelykes nie kan plaasvind nie. tore sal onder meer deur GWK Properties, Korporatiewe Bemarrubriek waarin ons die GWK se direksie en hoofbestuur king, Inligtingstelsels, GWK Fihet egter reeds verskeie alternajongste nuus in die GWK-groep aan nansiering (Kimberley) en enkele tiewe geleenthede geïdentifiseer ons aandeelhouers kommunikeer. en sal nou onverwyld voortgaan ander poste wat reeds in Kim� `n Gesamentlike besluit is tussen om uiting te gee aan ons groeiberley gestasioneer was, beset GWK en OVK geneem dat geword. sprekvoering rondom `n moontstrategie. GWK se direksie het in� Die Postmasburg Spar is in die tussen besluit om `n Besturende like samesmelting tussen die twee proses om opgegradeer te word maatskappye nie voortgaan nie. Direkteur op `n permanente basis aan te stel. na `n Superspar en dit behoort In vorige kommunikasie is die teen 31 Maart 2014 voltooi te proses van `n moontlike same� Die GWK-kantore in Kimberley wees. Deur deel te word van die is voltooi en ons GWK-personeel smelting uiteengesit en was die Superspar-konsep, sal dit voorin Kimberley het reeds in hul waardasies van die onderskeie nuwe tuiste ingetrek. Die kantore dele (soos beter prysbedinging) maatskappye en die voorlegging vir ons klante ontsluit. is opgerig aangesien GWK `n hiervan aan die onderskeie direk� Die bou van die Westra-koringsies as mylpaal in die besluitnegroot aantal kantoorruimte op meule, beskuitjie- en pasta-aanverskillende persele in Kimberley mingsproses genoem. In die lig gehuur het en dit finansieel sin leg vorder goed en is goed op van die waardasies van die twee gemaak het om kantoorspasie skedule. maatskappye wat PwC aan die 15
depositphotos
16
Presisieboerdery Pieter Franken Landboukundige Navorser
GWK monitor stronkboorder
K
ommuniek het voorheen berig oor GWK se presisieboerdery-span wat mieliestronkboorder (Busseola fusca) in die 2012/2013-seisoen gaan monitor. Ons is op die oomblik in die tweede seisoen en die kenmerkende eienskappe van hierdie motvlugte kan reeds geïdentifiseer word. Hierdie inligting help die produsent om in sekere stadiums bedag te wees op die moontlike besmetting deur stronkboorder-larwes. Die belangrikste stronkboorder in Suid-Afrika is die mieliestronkboorder (Busseola fusca) wat wydverspreid voorkom. Uit vorige motvlug-moniteringsprojekte kon vasgestel word dat drie motvlugte in ons somer-produksieseisoen voorkom. Lewensiklus van Busseola fusca Die wyfiemot lê haar eiers op nag
twee tot vyf nadat sy uit die papiedop verskyn. Hierdie eiers is soms moeilik om te vind in die blaarskede van die onderste blaar (Foto 1). In nag ses sterf die wyfiemot af. Sy kan ongeveer 1 000 eiers in haar kort lewe lê. Die eiers word in pakkies van ongeveer 150 eiers gelê en broei ná sowat nege dae uit. Die klein larwes beweeg van die blaarskede na die toegerolde kelkblare van die plant. Hier voed hulle tot die derde vervelling, of instar, waarna hulle uit die plant se kelkblare beweeg. Sommige van die larwes beweeg na ander plante, terwyl die res in die plant se stam inboor. Vandaar die naam stronkboorder of stamboorder. Die larwes bly in die stam tot ná die sesde vervelling. Die larwestadiums (instar een tot ses) duur sowat 30 dae.
Hierna verander die larwes na papies. Die motte kom ná ongeveer tien tot veertien dae te voorskyn wat beteken dat die hele lewensiklus sowat 50 dae duur. Dit beteken die tweede motvlug op dieselfde aanplanting sal in Januarie tot Februarie plaasvind. Die eiers word nou in die blaarskede van die blare rondom die kop gelê, asook onder die dekblare van die kop. Wanneer die larwes uitbroei, beweeg hulle na die kop en bly daar totdat hulle die derde instar bereik het. Daarna verlaat van die larwes die kop en boor in die stamme in waar hulle hul lewensiklus voltooi. Van die larwes bly egter ook in die kop agter om hul lewensiklus hier te voltooi. Hierdie papies sal soms tussen die pitte gevind word as die dekblare van die kop verwyder word. Die derde motvlug vind dan van
Foto 1. `n Busseola fusca-eierpakkie in die blaarskede van die onderste blare Foto 2. Oorwinterende diapouse op die plant. larwe. 17
Motvlugte 2012 en 2013somerseisoen In die meegaande grafieke is `n voorbeeld van motvlugte wat in die onderskeie gebiede gemonitor word. Motvlugte kan tot drie keer per seisoen voorkom. Die kwantiteit van die vlugte kan ook verskil binne die seisoen soos 18
gesien kan word tussen die verskillende tye wanneer die vlugte piek. In die Hopetown-, Luckhoff- en Orania-omgewing was die meeste motte vroeg in die seisoen, terwyl die vlugte die Vaalharts-omgewing in Maart tot April gepiek het. Die vroeë motvlugte soos gesien word in die Hopetown-omgewing sal hoofsaaklik vroeë aanplantings beïnvloed. Die doel van die motvalle is om motvlugte te monitor en om sodo-
ende op die regte tyd insekdoders toe te dien. Bronne � Wat weet ons van die Afrika stamboorder, busseola fusca? SA Graan, Desember 2013 � Monsanto het raad teen stronkboorders. [Toegangsdatum: 10 Januarie 2014] http://www. proagri.co.za/produkte/gewasverbouing/Monsanto-het-raadteen-stronkboorders.html
Aantal motte per meetpunt
Motvlugte in die Hopetown-omgewing 500 400 300
200 100 0
Datum van motlesing Luchoff
Orania
Hopetown
Grafiek 1. Motvlugte in die Hopetown-omgewing.
Motvlugte in die Vaalharts-omgewing Aantal motte per meetpunt
Maart tot April plaas. In hierdie stadium begin die mielies al stadig ryp word en die pitte op die koppe begin verhard. Die vlug sal dus nie baie skade aanrig nie, maar het `n groot invloed op die eerste vlug van die komende produksie-seisoen. Bykans al die larwes wat uitbroei van eiers wat ná middel Februarie gelê word, sal nie hulle lewensiklus in die somer voltooi nie, maar sal oorwinterende diapouse larwes vorm (sien Foto 2). Ná die sesde vervelling klim hierdie larwes uit die plant uit en boor by die onderste internodes van die plant in. Sodra die larwe tot binne geboor het, beweeg dit tot heel onder in die plant. Hier hol die larwe vir homself `n holte uit waarin dit bly totdat die winter verby is. Op hierdie diepte is die larwe onder die grondoppervlakte en is beskerm teen die elemente – selfs teen die hitte as die land ná strooptyd gebrand word. In die komende lente sal dié diapouse larwes in papies verander en die eerste motvlug van die komende seisoen vorm. Dit is normaal dat klein gaatjies ook in die blare van Bt-mielies gevind sal word omdat die larwes moet vreet om hulleself aan die Bt-proteïen wat in die plantmateriaal teenwoordig is, bloot te stel. Nie-bewerkingslande kan `n groter teenwoordigheid verwag omdat `n groter mate van oorlewing van diapouse larwes op onbewerkte lande voorkom.
120 100 80 60 40 20 0
Datum van motlesing Val 1
Val 2
Val 3
Grafiek 1. Motvlugte in die Vaalharts-omgewing.
bertie theron
20
Besproeiing
Conrad Coetzee Besproeiingstegnikus
Spuitpakket se toestand het `n invloed op kunsmistoediening
S
pilpunte is van onskatbare waarde in die hedendaagse landbou. Die waarde van spilpunte verhoog ook soos die gereedskap in die vorm van rekenaars en sprinkeltegnologie verbeter. Deesdae kan water en chemikalieë met noukeurigheid, eenvormigheid en hoë besproeiingsdoeltreffendheid toegedien word. Die verbetering in besproeiingsdoeltreffendheid, eenvormigheid en die beheer van afloopwater illustreer groot tegnologiese vooruitgang. Hoofsaaklik word water, kunsmis, spoorelemente, insekdoder en onkruiddoder deur `n spilpunt toegedien. Wanneer dit gedoen word, is dit belangrik om die regte hoeveelhede te spuit aangesien al vyf bogenoemde elemente negatiewe gevolge het as te veel of te min toegedien word. Die negatiewe gevolge verhoog ook omdat daar tot drie keer in `n seisoen van `n sekere stof of element gespuit word. Nadele sluit in, maar is nie beperk nie, tot: � Onegalige waterverspreiding; � Finansiële gevolge; � Onderdrukking van die plant; � Swak opbrengs; � Swak ontwikkeling; � Oormaat gif kan die volgende gewas wat geplant word onderdruk (bv. atrasien kan koring na-
CU-persentasie 95 – 90 % 90 – 85 % 85 – 80 % < 80 %
Aksie Spuitpakket in baie goeie toestand – net gereelde onderhoud nodig. Geen groot verstellings is nodig nie – ondersoek en diens foutiewe spuite. Spuitpakket benodig `n deeglike ondersoek, diens en mag dalk vervang moet word. Spuitpakket benodig groot verstellings, volle onderhoud of moet vervang word.
Tabel 1. CU-persentasie delig beïnvloed as `n oormaat na mielies in die grond oorbly); � Onvoldoende onkruiddoder het tot gevolg dat onkruid die huidige gewas, en veral ook die volgende gewas, sal onderdruk; en � Swak stand. Ureum, ureum ammoniumnitraat (UAN) en ammoniumsulfaat is die drie mees algemene bronne van stikstof wat deur `n spilpunt toegedien word. Ureum bestaan uit 46% stikstof en gaan as `n voorbeeld in die artikel gebruik word. Indien `n produsent mielies en dan koring op een land in een seisoen plant, gaan hy min of meer 1 000 kg/ha ureum deur die spilpunt gee, waarvan 460 kg/ha dan stikstof sal wees. Indien 1 000 kg/ha toegedien word, sal omtrent 450 kg/ha op koring vanaf opkoms tot proteïenstadium,
en 550 kg/ha op mielies vanaf opkoms tot sagte deegstadium, toegedien word (Connie Coetzee). Die verspreidingsdoeltreffendheid en eenvormigheid van stikstof deur `n spilpunt kan nie beter wees as dieselfde stelsel se verspreiding van water nie. Die negatiewe invloed van lae verspreidingsdoeltreffendheid of eenvormigheid van `n stelsel word verhoog wanneer chemikalieë soos stikstof deur `n spilpunt toegedien word. Gedeeltes in die land wat meer of minder water kry, gaan op hulle beurt ook meer of minder stikstof ontvang. Dit sal veroorsaak dat groei van die gewas wisselvallig is, wat gaan lei tot ongelyke en swak opbrengs. Daarom is dit van uiterste belang om die spuitpakket behoorlik te kies en in stand te hou. Eenvormigheid van `n stelsel is `n maatstaf van sy vermoë om dieselfde 21
diepte van water op elke eenheidsgebied toe te pas. Die “Coefficient of Uniformity” (CU) neem in ag die groter gebied wat deur elke sprinkelaar gedek word as jy verder van die middelpunt van die spilpunt beweeg. Die CU van `n spilpunt word gemeet deur reënmeters elke 2, 5 of 10 m in `n land uit te pak en nadat die spil-punt oor die meters beweeg het, word die hoeveelheid water wat deur elke reënmeter opgevang is, aangeteken. Die inligting word dan in `n program ingevoer wat die CU as `n persentasie uitwerk, wat in Tabel 1 verduidelik word. Berekeninge Vir die doel van hierdie artikel is `n voorbeeld van `n foutiewe spuitpakket in die CU-program ingevoer. Die CU van die pakket het uitgewerk op 74%, wat soos gesien in Tabel 1 beteken die spuitpakket is in `n baie slegte toestand. In die berekeninge is 460 kg/ha as `n voorbeeld gebruik van hoeveel stikstof in `n jaar deur `n spilpunt gespuit word, mits die produsent in so `n jaar ureum op mielies en koring gebruik. Die getal is toe vermenigvuldig met die gebied wat verteenwoordig word deur elke reënmeter wat uitgepak is om die totale hoeveelheid stikstof, wat in `n jaar in dié spesifieke posisie gespuit moet word, te bereken. Tydens die toets was die spilpunt só gestel dat 12 mm water in al die reënmeters moes wees met `n CU van 100%. Dit beteken die spilpunt het presies een omwenteling in 24 uur voltooi en het `n 12 mm spuitpakket op. Die afwyking, soos gesien in die resultaat, het die swak CU van 74% tot gevolg. Die volgende berekeninge is gebruik: Indien CU 100% is, dan is: HS = A × D Waar
Reënmeter no. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31
Afstand vanaf middelpunt (m) 100 110 120 130 140 150 160 170 180 190 200 210 220 230 240 250 260 270 280 290 300 310 320 330 340 350 360 370 380 390 400
Water in reënmeter (mm) 12 6 8 10 11 12 8 12 5 5 12 12 14 16 13 13 14 19 12 15 18 16 16 20 5 12 8 9 13 15 20
Stikstof/ha (kg)
Hektaar verteenwoordig Stikstof (kg) deur reënmeter CU 74%
Stikstof (kg) CU 100%
230 307 383 422 460 307 460 192 192 460 460 537 613 498 498 537 728 460 575 690 613 613 767 192 460 307 345 498 575 767
0.66 0.72 0.79 0.85 0.91 0.97 1.04 1.10 1.16 1.22 1.29 1.35 1.41 1.48 1.54 1.60 1.66 1.73 1.79 1.85 1.92 1.98 2.04 2.10 2.17 2.23 2.29 2.36 2.42 2.48
303 332 361 390 419 448 477 506 534 563 592 621 650 679 708 737 766 794 823 852 881 910 939 968 997 1026 1054 1083 1112 1141
152 221 301 357 419 299 477 211 223 563 592 725 867 735 767 859 1212 794 1029 1278 1175 1213 1565 403 997 684 791 1174 1390 1902
Tabel 2. Resultate. HS = Hoeveelheid stikstof A = Area (ha) D = Dosis in `n seisoen (kg/ha)
toets nie. Die resultate volg in Tabel 2.
Resultate en analise Werklike stikstof wat toegedien is: Die volgende resultate is verkry deur WS = P × HS gebruik te maak van die formules en Waar waardes verduidelik hierbo. WS = Werklike stikstof Die invloed wat `n spuitpakket in `n P = Werklike hoeveelheid water opslegte toestand op die verspreidingsgevang ÷ verlangde hoeveelheid doeltreffendheid en eenvormigheid water het wanneer kunsmis deur die spilpunt toegedien word, kom duidelik Die reënmeters begin 100 m vanaf in die resultate na vore. die middelpunt omdat die binneste As in gedagte gehou word dat 460 torings nie `n baie groot gebied dek kg/ha toegedien moet word, is dit nie. kommerwekkend om te sien hoe wisVolgens die Suid-Afrikaanse Beselvallig die hoeveelheid met `n fousproeiingsinstituut (SABI) is dit dus nie tiewe spuitpakket is. noodsaaklik om die binneste 20% Hou ook in gedagte dat die 460 kg/ van `n spilpunt se effektiewe radius te ha een seisoen se stikstoftoediening
Toediening @ 460 kg/ha 900 800 Stikstof/ha (kg)
700 600 500 400 300 200 100 0 100 120 140 160 180 200 220 240 260 280 300 320 340 360 380 400 Afstand vanaf middelpunt (m)
Figuur 1. Afwyking van die dosis stikstof weens die swak toestand van die spuitpakket.
Stikstoftoediening 74% CU vs. 100% CU 2000 1800 1600 1400 1200 1000 800 600 400 200 0
Huidige CU CU 100%
100 120 140 160 180 200 220 240 260 280 300 320 340 360 380
Stikstof (kg)
is indien mielies en dan koring tydens so seisoen geplant word. Die omvang van die probleem word in Figuur 1 en Figuur 2 beklemtoon. Neem in ag die vergroting in gebied met die toename in afstand vanaf die middelpunt. Die dosis wissel van 192 kg/ha tot 767 kg/ha, wat meer as die helfte minder en amper dubbeld meer as die verlangde dosis is. In Figuur 1 kan die afwyking in stikstofdosis, wat `n foutiewe spuitpakket tot gevolg het, gesien word, wat dan op sy beurt ook `n afwyking in die hoeveelheid stikstof (Figuur 2) op `n sekere punt veroorsaak. As die invloed wat te veel of min stikstoftoediening op `n plant het en die direkte verbintenis met daling in opbrengs en graad in ag geneem word, is die verspreiding nie aanvaarbaar nie. Die wisselvallige toediening kan die afloop van water, die vervoermiddel, tot gevolg hê. Afloopwater word vererger deur `n ongelyke topografie, wat erosie in `n land kan veroorsaak. Die water sal beweeg na `n laagtepunt in die land en, afhangende van die omstandighede en grondsoort, `n versuipkol, wat die plant sal versmoor of loging, wat die water en ook stikstof verby die wortel van die plant sal forseer, veroorsaak. Onvoldoende of oormatige stikstof het `n negatiewe invloed op alle gewasse. Koring is `n gewas wat baie gevoelig vir stikstof is en dus vergroot die negatiewe invloed op die gewas. Die vermoede bestaan dat `n proteïen-opbrengsdrumpel by koring teenwoordig is, wat beteken dat die proteïenpersentasie op `n sekere vlak nog sal styg, maar nie die opbrengs nie. As die plant nie genoeg stikstof ontvang en opneem om dié stadium te bereik nie, kan `n lae opbrengs en proteïenpersentasie verwag word. As die plant egter te veel stikstof te vinnig opneem, kan dit die steel knak en die koring sal gevolglik omval.
Afstand vanaf middelpunt (m)
Figuur 2. Afwyking van die hoeveelheid stikstof weens die swak toestand van die spuitpakket. Die knak in die steel sal ook veroorsaak dat geen water en voedingstowwe tot by die aar van die koring sal kan kom nie, wat uiters belangrik in die finale stadium van koring is. Albei gevalle het `n swakker opbrengs en `n laer graad van die koring tot gevolg, wat groot direkte en indirekte finansiële implikasies het. In Tabel 3 kan die persentasie gebied en die dosis wat in die gebied toegedien is gesien word. Die effektiewe radius wat in die
berekeninge gebruik word, is 400 m wat beteken die land is 50,24 ha groot. Soos vroeër genoem, is die eerste 100 m nie in ag geneem nie, wat beteken die gebied van belang is 47,10 ha. In Tabel 3 kan gesien word dat net 14,57 ha in die regte dosisreeks val en dus die regte hoeveelheid stikstof ontvang het. Dit is reeds slegs 30,9%, wat nog beïnvloed kan word deur afloopwater van omliggende areas wat te veel water ontvang.
Satellietbeelde Satellietbeelde word deesdae baie doeltreffend gebruik om boerdery op verskeie maniere te bevorder. `n Voorbeeld hiervan kan gesien word in die onderstaande beelde wat die teenwoordigheid van kunsmis, onder andere stikstof, in die plante uitwys. Stikstofopname hou direk verband met die chlorofil-inhoud van die plant, wat `n groener blaar tot gevolg het. Satellietbeelde verskaf `n relatiewe meting van chlorofil-aktiwiteit. Verskillende kleurskakerings word vir verskillende doelwitte gebruik. Let op na die kleurriglyn hieronder; byvoorbeeld pienk is goed en bruin is swak, met donkergroen as gemiddelde. Die verskil in kleur kan op satellietBeeld 1. `n Goeie stikstofverspreiding. beelde gesien word en `n ingeligte opsomming kan gemaak word. In Beeld 1 kan `n goeie verspreiding gesien word, wat beteken die plante het ewe veel stikstof opgeneem. Beeld 2 is `n voorbeeld van `n slegte verspreiding. `n Slegte verspreiding kan weens verskeie redes voorkom. Soos gesien kan word, is die afwyking in eweredigheid sirkelvormig, wat kenmerkend van `n spuitpakketprobleem is. Die verspreiding is so wisselvallig dat al die kleure op die skaal verteenwoordig word, wat die bevindinge in die verslag ondersteun. Samevatting Die spuitpakket wat gebruik is in die voorbeeld, is in `n baie slegte toestand en dus is die resultate kommerwekkend. `n Erg foutiewe spuitpakket is as `n voorbeeld gebruik om van die ergste moontlike situasies wat verwag kan word, uit te wys. Dit is egter nie `n onrealistiese skets nie, want daar is spuitpakkette in die GWK-bedieningsgebied wat in dieselfde toestand, en selfs erger, as in die voorbeeld is. `n Pakket met `n CU van tussen 85 â&#x20AC;&#x201C; 80% is ook nie te ver van 24
Beeld 2. Swak verspreiding weens spuitpakketprobleme. die resultaat af nie en sal ook `n dramatiese invloed op sproeibemesting hĂŞ.
Spuitpakkette in diĂŠ toestand is volop en produsente besef nie die omvang van die saak nie.
Dié artikel fokus slegs op kunsmis wat deur `n spilpunt gegee word. Water, spoorelemente, insekdoder en onkruiddoder moet egter nie geïgnoreer word nie, aangesien elke stof of element sy eie nadele tot gevolg het. Die onmiddellike gevolge van stikstoftoediening deur `n foutiewe spuitpakket is groter as byvoorbeeld water s’n, maar vanweë die frekwensie waarteen water toegedien word, het die nadele `n groterwordende invloed. Dit is noodsaaklik dat spuitpakkette onderhou word en toetse gedoen word om bewus te wees van probleme en om vas te stel in watter toestand die pakket is. As `n pakket se lewensverwagting verby is en die toestand van so aard is dat die pakket ondoeltreffend werk, is daar talle voordelige redes om dit te vervang, afhangende van `n klomp faktore soos bestuur, situasie en die toestand van die pakket. As die som egter gemaak word van
Stikstof (kg/ha)
Aantal hektaar
Persentasie van land
<200
4.36
9.3
200-300
0.66
1.4
300-400
7.00
14.8
400-500
14.57
30.9
500-600
7.16
15.3
>600
13.35
28.3
Tabel 3. Die aantal hektaar wat verskillende dosisse stikstof ontvang het. ter/sites/default/files/images/ Evaluating_CPUniformity.pdf � http://www.senwes.co.za/Files/ main_Scenario/tydskrif/senwester_tydskrif_2009-04.pdf Bronne � http://www1.agric.gov.ab. � http://na.nelsonirrigation.com/ ca/$department/deptdocs.nsf/all/ newsletters/Pivot_pocketguide.pdf crop1273 � http://www.egr.msu.edu/bae/wadie aanwins net in graad en opbrengs, kan `n nuwe spuitpakket in een seisoen afbetaal word.
Om seker te maak dat jy oor die weg kom, al word jy beseer en kan nie werk nie, is makliker as wat jy dink. Met ’n Persoonlike Dekkingspolis van Sanlam kan jy seker maak dat jy al die geldelike ondersteuning het wat jy nodig het as jy nie meer kan werk as gevolg van siekte of besering nie. Neem die eerste stap na ’n sekere toekoms – maak nie saak wat gebeur nie. As ’n ervare finansiële adviseur kan ek jou help om gemoedsrus te kry.
Begin deur ons te skakel.
Sanlam CI1002RS1609BPA
Maryke van Niekerk Finansiële Adviseur 053 830 1306 079 529 5658 maryke@sanlam4u.co.za
www.sanlam.co.za
GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE
Hennie Faber
Anelle Bester
Frans Fouche
Finansiële Adviseur 053 298 2017 082 922 6676 henniefaber@sanlam4u.co.za
Finansiële Adviseur 053 573 0011 072 551 7196 anelleb@sanlam4u.co.za
Finansiële Adviseur 053 861 1053 082 456 0472 fransfouche@sanlam4u.co.za
depositphotos
Versekering
Willem Kruger Finansiële Adviseur
Koop nou jou kaartjie na finansiële onafhanklikheid
A
s ons `n agste wonder vir die wêreld moes aanwys, sou ons die vergelyking vir saamgestelde rente benoem: Jou n geld x (1 + i) . As jy nie `n wiskundige noedel is nie, moenie kwel nie. Ons sal dit vir jou ontsyfer. Albert Einstein (of Yogi Berra?) het hierdie bedrieglik eenvoudige formule die “grootste wiskundige ontdekking van alle tye” genoem. 26
Ons noem dit jou kaartjie na finansiële onafhanklikheid. Dis reg, slegs drie doodeenvoudige insette kan jou lewe verander: Die bedrag geld wat jy belê, die rentekoers wat jy kry, en hoeveel tyd jy het om jou geld te laat groei. Haat jy wiskunde, maar hou van geld? Lees dan verder . . . Aangesien woorde nie die toorkrag van saamgestelde rente behoorlik
kan beskryf nie, kom ons probeer `n paar visuele beelde. Uit Tabel 1 kan ons sien hoe `n enkelbedragbelegging van R1 200 mettertyd groei, uiteengesit in vier spaar-scenario's. Dit is duidelik dat deur `n eenvoudige enkelbedraggie te bêre, R1 200 in meer as R400 000 oor 40 jaar kan verander. Nie alleen het jy rente verdien nie, maar jy het rente op jou rente ver-
dien. Al wat jy moes doen, was om `n deeltjie van jou eerste salaristjek te belê. Gedane sake. Laat ons eerlik wees: R400 000 (amper `n halfmiljoen) is nie meer wat dit `n paar jaar gelede was nie. Kom ons maak dus `n klein hersiening en belê R1 200 elke jaar. Wanneer saamgestelde rente in `n matig-gekaffeïeneerde staat beskou word, sien ons `n baie meer interessante tabel as die vorige een (Tabel 2). Sien? Dis moontlik om meer as `n miljoen bymekaar te maak met `n skamele R100 per maand. Of hou by die R1 200 jaarlikse bydrae, maar verbeter jou beleggingsvaardighede (ons sal jou wys hoe om dit te doen). Die beste gedeelte van saamgestelde rente is dat dieselfde vir elke persoon geld; of jy nou R20, of R200 000 het om te belê. Gaan voort om met die saamgestelde renteberekeninge te speel. As jy nie glo dat jy `n miljoenêr kan word met die hulpbronne wat jy op die oomblik het nie, hou aan lees. Die verbysterende storie van die Mississippi wasvrou – Oseola McCarty is in 1908 in Mississippi gebore. Sy het byna 75 jaar in dieselfde eenvoudige huis gebly, ander mense se klere gewas vir `n inkomste en haar geld in spaarrekeninge by plaaslike banke gehou. In 1995 het Oseola plaaslike en nasionale hoofopskrifte gehaal toe sy $150 000 vir `n studiebeurs aan die Universiteit van Southern Mississippi geskenk het. “Ek het gedink die geld sal baie meer vir `n student beteken as vir my,” het sy gesê. Dit het geblyk dat hierdie wasvrou daarin geslaag het om amper `n kwartmiljoen dollar in haar leeftyd bymekaar te maak. Tyd – `n sleutelgedeelte in die saamgestelde vergelyking – het gehelp om haar klein belegginkies in honderde duisende dollars te verander. Ons hou meer van die volgende einde: So ongelooflik as wat die Oseola McCarty-storie mag wees, sou die
Aanvanklike belegging 5 Jaar 10 Jaar 15 Jaar 25 Jaar 30 Jaar 35 Jaar 40 Jaar
Spaarrekening GeldmarkVaste Aandelemark (2%) rekening (5%) deposito (6%) (16%*) R1 200 R1 200 R1 200 R1 200 R1 325 R1 463 R1 615 R1 969 R2 174 R2 400 R2 650
R1 532 R1 955 R2 495 R4 064 R5 186 R6 619 R8 448
R1 606 R2 149 R2 876 R5 150 R6,892 R9 223 R12 343
R2 520 R5 294 R11 119 R49 049 R103 020 R216 377 R454 465
Tabel 1. Hoe `n enkelbedrag van R1 200 groei. *Gebaseer op die JSE-aandelemark se historiese gemiddelde opbrengs die afgelope 20 jaar.
Aanvanklike belegging 5 Jaar 10 Jaar 15 Jaar 25 Jaar 30 Jaar 35 Jaar 40 Jaar
Spaarrekening GeldmarkVaste (2%) rekening (5%) deposito (6%) R1 200 R1 200 R1 200
Aandelemark (16%) R1 200
R6 370 R13 402 R21 167 R39 205 R49 655 R61 193 R79 932
R12 093 R34 973 R83 029 R395 955 R841 214 R1 776 409 R3 740 639
R6 962 R15 848 R27 189 R60 136 R83 713 R113 804 R152 208
R7 170 R16 766 R29 607 R69 788 R100 562 R141 745 R196 857
Tabel 2. einde `n lokettreffer kon wees. Ná haar dood in 1999, het een van haar bankiers geskryf: “Tyd was in staat om selfs die kleinste van haar vroeë beleggings in honderde duisende dollars te verander. As ons vroeër aandele aan haar kon bekendstel, sou sy miljoene in plaas van duisende nagelaat het.” Onthou, die bedrag wat jy spaar en jou tydshorison (hoe lank jy het totdat jy die geld wat jy belê het nodig het) is slegs twee derdes van die saamgestelde rente-vergelyking. Oseola het in albei uitgeblink. Sy het egter `n prys betaal vir die feit dat sy die opbrengs (rentekoers) op haar beleggings geïgnoreer het. Tipies sal die hoër blootstelling aan die aandelemark `n hoër potensiële opbrengs hê, maar risiko is `n sesletter-woord vir baie mense. Hulle is met minder (laer opbrengste) tevrede om risiko te vermy.
Dis `n slegte idee. Om al jou spaargeld in `n geldmarkrekening te stop, of selfs vas te klou aan “veiliger” beleggings soos staatseffekte, is selfs meer rampspoedig. Dis nie slegs die feit dat hulle minder rente betaal nie. Dit beteken dat hulle skaars tred hou met die inflasiekoers, en dat jou swaarverdiende rand (vir aftrede) nie so lank gaan hou as wat jy dink nie. Ons glo die beste plek vir jou langtermyn-spaargeldjie is die aandelemark (nie noodwendig suiwer aandele nie!). Jou goue kaartjie tot finansiële onafhanklikheid Finansiële onafhanklikheid is slegs drie veranderlikes weg. Begin dus nou spaar (soveel as wat jy kan) en belê dit goed. Hoe gouer jy die wonder van saamgestelde rente vir jou laat begin werk, hou vinniger sal jy jou finansiële drome realiseer. 27
Mnre. Frank Lawrence (Voorsitter: GWK-direksie), Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel), Kallie Romburgh en Kobus Wessels van Afrivet (GWK se verskaffer van die jaar vir 2013), Johan du Plessis (Uitvoerende Bestuurder: Kleinhandel) en Johann Klopper (Finansiële Direkteur). Foto’s: ZoomInk
Kleinhandel Carien Grobler
GWK vereer topverskaffers
G
WK se verskaffer van die jaar vir 2013 is onlangs tydens `n glansgeleentheid op die Magersfontein Gholflandgoed aangewys. Afrivet het tydens dié geleentheid met die louere weggestap, terwyl die tweede en derde plekke onderskeidelik aan Valley Irrigation en Agriwire toegeken is. Mnr. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel) het GWK se topverskaffers bedank wat almal vir die geleentheid bymekaar was. Hy het genoem dat dié verskaffers so-
wat 50% van die produkomsette in GWK Handel verteenwoordig. Volgens Du Plessis vind vinnige groei in hierdie stadium binne GWK plaas. Hy het spesifiek verwys na die uitbreidings wat op die oomblik binne die Handelsdivisie aan die gang is (sien hoofartikel). Mnr. Frank Lawrence (Voorsitter: GWK-direksie) het gesê dat nie net verandering in die sake-omgewing meer belangrik is nie, maar ook wel die pas van verandering. “Verandering vind al hoe vinniger plaas en so ook ons klante. Die
mag in die bedryf het na die verbruiker verskuif en ons moet na hulle kyk en hulle ken.” Volgens Lawrence pak GWK die vinnig veranderende omstandighede aan deur die verbruiker te verstaan, waarde toe te voeg, `n organisasie met kennis te bou, gehalte-personeel aan te stel, te verseker dat die bestuurspan cutting edge is en die reëls van die spel te verstaan. “Laaste, maar nie die minste nie, is die verhouding met die verskaffers wat altyd in plek moet wees en gehandhaaf moet word”.
Mnre. Gert van der Werff van Valley Irrigation aan wie die tweede plek toegeken is, Kallie Romburgh van Afrivet en Theuns Naude van Agriwire aan wie die derde plek toegeken is, met hul sertifikate.
Mnre. Johann Klopper (FinansiĂŤle Direkteur, derde van links) en Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel, derde van regs) saam met Die Heuwels Fantasties. Fotoâ&#x20AC;&#x2122;s: ZoomInk
Izelke van Zyl was deel van die voorprogram vir Die Heuwels Fantasties. 30
Ekspo’s Carien Grobler
Rietrivier Landbou Ekspo bied iets vir elke besoeker
D
ie Rietrivier Landbou Ekspo in samewerking met GWK het vanjaar oudergewoonte `n verskeidenheid van bedrywighede aan besoekers gebied. Die ekspo het Vrydag met `n praatjie oor energiebesparing afgeskop en besoekers kon ook die stalletjies op die terrein besigtig.
`n Wildsveiling is in samewerking met die Hoërskool Landboudal aangebied. Vrydagaand kon besoekers uitsien na vermaak deur Oros in `n lang glas en ander kunstenaars, waarna die Heuwels Fantasties opgetree het. Die Saterdagoggend is vroeg begin met `n manne-ontbyt waartydens pastoor Flip Kühn van die Bikers
Church op Kimberley die manne geïnspireer het. Die mans het hierna vertrek om `n potjie gholf te speel, terwyl die dames aangesit het vir “high tea” waartydens hulle `n kook- en `n sjokolade en wyn paring-demonstrasie geniet het. Tydens ligte vermaak in die tent is `n potjiekoskompetisie aangebied waarna die ekspo met `n dans afgesluit is.
Oros in `n lang glas.
// bl. 32 31
GWK Meganisasie het `n indrukwekkende uitstalling van John Deere-toerusting tydens die ekspo gehad.
Die personeel van GWK Graan by hul stalletjie tydens die ekspo.
Fotoâ&#x20AC;&#x2122;s: Tania Fourie
Motorfietsryers by die manne-ontbyt waartydens pastoor Flip Kühn van die Bikers Church in Kimberley opgetree het. // bl. 34
innoveer finansiële boerderybeplanning
www.gwk.co.za Kontak 053 298 8298 Finansiële Landbou Adviesdienste
Heel bo en bo: Die â&#x20AC;&#x153;high teaâ&#x20AC;? waartydens die dames `n kook- en `n sjokolade en wyn paring-demonstrasie geniet het.
Barkley Wes - 053 531 0631
Hopetown - 053 203 0865
Modderrivier - 053 581 0037
Douglas - 053 298 8200
Kimberley - 053 831 2740
Niekerkshoop - 053 354 0910
Griekwastad - 053 343 0029
Luckhoff - 053 206 0071
Prieska - 053 353 1151
Hartsvallei - 053 401 0556
Marydale - 054 871 0027
Beskikbaar by GWK-handelstakke
innoveer landbou
www.gwk.co.za
GWK Nuus PRODUSENT WEN BOOTREIS IN ENGEN-PROMOSIE
E
ngen bied jaarliks `n nasionale promosie in samewerking met GWK en ander landboubesighede oor die land heen aan. Die promosie vind jaarliks van Oktober tot Desember plaas. As `n produsent in hierdie tydperk meer as 200 l olie aankoop, kwalifiseer hy outomaties vir die trekking in Januarie van die volgende jaar. Mnr. Paul de Villiers van Douglas, GWK se wenner vir die promosie van 2013, het `n bootreis vir hom en sy vrou van Durban na Kaapstad losgeslaan. Engen behartig al die logistiek om die wenner na en van die boot tot by die huis te bring.
Mnr. Paul de Villiers en sy vrou, Louise, sal eersdaags saam met die res van Engen se promosie-wenners van oor Suid-Afrika heen op `n bootreis vertrek.
DROOGTEHULP KOM UIT WES-KAAP AAN Die eerste veevoer wat Wes-Kaapse produsente aan landbouers in die droogtegeteisterde Noord-Kaap geskenk het, het middel Februarie van Murraysburg in die Noord-Kaap aangekom. Die tweede en veel groter besending vanaf Kaapstad het op 3 Maart per trein in die Noord-Kaap aangekom. Die voerskenkings sal opgevolg word met nog skenkings wat per spoor vervoer gaan word. Die voer word by depots in Modderrivier (naby Kimberley) en Upington afgelewer. GWK ondersteun die projek deur die ontvangs en verspreiding van die veevoer te behartig. Treintrokke word deur GWK op Modderrivier afgelaai, vanwaar FloTank (`n filiaal van GWK) die voer na punte in die Noord-Kaap sal vervoer wat swaar onder die droogte gebuk gaan. Foto: ZoomInk
Ons vervaardig die volgende produkte in Douglas en doen installasie en aflewering landwyd: • Damvoerings vir Sinkdamme, Sementdamme en Maasdraaddamme • Vragmotorseile • Swembadseile
Vir meer inligting kontak ons by: 071 611 7485
Pret op die plaas Vir die jongspan
Skommel die letters en kyk wat sĂŞ hierdie diere . . .
------------
--------
prdesovkinbl
--------
lubteots
--------------
paasklwo 38
redneohbuojdei
depositphotos
Leefstyl
Carien Grobler
Die koningin van drama . . . Die term “drama-koningin” verwys na iemand wat kleinighede op `n toneelagtige manier in `n drama omskep. Só iemand maak van elke geleentheid, hoe onbenullig ook al, `n gebeurtenis wat krisis-afmetings aanneem. `n Drama-koningin doen dit om aandag te kry of omdat sy glo haar lewe is nie interessant genoeg sodat ander mense haar sal aanvaar nie. 40
M
betrokke was, het ek aanvanklik gey vrou is die koningin van dink daar is waarskynlik net `n klein drama! Sy is mal daaroor stampie aan haar motor, maar dat om alledaagse dinge in sy dit vergroot. Ek het gesê dat sy die motor moet laat insleep en eers stories te omskep en vergroot alles. Só vertel Johan, `n rekenmeester van klaargemaak by die werk. Toe ek Kimberley. gaan ondersoek instel, is sy werk“Daar is geen middeweg nie – alles lik met beserings in die hospitaal opis ongelooflik wonderlik of buitenge- geneem. Ek het baie skuldig gevoel, woon sleg. Ek weet nie meer wanmaar haar gedrag het veroorsaak dat neer om haar ernstig op te neem nie. ek alles wat sy sê met `n knippie sout Sy vertel soveel stories dat ek nie weet neem.” wanneer sy werklik in die nood is nie. Hy vertel dat hy al dikwels sy vrou oor haar dramatiese gedrag gekonToe sy onlangs in `n motorongeluk
fronteer het. “Sy erken dat sy nie altyd kortisol en adrenalien afgeskei word. die waarheid praat nie. Sy glo egter Dít veroorsaak dat `n mens se hartdat sy vaal en vervelig sal wees as sy spoed verhoog en het `n negatiewe nie die waarheid effens inkleur nie.” invloed op die spysvertering. Iemand wat gereeld uitbarstings beleef, se ligIs jy te dramaties? gaam word voortdurend aan hierdie `n Drama-koningin veroorsaak vir stressimptome onderwerp. haarself spanning omdat sy voel dat `n Drama-koningin is ook geneig sy voortdurend uit gewone situasies om mense kwaad te maak of te verdrama moet skep. oorsaak dat mense geheel en al van Dit veroorsaak ook spanning in haar haar onttrek. verhoudings, aangesien dit moeilik is Wanneer sy dan `n uitbarsting het, om só iemand te vertrou. sal sy konflik veroorsaak of vind dat Beantwoord die volgende vrae om te mense hulle glad nie aan haar steur bepaal of jy `n drama-koningin is: nie. Hoewel dit haar tydelik laat beter 1. Het jy gereeld emosionele uitvoel om tydens `n uitbarsting alle oë barstings? op haar te hê en van haar emosies 2. Verwag jy dat mense onmiddellik ontslae te raak, doen dit onherroepmoet reageer wanneer jy `n uitlike skade aan haar verhoudings met barsting het? ander mense. 3. Sukkel jy om iets oor te vertel Die rede hiervoor is dat dramatiese sonder om die waarheid effens in uitbarstings uitputtend is – vir die drate kleur? ma-koningin sowel al die mense wat 4. Beskryf jy alles wat met jou gedaaraan onderwerp word. beur as die ergste wat enigie`n Drama-koningin is dikwels emomand al ooit beleef het? sioneel van aard, maar navorsing 5. Is dit vir jou belangrik om die wys dat die omgewing waarin `n kind middelpunt van belangstelling te grootword, `n invloed kan hê op die wees? manier waarop hy sy behoeftes uit6. Voel jy onseker wanneer mense druk. Kinders wie se ouers te ingestel nie aan jou lippe hang nie? is op hul eie emosies en dié van hul 7. Floreer jy op krisissituasies omdat kinders afskeep, is meer geneig om jy nie kan wag om die gebeure onseker te voel. oor te vertel nie? Hierdie kinders gee dikwels uitdruk8. Geniet jy dit om “opvoerings” te king aan hul behoeftes deur `n gehou oor dinge wat met jou geraas te maak om sodoende die aanbeur? dag op hulle te vestig. Dit gebeur uit 9. Rol mense dikwels hul oë wanvrees dat hul behoeftes nie aangeneer hulle na jou vertellings luis- spreek sal word as hulle nie `n later? waai maak nie. Verder is die vroulike 10. Vind jy ooit dat mense sukkel om geslag meer geneig tot dramatiese jou te glo wanneer jy werklik `n gedrag, hoewel dit ook onder mans krisis beleef? voorkom. Die rede hiervoor is dat seuns in die algemeen grootgemaak Jy boet vir jou drama word om nie op `n dramatiese wyse Kenners meen dat `n drama-konin- aan hul gevoelens uiting te gee nie. gin op verskeie vlakke vir haar gedrag boet. Ruk haar in die bek Hoewel só iemand dit mag geniet Wanneer die drama-koningin in jou om `n bohaai van niks te maak, kan só gereeld na vore kom dat dit vir dit haar gesondheid negatief beïnjouself en die mense om jou spanvloed. Die liggaam ervaar stres ning veroorsaak, is dit tyd om haar in tydens uitbarstings wat veroorsaak dat die bek te ruk.
Hier is vyf maniere waarop jy dit kan doen: Leef bewustelik. Wees bewus van die sensasie wat jy ervaar wanneer jy jouself tot `n dramatiese uitbarsting opwerk. Neem dan `n paar oomblikke om jou perspektief te herwin. Ken jou snellers. Identifiseer situasies wat sterk emosie in jou ontlok. Wanneer jy bewus is dat `n situasie moontlik `n dramatiese vertoning tot gevolg mag hê, kan jy deurentyd daarop fokus om jou perspektief te behou. Monitor jou gedagtes. Wees bewus van dramatiese gedagtes. Drama-koninginne dramatiseer dikwels eers `n storie in hul gedagtes voordat hulle dit oorvertel. As jy in jou gedagtes stertjies by die waarheid voeg en visualiseer hoe almal aan jou lippe gaan hang wanneer jy dit oorvertel, sit dit onmiddellik stop deur op iets anders te fokus. Ken jou motivering. Vra jouself af wat jy met jou dramatiese vertellings en uitbarstings wil bereik: � Glo jy dat jy so oninteressant is dat ander mense jou nie sal raaksien as jy nie alles dramatiseer nie? � Voel jy meer seker van jouself wanneer jy die middelpunt van belangstelling is? Wanneer jy besef dat die rede vir jou optrede dieperliggend is, kan jy dit aanspreek. Kyk van buite na jouself. Wanneer jy `n storie wil vertel, vra jouself af of jy dit sou glo as iemand anders dit vir jou sou vertel. Om `n rukkie lank die middelpunt van belangstelling te wees, is nie jou geloofwaardigheid werd nie. Vertel eerder die waarheid, hoe saai dit ook al mag klink. Dit sal meebring dat ander mense jou as geloofwaardig beskou. 41
Gesondheid Carien Grobler
Leef gesond vir jou hart se part! Vroue glo dikwels dat slegs mans deur hartsiektes geraak word. Die waarheid is egter dat vroue net so kwesbaar is. Statistieke wys dat hartsiektes die grootste hoeveelheid sterftes veroorsaak in vroue van 35 jaar en ouer. Selfs al toon `n vrou geen simptome nie, spring sy steeds nie die risiko van hartsiektes vry nie. Tot soveel as twee-derdes van vroue wat skielik aan hartsiektes omkom, het geen simptome getoon nie. Die goeie nuus is dat vroue hulself teen hartsiektes kan beskerm. `n Voorkomingsbenadering wat leefstylveranderinge insluit, mag die risiko verminder.
Stop die gestook! Rook is een van die grootste risikofaktore wat hartsiektes aanbetref. Tabak kan die hart en bloedvate beskadig en veroorsaak dat are vernou (arterosklerose). Hierdie toestand kan uiteindelik tot `n hartaanval lei. Geen hoeveelheid rook is veilig wanneer dit by hartsake kom nie – nie eens tweedehandse rook nie.
Slaap op `n skedule . . . `n Gebrek aan slaap veroorsaak nie net dat `n mens by die werk sit en gaap nie, maar kan ook jou gesondheid benadeel. Mense wat nie genoeg slaap nie, het `n groter risiko vir oorgewig, hoë bloeddruk, hartaanval, diabetes en depressie. Die meeste volwassenes het sewe tot nege ure slaap per nag nodig. As `n mens sonder `n wekker wakker word en verfris voel, kry jy genoeg slaap. Maak slaap `n prioriteit en hou daagliks by dieselfde tye vir gaan slaap en opstaan.
Op, af, op, af . . . oefen! Daaglikse oefening kan die risiko van noodlottige hartsiektes merkwaardig verminder. Wanneer `n mens oefening met ander aanpassings aan jou lewenstyl kombineer, kan dit help om `n gesonde liggaamsgewig te handhaaf. Dít verlaag die risiko dat `n mens ander probleme ontwikkel wat stremming op die hart plaas, soos hoë bloeddruk, hoë cholesterol en diabetes. Oefening verlaag ook `n mens se stresvlakke, wat `n faktor in hartsiektes mag wees.
zz
42
zz
z
Meet jou middel . . . Die risiko vir hartsiektes verhoog wanneer `n mens oorgewig is, veral wanneer jy ekstra gewig om jou middel ronddra. Een manier om te bepaal of `n mens oorgewig is, is om jou liggaamsgewigindeks (BMI) te bepaal. Hierdie metode neem `n mens se gewig en lengte in ag om te bepaal of die persentasie liggaamsvet in jou liggaam gesond is. `n BMI van 25 en hoër word verbind met hoër bloeddruk en `n verhoogde risiko vir hartsiektes en beroerte. Die omtrek van `n mens se middel is ook `n aanduiding van die hoeveelheid vet wat om jou middel sit. Mans word as oorgewig beskou as die omtrek van hul middel groter as 102 cm is en vroue 89 cm. Selfs `n gewigsverlies van 5-10% kan voordelig wees en help om `n mens se bloeddruk en cholesterol te verlaag.
Resep
Crème brûlée met karamel Resep 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel 500 ml room 6 eiergele 100 g strooisuiker ekstra strooisuiker vir bo-laag
Metode � Verhit die oond tot 140°C. � Sny die vanieljepeul met `n skerp mes in die lengte deur. Skraap die binnekant van die peul aan albei kante. � Bring die room, vanielje en die peule tot kookpunt. � Klits die eiergele en suiker saam in `n mediumgrootte mengbak. � Verwyder die peule uit die room en gooi weg. � Voeg die warm room by die eiergele terwyl dit stadig geklits word. � Plaas `n oondvaste bak of vier tot ses kleiner bakkies in `n oondpan. Gooi die eiermengsel deur `n sif in die bak in. � Vul die oondpan met warm water. � Plaas in die warm oond vir 45 tot 60 minute of totdat die mengsel `n jellieagtige tekstuur het wanneer liggies teen die bak gestamp word. � Plaas in yskas tot yskoud. � Strooi `n dun lagie strooisuiker oor die koue crème brûlée en gebruik ’n blaasvlam om die suiker te karamelliseer. Dit kan ook onder die oond se rooster geplaas word. � Sit dadelik voor. 43
Agterblad
Uit Piet se pen . . .
Elvis wil weer rol . . .
D
ie watermasjien stoot op. As jy nie verstaan wat dit beteken nie, wees baie bly. `n Plaas se toilet vang jou altyd op die onmoontlikste tyd. Ek het my verstand met `n long drop gekry (darem nie op hom nie!) Die kleinhuisie naby aan die huis. Ek kan gelukkig nie veel onthou nie, behalwe dat die driesel-flits altyd voor die bed gestaan het vir `n moontlike nagwandeling. In die toilet was `n kers en `n dosie vuurhoutjies. Agter die deur het `n uitbeelding van die breë en die smal weg gehang. Dít is omtrent die somtotaal van my onthou. Teen skool toe gaan het ons darem al `n spoeltoilet gehad. Pa was baie kwaai oor hierdie watermasjien. Daar was besliste reëls rondom die addisionele bykomstighede wat daarin afgespoel kon word. Ek sou baie later uitvind waaroor die bohaai gegaan het. Pa was veral knorrig wanneer die familie kom kuier het. Minstens eenkeer per kuier het die toilet verstop. Sy skoonma was altyd verdagte nommer een. Ons kinders het wye draaie om Pa geloop as hy die watermasjien gemechanic het. Self op die plaas, het ek gou uitgevind hier moet jy alles kan doen. Ja, jy moet self daai toiletpyp oopmaak. Hier is nie loodgieters naby nie. Die baas van die plaas spring self in en doen die nodige. Hoewel ek later die dreinstelsel gemoderniseer het, kon ek nooit die ontydige verstoppings keer nie. Vir `n ervare toilet-mechanic is daar altyd `n paar vroeë waarskuwings. 44
`n Paar dae voordat die toilet heeltemal verstop, begin die water effe opstoot. Die eerste teken van onrus. Tyd om jou sielkundig voor te berei. Verlede week merk ek die eerste tekens. Hoewel ek dit probeer ignoreer, kom die werklikheid dag vir dag nader. Saterdagoggend vroeg kom Sonja met die finale boodskap. Alles loop oor en stoot terug. Onmiddellik kwaad. Weet presies wat wag. Saterdagoggend wil ek nie met `n toilet sukkel nie. Ek het egter nie veel van `n keuse nie. Ek begin deur die tuinslang in die drein af te druk. Die meeste van die tyd werk dit en oop is die pyp. My eerste probeerslag vanoggend is onsuksesvol. Ek kry die pyp net `n kort entjie in. `n Slegte teken vir `n ervare man. Ek probeer weer en weer, maar die tuinslang beweeg nie veel nie. Sonja staan by om raad te gee (seker skuldig). Maak so en maak so. Moet jy nie liewer dit probeer nie. Wat van as jy nou so maak. Ek hoor, maar ek hoor nie. Haar hoofaanbeveling bly `n draad. Sy sal dit self gaan haal. “Gaan haal dan nou die draad wat jy so graag hier wil insteek asseblief,” sê ek later. Moedeloos gesukkel. Sonja en Elvis (ons hond) het intussen `n draad gaan haal. Waar hulle aan die draad gekom het, sal net hulle weet. Nie eens `n meter lank nie. Amper soos om `n strooitjie in `n 200 l-drom te steek. Ek sê liewer niks. Die brandpomp is volgende. Ook een van my liewe vrou se aanbevelings. Miskien kan ek tog die verstopping vorentoe uitpomp. Ek koppel
sommer die brandslang aan die pyp wat reeds in die drein is. Skaars gestart of die hele pyp se inhoud word in `n boog in ons rigting teruggeblaas. `n Modderstorting op sy beste. Teen die tyd wat ek die masjien afgeskakel het, is die hele wêreld onder klei. Wat `n gemors! Nou moet ons bontstaan om Elvis uit die klei te hou. Hy wil so graag daar rol. Alles is besmeer. My raadgewer is skielik nêrens te sien nie. Nee, so kan dit nie aangaan nie. Ek besluit om self `n draad te gaan haal. Soos vermoed steek die draad maklik deur die prop in die pyp, maar is dit nie dik genoeg om dit vorentoe te skuif nie. Dus gebeur niks. Die pyp bly toe. Ek maak `n haak aan die punt en probeer die gemors wat die verstopping veroorsaak, uithaak. Dit werk nogal. My reuksin is teen hierdie tyd gelukkig lankal verlore. Nou kyk ek noord en soek die skuldige. Kaalhand. Die handskoene wat Sonja gebring het lankal weggesmyt. Die inhoud aan die punt van die draad gee my `n goeie aanduiding wat die verstopping kon veroorsaak. My raadgewer bly op `n afstand. Ek wink haar nader en sê ek vermoed iemand het `n bol wol in die toilet afgespoel. Sy stry vir vrek. Sy kan rekenskap gee van elke bol wol in die huis. Selfs bereid om die fakture en al haar breiwerk te gaan haal. Dit móét iets anders wees. Stadig maar seker maak ek vordering. Kort voor die rugby begin, maak die pyp `n paar onaardse borrels. Oop is hy. `n Saligheid oorval my. Elvis wend `n laaste poging aan om in die klei te kom rol . . .
GWK Graanfasiliteite . . . innoverende berging GWK Graanfasiliteite is `n markleier in die grootmaat gradering, hantering en berging van verskillende graanprodukte by moderne fasiliteite in die hele GWK-bedieningsgebied. Die besigheid het graandepots op Douglas, Prieska, Hopetown, Barkly-Wes, Jan Kempdorp, Luckhoff, Marydale, Modderrivier en Rietrivier en is gerat vir die hantering en berging van honderdduisende ton graan elke seisoen.
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
GWK Versekering . . .
Gemoedsrus oor jou bates Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773
• Maakpas-oplossings vir bateversekering. • Kortingterugbetalings ondanks aandeelhouer se eisegeskiedenis. • Bekostigbare oplossings teen wild- en kudde-risiko.
Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 Hopetown Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474
GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za