Kommuniek Mei 2014

Page 1

Mei 2014

`n handelsmerk van

GWK voeg waarde toe met pekanneut-aanleg op Douglas root g n We e in s y r p nuwe s n o e etisi p m o k

SAB Maltings vereer garsprodusente op glansgeleentheid

Australiese grondboonteler besoek GWK oor proewe in NK en VS

GWK Presisieboerdery steek kers op oor praktyke in AustraliĂŤ


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936


Inhoud

2 Redaksioneel Die hitte maak plek vir die koue . . . 3 Geestelike akker Volg Hom . . . ook in die mis

24 Presisieboerdery Landboukundiges lig beste praktyke van topprodusente uit. 10 Pekanneut-aanleg.

28 Saad Grondboonteler besoek GWK.

4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE 10 Aktueel GWK voeg waarde toe met pekanneutaanleg op Douglas. 12 Aktueel Top garsprodusente vereer. 14 Wat aandeelhouers moet weet Dís nuus in die GWK-groep. 16 Graan Gars as ware mededinger in die wintergraanmark gevestig. 18 Presisieboerdery Kosbare kennis ingewin op presisietoer na Australië.

32 GWK NUUS - Gholfdag `n hoogtepunt op die sportkalender. 36 KOMPETISIE - Like en share ons Facebook-blad en wen groot pryse!

12 Top-produsente vereer.

38 Vir die jongspan Pret op die plaas. 44 VROUE Leefstyl Trek aan om suksesvol te wees. 46 Gesondheid Skommel die wintervetjies weg!

28 Grondboonproewe besoek.

47 Resep Prettige, pragtige pampoentert. 48 Agterblad Ons verstaan mekaar . . .

44 Trek suksesvol aan.


Redaksioneel

Terwyl ons produsente hul dagtake aanpak met `n ekstra stukkie boerbeskuit om die koue te verdryf, heers groot opwinding by GWK op Douglas waar `n pekanneutaanleg in aanbou is. Kommuniek het gaan kyk hoe hierdie aanleg waarde aan ons produsente se produk toevoeg. Die nuwe aanleg sal die huidige aanleg se verwerkingskapasiteit met bykans vyf keer verhoog en het ten doel om die neute te verwerk wat dan in die dop na China uitgevoer sal word. Ons kuier ook saam by die sewende Garsprodusent van die jaar-toekennings wat SAB Maltings onlangs op `n glansgeleentheid in Kimberley oorhandig het. Twee van GWK se aandeelhouers, mnre. Leonard Louw van Prieska en Attie Scholtz van

Douglas, is op hierdie geleentheid vir hul prestasies vereer. Ons kom ook meer te wete oor die opwindende geleenthede wat vir ons garsprodusente voorlĂŞ met die aankondiging dat SAB `n nuwe moutfabriek in Johannesburg gaan bou. Ons reis saam met GWK Presisieboerdery na AustraliĂŤ waar die span oor Australiese boerderypraktyke gaan kers opsteek het en vind uit waarom talle Australiese produsente spoorverkeer op hul plase gebruik. Ons kyk ook na die beste praktyke van produsente wat oor die langtermyn topoeste behaal. Dan besoek ons GWK se grondboonproewe in die Noord-Kaap en die Vrystaat saam met `n Australiese grondboonteler en doen ook aan by GWK Meganisasie se gholfdag op

Douglas wat homself al as `n jaarlikse hoogtepunt op die sportkalender gevestig het. Dan kom ons dames aan die beurt. Ons kyk hoe ons die wintervetjies onder beheer kan hou, maak `n prettige pampoentert en leer hoe om suksesvol aan te trek. Piet wag op die agterblad met `n heerlike storie oor `n scrapyard en die onderhandelinge wat daar afspeel.

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730

VOORBLADFOTO Conrad Borman

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za 2

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Lekker lees! Tot volgende keer.

ler

Carien Grob

Redakteur

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

depositphotos

Die bome se blare maak plek vir die spatsels kleur waarmee die koms van die winter aangekondig word. Hulle dartel na benede en `n stil geborgenheid kry sy sitplek in my, want die hitte het plek gemaak vir die koue wat ons met sop en varsgebakte brood sal oorleef . . .


Geestelike akker Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jouself oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë. Spreuke 3:6-7a Volg Hom . . . ook in die mis Wonder jy ook soms, wanneer jy na ander Christene se verhale luister, waarom jy nie ook so `n direkte verbinding met God het soos hulle nie? Ons sou mos almal soms slegs `n selfoonoproep ver van die Vaderhuis wou wees! As jy soms sukkel om die Here se stem en sy wil vir jou lewe werklik te hoor, sal jy dalk vrede vind in die woorde van John Eldredge – `n wêreldbekende kerkleier – wanneer

hy sê: “Ek hoor hoogstens twintig dae van die jaar God se stem duidelik. Die ander 346 dae is God se wil vir my soos `n digte mis waardeur ek moet worstel.” Ons dierbare Here gee nie altyd klinkklare antwoorde en uitgespelde oplossings aan sy kinders nie. Hy gee aan ons wysheid, die Woord, die sagte influistering van die Heilige Gees en ons eie gesonde insig en oordeel. Wanneer ons egter in eerbied en ontsag sáám met God wandel, sál Hy vir ons op sy manier wél die regte pad wys. Op hierdie pad sal jy instinktief

weet waar Hy is en Hom dan blindelings te volg. Om God te volg is soms soos om in die mis te loop. Jy hou eenvoudig sy hand vas en loop tree vir tree agter Hom aan . . . selfs al kan jy nie die toekoms sien nie. Here, ek volg U . . . onverpoos.

Milanie Vosloo

Uit Laat sy liefde jou lei, uitgegee deur Cum. 3


Veilingskalender en Veilingspryse 13 Mei 14 Mei 15 Mei 17 Mei 20 Mei

22 Mei 24 Mei 27 Mei 28 Mei 28 Mei

Vincero Santa Gertrudis-stoetveiling, Kimberley Springbokram en -ooiveiling, Kimberley Groot-, kleinvee- en speenkalfveiling, Kimberley K端pfort Bonsmara-veiling, Bloemfontein Griekwastad-veiling

conrad borman

Groot-, kleinvee- en speenkalfveiling, Kimberley Skatkis Bonsmara-veiling, Vryburg Hertzogville-veiling Jakhalsdans-wilveiling, Loxton Groot- en kleinveeveiling, Kimberley

Veilingspryse vir lewendehawe - April 2014 01/04 - 04/04

07/04 - 11/04

14/04 - 17/04

20/04 - 25/04

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R11.50

Slagosse

R11.80

Slagosse

R11.00

Slagosse

R10.50

Slagkoeie

R11.20

Slagkoeie

R11.20

Slagkoeie

R11.00

Slagkoeie

R10.50

Maer beeste

R 9.00

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R 9.00

Maer beeste

R 9.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.80

Swaar kalwers (250kg +)

R16.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Swaar kalwers (250kg +)

R16.00

Swaar kalwers (250kg +)

R16.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R21.00

Slaglammers

R21.00

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R21.00

Stoorlammers

R20.00

Stoorlammers

R21.00

Stoorlammers

R20.00

Stoorlammers

R20.00

Kruislammers

R19.00

Kruislammers

R19.00

Kruislammers

R18.00

Kruislammers

R20.00 R12.00

Slagooie

R12.00

Slagooie

R13.00

Slagooie

R12.00

Slagooie

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R11.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R20.00

Klein bokkies

R21.00

Jong bokke

R21.00

Jong bokke

R21.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R21.00

Bokooie

R14.00

Bokooie

R13.00

Bokooie

R13.00

Bokooie

R15.00

4


Damme en temperature

Huidige stand van damme

Vaalrivier

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

100 100 52 50

Hartsrivier

Spitskopdam

96

Rietrivier

Kalkfonteindam

33

Modderrivier

Krugersdriftdam

64

70 60 50 40 30 20 10 0

ReĂŤnval 25 Maart - 24 April 2014

Werklik

Langtermyn

Vaalharts

98 96 99

Rietrivier

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Barkly-Wes

Oranjerivier

Hopetown

% Vol

Prieska

Dam

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Prieska Green Valley Nuts

Douglas Skaal 40 30 20 10 0

40 30

20 10 0

25 Maart - 24 April 2014

25 Maart - 24 April 2014 Max

Max Langtermyn

Min

Max

Min Langtermyn

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Rietrivier

Barkly-Wes Ulco 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Maart - 24 April 2014 Max

Max Langtermyn

25 Maart - 24 April 2014 Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn MAANDELIKSE VOORSPELLING

May-14

Maandelikse voorspelling Mei 2014

Hopetown Lilydale 50 40 30 20 10 0

Modderivier

25 Maart - 24 April 2014 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5


Landbouwenke Koring/Gars Grondvoorbereiding kan nou

begin. In geval van minimum bewerking bestaan die gevaar van `n stikstof-negatiewe periode vanweë groot hoeveelhede strooi op die oppervlakte. Hoër toedienings mag nodig wees om te verseker dat die jong plantjies nie aan `n stikstofgebrek lei nie. Verbeterde bandplasing en verdeling van stikstof kan die effektiwiteit daarvan verhoog. Saailingkragtigheid kan onder minimum bewerking afneem weens laer temperature met die deklaag

wat kieming terughou. `n Effense hoër plantdigtheid kan hiervoor kompenseer. Plant lande met die beste potensiaal om maksimum opbrengste te behaal. Gebiede met kouer mikro-klimate moet verkieslik later geplant word om moontlike koueskade tydens blomtyd te vermy. Met minimum bewerking moet verseker word dat daar nie te veel reste bo die grond is nie, aangesien dit die voorkoms van Fusarium bevorder.

Lusern en weiding Lusernaanplantings kan nog tot

totdat die plante goed opgekom einde Mei gedoen word. het. Maak seker die saadbed is fyn en Die ideale stand van nuut gevesferm vir goeie saad-grondkontak. tigde lusern is ±215 plante/m². Plantdiepte: `n Maksimum van Weidings soos stoelrog, voerhawer 10mm. en meerjarige swenkgrasmengsels kan nog tot begin Junie geplant Dien ligte besproeiings gereeld toe om `n goeie stand te verseker word.

Uie en saaduie Ui-aanplantings is in

(veral op saaduie) in `n vroeë die ontkieming- tot jong stadium. Uie groei stadig die eerste 90 dae en het nie groot saailingstadium. Gee gereelde ligte besproeiings totdat die hoeveelhede stikstof nodig nie. plantjies goed gevestig is. Kaliumtoedienings kan twee tot Wees versigtig om onkruiddoders drie keer deur die loop van die te vroeg ná opkoms te spuit. seisoen gedoen word, afhanErge brandskade kan voorkom gend van die grondontledings. of plante kan afsterf. Bolle van saaduie behoort Wag totdat die plante minstens nou al redelike hergroei te in sterk twee tot drie wareblaartoon. Inspekteer gereeld vir stadium is. blaaspootjies en spuit wanneer Vermy groot hoeveelhede stikstof insekdruk hoog raak. 6


Mielies

Strooptyd is in volle

gang. Maak seker opbrengsmonitors is korrek, veral wanneer opbrengskaarte gebruik word in hoĂŤtegnologie boerderypakette.

Maak ook seker stropers

is skoon wanneer Simbaen Waxymielies gestroop word. Simbamielies word teen `n maksimum van 14,5% vog ontvang.

Grondbone Die oesproses is byna

verby en plante kan drie tot vier dae in windrye lĂŞ, afhangend van weersomstandighede. Maak seker plukkers is reg ingestel om pitverliese te beperk.

Indien plante te

droog gepluk word, is peulverliese groot. Pluk grondbone eerder soggens vroeg en laatmiddag tot aand wanneer vogtoestande hoĂŤr is.

Pekanneute Besproeiing kan drasties

verminder word, maar moenie heeltemal uitdroog nie. Begin om die boordvloer skoon te maak van onkruid en blare om die oesproses te vergemaklik. Neem vroegtydig grondmonsters waar Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

nuwe aanplantings beplan word. Bestel vroegtydig nuwe bome om seker te wees bome van goeie gehalte word bekom. Koop bome verkieslik by geregistreerde kwekerye en/of welbekende kwekers om seker te wees van die gehalte.


Direksie en Bestuur Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs

JP du Plessis Wynand Human Johan Jacobs Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Finansiële Direkteur Johann Klopper

Spesialisprodukte Llewellyn Brooks

Graanprodukte Tom Meintjes

Handel Mark du Plessis

Primêre Produksie Pieter Bekker

Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan

Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Sekretariaat, Regsdienste & Risikobestuur Kleinhandel Johan du Plessis Freek Meyer 071 623 7286 083 644 0022

Saad, Gewasproduksie en Opkomende Boere Jozua Haarhoff 082 808 8579

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Finansiering en Finansiële Landbou Advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

Hennie Coetzee

Hoofbestuur

8


Missie en Visie Bestaansrede

Om as agri-besigheid volhoubare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende belanghebbendes.

Visie

Om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.

Missie

Ons genereer markgerigte besigheidsoplossings in agrien voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur: � innovasie; � dinamiese leierskap; � energieke uitvoering en � eienaarskap gerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.

Waardesisteem

Ons optrede word gerig deur: � spanwerk; � integriteit; � menswaardigheid; � deursigtigheid; � toegewydheid; � verantwoordbaarheid; � aanpasbaarheid en � kliëntegerigtheid.


Mnre. Jan Heyneke (Projekbestuurder by die aanleg) en Andreas Snyman (Uitvoerende Bestuurder: Oliesade en Pekanneute) by die pekanneut-aanleg wat GWK op Douglas bou.

Aktueel Tania Fourie

GWK voeg waarde toe met pekanneut-aanleg op Douglas

B

ouwerk aan GWK se pekanneut-aanleg op Douglas is onlangs begin met Julie 2014 as die verwagte datum van voltooiing. “Met hierdie aanleg beoog GWK om waarde toe te voeg tot produsente se produk deur die pekanneute voor te berei en in die dop na China uit te voer,” sê mnr. Andreas Snyman (Uitvoerende Bestuurder: Oliesade en Pekanneute). 10

Snyman verduidelik dat pekanproduksie in Suid-Afrika jaarliks styg en dat 30-40 000 hektaar bome van 2007 tot 2013 aangeplant is. “Ons huidige fabriek se verwerkingskapasiteit is een tot een en `n halwe ton per uur. Die doelwit met die nuwe fabriek is om vyf ton pekanneute per uur te verwerk met `n total van 5 000 ton vir die tydperk van Julie tot Oktober. Altesaam 95% van hierdie neute sal na China uitgevoer word.

“Terwyl die neute hier verwerk word, word dit bemark om gereed te wees vir China se nuwejaar aan die einde van Januarie.” Die hoofkomponente van die aanleg is as volg: � Die losmaat-hopper wat verseker dat losmaat-vragmotors van tot 12 m afgelaai kan word. � `n Voorskoonmaker wat blare, stokke, sand en klippe uit die vragte neute verwyder.


� `n Popper met `n lugkolom van drie meter sodat dowwe en gevulde neute behoorlik geskei kan word. � `n Naaldsorteerder waarmee gekraakte neute verwyder word. � `n Grootte-klasseerder wat die verskillende groottes neute sorteer. Volgens Snyman word die aanleg so ingerig dat arbeidskoste tot die minimum beperk word. Dit word ook gebou sodat dit makliker sal wees om HACCP- en ander voedselveiligheidsakkreditasie te kry. Die aanleg beskik ook oor `n opbergingsgedeelte van ongeveer 1 000 m2, asook `n laai-area waar vragmotors onderdak in `n geslote ruimte gelaai

Jaar 2012 2013 2014 - 2020

kan word. “Produsente oes toenemend meganies omdat produksie styg en arbeid duurder word,” sê Snyman. “Hierdie aanleg sal produsente bevoordeel omdat hulle in losmaat/ massasakke kan lewer. Produsente kan ook die produk met baie vreemde materiaal lewer en hoef dit nie self skoon te maak nie. “Die aanleg word só ontwikkel dat die produk hier skoongemaak word, juis vir produsente wat meganies oes wat veroorsaak dat meer vreemde materiaal soos blare, klippe, sand en stokke in die neute aangetref word. “Produsente se voorraad kan ook individueel verwerk word en werklike afval kan per produsent geweeg

Suid-Afrika 8900 ton 5600 ton 10 000 – 25000 ton

Figuur 1. Pekanneutproduksie in Suid-Afrika.

word. Die toerusting wat hiervoor gebruik sal word, doen baie akkurate verwerking.” Mnr. Jan Heyneke (Projekprinsipaal) is as projekbestuurder vir die projek aangestel. Gaan na www.gwk.co.za en kliek op die skakel onderaan die bladsy om na daaglikse vordering van die bouwerk by die aanleg te kyk.

Bouwerk by die aanleg.

GWK-aandeel 1200 ton 1200 ton 5000 ton


Mnr. Leonard Louw is aangewys as die algehele wenner vir die GWK-gebied by SAB Maltings se toekennings vir die garsprodusent van die jaar vir 2013. Regs is mnr. Thinus van Schoor (Hoofbestuurder: SAB Maltings). Inlas: Van Schoor oorhandig die toekenning vir die garsprodusent van die jaar vir medium kontrakte in die GWKgebied aan mnr. Attie Scholtz van Douglas. Foto’s: Verskaf.

Top garsprodusente vereer Aktueel Tania Fourie

S

AB Maltings se toekennings vir die garsprodusent van die jaar is vanjaar die sewende keer tydens `n glansgeleentheid in Kimberley oorhandig. Mnre. Attie Scholtz en Leonard Louw, GWK-aandeelhouers van Douglas en Prieska, is onderskeidelik as die wenners vir medium en groot kontrakte in die GWK-gebied aangewys. Louw is ook as die algehele wenner in die GWK-gebied aangewys. Volgens mnr. Thinus van Schoor 12

(Hoofbestuurder: SAB Maltings) beoog die maatskappy om sy vermoutingskapasiteit sowel as sy garsaankope te verhoog. In die Douglas/Vaalharts-omgewing wil hulle potensieel 100 000150 000 ton aankoop. “Sulke oeste bied aan produsente groot geleenthede. Ons mikpunt is om in 2014 meer as 200 000 ton te oes. SAB Maltings sal dan selfvoorsienend wees is Suid-Afrika. Volgens Van Schoor wag `n opwindende jaar in 2014. Nuwe variëteite is reeds bygevoeg om te toets vir

gars met `n hoër vermenteerbaarheid. `n Nuwe vermoutingsaanleg is ook in aanbou. “Dit is waarom die oes in 2014 groter en beter moet wees.” Die kriteria waarvolgens die beoordeling vanjaar gedoen is, bestaan uit drie aspekte: � Gehalte – baie belangrik en tel 60%; � Opbrengs (20%); en � Volhoubare landbou en inisiatief (Better barley, better beer) – (20%).



depositphotos

Ons Besigheid

Wat aandeelhouers moet weet

Dís nuus in die GWK-groep

W

die aanlegte te installeer. nou in die Prieska, Barkly-Wes en Douglas-handelstakke beskikbaar � Die bou van 30 000 ton addisioelkom by hierdie aflewenele silokapasiteit op Modderring van ons rubriek wees. � Die opgradering van die Postmasrivier is begin en die projek bewaarmee ons aandeelhouers op hoogte hou van die jongburg Spar na `n Superspar is volhoort teen 31 Mei 2015 voltooi te wees. ste verwikkelinge in die GWK-groep. tooi en dit vorm deel van GWK se strategie om `n beter kooper- � Die bou van die pekanneut-aan� Die opgradering van die Prieskaleg op Douglas het ook begin en diensstasie is voltooi. Ons sien uit varing en wyer produkreekse aan ons klante te bied. die projek sal na verwagting teen om `n uitsonderlike koopervaring aan ons klante te bied. Die diens- � Die bou van die strukture van die Julie 2014 voltooi wees. � Mnr. Freek Meyer is met die instasie sal ook die eerste een wees koringmeule, pasta en beskuitwat onder die GWK-handelsmerk jie-aanlegte op Modderrivier begang van 1 Junie 2014 as Uithoort teen 30 September 2014 voerende Bestuurder aangestel bedryf sal word. � Ten einde `n wyer reeks produkte voltooi te wees. Ná voltooing van wat verantwoordelik sal wees vir aan ons klante te bied, sal vleisdie strukture sal begin word om Katoen, Kontrakteurs, Aartappels, die masjinerie en toerusting van Lusern en SA Feed Phosphates. produkte van GWK Vleis ook 14


GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Graan

Frikkie Lubbe SAB Maltings Landboukundige: Besproeiing

Gars as ware mededinger in die wintergraanmark gevestig

16

9 8 7

Opbrengs (t/ha)

D

ie nuus dat SAB `n nuwe moutfabriek in Alrode, Johannesburg, met `n moutkapasiteit van 130 000 t (± 155 000 t gars) gaan bou, hou ook groot uitdagings in vir die besproeiingsgebiede in die Noord-Kaap, en veral vir die GWK-bedieningsgebied, sover dit garsverbouing betref. Met produksie, wat vanaf ongeveer 20 000 t na net onder 90 000 t (2015) in die GWK-bedieningsgebied gaan styg, word gars nou `n waardige mededinger in die wintergraanmark. Nog `n aankondiging wat nie gering geskat moet word nie, is die feit dat die heel eerste volwaardige

6 5

2012

4

2013

3 2 1 0

Puma

Marthé

Cristalia

Cocktail

Figuur 1. GWK geweegde gemiddelde opbrengs. HFM (hoë fermenteerbare) moutgarskultivar, naamlik Marthé, met groot sukses in die GWK-bedie-

ningsgebied aangeplant en geproduseer is. Hierdie kultivar is baie goed in die


depositphotos

Kontakbesonderhede Frikkie Lubbe 082 921 7994

45000 40000 35000

30000

Ton

Douglas-omgewing se sanderige grond aangepas met `n hoë opbrengspotensiaal en baie goeie genetiese gehalte-eienskappe. Soos duidelik uit Figuur 1 gesien kan word, is die opbrengs van Marthé goed en met `n laer stikstofbemestingsbestel en effense korter groeiperiode as van die ander kultivars, bly dié kultivar `n goeie opsie. Soos in Tabel 1 gesien kan word, word die garskontrak vir die GWKbedieningsgebied aansienlik oor die volgende drie jaar uitgebrei. Hierdie uitbreiding is vir ons by SABM van groot belang, want die einddoel is om selfvoorsienend met betrekking tot plaaslik geproduseerde gars te wees. GWK het namens die garsbedryf `n opname gedoen rakende die belangstelling van produsente om gars in 2014 te produseer. Hierdie opname het genoegsame belangstelling getoon om die volle kontrak te diens. Figuur 2 toon die lewerings van gars sedert 2011 by die verskillende depots in die GWK-bedieningsgebied, asook die verwagte tonne per gebied vir die 2014-seisoen. Die uitbreiding van die aanplantings sal ongelukkig nie blindelings kan plaasvind nie en produsente wat belangstel om gars te verbou, sal steeds hul plaaslike GWKgraanbemarker vir `n kontrak moet nader. Die kontrak is ook kultivarspesifiek sover dit volumes per jaar aangaan, soos in Tabelle 2 en 3 vir die onderskeie jare aangedui. Produsente wat die eerste keer in 2014 gars gaan produseer, moet my asseblief so gou as moontlik kontak sodat wysigings aan bestaande praktyke betyds gemaak kan word. Saam sal ons op die suksesse van die verlede bou en verbeter.

2011

25000

2012

20000

2013

15000

2014

10000 5000 0 Douglas

Rietrivier

Barkly-Wes

Totaal per jaar

Figuur 2. Garslewerings 2011-2014 (2014 aangeduide hoeveelhede verwag).

KULTIVAR Puma Cocktail Cristalia Marthé (HFM) Exp. Lyn (MFM) Totaal

2012 22,500.00 27,500.00 300.00 3,000.00 0.00 53,300.00

2013 2014 2015* 2016* 15,000.00 13,000.00 10,000.00 0.00 30,000.00 50,000.00 64,800.00 60,000.00 1,000.00 13,000.00 28,320.00 43,120.00 10,000.00 30,000.00 50,000.00 50,000.00 0.00 0.00 2,400.00 2,400.00 56,000.00 106,000.00 155,520.00 155,520.00

Tabel 1. SAB-mouterygars benodig vanaf 2014 – 2016 (* 2015 en 2016 se waardes kan moontlik verander weens praktiese redes).

AREA- & KULTIVARVERDELING 2014-SEISOEN AREA Senwes-totaal GWK-totaal Eksperimentele aanplanting Totale moutgarsproduksie

COCKTAIL MARTHÉ 31,700 10,000 16,800 20,000 1,500 0 50,000 30,000

PUMA CRISTALIA 13,000 6,000 0 7,000 0 0 13,000 13,000

TOTAL 60,700 43,800 1,500 106,000

Tabel 2. Area- en kultivarverdeling vir die 2014-seisoen.

AREA- & KULTIVARVERDELING 2015 SEISOEN AREA Vaalharts Taung project + Go-Farming Senwes totaal GWK totaal Eksperimentele aanplanting Totaal vir moutmakery

COCKTAIL MARTHÉ 25,000 11,800 8,000 0 33,000 11,800 28,800 38,200 3,000 0 64,800 50,000

PUMA CRISTALIA 10,000 7,000 0 2,000 10,000 9,000 0 19,320 0 0 10,000 28,320

Tabel 3. Area- en kultivarverdeling vir die 2015-seisoen.

17

EXP. TOTAL 1,200 55,000 0 10,000 0 65,000 1,200 87,520 0 3,000 2,400 155,520


`n Voorbeeld van “bird’s nest fungi”.

Die GWK-span na Australië: Mnre. André Prins (Navorsing- en Tegniese Dienste Bestuurder), Dup Haarhoff (Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing), Hannes Hatting, Armand van Eck en Bertus Jacobs (Bedryfshoofde: Presisieboerdery).

Presisieboerdery

Dup Haarhoof Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing

Kosbare kennis ingewin op presisietoer na Australië

T

word.

ydens die eerste twee weke van Maart 2014 het vyf landboukundiges van die GWK-presisie- en navorsingspanne `n toer na Australië onderneem. Die doel van die toer was om praktiese kennis op te bou oor hoe presisieboerdery toegepas word, meganisasie ge-optimaliseer word en spoorverkeer in Australië toegepas 18

Agtergrond Nadat die GWK-hoofbestuur en -direksie Australië in 2009 besoek het, het verskeie mense met ons gepraat en genoem dat ons definitief iets by die Aussies kan leer ten opsigte van hul benadering tot die landbou. Tydens die presisieboerdery-kongres wat in April 2013 by die Noordwes

Universiteit in Potchefstroom gehou is, het waardevolle uitruiling van inligting tussen die GWK-span en die besoekende Australiese span plaasgevind. `n Werksessie is met die betrokkenes op Douglas gehou en dit het gou geblyk dat ons en die Australiese benadering tot presisieboerdery baie ooreenstem. Ná gesprekke met mnr. Tim Neale (gasspreker van Australië) was dit


duidelik dat hulle een van die voorste lande met betrekking tot presisieboerdery is. Neale, die besturende direkteur van `n konsultasiemaatskappy wat in presisieboerdery spesialiseer, het ons genooi om hulle te besoek en sodoende meer oor hulle benadering tot presisieboerdery te leer. Neale het ook tydens die toer as gids opgetree. Toerprogram � Besoek agt produsente op plase – fokus op implemente en veldbesoeke. � Besoek die president van presisieboerdery Australië – kry `n lesing by hom, sien sy werkswinkel (waar prototipe-implemente gemaak word) en doen `n veldbesoek saam met hom. � Toer in Wes-Australië saam met die Northern Agricultural Catchment Council (NACC) en die departement van landbou en voedsel (Wes-Australië) – Besoek lande in `n groep en neem deel aan besprekings (baie profielgate). � Ons was eregaste by die eerste bekendstelling van die Controlled Traffic Farming Technical Manual deur die Australiese departement van landbou. � Besoek konsulterende maatskappy PlanFarm (sien hoe werk hul model). � Kry lesing van Precision Ag Australië (sien wat hul benadering is).

Een van die vele profielgatbesprekings tydens die toer na Wes-Australië. Hierdie gat is deur dr. Paul Blackwell van die departement van landbou en voedsel (Wes- Australië) hanteer. Hy was ook die toergids tydens die toer na Geraldton.

`n Australiese produsent in gesprek met Hatting en Haarhoff oor spoorverkeer in een van sy lande.

uiters belangrik vir hulle. Soos ons, pas hulle die beginsel van Die Australiese benadering tot ingeligte bestuursbesluite toe. Met presisieboerdery ander woorde, hulle gebruik alle Australië het `n holistiese benadering beskikbare inligting om bestuurstot presisieboerdery, baie soortgelyk besluite te neem. aan GWK se benadering. Hulle volg `n benadering van “makHulle sê: “There are lots of low han- simaliseer produksie met minder ging fruit to increase productivity on insette”. grain farms.” Hier verskil ons benadering effens Ons benadering is om eers die van hulle s’n. Hulle is baie sterk op basiese dinge reg te kry. besparing ingestel, meer soos ons Hulle glo aan aanpasbaarheid deur droëland-produsente. die loop van die seisoen, byvoorbeeld Die produsente maak hoofsaaklik deur blaarmonsters te gebruik. kalk- en gipsregstellings, op grond Monitering, soos ons dit doen, is van chemiese kaarte, deur `n pH-

peilstif te gebruik (die gebied wat ons gesien het, het oorwegend laer pHgronde as by ons). Geenbewerking of minimum bewerking speel `n groot rol, onder meer vanweë arbeid en besparing ten opsigte van kostes en verdigting. Baie plase gebruik spoorverkeer en hierdie produsente glo dat dit `n groot invloed op die fisiese eienskappe van hul gronde het. Neale en sy span het ook unieke wyses waarop hulle satellietbeelde en opbrengskaarte inspan om hul //22 19


produsente te help. GWK Presisieboerery gaan van dié metodes in Suid-Afrika op die proef stel. Spoorverkeer Spoorverkeer is nie noodwendig gekoppel aan geenbewerking (no-till) in Australië nie (ons kan regtig hier baie leer). Selfs onder besproeiingsSpoorverkeer sal nie net `n invloed op die ekonomie van die boerdery hê nie, toestande is dit haalbaar. maar sal ook `n groot impak op die grondstruktuur hê. Spoorverkeer sal nie net `n invloed op die ekonomie van die boerdery hê nie, maar sal ook `n groot impak op die grondstruktuur hê, wat die volhoubaarheid van ons boerdery baie positief kan beïnvloed. Waarom spoorverkeer? Ons moet onthou dat baie van die produsente se aktiwiteite arbeidsgedrewe is. Groot trekkers en implemente word ingespan om so min as moontlik oor lande te beweeg. Alle trekkers is met RTK (of soortgelyke toerusting) toegerus. Oorvleueling van bespuitings en bewerkings word dus geminimaliseer. Deur spoorverkeer toe te pas, word verdigting geminimaliseer, waterhuishouding word geoptimaliseer, wortelindringing en ontwikkeling kry groot aandag, klem word gelê op suurstofryke wortelsone, brandstofkoste word verminder ensovoorts. Koste is ongelukkig ter sprake wanneer spoorverkeer oorweeg word. Dit begin alles by stroperwielspasiëring. Alle wielverkeer word daarvolgens aangepas. Groot trekkers en implemente se dubbelwiele word met kruipspore vervang. Hierdie produsente is baie gesteld op beweging van enigiets oor hul lande. Minimale beweging oor lande is dus aan die orde van die dag. Meganisasie Hoewel die produsente groot trekkers en implemente het, was dit opvallend hoeveel moeite hulle met meganisasie doen. Mnr. Neill Postlethwaite, president van Presisieboerdery Australië, van 20

Alle wielverkeer word volgens spoorverkeer aangepas. Groot trekkers en implemente se dubbelwiele word met kruipspore vervang.

St Arnaud, Victoria, het byvoorbeeld self `n hele paar gepatenteerde implemente of dele van implemente gemaak. `n Interessante waarneming was die strooier, wat deur die twee produsente mnre. Steve en Mark Day gemaak is (sien foto bo). `n Kas is agter die strooier gebou om die egaligheid van die kalk of gips wat gestrooi word, te verseker. Die roteerders is omgedraai en die

spoed aansienlik verstadig (revolusies per minuut). Die gevolg is uiters egalige verspreiding van die produk wat gestrooi word. Gewysigde spreiers (spreaders) is op stropers aangebring om die optimale verspreiding van kaf te verseker. Onkruiddoder-spreiers is ook aangepas om area-spesifiek te werk te //23



WHY CONTROL CROPPING TRAFFIC? These machines do different things on the surface………..

4t

6t

…. but have similar effects on the soil at one foot depth!

IS CROPPING TURNING SUBSOILS INTO ROADBASE? Een van die redes waarom die Australiërs van spoorverkeer hou. Kompaksie word `n groot probleem as die voertuie wat oor lande beweeg groter, en dus swaarder, word. gaan. Die GWK-presisiespan gaan moeite doen om by verskeie geleenthede breedvoerige inligting aan produsente deur te gee na aanleiding van wat ons in Australië ervaar het. Dit maak ons opgewonde om te weet dat produsente nog dinge kan verander om selfs meer suksesvol te wees.

alle aksies op `n presisiebasis te grond. Sonder hierdie seine sou die strookbewerking ook nie kon plaasvind nie. Die feit dat die produsente nie trekkers self hoef te bestuur nie (danksy RTK), maak dat die werk minder uitputtend is. Besonder min trekkers, implemente en stropers word op elke plaas gebruik. In die meeste gevalle het elke Algemene waarnemings plaas een groot trekker, een groot Die koste van arbeid en die tekort planter met `n saad/kunsmiskar, daaraan speel `n wesenlike rol in alle een selfaangedrewe spuit, een groot bestuursbesluite op plase. tandimplement en `n stroper. Ongelooflike bedrae geld vir backGereelde onkruiddoders word in die packers vanaf Brasilië word per uur braakseisoen op lande toegedien en betaal. Dus word hierdie soort arbeid lande is besonder skoon. slegs in uiterste gevalle gebruik. In die gebied waar ons was, was opFamilies boer saam om sodoende merklik min spilpunte (liniêre stelsels hul mannekrag meer effektief aan te kom meer algemeen voor). wend (vroue sal ook soms trekkers en Gronde word gelaser en groot dele stropers bestuur). word gevloed. Die feit dat die produsente alles Weens die skaarsheid van arbeid self op plase doen, veroorsaak dat is die lewe van `n besproeiingsprohulle goed oor alle aspekte van hul dusent nie maklik nie. Instrumente boerdery ingelig is. Die gemiddelde word selfs gebruik om produsente droëland-produsent boer 1 500 ha in die nag (soos `n wekker) wakker (alleen) met een groot trekker. Die te maak wanneer water `n sekere produsente maak in die algemeen afstand op `n akker bereik het. Bevan RTK-seine gebruik om sodoende sproeiing word in baie gevalle op `n

aanvullende basis beoefen. Silo`s is in die algemeen in die hande van groot aankopers. Groot dele van spoorlyne om silo`s is ook in private besit. Dit skemer deur dat hierdie produsente dit baie mis om nie meer `n koöperasie-model soos ons te hê nie. In die algemeen het die produsente nie meer `n gesamentlike mededingingsvermoë ten opsigte van pryse vir hul produkte nie en derhalwe voel hulle baie uitgelewer, ook strategies vir die toekoms, in hierdie stadium. Geweldige streng wetgewing heers en produsente mag nie eers bome (gewoonlik bloekombome) op hul eie plase uithaal sonder permitte nie. Streng wetgewing het ook `n baie positiewe kant. Minimale wetteloosheid kom in die land voor en selfs die spoedgrense word nie verontagsaam nie. Nog `n interessante feit is dat die publiek baie ongemaklik oor die privatisering van baie van die staatsbates, soos hul lugredery (moontlikheid), spoorweë, silo’s ensovoorts is. Vanaf 2015 sal Australië ook geen motorvoertuigvervaardigers (fabrieke) meer hê nie, want die arbeid word bloot te duur.



Presisieboerdery Pieter Franken Landboukundige Navorser

Landboukundiges lig beste praktyke van topprodusente uit

G

WK se landboukundige span het oor die afgelope paar jaar `n dokument opgestel, wat die beste praktyke uitlig van produsente wat oor `n lang termyn topoeste behaal. Hierdie praktyke word jaarliks geĂŤvalueer en aanpassings word gemaak. Uit die aard van die saak mag hierdie inligting nie baie van jaar tot jaar verskil nie, maar dit is goed om jouself aan die begin van die koringseisoen te herinner aan wat belangrik is en waarna opgelet behoort te word. 24

Dit moet ook weer beklemtoon word dat resepte en kortpaaie vir topoeste nie bestaan nie, maar dat hierdie slegs goeie produksiepraktyke is wat nagestreef behoort te word. Dit is ook nodig dat die vaatjiebeginsel weereens beklemtoon word. Dit behels dat die oes bepaal sal word deur die bydraende faktore wat deur die loop van die seisoen `n beperking was. Dus moet alle aspekte van gewasverbouing die nodige aandag kry en geen aspek oor die hoof gesien word nie.

Die tienpunt-plan vir `n goeie oes Sowat tien punte is geĂŻdentifiseer wat aandag behoort te geniet en wat onder die beheer van die produsent is. Dit is belangrik om te onthou dat wanneer enige aksie nagelaat word, dit nie eenvoudig tydens die seisoen reggestel kan word nie. `n Regstelling kan byvoorbeeld nie deur die seisoen gedoen word om `n swak stand goed te maak nie. Wisselbou Hierdie produsente het almal `n


vorm van rus of wisselbou, en in sommige gevalle albei, toegepas. Die verskeie stelsels is in die onderstaande volgorde volgens belangrikheid ingedeel: Opsie 1: Koring, mielies, rus, breëblaar (bone/katoen), koring, mielies, rus; Opsie 2: Koring, mielies, rus, vroeë mielies, koring, mielies, rus, vroeë mielies; Opsie 3: Lusern drie jaar, gevolg deur drie jaar mielies/koring.

gerhard steenkamp

In Figuur 1 kan met behulp van opbrengskaarte die effek van grondboontjies en lusern op die daaropvolgende gewas gesien word. Primêre bewerking Gebruik dieptandbewerking of ploeg. Probeer verdigtingslae ophef indien moontlik. Die hulp van `n penetrometer kan aangewend word om te bepaal waar die spesifieke verdigting voorkom. Let daarop dat grondboontjielande geneig is om te verdig. In Foto 1 kan met `n foto en penetrometer (Grafiek 1 op die volgende bladsy) gesien word waar die verdigting op `n grondboontjieland voorkom. Produsente doen baie moeite om mieliereste tot die minimum te beperk deur te brand of te ploeg. In sommige gevalle word albei praktyke aangewend. Die rede hiervoor is die bekamping van siektes. Sommige van die produsente behou brandmateriaal (as) deur dit liggies nat te maak net na die brand van reste en dan so spoedig moontlik in die grond in te werk. Dit voorkom dat verbrande materiaal wegwaai en so ook die verlies van voedingselemente in die verbrande materiaal te beperk. Saadbed-voorbereiding Tydens die opname het ons gevind dat die betrokke produsente baie aandag aan `n ferm en gelyk saadbed gee. Die belangrikheid hiervan

Koring ná lusern Koring ná grondboontjies (11t/ha)

Koring ná mielies

Koring ná mielies (6t/ha)

Figuur 1: Voorbeeld van die effek van koring ná lusern en koring ná mielies. Dieselfde effek met koring ná grondboontjies. kan nie oorbeklemtoon word nie. Op sandgronde (minder as 15% klei) word groot sukses met `n wondertiller met roller, of vibroflex met roller behaal. `n Krageg kan ook gebruik word, mits dit reg aangewend word. Op grond met meer as 15% klei word die grootste sukses met `n krageg verkry.

Planterspoed is ongeveer 7 km/uur (by mielies is planterspoed meer krities) en `n optimum plantdiepte is 2-3 cm. Rywydtes is 17-19 cm. Plantdigtheid is 100 kg saad/ha, of eerder 225-250 plante/m². Dit is egter belangrik om plantdigtheid volgens plantdatum aan te pas.

Optimale plantdatum Planter en plantproses Die optimale plantdatum is 20 Junie In al die gevalle is planters met `n tot 5 Julie. Probeer om koring binne drukwiel op elke ry en goeie dieptebe- die tydperk van 15 Junie tot 15 Julie heer gebruik. klaar te vestig.

Foto 1. Profielgat van grondboontjies. 25


Suid

Noord

Grafiek 1. Penetrometer werk waar die verdigting op onderskeidelik 10cm en 11cm voorkom. Bemestingsriglyn vir kleigrond: Kultivarkeuse Sien GWK se proefresultate oor verKg/ha skeie gebiede om die regte keuse oor N P K kultivars in jou streek te maak. 30-40 50-80* Moenie nuwe kultivars op groot skaal 220 in die eerste jaar aanplant nie. Beproef dit eers op kleinskaal en brei *= Hoë pH: > 7 Bemestingsriglyn vir sandgrond: dit dan uit na gelang van die sukses. Versprei jou risiko deur meer as een Kg/ha kultivar aan te plant. N P K 220-285 30-50 50-80* Saadbehandeling Hierdie stap behels standaard saad*= Hoë pH: > 7 swam-behandeling. Mangaan-saadVersprei kaliumbemesting op hoë pHbehandelings word gedoen, veral as grondontleding laag is. Die behande- gronde deur die seisoen by albei. ling met mangaan help die plant teen Die bemesting word volgens grondontledings en die koringplant se bedie beskerming van vrotpootjie. hoeftes gedoen. Bemestingsprogram Die bemestingsprogram word bepaal Mikro-elemente `n Breë spektrum mikro-elementprovolgens die langtermynopbrengste. Grond word volgens pH, sand en klei gram word vroeg in die plantseisoen gevolg. geklassifiseer. Spesiale aandag word aan elemente, Bemesting word streng volgens grondontledings/-behoeftes toegepas. wat laag in grond- en blaarontledings toets, gegee. Stikstof word met groot omsigtigheid Lesse uit vorige seisoene help om die vroeg in die seisoen bestuur, om die regte elemente in die nuwe seisoen by omval van koring te verhinder. Versprei kaliumbemesting op hoë pH- te voeg. Sommige van hierdie produsente gegronde deur die seisoen. bruik ook blaarmonsters om makroAnder belangrike elemente, soos en mikro-elemente in bemestingsprokalsium, magnesium en swael, word gramme te monitor en te hanteer as ook deur die spesifieke produsente dit nodig sou wees. bemes.

Besproeiingskedulering Al die betrokke produsente maak van `n besproeiingskeduleringsdiens gebruik en beskou dit as `n noodsaaklikheid vir hul boerderye. Benadering tot waterskedulering Begin met `n vol profiel en gee net genoeg water om goeie ontkieming te verseker. Wees versigtig vir oorbesproeiing, veral in die eerste ses weke. Was kunsmis in met 7-8 mm water en laat met rus, veral in die begin wanneer die gewas nog jonk is. Besproei 12-15 mm deur die seisoen per toediening. As die grond dit toelaat, kan meer water per toediening besproei word. Koring se aanvanklike watergebruik is baie laag en neem dan drasties toe tydens die tweede week in September. Moenie in hierdie stadium onverhoeds betrap word nie. Samevatting `n Menigte faktore dra by tot `n suksesvolle koringoes, waarvan slegs die belangrikstes in hierdie artikel uitgelig en bespreek is. Moenie verstrengel raak en te veel tyd bestee aan onnodige minder belangrike punte wat nie die basis van `n goeie oes is nie. Konsentreer eerder op die basiese beginsels en doen dit goed.



28


Saad

Pierre Ferreira Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling en -evaluasie

Grondboonteler besoek GWK

G

was tydens Wright se besoek reeds geoes. Die besoek het die volgende ten doel gehad:

drag en groter peule gehad vergeleke met ons plaaslike kultivars, wat in dieselfde land kommersieel aangeplant is. vars. Die PCA en ander oorsese kultivars � Besoek van die proewe aangeDr. Graeme Wright (Bestuurder: lyk beslis belowend ten opsigte van plant deur GWK-personeel om Teling en Innovering) van die maatopbrengspotensiaal. seker te maak dat die standaard skappy The Peanut Company of AusDit was veral opvallend dat die hoog is. tralia (PCA), het die GWK-grondplaaslike kultivars, wat kommersieel � Samesprekings met GWK-perso- aangeplant is, se verhouding tussen boonproewe in Maart 2014 vir `n neel rakende die oes van die tweede jaar besoek. die aantal peule gevorm en die proewe, asook die verwerking Vier statistiese proewe is vir die grootte van die plant swakker is wanvan die data. 2013/14-seisoen aangeplant in neer dit met die PCA-kultivars vergeDouglas, Noord-Kaap (twee proewe), � Samesprekings met die Landbou- lyk word. Dit is pitte wat die geld innavorsingsraad (LNR), asook die bring en nie hooi nie! Viljoenskroon, Vrystaat (een proef) en Proteïennavorsingstrust (PNT) Ellisras, Limpopo (een proef). Die enigste droëlandproef is by Vilrakende die moontlikheid om Drie PCA-kultivars is uit die eerstejoenskroon by mnr. Anthony Evans PCA-kultivars vir die Nasionale jaar-proewe vir verdere toetse gekies, (RE Groundnuts) geplant. Die proef is Kultivarproewe in te skryf. terwyl sewe nuwe kultivars ontvang is. laat November aangeplant weens onHierdie nuwe kultivars het gemiddeld � Algemene besprekings met sevoldoende grondvog vroeg in die seinior bestuur van GWK rakende in al die proewe in Australië soveel soen. die moontlikheid om PCA-kultias `n ton/ha beter presteer in vergeDit is uiters belangrik dat die dae vars in Suid-Afrika te kommerlyking met materiaal uit ons eerstetot oesgereedheid van kultivars sosialiseer, asook uitvoere na Aus- danig sal wees dat hulle steeds hul jaar-proewe. Uit Amerika is tien nuwe kultivars tralië. volle potensiaal met `n laat aanontvang en ses uit die eerstejaarplanting onder droëlandtoestande In sy nabesoekverslag wens Wright proewe gekies. Die proef by Ellisras kan bereik. GWK-personeel geluk met die hoë Die Australiese ultra-vinnige kultivars standaard van die proewe. se groeilengte vergelyk goed met ons Hy verwys veral na `n foutlose uitleg, Spaanse soorte (150 dae), wat hulle goeie plantestand, algemene plantgeskik maak vir laatseisoen aanplangesondheid en die afwesigheid van tings. Mnre. Kallie Knox (Tegniese Landonkruide. Tydens die besoek was die proefaanbou-adviesbeampte) met `n nuwe Ekstra rye van elke kultivar is ook by planting 106 dae vanaf plant. P13-lyn en Graeme Wright (PCA) elke proef aangeplant met die doel Evans was veral beïndruk met die met `n plaaslike Spaanse soort as om plante tydens die besoek van ons peulgrootte en drag van die plante vergelyking. telers uit te trek. wat getrek is en het saamgestem dat Inlas: Mnr. Gerhard Bruwer van Die plante in hierdie rye dien voorts die opbrengs beduidend beter as die Douglas wil volgende seisoen om die aantal dae tot oesgereedheid kontrole-inskrywings behoort te wees. soveel as moontlik van die oorsese van elke kultivar te bepaal. Wright was verbaas dat ons produkultivars aanplant. Die plante wat by die Douglassente bykomende stikstof, tot soveel proewe uitgetrek is, het `n beter peul- as 150 kg, deur die seisoen op WK doen op die oomblik die tweede evaluasie van oorsese grondboonkulti-

29


grondbone toedien. Uit sy ervaring is hierdie praktyk onekonomies, skadelik vir die omgewing en lei dit tot `n moontlike afname in die produksie van die grondboonplant. Hy meen indien grondbone geënt is met die Rhizobium-inenting behoort die plante geen bykomende stikstof te ontvang nie omdat dit `n baie doeltreffende stelsel is. Navorsing is nodig om die verskil in opbrengs tussen die oorsese kultivars in vergelyking met ons huidige kontrolekultivars by verskillende stikstofpeile te bepaal. Die beplanning is om so vroeg as die komende seisoen `n ekstra proef aan te plant waar bogenoemde getoets sal word. Wright meen dat die nuwe kultivars, veral vanweë die donkerder blaarkleur, beter kapasiteit mag hê om biologiese stikstof te bind. ndien sy voorspelling korrek bewys word, sal dit groot besparings op insetkoste tot gevolg hê (R2 502/ha met `n stikstofprys van R16.68/kg @ 150kg/ha). Beter nodulebesettings met gepaardgaande beter stikstofbinding sal nog meer voordele vir die opvolggewas inhou as wat reeds gesien word. Laasgenoemde sal gemeet kan word deur die opvolggewas presies op die voorafgaande proefpersele aan te plant en ook as `n statistiese proef te behandel. `n Positiewe vergadering het ook in Potchefstroom met die Landbounavorsingsraad (LNR) en Proteïennavorsingstrust (PNT) plaasgevind. Die moontlike deelname aan die Nasionale Kultivarproewe met PCAkultivars en GWK as die lisensiehouer in Suid-Afrika is bespreek. Die kort agtergrond van hierdie projek is dat, gegewe die onlangse sluiting van die LNR-grondboonteelprogram in 2013, die PNT gretig is om `n nasionale (en onafhanklike) kultivar-navorsingsprogram saam met die LNR te stig en te befonds. Alle maatskappye wat oorsese 30

grondboonkultivars invoer, kan dus aan hierdie program deelneem waar kultivars met mekaar en met ons plaaslike kontrolekultivars vergelyk sal word. Die vergadering het positief verloop en alle partye het saamgestem dat dit `n goeie idee is. Wright gee op die oomblik terugvoer aan die senior bestuur van die PCA rakende punte van belang soos bespreek tydens die vergadering. Uit `n GWK-oogpunt is ons positief dat ons vir die 2014/15-seisoen sal begin en daarna deel van hierdie projek sal wees. Vir grondboonprodusente in Suid-Afrika sal dit van groot waarde wees aangesien die voorgestelde gebiede die hoof grondboonproduserende gebiede in Suid-Afrika sal dek. Produsente vra dikwels wanneer die nuwe kultivars gekommersialiseer sal word. GWK toets op die oomblik drie Amerikaanse kultivars (70 ha gesamentlik) naby Douglas. Hierdie kultivars is Spaanse runner-soorte met pitgroottes soortgelyk aan ons plaaslike kultivars. Ons sien met groot afwagting uit na die resultate van hierdie projek. Verder word beplan om ook `n kultivar van PCA kommersieel vir die 2014/15-seisoen te toets. Hierdie kultivar sal by Douglas (besproeiing) en Viljoenskroon (droëland) getoets word. Hoewel die Australiese kultivars se pitte groter as ons plaaslike kultivars se pitgrootte is, sien die PCA op die oomblik die geleentheid om die groter pitklasse uit hierdie proef na Australië in te voer. Die PCA sukkel om genoeg hoeveelhede produk te produseer en vanaf Argentinië in te koop om aan al hul kliënte te voorsien. Die PCA is ook bereid om kopers, wat hulle nie tegemoet kan kom nie, na GWK te verwys. Geleenthede vir waardetoevoeging tot ons produk is ook moontlik danksy goeie bande wat alreeds met die PCA

gebou is. Die PCA verkoop geen rou grondbone nie. Waarde word toegevoeg deur die grondbone self te rooster en te geur. Die gesonde olie (hoë olien) word uit die swakker gehalte bone gepers, wat dan gebottel en plaaslik verkoop word. Wright het ook aan GWK-personeel gedemonstreer hoe maklik rypheidstoetse gedoen kan word deur `n drukspuit te gebruik. Volgens hierdie metode word vier plante van elke kultivar uit ekstra persele, vir dié doel aangeplant, getrek. Die geoeste peule word dan in `n sifbak geplaas en die buitenste laag word met `n drukspuit afgespuit. Na aanleiding van die kleur van die peule word dit in vyf kategorieë verdeel, naamlik swart, bruin, oranje, geel en wit. `n Aantal bruin peule word oopgebreek en as dit aan die binnekant ook bruin verkleur het, word dit saam met die swart peule as ryp beskou. Verskille in oesgereedheid tussen kultivars kan maklik met dié metode bepaal word. Dit is ook van groot waarde om die optimum oesdatum te bepaal wanneer 75-80% van die peule oesgereed is. Bogenoemde kan ook gedoen word deur die bekende metode waar elke peul met `n mes gekrap word. Dit is egter meer tydrowend. Intussen het GWK ook `n uitstekende grondboon-boeredag aangebied. Inligting is deur middel van voordragte oorgedra, waarna produsente die geleentheid gehad het om die kultivars in die land te besigtig. Produsente wat in grondboonverbouing belangstel, word sterk aangeraai om hierdie dae by te woon. Produsente, wat die dag bygewoon het, is saam met GWK-personeel opgewonde oor wat daar gesien is. Die proefresultate sal volledig in `n opvolgartikel bespreek word nadat die data verwerk is.



Mnr. Wynand Human (GWK-direkteur) in aksie tydens die gholfdag.

(Foto’s: Amorie van der Merwe).

GWK Nuus GHOLFDAG `N HOOGTEPUNT OP DIE SPORTKALENDER

G

WK Meganisasie se jaarlikse gholfdag is onlangs by die Douglas Gholfklub aangebied. Dié gholfdag word as `n hoogtepunt op die jaarlikse sportkalender beskou. `n 5303 John Deere-trekker ter waarde van R188 777.000 is as prys vir `n kolskoot op gat nommer nege aangebied. Ongelukkig het niemand vanjaar met hierdie spogtrekker weggery nie. Die gholfdag het spelers van al die omliggende dorpe getrek en altesaam 62 spelers het deelgeneem. Volgens mnr. Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie) was die samewerking tussen die borge, naamlik GWK Meganisasie (John Deere), Bearing & Belting, GWK Bande, Landzicht, GWK Vleis en die bestuur van die Douglas Gholfklub fenominaal. “`n John Deere-gholfdag bied aan ons `n geleentheid om `n dag saam met ons lojale klante deur te bring. 32

“Op hierdie manier kan ons hulle vir hul ondersteuning bedank en hulle terselfdertyd beter leer ken. Dit is `n aangename manier om vriendskappe met ons huidige klante te bou en ook nuwe vriende te leer ken. “Die John Deere-handelsmerk is baie sterk in die landboubedryf, maar uiteindelik is dit ons klante se ondersteuning wat die verskil maak. Die formaat van die kompetisie was `n vierbal-alliansie (two scores to count). Pryse is toegeken as posisie een tot vier, asook vir die naaste aan die pen, die langste dryf (mans), langste dryf (dames), beste telling (mans) en beste telling (mans en dames). `n Trekking met tien gelukkige pryse is ook gedoen. Die uitslae was as volg: Eerste plek: mnre. Hennie Mans, Broer Mans, Schalk Oosthuizen en Piet Oosthuizen. Tweede plek: mnre. Shawn Stapel-

berg, Stefan du Plessis, Frikkie Mostert en Ignus Badenhorst. Derde plek: mnre. Wessel van der Merwe, De Necker Botma, Hein Mülke en Werner Landman. Vierdie plek: mnre. Rocky Le Roux, Corneel Botes, Ederich Prinsloo en Lucas Holtzhausen. Laaste plek: mnr. Pieter van Schalkwyk (wisseltrofee). Naaste aan die pen: mnr. Stefan Du Plessis. Langste dryf (mans): mnr. Ignus Badenhorst. Langste dryf (dames): me. Annelize van der Vlies. Beste punte (mans): mnr. Frikkie Hefer. Beste punte (dames): me. Sandra Mans. “Na `n feestelike prysuitdeling was almal dit eens dat die John Deere Gholfdag weereens `n hoogtepunt was,” het mnr. Schalk Oosthuizen (voorsitter van die Douglas Gholfklub) gesê.


Heel bo: Die eersteplek-wenners saam met mnr. George Wheeler (links). Vlnr: Mnre. Piet en Schalk Oosthuizen en Hennie en Broer Mans. Bo: Die tweedeplek-wenners, mnre. Shawn Stapelberg, Stefan du Plessis, Frikkie Mostert en Ignus Badenhorst. Regs: Die derdeplek-wenners, mnre. De Necker Botma, Wessel van der Merwe, Werner Landman en Hein M端lke.

//34 33


GWK Nuus vervolg

Heel bo links: Mnr. Frans van Niekerk , adv. Willem Coetzee en mnre. Klasie Jacobs en Jaco Theron. Heel bo regs: Mnr. Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Direkte Insette) in aksie. Bo: Mnre. Hennie Mans, Willem M端lke (GWK-direkteur), Frikkie Heever en Broer Mans. Links: Mnr. HF Cilliers van Douglas op die gholfbaan.



Kompetisie! Like en share GWK se blad op Facebook en jy ontvang onmiddellik `n inskrywing in ons maandelikse kompetisie!

Snappy Chef 20cm veerligte gietyster-braaipan ter waarde van R799

6-stuk Snappy Chef messestel ter waarde van R699

Snappy Chef eenplaat-induksiestoof ter waarde van R1199

Snappy Chef 35cm reghoekige lasagnebak van gietyster ter waarde van R1199

Die wenner sal `n stel kookware van Snappy Chef ter waarde van R4 595 ontvang. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

36

8-stuk Snappy Chef pottestel ter waarde van R699



Die perfekte balans Topprodusente as lesers Sirkulasie van meer as 3 000

Bekostigbare tariewe Persoonlike diens

Adverteer in . . . en maak seker die landbougemeenskap neem kennis van jou besigheid. Kontak Tania Fourie by 053 298 8355 of TaniaF@GWK.co.za.

innoveer landbou




RHODES FARMING


Pret op die plaas Vir die jongspan

Ko

� `n Me ei-feite! lkkoei mo et `n hê om te lakteer (m kalfie elk te maak). � Melk is `n g proteïene oeie bron van wat help om spier te bou. e � `n Me lkkoei bad vol w drink amper een ater per d � Koeie ag op. het vier m ae (jy het een!) net � `n Me lkkoei pro duse wat 200 000 glas er soe melk in haar lewe .

Koei-taal!

Koei: Die volwasse dier. Vers: Jong vroulike dier. Bul: Manlike dier. Droë koei: `n Koei wat nie melk produseer nie.

Koei-anatomie!

� Koeie is herkouers. Dit beteken hulle kou hul kos meer as een keer. � `n Koei het geen tande voor, bo in die mond nie. Pleks hiervan het hulle `n harde stuk tandvleis. � `n Koei is uniek aangepas om vesel in melk te verander. 42



depositphotos

Leefstyl

Carien Grobler

Trek aan om suksesvol te wees In `n onlangse studie deur Careerbuilder.com het 41% van werkgewers gesê hulle is geneig om eerder mense te bevorder wat professioneel aantrek.

voeg jy voorkom. “Die standaarde vir werknemers se klere wissel van een werkplek tot die volgende,” sê me. Kate Zabriske, `n voorkomskonsultant en stigter van Business Training Works Incorporated, `n maatskappy wat daarin speaak dit werklik saak wat jy sialiseer om aan werknemers die nowerk toe aantrek, solank dige vaardighede te leer om sukjy jou werk goed doen? sesvol te wees. Hoewel dit nie noodwen- Kate se maatskappy sluit kliënte soos dig regverdig is dat jy op jou baadjie die hoogs suksesvolle Microsoft in. getakseer word nie, is die werklikheid “As jy vir `n maatskappy werk wat dat dit wel `n invloed het op hoe be- nie-tradisioneel is wat kleding aan-

M

44

betref of vereis dat jy `n uniform dra, hoef jy nie bekommerd te wees nie. Mense wat egter werk vir maatskappye met vasgestelde reëls wat maklik verkeerd geïnterpreteer of uitgedaag kan word, moet `n slag na hulself in die spieël kyk voordat hulle werk toe vertrek. Vra jouself af of die beeld wat jy uitdra in lyn is met die beeld wat jou maatskappy aan kliënte wil wys.” Kate verduidelik dat dit nie beteken `n mens moet ongepas formeel aantrek nie. “In die werkplek is `n aandrok net so ongepas soos swemklere.


Nietemin is daar tussen hierdie twee uiterstes `n gelukkige medium wat jou sal toelaat om jou werk te doen én professioneel te lyk. Moet egter nie op modetydskrifte staatmaak om jou te help om `n geskikte klerekas vir die werk te kies nie. “Hou modeitems eerder vir tye wanneer jy nie by die werk is nie” Volgens Kate is boudjies en magies wat uitsteek glad nie toelaatbaar nie. “Hoewel `n mens verwag dat mense in die somer minder sal aanhê, beteken nie dat `n mens alles kan oorboord gooi wanneer dit warm word nie. Jy moet steeds jou diskresie gebruik. Die meeste werkplekke het lugverkoeling waar `n mens gemaklik kan werk sonder dat dit voel of jy in `n sauna sit.” Sy gee die volgende wenke om seker te maak jou klere staan nie in die pad van jou bevordering nie:

Maak seker dat jy presies weet

wat jou maatskappy se beleid oor kleredrag behels. As jy twyfel, wees eerder meer konserwatief. As jy graag wil opgang maak in die maatskappy, streef na die styl van mense in posisies soos wat jy graag sal wil beklee. As jy verwag om professioneel behandel te word, lyk professioneel, selfs as die maatskappy se beleid meer informele drag op `n Vrydag toelaat. Gebruik jou gesonde oordeel en besef dat die media dinge aan jou sal verkoop wat nie noodwendig goeie smaak is nie. Trek reg aan vir jou beroep Luidens CareerBuilder.com se opname is dit in sommige beroepe belangriker om korrek en professioneel aan te trek as in ander. Finansiële dienste is uitgewys as een van die beroepe waar die meeste klem op `n professionele voorkoms geplaas word en altesaam 55% van werkers in hierdie sektor het gemeen dat werknemers wat goed geklee is,

`n groter kans het om bevorder te word. Verkoopsverteenwoordigers het ook oorwegend gevoel dat dít die geval in hul beroep is. Aan die ander kant het slegs 37% van mense wat in inligtingstegnologie werk, asook slegs 33% wat by die vervaardiging van produkte betrokke is, gemeen dat hul kleredrag in die pad van bevordering sal staan.

dat dit skoon is en dat die hakke nie afgeloop is nie.

Mense wat `n kreatiewe beroep soos in die advertensiewese beoefen, kan minder formeel, maar steeds professioneel aantrek. Hoewel jy jou kreatiwiteit meer in jou klere kan uitleef, moet jy steeds `n professionele beeld na buite uitdra. Kleur en tekstuur is slegs twee van Hier is `n paar wenke om reg aan te die elemente wat jy kan gebruik om `n meer kreatiewe voorkoms te skep, trek vir jou beroep: maar moet egter nie oorboord gaan en jou geloofwaardigheid en be Mense in die regsberoep of enige ander professionele diens moet voegdheid inboet nie. professioneel aantrek om hul geloofAs jy `n kliënt gaan sien, waardigheid te versterk. `n Goeie bemaak seker dat jy reg aangetrek is ginpunt is drie of meer netjiese pakkies wat jy kan meng en pas en waar- vir die geleentheid. As jy onvanpas of slordig aangetrek is, sal jy sukkel by jy verskillende bloesies kan aanom hom oor te haal om met jou sake trek. `n Netjiese paar skoene is ook van uiterste belang omdat `n netjiese te doen. Vind uit wat die beleid oor uitrusting vinnig slordig kan lyk as jou kleredrag in sy of haar maatskappy behels en trek soortgelyk aan. skoene nie gepas is nie. Maak seker


Gesondheid Carien Grobler

Skommel die wintervetjies weg! As jy stadig en gesond gewig wil verloor, is die skommeldieet die regte eetplan vir jou! Navorsing wys dat etes wat met skommels vervang word nie spiermassa inboet nie en `n mens kan help om op `n volhoubare wyse slanker en meer gesond te wees.

Voeg vullende vesel by � Voeg vesel by jou skommel om jou bloedsuiker te beheer. � Psillium-vesel absorbeer sowat 50 keer sy eie gewig in water en sal ook help om hardlywigheid te voorkom. Voeg een tot drie teelepels by elke skommel. � Die water wat die vesel absorbeer veroorsaak dat dit uitsit en jou vol laat voel. � Vesel verstadig ook die normale Doen dit só styging in bloedsuiker in reaksie � Drink twee skommels per dag wat op `n maaltyd, selfs wanneer jy hoog is in proteïene en laag in slegs proteïene inneem. koolhidrate, pleks van jou nor� Dit sal ook help om die vesel te male etes. Jy kan jou skommel vervang wat `n mens normaalinteressant maak met groente of weg uit koolhidraat-gebaseerde vrugte en drie versnaperinge deur kos kry. die dag geniet. Eet een gesonde, � Probeer om minstens 25g vesel gebalanseerde ete per dag. per dag in te neem. � Kenners meen dat die gemiddel� Die meeste apteke hou vesel in de vrou sowat 500g vet per week houers aan wat maklik by jou kan verloor as sy haar daaglikse skommel gevoeg kan word. kalorie-inname na 1 200 kalorieë per dag aanpas. � Jou koolhidraat-inname kan aan- Daaglikse eetplan Oggendete: een skommel gepas word om vet vinniger of Mid-oggend: `n paar neute stadiger te verloor. � As jy die eetplan volg en drie keer Middagete: `n gebalanseerde ete met proteïen en slaai of per week oefen, sal die gewig afval sonder dat jy enige radikale groente Mid-middag: `n vrug of veranderinge aan jou dieet hoef `n bakkie groente te maak. Aandete: een skommel Kies `n proteïen Navorsing dat weiproteïene die beste basis vir `n skommel is om gewig te verloor. Weiproteïene is die maklikste verteerbaar, terwyl melkproteïene stadiger verteer en jou langer vol sal hou.

46

Voeg goeie vette by � Vette help om die verteringsproses te verstadig en laat `n mens langer vol voel. � Die meeste proteïenpoeiers is laag in vet. Dit is daarom belangrik dat jy gesonde vette sal byvoeg om te keer dat jy lus word om te peusel. � Navorsing wys ook dat goeie vette insulienweerstandigheid verlaag, wat veroorsaak dat die spiere meer vet verbrand en minder vet gestoor word. � Voeg `n teelepel visolie by jou skommel, wat ongeveer 45 kalorieë bevat. � Jy kan ook vis- of krilolie in kapsulevorm saam met jou skommel drink.


Resep

Prettige, pragtige pampoentert Resep 2 koppies pampoenpuree 1½ koppie room ½ koppie bruinsuiker ½ koppie witsuiker ½ teelepel sout 2 eiers plus die geel van `n derde eier 2 teelepels kaneel 1 teelepel gemaalde gemmer ¼ teelepel neutmuskaat ¼ teelepel naeltjies ¼ teelepel gemaalde kardemom ½ teelepel suurlemoenskil 1 rol skilferdeeg

Metode � Voorverhit die oond tot 200°C. � Meng die suiker, die sout, die speserye en die suurlemoenskil in `n mengbak. � Roer die pampoenpuree in. � Roer die room in. � Roer totdat alles goed gemeng is. � Gooi die deeg in `n oondbak wat met skilferkors gevoer is en bak 15 minute teen 200°C. Ná 15 minute draai die temperatuur af na 180°C en bak nog 40-45 minute of totdat `n mes wat naby die middel ingedruk word, skoon uitkom. � Plaas op `n afkoelrakkie vir twee ure. Onthou dat die tert opgepof sal voorkom van die eiers wat rys en sal afkoel wanneer dit afkoel. � Bedien met geklitste room.

47


Agterblad

Uit Piet se pen . . .

Ons verstaan mekaar . . .

E

Nee, as hy eers `n wa by `n ander lke boer moet `n scrapyard hê. man gesien het, dan wil hy net so `n Jannie van Britstown het `n lek- een hê.” ker een. Ons beweeg na die kantoor. Die `n Pronkende metaalperdjie dui die kantoor en die scrapyard vul mekaar afdraai aan. Brosdoring se afdraai goed aan. Voor die deur hang `n kan jy nie mis nie. Hier word letterlik houtbordjie met `n waarskuwing met alles geboer. “Moenie vir pa die m**r in maak In die middel van al die ysters staan nie”. die fabriek onder `n afdak. Hier word Die lessenaar is `n houtdeur wat feitlik enigiets vervaardig. Die Hudeur twee 200-liter dromme gestut man-sleepwa en windpompe is Janword. Die kantoorstoel het al beter nie se “claim to fame”. dae geken. So `n groene. Vandag is ek op pad om rooikathok- Vir my skuif Jannie `n 20-liter parafke by hom te gaan haal. fiendrom nader. Nou kan ons lekker Dit reën en die plek is `n miernes gesels. van bedrywigheid. Staalsnyers en Eintlik wil hy sy kantoor huis toe skuif. hoekslypers maak lang vonkstrepe Dinge raak nou vir hom hier te vol. soos daar gewerskaf word. Oop (Lyk nogal so.) Ek wonder of hy ook kragdrade lê die hele plek vol, plekmet sy meublement gaan oortrek . . . plek sommer met plastieksakke Die hele plek lê vol faktuurboeke en toegedraai. Hier moet jy fyntrap. telefoongidse. Hy trek een van die Jannie is iewers tussen die ysters boeke nader. bedrywig. In die verte sien ek hom Weet presies waar om te vat. Jannie nader kom. Sy welige bos swart hare loer na die faktuur en wil by my weet mis jy moeilik. So elke nou en dan wat my vorige hokke gekos het. vee Jannie die kuif uit sy gesig. Gewoonlik sê ek die helfte van die Voor die afdak staan `n halfklaar prys. Hiervoor val hy nie meer nie. Hy sleepwa. Jannie groet en neem stelgee so `n laggie en loer onder sy bril ling in oor die wa se tralies. “Sien jy deur na my. hierdie wa?” vra Jannie. “Kan jy glo “Jy het my eenkeer met `n sleepwa die koper wil die ding met `n Land gevang en gaan dit nie weer regkry Cruiser sleep? Hoekom koop hy nie nie,” is al wat hy uiter. liewer vir hom `n lorrie nie? Die selfoon lui en Jannie sukkel om “Ek sê jou, die boere oorskat hierdie die ding aan die praat te kry. Dit is ieou Land Cruisers heeltemal. Net ver- mand wat `n sleepwa soek. Presies lede week het `n ou presies dieselfde wat gesê word, kan ek nie agterkom grootte wa by my gekoop. nie. “Sy Cruiser het kamtag `n soort van Klink my na `n bestelling vir `n rede`n Brospeed op, maar ek sê jou, hy like groot wa. Daar word mooi verhet geskyt teen die bultjie Vosburg se duidelik hoe hy by sy prys uitkom. kant toe. Nog nie eers diere op nie! “Nee man, daai prys waarvan jy Help ook nie jy wil hulle reghelp nie. praat kan ek nie eers mee wiele koop 48

nie,” hoor ek hom. Hy groet met “jy moet net nie haastig wees nie.” “Sien jy, al weer `n wa wat te groot gaan wees vir `n bakkie.” Baie verontwaardig oor die persoon vir hom wil voorsê wat die wa moet kos. Jannie lê terug in sy stoel. Hy is besig om sy respek vir geld te verloor. “Sien jy die Ford-trekkertjie wat daar onder die boom staan?” vra hy. “Die vorige baas het my belowe daar is net `n klein foutjie met hom. Net die enjin en die pomp se oordoen het my by `n R20 000 gekos. Nee man, hoe lank kan dit so aangaan? Wie sal nou daai ding weer by my koop?” Die paraffienblik begin nou lekker sit, maar Jannie kom nog nie met `n prys vir die hokke nie. Hy praat allerhande goed en vang net so nou en dan in die faktuur se rigting. Ons gaan draai later by die ou Lister-enjin wat hy twee jaar terug by my wou koop. Hy het die prys iewers in `n sakboekie neergeskryf. Kan ek hom nie dalk help met daai prysie nie, wil hy weet. Ek hou my dom. Ons sukkel om by die prys van die hokke uit te kom. Hy vertel intussen van sy trippie Bloemfontein toe. Jannie is baie verontwaardig oor die klomp bedelaars wat jy deesdae oral in Bloemfontein aantref. `n Straatkind het sy pet by die robot van sy kop afgesteel. Al wat hy kon doen, was om dit weer terug te steel. Een van sy kinders het dit vir hom van oorsee saamgebring. So kan dit mos nie aangaan, seg hy hoogs onsteld. Eindelik hoor ek die hokke se prys. Ek betaal en ry. Gelukkig verstaan ons mekaar.


GWK Graanfasiliteite . . . innoverende berging GWK Graanfasiliteite is `n markleier in die grootmaat gradering, hantering en berging van verskillende graanprodukte by moderne fasiliteite in die hele GWK-bedieningsgebied. Die besigheid het graandepots op Douglas, Prieska, Hopetown, Barkly-Wes, Jan Kempdorp, Luckhoff, Marydale, Modderrivier en Rietrivier en is gerat vir die hantering en berging van honderdduisende ton graan elke seisoen.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


GWK Versekering . . .

Gemoedsrus oor jou bates Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

• Bekostigbare oplossings teen wild- en kudde-risiko. • Kortingterugbetalings ondanks aandeelhouer se eisegeskiedenis. • Maakpas-oplossings vir bateversekering.

Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 Hopetown Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.