Oktober 2013
`n handelsmerk van
GWK maak toetrede as leier in dieregesondheid Bekom MVW, groot rolspeler in hierdie marksegment
Wingerd: Lewer grootste oes teen die beste gehalte
Grondboonvoorraad onder druk – pryse lyk belowend
GWK Properties bekom alleenmandaat vir gholflandgoed
Inhoud 2 Redaksioneel
30 Lewendehawe
Nóg goeie nuus.
`n Goeie vraag na veldramme vanjaar op Griekwastad gesien.
3 Geestelike akker
Onmiskenbaar blóm . . .
32 Op die veeplaas
Kudde-oudit van uiterste belang. 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel
GWK maak sy toetrede as leier in die dieregesondheidsmark.
48 GWK NUUS
- GWK vat hande met Agri Herold Landbouvereniging. - GWK-vulstasie `n miernes van bedrywigheid. - GWK Vleis verskaf nou vleisprodukte aan Game-takke. - GWK op Hopetown bied innovasiedag aan. - Hoërskool Douglas vereer mielie- en beesprodusente.
10 GWK bekom MVW.
14 Pryse lyk belowend.
46 KOMMUNIEK KIEKIES 12 Wat aandeelhouers moet weet
Water.
Dís nuus in die GWK-groep. 48 DIE SKOPSKOEN 14 Spesialisprodukte
Swak skeidsregters ry ons bloots!
Grondboonvoorraad onder druk – pryse lyk belowend.
50 Vir die jongspan
Pret op die plaas. 16 Spesialisprodukte
GWK Aartappels besoek Kenia.
52 VROUE Leefstyl
20 Spesialisprodukte
Kies die regte etiket!
Wingerd: Lewer die grootste oes teen die beste gehalte.
54 Gesondheid
46 Wenkiekie
Leef voluit . . . in volkleur! 26 Eiendomme
GWK bekom alleenmandaat vir gholflandgoed by Magersfontein.
55 Resep
28 Versekering
56 Agterblad
Reisversekering nou by GWK.
Al wat help is Rattex . . .
Appeltert met neuterige nougat.
52 Kies die regte etiket!
Redaksioneel
Terwyl ons produsente hard besig was op hul plase, het GWK se personeel ons innoverende benadering tot landboubesigheid uitgeleef en die transaksie beklink om Midlands Veterinary Wholesalers (MVW) te bekom. Nóg goeie nuus is dat grondboonvoorrade onder druk is en pryse gevolglik belowend lyk. In hierdie uitgawe besoek ons saam met GWK Aartappels die land Kenia, waar die African Potato Association onlangs sy kongres aangebied het. Ons gee ook ons lesers `n blik op die potensiaal wat in hierdie Afrikaland opgesluit lê, hoewel dit met groot uitdagings gepaardgaan.
Ons doen ook aan by Hein Janse van Rensburg, ons wingerdboukundige, wat die praktyke bespreek om die beste oes teen die beste gehalte te lewer. Dan gaan kuier ons op Magersfontein naby Kimberley, waar GWK Properties `n alleenmandaat met Craig Edwards van die Magersfontein Memorial Gholflandgoed onderteken het om die erwe en ook `n nuwe boetiekbehuisingskompleks, die Village, op die gholflandgoed te bemark. Ons kyk na die reisversekeringspakkette wat nou by GWK beskikbaar is en besoek die jaarlikse Veldramveiling op Griekwastad, waar `n goeie vraag na veldramme
vanjaar gesien is. En dan is dit die dames se beurt. Ons leer vandeesmaand om die regte etikette vir onsself te kies, leef voluit en in volkleur en maak `n appeltert met neuterige nougat. Oudergewoonte wag Piet met `n lekker storie op die agterblad . . . Barry van Dronkwordspruit het weer kom kuier en sy sêgoed sorg vir menigte skaterlagte!
Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)
Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730
VOORBLADFOTO Landzicht-wyn. Foto: Gerhard Steenkamp
Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za 2
Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za
Lekker lees! Tot volgende keer.
ler
Carien Grob
Redakteur
Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.
depositphotos
Om elke dag in Afrikaans te skryf, is een van die grootste lekkertes in my lewe. Die woorde rol soos lekkergoed in my mond terwyl ek Kommuniek aanmekaarsit en nog `n lekkerte ervaar – om elke maand goeie nuus met ons lesers te deel.
Geestelike akker Eerlike raad van `n vriend is so aangenaam soos parfuum en so heerlik soos wierook. `n Vrolike mens is soos goeie medisyne. `n Neerslagtige mens tap jou krag. Spreuke 27:9, 17:22 Sekere blomme ruik onmiskenbaar blóm: soos jasmyn, katjiepiering, die roos en die veelkleurige yesterday-today-and-tomorrow. Dis asof hulle in jou verbygaan vir jou uitroep: “Kom nader. Kom rúík en geniet my skoonheid in voordat jy verder gaan.” So is party mense onmiskenbaar líéfde. Hul hele wese sê: “Jy’s welkom in my hart. Vertoef gerus `n wyle by my sodat ek `n stukkie van my liefdesgeur op jou kan afvryf. Kom sit in die koelte van my mensweesskadu sodat ek jou kan verkwik en jou met nuwe inspirasie kan vul.” En omdat jy veilig voel by hierdie jasmyn-mense, wíl jy in hul teenwoor-
digheid wees, wíl jy by hulle verwyl en Gees van God, ek kan net u liefde aan hierdie wêreld wys as U dit deur het jy altyd weer `n behoefte om na hulle terug te keer. my doen. Ons liewe Vader wil hê dat ons gegeurde mense sal wees. Iets wat ons net kan regkry as Hy deel van ons wese is, as ons Hom toelaat om ons daagliks te vernuwe en sy Gees die Uit Laat sy liefde jou lei, kern van ons menswees vul. Want nét God kan van gewone, feil- uitgegee deur Cum. bare en hartelose mense, liefdesmense maak. Net Hy kan ons help om die wierook van liefde grensloos te versprei. Kom ons bid vandag vir die suiwering en vernuwing van ons harte sodat ons lewens sal sê: Welkom in my lewe. Welkom by die liefde.
Milanie Vosloo
3
Veilingskalender en Veilingspryse Malherbe Roberts, Hertzogville Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Hertzogville-veiling Go West Tuli-veiling, Kimberley
22 Oktober 24 Oktober 29 Oktober 30 Oktober
Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Boshof-veiling; Griekwastad-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Hencoe Bonsmara-veiling, Prieska
depositphotos
9 Oktober 15 Oktober 17 Oktober 18 Oktober
Veilingspryse vir lewendehawe - September 2013 02/09 - 06/09
09/09 - 13/09
16/09 - 20/09
23/09 - 27/09
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R11.50
Slagosse
R12.00
Slagosse
R11.20
Slagosse
R11.30
Slagkoeie
R11.30
Slagkoeie
R11.20
Slagkoeie
R11.20
Slagkoeie
R11.30
Maer beeste
R9.00
Maer beeste
R9.00
Maer beeste
R10.00
Maer beeste
R9.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R15.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R15.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R16.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R15.00
Swaar kalwers (201-250kg)
R15.30
Swaar kalwers (201-250kg)
R15.00
Swaar kalwers (201-250kg)
R15.50
Swaar kalwers (201-250kg)
R15.00
Swaar kalwers (250kg +)
R15.00
Swaar kalwers (250kg +)
R14.00
Swaar kalwers (250kg +)
R15.00
Swaar kalwers (250kg +)
R14.00
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R19.00
Slaglammers
R19.00
Slaglammers
R19.00
Slaglammers
R18.80
Stoorlammers
R18.50
Stoorlammers
R19.00
Stoorlammers
R19.00
Stoorlammers
R18.50
Kruislammers
R18.00
Kruislammers
R18.00
Kruislammers
R18.00
Kruislammers
R17.80
Slagooie
R11.00
Slagooie
R13.00
Slagooie
R13.00
Slagooie
R12.00
Maer ooie
R10.00
Maer ooie
R11.00
Maer ooie
R11.00
Maer ooie
R11.00
Klein bokkies
R21.00
Klein bokkies
R22.00
Klein bokkies
R22.00
Klein bokkies
R21.00
Jong bokke
R20.00
Jong bokke
R22.00
Jong bokke
R22.00
Jong bokke
R21.00
Bokooie
R14.00
Bokooie
R14.00
Bokooie
R14.00
Bokooie
R15.00
4
depositphotos
Damme en temperature
Voorspelling: Oktober 2013
Huidige stand van damme Riviersisteem
Dam
% Vol
Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam Boegoebergdam
38 79 98 106
Vaalrivier
Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam
66 24 28
Rietrivier
Kalkfonteindam
45
Oranjerivier
140 120 100 80 60
40 20 0
Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Rietrivier
Douglas Lunenburg 40 30 20 10 0 -10
50 40 30 20 10 0 -10
2525Augustus - 23 September 2013 Julie - 23 Augustus 2013 Max
Max Langtermyn
Min
25 Augustus - 23 September 2013 25 Julie - 23 Augustus 2013 Max
Min Langtermyn
Prieska Green Valley Nuts
Max Langtermyn
Min
Min Langtermyn
Barkly-Wes Ulco 40 30 20 10 0
40 30 20 10 0 -10
25 - 23 Augustus 25Julie Augustus - 232013 September Max
Max Langtermyn
Min
2013
25 - 23 Augustus 25Julie Augustus - 23 2013 September
Min Langtermyn
Max
Max Langtermyn
Min
2013 Min Langtermyn
Vaalharts Jan Kempdorp
Hopetown Lilydale 50 40 30 20 10 0 -10
40 30 20 10 0 -10
2525 Augustus 23 September Julie - 23- Augustus 2013 2013 Max
Max Langtermyn
Min
Min Langtermyn
25Julie Augustus - 232013 September 25 - 23 Augustus Max
Max Langtermyn
Min
Inligting verkry van GFCSA
5
2013 Min Langtermyn
Landbouwenke Weiding Plant voersorghum van Oktober tot Desember.
Heelwat blousuurvrye kultivars
vir beeste, skape en bokke is beskikbaar. Plant hierdie kultivars slegs onder besproeiing.
Katoen Die saadbed moet redelik ferm
en nie te fyn wees nie. Die grond moet goed deurlug wees, daarom is “rip� belangrik. Geen beperkende lae vir optimale wortelontwikkeling. Die grond moet op veldwaterkapasiteit wees met plant en weer met die aanvangs van die blomstadium. Die plantdiepte is baie belangrik. Plant 25mm, maksimum 30mm diep. Die grond moenie te nat gehou word nie, aangesien dit die grondtemperatuur verlaag en kieming vertraag. Pithium- en Rhizoctonia-swamme val jong saailinge in koue toestande aan. Die ideale plantestand is sowat 80 000 tot 90 000 plante/ ha. Plant swaar gronde teen
13-14kg/ha saad en ligter sandgronde teen 10-12kg/ha saad. Kunsmisbrand kan maklik voorkom. Daarom moet kunsmis minsten 100mm diep en 100mm weg van die saad geplaas word aangesien die penwortel baie vinnig ontwikkel. Altesaam 20-30 N met plant behoort voldoende te wees. Die res word deur die seisoen versprei. Onkruide is baie nadelig, veral in die eerste agt weke van die plant se ontwikkeling. Op lande waar onkruidprobleme ervaar word, kan Treflan voor plant toegedien word en onmiddellik ingewerk word. Voor plant tot voor ware blaarstadium kan Roundup Ready Powermax teen 2l/ha gespuit word. Hou streng by die voorskrifte op die etiket.
Koring en gars Koring is op die oomblik in `n
vlagblaarstadium en volg binne tien dae met `n tweede kritieke stadium. Boor lande bespuiting op. gereeld om vogstatus met die van die skeduleringsapparaat te Gaan die lande deur vir die voorkoms van insekte vergelyk. soos luise, vals bolwurm en Spuit voorkomend teen Karnal blaarmyner. bunt met die begin van die 6
Grondbone Die plantproses is uiters
belangrik. Soveel as 50% van die sukses van die oes kan hiervan afhang. Behandel saad met swamdoder (Thiram/ Thiolin) en indien moontlik, dien entstof direk in die plantervoor toe. Entstof in poeiervorm is ook beskikbaar. Die saadbed moet redelik fyn en ferm wees om goeie grondkontak met die saad te verkry. Die plantdiepte is 3-5cm. Vir nou rye van 30-40cm kan die saadplasing 8cm in die ry wees en vir wye rye van 76cm, 6cm in die ry. Plantdigtheid: 100-
110kg/ha (60/70 pitgrootte). Dit gee 228 000 tot 250 000 pitte/ ha. Die plantdigtheid kan selfs na 90ka/ha afgebring word. Drukwiele trap aan die kante van die saadry vas en `n skraper krap `n effense walletjie reg booor die saadry (ideale praktyk). Die saadbed moenie te los wees nie. Andersins sal die drukwiele diep spore trap wat operding van plante veroorsaak en oesverliese tot gevolg het. Die ideale saadplasing lyk soos volg:
Pekanneute Gee die laaste stikstof-
en kaliumbemesting van die seisoen en dien sinkblaarbespuiting toe. Die waterbehoefte verhoog en besproeiing
moet aangepas word.
Terugsny en ent op
raamtakke kan nou gedoen word. Volg die normale plaagen swambeheerprogram.
Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.
7
Direksie en Bestuur Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe
Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Mattheus Maree
Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid
Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker
Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen
Hoofbestuur Finansiële Direkteur Johann Klopper
Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis
Uitvoerende bestuurspan Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849
Sekretariaat, Regsdienste en Risikobestuur Freek Meyer 083 644 0022
Saad, Gewasproduksie en Opkomende Boere Jozua Haarhoff 082 808 8579
Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111
Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178
Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545
Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531
Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063
Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121
Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383
Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844
Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547
Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163
Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630
Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656
Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710
Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778
Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103
Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995
Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190
8
Missie en Visie
Bestaansrede
Om as agri-besigheid volhoubare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende belanghebbendes.
Visie
Om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.
Missie
Ons genereer markgerigte besigheidsoplossings in agrien voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur: � innovasie; � dinamiese leierskap; � energieke uitvoering en � eienaarskap gerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.
Waardesisteem
Ons optrede word gerig deur: � spanwerk; � integriteit; � menswaardigheid; � deursigtigheid; � toegewydheid; � verantwoordbaarheid; � aanpasbaarheid en � kliëntegerigtheid.
GWK Jaarvergadering 6 November 2013 Horseshoe Motel, Kimberley
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
depositphotos
Aktueel
Carien Grobler
GWK maak sy toetrede as leier in die dieregesondheidsmark
A
dat MVW, `n groot rolspeler in hierdie marksegment, deel word van die s deel van sy innoverende GWK-groep,” sê mnr. Terence van benadering tot landboubeDyk, Uitvoerende Bestuurder: Kwasigheid, het GWK nou ook Zulu-Natal Bemarking. die dieregesondheidsmark betree. Hierdie stap stel die maatskappy in “GWK volg `n innoverende benastaat om selfs `n beter diens aan dering tot landboubesigheid en ons glo dat die fokus en kundigheid wat veeprodusente te bied. In hierdie lig het GWK onlangs aan- MVW na die tafel bring, GWK in staat gekondig dat hy Midlands Veterinary sal stel om innoverende oplossings in Wholesalers (MVW) bekom het. hierdie segment van diere-gesondheidsorg aan ons klante te bied.” Die transaksie is in September Van Dyk benadruk dat MVW sal deur die Mededingingskommissie voortgaan om die goeie verhouding goedgekeur. Met hierdie stap word MVW `n volfiliaal van GWK. wat die maatskappy in die verlede MVW, `n dieregesondheid-groothan- met veeartse gehad het, te handhaaf. “Die veeartsgemeenskap is van groot delaar, verskaf geskeduleerde sowel belang vir ons besigheid en ons sal as ongeskeduleerde farmaseutiese daarom voortgaan om op die goeie middels aan die veeartsbedryf en oor-die-toonbank-produkte aan die verhoudings van die verlede te bou.” Volgens mnr. Ross Malcolm, Bestuboerderygemeenskappe binne MVW rende Direkteur van MVW, het MVW se bedieningsgebied. organies gegroei in die 20 jaar wat “GWK is trots om aan te kondig 10
die maatskappy sake doen. “MVW het die afgelope paar jaar geleenthede geïdentifiseer wat ons glo die volgende fase in die dieregesondheidsmark is. Ons het egter die regte vennoot nodig gehad. GWK is `n welbekende rolspeler in agribesigheid en ons voel dat die sinergieë vir ons besigheid, sowel as ons klante, noemenswaardige voordele sal inhou.” Ross noem dat die dieregesondheidsbedryf oor die jare heen dramaties verander het. “Ons glo dat MVW nou, met die ondersteuning van GWK, in staat sal wees om aktief in hierdie bedryf deel te neem en nuwe idees en oplossings aan ons klante te bied.” MVW sal steeds onder dieselfde handelsmerk sake doen en die takke in Johannesburg en Mooirivier sal sake doen soos voorheen.
GWK Veilings innoverende veeverhandeling Hoofbestuurder: GWK Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen 053 298 8200 083 444 3411 wimvr@gwk.co.za Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings Willie Meyer 051 250 4077 071 680 4103 williem@gwk.co.za
GWK Veilings doen aktief sake in die Vrystaat, Noord-, Oos-, en Wes-Kaap. Die besigheid fokus deurlopend daarop om die afsetgebied vir Suid-Afrikaanse produsente se vee te vergroot met ons groot- en kleinveeveilings, stoetveilings en wildveilings. Veeverkryging en die fasilitering van transaksies tussen produsente is ook deel van ons veeverhandelingsdiens. Kontak GWK Veilings vir innoverende veetransaksies.
Bedryfshoof-Noord, Kimberley Deon Klopper 053 832 5227 082 802 8483 deonk@gwk.co.za Bedryfshoof-Suid, Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532/ 082 924 6096 jane@gwk.co.za Kimberley Schalk Erlank (Stoetvee) 082 558 6891 schalke@gwk.co.za lewendehawe@gwk.co.za Bloemfontein Willie Snyman (Stoetvee) Pr.Sci.Nat. 082 375 2524 jacusta@mweb.co.za Humansdorp Renier Zietsman (Afslaer) 082 491 5182 renierz@gwk.co.za Kimberley Jan Buys (Afslaer) 083 680 8929 Lewendehawe@gwk.co.za
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
depositphotos
Ons Besigheid
Wat aandeelhouers moet weet
Dís nuus in die GWK-groep
W
elkom by hierdie aflewering van ons rubriek. Ons hou graag ons aandeelhouers op hoogte met die jongste verwikkelinge in die GWK-groep.
� PwC is deur GWK en OVK aangestel om waardasies van albei maatskappye te onderneem wat na verwagting teen 15 November 2013 voltooi sal wees. Ná ontvangs van die waardasies sal dit deur albei maatskappye geëvalueer word, waarna gesprekke met die oog op `n moontlike amalgamasie weer sal voortgaan. � Die GWK-groepdireksie het goedgekeur dat `n rabat van R86 266 197 aan aandeelhouers
py, beskik oor `n 26%-belang in die toegestaan word op grond van safiliaal waaruit die vulstasie bedryf ke gedoen deur aandeelhouers met word. winsgewende GWK-besighede. R8 626 620 van bogemelde rabat � Die opgradering van die Vaalrivierdiensstasie op Douglas het op 16 sal in kontant aan aandeelhouers September 2013 begin. Die doel uitbetaal word en die restant sal as van die opgradering is om aan ons voorkeuraandele en aandeelkliënte `n groter verskeidenheid houerslenings omskep word. produkte te verskaf en om `n beter � Voorts is goedgekeur dat rente op inkopie-ervaring te bied. aandeelhouerslenings ten bedrae van R27 487 357 toegestaan � Die Korporatiewe Klantegespreksforums het op September 2013 beword, waarvan R2 748 736 in gin en u word hartlik uitgenooi om kontant betaal sal word en die die forum in u streek by te woon. restant as voorkeuraandele en Die forums sal deur lede van die aandeelhouerslenings omskep Direksie en Hoofbestuur bygewoon sal word. word. Terugvoer sal oor strategiese � Ficksburg Truck Stop, `n Engen-vulstasie in die Oos-Vrystaat, het op kwessies in die GWK-groep gegee word en aandeelhouers sal ook ge5 September 2013 begin sake leentheid kry vir vrae. doen. FABVEST, `n SEB-maatskap-
Program: Korporatiewe Klantegespreksforums 2013 Waar
Wanneer
Dag
Lokaal
Tyd
Kimberley Modderrivier De Aar Hopetown
9 Oktober 15 Oktober 16 Oktober 29 Oktober
Woensdag Dinsdag Woensdag Dinsdag
Griekwastad
31 Oktober
Donderdag
Veilingskrale Handelstak Buiteklub Klub 33 (Hoërskool Hopetown) Handelstak
16:00 16:00 16:00 16:00 16:00 16:00
12
Spesialisprodukte Andreas Snyman Uitvoerende Bestuurder: Oliesade en Pekanneute
Grondboonvoorraad onder druk – pryse lyk belowend
14
depositphotos
D
ie Suid-Afrikaanse grondboonoes van 2013 was die kleinste oes in baie jare. Die aanvanklike oesskatting was 57 000 ton. Toe die produsente begin oes, het dit duidelik geword dat die oes baie kleiner was in die droëlandgebiede. Die oesskatting is in Junie tot 42 300 ton verminder. Teen die einde van Julie 2013 is slegs 37 903 ton gelewer. Dit is dus onwaarskynlik dat die oes groter as 40 000 ton sal wees. Suid-Afrika se verbruik is 55 800 ton per jaar. Uitvoere vir die jaar word op 15 000 ton geskat. Dit beteken dat, selfs al word daar verwag dat 20 000 ton ingevoer sal word, die eindvoorraad teen die einde van Februarie slegs 10 200 ton sal wees. Dit plaas Suid-Afrika in `n baie kwesbare posisie. In die onderstaande tabel word die produksie, invoere, uitvoere en eindvoorraad, soos saamgestel deur Graan SA, aangetoon. Internasionaal is voorrade ook onder druk. Wêreldpryse was vroeg in 2012 op rekordvlakke, met internasionale pryse van $2 400 tot $2 800 per ton. Sulke pryse is nog nooit voorheen behaal nie. In Augustus 2012 het dit bekend geword dat Amerika die grootste oes in die geskiedenis verwag. Die oesopbrengs in Amerika was gemiddeld 4,7 ton per hektaar, wat `n rekord is. Dit het tot gevolg gehad dat die
Amerikaanse oes op 3 057 850 ton te staan gekom het, wat daartoe gelei het dat die Amerikaanse departement van landbou (USDA) produsente versoek het om vanjaar 30% minder te plant. Uiteindelik het produsente 35,4% minder aangeplant. Produksietoestande in Amerika was egter nie ideaal nie. Droogte het aanvanklik die Texas-gebied geteister en die Georgia-gebied het weer oormatige reën en oorstromings ervaar. Volgens die USDA se jongste oesskatting sal die oesopbrengs vir 2013/14 ongeveer 4,04 ton per hektaar wees. Die oesskatting is op die oomblik 1 683 330 ton, wat `n afname van 45% weerspieël. `n Droogte in Argentinië het internasionale voorrade verder onder druk geplaas. Die oes in Argentinië was 900 000 ton teenoor `n verwagte oes van 1 200 000 ton. Die oes in Indië is tydens die afgelope jaar ook deur droogte verklein, soveel
so dat die Indiese regering uitvoere vir `n geruime tyd verbied het. Internasionale verkooppryse van verwerkte grondbone het in September 2012 van $2 500 per ton tot $1 300 per ton gedaal met die bekendmaking van die groot oes in Amerika. Pryse het geleidelik herstel sodat dit in die tydperk Februarie 2013 tot Junie 2013 op $1 450 per ton (c.i.f. Rotterdam) te staan gekom het. Die droogtetoestande in Argentinië en die verwagte kleiner oes in Amerika het veroorsaak dat pryse begin styg het. Pryse het met $200 per ton gestyg en word pryse van $1 650 vir 40/50 op `n c.i.f. Rotterdam-basis betaal. Verdere stygings is nie uitgesluit nie. Suid-Afrikaanse grondbone verdien `n premie in die lekkergoedmark omdat dit gesog is vanweë hulle voorkoms en ronde pitvorm. Hierdie premie was tydens die afgelope jaar sowat $300 tot $400. Die plaaslike ekonomie, insluitend
Grondbone: Vraag en aanbod (plaaslike en internasionaal) Internasionaal (Oilworld)
Suid Afrika (Graan SA) Bemarkingsjaar Maart - Februarie
Voorlopig 2012/13 (a) ‘000 t
Projeksie 2013/14 ‘000 t
Voorlopig 2012/13 (d) Mil ton
Projeksie 2013/14 Mil ton
Openingsvoorraad Produksie Invoere Totale verbruik Uitvoere
13,4 59,0 17,5 55,8 (c) 14,8
17,8 42,3 20,0 54,9 (c) 15,0
1,3 27,5 2,0 27,2 2,0
1,6 28,0 Nie beskikbaar 28,3 Nie beskikbaar
Sluitingsvoorraad
19,3 (b)
10,2 (b)
1,6
1,3
(a) Inligting deur Graan SA. (b) Alle voorraad, ongeag die eienaarskap daarvan, in kommersiële strukture. (c) Insluitend produsent-onttrekkings, saad en eindverbruikers. (d) Oilworld van 12 Julie 2012.
Oppervlak aangeplant ha Oppervlakte geoes Opbrengs per hektaar ton/ha Totale produksie in ton
2012/13 662 880 650 740 4.70 3 057 850
2013/14-skatting 428 160 416 830 4.04 1 683 330
Verandering % -35.4 % -35.9% - 14% -45 %
Amerikaanse oesskatting deur Amerikaanse departement van landbou (USDA) soos op 12 September. die lekkergoed- en grondboontjiebottermark, is onder druk. Prysweerstand by die verbruiker beïnvloed ook die aankooppryse van sekondêre verwerkers. Verwerkers in Suid-Afrika is ook deur die afgelope jaar se lae produksie gedwing om met grondbone van `n swakker gehalte vanaf Argentinië, Mosambiek, Zambië en Malawi oor die weg te kom.
GWK sal dus probeer om `n groot hoeveelheid van ons grondbone uit te voer. Alles dui daarop dat grondboonpryse vanaf R11 000-vlakke vir keurgraad in 2013 tot tussen R12 000 en R14 000 vir keurgraad kan styg. Grondbone is `n baie winsgewende gewas. Hul effektiewe gebruik van water en uitstekende potensiaal as wisselbougewas is verdere voordele van die
verbouing daarvan. Indien u belangstel om grondbone aan te plant, kan u Cloete Nortje van GWK skakel by 082 8030 687. Om produsente aan te moedig om grondbone te plant, het GWK besluit om deur ons kontrakteursdienste-afdeling grondbone aan te plant en te oes vir produsente. In die lig van gunstige grondboonpryse, is dit nou die tyd om die bedryf te betree.
Barkly-Wes - 053 531 0631
Marydale - 054 871 0027
Douglas - 053 298 8200
Modderrivier - 053 581 0037
Griekwastad - 053 343 0029
Niekerkshoop - 053 354 0910
Hartsvallei - 053 401 0556
Prieska - 053 353 1151
Hopetown - 053 203 0865 Kimberley - 053 831 2740 Luckhoff - 053 206 0071
Beskikbaar by GWK-handelstakke
innoveer landbou
www.gwk.co.za
Spesialisprodukte
Stephan Olivier Bedryfshoof: Aartappelbemarking
GWK Aartappels besoek Kenia
Mnre. Nico du Toit (Bedryfshoof: Aartappelfasiliteite), Joshau Ngomo (Keniaanse aartappelprodusent) en Stephan Olivier (Bedryfshoof: Aartappelbemarking).
GWK Aartappels het onlangs besoek afgelĂŞ in Kenia om die African Potato Association se kongres by te woon en nuwe sakegeleenthede vir GWK in die buiteland, en spesifiek in Afrika, te ondersoek. Stephan Olivier deel graag sy perspektief oor die aartappelbedryf in Kenia met Kommuniek se lesers.
aartappels, vleis en lewendige hoenders is slegs `n paar van die produkte wat `n mens sommer so uit jou motor kan aankoop. Die mense is duidelik arm, maar tog bedel niemand. Elkeen doen sy deel om sy eie geld te verdien. Grond word as baie waardevol beskou en elke bruikbare stukkie word ten volle deur bestaansprodusente benut. Veral groente of kontantgewasse word tot teenaan die paaie geplant met geen duidelike rotasie nie. Die tropiese klimaat is uiters geskik vir `n hele aantal ie Keniaanse platteland is gewasse en geen seisoen is sigbaar primitief en selfversorgend. nie. Koring en mielies groei langs Hordes mense verkoop mekaar op dieselfde stukkie grond oral goedere of vars produkte. Pie- terwyl patats, aartappels en ander sangs, tamaties, kool, patats en groente ook dwarsdeur die jaar ver-
D
16
bou word. Die paaie is gehawend en mense ry onverskillig met baie diere wat op die paaie rondbeweeg. Die spoedbeperking is 80 km/h op al die paaie en `n mens moet behoorlik kophou. Afstand word hier ook in tyd gemeet en nie in kilometer nie. In die Naivasha-gebied word `n mens deur yslike koorsbome en aaneenlopende kweekhuise begroet. Hier word snyblomme en rose gekweek. Tot een miljoen stele word per dag gesny en na Engeland en ander Europese lande uitgevoer. `n Enkele kweekhuis beslaan tot 200 ha. Die African Potato Association se kongres word een maal elke drie
Aartappels in `n plaaslike supermark jaar in `n benoemde land gehou. Sowat 46 lande het die kongres bygewoon en dit was vir GWK `n gulde geleentheid om kontakte met mense van ander lande op te bou. Die kongres wat oor drie dae gestrek het, het veral gefokus op aartappel- en pattatproduksie in Afrika, asook die volhoubaarheid van hierdie twee gewasse. Aartappels en pattats speel in verskeie Afrikalande
dié gewasse wêreldwyd te verseker. Groot kommer heers oor volhoubare produksie, veral in Kenia, aangesien laatroes en bakteriese verwelk groot skade aanrig en verantwoordelik is vir groot afnames in opbrengste. Die oesgemiddeld is in hierdie stadium slegs ses tot agt ton per hektaar. Die grootste probleem is die gebrek aan skoon, gesertifiseerde moere, aangesien die regering alle invoer van aartappelmoere gestop het om hul plaaslike saadkwekers te probeer help. Die gebrek aan `n goeie rotasiestelsel veroorsaak ook probleme. Saadprodusente is egter skaars en soos in Suid-Afrika, is moere wel beskikbaar, maar teen `n hoë prys, wat glad nie die ideaal vir klein produsente is nie. Aangesien die meeste aartappelprodusente in Kenia bestaansprodusente is, word saad teruggehou om die volgende oes te plant. Sommige moere word 10-15 generasies teruggehou. Dit is kommerwekkend hoe die regering en ander belanghebbende organisasies die produsente selfs leer om saad te-rug te hou deur bloot die gesonde plante in `n land te identifiseer en dan hierdie aartappels as moere te gebruik. Dít is egter nie net `n probleem in die aartappelbedryf en groot hoeveelhede koring, mielies, sonneblomme en groentesaad word ook jaarliks teruggehou. Hierdie saad is gewoonlik baie vatbaar vir siektes en lei tot verlaagde opbrengste. Aangesien seisoene oorvleuel, word alle gewasse dwarsdeur die `n groot rol in voedselsekuriteit. Die kongres is ook as platform ge- jaar verbou wat verdere siektedruk bruik om die jongste tegnologie en veroorsaak. `n Gebrek aan kennis, beskikbare landbouchemikalieë en navorsing bekend te stel wat veral op aartappels en pattats van toe- voldoende kunsmis deur die groeipassing is. Dit was baie interessant seisoen vererger hierdie probleme. Op die vierde dag het ons `n om te sien watter groot geldelike bydraes lande soos Amerika, Kana- plaasbesoek gebring aan `n saadda en Engeland op veral navorsing kweker naby Berg Kenia. Hier word miniknolle in hul eie aeroponic in hierdie twee bedrywe maak om greenhouse gekweek en as saad sodoende die volhoubaarheid van 17
aangeplant. Hierdie saad word aan mede klein produsente verkoop en is dus `n goeie bron van gesertifiseerde moere. Hulle boer ook met rose, koring en gars en voorsien op die oomblik 350 mense van werk.
`n Voorbeeld van siek aartappels in `n land. Produksiekoste Produksiekoste in Kenia is hoog en word as `n bedreiging vir die produksie van aartappels, sowel as opkomende produsente gesien. Mnr. Joshau Ngono, wat in die Bomet-omgewing met ongeveer vier hektaar aartappels boer, het die volgende inligting aan ons verskaf: � Saadkoste is KHS 3 000 vir 50 kg generasie drie saad. Dit is ongeveer R361 per 50 kg sak of R180 per 25 kg sak. � Sowat 16 x 50 kg saad word per akker geplant � Spuitkoste beloop KHS 6 000 per akker. � Arbeid is `n groot rolspeler en kos die produsent ±KHS15 000 per akker. D.w.s 16 sakke @ KHS 3 000: = KHS 48 000 per akker Spuitkoste: = KHS 6 000 per akker Arbeid: = KHS 15 000 per akker Totaal: = KHS 69 000 per akker Omgewerk in Rand en hektaar lyk dit soos volg: 2,2 akker = 1 hektaar. Saadkoste: KHS 48 000 @2,2/8,3 = R12 722 per hektaar Spuitkoste: KHS 6 000 @2,2/8,3 = R 1 590 per hektaar Arbeid: KHS 15 000 @2,2/8,3 = R 3 975 per hektaar Totaal: = R25 287 per hektaar
18
Uit die bewerking links is dit duidelik dat goeie plantmateriaal en arbeid by verre die hoogste insetkoste is. Soos in Suid-Afrika is die markpryse geweldig wisselvallig en is die prys tussen KHS 1 000 - 4 000 per 110 kg sak tafelaartappels (R1,10 – R4,38/kg). Dit is ook onderhewig aan die vraag en aanbod (bemarking van aartappels word in 110kg goiingsakke gedoen). Aartappels vir verwerking word wel teen hoër pryse verkoop, aangesien talle van die klein produsente nie die konsep van kontrakte verstaan nie, ervaar die fabrieke probleme om genoegsame tonnemaat in te kry. Om hierdie rede is hulle bereid om meer te betaal vir aartappels wat verwerk word. Afrika bied `n magdom geleenthede en kan steeds as die donker kontinent beskryf word weens die uitdagings en beperkings wat daarmee saamgaan. Vrugbare landbougrond lê braak, maar die gebrek aan infrastruktuur en kennis veroorsaak dat hierdie gronde nooit tot hul volle potensiaal geboer sal word nie. Die invloede van ander lande wat die potensiaal raaksien, is reeds duidelik. Dit kan ook `n gulde geleentheid vir GWK wees, veral wat betref die verskaffing van gif, kunsmis, dierevoeding en medisyne, asook ander produkte, aan klein produsente. Die verskaffing van groot hoeveelhede is egter `n groter uitdaging, aangesien die regering die grense nog taamlik toe hou vir invoere. Daar is egter sprake dat die regering invoere ondersoek en GWK mag dalk in die nabye toekoms met groter gemak in hierdie land sake doen.
Bome in `n koringland. Interessante feite Die Keniane plant ongeveer 158 000 ha aartappels. Die ongeveer 800 000 kommersiĂŤle aartappelprodusente in Kenia plant sowat 0,2 ha per produsent. Gemiddelde opbrengste varieer tussen ses tot tien ton per hektaar, maar verdubbel
na ongeveer 20-25 t/ha as dit vanaf gesertifiseerde moere geplant word. Die grootste kommersiĂŤle produsent in Kenia plant naastenby 100 ha. Slegs een tot twee persent van aartappels wat verbou word, word as saad gesertifiseer.
Altesaam 95 % van lande
word nog met osse geploeg.
Slegs sewe variĂŤteite word
verbou, waarvan twee geskik is vir die verwerkingsmark en vyf vir die tafelmark. Dit is vir produsente moeilik om geld by die bank te leen, aangesien die rentekoers 2025% is.
`n Blok saadaartappels in die Berg Kenia-distrik. 19
depositphotos
Spesialisprodukte Hein Janse van Rensburg Wingerdboukundige
Wingerd: Lewer die grootste oes teen die beste gehalte
I
n die vorige artikel het ek die snoei van wingerd met tradisionele en minder tradisionele metodes en die implementering en optimalisering daarvan bespreek. Soos reeds genoem, is snoei die eerste stap in die lowerbestuursketting van die huidige seisoen. In die meeste wingerde word snoei aangepas vir verhoogde produksie en soms ook `n sekere gehalte by optimale produksie. 20
water per jaar vir produksie benodig. Die effektiewe en tydige toediening van water het `n enorme uitwerking op die kwantiteit sowel as die gehalte van wingerdproduksie. By talle produsente wat vir GWK Besproeiing druiwe produseer, loop die drup as die spilpunt loop. Die wingerd kry dus Die beskikbaarheid van water is die enkele faktor wat landbouprodukwater, maar kry dit voldoende water sie kan beperk en na my mening het op die regte tye? dit die grootste invloed op wingerdEen van die maniere om water meer produksie. Die literatuur noem dat `n effektief te gebruik, is om beter te wingerdstok van 635 mm tot 890 mm skeduleer. Dit sluit beter tegnieke,
Om die grootste oes van die beste gehalte te lewer, is verskeie praktyke belangrik, naamlik besproeiing, bemesting, siektebeheer en fisiese loweraksies.
bestuur en rekordhouding in. Die met skedulering in ag geneem word. soort grond, produksiedoelwit, grond- Tabel 1 vorm `n goeie riglyn vir die waterstatus en weerstoestande moet optimale produksie van druiwe.
Massa wit Massa rooi Edel wit Edel rooi
L.W. Die volumes word uitgedruk in kubieke meter water per week op verskillende produksiestadia.
Bot
Bot tot blom
Blom tot set
Set tot deurslaan Deurslaan tot oes
Vol profiel Vol profiel Vol profiel Vol profiel
180-200 m 180-200 m 150-180 m 150-180 m
200-230 m 200-230 m 180-200 m 180-200 m
280-320 m 250-280 m 230-250 m 230-250 m
280-320 m 250-280 m 230-250 m 230-250 m
Tabel 1. Dit is van kardinale belang dat met die aanvang van bot genoeg vog in die profiel is sodat nuwe wortelgroei in optimale toestande gestimuleer kan word as die grondtemperatuur geskik is (15-18 ºC). Dit is belangrik om te weet dat die watergebruik tydens die groeiseisoen verander vanweë klimaatstoestande en die stadium van die lower/oes. Waterverbruik is aanvanklik laag, maar namate dit warmer word en die lower vergroot, verhoog die waterverbruik. Volgens die weerstasie by Douglas is die gemiddelde verdampingstempo (ETO) soos volg (Tabel 2): Gemiddelde Maand ETO (mm) Januarie 6.66 Februarie 4.95 Maart 4.51 April 3.46 Mei 2.62 Junie 2.59 Julie 2.48 Augustus 3.35 September 4.47 Oktober 5.39 November 6.53 Desember 6.88 Tabel 2. Watergebruik in November tot Januarie bereik duidelik `n piek en neem dan weer stelselmatig af namate die klimaat verander. `n Mens kan ook sien dat my aanbeveling ten opsigte van water bogenoemde in ag neem. Die tabel toon aan dat onder die wa-
ter wat die plant gebruik, die omgewing in November teoreties 6,53 mm water per dag sal ontrek (A-verdampingspan). Die watervoorraad moet dus aangevul word sodat genoeg water vir die plant oorbly. Hier kom die effektiwiteit van die stelsel, sowel as skedulering, sterk na vore. As `n mens twee drupstelsels, naamlik 4 ℓ/h en 2 ℓ/h, by verskillende drupperspasiërings (1,0 m en 0,6 m) en `n rywydte van 2,7 m met mekaar vergelyk, is die resultate soos in Tabel 3. Formule: lewering van druppers (ℓ/h) ÷ [spasiëring tussen druppers (m) x spasiëring tussen druplyne (m)].
naby aan veldkapasiteit te bestuur nie, aangesien die suurstofinhoud onder hierdie toestande baie laag raak en wortelverspreiding negatief beïnvloed. Wingerd is `n baie verdraagsame gewas en sal onder uiterste droogtetoestande steeds `n oes lewer, maar as die produsent optimale produksie (wins) wil hê, moet die toediening en verspreiding van water ook optimaal wees.
Bemesting Bemesting is `n baie subjektiewe onderwerp en, soos by besproeiing, moet die soort grond, die grondvoedingstatus (ontledings) en ook die 4l/ha 2l/ha doelwit van die oes in ag geneem DrupspaLewering (mm/ha) word. siëring (m) Elke wingerdblok is uniek en het spe1,0 1,48 0,74 sifieke behoeftes wat dit moeilik maak 0,6 2,47 1,23 om `n generiese program saam te Tabel 3. stel. Wat wel baie belangrik is, is om te weet wat in die grond aangaan. My 4l/ha 2l/ha aanbeveling is dat produsente minDrupspaUre/besproei stens elke drie jaar grondmonsters siëring (m) neem. Die optimale konsentrasies van stik1,0 4,4 8,8 stof, fosfor en kalium (N:P:K) in die 0,6 2,6 5,3 besproeiingswater is onderskeidelik Tabel 4. 150, 20 en 150 dpm. By hierdie konsentrasies word groei gestimuleer. Tabel 4 illustreer hoeveel ure beDie konsentrasies kan aangepas sproei moet word om die balans weer word indien meer of minder groei op 0 te kry voordat daar in teorie verlang word. Dit word nie aanbeveel plantbeskikbare water sal wees, met om stikstof ná deurslaan toe te dien inagneming van verdamping. nie, aangesien dit weer groei kan Dit is belangrik om die grond (ververoorsaak, wat in hierdie stadium al goeie, vrugbare grond en/of grond ongewens is. Fosfaat en kalium kan met `n fyn tekstuur) nie te nat of te dwarsdeur die groeiseisoen toegedien 21
word. Na-oesbemesting is die belangrikste om genoeg reserwes op te bou sodat egalige bot kan plaasvind. Tydens bot moet ook genoeg stikstof en fosfaat beskikbaar wees om goeie en sterk groei te bevorder. Waak daarteen om voor of tydens blom te veel bemesting toe te dien, aangesien dit die afspeen van korrels tot gevolg kan hê, wat die oes negatief kan beïnvloed. Dit is goeie praktyk om ná set `n misstof wat kalium bevat toe te dien, aangesien dit selverlenging bevorder. Kontak my asseblief vir verdere inligting rakende bemesting om in spesifieke wingerdblokke se behoeftes te voorsien.
My aanbeveling is dat die produsent baie vroeg, by `n lootlengte van ongeveer 5-8 cm, moet bespuit om die aanwesige swampopulasie laag te hou (Foto 2). Baie kultivars, veral dié met harde blare, byvoorbeeld Colombard, Ruby Cabernet, ensovoorts, is geneig om geen simptome op die blare te toon nie, hoewel daar reeds spore op die tros is. Dit lei tot groot oesverliese (Foto 3).
Siektebeheer In die huidige ekonomiese klimaat kan `n produsent nie bekostig om nie voldoende siekte- en plaagbeheer toe te pas nie. `n Mens kan ook baie Foto 2. geld bespaar deur bloot meer oplettend te wees. Elke produsent ken sy wingerd en is vertroud met die fynere nuanses van elke individuele blok se mikroklimaat. Deur hierdie kennis te gebruik en te weet waar siekteprobleme gewoonlik eerste opduik, kan baie geld bespaar word. Die twee grootste sondebokke is donsskimmel (downy mildew; Plasmopara viticola) en witroes (powdery mildew; Uncinula necator). Die verskil tussen dié twee kan op die blare op Foto 1a en 1b gesien word. Foto 3.
Foto 1b.
Foto 1a. 22
Wat dit nog erger maak, is die feit dat dit moeilik is om hierdie verliese te kwantifiseer. Die probleem kan in `n groot mate voorkom word deur `n vroeë bespuiting toe te dien om die populasie te verklein. Voorkoming is dus beter as genesing. Opvolgbespuitings kan óf volgens `n program gedoen word met middels wat afgewissel word, óf die produsent kan die wingerde elke week net goed deurgaan en dan besluit of bespuit moet word of nie. (Lei en bemagtig u werkers om ook die verskillende simptome te kan identifiseer. Só sal meer oë op die uitkyk wees daarvoor.) Om geen siektebeheer toe te pas nie om koste te bespaar, is soos om `n perd te leer om op te hou vreet – wanneer hy later niks meer vreet nie, vrek hy. Fisiese loweraksies Die aksies wat hier ter sprake is, is onder meer suier, tip/top, die breek van blare, lootposisionering en die verwydering van groen trosse. Suier Suier is `n baie belangrike aksie om voldoende lig op ogies toe te laat, veral by kultivars wat geneig is om onvrugbaar te word, soos Cabernet Sauvignon (Foto 4). Tydens suier word al die waterlote wat nie in `n draerposisie gelos kan word nie, verwyder (Foto 5 en 6), sowel as alle lote wat uit `n draerposisie kom, maar nie `n tros dra nie (let op die loot wat gelos word vir vernuwing in die volgende jaar). Suier moet voltooi wees voor die aanvang van blom sodat die plant kan kompenseer in die lote wat oorbly en `n oesverlaging dus nie plaasvind nie. As suier oordeelkundig en korrek uitgevoer word, kan dit in die volgende seisoen meebring dat die wingerd tussen 20% en 30% vinniger gesnoei word, wat op sigself `n kostevoordeel inhou. By massadraers het suier nie regtig `n nut nie, behalwe as die groei of opbou van draers
Foto 5.
Foto 4. word. Die koste van suier is tussen probleme veroorsaak. Suier is noodsaaklik by druiwe of kultivars wat 40c en 45c per stokkie. vir wyn in die hoĂŤr prysklasse verbou . . . /28
Foto 6.
Tip/top Tip/top is na my mening die belangrikste en mees koste-effektiewe praktyk wat wingerdproduksie beĂŻnvloed. Selfs so lank gelede as sowat 60 AD het Collumela gevind dat die vrugte van getip/topte lote groter en soeter is as ander. Die tip/top van wingerd behels die verwydering van die aktiewe groeipunt van die loot (Âą5-10 cm) om sodoende die translokasie van fotosintetiese produkte vanaf die behandelde (getipte) lote na die vrugbeginsel te stimuleer. Die tip van lote veroorsaak die staking van aktiewe vegetatiewe groei vir sewe tot tien dae en stimuleer ook die vorming van sylote, wat `n positiewe invloed op die drag sowel as die gehalte van die oes het (Foto 7). Tip kan ook gedoen word op blokke wat onegalig gebot het om sodoende die egaligheid van die oes te bestuur (Foto 8).
Foto 9.
Foto 10.
Die beste tyd vir tip is by die aanvang van blom (10%) en dan weer by 80% blom by kultivars wat geneig is om af te speen. Dit veroorsaak `n beter set, asook stewiger lootaanhegting by die basis van die loot, wat baie voordelig is by Colombard wat meganies geoes word, aangesien dit die grootskaalse afbreek van lote verhoed. Tip-/topmasjiene (Foto 9) is al `n geruime tyd beskikbaar en maak loofbestuur baie makliker en meer ekonomies. Met hierdie masjiene kan tip met gemak meer as een keer per seisoen gedoen word pleks daarvan om slegs een strawwe topaksie uit te voer (Foto 10).
vloedbesproeiing, waar die voorkoms van siektes verminder kan word deur blare in die trossone te verwyder.
Verwydering van groen trosse Vir die bereiding van topgehaltekultivarwyn word aanbeveel dat alle groen, harde trosse by 80% deurslaan verwyder moet word om sodoende die egaligheid sowel as die rypwording van die oes te verbeter. By getipte Cabernet Sauvignon en Ruby Cabernet wat baie sterk (geil en ongebalanseerd) groei, kom gewoonlik baie groen na-trosse voor (Foto 11). Dit word aanbeveel dat hierdie trosse net voor oes verwyder moet word as Breek van blare en lootposisionering die blokke meganies geoes word. Albei praktyke is meer gepas in koe- Elke wingerd is uniek, met die gevolg ler gebiede waar `n gebrek aan son- dat dit moontlik is dat alles of geen lig in die lower voorkom. van bogenoemde in `n spesifieke Ek beveel hierdie aksies glad nie wingerd van toepassing kan wees. by konvensionele heiningstelsels in Kontak my op 071 400 7119 of warmer besproeiingsgebiede aan nie, heinjvr@gwk.co.za as u onseker hoewel waarde wel toegevoeg kan is oor die uitvoering van enige van word in kap- of gewelwingerd onder die aksies wat hierbo bespreek word.
Foto 7.
Foto 8.
Foto 11. 24
Eiendomme
GWK bekom alleenmandaat vir gholflandgoed by Magersfontein
G
Agt meenthuise is ook op die landWK Properties het `n algoed gebou. leenmandaat met Craig Die Village-ontwikkeling sal uit 80 Edwards van die Magers- alleenstaande meenthuise bestaan. fontein Memorial Gholflandgoed Voornemende kopers het die opsie onderteken om die erwe en ook `n om te kies tussen twee-, drie-, en nuwe boetiekbehuisingskompleks, die vierslaapkamer-eenhede. Die meentVillage, op die gholflandgoed te be- huise sal in verskeie ontwerpe beskikmark. baar wees. Altesaam 56 huise is reeds op die Die meenthuisgroottes wissel van landgoed gebou en nog tien huise is 110 m2 vir die tweeslaapkamer eenop die oomblik in aanbou. hede, 170 m2 vir die drieslaapkamer26
eenhede en 201 m2 vir die vierslaapkamer-eenhede. Pryse wissel vanaf R999 000 (BTW uitgesluit) vir die tweeslaapkamereenhede, R1 399 000 (BTW uitgesluit) vir die drieslaapkamer-eenhede en R1 599 000 (BTW uitgesluit) vir die vierslaapkamer-eenhede. Afwerkingsopsies is beskikbaar maar sal die prys beiinvloed. Die Village-ontwikkeling word op 12 Oktober 2013 met `n gholfdag by
Magersfontein Memorial Gholflandgoed aan die publiek bekendgestel. Pryse in die Village ontwikkeling vergelyk goed met pryse van eiendom wat op die oomblik in Kimberley beskikbaar is. Die ontwikkeling kan ook dien as behuising vir werknemers van die Westra-ontwikkeling wat op die oomblik by Modderrivier plaasvind.
Nuwe meeNthuisoNtwikkeliNg slegs 20 minute vanaf kimberley
magersfontein memorial gholf landgoed
SwiftPrint 65351
jou “putt” na ‘n alles-in-een Leefstyl
vaNaf R999 000 BTW uitgesluit
Vir verdere inligting kontak Doreen at 082 452 1594
Versekering
Wilmarie van der Schyff
Reisversekering nou by GWK
O
ntspannings- en sakereise neem voortdurend toe, wat reisversekering ook al hoe meer gewild maak. Nietemin dupliseer dit dikwels dekking wat `n mens reeds het. Dit is dus uiters belangrik om ingelig te wees oor reisversekering om die regte besluite te neem. Reis gaan dikwels oor genot en `n onderwerp soos reisversekering pas nie met die eerste oogopslag hierby in nie. Dit is egter `n sleutelbesluit wat elke reisiger moet neem. Reis behels altyd `n aantal risiko’s en `n mens kan nooit voorsien watter gebeure jou reis gaan beïnvloed nie. Tsunami’s, terroristeaanvalle, oorstromings en aardbewings is slegs `n paar werklikhede wat `n mens in gedagte moet hou wanneer jy jou reis beplan. Reisversekering word gewoonlik in pakkette aangebied waarin verskillende kategorieë van dekking gekombineer word. Dit is belangrik om elke pakket te bestudeer en te bepaal wat vir jóú nodig is op grond van jou risikoprofiel of die dekking wat jy reeds het. Hou egter in gedagte dat die koste van polisse kan wissel na gelang van die risiko’s wat gedek moet word.
`n toepaslike en voldoende versekeringsplan koop wat aan jou gemoedsrus bied en bystand sal verleen wanneer nodig.
Hoofkategorieë van reisversekering Internasionale reisversekering – dek reise buite `n mens se land van verblyf. `n Mens koop reisversekering vir internasionale reise by `n versekeraar in jou land van verblyf, m.a.w. die land waarheen jy in `n ernstige mediese ongeval geneem sal word en/of die land waarheen jy sal moet terugkeer as jou naasbestaandes ernstig siek word (daar word aanvaar dat dit dieselfde land sal wees). Dit is `n belangrike deel van internasionale reise aangesien talle plaaslike gesondheidsmaatreëls nie in ander lande geldig is nie. `n Mens het dus versekering nodig of sal self vir enige mediese rekeninge verantwoordelik wees. Binnelandse reisversekering – dek reise binne `n mens se land van verblyf. Wanneer `n mens binne jou land van verblyf reis, kan jy goedkoper binnelandse reisversekering koop, of besluit dat jy dit glad nie nodig het nie. Laasgenoemde geld slegs as `n mens bereid is om die risiko te aanvaar vir `n moontlike verlies aan fondse wat verband mag hou met kansellasies Basiese aspekte om te oorweeg ensovoorts. � Datums van dekking Hierdie versekering is goedkoper as in Maak seker dit sluit die dag van ternasionale versekering en sluit nie vertrek en die dag van tuiskoms in, mediese dekking in nie, aangesien `n asook `n dag of twee aan weersmens waarskynlik ander maatreëls, soos kante vir vertragings. `n mediese fonds, in plek het. Hier is � Spesifieke dekking die fokus van versekering bloot op reis Reisversekering dek verskillende si- verwante probleme, soos kansellasies tuasies wat soms uitgesluit kan word en bestemmings wat dalk intussen by basiese dekking van gesondgesluit word. Die versekering word egter heidsorgskemas. Maak seker dat jy as vereiste gestel deur sommige instan28
sies waardeur reise onderneem word. Wat dek reisversekering gewoonlik? Medies, kansellasies, bagasie, vertragings, persoonlike aanspreeklikheid en persoonlike ongelukke. Redes vir reisversekering � `n Mediese noodgeval in `n vreemde land. � `n Natuurlike ramp wat `n mens dwing om jou oord, hotel of skeepsreis te verlaat. � Die reis word gekanselleer weens siekte (joune of `n familielid s’n). � `n Vlug word gekanselleer. � Bagasie raak verlore. � Die skeepstoer-operateur, lugre dery of toeroperateur speel bankrot en jy het nodig om jou nie-terugbetaalbare uitgawes te dek om by jou bestemming uit te kom. � Jou paspoort en beursie word gesteel en jy benodig noodkontant en `n nuwe of tussentydse paspoort. � `n Terroriste-aanval in die stad waarheen jy op pad is, veroorsaak dat jy jou reis wil kanselleer. � Jy is in `n ongeluk betrokke, voldoende mediese behandeling is nie beskikbaar nie en mediese ontruiming word benodig. Wanneer `n mens weet dat jou reisversekering die bogenoemde risiko’s dek, stel dit jou in staat om te ontspan en jou reis te geniet, wetende dat jy jou nie oor onvoorsiene omstandighede hoef te bekommer nie. GWK bied nou `n verskeidenheid van gehalte reisversekeringsprodukte aan. Kontak Wilmarié van der Schyff by 082 382 8123 vir `n gratis kwotasie vir jou reisversekeringsbehoeftes en vir die uitreik van jou polis.
Reisversekering . . . Nuut en beskikbaar by GWK Versekering Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn kommersieël 082 382 8123
GWK is `n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
GWK bied nou ook `n verskeidenheid van gehalte reisversekeringsprodukte aan vakansie- en sakereisigers. Ons doeltreffende, georganiseerde diens beteken dat ons net `n oproep ver is wanneer jy hulp nodig het.
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
Foto’s: Bertie Theron
Lewendehawe
`n Goeie vraag na veldramme vanjaar op Griekwastad gesien
D
deld en 32 Witdorperramme teen R7 550 gemiddeld verkoop. ie 28ste jaarlikse VeldramDie met `n seleksie-indeks (SI) van veiling is onlangs op Grie85-95: 25 ramme teen R6 144. kwastad aangebied. Kopers van so ver as Johannesburg, Van 96-105: 56 ramme teen R7 480. Van 106-115: 28 ramme teen Loeriesfontein, Bloemfontein, HoopR8 150. stad en Graaff-Reinet het die veiling Bo 115: 7 ramme teen R12 928. bygewoon. Aangepaste ramme op Die 30 ramme met die beste teeldie veld met goeie teelwaardes raak waardes: R9 072 gemiddeld. al hoe meer gewild. Volgens mnr. Louis van Rensburg van Die meriete Dorperram 87 12 0073 Prieska (voorsitter van die projek), val met besonderse goeie teelwaardes is die klem op ekonomiese eienskappe, deur mnr. Japie Leeuwner van De Aar teen R20 000 gekoop. Die verkoper soos vrugbaarheid en groeivermoë, was mnr. Robbie Meintjes van Griewat geld in die kommersiële produkwastad. sent se sak plaas. Mnr. Tony Cahi van Prieska het `n Verder glo hy daaraan dat diere onder dieselfde toestande grootgemaak Witdorper-stoetram met `n SI van 111 teen R13 500 aan mnr. WA moet word as waar hulle later in hul lewe moet gaan werk en reproduseer. Loubser van Loeriesfontein verkoop. Boerbokke was in goeie aanvraag en “Die gene wat `n lam op die veld laat groei, is nie dieselfde gene wat het die volgende pryse behaal: hom in `n voerkraal sal laat groei nie Altesaam 23 Boerbokramme is teen R6 869 gemiddeld verkoop. en andersom. Boerbokke met `n relatiewe ekoDorper- en Witdorperramme het die volgende pryse behaal: Altesaam 85 nomiese waarde (REW) van onder 0: Dorperramme is teen R7 720 gemid- R4 087, 0-3: R5 900, 3-6: R6 911 30
en bo 6: R9 000. Mnr. Sterrie Marais van De Aar het die duurste ram van R18 000 met `n REW van 6,27 aan mnr. Lieb Zwiegers van Griekwastad verkoop. Van Rooy-ramme bly gewild. Altesaam 28 ramme is teen gemiddeld R5 139 verkoop. Mnr. Jaco Coetzee van Groblershoop moes R15 000 betaal vir `n Van Rooy-ram van mnr. Louis Botma met baie goeie teelwaardes en `n SI van 106. Altesaam 28 Meatmasters is teen `n gemiddelde prys van R4 914 verkoop. Mnr. PC van Rooyen van Hartswater het R15 000 betaal vir `n Meatmaster-ram van mnr. CR Collett. Die ram, met `n REW van 7,5, het ook `n SI van 110 en `n skrotumomtrek van +4. Hierdie veiling vind jaarliks op die tweede Woensdag van September plaas. Vir meer inligting, besoek gerus die webtuiste by www.veldramme.co.za.
Van links na regs: Verkoper: mnr. Robbie Meintjes van Griekwastad, koper: mnr. Japie Leeuwner van De Aar, vashouer: mnr. Pietman van Wyk. Die ram, wat nie-amptelik beskou word as die Dorperram met die beste genetiese teelwaardes in Suid-Afrika, is teen R20 000 van die hand gesit.
Van links na regs: Verkoper: mnr. Sterrie Marais van De Aar, kopers: mnre. Lieb Zwiegers van Griekwastad en Piet Marais van De Aar. Die ram is teen R18 000 verkoop.
Die Van Rooy-ram van mnr. Louis Botma (links) is deur mnr. Jaco Coetzee van Groblershoop regs teen R15 000 gekoop. 31
Foto’s: Ian van Straaten
32
Op die veeplaas Peter Milton
Kudde-oudit van uiterste belang Mnr. Peter Milton, boerderykonsultant en lewendehawekenner, bespreek vandeesmaand die belang van kudde-oudits.
D
ie algemene definisie van `n oudit is die evaluasie van `n persoon, organisasie, stelsel, proses, onderneming, projek of produk. Dit is ook belangrik om van tyd tot tyd kudde-oudits uit te voer. Na my mening doen stoettelers nie genoeg vir hul klante, die kommersiële teler, wat bereid is om `n premie vir korrekte inligting te betaal nie, byvoorbeeld DNS om ouerskap te bevestig, korrekte gewig by geboorte, speen en `n 600 dag geskiedenis vir kalwers. Die eerste kudde-oudit is op 24 September 2013 gehou. Hier is `n kort opsomming: `n Dokument van 64 bladsye is aan die genooide stoettelers gegee. Die eerste agt bladsye was `n oorsig oor beesboerdery in Suid-Afrika. Die volgende agt bladsye het basiese teelbeginsels bevat. Ons het die beste klassifikasie in die wêreld vir gesonde vleis en om vrugbare diere te teel in Suid-Afrika. Sowat 30% van beeste in voerkrale is vroulik, hoewel geen verse bronstig kan raak nie, aangesien hulle Graad A behaal `n dag of twee daarvoor. Die plan “paneelbord” van die kudde is op een van die bladsye verduidelik. `n Kudde se laktasie is in besonderby melkproduksente tuishoort, terwyl hede bespreek (sien Grafiek 1). Telers dit egter `n belangrike hulpmiddel vir glo dikwels dat laktasie `n term is wat vleisprodusente is.
Op die X-as is die getal kalwers van verse met geen kalwers 769 en 745 koeie van een kalf (laktasie) tot 12 33
100%
100%
100%
99%
98%
85%
91%
800
95%
2491 laktasies 745 koeie = 3,3
90% 80%
74%
70%
524
600 57%
405 288
40%
189
189
30% 20% 81
1 12
2
22
10% 2 20
9
23
27
100
48
81
131
114
117
200
50%
234
300
60%
342
41%
400
190 26% 190
Koeie
500
0
0
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 Getal kalwers Koeie
Laktasie
Kummulatief
Grafiek 1. kalwers. Op die Y-as is die getal koeie 745 koeie. In totaal word 1 514 vroulike diere op die grafiek verteenwoordig. Op die sekondêreY-as is die kumulatiewe persentasie vir `n koei om in hierdie kudde te bereik 12 kalwers (laktasies). `n Koei met een kalf het 26% kans om in haar leeftyd 12 kalwers te hê (embrio’s uitgesluit). In die geval van tweede kalf koeie is daar 117 en met twee laktasies sal dit 234 laktasies wees met hul kans om 12 kalwers te hê op 41%. In die geval van drie kalwers is daar 114 koeie met 342 laktasies en `n 57% moontlikheid om 12 kalwers te 34
hê. Wanneer `n koei haar vierde kalf het, in hierdie geval 131 koeie x 4 laktasies = 524 laktasies en `n 74% kans om haar doelwit te bereik. In `n beeskudde, gebruik `n super vrugbare bul, een wie se koei vier keer in 2 000 dae gekalf het. Dit is die eenvoudigste reël en sal `n vrugbare kudde oor tien jaar tot gevolg hê. Ek is nie van mening dat vrugbaarheid `n lae oorerflikheid het nie, maar wel dat oorerflikheid moeilik is om te meet. `n Geneties gesonde kudde behoort te streef na `n gemiddelde laktasie van 2,2. In die geval van die voorbeeld word te veel koeie uitgesonder
pleks van `n koei met nuwe genetika waarvan daar 769 is. Wanneer `n teler besluit om te teel met die oudste koei (vyf jaar) op die plaas en alle koeie van ses jaar dragtig met die vyfde kalf verkoop word, is daar `n hoë premie op hulle. Om te teel na die linkerkant van die grafiek, of die oudste koei, word 30% meer geld gebank. My kliënt, mnr. Frank Lawrence, het my geleer om SMART-boerdery aan my kliënte voor te stel: S = Simple (eenvoudig) M = Measurable (meetbaar) A = Achievable (bereikbaar) R = Realistic (realisties) T = Time linked (tydsgebonde).
Kumulatief %
700
100%
GWK Nuus
Me. Hannelie Krose van Santam Landbou en mnre. Weber Truter (voorsitter van Agri Herold), Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte) en Renier Zietsman (GWK afslaer), klink `n glasie op die opening van die Agri Herold Landbouvereniging Veilingskompleks.
GWK VAT HANDE MET AGRI HEROLD LANDBOUVERENIGING
G
WK het finansiering toegestaan vir die oprigting van die Agri Herold Landbouvereniging Veilingskompleks. Die kompleks is opgerig op die gronde van Tuinroete Agri ongeveer 30 km van George op die roete vanaf Uniondale. Met hierdie transaksie het GWK Veilings die aanbied van minstens vyf veilings per jaar vir die volgende vyf jaar verseker met die opsie om te hernu. Die kompleks is amptelik tydens die Agri Herold Fees geopen met `n slagveiling wat opgevolg is met die Suid-Kaap Bonsmaraveiling. Die opening is behartig deur mnre. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte) en Weber Truter (voorsitter van Agri Herold). Albei veilings is uiters suksesvol aangebied en omsette van onderskeidelik R 4,3 miljoen en R1,6 miljoen 36
is behaal. Die slagveiling het 745 beeste en 1 445 skape opgelewer met 100% verkope. Kopers van so ver as Oos-Londen, Kaapstad en Saldanha het die veiling bygewoon. Die Bonsmara-veiling het uitstekende pryse gelewer met die tien bulle wat aangebied is wat teen gemiddeld R34 400 verkoop is met `n hoogste prys van R58 000. Dragtige koeie is
teen R12 085 gemiddeld verkoop en koeie met kalwers teen R 15 000. GWK word in hierdie omgewing deur mnr. Andrie Visser verteenwoordig wat uitstekende diens aan veeprodusente in die gebied lewer. GWK bedank graag vir Truter en die Agri Herold Landbouvereniging en sy lede vir hierdie geleentheid, asook die ondersteuning op die veilings.
GWK-VULSTASIE IS `N MIERNES VAN BEDRYWIGHEID
Die GWK-vulstasie op Douglas was die afgelope tyd `n miernes van bedrywigheid. Die dames met hul motorfietse vir die Cancer Drive het onlangs hier aangedoen tot groot vermaak van klante en personeel (foto links). `n Dansgroepie van die HoĂŤrskool Douglas het ook tydens die geleentheid by die vulstasie opgetree. GWK het aan elke danser `n pet gegee wat hulle later aan die motorfietsryers oorhandig het. Die Caltex-hasie het ook onlangs die vulstasie besoek. Hier is hy by een van die pompbedieners.
GWK Nuus Vervolg
Mnr. Koos Sounes (Produksiebestuurder) en Peter Gordon (Uitvoerende Bestuurder: Vleis/Slaghuis van Massmart/ Wallmart).
GWK VLEIS VERSKAF NOU VLEISPRODUKTE AAN GAME-TAKKE
I
n lyn met GWK se visie om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees, is onderhandelings onlangs met die Massmart/Wallmart-groep aangeknoop. Hierdie groep sluit die kettingwinkel Game in wat onlangs twee nuwe takke in die Kalahari Mall op Upington en in die Kathu Mall oopgemaak het. GWK Vleis het die geleentheid aangegryp om vleis in hierdie twee takke te versprei met die weeklikse lewering van vars vleisprodukte aan die twee takke. Mnre. Peter Gordon (Uitvoerende Bestuurder: Vleis/Slaghuis van Massmart/Wallmart) en Oliver Sabatino (Divisiebestuurder) het saam met GWK Vleis se bestuurspan die onderhandelings gefinaliseer. Volgens die ooreenkoms sal GWK Vleis deel wees van die algehele bemarkingsproses van die vleisprodukte wat aan die twee Game-takke gelewer word. Dít ontsluit `n geleentheid om die kundigheid van mnr. Koos 38
Kopers voor die vleisrak in die Game-tak in die Kalahari Mall op Upington. Sounes (Produksiebestuurder) en sy versnitspan verder as in die abattoir aan te wend. Voorts word die verspreidingsketting na die verbruiker aansienlik verkort, wat `n direkte invloed op die produkprys sal hê. Die besluit is geneem om 50 produklyne in plek te stel wat na gelang van die behoefte van die betrokke Game-tak uitgebrei kan word. Gereelde promosies sal ook in die winkels gehou word. Onderhandelings om na ander, bestaande Game-
takke uit te brei, is ook reeds in `n gevorderde stadium. Hoë standaarde word deur Game gestel en fokus veral op voedselveiligheid. Aangesien die nodige beheer en kontrole binne die abattoir in plek is, kan produkte van hoogstaande gehalte gelewer word. Let the Games begin, sodat ons met hierdie innovasie kan verseker dat ons GWK kan vestig as `n konstante en betroubare leweransier van gehalte produkte.
... beslis ‘n PLUS in die stryd teen onkruide. Roundup Ready PLUS™ bied onkruidbestuuroplossings vir alle Roundup Ready®-gewasse. Die Roundup Ready PLUS™-program vir Roundup Ready®-mielies bestaan uit ’n kombinasie van Monsanto se nuwe produk, Roundup PowerMAX®, plus geskikte produkte soos Guardian S® en/ of Bullet® met plant en Harness® Extra en bykomende onkruiddoders van ons vennote in die bedryf na opkoms van die gewas. Die Roundup Ready PLUS™-program vir Roundup Ready®-soja en -katoen bestaan uit ’n kombinasie van Monsanto se Roundup PowerMAX ®, plus geskikte en bykomende onkruiddoders van ons vennote in die bedryf met plant en/of na opkoms van die gewas. Kontak jou landbou-chemiese verteenwoordiger vir: Betroubare aanbevelings en produkte vir onkruidbeheer in Roundup Ready®-gewasse ■ Effektiewe en ekonomiese onkruidbeheer ■
Kombineer produkte en doen jou deel vir onkruidweerstandsbestuur. Kontak ons en kry die feite! Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8201 of customercare.sa@monsanto.com
Roundup PowerMAX® bevat Glifosaat (540 g/l). Versigtig. (Reg. No. L7769). Guardian S® bevat Asetochloor (840 g/l). Versigtig. (Reg. No. L4862). Bullet® bevat Asetochloor (250 g/l), Atrasien (225 g/l) en Terbutilasien (225 g/l). Versigtig. (Reg. No. L5623). Harness® Extra bevat Asetochloor (960 g/l). Versigtig. (Reg. No. L7703). Alle produkte is geregistreer onder Wet No. 36 van 1947. Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik. Roundup Ready®, Roundup Ready PLUS™, Roundup PowerMAX®, Guardian S®, Bullet® en Harness® Extra is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021
39
uppe marketing A09497/GWK
Monsanto se Roundup Ready PLUS™ onkruidbestuuroplossings ...
GWK Nuus Vervolg
Die dag se verrigtinge het `n groot getal besoekers gelok.
GWK OP HOPETOWN BIED INNOVASIEDAG AAN
D
ie GWK-span op Hopetown het onlangs `n baie suksesvolle GWK Innovasiedag by die tak op die dorp aangebied. Die dag het produkbekendstellings deur GWK en verskaffers, uitstallings, groot pryse, `n steak-ete en `n vertoning deur Armand the singing cowboy ingesluit. Mnr. Frans Wiid (GWK-direkteur) het die gehoor toegespreek en hulle gerusgestel oor die samesprekings
tussen GWK en OVK. GWK bied graag hierdie soort geleenthede aan om `n platform vir kommunikasie te skep, produkte en dienste aan klante bekend te stel en aan gemeenskappe geleenthede te bied om bymekaar te kom. *GWK was ook onlangs die trotse hoofborg van die Oewerfees wat op die Jeugkamp buite Prieska aangebied is.
GWK en verskeie verskaffers het produkdemonstrasies aangebied.
Armand the singing cowboy.
GWK Nuus Vervolg
HOĂ‹RSKOOL DOUGLAS VEREER MIELIE- EN BEESPRODUSENTE
G
WK was die hoofborg van `n fondsinsamelingsprojek van die HoĂŤrskool Douglas waarmee die mielie- en beesprodusent van die jaar aangewys is. Produsente van die Douglas-omgewing het deelgeneem aan `n kompetisie. Om in te skryf, moes produsente `n halwe hektaar mielies of `n speenkalf aan die skool skenk wat vir die beoordeling ook gebruik is. Regs: Mnr. Dirk Engelbrecht (Voorsitter van die beheerliggaam, mnr. en mev. Louise en Paul de Villiers (Mielieboer van die jaar) en mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK).
Mnr. Pierre Nel (Syngenta), mev. en mnr. Annelene en Johan Swiegers (Beesprodusent van die jaar) en mnr. Gys Jooste (Voerkrale).
uppe marketing A09493GWK
Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready ®-mielies, -katoen en -soja verg bloot die perfekte kombinasie van puik produkte. Soos Monsanto se Roundup PowerMAX®-produk wat deel uitmaak van ‘n onoortreflike onkruidbeheerprogram in mielies, katoen en soja. Roundup PowerMAX® • Is effektief – as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte! • Waarborg gewasveiligheid! • Is reënvas binne een uur na toediening – effektiewe, vinnige opname selfs onder ongunstige toestande! Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer. Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur, beveel Monsanto aan dat Roundup PowerMAX® met ander geregistreerde produkte gekombineer moet word in ‘n onkruidbeheerprogram.
Roundup Ready Corn 2
Roundup Ready Soya
Roundup Ready® Corn 2
Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8201 of customercare.sa@monsanto.com Roundup PowerMAX® bevat glifosaat 540 g/l. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik. Monsanto, Genuity®, Roundup Ready®, Roundup PowerMAX®, Roundup Ready® Flex Cotton, Roundup Ready® Corn 2 en Roundup Ready® Soya is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
Kimberley
Donderdag, 17 Oktober 2013 - 11:00
Onder beskerming van die Tuli telergenootskap van S.A
Navrae: Schalk Erlank: 082 558 6891 Afslaer: Deon Klopper: 082 802 8483
Donkerhoek Stoet: West Front Stoet: Amelia Stoet: Alpha & Omega Stoet:
innoveer landbou
083 468 6176 082 890 0351 076 617 6471 083 448 7870
GWK Veilings Kimberley
Tel: 053 832 5227/8
www.gwk.co.za
GWK Veilings bied aan . . .
NasioNale BrauNvieH veiliNg DoNDerDag 24 okt 2013 - 11:00 GWK Veilingskompleks - Kimberley
25 30 80
Bulle sP vroulike Diere sP Braunvieh kruisras verse Inligtingsdag 23 Oktober 2013 - 14:00
Foto: Aurora Braunvieh
Navrae:
afslaer:
Braunvieh Kantoor Piet de Villiers Christopher Havenga Schalk Erlank
051 410 0967 082 670 6089 082 821 1527 082 558 6891
Deon Klopper
082 802 8483
Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is.
innoveer landbou
GWK Veilings Kimberley Tel: 053 832 5227/8 www.gwk.co.za
Ons mense
Kiekies
Wenner Chrisna Coetzee van Prieska
Maandelikse pryse 1ste R500 kontant
Tema vir Okt.
Water Terwyl die son weer lekker begin bak, is water `n bron van lafenis vir mens en dier. Selfs net die gesig van `n waterpoel of `n paar doudruppels kan die somerhitte koeler laat voel.
46
Hierdie foto van gevriesde water is laat in September naby Prieska geneem.
2de R300 kontant 3de R200 kontant
Tema vir Nov.
Kleur van die seisoen Die somer verras `n mens met die mees asemrowende kleure. Behalwe vir die lente se sagte groen wat heldergroen word, is daar ook die rooie, oranjes, pienke en perse!
Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za
Tema vir Des.
Kersfees Ons deel graag met ons lesers hul wedervaringe tydens die Kersvakansie. Hierdie tyd van die jaar word almal `n rukkie lank stil om te rus en gereed te maak vir die jaar wat voorĂŞ.
Tweede
Ockert Struwig van Douglas
Derde
Ronel Sutherland van Hopetown
47
Oom Gemsbok
Die Skopskoen
Swak skeidsregters ry ons bloots!
D
agsê vrinne Ja, terwyl ons die perdjie van swak skeidsregterskap bloots ry, laat oom Gemsbok ook nou maar sy eiertjie lê. Wat met Bismarck gebeur het, is onverskoonbaar en die polemiek daarna sal hopelik die fokus en druk al hoe meer op blatante swak skeidsregterskap plaas en hierdie euwel vir eens en altyd uitroei. Hierby betrek ek sommer ook sy ouboet van `n TMO wat alles op skerm voor hom beskikbaar het, asook hul twee suurstofdiewe op die kantlyn wat twee meter van die voorvalle beweeg, maar niks daaromtrent doen nie. Ek verstaan dit nie. Is hulle te bang om te praat of te versigtig om die regte ding te doen? Mnr. Nonu kom weereens weg terwyl Bok se kind maar net weer aan die korste ent trek in Nieu-Seeland. Nee, ek glo die hele volkie was warm om die kraag toe ons arme Bokke 48
met 14 man die oormag moes beveg op Eden Park waar die Bokke die slag `n groter “meelbom” van onregverdigheid moes sluk. Hier was dit baie duidelik: Sonder Vermeulen, Etsebeth, Morras, Bismarck, Habana en Jean gaan jy nie oorlog toe nie. Nadat ons die Aussies op alle fasette van die spel totaal oorheers het – en dit in hul eie agterplaas – moes Eden Park `n skouspel gewees het, maar die ref omskep dit toe in `n sirkus. Nou moet hulle hierheen kom en wat `n soete wraak wag daar nie op eie bodem nie. Ek hoor Cartertjie se blad is aangegroei, want Bismarck is reg vir hom. Ek kan nie wag nie! Op die Curriebeker-front is dit ons geliefde Griekwas wat heel onder op die punteleer lê en weereens die bitter smaak van swak skeidsregterskap moes ontgeld in twee van hul nederlae teen die Leeus en WP waar die een speler van die Leeus uitgetrap het
en WP nooit moes gewen het nie. Hierdeur ontvang een span vier punte en skuif twee plekke op terwyl die ander span niks verdien nie en heel onder beland. In die volgende twee wedstryde speel die Kwaste regtig nie goeie rugby nie, maar om na soveel beserings soos hulle hierdie jaar weer terug te kom, gaan moeilik wees. Die arme Bulkalfies is geskiedenis en voldoen soos die Cheetahs glad nie aan die verwagtinge nie. Die Leeus speel totale rugby, maar met tye baie waaghalsige rugby wat hulle dalk mag byt in `n semifinaal, maar dit moet ons maar eers sien. Ackers se span bly wen en dis wat op hierdie vlak verwag word. Die Sharks en WP lyk onkeerbaar en behoort sake in die semis uit te spook. Geniet die rugby! Groetnis Oom Gemsbok
4de ProduksieVeiliNg Lucky Valley, Douglas
14 November 2013 - 11:00
JG 10/343
Navrae: Johan johan@douglas.co.za Colleen 082 553 1108 Schalk Erlank 082 558 6891
AANbod 50 Bulle 250 Vroulike Diere
Veiling op Lucky Valley, Douglas GPS: S 29.13295째 E 023.62895째
innoveer landbou
Pret op die plaas Vir die jongspan
Vind die pad . . .
50
e i j d n ke ee
leli
vettie Leefstyl
Carien Grobler
g n i k k mislu
Kies die regte etiket!
M
islukking, vettie, lelike eendjie en domkop. Dít is maar net `n paar van die negatiewe etikette wat vroue dikwels om hul eie nekke hang. `n Mens doen dit soms onbewustelik, maar nietemin kan sulke etikette `n kragtige invloed op `n mens se lewe hê. “Ons word nie met negatiewe gedagtew gebore nie,” sê Elizma van der Smit, `n kliniese sielkundige van 52
Klerksdorp. “Dink maar hoe `n baba seker maak dat hy gehoor en gesien word en dat daar in sy behoeftes voorsien word! “Negatiewe gedagtes is dikwels `n aanduiding dat `n mens nie oor die nodige vaardighede beskik om positief oor onsself te dink nie. Ons maak onsself skuldig aan gruwelike denkfoute wat groot skade aan `n mens se selfbeeld aanrig.” Elizma vergelyk hierdie denkfoute met `n komposhoop agter in `n
mens se erf. “Jare lank gooi `n mens al jou skille daar uit. Jy loop dieselfde paadjie oor en oor sodat dit later uitgetrap is. Later dink `n mens nie meer daaraan nie en laat jou onderbewuste jou outomaties daar uitkom.” Sy verduidelik dat `n mens se brein op dieselfde beginsel werk. “Ons vorm die gewoonte om oor en oor langs dieselfde paadjie te dink en sodoende vorm `n gedagtepaadjie waarheen `n mens se onderbe-
wuste jou outomaties neem. Wanneer `n mens dus herhaaldelik negatiewe etikette om jou eie nek hang, sal jy ondanks jou positiewe eienskappe slegs van die negatiewe etikette bewus wees aangesien die paadjie daarheen reeds uitgetrap is.” Vettie se voet! Denkfoute veroorsaak dikwels dat vroue nie hul voorkoms in perspektief kan sien nie. “`n Vrou het dalk pragtige hare en `n mooi glimlag, maar ignoreer dit omdat sy nie maer genoeg is nie en daarom glo dat sy onaantreklik is,” sê Elizma. “Dit gebeur ook dat `n mens self negatief voel oor jou voorkoms en aanneem dat ander mense ook so voel. Vroue glo ook soms hulle kan ander se gedagtes lees en neem dan aan dat ander dink hulle is oorgewig en lui.” Die aktrise en sangeres Queen Lati-
fah meen `n mens kan selfversekerd jouself voel. Dalk is dit wanneer jy wees al het jy nie `n wilgerlatlyfie nie. met jou ma of suster gesels het. `n Mens hoef nie noodwendig hierdie snellers te verander nie, maar deur Probeer haar vyf wenke: daarvan bewus te wees, kan jy die Vermy die wilgerlatte. `n Studie wat in die Journal of Con- gevolge, soos ooreet, vermy. sumer Research gepubliseer is, wys dat oorgewig vroue se selfbeeld skerp Onderskei jou snellers. Interne snellers word afgetrek wanafneem wanneer hulle na foto’s van neer `n mens jouself negatief etiketmodelle in tydskrifte kyk. Hoe meer teer, teenoor eksterne snellers wat modelle die oorgewig vroue gesien afgetrek word wanneer iemand anhet, hoe meer negatief het hulle oor ders `n mens kritiseer of beledig. Vra hulself gevoel. jouself dan af watter soort sneller jou selfbeeld die meeste beïnvloed. WanWikkel wikkel . . . neer `n mens daarvan bewus is, kan “Hoe meer `n mens dans, joga beoefen, stap, swem of enige ander oe- jy beheer neem van die situasie. fening doen waarvan jy hou, hoe beMaak jouself spesiaal. ter sal jy oor jouself voel,” sê Queen Identifiseer dinge waarmee jy goed is Latifah. “Moenie in die strik trap om te glo dat jy só vet is dat almal by die en doen dit gereeld. “Koester jou vermoëns en talente,” sê Queen Latifah. gimnasium vir jou sal lag nie.” “Dit onderskei jou van ander mense en maak jou spesiaal – en dít het niks Ken jou snellers. met jou gewig te make nie!” Bepaal wanneer jy die slegste oor
en...
Volksblad an
bied
a
VOLKLEUR met Chris Chameleon
Damesprogram ten tye van GWK se Algemene Jaarvergadering op 6 November 2013 Die program begin stiptelik om 09:00 Plek: Horseshoe Motel, Kimberley Vir meer inligting kontak: Leana Coetzee/Marika Badenhorst - 053 298 8200 innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
Gesondheid Carien Grobler
Leef voluit . . . in volkleur! Ons het almal natuurlike reaksies op kleur. `n Bos goudgeel affodille laat `n mens meer positief voel en `n helder blou lug kan `n mens met `n gevoel van vrede en rustigheid laat. Dit is geen geheim dat `n mens se gemoed `n direkte impak op jou gesondheid het nie. Hoe meer jy dus kleur gebruik om van stres of `n slegte bui ontslae te raak, hoe meer sal jou algehele gesondheid daarby baat.
Blou
Blou is die kleur van die see en die lug - `n kleur wat kalmte in `n gejaagde lewe kan bring. Navorsing wys dat mense wat `n moeilike taak moet aanpak, minder angstig voel as daar iets blou in hul omgewing is. Blou sal daarom goed werk in enige kamer, soos `n kantoor, waar `n mens dikwels spanning ervaar. Hou egter by die ligter skakerings, aangesien die sterker, helder skakerings `n stimulerende effek kan hê. 54
Rooi violet
Hierdie twee stimulerende kleure kan `n mens se energievlakke laat styg omdat dit veroorsaak dat die liggaam meer adrenalien afskei, meen kenners. `n Britse studie het gevind dat wanneer Olimpiese atlete met mekaar kompeteer, dié in rooi opmerklik meer gereeld wen as hul eweknieë in blou. Hierdie hoë-energie kleure kan goed aangewend word in die werksplek waar hoë vlakke van energie en kreatiwiteit nodig is, asook op trappe en by ingange. Vermy dit egter in plekke soos bad- en slaapkamers waar `n mens wil ontspan. Dit is ook nie `n goeie keuse vir `n kombuis nie, aangesien dit `n mens se aptyt kan prikkel! As jy energiek en geïnspireerd wil voel, maar nie opgewerk nie, voeg net `n klein bietjie rooi of violet by jou dekor. `n Rooi hoektafeltjie of `n lamp in violet sal die ding doen, hoewel blomme ook `n goeie opsie is.
Groen geel
Om die huppel in jou stap terug te sit, omring jouself met die kleure van lente en sonskyn! In `n Nederlandse studie het volwassenes almal gesê dat hulle meer gelukkig voel wanneer hulle hierdie twee klere sien. Groen kan `n kamer gou opvrolik, selfs al gebruik `n mens net `n paar groen strooikussings of `n interessante groen fotoraam. Ligte geel is die ideale kleur vir `n kuier- of speelkamer.
Resep
Appeltert met neuterige nougat Resep 1 rol gevriesde skilverkorsdeeg 5 groot appels, geskil en in skywe gesny 4 eetlepels botter 3 eetlepels suiker Nougat 2 koppies gesnipperde amandels ¼ koppie suiker 3 groot eierwitte
Metode � Rol die deeg uit om in `n tertring te pas en plaas terug in die yskas terwyl die res van die tert voorberei word. � Kook die appels in die botter en voeg die suiker by wanneer dit amper goudbruin is, maar steeds hul vorm behou. Dit sal ongeveer sewe minute neem. � Plaas eenkant. � Vir die nougat, meng die amandels, suiker en eierwitte sonder om die witte te klits. Inkorporeer dit slegs by die mengsel. � Gooi die appels in die voorbereide tertring met die nougat-mengsel bo-op. � Bak 30-35 minute. � Laat 30 minute rus en verwyder dan die tertring. � Sny met `n skerp mes en bedien.
55
Agterblad
Uit Piet se pen . . .
Al wat help is Rattex . . .
O
ns ontvang `n oproep van `n baie opgewonde Barry van Dronkwordspruit. “Jis oom, môre is ek daar. Die toring moet gediens word en ons wil kom oorslaap. Is dit reg met julle?” Vrydagmiddag arriveer Barry en Anthony. Dit is snerpend koud. Barry het net sy Bloubul T-hemp aan. Onder sy Adidas-kortbroek steek `n paar fris bene uit. Die jong man is baie bly om ons te sien. “Jis oom, dit is lekker om terug te wees. Gister was dit presies `n jaar gelede wat ons die toring klaargemaak het. Hy wil dadelik weet waar is die tannie. “Ai ons het darem so lekker geëet.” “Oom, môremiddag moet ons groot asseblief die Bloubulle teen die Brumbies kyk”, sê-vra hy. “Daai span van my gaan hulle opeet.” Sjoe, daai Brumbie-gemors kan hy nie vat nie, wat nog te sê van ou Jake White met sy ronde brille. Nee wat Oom, ons kan miskien nie Engels praat nie, maar ons kan rugby speel.” Ons is in vir `n Bloubul-naweek, waarsku ek Sonja. (Op die end was Jake White tog baas met sy ronde brille.) Vrydagaand aan tafel word ons ingelig rondom `n jaar se gebeure. Barry het nogsteeds dieselfde meisie. Oom John, sy aanstaande skoonpa wil nog niks weet van `n trouery voordat hy nie gekwalifiseer is nie. Die groot dag sal moet wag totdat hy sy kar afbetaal het en hy sy “tick56
et” gekry het. Hy wil darem nie `n “sparkie” (leerling elektrisiën) bly vir die res van sy lewe nie. Ou Oscar bly ook daar naby sy meisie in Pretoria. Hy weet darem nie wat daar gebeur het nie. Al wat hy kan sê is dat hy nie dink iemand sal inbreek om toilet toe te gaan nie. “Nee, Oom daar is mos genoeg bome en plante in die kompleks.” Die eintlike groot nuus is dat hy sy aanstaande swaer `n helse pak gegee het. “Ek het oom mos verlede jaar gesê hy krap my watsenaam.“ So `n maand gelede het hulle by sy aanstaande skoonpa rugby gekyk toe die moeilikheid begin het. Die moeilikheid was juis rondom sy kwalifikasie. “Daai ou het toe mos vir my te vertel hy kan dieselfde kursus, wat ek gedoen het, binne `n jaar klaarmaak. Hy kan nie verstaan hoekom ek so sukkel om klaar te kry nie. Ek sê hom toe hy moenie praat van goed waarvan hy niks weet nie. Hy het nie eers matriek nie, so hy beter stilbly. Sy bek is altyd so groot voor oom John. “Toe begin hy mos met `n storie oor hoe die Sharks die bulle gaan trap. Oom, miskien sou ek nie so kwaad geraak het as die Windhoek draught my nie gehelp het nie. Niemand praat sleg van my span nie. “Ek staan op en wys hom met die vinger wat ek met hom gaan maak. Dit moes ek seker nie gedoen het nie, want die volgende oomblik toe slaan hy na my. Oom John skree nog ‘hei-hei wat gaan aan’. Ek wou nog die oom antwoord, toe kom
sy tweede hou. Hy vang my met `n steelhou reg op my oogbank. Planke toe. Jis oom, dit was vrek seer en ek was so `n paar sekondes soort van bewusteloos. Maar my bykom, opstaan en slaan was gelyk. “Ek kon net een lekker hou van onder af inkry, voordat hy my arm gryp. Hy is so `n bietjie langer as ek en hy kry my toe in `n wurggreep om my nek beet. Hy wurg my dat ek voel ek wil vrek. My laaste opsie was `n skop daar waar dit saakmaak. Toe blêr hy soos `n boklam en los is ek. “Jis oom, toe is die honne los. Die vroumense gil en oom John try sy bes om die fight te stop. Dit is net stoele en tafels wat trek. My aanstaande skoonma gooi ons met die leë bierblikke. Die hond is so verbouereerd hy wil sommer vir oom John byt. “Toe windmeul ek hom. Omdat ek bietjie korter is sukkel hy om my raak te slaan. Ek bly net naby hom en peper hom met die upper cuts. Nee wat, toe eet ek vir ou Jelliepens. “My laaste hou was `n sitter. Vol op die bek. Hy het so onder die pool-tafel ingeskuif. Gelukkig het die mense alles weggeskuif wat kon breek. “Die vroumense het seker `n uur lank nog heen en weer op almal gegil. Dit het nogal `n tydjie geneem voor alles tot bedaring gekom het. Ek het hom agterna mooi vertel hy moenie weer met my sukkel nie. Daar is nie pille vir domgeit nie, Oom. Al wat help is Rattex.”
GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS Ig Pretorius 082 906 1672 Franco Geldenhuys 071 401 2487
GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK graan is dit die produsent wat saakmaak!
HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Hendrikus Keulder 082 888 6295 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 0885
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
GWK Versekering . . . gewaarborgde gemoedsrus Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773 Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680
Oesversekering is `n onmisbare aspek van enige produsent se risikobestuur. Die ekonomiese klimaat sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker `n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!
Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 Hopetown Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474 GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za