Kommuniek Oktober

Page 1

Oktober 2014

`n handelsmerk van

Verbouing van druiwe vir wyn kan winsgewend wees

Nuwe voordele vir veeprodusente bewerkstellig

Waxy-mielies bied uitstekende alternatief


GWK Versekering . . .

Welvaartbestuur deur spesialiste Behalwe welvaartbestuur, lewensversekering en verskeie ander gehalte-produkte en -dienste, bied GWK Versekering nou ook ’n bekostigbare begrafnisskema. GWK se makelaars staan gereed om hierdie puik produk aan ons produsente te verskaf. Skakel vandag nog jou makelaar vir meer besonderhede.

Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474

GWK is ’n Gemagtigde FinansiÍle Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige www.gwk.co.za reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,


OKTOBER 2014

OP DIE VOORGROND

AKTUEEL

14

3 2 Redaksioneel

14 Ons besigheid GWK se DNA

3 Geestelike akker 4 Veilingskalender en Veilingspryse

18 Ons besigheid Installering van toerustig begin by die Modderrivier-ontwikkeling

6 Damme en temperature 8 Landbouwenke

VOORBLAD

LANDBOUSAKE

10

24

10 Aktueel Verbouing van wyndruiwe kan winsgewend wees

24 Presisieboerdery Valskommandowurms moet dopgehou word

16 Ons besigheid Konsolidasie bied voordeel vir vleisprodusente

28 Veilings Aangepaste ramme steeds gesog

21 Presisieboerdery Waxy-mielies bied uitstekende alternatief vir die produsent


OKTOBER 2014

WEES INGELIG

VROUE

42

30 30 Properties Waar daar `n wil is . . .

42 Leefstyl Vul jouself met vreugde!

ONTSPAN

44 Gesondheid Borskanker: Wees seker jy is gesond 45 Resep Dekadente aarbei-sjok-brie-trio

38 32 Kompetisie Like en share ons Facebookblad en wen groot pryse! 38 Vir die jongspan Pret op die plaas

46 Agterblad Bakkies, bikes en bokke


tuur s e B n e e i s k e Dir Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Frans Lubbe

Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur Pieter Spies Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111 Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579 Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383 Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778 Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656 Katoen, Kontrakteurs, Aartappels, Lusern en SAFP Freek Meyer 083 644 0022 Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103 Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821

Uitvoerende Bestuur

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Sekretariaat John Bell 076 430 5615

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Menslike Kapitaal Chopper Theart 082 806 9995

Vleis Alex Cilliers 082 808 3063

Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Finansiering en Finansiële Landbou Advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547


Redaksioneel Die musiek van die liefde is wyn, het `n onbekende skrywer gesĂŞ. Nie net romantiese liefde nie, want by die Landzicht-wynkelder op Douglas is die liefde en passie vir die wyn- en wingerdbedryf amper tasbaar . . . GWK se wyn het vanjaar op verskeie kompetisies uitstekend gevaar en ons kuier vandeesmaand by die Coetzees van Mahoebe-eiendomme wat groot droogdruiwe-aanplantings gedoen het en ook met wyndruiwe boer. Ons kyk ook na die voordeel wat die konsolidasie van GWK se vleisbesighede in GWK Vleis vir produsente inhou en doen aan by Westra se ontwikkeling op Modderrivier waar die kontrakteur vandeesmaand die geboue sal oorhandig sodat die installasie van toerusting kan begin. Produksie by die koringmeule sal na verwagting in Julie 2015 begin, terwyl die beskuitjie- en pastafabrieke reeds teen April en Mei 2015 in produksie

behoort te wees. Ons kyk na die uitstekende alternatief wat waxy-mielies vir graanprodusente bied aangesien proefresultate toon dat waxy-mielies dieselfde opbrengste as kommersiĂŤle mielies lewer. Dan kom valskommandowurms onder die loep, aangesien hierdie wurms vinnig toeslaan en groot skade aan produsente se oeste kan veroorsaak. Hierna doen ons aan op Griekwastad, waar dit op die jaarlikse Veldramveiling duidelik was dat aangepaste ramme steeds gesog bly. Dan kuier ons by GWK Properties op Kimberley waar Michelle Melaat gewys het dat waar daar `n wil is,

daar beslis `n weg ook is. Die vroue leer hierdie maand om hulself met vreugde te vul en nie dinge mis te kyk wat hulle kan gelukkig maak bloot omdat dit niks kos nie. Oktober is Borskankermaand en ons maak ook seker dat ons dames seker is hulle is gesond. Ons maak `n dekadente aarbeisjok-brie-trio en groet oudergewoonte saam met Piet, wat hierdie maand betrokke raak by `n wildvangery!

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730

VOORBLADFOTO Conrad Borman

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Medewerker: uitleg en redigering Annatjie Rautenbach 2

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Lekker lees!

ler

Carien Grob

Redakteur

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. Kontak ons ook gerus oor enige interessante gebeure in ons aandeelhouer se lanbou-omgewing. E-pos: carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730


depositphotos

Geestelike akker Net so sal dit wat Ek sê, nie weer na My toe terugkom nie. Dit sal vrugte dra. Dit sal alles doen wat Ek besluit het. Dit sal laat gebeur waarvoor ek dit gestuur het. Jesaja 55:11 Watter woord is jy? Ons is almal woorde in God se storie van die lewe. Party van ons is lang indrukwekkende paragrawe, ander is kort sinsnedes terwyl sommiges slegs kort maar kragtige woordmense is. Nou maak dit regtig nie saak hoe lank jou lewenssin is nie. Wat wel saak maak, is wat die gehalte van jou lewe is, want dit bepaal hoe sinvol jy leef. Vra jouself vandag die vraag: Watter deel van God se storielyn is ek? Waar en hoe pas ek in in die verhaal wat Hy

van die lewe skryf? En meer belangrik: Wat is die gehalte van die mý gedeelte van God se storie? Die feit is jou lewensverhaal maak ongetwyfeld `n belangrike deel van God se plan uit. Dis waarom jy is wat jy is en kan doen wat net jy kan doen. Wanneer jy dus jou gedeelte van die verhaal goed uitleef, maak jy van `n gewone storie `n uitmuntende verhaal. En dan glimlag God oor jou! Bid vandag dat die Gees in die volgende tyd in jou hart sal werk. Dat Hy

vir jou duidelikheid sal gee oor presies watter sin jou lewe het. Meer nog, dat Hy aan jou sal wys hoe jy dinge ánders en beter kan doen sodat jou lewensdeel gehalte sal spel. Meester, wys my hoe ek nog beter kan leef.

Milanie Vosloo

Uit Laat sy liefde jou lei, uitgegee deur Cum. 3


Veilingskalender en Veilingspryse Go West Tuli-veiling, Kimberley Bloemfontein Mid-Vrystaat Bonsmara-veiling Trio Brangus, Bloemfontein Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Griekwastad-veiling Nasionale Braunvieh-veiling, Kimberley Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Hencoe Bonsmara-veiling, Prieska

4 November 5 November 7 November 11 November 12 November 13 November 13 November

Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Bonsmara Groep-veiling, Clocolan Slaglamkompetisie, Jacobsdal Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Skatkis Bonsmara-veiling, Vryburg Leehan Bonsmara aanteelveiling, Douglas Hertzogville-veiling

conrad borman

16 Oktober 16 Oktober 17 Oktober 21 Oktober 22 Oktober 23 Oktober 28 Oktober 29 Oktober

Veilingspryse vir lewendehawe - September 2014 01/09 - 05/09

08/09 - 12/09

15/09 - 19/09

22/09 - 26/09

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R13.00

Slagosse

R12.50

Slagosse

R12.00

Slagosse

R13.00

Slagkoeie

R13.00

Slagkoeie

R13.00

Slagkoeie

R12.00

Slagkoeie

R12.00

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.50

Swaar kalwers (250kg +)

R16.80

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R24.00

Slaglammers

R24.00

Slaglammers

R 25.00

Slaglammers

R23.00

Stoorlammers

R25.00

Stoorlammers

R24.00

Stoorlammers

R 25.00

Stoorlammers

R23.00

Kruislammers

R23.00

Kruislammers

R24.00

Kruislammers

R23.00

Kruislammers

R23.00

Slagooie

R16.00

Slagooie

R17.00

Slagooie

R17.00

Slagooie

R17.00

Maer ooie

R14.00

Maer ooie

R17.00

Maer ooie

R17.00

Maer ooie

R15.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R30.00

Jong bokke

R24.00

Jong bokke

R25.00

Jong bokke

R25.00

Jong bokke

R25.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R15.00

4


uppe marketing A11403/DK

Monsanto-produkte en -tegnologie het nog altyd bygedra tot jou sukses. Soos ons chemiese produkte, ons gevorderde katoen-, groente- en mieliesaad, ons biotegnologie. Ons wil deel wees van jou besigheid en die toekoms met sy vele uitdagings saam met jou aanpak. Uitdagings soos volhoubare landbou saam met uitstekende diens, kwaliteit produkte en rotsvaste waardes.

Jy kan op Monsanto vertrou ... vir jóú sukses.

Meer oor Monsanto Maatskappy Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings en landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto is daarop gefokus om die kleinboere sowel as die grootskaalse boere by te staan om meer uit hul grond te kry terwyl hul toenemend die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, bewaar. Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8200 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter® by www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook® by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed. Monsanto is ’n geregistreerde handelsnaam van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

A11403 Monsanto Harvest SA Corp Advert AFR DK.indd 1

2014/09/30 12:29 PM

conrad bornman

5


Damme en temperature Huidige stand van damme Riviersisteem

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Oranjerivier

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

50 76 98

Vaalrivier

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

82 89 41 39

Hartsrivier

Spitskopdam

95

Rietrivier

Kalkfonteindam

27

Modderrivier

Krugersdriftdam

54

Maandelikse voorspelling Oktober 2014

Inligting verkry van GFCSA

6


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936


Landbouwenke

Weiding Plant voersorghum van Oktober tot Desember. Heelwat blousuurvrye kultivars

vir beeste, skape en bokke is beskikbaar. Plant hierdie kultivars slegs onder besproeiing.

Katoen Die saadbed moet redelik ferm en nie te fyn wees nie. Die grond moet goed deurlug wees, daarom is “rip� belangrik. Geen beperkende lae vir optimale wortelontwikkeling. Die grond moet op veldwaterkapasiteit wees met plant en weer met die aanvangs van die blomstadium. Die plantdiepte is baie belangrik. Plant 25mm, maksimum 30mm diep. Die grond moenie te nat gehou word nie, aangesien dit die grondtemperatuur verlaag en kieming vertraag. Pithium- en Rhizoctonia-swamme val jong saailinge in koue toestande aan. Die ideale plantestand is sowat 80 000 tot 90 000 plante/ ha. Plant swaar gronde teen

13-14kg/ha saad en ligter sandgronde teen 10-12kg/ha saad. Kunsmisbrand kan maklik voorkom. Daarom moet kunsmis minsten 100mm diep en 100mm weg van die saad geplaas word aangesien die penwortel baie vinnig ontwikkel. Altesaam 20-30 N met plant behoort voldoende te wees. Die res word deur die seisoen versprei. Onkruide is baie nadelig, veral in die eerste agt weke van die plant se ontwikkeling. Op lande waar onkruidprobleme ervaar word, kan Treflan voor plant toegedien word en onmiddellik ingewerk word. Voor plant tot voor ware blaarstadium kan Roundup Ready Powermax teen 2l/ha gespuit word. Hou streng by die voorskrifte op die etiket.

Koring en gars Koring is op die oomblik in `n kritieke stadium. Boor lande gereeld om vogstatus met die van die skeduleringsapparaat te vergelyk. Spuit voorkomend teen Karnal bunt met die begin van die 8

vlagblaarstadium en volg binne tien dae met `n tweede bespuiting op. Gaan die lande deur vir die voorkoms van insekte soos luise, vals bolwurm en blaarmyner.


Grondbone Die plantproses is uiters belangrik. Soveel as 50% van die sukses van die oes kan hiervan afhang. Behandel saad met swamdoder (Thiram/ Thiolin) en indien moontlik, dien entstof direk in die plantervoor toe. Entstof in poeiervorm is ook beskikbaar. Die saadbed moet redelik fyn en ferm wees om goeie grondkontak met die saad te verkry. Die plantdiepte is 3-5cm. Vir nou rye van 30-40cm kan die saadplasing 8cm in die ry wees en vir wye rye van 76cm, 6cm in die ry. Plantdigtheid: 100-

110kg/ha (60/70 pitgrootte). Dit gee 228 000 tot 250 000 pitte/ ha. Die plantdigtheid kan selfs na 90ka/ha afgebring word. Drukwiele trap aan die kante van die saadry vas en `n skraper krap `n effense walletjie reg booor die saadry (ideale praktyk). Die saadbed moenie te los wees nie. Andersins sal die drukwiele diep spore trap wat operding van plante veroorsaak en oesverliese tot gevolg het. Die ideale saadplasing lyk soos volg:

Pekanneute Gee die laaste stikstofen kaliumbemesting van die seisoen en dien sinkblaarbespuiting toe. Die waterbehoefte verhoog en besproeiing Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

moet aangepas word. Terugsny en ent op raamtakke kan nou gedoen word. Volg die normale plaagen swambeheerprogram.


Aktueel

Verbouing van wyndruiwe kan winsgewend wees Digby die Oranjerivier is Prieska, `n dorp minder bekend as `n wingerdproduserende gebied, en nog minder as `n uitstekende area vir die produksie van wyndruiwe.

D

it is hier waar die Coetzee´s van Mahoebe-eiendomme boer – nie net met mielies, koring en skaap nie, ook met gewasse soos uie en wortelsaad vir maatskappye wat saad aankoop. Maar hulle het ook groot droogdruiweaanplantings. En wyndruiwe. Pa Henry en die broers Hannes en Cloete boer op die plase Mahoebe, Witvlei, De Hoek en De Eelt. Die wyndruiwe is Hannes se verantwoordelikheid, en as `n mens gaan kyk na die prestasie van die blokke vanjaar, kan `n mens sien die man verstaan die wingerd se taal. Op die 7.5 ha Colombard het Mahoebe vanjaar `n allemintige gemiddeld van 64 ton/ha behaal, en as `n mens in ag neem die kelder se gemiddeld vir die spesifieke kultivar is maar 31 ton per hektaar, is dit merkwaardig. Die wingerde staan op Witvlei en De Hoek en is in 2005 en 2006 aangeplant. Dit is Colombard op Richter 99. Die 10

wingerde is op `n kapstelsel gevestig met drupbesproeiing. Die gronde is baie klipperig en het dus goeie dreinering. Die besproeiing moet egter baie akkuraat en presies bestuur word om sulke groot oeste te verseker. Besproeiingskedulering word met vogmeters gedoen om te verseker dat Hannes-hulle altyd weet wat in die grond aangaan. Verlede jaar is baie moeite tydens die snoei gedoen om die optimale aantal draers per lopende meter te kry, en alle oop ruimtes op die kordon is toegevleg met lote van voldoende lengte en dikte. Daarna is kafbale en kraalmis ingery om op die bankies te sit. Dit is gedoen om die waterverspreiding, sowel as die voghouvermoë te verbeter. Dit bewerkstellig ook die verhoging van organiese materiaal in die grond, en die stadige vrystelling van organiese bemesting met die kraalmis. Tydens bot en vanaf ertjiekorrel is `n goed beplande kunsmisprogram gevolg – chemies sowel as organies – om optimale toestande en fisiologiese werking van die plante te verseker, en ook om die druiwe wat daar was so spoedig en effektief moontlik ryp te maak.

Verlede jaar was daar tydens bot geweldige ryp in die hele Oranjerivier-gebied, maar Mahoebe het rypskade heeltemal voorkom deur buitebande gevul met kaf te brand. Laat reën en hael kan ook groot skade aanrig. Vanjaar se reën het egter geen skade met vrot aangerig nie aangesien die Coetzee´s al vroeg begin spuit het. Die wingerd word ook deurentyd dopgehou om swamuitbrake vroegtydig te voorkom en te beheer met middels wat vir die kelder sowel as die internasionale handel aanvaarbaar is. In die blomfase is `n tip/top-aksie gedoen om die set van die druiwe te verbeter om sodoende voller trosse te kry. Die wingerd is by optimale rypheid van 20,5º-balling, en met die hand is tussen 50 en 75 ton per dag geoes. Die druiwe is geoormerk om aan grootmaat-kliënte te voorsien. Die druiwe moet steeds aan `n sekere gehalte voldoen ten opsigte van alkohol, suur en pH. Mnr. Hein Janse van Rensburg, wingerdboukundige van GWK se Landzicht-wynkelders, sê die produsente het alle nodige praktyke op die regte tye toegepas, en hulle was die hele tyd in die wingerd om


Mnre. Hein Janse van Rensburg (Wingerdboukundige) en Hannes Coetzee (produsent). foute raak te sien. Hul toesig en bestuur het die groot oes verseker. “Deurset is `n belangrike faktor by `n kelder soos ons s'n, en hoe meer ton hoe meer effektief word ons infrastruktuur gebruik. Mahoebe-eiendomme boer vir die mark waarin ons tans beweeg, en hulle doen dit uitstekend.” `n Persentasie druiwe word ook vir premiumgehalte vir die kelder se gebottelde Landzicht-reeks geboer.

“Daar moet `n balans wees tussen produksiegedrewe en kwaliteitgedrewe blokke, en die uitgangspunt verskil nie vreeslik van mekaar nie. “Hiér was die een hand die ander hand, en hoë produserende blokke is nodig om die eenheidskoste te verlaag sodat daar by die hoër kwaliteit en edelkultivars meer waarde toegevoeg kan word.” GWK se wynkelders het ook vanjaar uitstekend in `n paar kompetisies gevaar. `n Tweede plek is op die

Cappo met die port behaal, en `n goue medalje is met die Wit Muskadel Jeripigo op die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou gewen. Dieselfde wyn het ook `n silwer medalje op vanjaar se Veritas-toekennings gewen. Die wingerd waarvandaan die druiwe vir die wyn kom, is al verlede jaar geoormerk. Die blok staan by mev. Tebogo Ditsebe van Botebo Farming. Sy boer letterlik op die grens tussen die 11


wingerde val onder die wyn-vanoorsprong-skema in die Vrystaat. Dit sal nogal `n paar fynproewers in hulle proeglase laat stik, maar hier word daar gewoeker asof die grond in die hartjie van die Rhône is. Die wit muskadel staan op kalkryke grond, wat dreinering en geurontwikkeling bevorder. Die blok se lower is bestuur vir optimale deurlugting en deurligting, en die druiwe is by `n volryp 28º-balling geoes. Wat die prestasie nog meer besonders maak, is dat dit Ditsebe se eerste vol seisoen was en dat daar nog groot dinge verwag word van die edelkultivars wat op die eiendom aangeplant is. “Ons is juis nou baie opgewonde oor die port wat ons tans vanaf Botebo Farming in die vaatjies het. Dit is gemaak van tradisionele Portugese kultivars, Souzao en die vlagskip van portkultivars, Touriga Nacional. “Maar tyd sal leer, net soos tyd ook sal leer wat Ditsebe en haar wilskrag en ondernemingsgees nóg op Grensplaas gaan vermag,” sê Janse van Rensburg. Mnr. Ian Sieg, wynbestuurder van GWK, is opgewonde oor wyndruiwe en die gehalte van wyne in die Noord-Kaap. Hy sê die Noord-Kaap het uitstekende grond, water van goeie gehalte en skoon, vars, onbesoedelde lug. “Met iemand wat wingerde se behoeftes verstaan en die wynboukundiges se aanbevelings noukeurig nakom, GWK se goed ingerigte wynkelder, en moderne wynmaaktegnieke, kan ons vir die wynliefhebber vrugtige, stylvolle kampioenwyne teen bekostigbare pryse op sy Me. Tebogo Ditsebe van Botebo Farming. tafel neersit.” 12


Jaarvergadering

GWK Jaarvergadering

www.gwk.co.za

innoveer landbou


conrad borman

Ons Besigheid

GWK se DNA Vir `n aanvanklike belegging van R200 word jy deel van GWK se DNA. GWK is 100% in produsente se besit. GWK se totale wins word aan aandeelhouers uitgekeer in twee komponente. Aandeelhouers se aanvanklike beleggings van R690 000 oor 14

15 jaar het tot R753 miljoen gegroei. Rente: Bestaande aandeelhouers se fondse verdien rente gelykstaande aan inflasie 10% hiervan word in kontant uitbetaal en 90% gekapitaliseer oor 15 jaar. Filiale verklaar `n dividend aan

GWK, wat ingesluit word in GWK se wins. Kortings: R10 van elke R100 in kontant uitbetaal. R90 van elke R100 oor 15 jaar vir aandeelhouers gekapitaliseer. R1 van die R100 is `n voorkeuraandeel wat stemreg bepaal.


Meer as R100 miljoen word oor die volgende vyf jaar aan aandeelhouers uitbetaal Geskatte waarde teen uitbetaling (Randwaarde in miljoen) 100.82

97.94

88.33 80.25

58.11 53.97 46.36 39.05 31.14

28.17 22.53

17.09 10.28

12.88

6.42 1.58 2014

2015

2016

2017

2018

Die rente en die kortingskomponent word as volg verdeel: 10% word in kontant uitbetaal 1% word as `n stemdraende voorkeuraandeel toegeken en oor 15 jaar vir aandeelhouers gekapitaliseer. 89% word gekapitaliseer as aandeelhouerslening terugbetaalbaar oor 15 jaar. Die korting word bepaal per

2019

2020

2021

2022

2023

2024

besigheid en proporsioneel op grond van omset toegestaan aan alle aandeelhouers wat met die spesifieke GWK-besigheid gehandel het. Alle opgehoopte aandeelhouersfondse en voorkeuraandele staan op `n Rand-vir-Rand-basis in as sekuriteit vir enige finansieringsfasiliteite wat die aandeelhouer by GWK opneem. In die geval van dood word fondse met direksie-goedkeuring teen

2025

2026

2027

2028

2029

sigwaarde uitbetaal. Dit is ook van toepassing op begunstigdes van regsentiteite. Met staking van boerdery kan aansoek gedoen word vir uitbetaling van fondse. In sulke gevalle sal fondse met direksie-goedkeuring teen `n afkoopwaarde uitbetaal word. Dit is ook van toepassing op begunstigdes van regsentiteite. 15


Ons Besigheid

Konsolidasie bied voordeel vir vleisprodusente Al die vleisbesighede in die maatskappy is nou in GWK Vleis gekonsolideer, `n stap wat groot voordele vir GWK se aandeelhouers inhou.

G

WK se aandeelhouers deel dus nou ook in die winste van die Meat-toMarket abattoir op Jan Kempdorp, sê mnr. Wim van Rooyen, GWK se Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte. “Die Meat-to-Market abattoir word nou volledig deur GWK besit. Die winste het in die verlede na private individue gevloei. Dit is `n goeie voordeel vir GWK se aandeelhouers, want hierdie winste word nou onder GWK se aandeelhouers verdeel.” Die konsolidasie is ook gedoen om die vleisbesigheid se struktuur te vereenvoudig en om onnodige administratiewe koste soos afsonderlike ouditfooie te verminder. Die voordeel vir aandeelhouers is `n meer koste-effektiewe besigheid en verbeterde winsdeling. Vleisprodusente wat aandeelhouers van GWK is, ontvang kortings as winsdeling indien GWK Vleis as besigheid winsgewend is. Die kortings word bereken op grond van elke 16

aandeelhouer se proporsionele aandeel in die omset wat bewerkstellig is deur die besigheid wat aandeelhouers met GWK Vleis gedoen het. GWK Vleis bestaan uit verskillende afdelings, wat onder meer die maatskappy se skaap-abattoirs op De Aar en Groblershoop en die bees-abattoir (Meat-to-Market) op Jan Kempdorp insluit. Die besigheid wat `n aandeelhouer met enige van hierdie afdelings gedoen het, word in berekening gebring wanneer kortings bepaal word. Besigheid wat aandeelhouers reg-

streeks met die Meat-to-Market abattoir doen, word dus ook in die verdeling van wins in berekening gebring. Van Rooyen sê dit is verder goeie nuus dat GWK Vleis die finansiële jaar beslis winsgewend afgesluit het en dat GWK se vleisprodusente vanjaar kortings sal ontvang. Meer besonderhede oor hierdie kortings sal op 5 November 2014 op GWK se Jaarvergadering in Kimberley bekendgemaak word.


Kontantvloeioplossings van die

boord na die mark

Kom ons gesels AgriBesigheid. Ons AgriBesigheid spanne is nie bloot bankiers nie, maar landboudeskundiges in hierdie dinamiese sektor. Ons bied jou toegang tot bedryfskapitaal en die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bedryf. Dit is waarom meer besighede met Standard Bank in vennootskap tree as met enige ander bank in Suid Afrika. Besoek www.standardbank.co.za/business vir meer inligting.

Gemagtigde finansiÍledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr. 1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ’n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA 176807-4/14

Voluit Vorentoe

TM


Ons Besigheid

Installering van toerusting begin by die Modderrivier-ontwikkeling Die meulegebou en koekie- en pastagebou wat deur Westra, `n filiaal van GWK, by Modderrivier opgerig word, sal vandeesmaand deur die kontrakteur oorhandig word sodat installering van toerusting kan begin, sê mnr. Eddie Ueckermann, Uitvoerende Bestuurder van Westra. Die meule en die fabriek sal `n geldelike inspuiting vir Modderrivier wees, en verskeie werksgeleenthede in die brandarm gebied skep. Ueckermann sê die ekovriendelike ontwikkeling is steeds binne begroting en binne die riglyne waarop daar aan die begin van die projek ooreengekom is. Nuwe omgewingsvriendelike metodes is in die ontwerp gebruik om 18

water te hergebruik, geboue koel te hou en geraas te verminder. Sowat die helfte van die toerusting is reeds op pad en behoort vandeesmaand in Modderrivier aan te kom. Die res van die meule se toerusting behoort in November op die perseel aan te kom. Installering van die meule-toerusting sal in November begin en sal nagenoeg nege maande duur. Produksie sal na verwagting in Julie begin. Ueckermann sê handelsmerke en verpakkingsgroottes is reeds ontwerp en geregistreer. In die meule is `n moderne laboratorium wat toetse sal doen op materiaal wat inkom, asook op klaar

vervaardigde produkte. Produkte sal aan die strengste toetse onderwerp word en aan die hoogste standaarde voldoen. Die toerusting vir die koekie- en pastafabriek is ook reeds op pad en sal in Oktober en November in Modderrivier aankom. Installering sal middel Januarie 2015 begin. Die verwagting is dat die fabriek teen April en Mei 2015 met produksie sal begin. Ueckermann sê alle toerusting is van die beste verskaffers in die wêreld verkry. Die meule is Bühler-toerusting, `n maatskappy wat 80% van die markaandeel in die wêreld het. Net die beste benutting van hulpbronne sal toegepas word, en Westra wil


dit as `n mededingende voordeel gebruik. Mnr. Eugene Champion, bestuurder: produkte van Westra, sê dié aanleg het begin as `n droom wat in 2010 posgevat het om waarde toe te voeg aan die produkte wat GWK se aandeelhouers verbou. “Ons wou ook ons voetspoor in voedselvervaardiging vergroot.” Hy sê verskeie alternatiewe is in die markondersoek oorweeg. “Die verbruik van koringprodukte toon jaar ná jaar `n styging per kapita en daarom is besluit om in die mark te belê en koringmeel te vervaardig. Slegs 20% tot 25% van koringmeel word egter deur die eindverbruiker gebruik. “Daarom het ons moontlikhede ondersoek om verdere waarde aan die produkte toe te voeg. Weer het ons

na stygende markte gekyk, terwyl `n lang raklewe ook deel van die kriteria was. Pasta en beskuitjies het aan al die kriteria voldoen.” Nog `n projek van Westra is die outomatisering van die verpakkingsaanleg in Christiana. Ueckermann sê C-Meule is in 2011 in Christiana geïnstalleer om kapasiteit daar te verhoog. Sedertdien is heelwat klein veranderinge aangebring om voedselveiligheid te verbeter, werksveiligheid te verhoog en die algemene voorkoms van die aanleg te verbeter.

Nuut uit die Ratsbrand-stal:

RATSKNIP 'n Produk van Orania

12V Stertknipper

BOER SONDER SUKKEL

084 581 1599 | info@ratsbrand.co.za www.ratsbrand.co.za

R A A SP T YD &

ARBEID

SwiftPrint 70222

• Sny sterte higiënies en vinnig • Skerp, gloeiwarm geelkoperlem • 12V element in lem, koppel aan bakkiebattery (trek ±10A) • Indirekte hefboomversterking - maklike en akkurate snit • Gehalte vakmanskap en materiaal - vlekvrye staal en geelkoper • 12-maande waarborg


Foto: Conrad Bornman 20


Presisieboerdery en Produksienavorsing Elmarie Jacobs – GWK Graan Pierre Ferreira – GWK Saad

Waxy-mielies bied uitstekende alternatief vir die produsent

W

voorkom. Waxy-mielies be­vat 100% axy-mielies is in die amilopek­tien, terwyl gewone mielies vroeë 1900’s in Chi- 75% ami­lopektien en 25% ami­lose na gevind en dit is `n bevat. Ami­lopektien is `n vorm van va­ria­sie van kommersiële mielies. stysel wat uit vertakte glukose-sub­ Die endosperm van Waxy-mielies een­hede bestaan, terwyl amilose uit verskil van gewone mielies ten op- on­ver­takte glukose-eenhede opgesigte van die soort stysel wat daarin maak word. Hierdie eienskap van

-

Waxy-mie­lies word deur `n enkel resessiewe geen gekodeer. Aanvanklik was daar `n verskil in op­brengs tussen Waxy-mielies en kommer­siële mielies. Dit het eg­ ter met genetiese vordering van Waxy-mieliebasters en die aanpas­ sing van be­stuurs- en verbouings­-

Figuur 1: Waxy-proefresultate (Douglas & Plooysburg) 2014. 21


praktyke ver­ander. Proefresultate, asook kommer­siële aanplantings, wys dat nuwe Waxy-mieliekultivars dieselfde op­brengs­vlakke as kom­ mer­siële mielies lewer. Hierdie op­brengsvlakke gaan egter ook met goeie bestuur van plantestand ge­paard. Waxy-mielies word in die natmaalindus­trieë gebruik. Die Waxy-mie­ lie­stysel word hoofsaaklik in die voed­selmark as `n sta­biliseerder en ver­dikker gebruik en ad­di­sio­neel word dit ook in die tekstiel- en pa­ pier­industrie gebruik. Waxy-mielies word gewoonlik on­der ooreenkoms direk vir die nat­ maal-in­dus­trie geproduseer. Die Waxy-mie­lies moet GMO-vry wees en dit moet tydens die ver­bou­ings­ pro­ses geïsoleerd vanaf ge­wo­ne mie­lies wees om besmetting van Figuur 2: Opbrengs by verskillende plantpopulasies: 2013. die sty­sel weens kruisbestuiwing te voor­kom. het. Hierdie twee basters het van2012/13-seisoen gedoen is (sien Vir die natmaal-proses is die vol­ jaar ook kommersieel uitstekend Figuur 2). gen­de eienskappe van graan baie gevaar. Met `n kommersiële aanGesien in die lig van goeie kom­ be­lang­rik: planting van 35K08 te Plooysburg mer­sië­le opbrengste wat behaal en Douglas is opbrengste van net is, tesame met navorsing wat deur � Bo-gemiddelde vlakke van meer as 14 ton/ha behaal. GWK en Du Pont Pioneer gedoen ekstra-beheerbare stysel; Plantestand is baie belangrik in die word, bied die ver­bouing van � Lae vlakke van beskadigde verbouing van Waxy-mielies. Dit Waxy-mielies vir die pro­dusent `n graan en siektes; word aanbeveel om met `n planuitstekende alternatief tot gewone � Lae vlakke van gebreekte testand in die omgewing van 95 mielies. `n Premie word ook ver­ graan; dien wat `n verdere geleentheid vir � Lae vlakke van ander materiaal. 000-100 000 plante/ha te eindig. Figuur 1 dui die plantestand per die produsent is. hektaar vir elke baster in die proef Soos in die geval van gewone Bedankings: mielies toets GWK ook jaarliks die aan. Dit is veral opvallend dat die meer be­kende baster 34P91 die Martin Brandt en Johan de Kock prestasie van Waxy-mielies deur swakste op­ b rengs vir albei proewe van Du Pont Pioneer vir inligting strookproewe aan te plant. Vir die gehad het. omtrent plantestandproewe. 2013/14-seisoen is strookproewe Die re­latiewe groot verskil in opte Douglas en Plooysburg aangebrengs van 34P91 teenoor ander plant. basters kan di­rek aan `n swak Die resultate van al­bei proewe Vir navrae oor kontrakte en pryse, word grafies in Figuur 1 voor­gestel. plan­testand toege­skryf word. Laas­ ska­kel gerus vir IG Pretorius Dit is veral duidelik dat die basters ge­noemde word gestaaf deur plan­ (Graanverkryger, Douglas) by 35K08 en P1253E uitstekende op­ te­stand­proewe wat deur Du Pont 082 906 1672 . brengste vir albei lokaliteite behaal Pioneer op Waxy-mielies vir die 22


KINGJAMES 27058/A

ONS HELP OM DIE LAS LIGTER TE MAAK.

Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die ongunstige faktore te ontleed wat jou oes en bates kan bedreig. As die leier in gespesialiseerde oes- en bateversekering het ons die vermoë om innoverende risiko-oplossings te ontwikkel, sodat wanneer die druk te veel raak, ons daar is vir jou. Santam. Regte, egte versekering. Praat met jou makelaar of besoek www.santam.co.za Santam is ‘n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).


Presisieboerdery en Produksienavorsing Goddy Prinsloo – LNR-Kleingraaninstituut Ben van Rensburg – LNR-Kleingraaninstituut, Vaalharts, Pieter Franken – GWK Douglas, André Prins – GWK Douglas, Hannalene du Plessis – Noordwes-Universiteit

Valskommandowurms moet dopgehou word

V

Valskommandowurms vreet duidelike alskommandowurms spook happe uit die blare en sal blare ook sedert 2010 by baie garsheeltemal opvreet en plan­te ontblaar produsente ná dit vinnig (Foto 2). Omdat gars­plan­te sagter as koring is, word are mak­lik afgeknip toege­slaan en baie skade in die Noord-Kaap aangerig het. Sedertdien en skade so veroorsaak (Foto 3). kom hulle gereeld voor, maar vanweë Motvlugte tydens die winter voorafwaarskuwings en bespuitings is soortgelyke uitbrake nog nie weer Motvlugte word sedert 2012 met behulp van feromoonvalle by vyf aangeteken nie. Albei wurms en motte is in die nag lokaliteite naamlik Douglas, Bull Hill, Vaalharts, Hartswater en Viljoenak­tief en word nie maklik in die skroon gemoni­tor. By elk van hierdie dag op­ge­merk nie omdat hulle op lokaliteite is daar vier valle wat op die grond­op­pervlakte onder droë plantma­te­riaal skuil (Foto 1). Let veral ongeveer gelyke af­stand van mekaar op na vreet­patrone op die blare wat om die rand van `n enkele spilpunt geplaas is. hulle teen­woordigheid kan verklap.

Foto 1: Valskommandowurm-motte en -wurms 24

Aanvanklik is Deltavalle gebruik, maar dit het vinnig verweer en was oneffektief. In 2013 is na emmertjievalle oorgeslaan en duidelike motvlugpieke kon tydens die afgelope jaar geïdentifiseer word. Uit die eerste twee jaar se data is dit duidelik dat hierdie motte dwarsdeur die winter gevlieg het. Dit beteken dus dat eierlegging in die winter kan voorkom. Klimaat (temperatuur en vogtigheid) speel noodwendig `n rol in die ontwikkelingstyd van die wurm. `n Tempera­tuurontwikkelingsdrempelwaarde van 2°C vir die wurm is uit Chinese literatuur opgespoor.


Foto 2: Vreetpatrone van valskommandowurms op koring. Dit beteken dat die wurms bokant hierdie temperatuur aktief kan ontwikkel en groei. Groei by lae temperatuur behoort stadig te wees, maar die lae drempelwaarde is waarskynlik die rede waarom die motte reg deur die winter gevang word. Die groot vraag is egter waarop die wurms in die winter oorleef as daar net droë gras beskikbaar is. Literatuur toon dat hulle op verrottende plantmateriaal, onder matte droë materiaal kan oorleef. Tydens die 2010-uitbraak was die gars en koring wat hulle gevreet het reeds feitlik droog, en kan die afleiding dan gemaak word dat daar in die winter oorlewing op dooie plantmateriaal kan wees. Dooie gras en stoppels waaronder hulle al langs lande gevind is, kan hulle teen baie koue temperature beskerm. Motvlugpieke Duidelike pieke kan by al vyf lokaliteite onderskei word. By Douglas is daar vyf motvlugpieke tydens verlede jaar gevind (Fig 1, bruin pyle). Motgetalle het vanaf middel Augustus begin opbou ná `n piek in middel September. Die larwes van hierdie motte het oorsprong gegee aan die larwes wat in gars en koring voorgekom het. Die motgetalle aan die begin van April 2014 (Fig 1, groen pyl) was baie hoër as verlede jaar

Foto 3: Garsare wat deur valskommandowurm afgeknip is, is duidelik sigbaar nadat graan afgestroop is.

wat ook kan veroorsaak dat daar met groter wurmgetalle in die winter begin is. Die koue wintertemperature in Junie het ge­talle geknou, maar die jongste data (nie hier weergegee) toon dat daar weer `n opbou in getalle is. By Bull Hill is daar deur die loop van verlede jaar vyf pieke aangeteken. Die eerste piek is in Februarie-Maart, `n kleiner een in April, twee redelike

groot pieke onderskeidelik in JulieAugustus en weer in OktoberNovember en `n klein piek aan die begin van Desember (Fig 2, bruin pyle). Net soos by Douglas in April en Mei is daar vanjaar ook ongeveer dubbel die hoeveelheid motte in hierdie valle gevang. Met die motte wat verlede jaar by hierdie lokaliteite gevang is, het wurms redelik vroeg, reeds aan die begin van Oktober, in

Figuur 1: Motvlugpatroon gemeet met emmertjie­ valle by Douglas tydens 2013 (groen stippellyn) en begin 2014 (soliede groen lyn). Motvlugpieke word met bruin en groen pyle aangedui. 25


die lande voorgekom. Produsente is ge­waarsku en het bespuitings toegepas en geen skade is aangemeld nie. Viljoenskroon het met `n piek van

on­geveer 90 motte per dag begin en `n verdere drie pieke kon onderskei word naamlik een in April, een in Julie, en een in begin Oktober (Fig

Figuur 2: Motvlugpatroon gemeet met emmertjie­ valle by Bull Hill tydens 2013 (groen stippellyn) en begin 2014 (soliede groen lyn). Motvlugpieke word met bruin en rooi pyle aangedui.

Figuur 3: Motvlugpatroon gemeet met emmertjie­ valle by Viljoenskroon tydens 2013 (groen stippellyn) en begin 2014 (soliede groen lyn). Motvlugpieke word met bruin en rooi pyle aangedui. 26

3, bruin pyle). Die piek in Oktober kan oorsprong gee aan wurms wat vir gars skadelik is, hoewel daar nie gars of koring in die omgewing van die valle aangeplant is nie. Dit beteken dus dat hulle op grasse in die omgewing teenwoordig is. Basies dieselfde patroon as verlede jaar het van die begin van 2014 voor­gekom, maar die motgetalle vir die April- en Mei-periode was ongeveer dubbel so hoog soos verlede jaar (Fig 3, soliede groen lyn en groen pyl). Die motgetalle toon dus ongeveer die­selfde patroon oor die verskillende lo­kaliteite. Die hoë motgetalle wat tans teen­woordig is mag miskien beteken dat daar later in die jaar geweldige groot hoeveelhede wurms kan voorkom wat vir garsproduksie gevaarlik kan wees. Dit is onduidelik wat die in­vloed van die koue tydens Junie ná die groot motvlugte op die wurm getalle gaan wees. Daar moet dus van Septem­ ber af redelik deeglik gekyk word na die voorkoms van vreetmerke op die ge­was­se asook na mis wat op die grond­oppervlakte kan lê. Die toestand sal egter voortdu­rend dopgehou word en inligting aan produsente deurgegee word. Aangesien die meeste van die lande in die bogenoemde besproeiingsgebiede in die afgelope twee jaar teen die wurms bespuit is, kon uitbraaktoestande nie bepaal word nie. Die probleem is egter nie net tot hierdie area beperk nie, aangesien die wurm wyd verspreid in Suid-Afrika voorkom. As garsproduksie na ander besproeiingsgebiede uitgebrei word, sal die voorkoms van hierdie plaag ook gemonitor en in ag geneem moet word. Kontak Goddy Prinsloo gerus by 058 307 3435 of prinsloogj@arc.agric.za. Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur finansiële bystand van die LNR en die Wintergraantrust in samewerking met GWK en Noordwes-Univer-


DIE SWAARGEWIG KAMPIOEN 'N UITKLOPHOU MET

Verdedig jou opbrengs • Beskerm opbrengs • Verhoog opbrengs Produk sluit subsidie vir swamdoder toediening in

Hoogste Oespotensiaal

L/5028/Pioneer

.co.za

DuPont Pioneer nooi jou uit om 'n wenner te wees met kampioenoeste

Tel: +27 12 683 5700 | www.pioneer.com © 2013 PHII. The DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerk van Pioneer.

YieldGard® en Roundup Ready® is geregistreerde handelsmerke en gelisensieer deur Monsanto BPK.


Veilings

Aangepaste ramme steeds gesog

O

p die pas afgelope Veld­ ramveiling wat jaarliks op Griekwastad aangebied word, het kopers weereens getoon hulle verkies aangepaste ramme op die veld met goeie teelwaardes. Ko­pers van so ver as Cullinan, Keetmanshoop en Graaff-Reinet het vir die veiling ge­re­ gistreer. Dorperramme was in aanvraag en al 132 ramme wat aangebied was, is teen `n gemiddelde prys van R6 630 stuk verkoop. Mnr. Christo van Deventer het `n ram met `n seleksie-indeks (SI) van 117 vir R25 000 verkoop. Die koper was Abet Bdy van Prieska. Abet Bdy het ook die hoogste prys van R11 000 vir `n Wit­ dor­perram met `n SI van 112 van mnr. Louis van Rensburg gekoop. `n Meatmaster-ram van mnr. Clinton Collett met `n SI van 108, is vir `n re­kord­bedrag van R100 000 aan mnr. Johny Hanekom van Keetmanshoop verkoop. Boerbokke is teen `n gemiddelde prys van R7 150 verhandel. Mnr. Ko­bus Botha het R19 000 vir `n ram met `n SI van 111 van mnr. Louis van Rens­burg betaal. Van Rooy-ramme het gemiddeld R3 750 stuk behaal. GWK het die veiling aangebied en Deon Klopper was die afslaer. Van links na regs: Kopers: Abe en Al­ber­tus van Rensburg, verkopers: Anel en Christo van Deventer – almal van Pries­ka. Die Dorper-ram met `n SI van 117 is teen R25 000 van die hand ge­ sit. Die ram se ma het 6 keer gelam en 10 lam­mers gespeen. 28

Vashouer Gert Jacobs (links) en Egbert van Rensburg (regs) die verkoper van die Witdorperram wat teen R11 000 verhandel is. Die ram se teelwaardes is onder die top 10% van alle witdorpers in die land. Die kopers was ook Abe en Albertus van Rensburg.


Mnr. Kobus Botha (links) het R19 000 vir `n boerbok足 ram met `n SI van 111 van mnr. Louis van Rensburg (regs) betaal. Die koper en verkoper is albei van Prieska.

Die betroubare oplossing vir die afgelope 76 jaar

Die Meatmaster-ram van mnr. Clyton Collet van Bethulie (regs) is deur mnr. Johny Hanekom van Namibia (links) gekoop. Hierdie ram met `n SI van 108 is vir `n rekordbedrag van R100 000 verkoop.


Me. Michelle Melaat (links) saam met mev. Cecile Duvenhage (Bestuurder: GWK Properties).

Properties

Waar daar `n wil is . . .

M

deur haar goeie gesindheid binne die werksplek dat sy Melaat in `n ichelle Melaat het tydelike pos as administratiewe haar loopbaan by klerk aangestel het. GWK as `n assistent Melaat se harde werk en goeie vir een van die agente van GWK ge­sindheid het daartoe gelei dat Properties begin. sy van skoonmaker na `n admini­ Later het Melaat vir me. Cecile stra­tiewe klerk bevorder is. Sy is Duvenhage (Bestuurder: GWK Properties) ontmoet en Duvenhage pas per­manent by GWK Properties aan­ge­stel. Sy het reeds `n Property het haar as `n skoonmaker by die GWK Pro­perties kantore aangestel. 24-kursus in Bloemfontein voltooi Toe die kantore na die nuwe GWK- en ook geleer om met KTS te werk. Melaat het intussen ook haar be­ gebou geskuif het, was Melaat on­ stuurslisensie gekry en haar eie seker of sy steeds werk gaan hê. motor gekoop. Du­venhage was egter so beïndruk 30

Volgens Duvenhage kry baie men­ se geleenthede, maar hulle benut dit nie ten volle nie. “Michelle het haar geleenthede benut en sy is baie noukeurig en professioneel in haar werk. Dit is baie lekker om haar in ons span te hê.” Melaat is baie opgewonde om by GWK Properties te werk en sê dis lekker om vir `n ‘cool` werkgewer met so `n mooi persoonlikheid te werk. “Ek kan met trots vandag sê `n mens begin onder om eendag bo uit te kom. Ek kan daarvan getuig,” sê Melaat.


uppe marketing A11566/GWK

Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready ®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik produkte, soos Monsanto se Roundup PowerMAX®produk wat deel uitmaak van ‘n onoortreflike onkruidbeheerprogram vir mielies. Roundup PowerMAX®: • Is effektief – as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte! • Waarborg gewasveiligheid! • Is reënvas binne een uur na toediening – effektiewe, vinnige opname selfs onder ongunstige toestande! Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer. Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur beveel Monsanto aan dat Roundup PowerMAX® met ander geregistreerde produkte gekombineer moet word in ‘n onkruidbeheerprogram.

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Roundup PowerMAX® bevat glifosaat 540 g/l. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik. Monsanto, Roundup Ready®, en Roundup PowerMAX® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.


Kompetisie!

Hou GWK se Facebook-blad dop vir die aankondiging van die maandelikse wenner!

Like en share GWK se blad op Facebook en jy ontvang onmiddellik `n inskrywing in ons maandelikse kompetisie!

Snappy Chef 20cm veerligte gietyster-braaipan ter waarde van R799

6-stuk Snappy Chef messestel ter waarde van R699

Snappy Chef eenplaat-induksiestoof ter waarde van R1199

Snappy Chef 35cm reghoekige lasagnebak van gietyster ter waarde van R1199

Die wenner sal `n stel kookware van Snappy Chef ter waarde van R4 595 ontvang. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

32

8-stuk Snappy Chef pottestel ter waarde van R699



FOTO • André Pretorius Fotografie

Hencoe


5de Produksieveiling

13 Nov 2014 11:00

L

BOEREDAG

NS

HA N

Lucky Valley, Douglas GPS: S 29.13295° E 023.62895°

BO

Johan & Colleen Jacobs 082 553 1108 johan@douglas.co.za

EE

’S

SwiftPrint 70187

Lot 10

M AR

A

Met e i Pass

6 November 2014

Lucky Valley Douglas

SwiftPrint 70187

Waardetoevoeging in Beesboerdery

’S

L

BO

NS

HA

N

EE

M AR

A

Johan & Colleen Jacobs 082 553 1108 johan@douglas.co.za

Lucky Valley, Douglas GPS: S 29.13295° E 023.62895°

innoveer landbou

GWK Veilings Kimberley Tel: 053 832 5227/8

www.gwk.co.za


Pret op die plaas Vir die jongspan

Kan jy hierdie honger kuikens help om by hulle kos uit te kom?

36


TE KOOP PER TENDER In opdrag van J F van Staden bied ons die plaas CEARWINING aan in die Distrik Barkly Wes, Noord-Kaap Grootte: Ligging: Waterregte: Verbeteringe:

299 ha 28031’48.92 S, 24010’45.69 E 158 ha plus 93 ha Woonhuis, stoor, werkershuise en rivierkamp Moontlikhede: Pekanneutverbouiing

TENDERS SLUIT om 12:00 op 31 OKTOBER 2014 Handig tenderdokumente in by: GWK Properties, Agri Office Park, N12, Kimberley. www.gwkproperties.co.za

GWK PROPERTIES - 053 832 0734 Navrae, tenderdokumente en besigtiging: Frans Venter | 083 944 9621 | fj@lantic.net

GWK Bande . . .

www.gwk.co.za


keuse! uppe marketing A9756GWK

Dis mos die

Hoë opbrengspotensiaal Stabiliteit Goeie staanvermoë Besproeiing

Groei jou wins natuurlik met DEKALB® mielies! DEKALB spog nou met nuwe geelmieliebasters wat by uitstek geskik is vir die besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. ®

Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Nuut DKC62-80BR GEN DKC64-78BR GEN DKC62-84R DKC61-90

DKC61-94BR

Skakel Monsanto vandag en vind meer uit.

DEKALB® – Dis mos mielies!™ Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8200 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

conrad borman ®

38


Besit ‘n John Deere teen slegs R3 305* per maand!

John Deere 5-reeks trekkers nou meer bekostigbaar! Kontak jou naaste handelaar of John Deere Financialbemarker vandag nog! Finansiering gebou vir jou

Model

kW

Maandelikse Jaarlikse paaiement paaiement

5303 TWD OOS

40

R3 305

R40 800

5403 TWD OOS

46

R3 710

R45 750

5403 MFWD OOS

46

R4 130

R50 950

5503 TWD OOS

54

R4 080

R50 350

5503 MFWD OOS

54

R4 830

R59 600

*Bepalings en voorwaardes geld. Aanbod geldig tot 31 Oktober 2014.

BigDoor21273

John Deere Financial word ondersteun deur Absa Bank – ‘n lid van die Barclays Groep – ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer.

www.Deere.com


Leefstyl

Carien Grobler

Vul jouself met vreugde! `n Mens kyk dikwels dinge mis wat jou gelukkig kan maak om­ dat dit niks kos nie, skryf Carien Grobler.

G

eld kan gerief koop, maar nie vreugde en geluk nie. Vreugde word gemeet in ter­me van dinge wat geen geldwaarde het nie, soos `n lekker skaterlag, on­ voorwaar­delike vriendskap en `n nag on­der die sterrehemel. “Vreugde is die mens se grootste doel­ wit,” sê dr Robert Holden, `n wê­reld­be­ kende sielkundige wat sy lewe daar­aan toewy om die resep vir geluk te vind. “As `n mens op enige kontinent, in enige land en in enige kultuur vra wat mense graag wil hê, is die antwoord gewoonlik ‘geluk`. “Wanneer ouers gevra word wat hulle 40

die graagste vir hul kinders wil hê, is die antwoord dieselfde. Vreugde is die doel­wit wat ander doelwitte, soos suk­ses, welstand en suksesvolle verhou­ dings be­tekenisvol en genotvol maak.” Volgens dr Holden moet `n mens van jou “bestemming-verslawing” ontslae raak om vreugde te vind. “Dit beteken dat `n mens in die hede moet leef. Ons is geneig om op die toekoms te fokus en jaag dan ‘môre`,” sê hy. “Jy belowe jouself dat jy gelukkig sal wees wanneer jy daar kom, maar jy sal altyd `n volgende bestemming hê.”

van alles wat jou vreugde kan verskaf. Jy sien dalk uit na die naweek of die va­ kansie en hoop dat jy dán meer gelukkig sal wees. 2. Vergewe en vergeet. Vreugde sal `n mens aanhoudend ontwyk as jy die griewe uit jou verlede met jou saamdra. Vergifnis teenoor ander mense maak `n mens van die verlede los en laat jou toe om op die hede te fokus.

3. Laat staan die skuldgevoel. Skuldgevoel is `n sterk emosie wat `n mens tot slaaf maak. `n Mens voel Gryp die geskenk dikwels skuldig oor dinge wat jy gedoen 1. Leef nou! “Die dwaas soek vreugde het, maar ook oor dinge wat jy wens jy het gedoen. Kies om uit jou foute te in die verte, die wyse man koester dit onder sy voete,” het die skrywer James leer, jouself daarvan los te maak en aan Oppenheim gesê. te beweeg. Wanneer `n mens van die een plek na die ander jaag, is die moeilik om te 4. Deel jou liefde uit. Navorsing wys geniet wat jy doen en bewus te wees dat mense wat tyd, energie en aandag


aan belangrike verhoudings spandeer, meer vreugde ervaar. Maak daarom seker dat die belangrike mense in jou lewe nie slegs jou afskeeptyd kry nie.

en gefrustreerd voel. Hierdie skoppelmaairit is onbevredigend teenoor die vreugde om volgens jou eie potensiaal te presteer.

5. Sê dankie. Een van die maklikste en vinnigste maniere om `n donker bui te verlig, is om dankbaar te wees. Dit neem slegs `n paar sekondes om iets te vind waarvoor `n mens kan dankbaar wees: Die sonskyn, `n goedvoel-liedjie oor die radio, `n dak oor jou kop, gesondheid of familie en goeie vriende.

10. Slaap genoeg. Die invloed van slaap op `n mens se gemoed word dikwels onderskat, het navorsers aan die Universiteit van Michigan in Amerika bevind. “Genoeg slaap laat `n mens meer gelukkig voel as `n groot salaris,” sê prof. Nobert Schwarz van die departement sielkunde aan dié universiteit.

6. Doen wat jy geniet. “Geluk is nie die blote besit van geld nie; dit lê in die vreugde van prestasie, in die opwin­ ding van elke probeerslag,” het die Ame­rikaanse oudpresident Franklin D. Roose­veld gesê. As `n mens doen wat jy geniet en jou met vreugde vul, sal jy ook suksesvol wees.

11. Gee gereeld. Geld kán vreugde koop – wanneer `n mens dit weggee. Navorsers aan die Universiteit van Brits Columbië het bevind dat mense wat hul geld aan geskenke vir vriende of lief­dadigheidsorganisasies spandeer, `n hupstoot van vreugde ervaar. 12. Koester jou drome. “Koester jou drome, want hulle is die kinders van jou siel; die bloudruk van jou grootste prestasies,” het die skrywer Napoleon Hill gesê.

7. Kom aan die gang. Vrees vir mis­luk­king weerhou `n mens dikwels daar­van om jou doelwitte na te streef. Só weer­hou `n mens jouself ook van al die men­se en ervarings wat jou vreugde 13. Keer die oordeel. Fokus op ankon verskaf. der mense se positiewe eien­skappe, en vul so jou dag met po­si­tiewe energie en 8. Wees gaaf met jouself. `n Mens ver­ryk jou lewe met interessante vriend­ is geneig om meer krities teenoor skappe en verhoudings. jouself as teenoor ander mense te wees: “As ek nie die toets deurkom nie, is ek 14. Koester jou suksesse. `n Mens `n mislukking,” of “As ek nie hierdie is dikwels geneig om aan ander mense werk kry nie, sal ek nooit ander werk kry krediet te gee vir hul suksesse, maar nie.” nie aan jouself nie. Vind vreugde in die Hierdie soort swart of wit denke plaas vrugte van jou harde werk en koester onnodige druk op `n mens. Hoewel `n jou suksesse – selfs al is dit iets klein. mens foute maak, is daar altyd vars perspektiewe op `n mens se probleme en 15. Vat die beheervraat vas. “`n nuwe moontlikhede om te ondersoek. Mens kan slegs vreugde vind wanneer jy ophou om jouself te bekommer oor 9. Wees tevrede met wat jy het. dinge wat buite jou beheer is,” het die Ons is geneig om te vergeet dat vreuGriekse filosoof Epictetus gesê. gde nie lê in iets wat ons kortkom nie, Om te probeer om dinge buite `n maar eer­der in die waardering van wat mens se beheer te verander, veroorons wel het,” het die Duitse uitvinder saak slegs frustrasie. Fokus dus op die Frede­ric Koenig gesê. vreugde wat `n mens ervaar wanneer Om jouself met ander mense te verge- jy dinge verander wat wel binne jou lyk, is `n gejaag na wind. Wanneer `n beheer is. mens meer het, sal jy trots voel. Wanneer jy egter minder het, sal jy jaloers 16. Lag `n slag. Studies wys dat `n

lekker skaterlag `n mens vreugdevol laat voel, pyn verlig en selfs `n mens se immuniteit kan verhoog. Pleks daarvan om boos te raak oor jou daaglikse frustrasies, probeer om daaroor te lag. 17. Wees die oorspronklike jy! Om jouself goed te leer ken, is `n vreugde­ volle ontdekking wat `n mens help om jouself beter te verstaan. Dit is `n sta­dige, maar bevredigende proses. Dit be­te­ken dat jy sekerheid sal hê oor jou waar­des, jou prioriteite, jou gewoontes, jou buie en jou verhoudings. 18. Luister meer. `n Mens ervaar nie net meer vreugde as jy jouself verstaan nie, maar ook as jy die mense om jou beter verstaan. Om dit reg te kry, moet `n mens meer luister as wat jy praat. Maak seker jy verstaan `n persoon se bedoeling reg. 19. Sê nee. Probeer aktiwiteite vermy wat onnodig is en jou vreugde steel. As dit jou gespanne laat voel om nog `n jaar op die sosiale komitee te dien, laat iemand anders oorneem en spandeer die tyd aan iets wat jou gelukkig maak. 20. Sien die son. Hoewel die grootste gedeelte van `n mens se dag deur werk in beslag geneem word, kan `n mens steeds in die natuur vreugde vind. Let op na die sonsondergang wanneer jy huis toe ry of sit `n bakkie met saadjies in jou tuin om `n paar geveerde vriende te lok. Vind só vinnige vreugde � Kom uit in die buitelug. � Vryf `n troeteldier. � Gaan groen en skaf `n potplant of blomme vir jou lessenaar aan. � Raak uitgelate oor eenvoud – koop`n enkele roos, tulp of ma­deliefie. � Hou jou beloftes en wees betroubaar. � Speel saam met jou kinders. � Sing of luister jou gunsteling musiek. � Geniet jou eie geselskap. 41


42


Pampoen Duke* York* Oliver*

Waatlemoen Tornado Sensation

Soetrissie

IN K A R O

R KE

M BE

RK

G

2

SA A D

A

TIN

LE

O

K

Batna* PS 1609*

ING

ED ° SE

A M

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika Tel: 018 293 1233 ● Tel: 012 252 6849 www.saadbemarking.co.za *Variëteit ingedien vir registrasie

KKSB is 'n vennoot van Agribonus

43


Gesondheid

Borskanker: Wees seker jy is gesond Oktober is bors­ kanker-bewust­ heidsmaand. Bors­kanker is die mees algeme­ne kanker wat vroue raak en dit eis meer le­wens van vroue tussen die ou­der­domme van 35 en 50 jaar as enige ander siekte. Hoe­ wel dit genees kan word, is dit waar­skynlik steeds die siekte wat vroue die meeste vrees. Borskanker is `n kwaadaardige ge­was wat in die borsweefsel ontstaan. As dit vroegtydig opgespoor word, kan dit meer effektief behandel word met `n groter kans op herstel. Ken die simptome Die beste maniere om knoppe in jou bors op te spoor:

die bors of in die armholte. � `n Verandering in die vorm of grootte van die bors. � Kuiltjies of rimpels in die vel van die bors. � `n Tepel wat na binne inkeer. � `n Vreemde of bloederige afskei­ ding van die tepels. � Skubberigheid, rooi of geswolle vel op die bors, tepel of areola (die donker deel rondom die tepel). � Die vel van die bors lyk of voel soos lemoenskil. Wie loop die risiko om borskanker te kry?

Selfs al voel jy nou gesond, is jou kans om borskanker te kry groter net omdat jy `n vrou is en ouer word. Jy het `n gro­ter kans om borskanker te kry in­dien:

� Jy ouer as 50 is. � Jy `n gesinslid met borskanker � Ondersoek self elke maand jou het. borste. Hoe gouer jy iets opmerk, � Jy nog nooit geboorte geskenk hoe beter is die kans vir genesing. het nie, of jy 35 of ouer was met � Vroue 40 of ouer, of wat ander risi­ jou eerste swangerskap. kofaktore het, behoort elke 2-3 jaar � Jy tans geboortebeperkingspille vir `n mammogram te gaan. (mon­delikse voorbehoedmiddels) � Laat jou dokter jou borste onderreeds vir etlike jare gebruik of tot soek. onlangs ge­bruik het. � Jy meer as een sopie alkohol per Vroeë borskanker toon gewoonlik nie dag drink. simptome nie, maar soos die gewas groter word, kan die bors anders begin Wat is `n mammogram? lyk of voel. Let op na enige van die `n Mammogram is `n spesiale volgende veranderinge: X-straal­ondersoek van die bors waardeur kankers dikwels opgespoor word � `n Knop of verdikking in of naby 44

wat so klein is dat `n vrou of haar dokter dit nie kan voel nie. Dit neem slegs `n paar minute en is glad nie seer nie; dalk net effens ongemaklik. Hoe gereeld moet jou dokter jou borste ondersoek? Dit sal goed wees as jou dokter elke jaar of twee jou borste ondersoek nadat jy 20 geword het. Hoe gereeld moet jy jou borste ondersoek? As jy ouer as 20 is moet jy elke maand jou borste ondersoek. `n Klein knoppie kan waarskynlik net `n borsklier wees, maar jy moet liefs steeds seker maak. Deur gereeld jou borste te ondersoek, sal jy naderhand weet hoe jou borste normaalweg voel en wanneer daar `n nuwe knop is.

Algemene mites: � `n Knop in jou bors beteken jy het kanker. � Mans kry nie borskanker nie. � As jy `n familiegeskiedenis van borskanker het, sal jy waarskynlik ook borskanker kry. � Ek is te jonk om borskanker te kry. � Deodorant kan kanker veroorsaak. � `n Mammogram kan kanker veroorsaak/versprei.


Resep

Dekadente aarbei-sjok-brie-trio Resep

6 aarbeie, in kwarte gesny (gebruik ook vye of ander gunsteling-vrugte) ½ teelepel olie Sout 2 teelepels botter 4 snye rogbrood 80-100 g brie- of ricotta-kaas 30-60 g donker sjokolade, in growwe stukke gebreek

Metode

� Voorverhit die oond tot 180 °C. � Meng die aarbeie, olie en sout, plaas dit op `n bakplaat en rooster vir sowat 20 minute. � Verhit `n groot pan oor medium-lae hitte op die stoof. � Smeer botter op een kant van elk van twee snye brood en plaas die gesmeerde kante na onder in die pan. � Pak lagies kaas, stukke sjokolade en aarbeie op mekaar op die ongesmeerde kante van die brood. � Plaas nog `n gebotterde sny brood met die gesmeerde kant na bo, heel laaste bo-op. � Braai vir 2-3 minute totdat die brood ligbruin gerooster is of die kaas begin smelt. � Draai dit versigtig om en braai die ander kant ook ligbruin. � Bedien dadelik.

45


Agterblad Uit Piet se pen

Bakkies, bikes en bokke ”Watter kant staan die wind van­oggend?“ wil Kosie weet. Hy staan bakarms, hande in die sye die wêreld en beloer. ”My broer Pierre sal nou hier wees dan kan ons begin.“

Vos weer vanoggend,“ waarsku hy. Hy druk op. “As die ou sê nou, dan is dit nou. Hier lê vir jou werk,“ maak hy dit duidelik. Hy gee `n benoude fluit deur sy haasbek. “Kyk hoe staan die rygoed,“ wys hy. “Al­mal flenters! Hondas, Kawasaki’s en Suzuki’s, noem maar op. Die meeste Vandag gaan daar wild gevang word. net wiele en enjin. Elke dag `n nuwe `n Groot stofwolk verskyn op die hori- dry­wer. Net vanoggend moes ons weer son. Die span is in aantog. `n Vragmo- twee mannetjies leer motorbike ry. Nee, tor vervoer die vangnette en toerusting. die goed kannie hou nie, die drywers is Die motorfietse is agter op `n sleepwa. te rof. “Het meneer al gesien hoe gooi `n Twee bakkies is ook deel van die bike, wil hy weet? Dissie soos `n perd groep. `n Ford F100 en `n ou 2.2 Isuzu diesel. Skaars gestaan of die nie, hy gooi om dood te gooi. Van yster gemaak, nie van vleis nie, meneer!“ enjin­kappe is oop. Die nuwe manne ry agter, sodat hulle Die Ford was in `n stadium wit. Sy nie voor die ander kan val nie. Hy raak voorwiele lê wydsbeen na buite. Neus haastig, want gewoonlik start net die in die grond. Hy kyk skeeloog in my rig­ting. Die kante van die bakkie is gras­ helf­te van die fietse. Dit gee `n helse groen geskuur deur die driedoorns. Die ge­stoot af vóór so `n vangery. Die fietse son­der brieke ry voor. As `n enjin­kap is met toue vas. bike gestart het moet jy hom aan die Die groen Isuzu lyk moeg vir die wê­ reld. Sy drywer is Pick-en-choose. Hy het gang hou, an­ders loop hy nie weer net een oog. Die bakkie het net een lig. daardie dag nie. “Bring daai oliekanne manne, die “Sien meneer, ons twee loop saam,” goete is dors”, roep hy sy helpers nader. verduidelik hy met twee vingers by­ Tingies, sy seun help hom. Hy het juis mekaar. gister bitter lelik geval met een van die Om goed te sien is nie vir hom `n probleem nie. “Hoe skiet `n mens met fietse. Hy het lank dood gelê voordat hy bygekom het. `n geweer?” wil hy weet. Voor ek kan antwoord, sê hy, “jy korrel met hom. Dit “Ek moes my kop `n paar keer skud is hoekom ek beter as julle kan sien, ek om te kyk of ek nog lewe. “Uit my hoed uit meneer! Nee wat, ons gaan maar so bly aan die korrel.” val-val vorentoe.” Pick-en-choose is haastig, die goete Intussen is die manne besig om die net­ moet geservice te op te stel. Almal bekommerd dat die word. “Kyk wind dalk kan draai, want dan moet die hoe nette weer verander word. Dit is `n hele smaak operasie om die spul staan ge­maak te Koos kry. Dit neem amper `n half dag vóór 46

die nette staan. Die bokke moet wind op na die nette aangejaag word. Intussen het die voertuie wat kan loop kom stelling inneem aan die bopunt van die kamp. Ons lê voor by die nette om te help toemaak as die bokke in is. Die manne laat weet per radio die aksie kan begin. `n Toneel uit die wilde weste speel voor my af. Dit is net stof en rook. Die Ford draf heel voor om pad te maak deur die driedoorns. Elke nou en dan word die wipers gebruik om die ergste stokke weg te vee. Die Isuzu kan nie byhou nie. Gou-gou is hy heel agter. Die fietse kerm en kla agter die bokke aan. Die Ford kom mooi, maar die bok­ke begin nou uitmekaar hardloop en is nie meer in lyn met die nette nie. Die hele kaboedel voertuie pyl op die nette af. Ek lê in vrees en bewing agter die bos. Die manne moet nou hulle ry ken anders gaan iemand seer­kry. Die voorste fietse skiet eerste verby met die Ford kort op hulle hakke. Ver agter in die vlak kom die Isuzu’tjie aangedraf. `n Paar manne is reeds besig om hulle motorfietse te stoot. Darem vyf bokke in die nette. Kosie gooi `n paar wilde esse met die Ford voordat hy proesend nader ry in ons rigting. Nou word voorraad eers geneem. Die Isuzu reeds besig om die gesneuweldes op te tel. Gelukkig nie­ mand ernstig nie. Nee, hulle weet al hoe om te val. Dit is `n groot organisasie om die spul weer gereed te kry. Alles begin nou weer voor. Heelwat bokke word nog gevang en die dag eindig sonder enige noodlottige gevolge. Die motorfietse is nie so gelukkig nie. Baie sal nooit weer loop nie!


GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES

Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS

Ig Pretorius 082 906 1672 Franco Geldenhuys 071 401 2487

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die pro dusent wat saakmaak!

HOPETOWN

Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF

Willie Pretorius 082 881 1120 Thys Ellis 082 888 6295 MODDERRIVIER

Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA

Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg

Esperansza van der Walt 082 805 9911 NOORD-WES

Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705

www.gwk.co.za

innoveer landbou 47


GWK Oesversekering . . . gewaarborgde gemoedsrus Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773 Hopetown/Luckhoff Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Oesversekering is ’n onmisbare aspek van risikobestuur. Die ekonomiese klimaat, sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker ’n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!

Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes/ Jan Kempdorp/ Hartswater René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier/ Jacobsdal Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474

Ficksburg/ Mooirivier

Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

www.gwk.co.za 48

innoveer landbou


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.