die courant 11 julie 2012 181

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 181

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

11 Julie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Milde reën val in die Swartland

Bergrivier kanovaarders vaar deur Swartland bl 2 WINTER IN DIE SWARTLAND: Die lae temperature en nat weerstoestande hou die meeste Swartlanders die laaste tyd binnenshuis,

terwyl die natuur gedy en vrugte- en saaiboere tevrede is met toestande wat “nou vir die eerste keer vanjaar reg is”. Op bl 3 is meer inligting oor die reënvalsyfer van die laaste paar jaar en ‘n berig.

GW en Christiaan vlieg hoog bl 5

Herbou van Paarlpad nader voltooiing Darlingroete oor jaar gereed

Die opknapping en verbreding van die Paarlpad by Malmesbury is goed op dreef en behoort binne twee weke voltooi te wees as die weer saamspeel.

Volgens die terreinagent, Claude Raman, is van die werk reeds weens reën vertraag, maar hy is hoopvol dat die spertyd van 24 Julie vir die projek nog gehaal kan word. Hy het verduidelik dat die kroonlaag eers voltooi moet word, voordat die bindlaag boop dit gelê kan word. Eers daarna kan die heel boonste asfalt-laag deur die konstruk-

siespanne gelê word. Oor die meer as eeu-oue drie bloekombome wat tot die ontsteltenis van inwoners tydens die projek in Piet Retiefstraat uitgekap is, het Raman gesê: “Dit was ‘n veiligheidsrisiko.” Die hele projek behels ‘n afstand van 4 km wat opgeknap en verbreed word. Dit sluit in Piet Retiefstraat en ‘n gedeelte van die R45

verby die Swartland-wynkelder, oftewel die Paarlpad. Die koste beloop R35 miljoen. Volgens Raman behoort die pad tien jaar te hou voordat instandhoudingswerk weer nodig is. Hoe swaar die verkeer is, en hoeveel swaarvoertuie die pad moet dra, sal uiteindelik die lewensduur bepaal. Die opknappingswerk aan die pad tussen Malmesbury en Darling is goed op dreef en behoort oor sowat ‘n jaar afgehandel te wees. Dit is ‘n stuk pad van nagenoeg 30 km vanaf Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury tot by die Atlantiskruising op die pad na Darling. Dit is ‘n projek wat nagenoeg R75 miljoen beloop met einde Julie 2013 as die spertyd vir voltooiing. Volgens die terreinagent, Niel Burger, word ‘n gedeelte van nagenoeg 20 km net herseël, terwyl die oorblywende 10 km heeltemal gerehabiliteer word, wat daarop neerkom dat daardie gedeelte van die pad basies oorgebou word. Dit beteken selfs die pad se fondament word oorgebou, asook die lae wat daarop volg, soos die bindlaag, kroonlaag en heelbo die asfalt-laag. “Sekere seksies is effens agter weens die reën en ander effens voor, maar in geheel is ons nog by die program. So ons behoort te hou by die spertyd,” het Burger bygevoeg.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 11 julie 2012 181 by DieCourant - Issuu