15 januarie 2014 die courant

Page 1

courant

Gratis • Free

swartland en weskus Uitgawe 254

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

hugenotestraat 24, malmesbury

15 Januarie 2014

Hok Toe!!!! ... tot 2025

tel: 022 487 3221

By Liebenberg Primêr op Malmesbury het die skool se nuwe hoof, Janine Aonis (links agter) gister reeds die Gr.1-leerders van 2014 ontvang. Hier, saam met een van die nuwe Gr.1-klasse, is hul onderwyseres, Sophia Swartbooi.

•7 A’s EN 91,4% vir Porterville se Andria

Top-leerder mik hoog Andria de Lange van die Porterville Hoërskool was die top-presteerder in die courant se lesersgebied en ook nommer een in Kring 2 van die Weskus in die 2013 matriekeksamen. Sy het onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensoriëntering, Verbruikerstudies, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe behaal. Andria was in 2013 haar skool se Dux-leerder en het ‘n gemiddeld van 91,4% in die eindeksamen behaal. Sy beskryf haarself as iemand wat baie hoë doelwitte en ideale vir haarself stel en het ‘n paar vrae van die courant beantwoord:

Andria de Lange

Wat is jou wenwenk? Ek glo die enigte sleutel tot sukses is harde werk, dwarsdeur jou senior fase. Ek het die eindeksamen gefokus binnegegaan en gehou by studiemetodes wat vir my bekend was. Die uitwerk van vorige vraestelle, ongeag hoe oud, is enige skolier se sleutel tot hoë punte. Ek het elke vraestel van die afgelope vyf jaar uitgewerk. Ek het myself ook ruskans gegun, nie langer as een uur aaneen studeer nie en saans om 21:00 was ek klaar vir die dag! Ek het elke dag dieselfde roetine gevolg, streng by studietye gehou en my gesin het daardie tye gerespekteer en my behoorlik bederf. Die belang­rikste is egter: werk hard deur die jaar, sodat jy in die eindeksamen bloot jou werk weer kan deurgaan en kan begin met vraestelle. Wat was die uitdagings in die eksamentyd? Enige eksamen hou uitdagings in! Ek is mal oor oefen, maar in September het ek my ‘hamstring’ beseer en kon tydens die leertyd nie oefen nie. Dit was baie frustrerend om te swot sonder enige oefening! Maar my gesin het my baie ondersteun en ek kon elke dag alles insit. Jou mikpunte vorentoe? Ek gaan B.Sc Sportwetenskap aan die US studeer en het plek gekry in Nerina. Ek beplan ook honneurs en meesters in biokinetika. Daarna wil ek graag by ‘n provinsiale- of nasionale sportspan betrokke raak, as biokinetikus, of by ‘n groot sportinstituut. Ek wil my passie vir medies en sport uitleef. Jou gesin? My gesin is my grootste ondersteu­ ningstelsel en ek is so dankbaar vir al die moei­ te en opofferings wat hulle vir my gemaak het. Baie dankie aan elke leerkrag by HSP, wat ‘n in-

set in my opvoeding gehad het, asook vir al my matriek-onderwysers se moeite en harde werk. Dankie aan al my vriende, familie, mede-skoliere en ook die gemeenskap, wat in my geglo het en my elke dag gedra het. Vertel ons iets oor jouself? Ek is passievol oor leierskap en sal deur vuur vir my familie en vriende loop. Ek is ‘n sportfanatikus (veral netbal en atletiek) en het drie sussies, Roné (16), Jani (12) en Mari (12) - my beste vriende! Ek glo werklik dat jy nie moet wag vir dinge om te gebeur nie, want dan gaan niks gebeur nie. Ek moet die verskil wees wat ek wil sien, alles voluit aanpak en nooit terugkyk nie. My motto: “God is my Pappa en ek stap my lewenspaadjie saam met Hom.” Wie is jou rolmodelle? Ek kyk op na enige persoon wat bo sy omstandighede uitstyg. Atlete, wat hard oefen en opoffer om hul drome te bereik; persone wat hul eie behoeftes opsy skuif en ander help en voluit vir God leef, ongeag status, beroep of die teenkanting wat hulle kry. Jou advies vir vanjaar se matrieks? Dit is belang­rik dat elke matrikulant van die begin van die jaar af hard werk en alles insit. Vra vrae, bly by en doen moeite om ekstra klasse by te woon. Pak alles voluit aan. Dit is belangrik om ‘n balans tussen akademie, sport, kultuur en jou sosiale lewe te handhaaf - my sosiale lewe het aan die onderste punt getrek! Stel vir jouself doelwitte, werk daarvoor, geniet alles en onthou om met jouself te kompeteer en nie teen ander nie. Jy werk vir jouself. Haal asem en as matriek jou op jou knieë dwing, wees bly - dit is die beste plek om te wees, want God is altyd by jou!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
15 januarie 2014 die courant by DieCourant - Issuu