die courant 19 desember 2012 204

Page 1

courant Uitgawe 204

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

19 Desember 2012

hugenotestraat 24, malmesbury

Va k a n s i e en kreef by die see Charne en Sunette Verdoes van Pretoria kuier aan die Weskus en was Sondag maar half skrikkerig vir hierdie lekker groot kreef wat by die hawemuur op Yzerfontein uit die see gehaal is. Nog foto’s en berigte van die naweek se Snoek Classic 2012 op Yzerfontein op bl. 8 en 9, asook die vakansieprogram.

UNIEKe PRESTASIE, Sê burgemeester

SM, WKDM wéér skoon 'n Tweekuns! Die Swartland Munisipaliteit én die Weskusdistriksmunisipaliteit het pas vir ‘n tweede opeenvolgende jaar ‘n skoon oudit van die Ouditeur-Generaal ontvang, terwyl slegs vyf munisipaliteite in die Wes-Kaap 'n skoon oudit vir die afgelope boekjaar (2011-2012) kon behaal. "Dit is ‘Great' om saam met die Weskusdistriksmunisipaliteit, die eerstes ooit te wees om 'n vorige jaar (2010/11) se skoon oudit met nog een (2011/12) op te volg!" het Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swart Munisipaliteit (SM), gister gesê. “Sover as wat ons kon vasstel, het dit nog nie voorheen gebeur nie. Verder was ons (SM se) strewe nie soseer om 'n skoon oudit te kry nie, maar eerder om goeie regeringspraktyke toe te pas, want die eindresultaat daarvan sál 'n skoon oudit wees. Elke amptenaar, hoe groot of klein, het 'n aandeel gelewer in die verkryging van dié skoon oudit. Die uitdaging is nou, nadat die standaard gestel is, om dit jaar na jaar te herhaal! Hierdie standaard bring verdere positiewe uitdagings en gevolge, deurdat die ekonomiese en effektiewe dienslewering onder 'n vergroot-

glas geplaas moet word, om die optimale benutting van hulpbronne te verseker. Verder is dit ‘n bewys aan Swartlanders dat die munisipaliteit goed bestuur word en verbind is daartoe om ‘n goeie diens aan die gemeenskap te lewer.” Tijmen van Essen, die burgemeester van die SM, stem saam: “Vandat die nuwe munisipale stelsel in 2001 geïmplementeer is, is dit die eerste keer dat so iets in Suid-Afrika gebeur. Ek is baie trots op al die personeellede van die SM, van die hoogs besoldigde tot dié wat die onderste skakel in die munisipale ketting is! Ons werk almal hard saam om dié prestasie te bereik en ons personeel het ‘n enorme goeie onderbou! Intussen word van ons personeellede soms sleggesê deur die publiek, terwyl hulle eintlik net hulle take uitvoer.” Van Essen het erkenning gegee aan die grootste deel van die publiek: “Ons het min werklike groot probleme in die Swartland; die gemeenskap gee ons (SM) die geleentheid om ons werk te doen! 'n Skoon oudit gaan nie net om die geldsake en sommetjies nie, maar oor meer as ‘n honderd stukke wetgewing waaraan voldoen moet word en oor hoe ons voldoen aan

rekordhouding. Ons hantering van geldsake is steeds baie goed, maar fyn tegniese punte word geëvalueer.” Die drie ander Wes-Kaapse munisipaliteite wat ook ‘n skoon oudit vir dié boekjaar ontvang het, is George, Mosselbaai en die Langeberg (wat Ashton en Robertson insluit). By die Weskusdistriksmunisipaliteit (WKDM) sê die munisipale bestuurder, Henry Prins: "Die eer­ste skoon oudit was vir ons 'n groot prestasie, maar omdat die druk ná verlede jaar soveel meer was, is dié tweede skoon oudit net soveel soeter! Ek skryf dié tweede skoon oudit aan 'n paar faktore toe: Die goeie samewerking tussen die amptenare en die politieke leiers van die WKDM, die feit dat elke amptenaar aktief betrokke is by goeie bestuur en fokus op basiese riglyne soos stiptelike administrasie, asook die ondersteuning en bekwame advies van die ouditkomitee en Ouditeur-Generaal se kantoor. “Ons stelsels is in plek en ons werk volgens 'n gesonde waardestelsel. Dis nie net die groot goed en geld wat beoordeel word vir 'n skoon oudit nie - ons basiese nakomingsvereistes was ook goed en daarvoor wil ek net vir elke betrokke rolspeler dankie sê!”

die courant wens al sy lesers en adverteerders ’n geseënde Kersfees en voorspoedige 2013 toe.

Ons kantore sluit vandag en heropen op Vrydag, 11 Januarie 2013.

Merry Christmas!

Santa’s Choice in Meat

Brito’s would like to thank all our customers for their support in 2012. We would like to wish you and your family a very happy and safe Festive Season, and a fantastic New Year!

BRITO’S FAMOUS

CHRISTMAS HAMPERS Pork Shoulder Ribs (Plain or Spiced)

22

.99 p/kg

4 kg Chicken Freezer Bag

99

.95 each

2kg Albertinia Braaiwors

44

.95 each

Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 19 December until Sunday 23 December 2012. While Stocks Last. E&OE

AVAILABLE IN STORE

Smoked Gammon, Corned Ox Tongue & Corned Beef

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.