courant
gratis
Uitgawe 191
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
19 September 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Toerisme op dreef met plan vir voëlroete in Swartland “Behalwe ons bloukransvoëls (Suid-Afrika se nasionale voël) is hier ook al sekretarisvoëls en, glo dit of nie, visarende in die Swartland opgemerk,” sê Carlen Vorster van Swartland Toerisme. “Dan het ons nog vele kleiner spesies soos die swart tobie en dikbek lewerik eie en uniek aan ons streek.” Swartland Toerisme se projek om ‘n voëlroete vir die streek op te stel, is reeds 75% voltooi en sal in November geloods word. Die besluit oor die beoogde voëlroete is geneem omdat Avi-toerisme een van die areas van ontwikkeling is waarop die Nasionale Departement van Toerisme hom toespits, en ook omdat die voëlkyker volgens statistieke veel langer vertoef in ‘n area as die gemiddelde toeris. Volgens Vorster, van Swartland Toerisme se kantoor op Malmesbury, sal die roete vyf dorpe inkorporeer. Individuele roetes en kaarte word ook vir
elke dorp uitgelê. “Tans is die projek 75% voltooid, en dit sal na verwagting in November geloods word.” Die dorpe is Malmesbury, Darling, Riebeek, Yzerfontein en Moorreesburg/Koringberg. “Ons het heelwat roetes en voëluitkykpunte om aan te dui.” Hierdie is ‘n projek van die plaaslike toerismekomitee, almal vrywilligers, met die steun van Swartland Toerisme. Daar word gehoop om meer toeriste na die gebied te lok, wat konstante kontantvloei, werkskepping en vaardigheidsopleiding behoort te bevorder. Die gebied het ‘n wisselende landskap van see, veldblomme, waaronder fynbos, tot graanlande, wingerde, olyfplase en berge. “Ons sukkel egter om genoegsame inligting en roetes te bekom vir Malmesbury. Die Paardeberg is reeds geïdentifiseer. “Ons sal dit hoog op prys stel indien lede wat wel fasiliteite het, soos ‘n dam of uit-
kykpunt, waar voëlkykers welkom is, ons in kennis sal stel. Hierdie fasiliteit sal dan ook op die kaart aangebring word,” het Vorster gesê. “Ons glo dat die roete nog meer toeriste na die Swartland sal bring en tot voordeel van elke lid sal wees,” aldus Vorster. Vorster wou nog nie plase vermeld waar damme reeds geïdentifiseer is vir die beoogde voëlroete nie, behalwe om te noem van die see, die panne by Yzerfontein en die Bergrivier. Stephen Smith van die plaas Soutfontein het aan die courant gesê die Radyndam is op sy grond, nagenoeg 18 km buite Malmesbury op ‘n grondpad na Moorreesburg. Hoewel dit nie deel van ‘n formele voëlroete is nie, word die dam dikwels besoek deur nagraadse studente in voëlkunde van die Universiteit Kaapstad. Die dam is ingeskakel by die Voëlklub van Suid-Afrika en reeds verklaar tot natuurbewaringsgebied.
LEES BINNE: Fokus op Malmesbury skou Huis se ‘groen’ aanpassings
Hospitaal doen aanbouings