die courant 1 Augustus 2012 184

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 184

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

1 Augustus 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

GROEITYD: Dis groeityd

in die Swartland en die kanolalande laat reeds menige besoeker na sy kamera gryp. Die Swartland skud ook sy vere reg vir die jaarlikse landbou- en blomskoue wat op die onderskeie dorpe gehou word. Porterville kom eerste aan die beurt op 23 tot 25 Augustus, met Piketberg op 30 Augustus tot 1 September. Moorreesburg se Swartlandskou volg van 6 tot 8 September, waarna Darling se blommeskoue van 13 tot 16 September sal plaasvind. Die Malmesbury Landbouskou vind vanjaar van 20 tot 22 September plaas. Hier is dié dorp se skoukoningin 2011, Zandre Hugo, Maandag in die kanola.

SM en WKDM lewer die enigste skoon oudits in Wes-Kaap Net twee uit dertien munisipaliteite in die WesKaap kon vir die afgelope boekjaar ‘n skoon oudit kry: Die Weskusdistriksmunisipaliteit (WKDM; gesetel in Moorreesburg) en die Swartland Munisipaliteit (SM). Hoewel die aankondigings hieroor reeds vroeër gedoen is, het die nuus pas weer die dagblaaie gehaal. Waarom is ‘n skoon oudit so skaars soos hoendertande in Suid-Afrika en hoe lyk die personeel wat dié skaars toekennings kry? Op Moorreesburg is Henry Prins (regs) reeds drie jaar die munisipale bestuurder, met 14 jaar se vorige ondervinding op senior bestuursvlak in plaaslike regering. “Ek hou baie van my werk in die munisipale wese,” sê hy. “Of die oomblik goed of sleg is, ek geniet my werk!” Prins sê dat die WKDM Henry Prins reeds vir nege jaar ‘n ongekwalifiseerde oudit gekry het. “Dié skoon oudit was dus die logiese volgende stap! Ons werk met min woorde – die dade moet self praat!” “Die interne oudit-afdeling moes hárd werk hiervoor. Voorheen was alles nie rekenaarge-

baseerd nie, maar nou het ons ‘n effektiewe rekenaarstelsel om die goeie bestuur wat oor die afgelope jare gevestig is, betroubaar te meet en in ons ouditverslag te boek te stel. Ons kon dalk al voorheen die toekenning verdien het, maar ons kon dit nog nie bewys nie! Ons prestasiestelsel is nou direk gekoppel aan die geïntegreerde ontwikkelingsplan.” Prins skryf die suksesse toe aan die leierskap van die burgemeester, Harold Cleophas en sy span. “Hulle gee vir ons duidelike riglyne en propageer ‘n kultuur van eerlikheid en verantwoordbaarheid. Hulle meng nie in nie en ondersteun ons! Die kundige, goed opgeleide personeel en ons verhouding met die ouditeur-generaal se kantoor vorm deel van ons wenresep. Ons het gereeld met die OG gekonsulteer en saam hard gewerk om ons probleme uit te stryk. “Die Bloudruppelstatus skep vertroue en sê dat ons dinge op die regte manier doen. Ons grootste uitdaging is nou om dié skoon oudit nog ‘n keer te kry,” glo Prins.

By die Swartland Munisipaliteit is Joggie Scholtz (regs) vir die tweede termyn die munisipale bestuurder, nadat sy ooreenkoms in Junie 2011 eenparig verleng is. “Omdat ‘n skoon oudit so ‘n rare verskynsel is, is dit ‘die kersie op die koek’ van my loopbaan! Maar die uitdaging is om dit te behou. Al die erkenning en blootstelling wat ons nou kry, sal ongedaan wees indien ons die prestasie nie kan herhaal nie.” Scholtz sê dat die SM in die 2009/2010 finansiële jaar baie naby aan ‘n skoon oudit was. Om ‘n skoon oudit te kry, beteken nie net ‘jouboeke-klop’ nie, maar die Joggie Scholtz fokus is veel meer op die aspekte van ‘Good Governance’ en of daar aan die meer as 100 stukke wetgewing voldoen is. “Enige geringe aspek (byvoorbeeld nie voldoende dae kennisgewing van statutêre voorskrifte nie), kan ons ‘n skoon oudit kos. “Daar word te veel klem gelê op ‘skoon oudits’, terwyl ‘n ongekwalifiseerde oudit al ‘n prestasie is,”

verklaar Scholtz. Die twee aspekte waaraan die SM hard gewerk het, was leierskap en ‘governance’. “Sonder die regte personeel in die regte posisies sou dit beslis ook nie moontlik gewees het nie - dit is hier waar baie owerhede te kort skiet. “Die SM se groot voordeel is dat daar die afgelope tien jaar stabiliteit was, met inbegrip van die behoud van kundigheid,” glo Scholtz. “Die interne oudit is verbeter met ‘n benadering van zero toleransie teenoor bedrog en diefstal.” Scholtz glo die wegdoen van die prestasiebonusse (wat ingevolge wetgewing tot 14% kan beloop) het verseker dat uitdagende en innoverende teikens gestel word om die dienslewering te verbeter. “Met die implementering van ‘n prestasiebestuurstelsel vir alle raadslede ingevolge waarvan elke raadslid se prestasie op ‘n kwartaallikse basis gemeet word, is die fondasie gelê van ‘n omgewing waar prestasie vir elke personeellid belangrik is. Die stelsel is beslis nog nie vervolmaak nie en ons poog om jaarliks te verbeter.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.