1 Mei 2013 die courant 220

Page 1

courant

tel: 022 487 3221

swartland en weskus Uitgawe 220

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

hugenotestraat 24, malmesbury

1 Mei 2013

Top-ondernemings en instansies van Weskusstreek kry erkenning

FOTO: KRIS CLAEYE

Ashleigh kook in België

Agterblad

•NUWE, BREËR PAAIE BEPLAN

Malmesbury volgende aan die beurt met N7

Ingenieurs wat nou werkbare voorstelle moet uitwerk en voorlê vir die 'nuwe', breër N7 naby Malmesbury, 'n omgewing-impakstudie vir dié bouwerk en die uitdaging om die verkeer tussen Wesbank en Malmesbury te reguleer terwyl die bouwerk aan die brug en die pad onderdeur die brug plaasvind - dit is alles uitdagings wat vir die volgende agt tot nege maande uitgesorteer moet word voordat dié bouwerk wes van Malmesbury kan begin. “Dié proses vind nou veel vroeër plaas as beplan,” het die burgemeester van die Swartland munisipaliteit, Tijmen van Essen, gister aan die courant gesê. Hy sê die Stad Kaapstad kon nog nie besluit oor die presiese ligging van 'n sekere wisselaar in Fase 2 van die projek nie en dat die bou van Fase 2 dus deels uitgestel moes word. Terwyl die geld wel beskikbaar is, het Sanral besluit om nou reeds met Fase 3 te begin. Dit sluit die N7 tot by Malmesbury in, asook die verdubbeling van Darlingweg onderdeur die N7-brûe. "Ons moet onthou dat die verkeer goed gereguleer en die beplanning sorgvuldig gedoen moet word

Dié gesig van Malmesbury gaan binnekort baie anders daar uitsien, nadat Sanral aangedui het dat die verbreding van die N7 en Darling-wisselaar in Malmesbury vroeg volgende jaar kan begin.

sodra die bouwerk by daardie wisselaar begin," het Van Essen, die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit (SM), gister hieroor gesê. Hy het beklemtoon dat hierdie proses nog in sy beplanningsfase is en geen finale besluite nou al geneem kan word nie. "Die ingenieurs is pas aangestel en doen nou die nodige ondersoeke om werkbare voorstelle aan ons en aan Sanral (die nasionale pad-agentskap) voor te lê," het Van Essen gesê. “Voor die einde van Mei sal die konsultante wat die omgewing-impakstudie doen, aangestel word.

“As die bouwerk binne die padreserwes bly en daar dus nie 'n nuwe N7-roete kom nie, sal die ondersoektydperk dus baie korter - tot 'n jaar korter - duur," het Van Essen gesê. Oor dié verwikkelinge het Kobus van der Walt, streeksbestuurder van Sanral en gemoeid met die verbreding van die N7, gesê dat hy hom nie nou al kan uitlaat oor die koste, aanvangsdatum of alternatiewe roetes wat voorsien sal word wanneer die bouwerk begin nie - alles faktore wat ‘n rol kan speel voor dié beoogde verbreding van die N7 ‘n werklikheid word. “Die aanvangsdatum van konstruksie kan eers bepaal word as die omgewingsimpakstudie afgehandel is en die sensitiewe areas geïdentifiseer is. Dit is dus nou te vroeg om enige voorspellings te waag.” “Die bestaande N7-roete word gevolg. Dit blyk asof hier verwarring bestaan met die R45 Hopefield na die R46 Wellington verbypad wat deur die provinsiale owerheid beplan word. Die omgewingsimpakstudie vir die projek het reeds ‘n aanvang geneem maar SANRAL is nie die padowerheid nie!” het Van der Walt bygevoeg. “Let ook op dat Sanral geen roete verby Malmesbury beplan nie, die N7 gaan bloot verdubbel word tot by die Darling-wisselaar waar die deurpad tans stop,” het hy gister aan die courant gesê. Oor die beoogde bouwerk het Van Essen gesê dat die huidige enkelbane wat tans onderdeur die twee N7-brûe loop, ook verdubbel gaan word en deel vorm van die verbreding van die N7. “Die huidige brûe by die Darling-wisselaar bly dieselfde, maar die ekstra bane sal aan die suidekant van die huidige tonnels aangebring word – baie moontlik word die nuwe bane en brûe 50m verder aan die Kaapse kant van die huidiges gebou! ‘‘Ons beplan nie om in daardie tyd van konstruksie ‘n alternatiewe roete tussen oos en wes van die N7 te voorsien nie – ons sal net eenvoudig saam met die verkeer moet werk, soos dit tans by die Melkbos-afrit plaasvind.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.