die courant 20 junie 2012 178

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 178

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

20 Junie 2012

Jaagduiwels speel op Swartlandse paaie

hugenotestraat 24, malmesbur y

Jong spoedvraat op eie bodem Ashley Haigh-Smith (19), internasionale renjaer van die Swartland, jaag Saterdag in ‘n naeltydren op Wittedam buite Malmesbury. Lees volledige berig op agterblad.

Aksie by Wittedam

Eerste salvo’s gevuur vir wyk 6

• Kiesersregistrasie die naweek gedoen Die tussenverkiesing vir Wyk 6 van die Swartland Munisipaliteit vind op 1 Augustus plaas ná die heengaan van dienende raadsheer Abe Johnson, wat ook die Swartland se speaker was. Daar is 3 stemlokale in die betrokke wyk wat grotendeels uit kiesers van Darling bestaan. Die drie stemlokale waar kiesers die komende naweek kan registreer, is die Verenigende Gereformeerde Kerk se saal agter die Fokus-gebou op Darling, die Middel-Swartland Boere-verenigingsaal op Ruststasie asook Korhaansrug Primêre skool. Die lokale sal Saterdag en Sondag , 23 en 24 Junie, vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees vir kiesers wat nog nie geregistreer is nie. Die kiesersrol sluit op 29 Junie. In die vorige verkiesing op 18 Mei 2011 was daar altesaam 2692 stemgeregtigde kiesers in wyk 6 waarvan 2079 hul stemme uitgebring het. Die indeling volgens stemlokaal was Verenigende Gereformeerde Kerk (1583

stemgeregtigdes), Ruststasie (326) en Korhaansrug (450). Die totale stemme vir die onderskeie partye was ACDP 16, ANC 502, Cope 123, DA 1422, Tpico 8 en VF Plus 8. Raadsheer Johnson, wat toe met 68.4% van die stemme as wyksraadslid verkies is, is onlangs oorlede. In terme van die Onafhanlike Verkiesingskommissie se regulasies moet die tussenverkiesing vir ‘n nuwe raadslid gehou word binne 90 dae nadat die vorige een oorlede is. Die partye moet voor 12 Julie hul amptelike kandidaat vir die verkiesing aan die OVK bekend maak. Die DA in die streek het reeds Maandag hul proses met die keuring vir ‘n kandidaat afgehandel en hul kandidaat bekend gemaak. Hy is die 44-jarige Michael Rangasamy van Darling. ANC-raadslid Felicia Humphreys het gister aan die courant gesê hulle is nog besig met hul keuringsproses vir die regte kan-

Melkpryse gaan skerp styg, sê ekonoom - bl. 2

• Eerste kandidaat bekend

didaat. ‘n Woordvoerder van dié party, Bumper Andrews, het bygevoeg dat hulle hoop om die

Hanlee Louw se sangreis deur die wêreld - bl. 5

proses teen 1 Julie af te handel. “Ons is besig met die selektering. “Die tak in Darling onder voorsitterskap van Archi Mbhele kan drie kandidate nomineer en dan sal die party ‘n keuringsproses hê voor daar ‘n geleentheid sal wees waar die gemeenskap onderhoude met die kandidate kan voer. Hierna sal die finale besluit geneem word oor wie die kandidaat sal wees,” het hy bygevoeg. Die DA het ook ‘n keuringsproses deurloop waarna ‘n keuringspaneel verlede week onderhoude met die drie kandidate op die kortlys gevoer. Rangasamy is ‘n boorling van Lansdowne en woon die afgelope 18 jaar op Darling. Hy is ‘n priester in die Nuwe Apostoliese Kerk en het sy eie bou- en tuindiensteonderneming asook ‘n onderneming wat vuurmaakhout in die suidelike voorstede aflewer. In hierdie stadium is dit nog onseker of daar meer kandidate as dié van die ANC en die DA in die tussenverkiesing verkiesbaar sal wees.

ArtHSS-aand by Hoërskool Swartland - bl. 10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.