courant
gratis
Uitgawe 161
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
22 Februarie 2012
Waardasies: Inwoners se besware nou bekyk Inwoners van die Swartland wat ontevrede was met die nuwe waardasies van hul huise, kan binnekort briewe van die waardeerders ontvang wat die redes vir die waardasie stipuleer. Volgens Hermaine van der Sluys van die Swartland Munisipaliteit sal Suid-Kaap Waardeerders, wat die waardasieproses hanteer het, reageer op die besware van diegene wat beswaar aangeteken het in die tydperk wat daarvoor afgestaan is. “Die persone wat ontevrede was, sal vanaf nou tot einde Mei-maand briewe ontvang. Hierin sal die redes vir die waardasie gegee word, asook die inligting hoekom en indien die waardeerders hul waardasie sal verander,” sê sy. Ná die briewe ontvang is, word die proses nou verder gevat. As die huiseienaars steeds nie gelukkig is met die redes aangevoer deur SuidKaap Waardeerders nie, sal daar ‘n appèl-
hof gehou word waar beswaarmakers hul saak verder kan voer. Volgens Van der Sluys is baie van die klagtes wat hulle ontvang het, nie direk die waardasie nie, maar eerder die belasting wat met dié bedrag gepaardgaan. “Die waardasiebedrag was in baie gevalle die verlangde markwaarde wat die eienaars verlang, maar baie is bereid om die waardasie van hul huis te verlaag om sodoende minder belasting te betaal. “Die feit dat die belasting as rede aangevoer word, is egter nie altyd ‘n grondige rede vir die moontlike verlaging in die waardasie nie,” sê van der Sluys. Die waardeerders het geskat dat hulle sowat 2000 besware sal ontvang, maar slegs sowat 1000 is ingedien. “Ongeveer die helfte van hierdie getal van huiseienaars het egter die verhoogde belasting aangevoer as hul rede tot beswaar,” sê Van der Sluys.
hugenotestraat 11, malmesbur y
Nuwe R75m biogasaanleg vir Malmesbury
Gesin verlig na hondsdol kat se amok bl 9