23 Januarie 2013 die courant 206

Page 1

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 206

die

swartland en weskus

23 Januarie 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

R115m projek bykans voltooi

Swartland Burgemeester Tijmen van Essen by die moderne rioolwerke op Malmesbury. Bo is ‘n deel van die beheerkamer van dié aanleg.

•Burgemeester wys moderne rioolplaas Die moderne rioolverwerkingsaanleg wat die Swartland Munisipaliteit op Malmesbury op die bestaande perseel laat oprig, nader nou vinnig voltooiing. As alles volgens plan verloop sal die nuwe membraan-aanleg teen einde Maart ten volle in gebruik wees. Swartland Munisipaliteit se burgemeester, Tijmen van Essen, en Louis Zikman (Senior Bestuurder Tegniese dienste) het die tegnologies gevorderde verwerkingsaanleg, wat ook in die toekoms uitgebrei sal kan word om in die behoeftes van ‘n groeiende inwonertal te voorsien, Maandag vir die courant gewys. Dié membraantegnologie het verskeie voordele, o.a. dat die gesuiwerde water van ‘n baie hoë gehalte is en dat ‘n kleiner voetspoor­ oppervlak vir die aanleg benodig word. Indien konvensionele suiweringsprosesse aangewend sou word, sou die bestaande terrein van die rioolsuiweringswerke slegs 15 megaliter riool per dag kon hanteer, maar met die aanwending van

membraantegnologie kan tot 45 megaliter riool (genoeg vir 100 000 inwoners) per dag op die bestaande perseel behandel word. Die uitbreiding wat tans onderneem word verhoog die kapasiteit van die rioolwerke van 5,5 megaliter per dag tot 10 megaliter per dag. Daar is dus voldoende kapasiteit om vir die afsienbare toekoms in die vinnig groeiende behoef­te van Malmesbury te voldoen. Die konstruksie is ook modulêr wat toekomstige uitbreidings sal vergemaklik. Die bestaande rioolwerke is grotendeels afgebreek. ‘n Gedeelte het wel behoue gebly wat hoofsaaklik die funksie het om as vloeibalanseringsmeganisme te dien onder piekvloei toestande vir die nuwe aanleg. Die afgelope twee jaar se uitdaging was om die ou stelsel (opgerig in 1958) te laat saamwerk met die nuwe stelsel, wat stelselmatig in gebruik gestel is. Dele van die ou stelsel is geleidelik afgebreek. “Ghries en olie is ‘n rioolwerk se grootste

nagmerrie!” en ”Dis nou nie juis ‘n parfuumfabriek hierdie nie!” en “geen enkele druppel water loop weg rivier toe nie, ons benut alles” is van die opmerkings wat ons hier hoor. Die herwinde water word gelei na die sportgronde in en rondom die dorp en plase noord van Malmesbury. Wanneer die aanleg teen einde Maart op volle sterkte begin funksioneer, sal dit die einde van ‘n 8 jaar-projek beteken, nadat die raadgewende ingenieurs reeds in 2005 aangestel is in ‘n projek wat voorafgegaan is deur deeglike navorsing, kosteberekening en ‘n negentig-minuut voorlegging aan die munisipale raad, wat die groen lig vir dié reuse-finansiële uitleg moes gee. Die hele proses word elektronies beheer. “Alle faktore van die suiweringsproses word deurlopend gemonitor en vanuit ‘n sentrale kantoor op die perseel beheer.” Die hele projek kos rondom R115 miljoen. “Die staat se bydrae is R34 miljoen,” het Van Essen gesê. Sien nog feite oor die aanleg op bl 2.

Lees binne... Jannie Mouton op Moorreesburg bl. 2 ACVV koop koffiewinkel bl. 2 Al soekend tussen wingerde bl. 6 Jaer terug op Malmesbury bl. 12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.