courant
gratis
swartland en weskus Uitgawe 196
die
Finalis: Malmesbury Diensverskaffer van die Jaar
tel 022 487 3221
24 Oktober 2012
LEES BINNE:
SA Skaapboer van die Jaar
Snoek- en Patatfees beste in die weste Oud Bokbreier praat kaalvuis op Malmesbury
inerika ram hanekom
Swartlander lei SA in pluimbal
hugenotestraat 24, malmesbur y
Erika Hanekom van Rhenosterbosrug buite Malmesbury ontvang vandag by SA Stamboek in Bloemfontein ‘n voortreflikheidstoekenning vir haar prestasies met haar 47-jaar oue Dormerstoet. Lees op bl. 4 en 5 verder oor dié merkwaardige vrou.
Yzerfontein vier 75 diamant-jare Ek ken Yzerfontein van 1973 af, toe die helfte van die Darling-Yzerfonteinpad nog nie geteer was nie. Só het die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, Maandagaand gesê by dié Weskus-dorp se 75ste verjaarsdagvieringe. Ongeveer 160 mense het die staaltjies van weleer geniet, vertel deur inwoners wat saamwerk om ‘n boek oor die kusdorp saam te stel. Hy het ook na Yzerfontein as ‘n spogdorp verwys. “Die Swartland Munisipaliteit is trots op ‘n plek soos Yzerfontein in ons gebied!” Onder die vertellers was Bokkie Smit (84), wie se man ook as burgemeester op Darling
gedien het. “Ek is ouer as Yzerfontein, maar ek ken dié dorp van 1951 af.” In 1999 het die Yzerfontein Inwonersvereniging haar as die dorp se Vonkelvrou aangewys. Volgens Anet Pieterse het sy en haar man, Minnaar Pieterse (nou 86), die ou Vishuis gerestoureer en dit vir baie jare as ‘n vakansiehuis gebruik. Dié Vishuis huisves nou die toerismekantoor op Yzerfontein. “As kinders het ons saans speletjies op die strand gespeel totdat Oom Eksteen om 21:00 die klok gelui het. Dit het beteken almal moes huis toe gaan! “Bedags het ons graag alles wat uitgespoel
het, op die strand opgetel. Dit was oorlogsjare en kinders kon nie luukses soos kondensmelk koop nie. Slegs met ‘n briefie van ons ma af, kon ons dié skaars item in die hande kry. “As ons dus met só ‘n blikkie kon afstap watergat toe, het ons dit onder mekaar gedeel as ‘n gesogte lekkerny.” Helen Halvorsen (82) het vertel hoe haar pa ‘n rondawel op die strand gebou het vir hul seevakansies. “Ons het al die lekker speletjies op die strand gespeel en almal saam op ‘n bokwa gery om al die uitgespoelde items op die strand op te laai.” • Yzerfontein se ouderdom word bereken vanaf die datum dat die eerste eienaar van
Yzerfontein Seaside Estates, Abraham Katz, in 1936 dié maatskappy gestig het. Dié maatskappy het begin met die verkoop van see-erwe. Tot op daardie datum het vakansiegangers in tente, plaasskure of in waens vakansie gehou. Alle kos en voorrade moes destyds saamgery en vars water moes met moeite in emmers en balies van putte af aangedra word. Vandag is Yzerfontein ‘n pragtige kusdorp, met luukse tot gemiddelde vakansiehuise, ‘n gewilde karavaanpark en al die luukses wat nodig is om verblyf daar te geniet. Nog foto’s en fokus op bladsye 10 en 11.