courant
gratis
Uitgawe 183
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
25 Julie 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Kruisings op N7 beveilig
Moderne opritte na Melkbos, Atlantis
‘n Plan om die gru-ongelukke op die N7 tussen Kaapstad en die Swartland te verminder, is op dreef met die bouwerk aan ‘n dubbelpad-snelweg en die die aanbring van moderne af- en opritte met glipbane by die Philadelphia- en Melkbos-kruisings in volle swang. Twee Swartlandse boervroue was juis die afgelope twee weke in twee ernstige ongelukke naby hierdie afritte betrokke. Luidens ‘n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), is in ‘n studie bevind dat die skerp verkeerstoename op die N7 toe te skryf is aan die sterk groei in ekonomiese aktiwiteit in Kaapstad se noordelike dele, veral dan Malmesbury, Melkbosstrand en Atlantis.
Die gedeelte van die N7 wat tans opgeknap word, dra daagliks 8000 voertuie, volgens Randall Cable, ‘n woordvoerder van Sanral. Die eerste fase van die Goodwood projek, wat reeds aan die gang is, behels die bou van ‘n dubbelbaan wat uiteindelik vanaf Kaapstad tot by Malmesbury sal strek, en twee moderne snelweg-kruisings by onderskeidelik die Melkbosstrand-kruising op die N7 en die Philadelphia/Atlantis-kruising, ook op die N7. Dit sal onderskeidelik diamant- en halweklawer-wisselaar-ingenieursontwerpe wees.
Melkbos
Malmesbury
Toekomstig
BO: ‘n Voorstelling van die nuwe Melkboskruising. Die Philadelphia/Atlantis-kruising sal soortgelyk verander word.
Werker van die Jaar Die Swartland se Plaaswerker van die Jaar, Johannes Engelbrecht van die plaas Org de Rac naby Piketberg, en Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, by die bekroningsgeleentheid. Nog foto’s op bl. 8 en 9 van die geleentheid en lees ook berig oor Engelbrecht op bl. 9. Engelbrecht het ook in die middelbestuur-kategorie gewen.
Gedurende die tweede fase sal die N7 verdubbel word vanaf die Philadelphia/Atlantiskruising tot by die plaas Leliefontein. Daar is ook reeds begin met die verkryging van ingenieursdienste vir die derde fase, wat die verdubbeling van die N7 tussen die plaas Leliefontein en Malmesbury, en die modernisering van die Hopefield-kruising behels. “Die N7 sal uiteindelik ‘n dubbelpad-snelweg wees vanaf die N1 in Kaapstad tot by Malmesbury, wat dié hoofweg se dravermoë en veiligheid vir motoriste beduidend sal verbeter,” lui Sanral se verklaring. Die kontraktermyn beloop volgens die verklaring 30 maande en die werk sal na verwagting in November 2014 voltooi word. Tot dan kan padgebruikers verkeersontwrigtings en –vertragings weens die padbouwerk te wagte wees. Die kontrakwaarde van die eerste fase, dit is die opgradering van die N7 tussen die Melkbos strand- en Atlantis-kruisings, sal na verwagting nagenoeg R350 miljoen beloop. Sanral het ‘n beroep op motoriste gedoen om uiters versigtig te wees, veral terwyl die glipbaan-afritte en –opritte by die Melkbosstrand- en Atlantis-kruisings in aanbou is. Ten einde die omgewing te bewaar is spanne tans besig om sensitiewe en skaars plantegroei te identifiseer en te verwyder. “In sommige van die bogrond is saad van hoogs bedreigde fynbos-plantspesies, wat elders bewaar sal word.”
Swartlander jaag Sondag by Olimpiese Spele Ashley Moolman-Pasio, Riebeek-Kasteel se Olimpiese fietsryer, sal Sondag vanaf 12:00 as deel van die Suid-Afrikaanse fietsryspan aan die vroue-padren in en rondom Londen deelneem. Woensdag spook sy vanaf 12:30 sake uit vir die indiwiduele tydren. Omdat sy reeds Sondag deelneem, sal sy baie moontlik die openingseremonie Vrydag misloop. Sien www.london 2012.com vir meer inligting.