courant
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
die
Uitgawe 267
swartland en weskus
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
16 April 2014
tel: 022 487 3221
Kruisgebeure herdenk met Darling-Passiespel Christene wêreldwyd herdenk die Paas-Naweek Jesus se kruisiging en opstanding. Op Darling word ‘n passiespel waarin die kruisgebeure uitgebeeld word Vrydag om 17:30 onder regie van Marie Hamman in Die Vlei opgevoer. Dié passiespel is oorspronklik byna 30 jaar gelede deur die SABC opgevoer. Die foto onder is uit verlede jaar se Darling-Passiespel. Die akteurs en aktrises op Darling kom uit verskillende Christen-kerke op die dorp. Berig op bladsy 2.
•Landbouleier praat oor nuwe ministers
Wenslys vir landbou
‘n Wenslys vir die nuwe landbouministers na die verkiesing en ‘n toekomsvisie vir die landbou is op ‘n streekkongres van Agri Wes-Kaap (AWK) op Malmesbury uitgespel deur Cornie Swart, AWK-president. In die wenslys vir die nuwe landbouministers, nasionaal en provinsiaal, spreek hy die versugting uit dat daar groter en sinvoller ondersteuning aan die sektor gegee word en dat kommersiële landbou erkenning kry vir die kritiese rol wat hy speel met voedselsekuriteit, werkskepping, bevordering van landelike stabiliteit en ekonomiese groei. Groter ondersteuning met natuurrampe, markgeleenthede, optimale produksiepraktyke en die daarstelling van buigsamer en konstruktiewe wetgewing sal ontwikkeling en investering bevorder. ‘’Botsende wetgewing wat tans ‘n negatiewe uitwerking op die groei van die sektor het, moet dringend hersien word.’’
Dan vra hy vir beter samewerking en deelname op plaaslike regeringsvlak en dat befondsing sonder enige korrupsie uitgevoer sal word. In sy toekomsvisie vir die landbou het Swart vier punte uitgesonder. Dit is groter beleidsekerheid, effektiewe dienslewering, groter inspraak op plaaslike vlak en die spoedige deurgee van bestuursinligting. Oor groter beleidsekerheid het hy gesê: “Die laaste paar jaar is gekenmerk deur groot beleidsonsekerheid, veral op die terrein van arbeid, water, minerale, veiligheid en grondhervorming. Die grondbeleid word in sy totaliteit hersien en daar het allerlei nuwe voorstelle uit die Naregproses gekom, onder andere die heropening van restitusie-eise en die teiken gaan die Wes- en Noord-Kaap wees. Arbeidsonrus, die gewel-dige en skielike verhoging van die minimumloon en die wysiging van arbeidswetgewing, wat tans voor die parle-
ment dien en goedgekeur gaan word, het groot onsekerheid ingebring. Opruiende politieke uitsprake voor die verkiesing dra verder by tot onsekerheid.“ Hy het die swak dienslewering uitgesonder op terreine soos paaie, onderwys, gesondheid, grondhervorming en eiendomsbelasting as die oorsake van groot ontwrigting. Volgens Swart is die swak samewerking tussen die departemente van Grondsake en Waterwese ‘n groot bron van kommer en laat die verhouding met en doeltreffendheid van plaaslike munisipaliteite in sommige gevalle veel te wense oor. Daar moet dringend aandag gegee word aan die beskikbaarheid en gehalte van water. ‘’Met onvoldoende water is daar geen manier wat ons aan voedselsekerheid kan aandag gee nie en dalk moet ons fokus in die volgende jaar verskuif na werkbare en effektiewe maniere om waterbestuur toe te pas.’’