courant swartland en weskus
dié
Uitgawe 273
BEKROON: Weskus se #1-keuse
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
28 Mei 2014
tel: 022 487 3221
Wasdag op Yzerfontein
Skuimfontein: Die afgelope naweek se gure weer en wind het die see by Yzerfontein in ‘n skuimbad laat verander. Hier lê die seeskuim die strand vol tot in Negende Straat. Rossouw Eksteen het die oomblik vasgevang.
•Wil kwaliteit-bestemming skep - cleophas
WKDM water 13% op ‘n Surplus van R31,1 miljoen en die behoef tes van inwoners was die hoofelemente ter sprake toe Harold Cleophas, burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit (WKDM), Maandag die ruimtelike ontwikkelingsplan en begroting, asook die aansuiweringsbegroting vir die tydperk 2014/2015 voorgehou het. “By die Weskus Dstriksmunisipaliteit wil ons ‘n kwaliteit-bestemming en gelyke geleenthede skep vir almal,” het hy gesê. “Die WKDM kon weer sy begroting intern opstel, sonder die hulp van konsultante. “Ek kan die personeel loof, want weens hul toegewydheid is die WKDM die afgelope finansiële jaar met verskeie toekennings bekroon: Die Skoon Oudit-toekennig (vir ‘n derde agtereenvolgende jaar) en die Ouditeur-Generaal se aanwysing van die WKDM as die distriksmunisipaliteit met die beste ouditproses. “Hierdie toekennings inspireer ons net verder om van groter diens vir die Weskus te wees. Ons is ‘n voorbeeld van effektiwiteit, toewyding, wetsnakoming en ‘n oop, deursigtige werkspatroon. Die WKDM se oorsigrol, goeie bestuur en verantwoordbaarheid en oorsigtelike strukture vul mekaar aan en dis waarom goeie diens lewering en oudittoekennings moontlik is. Werkloosheid hou wel aan met styg; tot so ‘n mate
dat die aanvraag na werk groter is as wat ons kan voorsien. Ons is nie ‘n primêre werkskepper nie, maar kan die gunstige klimaat skep vir ekonomiese groei en só die werkloosheidsyfer verbeter. Die WKDM verbind hom tot armoedeverligting, ekonomiese groei en transformasie, asook werkskepping. “Die WKDM se doel is om grootmaatdienste soos skoon water en begaanbare paaie te lewer aan die vyf munisipaliteite onder sy vaandel en daarvoor moet ons die omgewings-integriteit van die Weskus beskerm. Dit sluit in die bestuur van lug-kwaliteit, ‘n geïntegreerde kusbestuurs plan en om ekonomiese groei te bestuur.” Cleophas het verwys na die positiewe groei in die streek: “Toerisme en landbou-aktiwiteite groei; toerisme het ‘n rits pryse losgeslaan en belangrike eerstes was die landbou-navorsing en besprekings, asook ‘n eerste sakelui- en leier skapsontbyt. Ons fokus op vroeë-kindontwikkeling, werklose jongmense, die oplei van vrywilligers om dwelmmisbruik aan te spreek, asook die kwesbare kinders-projek, in samewerking met die departemente van gesondheid en maatskaplike dienste. “Die belangrikste projekte vir die volgende vyf jaar is die ontsoutingsaanleg in Saldanha en die stortingsterrein vir die Matzikama- en Se-
derberg munisipaliteite, asook die geïntegreerde vervoersisteem vir die streek. “Ons doelwitte is die WKDM se finansiële volhoubaarheid, goeie bestuur, gelukkige personeelkorps en ‘n volgende skoon oudit. “Daar is in die opstel van hierdie begroting gepoog om optimaal aan die behoeftes van ons inwoners te voorsien. Die konsepbegroting vir die Weskus Distriksmunisipale Raad behels: A. Kapitaalbegroting: R47,993 miljoen (R16,300 miljoen in 2013). B. Bedryfsuitgawes R284 673 250 miljoen (R269 805 560 miljoen vir 2013). Water: Gemiddelde verhoging van 13,16% •Ganzekraal-oord: Verhoging van 7,87% •Water: 6 Kiloliter water word gratis verskaf aan alle eindgebruikers van die streek aan wie die munisipaliteit water verskaf. Die Inkomste/Uitgawe begroting is as volg: INKOMSTE: R315,774 miljoen UITGAWES: R284,673 miljoen SURPLUS: R31,100 miljoen 19 Raadslede het die begroting aanvaar, terwyl vier lede buite stemming gebly het. * Cleophas het pas die PMR-diamanttoekenning ontvang vir die mees pro-aktiewe burgemeester van die afgelope jaar in die Weskusstreek.