die courant 4 Junie 2014 (274)

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se #1-keuse

dié

Uitgawe 274

swartland en weskus

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

tel: 022 487 3221

4 Junie 2014

Massa-aksie: Kommentaar

Demokrasie straks ‘n droom - ‘n idealistiese en onrealistiese droom. Wat beteken dit om almal gelyk te wees en as dit nie so is nie, hoe kry jy dit so? As respek nie aan die basis lê nie, sal jy faal. Respek vir mekaar. Respek vir ander se diepste menswees en mening. Respek vir mekaar se goed en mekaar se lewe. Een groot tragedie in brandende kwessies oor ‘n wye spektrum vandag is onkunde by gewone mense wat hulle op dwaalspore stuur. Ná verlede week se massa-optog in Malmesbury en die kwessie van behuising, is dit weer duidelik dat daar onkunde is oor die nasionale beleid dat plaaslike owerheid slegs fasiliteer met nasionale en provinsiale fondse. Oor fotografie het oud-Namakwalander en later Piketberger, Tannie Colla Swart, gesê: “Wie sê jou hoogte is die heilige hoogte.” Kom van ‘n ander hoogte en sien die verskil in jou foto’s. Dieselfde hier. Wie sê hoe jy dink en doen is die enigste en regte manier? Respekteer ‘n ander se mening en reg om hul mening te lug op hul eie manier. Tóg, moet ander daaronder ly - hul menswees of goed bedreig word net omdat jy/julle jul mening wil laat hoor? Respekteer die ander vanuit jou hoogte. (red)

Pienk besoekers

Flaminke word die laaste paar jaar al meer in die Swartland opgemerk. Die kleinflamink is ‘n spesie in die flaminkfamilie wat in Afrika, Pakistan en Noordwes-Indië voorkom. Alhoewel dit die volopste van die flaminkspesies is, is die bevolking steeds kwesbaar vir bedreiging. Hierdie paar het Saterdag in ‘n plaasdam by Kliprug op die Hopefield-pad gewei. Dié flamink eet hoofsaaklik alge. Hulle snawels is goed aangepas vir klein voedsel-items.

•Groot bouplanne wissel in fase

Ontwikkelings vorder Een van die grootste vrae wat deurlopend deur die publiek en sakelui gevra word, is wanneer die goedgekeurde streeksentrum by Malmesbury se noordelike ingang kom. ‘n Belegging van in die tweede helfte van 100

miljoen rand word hier benodig en omdat daar druk is om die Mount Royal Landgoed saam met die sentrum-konsep te verkoop, is die uitdaging om ‘n belegger te kry, nie gering nie. Sover vasgestel kon word, is daar tans nog geen belegger vir die ontwikkeling bevestig nie. *Intussen het dit aan die lig gekom dat die Paradyskloof-ontwikkeling by Moorreesburg (wes van die Gene Louw Sportterrein) ‘n hupstoot gekry het met die bevestiging dat Pick n Pay een van hul nuwe konsepwinkels daar gaan open. Dié konsep wat deur die hoofkantoor self bestuur word, is ‘n kleiner winkel en daar is reeds ‘n paar in Kaapstad geopen. Luidens die Paradyskloof Ontwikkeling se

Die ‘n Voorstelling van die Weskus Kollege-kampus soos hy tans verrys suid-oos van Loedolffstraat in Malmesbury.

webblad sal Paradyskloof Mall 15 000m² beslaan en oor twee vlakke strek. * Bouwerk aan die grondvloer by die hoofkantoor van Kaap Agri aan Voortrekkerweg in Malmesbury vorder ook fluks. Hier word die bestaande winkelspasie (wat tot onlangs deur ‘n Chinese handelaar gehuur is) in kantoorruimte en onderhoudlokale omskep. Daar sal dus nie ‘n Kaap Agri Liquormark open soos wyd bespiegel word nie. *By die Dieprivier in Malmesbury vorder bouwerk aan onderskeidelik die Weskus Kollege se nuwe kampus en die McDonalds Kitskosrestaurant fluks. Ná aanvanklike vertragings kan laasgenoemde oor ‘n maand sy deure open as alles nou volgens plan verloop. By die Weskus Kollege het konstruksie aan die administrasiegebou ‘n aanvang geneem. Daar is reeds voorheen berig dat die eerste studenteklaskamers in gebruik geneem en klasse volstoom aan die gang is. Ook het die inwoners van die historiese Loedolfhuis, wat by die Weskus Kollege se planne ingesluit is, reeds na ‘n ander historiese skat, die Von Elg-huis in Faurestraat, verhuis.

ydag r V n Ope ie

36 99 139

Castle en Carling Black Label Dumpies 340ml Six Pack

149

99

Bell’s 750ml

99

39 99

Richelieu 750ml

99

159 99 94 9986

Castle Lite Dumpies Castle Lite Dumpies Case 340ml Amarula Six Pack 340ml 750ml

99

49

99

Heineken Case 330ml

NOT FOR SALE TO PERSONS UNDER THE AGE OF 18 • PRICES VALID UNTIL 28 JUNE 2014

99

00

@ 10:

Castle en Carling Black Label Dumpies 340ml Case

179 99

Namaqua Nat Sweet Rose Heineken Dumpies Six Pack 330ml 5LT

6 Jun

94 99

79 99

Black & White 750ml

Olof Bergh 750ml

ONLY AT RIEBEEK-WEST Tel: 022 461 2316 VOORTREKKER RD, NEXT TO AGRIMARK

189 99 Jagermeister 1LT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.