courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
Uitgawe 275
swartland en weskus
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
tel: 022 487 3221
11 Junie 2014
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streeksblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Gister se trekkers... Ploegdae:
van Swartbergsvlei tot Abbotsdale
Ná die afgelope naweek se ploegdag op Swartbergsvlei buite Yzerfontein kom die Swartland Veteraneklub se jaarlikse Ploegdag by Abbotsdale Saterdag aan die beurt. Broers Nico en Koos Ras het op Swartbergsvlei op die groen staatmaker John Deere’s gewys hoe dit gedoen moet word.
•@ R40 milj; Darling, Chatsworth baat ook
MRB kry nuwe skool
Moorreesburg gaan binnekort ‘n splinternuwe hoërskool kry – en dit is amptelik. Die onder wysdepartement het onlangs R40 miljoen vir die bou van dié hoërskool bewillig. “Die onderhandelings vir die perseel waar die skool gebou moet word, is nog aan die gang,” verduidelik die direkteur van onderwys in die Paarl, Jannie Beukes. “Dit sal die beste ding wees as hoërskoolleerders nie meer daagliks per bus Malmesbury toe hoef te ry nie! Dis vir ons baie belangrik dat die nuwe skool sentraal geleë moet wees, sodat elke kind gemaklike toegang daartoe sal kan hê. Verder is die presiese aard van die skool nog nie bevestig nie, dus kan ons nog nie uitbrei oor die skool se getalle, die akademiese mikpunt of die hoeveelheid klaskamers nie.” Volgens Beukes sal samesprekings met die gemeenskaps- en onderwysleiers gevoer word om te bepaal wat die grootste behoefte is. Eers daarna sal besluit kan word of die skool ‘n praktiese of akademiese skool sal wees en watter kurrikulums aangebied sal word. “Afhangend van die behoefte, kan Dirkie Uys moontlik die akademiese skool bly, terwyl die nuwe skool dalk die praktiese skool kan wees.” Hoewel ‘n perseel teenaan die N7 vir die nuwe skool aangebied is, is dit nie sentraal genoeg nie. Beukes het aangedui dat die R40 miljoen wel toegestaan is, maar dat die hele bedrag nie noodwendig gebruik gaan word nie. “R40 miljoen is die maksimum-bedrag vir ‘n groot
Darling
skool, maar die finale navorsing sal bepaal of die volle bedrag wel benut gaan word.” Op Darling word die huidige Vooruitsig Pri mêr (plankieskool) vervang met ‘n nuwe gebou wat ook ‘n media-sentrum, saal en opgegra deerde sportgronde sal insluit. Die ‘ou’ gebou het onveilige boumateriaal gehad. Albert Gumbo van die onderwysdepartement dui aan dat 483 skole met onvoldoende, ongeskikte boumateriaal tans deur die departement vervang word om te verseker dat kinders optimaal ontwikkel in ‘n veilige omgewing. Die ‘nuwe’ Vooruitsig Primêr sal na verwagting in Maart 2015 betrek word. Beukes het gister verduidelik dat dié nuwe Vooruitsig Primêr ‘n ‘suiwer’ laerskool gaan wees, sonder die huidige graad 8- en 9-klasse
Die ‘nuwe’ Vooruitsig Primêr (in die voorgrond) op Darling se fondasies is reeds gegooi. Die ou gebou is gesloop weens onveilige boumateriaal. Die deel links word behou en die tydelike strukture agter huisves tans ‘n deel van die klasse.
wat tans deel van die skool is. “Die tydelike geboue gaan voorlopig die graad 8- en 9-klasse huisves, tot ons ‘n bevredigende uitweg vind.” Chatsworth gaan ook binnekort ‘n nuwe, ruimer skool kry, moontlik op ‘n perseel regoor die huidige skool. Die AME Chatsworth Primêr het in die laaste twee jaar behoorlik uit sy nate begin bars, sodat die personeel op skooldae die aangrensende kerkgebou ook as klaskamer inrig. Oor Chatsworth Primêr sê Beukes: “Dié gebou moes die eerste gewees het waaraan ons werk! Maar ons is steeds in gesprek met die Swartland Munisipaliteit oor ‘n finale ligging van die skool. “Sodra die grond aangewys en gekoop is, kan ons daardie skool se huidige beknoptheid begin aanspreek,” het Beukes verduidelik.