courant
dié Gratis • Free
swartland en weskus Uitgawe 276
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
18 Junie 2014
hugenotestraat 24, malmesbury
18 Junie 2014
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
•Porterviller op pad na Statebondspele
Foto: The Argus
SA-rekordhouer, Lean Simon praat oor laaste vier jaar.
‘Keep walking’
Die 20-jarige Lean Simon van Porterville is pas ingesluit in die Suid-Afrikaanse span vir fisies gestremdes wat 23 Julie tot 3 Augustus in Skotland by die Statebondspele gaan meeding. Hy is ingesluit vir diskus, waarvoor hy tydens vanjaar se SA kampioenskappe in die mans opeafdeling goud met ‘n nuwe SA-rekord gewen het. Hoewel hy die gebruik van sy regter-onderbeen op 16 verloor het, vertel hy nou hoe hy dadelik besluit het om hom nie te laat onderkry nie, maar sy motto uit te leef: Keep Walking. Hy het met die courant gesels: Lean het in Maart 2011 deel geraak van die Maties-Helderberg atletiekklub, nadat hy op 29 Augustus 2010 in ‘n ongeluk betrokke was. Hy vertel só: “Ek het by my pa op Riversdal gekuier. Ek en ‘n vriend het motorfiets gery en net voor ons plaashek het ‘n bakkie voor ons ingedraai,
sodat ons geval het. In die Bayview Hospitaal in Mosselbaai het hulle tevergeefs my been probeer red, want middel September is my regterbeen onder die knie geamputeer. Ek was 16. Dit was ‘n groot skok, maar ek het dadelik besluit dat dit my nie sal onderkry nie. My ma het ‘n ortotis, Micheal Nel van IceXpress, gekontak en hy het my prostese gemaak. Einde November was ek terug in die skool en Desember het ek reeds met my nuwe prostese gestap. “Ek het op skool aan alle sportsoorte deelgeneem, waaronder atletiek veld-items. Die volgende jaar het ek onder leiding van mnr Hugo Kotze aan die skool-atletiek saam met die ander kinders deelgeneem in diskus, spiesgooi en gewigstoot. Later het Michael Nel my voorge stel aan Suzanne Ferreira by Maties en ek het aangesluit by Maties-Helderberg atletiekklub.
Karin le Roux het my begin afrig en daardie jaar het ek aan die Nasionale Kampioenskappe vir Fisies Gestremdes in Rustenburg o.18 deelgeneem as deel van die WP-span. “Sport was nog altyd deel van my lewe. Ná die ongeluk het die hele Porterville-gemeenskap my ondersteun en my vriende het geen onderskeid getref teen my nie. Ek het steeds pouses saam met hulle krieket gespeel, middae tennis gespeel en by rugby betrokke gebly deur te help met die afrigting van die o.7 & o.8-spannetjies. My ouers het my geleer dat niks onmoontlik is as ‘n mens wil nie. My gesin ondersteun my baie en het van die begin af gesorg dat ek by elke moontlike oefening en byeenkoms uitkom.” Lean gaan op 28 Julie in Skotland aan die Diskus Mans-ope afdeling (Klas F44) deelneem. Hy het ook in 2011 aan die IWAS Games (Sharjah) aan die F44 – ope mansafdeling deelgeneem aan diskus - 6de, 31.45m, spiesgooi - 4de, 35.07m en gewigstoot - 6de plek, 9.54m. Die span vertrek op 16 Julie na Gemona, Italië vir ‘n weeklange oefening en daarna na Glasgow. Oor watter medalje voel Lean die trotsste? “Vanjaar se SA Nasionale Kampioenskappe mans ope diskus, waar ek goud met ‘n nuwe SA-rekord opgestel het”. Lean se sussie, Lize, presteer ook in sport en hieroor sê hy: “Ons moes altyd aan alles deelneem en kon dan besluit van watter sport ons hou. Ek het nooit van atletiek-baanitems gehou nie en het konsentreer op die velditems en tennis. Lize presteer in 400m, 800m en netbal. Sy het o.15 Wes-Kaap gekry vir atletiek en netbal en daarna elke jaar Boland in albei sportsoorste. Ek dink ons afrigters het ‘n groot aandeel in ons liefde vir dié sportsoorte. Ons jonger sussie, Nadia (amper 3) moet maar grootword langs die sportvelde!” Lean het na skool gaan studeer, maar besef dit is nie die regte kursus nie. Tans werk hy op die plaas De Draai, buite Porterville totdat hy besluit het wat hy vorentoe wil doen. “My droom is om in 2016 aan die Paralim piese Spele in Rio de Janeiro deel te neem.”