279 9 julie 2014

Page 1

courant swartland en weskus

dié

Uitgawe 279

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

9 Julie 2014 tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

‘n Groot groep skoolkinders en inwoners van Wittewater en Goedverwacht ondersteun jaarliks die roeiers by die Moravia-brug buite Piketberg.

• Swartland en bergrivier bevorder

‘Berg’ ploeg terug Die organiseerders van die vierdaagse Bergrivier kano-marathon wat komende Woensdag in die Paarl begin en op Saterdag in Velddrif eindig, gaan vir die tweede opeenvolgende jaar weer ‘n groot poging aanwend om die plaaslike gemeenskappe te betrek. Kinders en hul ouers van skole in die Swartland, Bergrivier en Drakenstein munisipaliteite sal deel wees van feestelikhede by brugsaamtrekke en oornagplekke om roeiers aan te moedig op hul 240km-tog van Paarl, deur die Swartland tot by Velddrif aan die Weskus. “Kinders wat roeiers oor die jare spontaan op die rivier aangemoedig en selfs in klein koortjies vir ons gesing het, is ‘n riem onder die hart vir enige moeë roeier. Dit het ons laat besef dat ons iets moet terugploeg in die gemeenskappe deels om dankie te sê vir hul ondersteuning oor die af-

gelope 52 jaar, maar ook om die roeisport onder hulle te bevorder,” sê André Collins, ‘n voormalige Bergrivierkampioen en nou ook voorsitter van die marathon se reëlingskomitee. “Ons proeflopie verlede jaar het baie goed gewerk, met brugfeeste by die vyf verskillende brûe: Wellington Lady Loch, Hermon, Gouda, Piketberg en Moravia. Deur middel van ‘n borg en samewerking van die plaaslike munisipaliteite, het ons groepe kinders van ‘n verskeidenheid van skole aangery en ook versversings verskaf. Die bemoedigendste teken was die ongelooflike spontaniëteit wat die kinders aan die dag gelê het met orkeste, sanggroepe en selfs trompoppies wat die roeiers aanmoedig. “Ons bedank dus graag die munisipaliteite van die Swartland, Bergrivier en Drakenstein vir hul logistieke ondersteuning om die skole te mo-

Leerders op pad na Eurokamp

Veterane trekkers gepoets vir ekspo

biliseer en die brûe en ander saamtrekplekke op te ruim en ook skoonmaakdienste en toilette te verskaf. “Alles sal natuurlik nie moontlik gewees het sonder die finansiële ondersteuning van organisasies wat ons goedgesind is nie,” sê Collins. Roeiers kan hierdie jaar uitsien na ‘n verskeidenheid van verwelkomings langs die rivier: Hermon se hele dorp en skool met hul Steel Band by Hermonbrug Woensdag; kinders van Saron en Gouda by die Goudabrug en leerders van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg by Bridgetown Donderdag; kinders van Piketberg, met hul Rema Superkidz by Piketberg N7 Ou Brug en kinders van Wittewater en Goedverwacht met hul trompoppies by Moraviabrug Vrydag; en uiteindelik die Velddrif Winterkarnaval om hulle by die Carinusbrug Saterdag te verwelkom.

Moorreesburg tot Frankryk vir Bernard

9 Julie 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
279 9 julie 2014 by DieCourant - Issuu