27 Maart 2013 die courant 215

Page 1

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 215

die

swartland en weskus

27 Maar t 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

•Konsepbegroting van Swartland

SM pas tariewe aan Die voorgestelde stygings in munisipale tariewe vir inwoners van die Swartland word môre op ‘n spesiale vergadering aan die raad voorgelê. Dié konsep meerjarige kapitaal- en bedryfsbegro­ ting sluit in ‘n gemiddelde 6,8% verhoging in elektrisiteitstariewe aan inwoners, terwyl die nominale aankoopprys vir die munisipaliteit 7,3% hoër is. Die aanpassings vir dienste vir die 2013/2014 boekjaar sluit ook ‘n verhoging in van 6% vir water (wat die munisipaliteit teen 10,41% meer aankoop), 13% vir riool en 6,75% vir vullis. Burgemeester Tijmen van Essen, het gister aan die courant gesê daar is weer gepoog om die verhogings so laag as moontlik te hou, maar dat daar faktore is wat dit baie moeilik maak. Een van die faktore is die “enorme salarisaanpassings wat op nasionale vlak beding word en waarin ons geen seggenskap het nie. “Ook is daar sprake van ‘n groter voorgeskrewe verhoging in die elektrisiteitstariewe wat deur Nersa bepaal moet word.” Munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het gesê: “Alhoewel die tariefverhogings, met inbegrip van die elektrisiteit, tot enkelsyfers beperk word, is ek bekommerd dat munisipale dienste steeds te duur word vir die man op straat. “Ons kyk deurlopend na alle moontlike maniere en meganismes om die begroting tot op die been te sny en daar is geen ‘nice-to-haves’ in hierdie begroting nie.” Scholtz het bygevoeg dat die finansiële model vir plaaslike regerings verkeerd is “omdat daar te veel verpligtinge, wat uit die nasionale fiskus behoort te kom, na munispaliteite afgewentel word. Dit sal moet verander.” Swartland se 2013/2014 konsepbedryfsbegroting behels ‘n begrote bedryfsinkomste van R422,3 miljoen met ‘n begrote bedryfsuitgawe van R473,1 miljoen. Die konsepkapitaalbegroting vir die 2013/2014 boekjaar beloop ‘n bedrag van R94 miljoen waarvan R31,6 mijoen befonds word uit die Kapitaalvervangings-reserwefonds. ‘n Verdere R29,3 miljoen kom van die departement menslike nedersettings, terwyl nog R17,3 miljoen van die nasionale tesourie vir infrastruktuurontwikkeling (MIG) kom. Die voorgestelde standaardbelastingtariewe vir residensiële eiendom styg met 3,99%, terwyl die standaardtarief vir sake-eiendom met 5,99% toeneem. - Sien ook bladsy 2.

Paasfees

Martin Diedericks (12) en ‘n klasmaat, Lauren Mouton (14), was gister baie opgewonde toe die Paashaas vroeg begin rondloop het. Hulle is beide in die Senior Sonskynklas van Laerskool Swartland op Malmesbury.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.