die courant 280 16 julie 2014

Page 1

courant swartland en weskus

dié

Uitgawe 280

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

16 Julie 2014

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Pieter Nel, oud-leerder van Dirkie Uys op Moorreesburg, is deel van die Massachusetts Institute of Technology (MIT) in Amerika se Sloan Fellows-program.

• swartlander IN UITGELESE VSA-GROEP

Nel kry MBA by MIT

Gebore en getoë op Moorreesburg, maak Pieter Nel deesdae sy merk in Amerika. Hy het voorheen B.Eng en M.Sc.Eng (elektroniese ingenieurswese) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, voordat hy verlede jaar tot die Sloan Fellows-program by MIT (Massachusetts Institute of Technology) toegelaat is. Onlangs het hy sy MBA by dié instelling in Cambridge, Massachusetts verwerf. Die “Sloan Fellows Program in Innovation and Global Leadership” is die MIT Sloan School of Management se top-leierskapprogram. Net 120 senior bestuurders en entrepreneurs van dwarsoor die wêreld word elke jaar hiervoor gekeur.

Vorige Sloan Fellows sluit in Kofi Annan, voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Benjamin Netanyahu, premier van Israel, en Carly Fiorina, voormalige uitvoerende hoof van Hewlett Packard. MIT self is nou reeds verskeie jare aangewys as die wêreld se top-universiteit. Pieter is baie erkentlik teenoor sy alma mater: “My prestasies dien as voorbeeld dat iemand wat pre-primêr, laerskool en hoërskool alles by Dirkie Uys voltooi het, en wat sy eerste blootstelling aan ’n rekenaar by Dirkie Uys gehad het, genoeg van ’n grondslag het om graad te vang van die top-program van die top-universiteit in die wêreld.

Piketberg pak Moorreesburg in derby

Kano-vaarders maak ‘n Swartlandse draai

“Baie dankie vir daardie grondslag en ek hoop Dirkie Uys gaan van krag tot krag!” Hy onthou sy oud-onderwysers nog by die naam en stuur groete vir “Juffrou Bester, “Meneer Volschenk, Meneer Joubert en Tannie Tossie. “Veral Juffrou Bester sal ook kan getuig dat mens soms maar die stout kinders in die klas met geduld moet hanteer. Ek onthou nog hoe ons, tot haar groot konsternasie, nitrogliserien vervaardig het en dit toe in haar dampkas gelos het waar sy vir jare te bang was om daaraan te raak!” Pieter se pa, Flip, was ook meer as drie dekades deel van die personeel van Dirkie Uys.

Trekkerskoutot Moorreesburg met ‘n vir Frankryk verskil wag Bernard

16 Julie 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.