29 januarie 2014 256

Page 1

courant swartland en weskus

die

Uitgawe 256

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

29 Januarie 2014

tel: 022 487 3221

Swartland se eerste olifant?

Sabu die olifant is die nuutste besoeker op die plein van Riebeek-Kasteel. Dié produk van beeldhouer Mike Hillier (op foto) is gemaak in opdrag van die advertensiemaatskappy Graviton uit draadwerk (ogiesen staaldraad) en oorgetrek met natuurlike plantegroei. Hillier vertel dat ‘n pyp wat binne-in die olifant ingebou is, tydens die advertensieproses gebruik is om water by die slurp uit te spuit. Hillier is onder meer ook die skepper van die Moeder- en Kindbeeld by Goedgedacht Trust buite Riebeek-Kasteel.

•Musiekfees vir die gemeenskap

Beethoven op Darling

Die 8ste Darling Music Experience (DME), ‘n klassieke Weskus-musiekfees, word van Vrydag 7 Februarie tot Sondag 16 Februarie op Darling en omliggende dorpe aangebied met die tema ‘’Beethoven comes to Darling’’. Luidens die program word konserte aangebied in die NG Kerk Darling, die Darling Creative Centre, Darling Presbiteriaanse Kerk, The Dress Swop Shop en die VG Kerk Darling. Dan is daar ook konserte by !Khwattu naby Yzerfontein, in die Strandkombuis op Yzerfontein en op Valentynsdag op Malmesbury in die Hofstraat Kelder. Die DME is in 2006 begin met die doel om kamermusiek na die Weskus te bring. Die musiek, wat meestal uitgevoer word deur bekende nasionale en internasionale soliste en klein ensembles, word vars aangebied en soms op ‘n provokatiewe en radikale manier, lui ‘n persverklaring van die organiseerders. Dit en die gehalte van die kunstenaars en die besondere atmosfeer op Darling, lok gehore vanoor die hele Wes-Kaap. Dit bly egter ‘n gemeenskapsfees, met gratis toegang vir Darling se township-inwoners. Dit het ‘n klompie jare gelede aanleiding gegee tot die “Darling Music for All’’, ‘n musiekopvoe­ dingsinisiatief geïnspireer deur ‘’El Sistema’’, ‘n motiverende musiekbeweging in Venezuela. ‘’Die doel is om plesier aan mense te verskaf sonder om die gehalte van musiek in te boet. Ouer en jonger gehore vind aanklank by die uit-

voerings. Talle musiekliefhebbers kom egter nie net vir ‘n spesifieke konsert nie, maar vir ‘n dag op die platteland ten einde Weskusgasvryheid, rustigheid en vrede te ervaar,’’ lui die mediaverklaring wat van Alfred Legner ontvang is. Op die program is: • Die D a r l i n g Ka m e r ko o r met hul “Choral Fan- Die tjellis Michael Jones van tasia’’ en die Brittanje sal ook op Darling DMA Jeug- optree. koor se uitvoering van tradisionele Afrika-liedere. • ‘n Tjello-uitvoering deur Michael Jones van Brittanje wat ‘n musikale fantasie genaamd ‘’Back tot Rodrigo’’ sal aanbied. ‘’Die tjelloklanke is gerustellend, emosioneel warm en vertroostend.’’ • ’n Aand met die sopraan-sensasie Hlengi-

we Mkhawanazi, wat pryse gewen het op die Internasionale Belvedere-kompetisie in 2012 in Wene, en die pianis Lisa Engelbrecht, wat arias sal uitvoer van Beethoven, Donizetti, Gounod, Richard Strauss en Verdi. • ‘n Jazz-etensuurkonsert met die Cape Town Trio van wêreldgehalte, Hein van den Geyn, Dave Ledbetter en Cyrille Carreon, wat ‘n repertoire van die American Songbook sal uitvoer – tydlose treffers wat in die eerste helfte van die 20ste eeu geskryf is deur meesters soos George Gershwin, Jerome Kern en Jimmy van Heusen. Hul optrede sluit in solostukke, duo-vertolkings en trio-uitvoerings. •Die ongewone klavierduo Pauna en Redfern met ‘n ’’asemrowende’’ uitvoering van Medelsohn se ‘’Midsummer Night’s Dream’’, Beet­ hoven se ‘’Grosse Fuge Op 34’’ en dele uit Igor Stravinsky se ‘’Petrushka’’. • Die wêreldpremiere van die ‘’West Coast Waterfront’’, geskryf deur Mac McKenzie. • Ligte klassieke musiek as deel van die musikale wynproe, uitgevoer deur Kerryn Torrance (viool) en Peter Narun (kitaar), wat werk insluit van Saint-Saens, Schubert en John Williams. • Besoek die DME se webwerf by www.darlingmusic.org of kontak Alfred Legner by info@ darlingmusic.org vir nog inligting. • Konsertkaartjies kos R100 stuk. Kontak Innes by 082 310 3404 of e-pos darlingmusicexperience@gmail.com vir nog inligting.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
29 januarie 2014 256 by DieCourant - Issuu