courant Uitgawe 207
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
30 Januarie 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Almal
saam:
Swartland se 440 kgspan werp alles in die stryd teen Drostdy A in Saterdag se toutrektoer nooi op die velde van Hoërskool Swartland op Malmesbury. Die Swartlanders wat hulle so inspan is Wiana Muller (voor), Franco Coetsee en Gemma Andersen. 700 leerders en 157 spanne het deelgeneem. Middel Maart word die Bolandspanne aangewys vir die SA-byeenkoms, wat vanjaar in Kimberley gehou word.
OPLEIDINGSGELEENTHEID VIR JONG MENSE
Riebeek kry sjefskool ‘n Nuwe sjefskool vir die Riebeek-Vallei bied nou aan 10 jong mense die geleentheid om opleiding en ‘n internasionaal-erkende kwalifikasie in die kosbedryf te kry. Dit kom nadat Don King, die voormalige besturende direkteur van die Internasionale Hotelskool (IHS), twee dae na sy aftrede in Junie verlede jaar, betrokke geraak het by die Riebeeck-Vallei Spesiale Skool in Riebeek-Wes, en dadelik die moontlikheid raakgesien het om aan jong mense hierdie opleidingsgeleentheid te bied. Ikusasa, wat ‘hoop’ of ‘nuwe môre’ beteken, rig nou sy sjef-opleidingslokaal met spesiaalontwerpte werkstasies in die voormalige Smuts Malan-koshuis se eetsaal op teen ‘n geraamde koste van R500 000. Die hoofborge van hierdie projek is Pick n Pay en PPC (Pretoria Portland Cement). Ikusasa School of Cooking het in 2009 in Durban ontstaan met die doel om minderbevoorregte skoolverlaters in die kosbedryf op te lei en ‘n wêreldklas kwalifikasie te bied. Met die ondersteuning van die Chaine des Rotisseurs,
‘n Franse voedsel en wynvereniging wat op die uitkyk was vir ‘n projek om te ondersteun, het dit gegroei en toe die Internasionale Hotelskool, destyds onder die stuur van Don King hier by betrokke geraak het, het dit behoorlik vlamgevat. Die Don King Ikusasa School of Cooking in die geboue van die Riebeeck-Vallei Spesiale Skool is die tweede van sy soort in die land. Studente ontvang die 10-maande kursus van R60 000 gratis, indien die ouers nie die klas- en losiesgelde ouers kan bekostig nie. Dié nuut-ingerigte skool in Riebeek-Wes na der nou vinnig voltooiing en sal na verwagting op 1 Maart open. Dit bied ses moderne werkstasies en sal net 10 leerders kan inneem. Die opleiding word aangebied deur ‘n gekwalifiseerde Cordon Bleu-sjef van die Vallei. Aansoekers moet graad 10 of ‘n gelykstaande kwalifikasie hê en tussen 18 en 21 jaar oud wees. Aansoeke sluit op 1 Februarie en die keu
ringspaneel sal van 8 tot 10 Februarie vergader. “Aansoekers moet onthou wanneer hulle maats oor naweke kuier, sal hulle moet werk vir praktiese ondervinding!” maan King. “Studente sal Maandae tot Woensdae klas loop in hul lokaal en daarna tot Saterdae prakties doen in nabygeleë kombuise van die Vallei se restaurante. Die koshuis bied blyplek vir die studente, maar onthou, die Ikusasa School of Cooking funksioneer apart van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool – dis bloot die geriewe van die Spesiale Skool wat ons benut.” * King het op 30 Junie 2012 finaal na die Riebeek-Vallei gekom om hier af te tree, nadat hy en sy vrou reeds sewe jaar gelede hul aftreehuis hier gebou het. Slegs twee dae later het hy by dié projek betrokke geraak en moes hy vir eers sy aftrede ‘uitstel’ ten einde dié nuwe projek te vestig. Gevra oor die rede vir hul besluit om hulle hier te vestig, sê King: "Ons het op ‘n dag die Riebeek-Vallei besoek. Toe ons oor die pas ry en die Vallei voor ons sien lê, het ek en Moira tegelyk besluit dis ons aftreedorp! Dit was liefde met die eerste oogopslag!"
Always First with Quality & Choice! DOUBLE DEAL 6kg Chicken Freezer Bag
139.99 p/bag
Pork Braai Chops /Texan Steaks
34.99 p/kg
Budget Burgers (20s)
32.99
p/box
Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 30 January until Saturday 02 February 2013. While Stocks Last. E&OE
2kg French Polony
Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
22.95 each
500g Smoked Viennas
2 20.00 for