c urant
dié
1 Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
25 Januarie 2017
43.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 404
25 Januarie 2017
•NUWE HOOF VAN KIESAFDELING IN BERGRIVIER
Hunsinger wil terugploeg
Chris Hunsinger, voormalige raadslid van die Swartland Munisipaliteit, is amptelik verkies as die Bergrivier Munisipaliteit se kiesafdelingshoof. Die posisie is nie net ‘n groot eer nie, maar ‘n geleentheid vir hom om die munisipaliteit te bevorder en uit te bou as ‘n toonaangewende gebied in Suid-Afrika. As kiesafdelingshoof, ‘n politieke leier van ‘n munisipale gebied wat leiding in terme van beleidsrigting moet neem, is Hunsinger verantwoordelik vir die skakeling tussen die nasionale parlement en die publiek van die Bergrivier. Vir hom is persoonlike kontak met die publiek van kardinale belang om so die behoeftes van ‘n bepaalde gebied terug aan die nasionale parlement te kan rapporteer.
Partytjie:
Daar moet beleide en wette moet daargestel wees en voortdurend gewysig word om die publiek in hul behoeftes te ondersteun, verduidelik hy. Hunsinger geniet sy politieke loopbaan geweldig baie en is gelukkig om by politiek betrokke te wees. Politiek gaan vir hom oor soveel meer as net politieke partye. Hy was destyds ‘n sakeman, maar vandat hy ‘n publieke verteenwoordiger is, voel hy dat sy lewe meer betekenisvol geword het. “Die behoeftes van mense is vir my baie belangrik.” Hy beskou ‘n sitplek in die nasionale parlement as ‘n groot voorreg. “Toe ek gehoor het ek is in, het ek al daarvan
Franklaan-vriende (Frank Laan Friends) is 'n Facebook-groep wat sy ontstaan gehad het uit die behoefte om te help. Hierdie groep op Porterville het 'n glimlag op vele kinders se gesigte gesit, toe hulle 'n partytjie oor die vakansie gehou het. Die idee van 'n Kerspartytjie vir die kinders van Porterville is aan die gemeenskap voorgehou en vinnig het die bydraes en helpende hande ingestroom. Talle sakelui het hul gewig agter die projek gegooi om hiervan 'n sukses te maak, wat beloof om in die toekoms groter en beter te word. Foto: Taun_Photography
begin droom om die gesellige koffiewinkels in Kaapstad te besoek. "Daar was egter sedert ek parlementslid geword het, nog glad nie tyd daarvoor nie,” skerts hy. Hy vertel van sy skedules wat propvol is, maar is bly dit word daagliks met ‘n gemotiveerde en bekwame span aangepak. Die eer om as publieke verteenwoordiger in die Nasionale parlement op te tree, is nie met ‘n goue lepel gevoer nie. Daar was eksamens, toesprake, ‘n kortlys en uiteindelik ‘n verkiesing deur 46 000 mense wat vir hom gestem het. “Ek is baie opgewonde om by Bergrivier betrokke te wees. "Nou het ek ‘n spesiale fokus om die munisipaliteit as ‘n toonaangewend gebied te bevorder en sy volle potensiaal te laat bereik.” Hunsinginger is baie gemotiveerd om sy doelwitte vir die munisipaliteit te bereik, veral met ‘n goeie en stabiele raad wat hy met groot lof besing. Hy is ook ewig dankbaar teenoor sy vrou Karen, wat hom met elke uitdaging in sy loopbaan bygestaan het. Hunsinger het baie drome en doelwitte vir sy land. Een van sy eie doelwitte is om eendag ‘n burgemeester te word. “Ek wil my kennis en ervaring terugploeg in die gemeenskap en al die kundigheid wat ek oor die jare opgedoen het, terug huistoe bring.”
NUUS • NEWS