Wellington 404 25 Januarie 2017

Page 1

courant

1 Wellington

dié

25 Januarie 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 404

25 Januarie 2017

•KOHLER VERTEL VAN KWV SE JONG DAE

Wyngeskiedenis in sy voorhuis bewaar

•Jaomi Zeeman Die 84-jarige Thurlow Kohler is die bewaarder van ‘n groot stuk erfenis van die wynbedryf in Suid-Afrika. Hy besit nie alleen talle memorabilia uit die land se wyngeskiedenis nie, maar is ook die kleinkind van die legendariese C.W.H. Kohler, die stigter en eerste voorsitter van die KWV. Volgens Kohler, ‘n oud-Wellingtonner wat vir 37 jaar by die Western Tanning gewerk het, was sy oupa ‘n formidabele man wat in die laat 1800’s en vroeë 1900’s groot spore in die wynbedryf getrap het. “My Engelse oumagrootjie het vir my oupa skoolgehou en hy kon baie goed Engels en Hollands praat. Hy het by sy oom, wat ‘n tandartspraktyk in Kaapstad gehad het, as vakleerling die kuns van tandartskunde geleer en hulle het ook gereeld musiekaande bygewoon,” vertel hy. Uiteindelik het hy sy oom se tandartspraktyk oorgeneem en ‘n “travelling” tandarts geword. Tydens sy reise as tandarts het hy sy vrou ontmoet en hulle het vir ‘n ruk in Kimberley gewoon. Hier het C.W.H. Kohler met Cecil John Rhodes en Barney Barnato bevriend geraak – ‘n vriendskap wat hom na die Rand gelei het om te gaan delf. Nadat hy “goeie geld” aan die Rand verdien het, het hy as tandarts na die Paarl teruggekeer. Volgens Kohler jnr. het sy oupa vir al die welgestelde boervroue in die Paarl tande gemaak. Met die geld wat hy hieruit verdien het, het hy as deel van ‘n sindikaat aan die Rand gaan kleims opkoop en selfs later ‘n eie myn namens die sindikaat begin. Hy het weer teruggetrek na die Rand en sy kinders is almal daar gebore. Uiteindelik het sy gesondheid begin pla en op aanbeveling van dokters het hy weer na die Paarl teruggetrek. Die geld wat hy aan die Rand verdien het, het hom in staat gestel om sy hele gesin, bestaande uit sy vrou en ag kinders, sowel as ‘n huishoudster, vir maande lank op ‘n wêreldreis te neem. “My oupa se doel met hierdie reis was om die werking van koöperasies in die buiteland te gaan ondersoek – dit was iets wat in daardie jare nog

Thurlow Kohler, kleinseun van C.W.H. Kohler, die stigter en eerste voorsitter van die KWV, het talle aandenkings van die wynbedryf in sy huis op Wellington. nie in Suid-Afrika bekend was nie,” vertel Kohler. Terug in Suid-Afrika het sy oupa ‘n plaas, Riverside, wat destyds deur Simon van der Stel “uitgesit” is, teen ‘n baie billike prys bekom. Die filoksera-virus wat wingerdboere in daardie tyd erg geknou het, het baie plase teen lae pryse in die mark laat beland. “Hier het my oupa sy eie wyn begin maak en ook bewus geword van die tipiese probleme waarmee wyn- en wingerdboere te make gehad het,” sê Kohler. Sy oupa was ‘n bobaas-wynmaker en het verskeie internasionale pryse vir sy eie wyne gewen. Kohler jnr. is die trotse bewaker van al die groot trofees en medaljes wat sy oupa met sy eie wyne verower het. Een hiervan is vir die “Best South African light wine” in die laat 1800’s by die Londense wynskou vir sy “Drakenstein”-wyn. Volgens Kohler jnr. was sy oupa sy tyd eintlik ver vooruit. “Hy het vreeslik vir die regte van die plaasarbeiders baklei. Hy het die boere aangemoedig om vir hul arbeiders beter betaling, beter huise, toerusting, kos en behuising te gee.

"Hy het vas geglo dat dit tot beter boerderypraktyke sou lei en uiteindelik ‘n beter produk sou lewer. Baie boere was natuurlik gekant hierteen,” vertel hy. Sy oupa het egter ook vir die boere baklei en vir die beskerming en standaardisering van hul inkomste. Uiteindelik het hy, met die kennis wat hy oorsee van koöperasies opgedoen het, die aanvoerwerk vir die stigting van die KWV gedoen. Sy vriendskap met Jan Smuts het gehelp om die knoop uiteindelik deur te hak sodat die Koöperatieve Wijnbouwers Vereeniging van Zuid-Afrika (KWV) in 1918 gestig kon word. C.H.W. Kohler het die konstitusie geskryf en was die eerste voorsitter hiervan. Vandag lê die as van Kohler se oupa steeds by ‘n gedenkteken in die tuin van die KWV. “My oupa was later ook betrokke by die stigting van Elsenburg en hy het ‘n ere-doktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch ontvang,” vertel Kohler jnr. Die getuienis van hierdie baanbrekerswerk in die land se wyngeskiedenis – die gepubliseerde boek met C.H.W. Kohler se memoires, die talle ou koerantknipsels, foto’s, sertifikate, toekennings, medaljes en bekers – word alles trots in ‘n huis op Wellington bewaar.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.