c urant
dié
1 Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 Februarie 2017
35.8%
Moets en moenies van waterverbruik
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 408
Wat jy nou in jou tuin moet plant
22 Februarie 2017
Dawie Roodt oor ekonomie en landbou
Duisende stroom na ekspo
Die kykNET Buite-ekspo Wes-Kaap wat die naweek vir die vierde keer op die Môreson-plaas aangebied is, het duisende besoekers na die Swartland gelok. Volgens aanduidings is die getal van 15 710 van verlede jaar oortref, maar sal die amptelike syfer eers later die week bekend wees. Sien fotobeeld binne.
•VLAK 3-MAATREËLS VANAF 1 MAART GELDIG
Water word beperk Die Swartland Munisipaliteit het gister op 'n burgemeesterskomitee-vergadering die implementering van vlak 3-waterbeperkings goedgekeur. Met die Wes-Kaap se voortslepende droogtetoestande en watervlakke van die provinsie se geïntegreerde waterstelsel wat toenemend daal, is die Swartland Munisipaliteit met geen ander keuse gelaat as om na strenger maatreëls oor te skakel nie. Die Voëlvleidam, die Swartland se hoofbron van water, se damvlakke staan tans op ‘n skamele 35.8%. Strenger waterbeperkings is op 21 Februarie tydens ‘n burgemeesterskomiteevergadering voor die raad gelê, na daar aanbeveel is dat die bestaande vlak 2-waterbeperkings herroep en goedkeuring verleen word dat die voorgestelde vlak 3-waterbeperkingsmaatreëls, met onmiddellike effek vanaf 1 Maart geïmplementeer word. Stad Kaapstad en Drakenstein Munisipaliteit het intussen reeds na vlak-3 waterbeperkings oorgeskakel met die hoop om besparing van
30% se watergebruik te bewerkstellig. Die raad het aanvanklik ‘n sogenaamde vlak-1 (10%) waterbeperkings in die Swartland munisipale area vanaf 9 Desember 2015 geïmplimenteer, saam met ‘n 10% tarriefverhoging op 1 Februarie 2016. Die waterbeperkings is egter op 28 Januarie 2016 na vlak-2 (20%) verander, gevolg deur strenger vlak-2 (nood) maatreëls wat op 15 Februarie 2016 ingestel is, kort nadat die Weskus as rampgebied, geteister deur droogte, verklaar is. Die raad het egter in Oktober verlede jaar besluit om dié vlak-2 waterbeperkings te verslap, nádat inwoners tussen 1 November 2015 en Oktober 2016 saamgewerk het, maatreëls gehoorsaam het en uiteindelik ‘n besparing van 15% se watergebruik bewerkstellig het. Die waterbeperkings geld nie waar spesiale vrystelling skriftelik deur die munisipaliteit verleen word nie. Dit sal ook nie geld waar ander bronne van nie-drinkbare water gebruik word en ‘n kennisgewing waarop die bron aangedui word, opge-
rig is op ‘n plek waar dit duidelik sigbaar is nie. Daar is ook aanbeveel dat die kwotastelsel gestaak word, maar dat verbruikers moet kennis neem dat huishoudings en besighede se waterverbruik maandeliks noukeurig gemonitor sal word, en dat die munisipaliteit die reg voorbehou om ‘n Aqualoc-watermeter (wat waterverbruik op ‘n daaglikse basis reguleer) te installeer in daardie gevalle waar water misbruik word. Die 30% watertariefaanpassing wat reeds as deel van die begrotingsproses vir implementering in noodtoestande verlede jaar deur die raad goedgekeur is, sal geïmplementeer word met effek vanaf die diensterekeninge wat gedurende April 2017 vir betaling teen die einde van daardie maand gelewer word. Ongeag ‘n hoë diensterekening vir watermisbruik, kan inwoners steeds met R300 beboet word vir die oortreding van enige van die maatreëls. Dié boetes kan ook binnekort verhoog. Alle munisipale swembaddens sal ook vanaf 1 April vir die publiek gesluit word. Sien maatreëls op bladsy 2.
NUUS • NEWS