410 die courant swartland

Page 1

c urant

dié

1 Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

8 Maart 2017

30.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 410

8 Maart 2017

Helder verligte honorariumsakkies wat rondom die rugbyveld van die Hoërskool Swartland op Malmesbury strek, pers en blou ballonne en oorwinnaar-bande wat trots gedra word, was Saterdag en Sondag sigbaar by die Malmesbury Relay for Life. Vanjaar het burgemeester Tijmen van Essen soos oudergewoonte die eerste rondte saam met die oorwinnaars voltooi, maar vanjaar was dit ook as 'n oorwinaar van kanker. Sien fotoblad op bladsy 9.

•ERF IN M'BURY INDUSTRIËLE AREA GEOORMERK

Tender vir trok-hawe Staanplek vir vragmotors wat op Malmesbury moet oornag, se planne is nou aan die rol. Vragmotors in die strate van Malmesbury is 'n alledaagse gesig en het in die onlangse verlede toegeneem, weens die verskeie ontwikkelings wat in en om die dorp gedoen word. Die bestuurders van dié vragmotors moet dikwels oornag om vroegoggend hul vragte af te laai, maar daar is tot op hede geen oornag- of stilhouplek vir hulle beskikbaar nie. Vir 'n geruime tyd het die vragmotors langs die Dieprivier bymekaargekom, maar is daar 'n stokkie voor gesteek, toe die Swartland Munisipaliteit noodgedwone beheer hier moes neem. Die munisipaliteit het twee weke gelede 'n tender adverteer vir die verkoop en ontwikkel van erf 11282, wat 9606m² beslaan, in Schoonspruitweg. Die erf is onlangs deur die munisipaliteit van Transnet gekoop en dit word nou te koop aangebied vir voornemende ontwikkelaars om 'n parkeer-/rangeerarea vir vragmotors daarop te

Fokus op gloukoom

vestig ook met ablusiegeriewe. "Dit is 'n poging om die verkeersprobleme wat in Bokomoweg en op ander publieke paaie ondervind word met swaarvoertuie wat daar vir lang tye parkeer, te probeer aanspreek," sê Madelaine Terblanche van die Swartland Munisipaliteit. Die tenderaansoeke sluit op 31 Maart. Hier word ‘n tweekoevertstelsel gevolg, wat behels dat voornemende ontwikkelaars eers beoordeel sal word op grond van die voorstelle wat

Burgemeester: 600 huise gebruik te veel water

hulle indien vir die ontwikkeling van die grond. Tydens hierdie rondte sal ‘n komitee van die Munisipaliteit die voorstelle aan gespesifiseerde kriteria evalueer, synde die voorgestelde perseelontwikkelingsplan, voorlopige ontwerpe, implementeringsplan, beraamde konstruksiekoste en operasionele planne. Slegs tenderaars wat die eerste rondte slaag deur die minimum persentasiepunt te behaal, se monetêre aanbiedinge (ingesluit by koevert 2) sal oorweeg word om ‘n uiteindelike toekenning te

maak. Indien sake vlot verloop, poog die munisipaliteit om teen Junie ‘n toekenning te kan maak, maar daar mag faktore wees wat vertragings kan meebring. Een van die bepalings in die koopaanbod wat gemaak word, is dat die grond volgens die tenderaanbod binne twee jaar nadat oordrag plaasvind, ontwikkel moet word. By gebreke hiervan sal die grond weer na die munisipaliteit terugval.

Rugby: Wat hou die seisoen in?

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.