courant
1 Wellington
dié
15 Maart 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 411
•'ONS KOM VAN VÊR' AAN SMALL OPGEDRA
15 Maart 2017
‘Afrikaans is in my DNA’ •Jaomi Zeeman
Internasionale Moedertaal- en Menseregtedag sal Saterdag op Wellington gevier word, wanneer die Afrikaanse Taalmuseum en –monument, die Wellington Museum en die Breytenbach Sentrum gesamentlik hul gewig agter dié twee dae op die kalender gooi. Hierdie feestelikheid sal tydens ‘n spesiale byeenkoms by die Bôrdienghuis-teater plaasvind. Die Wellingtonner, dr. Michael le Cordeur, sal by hierdie geleentheid ook die boek, “Ons kom van vêr” bekendstel. Dit bevat bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans. Dr. Le Cordeur is ook die inhoudsredakteur en mede-samesteller van die boek. Volgens dr. Le Cordeur is dit nie toevallig dat die boek op Wellington bekendgestel gaan word en die vieringe hier plaasvind nie. “Die boek is opgedra aan Adam Small. Soos ek, is hy 'n gebore Wellingtonner. "Ek wil met die boekbekendstelling opnuut dit onder die hele gemeenskap van Wellington se aandag bring watter belangrike letterkundige figuur en apartheidsaktivis hier uit hulle eie bodem kom. "Small het ook baie later na sy opleiding vir ‘n kort tydjie aan Bergrivier Hoërskool skoolgehou – soos ek ook. Dit maak dus net sin dat ek die boek wat opgedra is aan my mentor, in ons albei se agterplaas bekendstel,” sê hy. Daar was by dr. Le Cordeur geen twyfel dat die boek aan Small opgedra moes word nie. Nie alleen het Small die Le Cordeurs kort voor sy dood vir ete genooi en vir dr. Le Cordeur gevra om so ‘n boek saam te stel nie, maar hy het van Kaapse Afrikaans ook ‘n literêre taal gemaak. “Deur sy werk het Adam Small namens, maar ook met, sy mense gepraat oor die liberale waardes van vryheid van denke en spraak. "Adam Small was filosoof en profeet: ʼn stem vir die stemloses. Sy oeuvre hanteer temas wat vandag steeds relevant is. "Deur mense se gevoelens boonop in hul eie variëteit uit te druk, het hy Kaaps verhef tot ʼn taal van verset teen politieke onreg. Meer nog: danksy Small is die stigma rondom Kaaps afgebreek en as ‘n pionier vir sy gebruik van Kaaps in die Afrikaanse letterkunde het hy van Kaaps ook ʼn literêre taal gemaak. "Deur hierdie boek aan hom op te dra en in Wellington bekend te stel, is gepaste erkenning
Karjakker met kaskarre Die kranige jaers van die Hugenote Laerskool het verlede Donderdag hul vernuf om die draaie gewys in die skool se jaarlikse kaskarresies. Onderwysers en leerders het mekaar uitgedaag om die blitskampioen van die skool aan te wys. Pick 'n Pay Wellington het ook hul gewig agter die jaers gegooi en was weer 'n borg van die dag. aan ʼn man wat lank in sy land misken is terwyl hy eintlik sy tyd ver vooruit was,” sê dr. Le Cordeur. Volgens dr. Le Cordeur is dit eintlik irrelevant of dit deesdae “polities korrek” is om van Afrikaans te hou. “Vir my was dit nooit ‘n vraagstuk of ek in Afrikaans moes skryf of vir Afrikaans moes opstaan nie. Dit is vir my doodnatuurlik. "Afrikaans is deel van my menswees, deel van my DNA. Ek het by ‘n punt in my lewe gekom waar ek besluit het ek is Afrikaans. "Dis aan my gegee deur my moeder en my vader wie se Afrikaans self vir niemand hoef terug te staan nie. Ek baklei nie vir Afrikaans nie en sal nie hof toe gaan vir Afrikaans nie. "Dit doen meer skade as goed. In ‘n hof is daar altyd ‘n verloorder en in die meeste gevalle is dit Afrikaans wat verloor. Ek leef Afrikaans. Ek praat en ek skryf in Afrikaans,” sê hy. Dr. Le Cordeur weet dat Adam Small se seën op “Ons kom van vêr” rus.
“Hy het my trouens aangemoedig om dit te voltooi. Ek is seker hy sou iets gesê het soos: Dis ‘n taak welgedaan. Hy sou ook bewoë gewees het by die wete dat soveel vooraanstaande skrywers aan hierdie boek gewerk het,” sê hy. “Ons kom van vêr” sal heel moontlik die verwronge persepsies wat daar by sommige mense oor die identiteit van Afrikaans bestaan, verander. “Een van die vernaamste winste van hierdie boek is dat al die skrywers aangetoon het dat Afrikaans ook gebruik is om apartheid af te breek. "Afrikaans was dus nie net die taal van apartheid nie, dit was ook die taal van bevryding en vandag is dit die taal van versoening. "Daarom kan ek sê ek is trots op my Afrikaanswees. Ek skaam my nie vir wat ek is nie,” sê dr. Le Cordeur. Belangstellendes wat die geleentheid wil bywoon, kan Nkita Pietersen by 021-863 0543/2 of student@taalmuseum.co.za kontak.
NUUS • NEWS