c urant
dié
1 Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 Maart 2017
26.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 412
22 Maart 2017
•SUPERINTENDENT PRAAT NÁ HOSPITAAL BRAND
‘Baie, baie dankie’
Agter tralies
Die lede van die Malmesbury Rondetafel (Round Table) het gister die middedorp van Malmesbury tot stilstand laat kom, toe loeiende polisiesirenes hierdie groep mans in Voortrekkerweg op Malmesbury in hegtenis geneem het. Hulle is geboei, in 'n vangwa gelaai en na die plaaslike polisiekantoor vergesel, waar hulle agter slot en grendel moes bly tot 'n aanvaarbare bedrag geld geïn is. Hierdie fondse sal hulle dan weer deur die loop van die jaar aanwend om persone in nood te help. Met die fondse wat hulle verlede jaar bymekaar gemaak het, het hulle sowat 90 persone op Malmesbury en Moorreesburg ondersteun. Die lede spreek hul dank uit teenoor die plaaslike polisie wat hul ondersteuning aan die projek verleen het.
“Dit is ‘n ongelooflike ding om te sien dat mense in tye van nood so vinnig reageer en saamstaan om te help. Niemand het twee keer gedink om pasiënte te help ontruim nie. Dit was ‘n ware eye opener.” Só vertel Gielie du Toit van Malmesbury wat maar net een van talle inwoners is wat Saterdag kort na ‘n brand by die Swartland Distrikshospitaal uitgebreek het, ingespring het om pasiënte en personeel na veiligheid te bring en by te staan. Die hospitaal is grotendeels in puin gelê, maar die personeel bly steeds positief. "Ons het besluit om te fokus op die positiewe om die beste te maak van die hulpbronne wat ons nog tot ons beskikking het," sê superintendent Dr. Barry Smith. "Die ondersteuning is werklikwaar ongelooflik en dit is een van die positiewe dinge wat uit die tragedie na vore gekom het. "Ek is besonders trots op die personeel wat die laaste paar dae onverpoosd gewerk het en werklik die ekstra myl gestap het om eerstens die pasiënte se veiligheid te verseker en daarna die naloop van die brand op die bes moontlike manier te hanteer. "Daar is nog baie werk om te doen om weer ons diens op die been te bring, maar ek weet ons sal as ‘n span saam daardeur kom," sê Dr. Smith. Boodskappe van dankbaarheid teenoor die plaaslike gemeenskap, het na afloop van die brand die ronde gedoen soos inwoners behoorlik bontgestaan het om te help waar hulle kan. Toebroodjies, water, kussings en komberse is dadelik uitgedeel, vertel ooggetuies. “Plaaslike boere het met trekkers en vragte water opgedaag om die brandweerdienste met water te voorsien, vertel ‘n plaaslike boer, Jaco Louw. “Ons kan nie genoeg dankie sê aan almal wat ‘n bydrae gemaak het om te verseker dat daar geen ongevalle was nie. "Die gemeenskap, tesame met besighede, het hul harte oopgemaak. Ons kon Saterdag sien dat die gemeenskap harte van goud het en dat daar uit hul pad gegaan is om hulp in enige vorm te verleen. Die gemeenskap van Malmesbury is tops,” lui ‘n verklaring, uitgereik deur die Swartland Munisipaliteit. Geen beserings is tydens die voorval opge-
doen nie, sê die woordvoerder van die WesKaapse Gesondheidsdepartement, Maria Streicher. Die brand het omstreeks 16:00 by saal A, wat as gevolg van opknappingswerk gesluit is, uitgebreek. Brandweerdienste is om 16:15 ontbied en die pasiënte in saal B is dadelik ontruim en na veiligheid geneem. Die brand het na die noodeenheid en die teaters versprei. Die pediatriese- en kraamafdeling is onbeskadig, hoewel elektrisiteitskade opgedoen is, voeg Streicher by. ‘n Totaal van 76 pasiënte is ontruim, waarvan 41 na ander fasiliteite oorgeplaas is. Teen 01:00 Sondagoggend was al die pasiënte oorgeplaas, het Streicher bevestig. Pasiënte is tydelik binne die NG Noordgemeente se Kerksaal gehuisves. “Die psigiatriese pasiënte is na fasiliteite uitgeplaas waar hulle geakkommodeer kon word en beddens vir psigiatriese pasiënte beskikbaar was,” voeg sy by. Sy sê verder die oorsaak van die brand sal eers na ‘n volledige forensiese ondersoek bevestig word. “Die interim plan is dat die nooddienste tot verdere kennisgewing na die Malmesbury Gemeenskapsdagkliniek in Jakarandastraat skuif. "Sodra die watertoevoer tot die sale wat behoue gebly het, herstel is, sal dit in herbruik geneem word,” voeg Streicher by. Dit is op die stadium nog te vroeg om te sê wat nou met die afgebrande gedeelte gaan gebeur. ‘n Suster wat Saterdag met die uitbreek van die brand aan diens was, het namens die personeel van die hospitaal gesê hulle is sprakeloos oor die oorweldigende spanpoging en hulp van die gemeenskap. “Almal het net gedoen sonder om te dink,” lui die boodskap van dankbaarheid. Die Wes-Kaapse minister van gesondheid het ook die gemeenskap en personeellede bedank vir hul onbaatsugtige hulp om pasiënte na veiligheid te bring. “Dit is met harte wat oorloop van dankbaarheid dat die SM vandag sy waardering teenoor die gemeenskap van Malmesbury en omliggende dorpe wil uitspreek. "Dankie aan almal wat tydens die uitbreek van ‘n brand by Swartland Hospitaal behulpsaam was. Ongeag wat die persone se status of ouderdom was, almal het bloot net sonder om te dink gedoen wat gedoen moes word." Sien foto's binne.
NUUS • NEWS